South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 145

| Noteup | LawCite

S v Mathee (258/91) [1991] ZASCA 145 (11 November 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen:

CHRISTIAAN JOHANNES MATHEE Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: E M GROSSKOPF, EKSTEEN, F H GROSSKOPF, ARR
VERHOOR: 5 November 1991

GELEWER: 11 November 1991

UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR

2.
Die appellant is in die Kaapse Provinsiale Afdeling (WILLIAMSON R en assessore) skuldig bevind aan moord. Die verhoorhof het met 'n meerderheid bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie, en die appellant is ter dood veroordeel. 'n Appèl teen sy vonnis is op 7 September 1989 deur hierdie hof afgewys.
Op 27 Julie 1990 het die Strafregwysigingswet, no. 107 van 1990, {"die nuwe Wet") in werking getree. Kragtens artikel 19 van die nuwe Wet is die appellant se doodvonnis heroorweeg deur die paneel wat vir daardie doel aangestel is. Die paneel het ingevolge artikel 19(10) bevind dat die doodvonnis waarskynlik deur die verhoorhof opgelê sou gewees het indien artikel 277 van die Strafproseswet, no. 51 van 1977, soos vervang deur die nuwe Wet, ten tyde van vonnisoplegging in werking was. Die saak kom gevolglik nou op appèl voor ons ingevolge artikel 19(12) van die nuwe Wet.

Voordat ek die meriete van die appèl bespreek is dit wenslik om eers die feite kortliks te behandel. Die oorledene

3

was 'n sewentienjarige meisie, Anna du Toit. Gedurende die oggend
van 9 Februarie 1987 het die appellant haar 'n aantal krap-,

steek- en snywonde toegedien. Dit het gebeur in die woning van
mnr en mev Adams, by wie die oorledene destyds gewoon het. Die
meeste van die wonde was betreklik onskadelik, maar twee diep

steekwonde in die nek was dodelik en die oorledene is 'n rukkie
ná hul toediening oorlede. Die getuienis oor die omstandighede
waaronder hierdie beserings toegedien is, en wat tot hul

toediening gelei het, is deur VAN HEERDEN AR uiteengesit toe die

appellant se appèl verlede keer voor hierdie hof gedien het, en

ek kan nie verbeter op hierdie uiteensetting nie. Dit lui soos

volg:

"Dit blyk uit die getuienis dat op een of ander stadium voor Februarie 1986 die oorledene sorgbehoewend bevind is. Sy is toe blykbaar in die sorg van pleegouers geplaas. Hulle het later vanuit die Weskaap na Bloemfontein verhuis. Omdat die oorledene nie van skool wou verander nie, het sy hulle nie vergesel nie. Dit het meegebring dat sy in die Tenterton Plek van Veiligheid ("Tenterton") opgeneem is. In Junie 1986 het sy die appellant ontmoet waarna 'n liefdesverhouding tussen hulle ontstaan het. Sy het toe op verskeie geleenthede Tenterton ongemagtigd

4

verlaat en op verskillende plekke saam met die appellant gewoon. Einde 1986 is sy teruggeneem na Tenterton en het sy kort daarna 'n miskraam gehad. In Januarie 1987 het sy blykbaar ingewillig om terug te
keer na haar pleegouers. Die nodige reëlings in hierdie verband is getref deur 'n maatskaplike werkster, mev Lourens. Die oorledene wou egter nie per trein na Bloemfontein reis nie en mev Lourens het probleme ondervind om 'n gemagtigde vliegtuigrit vir haar te reël. Gevolglik is die oorledene se datum van vertrek 'n paar keer uitgestel totdat dit finaal bepaal is op 9 Februarie 1987, d w s die dag van haar dood.
Vanaf einde Januarie 1987, en in afwagting van haar vertrek na Bloemfontein, het die oorledene aan huis van die Adamse gebly. Op daardie stadium was die appellant, 'n bykans veertigjarige man en 'n broer van mev Adams, ook aldaar woonagtig. Op 9 Februarie was albei bewus dat mev Lourens gedurende die loop van die voormiddag sou opdaag om die oorledene na die lughawe te neem. Hulle was dan ook tuis toe mev Lourens omstreeks 12 nm haar opwagting gemaak het. Kort daarna het die aanval op die oorledene plaasgevind.
'n Huisbediende van die Adamse, Elaine du Plessis, het getuig dat na mev Lourens se aankoms mev Adams vir die oorledene geskreeu het dat die 'Welsynsvrou' aangekom het. Die oorledene se antwoord, vanuit die appellant se kamer, was 'ek kom nou'. Kort hierna het die oorledene 'Rita' gegil (Rita is die voornaam van mev Adams). Hierop het mev Adams na die deur van die appellant se kamer gegaan en dit oopgemaak. Die getuie sien toe dat die oorledene in die kamer op die vloer lê terwyl die appellant oor haar buig met iets blinks in sy hand. Mev Adams het gegil en geskreeu dat die getuie eersgenoemde se baba moes gryp en weghardloop. Toe die getuie die baba optel,

5

het die appellant iets gesê soos 'Gee pad, Rita en Gary, of julle is next'. (Adams se voornaam is Gary.)
Mev Adams het beaam dat die oorledene haar naam (Rita) uitgegil het. Sy het na die appellant se kamer gehardloop, die deur oopgemaak en die oorledene op die vloer sien lê terwyl sy die appellant se bene vashou. Gevra wat aan die gang was, het die oorledene geantwoord: 'Big Boy wil my steek.' (Die appellant is bekend as Big Boy.) Mev Adams het geskrik en die huisbediende aangesê om die baba te gryp en weg te hardloop. Self het sy na die agterplaas gehardloop en vir haar man gesê dat die appellant die oorledene wou steek.
Adams getuig dat hy buite die huis by sy motor was toe sy vrou al gillende aangehardloop gekom het. Sy was histeries maar het klaarblyklik een of ander mededeling oor die appellant aan hom gemaak want hy het toe direk na die appellant se kamer gegaan. Aldaar het hy die oorledene op die vloer aangetref. Die appellant het skuins agter haar gestaan en sy het sy bene vasgehou. Op sy beurt het die appellant die oorledene agter haar nek beetgehad. Hoewel die oorledene verskrik voorgekom het, was daar nie toe 'n struweling nie. Die appellant het ook nie iets soos 'n mes in sy hand gehad nie. Op 'n vraag van die getuie het die appellant gesê dat hy die oorledene wou probeer oorreed om vir mev Lourens te sê dat sy nie wou weggaan nie maar by die appellant wou bly. Hy het ook gesê dat hy haar nie sou seermaak nie.

Op daardie stadium was die oorledene besig om orent te kom. Adams is toe na buite om 'n geneesheer te telefoneer - blykbaar in verband met sy vrou se histeriese toestand. Ongeveer 15 tot 20 minute later het hy teruggekeer en die oorledene in die kombuis van die huis aangetref. Sy het op die vloer gelê en daar

6

was 'n plas bloed langs haar. Hy kon ook sien dat sy in die nek verwond was. Toe die polisie h kort rukkie later opdaag, het die appellant na hul voertuig geloop en gesê: 'Ek het dit vir liefde gedoen'.
Mev Lourens kon nie veel tot die prentjie bydra nie. Sy getuig dat nadat mev Adams haar binnegenooi het, sy in die sitkamer gewag het. Sy het toe die gil van 'n vrouestem en 'n geskuifel gehoor. Sy het bang geword en na buite gehardloop. In die straat het h histeriese mev Adams na haar aangehardloop gekom en h berig aan haar oorgedra. Dit het daartoe gelei dat mev Lourens die polisie gaan ontbied het.
Die appellant se weergawe van die kerngebeure kan soos volg saamgevat word. Kort nadat mev Lourens opgedaag het, was hy in sy kamer om seker te maak dat die oorledene al haar besittings daaruit verwyder het. Hy hoor toe h geskreeu. Hy kyk om en sien die oorledene in die kamer met h broodmes in haar hand. Sy sê: 'Ek gaan nie saam met haar nie, steek my dood'. Die appellant gryp daarop die mes uit die oorledene se hand en gooi dit weg. Hy klap die oorledene. Sy val en skop sy voete onder hom uit. Hy val ook en toe hy weer orent kom, is die oorledene reeds op haar voete. Hy stoot haar uit sy pad 'want ek raak toe mal'. Ten einde uit die huis te kom, gaan hy na die kombuis. Die oorledene kom agterna en bly skreeu: 'Steek my dood', en 'Big Boy, moet my nie los nie'. By die buitedeur van die kombuis gryp die oorledene hom aan sy hand en pluk hom om. Hy sien h mes in die kombuis en gryp daarna. Hy weet nie of hy die mes beetgekry het nie want die volgende wat hy kan onthou, is dat die oorledene hom aan sy hemp vashou en vloerwaarts trek terwyl sy sê: 'Big Boy, soen my vir die laaste'. Sy het op daardie stadium op die vloer gesit-lê en bloed het by haar nek uitgekom. Die volgende oomblik, soos

7

sy geheue dit het, was hy by die huis se voordeur. Vandaar is hy terug na die kombuis. Die oorledene het 'vol bloed' op die vloer gelê met. h groot mes naby haar kop.
Die appellant ontken dat die oorledene ooit 'Rita' gegil het of dat mev Adams sy kamerdeur oopgemaak het. Hy ontken voorts dat hy kort voor die gebeure in die kombuis vir Adams in sy kamer gesien het. By implikasie betwis hy dus dat hy vir Adams gesê het dat hy die oorledene wou oorreed om nie saam met mev Lourens te vertrek nie."

Die verhoorhof het, oor die algemeen, die staatsgetuienis aanvaar. Wat Mev. Adams betref, het die verhoorhof bevind dat sy haar broer, die appellant, probeer beskerm het, en dat aspekte van haar getuienis wat teen hom tel, met veiligheid aanvaar kan word. Haar man, het die hof gesê, "impressed us as a good and reliable witness and we think he is telling us the truth to the best of his ability".
Die appellant het 'n swak indruk op die verhoorhof. gemaak. Hy het getuig oor vorige verklarings wat hy gemaak het "and a sorrier witness it would be hard to find". Later sê die hof:

"It is perfectly obvious to us that the accused is

8

lying. He is a totally unacceptable witness and we just cannot believe him at all."

En

"We are satisfied that the accused's evidence can in no possible way be accepted. He is a thoroughly untruthful and unreliable witness."

Die verhoorhof het ook ag geslaan op sekere psigiatriese getuienis wat ek later sal behandel, en tot die slotsom gekom dat hy aan geen geestesgebrek gely het nie.

Weens die voorgaande het die hof bevind dat dit

duidelik die appellant was wat die beserings aan die oorledene

toegedien het - dit was inderdaad nie betwis nie. Voorts het die
hof bevind dat hy ten volle toerekeningsvatbaar was. Sy
getuienis oor die beweerde provokasie deur die oorledene is ook
verwerp. In hierdie verband sê die hof:

"The accused's description of the provocation to which he was allegedly subjected by the deceased is, in our view, untrue. We do not believe that he was subjected to the provocation he has described. Indeed, as I have said, it was very much the other way around. It was not the deceased wanting to be killed because she could not face the prospect of going away, but the accused who was upset and trying to stop her from going.

9

Therefore the accused's whole description as to how the deceased, as it were, pursued him and attacked him and asked him to stab her, we reject as false. We do not believe it happened in that way. The evidence to which I have already referred, particularly the evidence of Mr Adams, makes such a possibility, in our assessment, far-fetched. Even though there was nobody there who saw what happened at the last crucial minutes, we are satisfied that things could not have happened in the way that the accused says they happened. Not only dó we say that because of his total unreliability as a witness but also because the probabilities strongly point the other way."

Al die elemente wat die misdaad moord uitmaak was dus bewys, en die verhoorhof het hom eenparig skuldig bevind.

Wat versagtende omstandighede betref het die hof die

volgende faktore in ag geneem. Eerstens was daar die appellant
se sielkundige tekortkominge, waarmee ek later weer sal handel.
Tweedens was daar sy betreklik lae intelligensie en agterlike
omstandighede. 'n Derde aspek is soos volg deur die verhoorhof
behandel:

"Finally, the third point which she (die appellant se advokaat) stressed, was that this was a crime of passion and that one should look more charitably, if one can put it that way, on a person who commits this sort of offence in the situation that has been revealed

10

in this case. She pointed out that what the accused had lost, was something that was important to him. He had destroyed that which he loved. This arose as it were, at a critical point in time when she was about to leave to go up-country. It is true that there is this aspect to the matter, that it is in a sense a crime of passion. However, it is not the crime of passion where a man has, as it were, been jilted by his lover. The accused was a man of, at that time, 39 years of age; the deceased, barely 17; a young woman on the threshold of her life; a young girl also with a deprived background. She was a child in need of care and was being sent away to foster parents. She was not, as it were, deserting the accused for another man, jilting him. She was doing something which she, in a very real sense, had to do and had very little choice about it. This must have been obvious to the meanest intelligence, certainly to the accused."

Na 'n opweging van al hierdie faktore was die verhoorhof nie eensgesind nie. Die twee assessore het bevind dat daar nie versagtende omstandighede was nie. Die verhoorregter het bevind "that on balance there are, but only just, extenuating circumstances."

Na die hof se bevinding oor versagtende omstandighede is die appellant se vorige veroordelings bewys. Dit blyk dat hy in 1969 vier maande gevangenisstraf opgelê is vir roof. Ook in

11

1969 is hy beboet vir besit van dagga. In 1972 is hy gevonnis weens gewone aanranding met sy geskoende voet op 'n vrou. Hy is beboet met R20 of 20 dae, en 'n opgeskorte vonnis van 2 maande gevangenisstraf is opgelê. Op 4 Julie 1975 is die appellant in Durban skuldig bevind op twee klagtes van moord met versagtende omstandighede gepleeg met messe. Beide klagtes is saamgeneem vir doeleindes van vonnis, en hy is gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Hy is onvoorwaardelik vrygelaat op 1 Mei 1986, dws ongeveer nege maande voor die huidige oortreding.
Soos reeds gemeld kom die appèl nou voor ons ingevolge artikel 19(12) van die nuwe Wet. Die Appélhof se bevoegdhede in 'n appèl kragtens daardie artikel word uiteengesit in artikel 19(12)(b). Onder andere kan die Appèlhof die doodvonnis tersyde stel en die saak na die verhoorhof terugverwys met die opdrag om met 'n aangeleentheid, met inbegrip van die aanhoor van getuienis, te handel op die wyse wat die Appèlhof goed ag (artikel 19(12)(b)(iii)). Die eerste aspek wat in hierdie appèl ter sprake kom is 'n aansoek om terugverwysing vir die aanhoor van

12

verdere getuienis ingevolge hierdie sub-artikel. Die doel van hierdie aansoek is om verdere getuienis voor die hof te plaas in verband met die appellant se vorige veroordeling vir moord in 1975. Voordat ek die meriete van die aansoek behandel is dit nodig om iets oor die toepaslike regsbeginsels te sê.
Soos reeds telkemale deur hierdie hof beklemtoon, het die nuwe Wet heeltemal nuwe beginsels neergelê waarkragtens doodvonnisse opgelê word. Waar 'n aansoek van begin tot einde ooreenkomstig hierdie beginsels bereg word, skep dit geen prosesregtelike probleme nie. Die wetgewer het dieselfde beginsels egter van toepassing gemaak op sake waarin die doodvonnis opgelê is wat ten volle afgehandel is (soos die onderhawige - artikel 19 van die nuwe Wet) en sake wat voor die inwerkingtreding van die nuwe Wet 'n aanvang geneem het, maar ten tyde van die inwerkingtreding nog nie afgehandel is nie (artikel 20 van die nuwe Wet). Hierdie artikels bring dus mee dat 'n hof op appèl die gepastheid van 'n doodvonnis moet bepaal ooreenkomstig beginsels wat nie ten tyde van die verhoor gegeld

13

het nie, Hierdeur word die moontlikheid geskep dat daar getuienis mag wees wat ter sake is tot die oplegging van die doodvonnis ooreenkomstig die nuwe beginsels maar wat nie tydens die verhoor gelei was nie omdat dit nie ter sake was ingevolge die beginsels wat destyds gegeld het nie. Dit is hoofsaaklik om vir sulke gevalle voorsiening te maak, meen ek, dat die bogemelde artikel 19(12)(b)(iii) en die ooreenstemmende artikel 20(3) in die nuwe Wet verskyn. Die huidige geval is 'n goeie voorbeeld. Kragtens die regsposisie wat gegeld het toe die appellant verhoor was, was die doodvonnis verpligtend toe die hof bevind het dat daar geen versagtende omstandighede was nie. Die appellant se vorige veroordelings was nie ter sake by die bepaling van versagtende omstandighede nie, en nadat geen versagtende omstandighede bevind was nie, kon die vorige veroordelings ook geen rol speel by vonnisoplegging nie - soos reeds gemeld was die doodvonnis verpligtend. Daar was dus ook geen geleentheid vir die appellant om sy vorige veroordelings deur getuienis in 'n beter lig te probeer stel nie. Tans is die posisie egter anders.

14

Die vorige veroordelings is voor ons, en is van groot belang by die beantwoording van die vraag of die doodvonnis die gepaste vonnis is. Indien die appellant dus verdere getuienis wil aanbied om sy vorige veroordelings in h korrekte perspektief te plaas, sou 'n hof nie geneig wees om hom 'n geleentheid hiervoor te weier nie. Per slot van sake, sonder enige skuld aan sy kant, en bloot weens die wetswysiging, is dit nou die eerste geleentheid wat hy het om sodanige getuienis te lei.
Dit beteken natuurlik nie dat 'n appellant se versoek dat 'n saak kragtens artikel 19(12)(b)(iii) of artikel 20(3) terugverwys word vir die aanhoor van verdere getuienis, outomaties toegestaan sal word nie. Soos hierdie hof aangetoon het in die ongerapporteerde saak van S v. Nofomela (saak 161/91, gelewer op 28 November 1991), sal h appellant, selfs waar die getuienis wat hy wil aanbied gaan oor 'n onderwerp wat eers relevant geword het weens die nuwe benadering wat neergelê is deur die nuwe Wet, minstens moet aantoon dat die nuwe getuienis 'n verskil aan die hof se beslissing sal kan maak.

15

In die onderhawige geval, soos reeds gemeld, wil die appellant getuienis lei oor sy vorige veroordeling vir moord in 1975. Indien dit sy begeerte was om die hof se uitspraak of uitsprake in daardie saak nou voor te lê, sou ons hom sekerlik nie die geleentheid ontsê het nie. Dit blyk egter dat die oorkonde van die vorige saak, wat meganies opgeneem was, weens veroudering en verwering onhoorbaar en totaal onleesbaar is. Geen transkripsie of afskrif van die hof se uitspraak of uitsprake kan êrens opgespoor word nie, ten spyte van naarstige pogings deur die staat, die verdediging, en die paneel wat die saak ingevolge artikel 19 van die nuwe Wet oorweeg het. Al wat dus uit objektiewe bronne omtrent die vorige veroordeling vasgestel kan word, is die besonderhede wat op die amptelike lys van vorige veroordelings voorkom, (en, meer besonder, dat die moorde met h mes of messe gepleeg is) en die erkende feit dat die oorledene in daardie saak die appeliant se vrou en vier maande oue kind was.

In sy aansoek om terugverwysing het die appellant 'n

16

beëdigde verklaring voorgelê waarin hy 'n weergawe gee van hoe en
waarom die moord op sy vrou en kind gepleeg was. Hy getuig dat
hy in 1968 getrou het. Sy eerste seun is in 1970 gebore.
Gedurende 1972, terwyl sy vrou hul tweede kind verwag het, het
daar huweliksprobleme ontstaan omdat sy vrou verhoudings met
ander mans aangeknoop het. Hy het haar egter vergewe.

Die appellant se beëdigde verklaring gaan dan voort

soos volg:

"(10) Our youngest child was born in April 1974. On 5th August 1974 my wife and I went to my sister's birthday party, where we consumed alcohol. We returned home at 9.00 p.m. I put our two elder sons to bed, and then returned to the kitchen to make sandwiches. My wife was outside with our youngest child.
(11) I shouted to her to come into the house and bring the child inside. She said to me: 'What are you worrying about the child? You aren't the child's father. You aren't worth a man's arse.'
(12) I lost control and lost awareness of what happened to me. When I regained consciousness I had the child in my arms and it was covered in blood. I looked outside under the mango tree and saw my wife lying there covered in blood, she was still alive. I ran into the road and stopped a police van - the driver Constable Labuschagne came into the house and took the

17

child and rushed it to hospital. They returned with an ambulance to transport my wife. In their absense I tried to kill myself by cutting my left pulse. Following this incident and my arrest I was convicted as detailed above."
Die vraag wat nou ontstaan is of die appellant se

weergawe van die moorde in 1975 redelikerwyse 'n invloed kan hê
op die vonnis wat hom opgelê moet word vir die moord in die
onderhawige geval. Eerstens moet in gedagte gehou word dat die
appellant se getuienis reeds in die onderhawige saak verwerp is,
myns insiens op geregverdigde gronde. Dit is opvallend dat sy
weergawe van die vorige moorde tot 'n groot mate ooreenstem met

sy leuenagtige weergawe in die onderhawige saak. Dit is
onwaarskynlik dat dit die hof sal beïndruk. Daarbenewens sê die

appellant nie dat die getuienis wat hy nou wil lewer, ooreenstem
met sy getuienis in die vorige moordsaak nie. As dit h nuwe
weergawe is wat hy nou voordra kan dit uiteraard geen gewig dra

nie. Aan die ander kant, as hy wel dieselfde relaas by sy

verhoor gelewer het, lyk dit onwaarskynlik dat dit deur die

verhoorhof in daardie saak aanvaar kon gewees het, want die

18

appellant is skuldig bevind aan moord. Enige suggestie dat hy
nie 'n willekeurige handeling'gepleeg het nie, of dat hy
ontoerekeningsvatbaar was, moes dus noodwendig deur die hof
verwerp gewees het. Die hof het wel bevind dat daar versagtende
omstandighede was, en waar ons met 'n familiemoord te doen het is
dit redelik om te aanvaar dat emosionele en huweliksprobleme
waarskynlik 'n rol gespeel het. Die hof het die versagtende
uitwerking hiervan egter nie hoog aangeslaan nie - 'n vonnis van
15 jaar gevangenisstraf was onder die omstandighede h swaar
vonnis.
Om op te som: ons weet dat die appellant in 1975 in
Durban skuldig bevind is aan die moord op sy vrou en kind. Ons
weet dat daar versagtende omstandighede was, en dat 'n vonnis van
15 jaar opgelê is. Myns insiens is daar geen redelike vooruitsig
dat 'n terugverwysing vir die aanhoor van verdere getuienis deur
die appellant betroubare bykomstige inligting oor hierdie
veroordeling sou oplewer wat 'n invloed op vonnisoplegging kan hê
nie.

19

Deur die aansoek om terugverwysing het die appellant

egter ook beoog om verdere getuienis van 'n psigiater, dr. A.F.
Teggin, te lei. Die relevante deel van dr. Teggin se beëdigde
verklaring lui soos volg:

"4. In March 1988 I conducted a psychiatric assessment of Christian Johannes Mathee.

5.Mr. Mathee informed me that in Durban in 1975 he was convicted of murdering his wife and infant and that extenuating circumstances were found and that he was sentenced to 15 years in prison.
6.Mr. Mathee further informed me that he had received no psychiatric treatment while serving this sentence.
7.Mr. Mathee exhibited no psychotic features. He was assessed as being of low average intelligence and as being personality disordered with psychopathic features. The circumstances of the crime in 1975, as well as those of the crime of 1987 indicated an immature and pathological attitude regarding his relationships with women.
8.In my opinion, Mr. Mathee's age now renders any form of psychiatric treatment unlikely

to be effective and he will require long-term incarceration.

20

Further, it is my opinion that personality and psychiatric factors contributes to both crimes and I consider the death penalty to be inappropriate."

Om te bepaal watter nut die beoogde getuienis van dr. Teggin mag hê, is dit nodig om eers na te gaan watter psigiatriese getuienis, insluitende dié van dr. Teggin, reeds in die oorkonde voorkom.
Voor sy verhoor is die appellant ingevolge artikei 79 van die Strafproseswet, no. 51 van 1977, vir ondersoek deur twee psigiaters verwys, en hulle het h versiag aan die hof voorgelê. Een van hulle, dr. T Zabow, het by die verhoor namens die staat getuig. Later het dr. Teggin namens die verdediging getuig. Daar was geen wesentlike meningsverskil tussen die drie psigiaters nie.

Die verslag ingevolge artikel 79 van die

Strafproseswet, insoverre ter sake, lui soos volg:

"He is in satisfactory physical health. He has previously had psychiatric assessment but no history of psychiatric management. He comes from a background of severe emotional deprivation and multiple social
21
problems. He achieved Std 6 education and a varied work record is available but with substantial periods in one job previously reported. There is no history of epilepsy or serious head injuries.
He is able to give a detailed account of himself and of the period of the alleged offence. There is no evidence of psychosis or other major psychiatric illness. He is emotionally appropriate. He is of average intelligence. He shows satisfactory insight and judgment."

In sy getuienis het dr. Zabow verder voortgeborduur op

hierdie verslag. Volgens hom het die appellant h gebrekkige
persoonlikheid wat hom daartoe lei om aansienlik meer aggressief
en impulsief op te tree as die deursnee mens. Dit is beaam deur
dr. Teggin. Hy het onder meer die volgende gesê:

"I found him to have no objective or evident psychiatric illness. I clinically assessed his IQ as being average but probably low average. He also had a number of features which led me to agree with Doctor Zabow that he does have a personality disorder. That on his history it seems that he might have what is sometimes termed as an explosive type of personality. ... I believe he has an anti-social personality disorder ... It's an impression of mine that he is a man of some degree of emotional immaturity. I believe the fact that a man of 40 entering into a relationship with a girl of 16 is often in itself indicative of a certain degree of emotional immaturity."

22

Die vraag is of daar enige rede is om te vermoed dat

dr. Teggin nou meer lig op die appellant se geestestoestand sou kon werp.
In die aansoek om terugverwysing word daar staatgemaak op die appellant se vorige veroordeling vir moord as h nuwe faktor wat verdere getuienis regverdig. Dr. Teggin was egter ten volle bewus van hierdie skuldigbevinding toe hy by die verhoor getuig het. Die onderhoud in Maart 1988 waarna hy in sy beëdigde verklaring verwys, het plaasgevind voordat hy getuig het. En in haar betoog het Mej. Scalabrino, wat namens die appellant verskyn het, ons meegedeel dat alle beskikbare inligting t.o.v. die vorige moord, insluitende psigiatriese gegewens wat destyds ingewin was, tot die beskikking van beide dr. Zabow en dr. Teggin geplaas was voordat hulle by die verhoor getuig het. Kortom: daar is nie nou enige nuwe inligting wat 'n invloed kan hê op die eenparige menings van dr. Zabow en dr. Teggin nie, en daar is niks om aan te dui dat dr. Teggin van sy vorige opinie wil afwyk of enigiets wesentliks daaraan wil toevoeg nie. Wat hy in sy

23

beëdigde verklaring sê, vind 'n mens reeds eksplisiet of implisiet in sy getuienis.
Ek meen dus dat nog die getuienis van die appellant oor die omstandighede van sy vorige veroordeling vir moord, nóg die voorgestelde getuienis van dr. Teggin, enige wesentlike invloed kan hê by vonnisoplegging. Die aansoek om terugverwysing word dus afgewys.
Dit bring my dan by die meriete van die appèl. Al wat tans voor ons dien ingevolge artikel 19 van die nuwe Wet, is die gepastheid van die doodvonnis. Vir daardie doel moet ons eers ingevolge artikel 277(2) (a) van die Strafproseswet 'n bevinding uitbring oor die aan- en afwesigheid van enige strafversagtende of -verswarende faktore.

Namens die appellant is betoog dat daar provokasie deur die oorledene was, in die sin dat sy die appellant versoek het om haar te dood, en dat dit as 'n strafversagtende faktor aangemerk moet word. Hierdie betoog behels dat die appellant se getuienis oor hoe die moord plaasgevind het as redelik moontlik

24

waar aanvaar moet word, ten spyte daarvan dat die verhoorhof dit verwerp het.
Mej. Scalabrino het betoog dat daar faktore was wat die appellant se weergawe gestaaf het. Die appellant het getuig, soos reeds hierbo uiteengesit, dat die oorledene na hom gekom het met 'n broodmes en hom gevra het om haar te dood. Hy het die mes gebuig en in die proses sy hand gesny, en toe die mes weggegooi. Inderdaad is die gebuigde mes later op die tafel gevind, met die appellant se bloed aan die tippie. Dan het mej. Scalabrino verwys na die oorledene se onwilligheid om na Bloemfontein te vertrek; selfmoordpogings deur die oorledene; asook haar emosionele onstabiliteit veroorsaak deur 'n miskraam wat sy 10 dae voor die insident gehad het. Al hierdie faktore, het sy betoog, het dit meer waarskynlik gemaak dat die appellant se weergawe waar kon wees.

Die broodmes pas wel in by die appellant se weergawe, maar daar is natuurlik baie ander maniere waarop die mes gebuig kon gewees het en die appellant se bloed daarop kon gekom het.

25

Dit is dus ver van 'n deurslaggewende faktor. Dat die oorledene
vroeër teensinnig was om Bloemfontein toe te gaan, en dat sy
emosioneel onstabiel was, kan ook aanvaar word. Die getuienis
as geheel toon egter bo enige twyfel dat die appellant se
getuienis oor die beweerde provokasie tereg deur die verhoorhof
verwerp was. Wat die appellant self betref, is sy getuienis oor
die algemeen as ongeloofwaardig verwerp. Die ander getuienis oor
hierdie aspek is soos volg deur hierdie hof in die uitspraak op
die vorige appêl saamgevat:

"Mev Lourens het getuig dat die oorledene kort voor die moord heel inskiklik was om na Bloemfontein te verhuis en dat sy uitgesien het na die vliegtuigrit omdat sy nie voorheen gevlieg het nie. Dat die oorledene nie op daardie stadium rebels oor haar verhuising gevoel het nie, blyk ook uit die getuienis van haar suster wat namens die appellant getuig het. Die belangrikste struikelblok in die weg van aanvaarding van die appelant se weergawe is egter die getuienis van Adams. Daarvolgens was dit die appellant wat kort voor die moord die oorledene probeer oorreed het om nie saam met mev Lourens te vertrek nie, wat net nie met sy weergawe te rym is nie. Bowendien skilder Adams h prentjie van h persoon (die appellant) wat bereid was om van geweld gebruik te maak om oorreding op die oorledene uit te oefen. Adams se getuienis is in sigself nie vir kritiek vatbaar nie en is na my mening tereg deur die

26

verhoorhof aanvaar.
Indirekte stawing vir Adams se getuienis is ook te vind in die weergawes van mev Adams, Elaine du Plessis en mev Lourens. Al drie is dit eens dat die oorledene kort na mev Lourens se aankoms gegil het. Dit was klaarblyklik 'n hulpkreet. Hoewel mev Adams en Elaine du Plessis se getuienis in sekere opsigte onbevredigend is, is dit duidelik dat nadat mev Adams die deur van die appellant se kamer oopgemaak het hulle iets gesien het wat hulle geweldig laat skrik het - soveel so dat hulle met die baba uit die huis gehardloop het. Gesien die feit dat mev. Adams die appellant probeer beskerm het, is daar dan ook weinig rede om haar getuienis dat die oorledene in die kamer gesê het dat die appellant haar wou steek, in twyfel te trek."

Die hof in die vorige appèl het dan ook tot die gevolgtrekking gekom dat die verhoorhof tereg bevind het dat die appellant se weergawe oor die beweerde provokasie nie redelik moontlik waar is nie. Nadat ek die betoog en getuienis sorgvuldig oorweeg het, stem ek met eerbied volkome hiermee saam.
Die volgende strafversagtende faktor waarop die appellant se advokaat staatgemaak het, was sy persoonlikheidsgebreke waarna ek hierbo verwys het, en, in besonder, sy onrypheid, sy anti-sosiale neigings, sy betreklik

27

lae intelligensie, en veral sy besonder aggiressiewe, impulsiewe, plofbare geaardheid.
Dit is duidelik uit die psigiatriese getuienis dat die appellant nie aan enige geestesgebrek ly nie, maar bloot aan persoonlikheidsgebreke. Om te bepaal of hierdie gebreke strafversagtend inwerk, moet 'n mens ag slaan op die aard en erns van die gebreke, en die omstandighede van die oortreding (vgl. S v. Pieterse 1982(3) SA 678 (A) op bl. 683 H - 685 D). Die aard van die misdaad in die onderhawige geval is h moord op 'n minnares. Dit is nie die soort misdaad wat gepleeg word weens lae intelligensie, onrypheid of anti-sosiale neigings nie. Die appellant se plofbare geaardheid, daarenteen, kon wel 'n rol gespeel het. Soos reeds aangetoon, was daar egter geen provokasie soos beweer deur die appellant nie. Die rede vir die moord word hieronder in groter besonderheid behandel, en al wat tans gesê hoef te word is dat daar geen aanduiding van 'n woede-aanval aan die kant van die appellant was nie. En die appellant se optrede ná die moord (wat ook hieronder behandel word) toon

28

verder dat ons nie hier*met 'n skielike impulsiewe uitbarsting te doen gehad het waarvoor die appellant kort daarna berou getoon het nie. Die persoonlikheidseienskappe wat in hierdie geval tevoorskyn getree het was nie alleen oormatige aggressie nie, maar ook gevoellose selfsug. h Mens kan aanvaar dat die appellant nie hierdie moord sou gepleeg het as hy kalmer, liefdevoller, sagmoediger en minder selfsugtig was nie, maar die afwesigheid van hierdie begeerlike karaktereienskappe kan myns insiens nie as h strafversagtende faktor beskou word nie.
Dit bring my dan by die strafverswarende faktore. Die oorledene was 17 jaar oud, en op pad om h nuwe begin in Bloemfontein te maak. Sy het uitgesien na die vliegtuigrit, en was tevrede om van die appellant geskei te word. Hy kon hom egter nie met haar vertrek versoen nie. Nadat hy haar probeer oorreed het om te bly (klaarblyklik sonder sukses) het hy hierdie wrede aanval op haar gedoen. Hoewel, soos die hof a quo bevind het in die passasie hierbo aangehaal, dit in h sin h misdaad van hartstog was, was dit nie h geval waar die oorledene die

29

appellant verwerp het, of waar hul skeiding noodwendig permanent hoef te gewees het nie. Sy hartstog het daaruit gespruit dat hy haar teen sy sin verloor het, en hiervoor het hy haar met haar lewe laat boet. Dit was 'n besonder verfoeilike daad.
'n Verdere verswarende faktor is natuurlik die vorige moord. Daar ook het die appellant h mes of messe gebruik om sy vrou en kind te dood. En, soos reeds gemeld, skaars nege maande het verloop tussen sy vrylating uit die gevangenis en die moord op die oorledene in die onderhawige geval.
Dan is daar die appellant se houding ná die moord. Volgens verskeie getuies het die appellant uit die huis gestap toe die polisie arriveer, en vir hulle gesê: "Ek het dit vir liefde gedoen. Sluit my toe." Die appellant het self in die vangwa geklim waar hy gesit en woorde neurie het ten effekte "I did it for love", of iets soortgelyks, totdat hulle weggery het.

Die appellant is na die polisiekantoor geneem. Volgens sers. Moore, wie se getuienis tereg deur die hof a quo aanvaar is, was daar toe 'n telefoonoproep van die hospitaal. Die

30

appellant het gevra of dit die hospitaal was, en of die oorledene dood is. Sers. Moore het bevestigend geantwoord. Die appeflant het geantwoord: "Ek is bly. As ek uitkom sal ek dit weer doen." Toe voeg hy by: "Hierdie keer wil ek die tou hê."
Dit is dus duidelik uit die appellant se optrede dat hy geen berou getoon het nie, maar trouens die voorneme uitgespreek het om weer te moor.
Die uiteindelike vraag is of, met inagneming van die oogmerke van strafoplegging, die doodvonnis die enigste gepaste straf is. Die moord was h wrede en gevoellose een, gepleeg deur h persoon van wie die oorledene liefde en deernis kon verwag het. Die aspekte van vergelding en afskrikking moet uiteraard sterk na vore tree. Rehabilitasie, lyk dit my, is hier skaars ter sprake. Die appellant is h man van oor die 40, en dit is duidelik uit die psigiatriese getuienis dat sy persoonlikheid nie verander kan word nie. Daarbenewens is hierdie sy derde moord, en hy toon geen teken van berou wat moontlik 'n voorloper tot hervorming sou kon wees nie. Die appellant se straf moet dus

31

hoofsaaklik die doel dien om die publiek teen hom te beskerm, om andere van soortgelyke dade af te skrik, en om die samelewing se afsku oor sy optrede uit te druk. Tot 'n mate kan hierdie doelwitte deur lewenslange gevangenisstraf bereik word, maar die appellant se persoonlikheid, geskiedenis en houding teenoor sy misdade maak dit duidelik dat hy 'n gevaar sou wees as hy ooit die gevangenis sou verlaat, hetsy deur vrylating, hetsy deur ontsnapping. Daarbenewens sou sy plofbare persoonlikheid 'n gevaar inhou selfs vir die gevangenes en personeel in die gevangenis. Alles in ag geneem, meen ek dat hierdie een van die besondere ernstige gevalle is waar die doodvonnis die enigste gepaste straf is.
Die appèl word van die hand gewys, en die doodvonnis bekragtig.

E M GROSSKOPF, AR EKSTEEN, AR

F H GROSSKOPF , AR Stem saam