South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 172
| Noteup
| LawCite
S v Bapela (557/90) [1991] ZASCA 172 (28 November 1991)
Download original files |
557/90
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
JACOB MATLAKALA BAPELA APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : SMALBERGER AR, NICHOLAS et KRIEGLER WndARR VERHOORDATUM: 25 NOVEMBER 1991 LEWERINGSDATUM: 28 NOVEMBER 1991
UITSPRAAK
KRIEGLER WndAR/
1.
KRIEGLER WndAR:
Appellant kom met verlof van hierdie hof in
hoër beroep teen sy skuldigbevinding aan moord in die Transvaaise
Provinsiale Afdeling.
Hy het in Junie 1988 tereggestaan op vier aanklagte wat
voortgespruit het uit gebeure wat op 9 Januarie 1987 te Kameelrivier "A"
in die
distrik Mdutjana, Kwandebele, afgespeel het.
Aanklag 1 het dit appellant ten laste gelê dat hy op die betrokke tyd en plek vir Simon Mahlangu ("die oorledene") wederregtelik en opsetlik gedood het; luidens aanklagte 2 en 3 sou hy toe die oorledene se winkel en sy Datsun-bakkie aan die brand gesteek het. Aanklag 4 het behels dat hy op dieselfde tyd en plek vir Anna Mahlangu ("die klaagster") aangerand het. Appellant het op al die aanklagte onskuldig gepleit en sy swygreg uitgeoefen. Hy is mettertyd skuldig bevind aan die moordklag maar onskuldig aan die oorblywende drie aanklagte en 7 jaar gevangenisstraf opgelê.
2/...
2.
Die Staatsaak was dat appellant en 'n skare andere op Vrydagaand 9 Januarie 1987 vir oorledene gestenlg het. Ter bewys daarvan is daar eerstens gesteun op die getuienis van die dlstriksgeneesheer wat vier dae later 'n nadoodse ondersoek op die lyk van die oorledene uitgevoer het. Daar was 'n ingedrewe skedelfraktuur links posterior by die skedelkruin, met sub-arachnoidale bloeding, en twee frakture van die onderkaak. Daar was ook verskeie kneusings aan die gesig en ses oppervlakkige steekwonde aan die rug. Na die mening van die geneesheer was die hoofbeserings veroorsaak deur stomp geweld toegedien met 'n voorwerp soos 'n klip of 'n kierie. Die frakture moes deur minstens twee afsonderlike houe veroorsaak gewees het.
Vervolgens het die Staat gesteun op mededelings wat appellant by twee geleenthede voor die verhoor gemaak het. Die eerste was 'n verklaring wat appellant op 22 Januarie 1987 voor 'n magistraat te
3/...
3.
Mdutjana afgelê het. Tydens die roetine
ondervraging wat die formele aflegging van die verklaring voorafgegaan het, het
die
magistraat onder andere die volgende vraag aan appellant gestel: "Please
tell me how it has occurred that you are here to make a
statement before me?"
Daarop het appellant geantwoord: "I came here to make a statement because I want
to reveal the truth pertaining
to the killing of somebody." Appellant is ook
gevra hoekom hy 'n verklaring wil aflê en die antwoord was : "I want the
truth
to be known". Die verklaring wat appellant daarop maak lui so:
"On the 9th day of January 1987 at Kameelrivier A were some riots which were caused by a movement called 'comrades'. Simon Jabujabu Mahlangu was the leader of the 'comrades'. He went about collecting money from house to house at Kameelrivier A intending to throw a braai for the people of the village. After he had collected the said money, he did not do as he promised. He instead used it for his own benefits. He bought a car for himself, opened businesses like bar
4/...
4.
lounge or beer hall, a tuckshop and others. The residents started demanding their moneys back as he did not do like he promised. He did not want to give their money back. He instead produced a firearm and threatened to shoot them. I together with the other comrades picked up stones and started throwing them at him. Our intention was not to kill him. We wanted to disarm him of the firearm he was having so that we could speak to him without our fearing that he had a firearm. After he was hit with stones, some still throwing stones at him he fell to the ground and that was the end of him. He died on the spot. That is all."
Die dag ná die aflegging van voormelde verklarlng is appellant in die plaaslike magistraatshof aangesê om te pleit op die eerste drie van die vier aanklagte waarop hy mettertyd tereggestaan het. Hy pleit skuldig aan aanklag 1 en word toe ingevolge die bepalings van art 112(1 )(b) van Wet 51 van 1977 ondervra. Die oorkonde lui so:
"Q. Did you kill Simon Mahlangu on 09 January 1987.
A. Yes.
5/...
5. Q. How did you kill him?
A. We were a group and we threw stones at him.
Q. How many were you in the group?
A. Between 70 and 80 people.
A plea of not guilty is entered "
Ten aansien van die brandstigtingsaanklag, aanklag 2, sê appellant: "I was among the group that set the shop alight. I did not personally set it alight."
Die Staat het ook die getuienis aangebied van die oorledene se moeder, Anna Mahlangu. Sy was oor die algemeen 'n onbevredigende getuie - tot so 'n mate dat die Staatsadvokaat haar polisieverklaring aan die verdediging beskikbaar gestel het. Volgens haar het sy die betrokke aand teen sononder gehoor hoe klippe val op die dakke van die oorledene se huis en biersaal. Sy hardloop toe soontoe. Toe sy naderkom, hoor sy die oorledene skree: "Ma, help, hulle maak my dood." Op
6/...
6. die toneel aangekom sien sy die oorledene anderkant 'n heining lê. Sy wou nadergaan om hom met haar eie liggaam te beskerm maar appellant (wat voor die getuie grootgeword het) gooi haar op die linkerbors met 'n 10 liter verfblik. Sy gaan staan toe oorkant die straat van waar sy sien hoe "hulle vir die oorledene aanrand". Wie "hulle" is, word sy nie gevra nie, ook nie hoeveel hulle was of op welke wyse oorledene aangerand is nie. Sy beskryf dat die groep, na hulle die oorledene "geslaan" het, na sy biersaal beweeg het. Weereens word sy nie gevra om spesifiek te wees oor die aard van die slaan nie.
Sy sê sy probeer toe vrugteloos om die oorledene orent te help en gaan soek tevergeefs hulp by 'n buurman. Daarop kom twee persone van die biersaal se rigting af en sleep die oorledene aan sy bene soontoe. Op daardie stadium het die oorledene nog asemgehaal. Die getuie word egter nie gevra om enigsins uit te wei
7/...
7. oor enige beserings wat die oorledene op
daardie
stadium getoon het nie, ook nie of sy hom hoegenaamd ondersoek het
nie. Dit is egter duidelik uit haar getuienis dat hy tydens haar
waarneming
bewusteloos moes gewees het. Haar weergawe van die aanranding op haarself deur
appellant was so deurspek van weersprekings
dat die Staat aan die einde van die
verhoor nie betoog gelewer het ten gunste van 'n skuldigbevinding aan die
tersaaklike aanklag
nie.
Die enigste ander getuie oor die gebeure van die noodlottige aand was appellant self. Volgens hom het hy die betrokke dag in Pretoria gewerk en eers ongeveer 18h30 die bus na sy huis by Kameelrivier gehaal. Daar het hy ongeveer 21h00 aangekom. Terwyl hy huistoe stap, sien hy 'n skare van 200 plus by die oorledene se biersaal. Van hulle was besig om klippe te gooi. Die omgewing was geheel onbelig en dit was bowendien donkermaan. Hy het nie voldoende
8/...
8. belanggestel in die klipgooiery om nader te gaan nie. Aan geweld teenoor die oorledene of enige van sy besittings het hy gladnie deelgeneem nie. Hy het nóg die oorledene nog die se moeder díe betrokke aand gesien.
Onder kruisondervraging het hy - voorspelbaar aangaande sy vorige verklarings kleigetrap. Hy ontken dat hy hoegenaamd 'n verklaring aan 'n magistraat gemaak het en meen dat die betrokke magistraat en die hoftolk deel van 'n korrupte sameswering teen hom is. Hy gee ook te kenne dat die oorkonde van die pleitverrigtinge 'n konkoksie is. Ofskoon hy erken dat die voorsittende magistraat wel die opgetekende vrae aan hom gestel het, hou hy vol dat hy onskuldig gepleit en verklaar het dat hy niks van die moord weet nie. Hy voeg by dat hy aan die hof gesê het dat hy ten tyde van die gebeure nog nie by die huis was nie. Hy kon natuurlik nie verduidelik nie hoekom die voorsittende
9/...
9. beampte hom dan gevra het "How did you kill him?" Ook
kon hy nie verduidelik nie hoekom die vraag dan aan hom gestel is "How many
were
you in the group?"
Die verwysing na "comrades" in sy buitegeregtelike
verklaring is ook onversoenbaar met sy getuienis dat hy al gehoor het van
"comrades"
maar nog nooit een gesien het nie. Hy bevestig egter onder eed dat
die oorledene wel geld van die gemeenskap gekollekteer en dit
toe vir sy eie
doeleindes aangewend het. Voorts bevestig hy dat sodanige verduistering deur die
oorledene onmin in die gemeenskap
veroorsaak het. In teenstelling met die
beskrywing in sy verklaring van die konfrontasie wat daarop gevolg het, plaas hy
dit op 'n
ander tyd, datum en plek. Voorts wil hy dit hê dat dit nie 'n
skare "comrades" was wat die oorledene gekonfronteer het nie
maar wel die ouer
gemeenskap.
Die verhoorhof baseer sy skuldigbevinding van
10/...
10. appellant aan die moordklag in groot mate op die pleitverrigtinge en die verklaring aan die magistraat. Daar word ook bevind dat mev Mahlangu se origens onbevredigende getuienis tot dié mate gestaaf word deur appellant se eie vorige verklarings dat hy homself op die moordtoneel plaas. Vervolgens lei die hof uit die getuienis in sy geheel af dat die skare 'n moorddadige aanval op die oorledene geloods het, dat appellant hom daarmee vereenselwig het en die nodige moordopset by moontlikheidsbewussyn gehad het. Appellant se prestasie in die getuiebank word nie pertinent behandel nie maar sy voorgegewe alibi word verwerp.
Gemelde gedagtetrant is in hierdie hof namens appellant bevraagteken. Die draad van die betoog loop so. Daar is geen sprake van 'n voorafspraak om die oorledene te dood nie en gevolglik moet daar voldoen
word aan die vyfstuks vereistes soos gestel in S v
Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A) op 705 I - 706
11/...
11.
B. Die eerste vereiste is teenwoordigheid op die toneel ten tyde van die geweldpleging. Luidens die betoog is daaraan nie voldoen nie, aangesien oorledene se moeder vir appellant op die toneel plaas van die aanvanklike, dog nie - fatale, aanranding op die oorledene. Volgens haar is die mense toe later met die oorledene weg na die biersaal waar hy gedood is. In teenstelling daarmee meld appellant in sy verklaring slegs een steniging as gevolg waarvan die oorledene daar en dan gesterf het. Dit volg dus redelikerwys dat appellant, as leek, hom kon vergis het oor die doodsintrede by die aanranding waar hy teenwoordig was en dat hy inderwaarheid niê ten tyde van die noodlottige aanranding aanwesig was nie. Die moeder meld dan ook geen ernstige beserings aan die oorledene op die stadium toe sy hom probeer ophelp het ná appellant se deelname aan die eerste aanranding nie. Sy ingedrewe skedel en die meswonde op die rug noem sy
12/...
12. eers in samehang met haar aankoms by die lyk in die biersaal. Daaruit volg dit ook, aldus die betoog, dat appellant se ontkenning (in sy verklaring aan die magistraat) van 'n opset om te dood by die aanval waaraan hy deelgeneem het, redelik moontlik waar kan wees. Voorts word aangevoer dat daar nie van die beserings aan die lyk by wyse van noodwendige afleiding gekonkludeer kan word dat dit 'n moorddadige aanval was nie. Die skedelfrakture kon selfs deur 'n enkele persoon toegedien gewees het en 'n mens sou ernstiger wonde verwag het as die skare met moorddadige opset 'n aanval op die oorledene geloods het. Dit verleen dan volgens die betoog steun aan die mededeling in appellant se verklaring dat die bedoeling met die klippe gooi was om te ontwapen en nie om te dood nie. Bowendien blyk dit uit appellant se verklaring dat slegs 'n gedeelte van die skare voortgegaan het met klipgooiery ná die oorledene geval het. Daarvan kan
13/...
13.
dan afgelei word dat appellant hom op daardie stadium gedistansieer het van verdere geweld teenoor die oorledene. Voorts en in ieder geval is daar nie h gemeenskapiike opset om te moor, in teenstelling met 'n opset om aan te rand, bewys nie, en ook nie dat appellant volhard het in sy optrede teenoor die oorledene ongeag die moontlik noodlottige gevolge wat hy voorsien het. Die uiteindelike siotsom van die betoog is dan dat appellant bloot aan aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind moes gewees het.
Ek meen egter nie dat die betoog kan opgaan nie. Die fundamentele uitgangspunt daarvan is trouens ongegrond. Daar word naamlik uitgegaan van die verondersteiling dat die oorledene by twee afsonderlike geleenthede aangerand sou gewees het, die een voor mev Mahlangu op die toneel buite die biersaal opgedaag het en die ander later binne die biersaal. Daar bestaan
14/...
14.
myns insiens egter geen redelike moontlikheid dat
dit
die geval kan wees nie , en wel om verskeie redes. Ten
eerste verbind
appellant hom ondubbelsinnig deur sy
vorige verklarings as 'n deelnemer aan
'n fatale
steniging van die oorledene. Die antwoorde aan die
magistraat voor hy die
formele verklaring aflê, getuig
van persoonlike kennis van die doodveroorsaking terwyl
die verklaring as sodanig die nodige besonderhede
invul. Hy beskryf waar, wanneer, waarom, op welke wyse
en deur welke groep die ooriedene gedood is. Hy maak
homself ondubbelsinnig deelgenoot aan die steniging.
Die daaropvolgende dag pleit hy skuldig daaraan dat hy
die oorledene vermoor het. Op 'n vraag of hy_ die
oorledene gedood het, antwoord hy bevestigend. Daar is
geen suggestie dat hy nie aan die dodelike geweld
deelgeneem het nie, Hy vertel tewens dat hy met 'n groep
van tussen 70 en 80 mense die oorledene gestenig het.
Hy beken. ook dat hy deel was van die groep wat die
oorledene se winkel aan die brand gesteek het.
15/...
15.
Ten tweede en daarby aansluitend
berus die
betoog namens appellant op die valse premisse dat mev
Mahlangu
se getuienis ruimte laat vir die redelike
moontlikheid dat die oorledene eers
by die vermeende
tweede fase dodelik verwond is. Daar is geen
getuienis
oor die snelheid waarmee die dood sou ingetree het nie
die
doodsoorsaak was bloeding op die brein en nie 'n
onmiddellik fatale
gebeurtenis nie. Mev Mahlangu se
beskrywing van 'n algeheel vergruisde skedel
word
regstreeks weerspreek deur die distriksgeneesheer, wat
getuig van 'n
enkele fraktuur van die agterkop en 'n
dubbele breuk van die kakebeen. Die
beangste
waarnemings wat mev Mahlangu in die skemer buite die
biersaal
gemaak het, kan dus nie dien as basis vir
enige hipotese dat die oorledene
daarna weer - en
dodelik - verwond is nie. Al wat werklik uit haar
origens
gebrekkige getuienis blyk, is dat die oorledene
nog asemgehaal het toe sy hom
laas buite die biersaal
16/...
16.
gesien het. Of sy daarin gelyk het, val te betwyfel
-
maar al word dit as korrek aanvaar, staan dit vas dat die oorledene op
daardie stadium reeds deur 'n steniging dermate beseer is dat
hy bewusteloos bly
lê het. Die afleiding is onafwendbaar dat hy toe reeds die dodelike
hoofbesering aan sy agterkop opgedoen
het. En as daar enige sweem van twyfel
daaroor is, word dit opgeklaar deur appellant se beskrywing van die gebeure wat
hy in sy vorige
verklarings gemaak het. Hy beskryf immers hoe hy meegedoen het
aan die steniging waardeur die oorledene, oenskynlik dodelik, neergevel
is en
roerloos bly lê het.
In die derde instansie moet in berekening gebring word dat appellant dit goedgevind het om h valse alibi aan te bied en 'n kennelik verwerplike verduideliking te verstrek vir sy daarmee teenstrydige verklarings kort ná die gebeure. Die suggestie dat die een magistraat, bygestaan deur die tolk, die aflegging
17/...
17. van 'n verklaring fabriseer terwyl die ander die
oorkonde van die pleitverrigtinge vervals, is werklik belaglik.
Die
afwesigheid van enige aanvaarbare getuienis van die kant van appellant ter
verduideliking van sy voorheen erkende rol by die doodslag,
gekoppel met sy
leuenagtige ontkenning dat hy hoegenaamd sodanige mededelings gemaak het, is
verdoemend. Die dryfveer vir die steniging
was so intens dat die stenigers ook
die oorledene se winkel en sy bakkie vernietig het. Weliswaar kan die opset van
naamlose andere
in die gewelddadige skare nie vir appellant toegewyt word nie.
Dit gaan immers oor sy optrede en geestestoestand. Nietemin getuig
dit van die
aard en gees van die optrede waaraan appellant bewustelik en aktief deelgeneem
het. In die afwesigheid van 'n aanvaarbare
verduideliking getuig sodanige
optrede van 'n opset by iedereen van die deelnemers daaraan om
18/...
18.
die slagoffer te dood. En 'n verduideliking deur appellant was daar nie. Inteendeel, daar was 'n valse relaas. Die leuenagtige ontkenning regverdig die sinistere afleiding dat appellant nie sy deelname kon regverdig of sy rol kon verklaar nie.
Bygevolg is daar geen feitebasis vir die moontlikhede wat namens appellant as redelik aangebied is nie. Dit is nie vir 'n hof beskore om oor ongegronde moontlikhede te spekuleer nie. Sonder enige getuienis tot die teendeel is die afleiding onafwendbaar dat appellant en sy mede-"comrades" die oorledene gestenig het met die gemeenskaplike opset om hom om die lewe te bring. Ewe onafwendbaar is dat hy en hulle sodanige opset volvoer het. Steniging is immers reeds uit die oertyd 'n bekende vorm van gemeenskaplike teregstelling van diegene wat ernstig bots met gemeenskapsnorme. Dit is ook hier te lande maar al te bekend. Appellant se verklaring aan die magistraat dat die oorledene
19/...
19. openbare bydraes vir eie gewin aangewend en toe uitdagend geweier het om die saak met die gemeenskap se segslui te bespreek, verstrek die dryfveer vir die steniging. Dat daar tot steniging oorgegaan is bloot om die oorledene te ontwapen, verdien nie ernstige oorweging nie. Waar die appellant dan in die loop van sy verklaring aan die magistraat te kenne gee dat hy en die ander stenigers nie die opset gehad het om te dood nie, kan dit met stelligheid verwerp word as 'n benoude poging tot minimisering van die erns van hul vergryp. Op die minste was dit vir iedere steniger, in die besonder vir die appellant, duidelik dat so 'n steniging dodelike gevolge kon hê. Ongeag sodanige wete en ongeërg oor die moontlike doodsintrede het appellant meegedoen. Dit volg dat hy òf 'n regstreekse opset om te dood gehad het of, op die beste vir hom, opset by moontlikheidsbewussyn. Vir die poging tot ontwapening, distansiëring, mindere opset
20/...
20. of vergissing waarvoor betoog is, kan daar op die aangebode getuienis geen basis gevind word nie. Dis blote spekulatiewe moontlikhede. Die appellant is tereg skuldig bevind.
Bygevolg word die appèl van die hand gewys.
J C KRIEGLER WndAPPèLREGTER
SMALBERGER AR
NICHOLAS WndAR Stem saam