South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 177

| Noteup | LawCite

S v Molefe (170/91) [1991] ZASCA 177 (28 November 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


CG SAAKNOMMER: 170/91

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

R B MOLEFE Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, VIVIER et VAN DEN HEEVER ARR AANGEHOOR: 18 NOVEMBER 1991 GELEWER: 28 NOVEMBER 1991

UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR

2

Hierdie appèl gaan slegs oor die doodvonnis wat weens sy skuldigbe,vinding aan moord aan appellant opqelê is voor die wysiging van die Straforoseswet deur art 4 van Wet 107 van 1990. Die betrokke moord is gepleeg op 9
Maart 1989 in die loop van 'n rooftog, helder oordag gepleeg by 'n woonhuis in Alberton. Met die verhoor het appellant ontken dat hy ooit in sy lewe in Alberton was: die goed uit die woonhuis gesteel wat in sy kamer gevind is op die 12de Maart, het 'n aangetroude familielid met wie hy haaks is, konstabel Oupa Moerane, hom gevra om te berg totdat Moerane dit sou kom afhaal; die vingerafdruk gekry op die moordtoneel is, ondanks deskundige getuienis dat dit sy linkerduim is wat daardie afdruk gelaat het, nie syne nie.

Na skuldigbevinding het hy gebly by sy verhaal dat hy nog nooit in Alberton was nie. Sy pro Deo advokaat kon slegs die hof toespreek oor appellant se agtergrond en omstandighede: hy is 28 jaar oud, het

3

slegs tot by standard 1 op skool gevorder, het grootgeword in Soweto, het nog sy hele lewe lank by sy moeder gebly en was basies die broodwinner in die huis, hoewel hy nie toe die roof en moord gepleeg is, gewerk het nie.

Die verhoorhof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede bewys is nie. Nadat appellant sekere vorige veroordelings erken het, is hy gevonnis tot 18 jaar gevangenisstraf vir die roof waarvan hy ook aangekla is, en die destyds verpligte doodstraf opgelê vir die moord. Die verhoorregter het bygevoeg "dat as dit nie verpligtend was nie, is hierdie 'n saak waar ek in elk geval die doodvonnis sou oplê" - vanselfsprekend, omdat hy dit as 'n gepaste vonnis beskou het. Dit is ai oorbekend dat Wet 107 van 1990 ingrypende veranderings gebring het t.a.v. die benadering tot beide die oplê van en appèl teen die doodvonnis. Die vraag waaroor hierdie hof self moet oordeel, is nie of die doodvonnis hier 'n

4

gepaste vonnis was nie, maar of dit die (enigste) gepaste vonnis is, met inagneming van die strafversagtende en -verswarende faktore wat uit die oorkonde blyk. Daar is nie aan die hand gedoen dat daar enige feite buite die oorkonde bestaan wat daardie oordeel sou beïnvloed nie, en ek kan my nie so iets indink nie.

Wat volg is h opsomming van die feite wat betrekking kan hê op vonnis. Getuienis wat slegs relevant was t.a.v. die skuldigbevinding word nie weergegee nie, - soos byvoorbeeld dié wat dit buite twyfel stel dat konstabel Moerane nie kon betrokke gewees het nie by die rooftog waarmee appellant hom wou opsaal. Die onaanvegbare skuldigbevinding word nie voor ons bevraagteken nie.

Mev Hendriëtte Potgieter het vanuit haar huis met juweliersware sake gedoen. Sy het ware ontvang van 'n Mev Palframan en dit op 'n kommlssie-grondslag aan individuele kliënte wat sy self gewerf het verkoop, en

5

weer vir haar kliënte herstel- of herskeppingswerk laat doen. Wat sy ontvang het van Mev Palframan het gekom in 'n kunsleer rolverpakking. Vir individuele items ontvang van kliënte om herstel te word of items wat aan hulle gelewer moes word, het sy piepkiein koevertjies gebruik.
Op die betrokke dag, Donderdag 9 Maart 1989, was oorledene alleen by haar huis geleë in Southcrest, Alberton, nadat haar man werktoe en twaalfjarige dogtertjie skooltoe is. Hy het elfuur teruggekom om die sleutels van haar BMM wat hy per abuis saamgeneem het werktoe, vir haar te bring. Alles tuis was normaal. Toe hulle dogtertjie om 13.50 met die bus tuiskom, het sy afgekom op 'n vermoorde moeder en geplunderde huis. Die buit is per motor verwyder want die BMW wat om elfuur nog voor die voordeur gestaan het, was ook weg.

Volgens die paramedici wat kort daarna opgedaag het, het die dood nie lank tevore ingetree nie. Die oorledene het op haar maag gelê op die vloer in die

6

slaapkamer. Haar voete was met geknoopte dasse vasgebind, so ook haar hande agter haar rug. Dasse met knope daarin was deur haar mond en om haar nek so styf vasgebind dat sy glad nie kon asemhaal nie en dit 'n gesukkel gekos het om 'n skêr tussen mens en materiaal in te kry om dit los te knip. Haar sweetpak broek was nat. Dr Kemp wat die nadoodse ondersoek behartig het, het verduidelik dat met versmoring "it is what they call an agonal act, it means that as you are dying you lose control". Die oorsaak van dood was dan ook versmoring deur verwurging.

Volgens die beserings aan die lyk gevind, was met oorledene hardhandig gehandel, hoewel daar nie in die. huis tekens was van 'n worsteling met 'n aanvaller nie. Daar was naamlik kneusings oor haar regter elmboog, linker bo-arm, aan die agterkant en binnekant van haar regter bo-arm, rug en linker bo-lyf, en regter bo-been. Sy het 'n 2,5 cm breë kneusingshalsband gehad waar die das

7

styfgetrek is. Aan die voorkant van haar nek was krapmerke, waarskynlik self aangebring toe sy benoud probeer het om die das weg te kry om asem te kan skep. Die agterste gedeelte van haar tong was ook erg gekneus, wat dui op drukking hoër op aan die nek as wat die das daarom vasgeknoop gewees het. Dr Kemp was van mening dat dit moontlik veroorsaak kon gewees het deur verwurging met die hand, hoewel die hyoïedbeen en skildklier-kraakbeen nie gebreek was nie, "indicating that it was more a ligature strangulation than anything else" wat haar dood veroorsaak het. (Sy aandag is nooit daarop gevestig dat 'n das ook deur haar mond styf vasgebind was nie.) Waar die lugweë afgesluit word soos hier, waarvan haar blou gelaatskleur en die onderhuidse speldpuntbloeding in haar gesig en oë getuig het, sou sy nie langer as vier minute nog geleef het nie.

Dr Kemp het gemeen dat dit heel moontlik is dat die beserings wat hy aan oorledene gevind het deur slegs

8

een persoon veroorsaak kon gewees het.
Die ondersoekbeampte was van mening dat sy moes verras, effektief gedreig, en eers na 'n ruk doodgemaak gewees het. Mnr Potgieter se getuienis staaf so 'n teorie. Die huis was nie gesluit nie. Daar was twee honde op die perseel, 'n ondermaat baster Doberman en h foksterrier-kruis hondjie, wat altwee altyd by oorledene was en slegs deur haar gepaai sou kon gewees het. Hulle was los op die perseel en verskrik toe hy daar kom. En dan is daar al die kneusplekke wat Dr Kemp aan haar gevind het wat met verskillende stampe en stote of wat ook al en dus met verloop van tyd toegedien moes gewees het. Maar presies wat gebeur het daar in die huis en hoe die indringer by die honde verbygekom het, sou slegs appellant kon vertel het. Dit kon nie gewees het omdat die honde hom ken nie. Die Potgieters het geen bediendes aangehou nie, hoewel daar 'n vrou op 'n geleentheidsgrondslag kom stryk het. Mnr Potgieter het

9

appellant van geen kant geken, of herken nie.
Die ondersoekbeampte was van mening dat een persoon alles kon gedoen het wat die spore gelaat het wat die polisie daar aangetref het, afhangende van "die professionaliteit van die krimineel". Dat die boosdoener geen amateur was nie, blyk uit die polisie se waarnemings. Vingerafdrukke is gesoek, maar die rower was geslepe: hy het onuitkenbare smeersels gelaat waar hy gevat het omdat hy sy hande bedek het met iets soos kouse, te oordeel na die "nate en patroontjies soos wat hy geweef is" wat die polisie in die smeersels waargeneem het. Hy was egter nie geslepe genoeg nie. Klein koevertjies met juweliersware daarin is in oorledene se werkskamer oopgeskeur en verstrooi. Toe appellant dit doen het hy kaalhande gewerk en daarop wel vingerafdrukke gelaat. h Hofkaart is voorberei en aan die verhoorhof voorgelê ter ondersteuning van deskundige getuienis dat die linkerduimafdruk op een so h koevert gevind, diê van

10

die appellant is.
Wat buitgemaak is uit die huis, was 'n TV-stel, 'n video-bandopnemer, al Mnr Potgieter se klerasie, van oorledene en die kind se klere en oorledene se voorraad juweliersware asook die gewese inhoud van koevertjies. Die totale waarde van wat geroof is, is ongeveer R80 000,00 plus die BMW die waarde waarvan volgens Mnr Potgieter R5 000,00 was.

Oorledene is astrant oorrompel in haar eie huis, helder oordag, toe en waar sy alle reg gehad het om haar veilig te voel. Sy het nie deur agtelosigheid as't ware misdaad uitgelok nie.

Vanweë die voertuig wat by die voordeur gestaan het moes appellant verwag het dat daar iemand tuis is met wie hy sou moes afreken.

Die strooptog moes goed vooraf beplan en die huis bespied gewees het en hy tevrede dat sy oogmerk haalbaar is. Dit kon onmoontlik nie op die ingewing van

11

die oomblik aangepak gewees het nie.
Waar die dood moes ingetree het binne 4 minute nadat haar lugweë afgesny is deur die das, is die afleiding soos reeds genoem 'n onvermydelike dat sy vóór dit die stampe en stote ontvang het wat die ander kneusplekke aan haar lyf veroorsaak het. Mens kan jou indink in die angs wat haar verskriklike dood moes voorafgegaan het en die vernedering van die finale "agonal act" waar sy op haar maag op die vloer met hande en voete vasgebind gelê het.

Haar huis is met dieselfde minagting bejeën as haar liggaam. Alles is omgedolwe en rondgestrooi in appellant se kieskeurige soektog na ware wat hy maklikste en ten beste sou kon van die hand sit.

Die hele episode is bowendien alles berekend aangepak om geen spore na te laat nie, met kouse oor die hande; en beide beplanning en optrede was grootskeeps.

Dit was onnodig om haar dood te maak. Daar is
12

niks op rekord nie wat daarop dui dat hy rede gehad het om te vermoed dat oorledene hom weer sou kon herken. Met hande en voete vasgebind, kon sy stil gehou gewees het deur byvoorbeeld 'n das in haar mond te stop of lap daarom te bind waardeur hy alle geleentheid sou gehad het om weg te kom.

Die verhoorhof het dit onnodig gevind om uitsluitsel te gee oor die vraag of appellant se opsetvorm dolus eventualis of dolus directus was. Waar die das so styf was dat sy glad nie kon asemhaal nie is die voor die hand liggende afleiding dat die persoon wat dit so styf getrek het sou gehoor het dat sy nie langer asemhaal nie. Appellant het niks laat val wat laat vermoed dat hy in die omstandighede van die onderhawige saak nie die dood van die weerlose vrou gewil het nie; maar al word aanvaar dat sy opsetvorm dolus eventualis was, is dit op sigself nie 'n versagtende omstandigheid nie. Vgl die opmerking van Holmes AR in S v DE BRUYN EN

'n ANDER 1968 (4) SA 498 (A) op 511H.

Daar is geen die minste aanduiding in die. oorkonde van deernis vir 'n medemens of berou nie, slegs van egosentriese gevoelloosheid en totale gewetelooshaid.

Wat die oortreding self betref is daar geen getuienis wat dui op iets wat appellant se morele verwytbaarheid verminder nie. Daarna het hy volhard om Moerane te beswadder.

Sy vorige veroordelings lyk so:
13.
SEE ORIGINAL JUDGEMENT PAGE

14
Die twee huisbrake van 1978 moes gepleeg gewees het voor hy skuldig bevind is in 1977. Sy rekord toon dat hy beide oneeriik en 'n geweldenaar is wat sy volwasse bestaan óf met misdaad óf in die gevangenis deurgebring het. Hy is nie alieen nie deur gevangenisstraf afgeskrik of gerehabiliteer nie maar die huidige saak toon dat hy uit sy "foute" van die verlede waardeur hy aan die pen gebring is, geleer het hoe om vernuftiger en op groter skaal te oortree.
Dat hy slegs standard 1 behaal het, is 'n kieurlose faktor waar ons nie weet waarom hy daar vasgehaak het nie, en of hy nie verder wou leer nie. Gebrek aan formele opieiding beteken in eik geval nie gebrek aan inteiligensie nie. Hy is geen naïewe plaasarbeider nie, maar 'n stedeling wat gesofistikeerd genoeg is om 'n prokureur te gaan raadpleeg toe hy agterkom die poiisie is op sy spoor.

Appellant het geen feitebasis vir enige
15

strafversagtende faktore daargestel nie. (s v NKWANYANA EN ANDERE [1990] ZASCA 95; 1990 (4) SA 735 (A); S v MBONAMBI 1991 (1) SASV 123 (A) 126.) Ek vind niks in die oorkonde om op te weeg teen die gelyste verswarendes nie. Appellant se advokaat het betoog dat hoewel appellant kennelik geweteloos en onrehabiliteerbaar is, dit voldoende sou wees om hom permanent uit die samelewing te verwyder. Lewenslange gevangenis sou gepas wees, derhalwe is die doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis nie, so doen hy aan die hand.
Appellant se geskiedenis en die feite van diê saak oortuig van sy verdorwenheid. Waar 'n weerlose vrou in die veiligheid van haar huis helderoordag aangeval, beroof en onnodig om die lewe gebring is, tree die gemeenskapsbelang sterk na vore. Sulke optrede is uiteraard iets wat vir die gemeenskap verderflik is. (Vgl S v SESING 1991 (2) SASV 361 (A) 365 g; S v MAKIE 1991 (2) SASV 139 (A) 143.) Die verswarende faktore roep

16

luidkeels om vergelding. Selfs lewenslange gevangenlsstraf sou onvoldoende wees. Die appèl word afgewys.

L VAN DEN HEEVER AR

STEM SAAM:

BOTHA AR VIVIER AR