South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 197

| Noteup | LawCite

S v Van Vuuren (235/90) [1991] ZASCA 197 (29 November 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak Nr 235/90 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen:

M.P.C. VAN VUUREN Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

CORAM: CORBETT HR et VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR.
VERHOOR: 13 September 1991.

GELEWER: 29 November 1991.

UITSPRAAK

VIVIER AR.

2/...

2.

VIVIER AR:

Die appellant, 'n 46-jarige vrou, is in die Streekhof op Bethal daaraan skuldig bevind dat sy gedurende die tydperk vanaf 26 Julie 1986 tot 29 Oktober 1988 op verskillende geleenthede 'n totale bedrag van R73 456-07 van haar werkgewer, Volkskasbank ("die bank") gesteel het. Sy is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf waarvan die helfte vir vyf jaar op die gebruiklike voorwaardes opgeskort is. Sy het teen die vonnis na die Transvaalse Provinsiale Afdeling geappelleer wat die vonnis vervang het met een van vyf jaar gevangenisstraf waarvan vier jaar gevangenisstraf vir vyf jaar op die gebruiklike voorwaardes opgeskort is. Met verlof van die Hof a quo appelleer sy na hierdie Hof teen die vonnis.

Die appellant het by die verhoor skuldig

3/...

3.

gepleit. Die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg is, blyk uit haar eie getuienis ter versagting sowel as uit dié van mnr Gouws, die hoofbestuurder van Mannekrag by die bank en prop. Pretorius, haar predikant. Die appellant was vanaf 1961 totdat sy teen die einde van 1988 ontslaan is, in diens van die bank by sy tak op Bethal. Sy was toe die rekenmeester op Bethal en derde in bevel van die tak. Die metode wat die appellant gebruik het om die voormelde bedrag te steel, was om telkens deur middel van fiktiewe inskrywings in die bank se boeke, fondse oor te plaas na een van die bank se eie rekenings waarop sy tekenmagte gehad en waaruit sy dan die geld onttrek het, Sy het aanvanklik 'n bedrag van R12 000 op hierdie wyse gesteel deur die rekening van h kliënt van die bank met hierdie bedrag te debiteer en die tekort op sy rekening aan te vul uit 'n kasboekrekening van

4/...

4.

die bank waarin rente wat die bank op kliënte se oortrokke rekenings verdien het, gestort is. Daarna is fondse vir al die ander geld wat die appeilant onttrek het, vanuit gemelde kasboekrekening oorgeplaas.

Behalwe die eerste onttrekking van R12 000 en een ander

onttrekking van R23 710, blyk die getal of die

onderskeie bedrae van die onttrekkings nie uit die

oorkonde nie. Die appellant het wel gesê dat daar nooit "klein bedrae" deur haar onttrek is nie. Die feit dat die geld oor 'n tydperk van meer as twee jaar gesteel is en dat 'n inspeksie van die tak op Bethal deur kontrole-beamptes van die bank op 17 Augustus 1988 nie die onreëlmatighede aan die lig gebring het

nie, is aanduidend van die bedrewenheid van die

optrede van die appellant. Sy was hoog aangeskrewe

en is deur haar meerderes vertrou. Volgens Gouws was die bank van plan om haar verder op te lei met die

5/...

5.

oog daarop om haar as een van die eerste vroulike bestuurders of onderbestuurders aan te stel.

Die appellant se getuienis by die verhoor was dat sy die geld gesteel het weens haar gesin se finansiële nood en dat sy self geen persoonlike voordeel daaruit behaal het nie. Haar man is 'n alkoholis en verwaarloos sy verpligtings teenoor die huishouding en sy gesin. Voor sy haar werk by die bank verloor het, het sy en haar man saam nagenoeg R2 500 per maand na aftrekkings verdien, wat nie genoeg was om in die gesin se finansiële behoeftes te voorsien nie. Hulle 24-jarige dogter was 'n student aan 'n kollege op Potchefstroom en haar studies het baie geld gekos. Hulle 25-jarige seun het haar hulp benodig met die terugbetaling aan die Weermag van sekere oorbetalings aan hom terwyl hy grensdiens gedoen het en met die betaling van sy ander skulde soos 'n bedrag van

6/...

6.

R3 500 ten opsigte van sy kredietkaart en R4 000 ten opsigte van sy motor. Haar man het ongeveer die helfte van sy netto salaris van Rl 100 per maand aan drank bestee. Die res van sy salaris is gebruik om die verband-paaiemente op die huis en die rente op sy oortrokke bankrekening te betaal. Sy is deur haar man verantwoordelik gehou om die ander huishoudelike en gesinsuitgawes te betaal. Benewens haar ander huislike probleme blyk dit verder uit Pretorius se getuienis dat die appellant se man haar by tye aangerand het. Die Verhoorhof het aanvaar dat haar gesinsopset 'n groot las vir die appellant was wat haar onder erge emosionele druk geplaas het.

Ten tyde van die verhoor het die appellant reeds al die geld aan die bank terugbetaal. Dit het sy gedoen uit haar pensioengeld wat aan haar uitbetaal is by haar ontslag, sowel as met die huip van twee

7/...

7.

lenings wat sy by haar familie gekry het. Sy het 'n

nuwe betrekking by die plaaslike hospitaal gekry waar

sy h netto salaris van Rl 520 per maand verdien. Dit

is duidelik uit die getuienis van Pretorius dat die appellant diep berou het oor haar optrede, selfs tot so 'n mate dat sy op 'n stadium depressief geraak en probeer het om selfmoord te pleeg. Volgens Pretorius het sy egter daarin geslaag om haar reg te ruk en weer haar plek in die samelewing in te neem. Die appellant is 'n eerste oortreder.

Dit is die appellant deur die Hof a quo verkwalik dat sy nie haar meerderes by die bank in haar vertroue geneem het met haar finansiele probleme nie. Die Hof a quo sê in sy uitspraak dat dit op die waarskynlikhede aanvaar moet word dat, indien sy dit sou gedoen het, die bank haar wel op die een of ander manier uit haar verknorsing sou gehelp het. Daar word

8/...

8.

in hierdie verband verwys na Gouws se getuienis dat 'n sielkundige van die bank vantevore die appellant se man met sy drankprobleem gehelp het. Die onbetwiste getuienis van die appellant was egter dat die bank haar en haar man reeds "buite perke" finansieel gehelp het, dat beide van hulle 'n oortrokke rekening by die bank gehad het en dat sy, met haar kennis van die bank se houding, oortuig was dat die bank hulle nie verder sou gehelp het nie. Na my mening is die houding van die Hof a quo dat die bank die appellant sou gehelp het, gevolglik nie geregverdig nie. Die Hof a quo bevraagteken verder die appellant se getuienis dat sy al die geld wat sy gesteel het, nodig gehad het vir haar gesin se finansiële behoeftes, en sê dat sy nie verduideiik het waarom dit nodig was om bo en behalwe haar en haar man se gesamentlike maandelikse verdienste van R2 500 nog

9/...

9.

sowat R3 000 gemiddeld per maand van die bank te steel om aan die finansiële behoeftes van die gesin te voldoen nie. Die Hof a quo sê dat indien in gedagte gehou word dat die appellant se seun in die Weermag en haar dogter op kollege was, dit wil voorkom asof die appellant se huishoudelike uitgawes nie R5 500 per maand kon bedra het nie. Alhoewel die appellant sekerlik meer besonderhede kon verskaf het oor wat haar kinders haar gekos het en die omvang van die verband- paaiemente en die rente op die oortrokke bankrekenings, kan ek nie met die Hof a quo saamstem dat dit voldoende rede is om die appellant se onbetwiste getuienis dat sy al die geld wat sy gesteel het vir die gesin se finansiële behoeftes gebruik het, tebetwyfel nie. In die omstandighede van die huidige saak beskou ek nie die bogemelde twee punte van kritiek teen die Hof a quo se uitspraak as belangrik nie en ek meen nie dat dit

10/...

10.

enige invloed gehad het op die vonnis wat die Hof a quo opgelê het nie.

Namens die appellant is verder betoog dat die Hof a quo in sy oplegging van een jaar verpligte gevangenisstraf die vertrouensposisie wat die appellant beklee het, die vergeldingselement van straf en die belange van die gemeenskap oorbeklemtoon het. Daar is namens die appellant aan die hand gedoen dat 'n algehele opgeskorte vonnis in die besondere omstandighede van die saak voldoende gewig aan al hierdie aspekte gee. Die Hof a quo sê uitdruklik in sy uitspraak dat ernstige oorweging daaraan geskenk is om die hele vonnis op te skort, maar dat hy daarteen besluit het. Daar word in hierdie verband gesê dat die appellant haar skuldig gemaak het aan 'n ernstige oortreding wat oor 'n lang tydperk gepleeg is en dat 'n groot bedrag geld gesteel is. Vroeër in sy uitspraak

11/...

11.

sê die Hof a quo dat hoewel die gemeenskap van Bethal moontlik nie vra dat die appellant na die gevangenis gestuur moet word nie, die gemeenskap, in die bree gesien, 'n belang daarby het dat bankamptenare wat in 'n vertrouensposisie is en toegang het tot fondse wat geredelik op 'n oneerlike manier tot hul eie voordeel aangewend kan word, na behore gestraf word. Indien die straf onvoldoende is, mag die opvatting in die gemeenskap ontstaan dat mits die omstandighede maar sodanig is dat simpatie daardeur opgewek word, dit moreel verskoonbaar is dat persone in die posisie van die appellant hulle aan fondse help ten einde hul eie lewensstandaard te handhaaf. Die Hof kan nie toelaat dat so 'n opvatting by die gemeenskap ontstaan nie.

Met hierdie benadering van die Hof a quo kan ek nie fout vind nie. Diefstal van 'n groot bedrag geld wat oor 'n tydperk van langer as twee jaar gepleeg

12/...

12.

word, is 'n ernstige misdaad, en wanneer dit deur 'n persoon in die vertrouensposisie waarin die appellant haar bevind het, gepleeg word, is die laakbaaarheid van die wandaad soveel groter. Die morele verwytbaarheid van die appellant bly steeds groot, ondanks haar jammerlike persoonlike omstandighede. Hier is geen sprake van 'n skielike versoeking of optrede op die ingewing van die oomblik nie, maar eerder van fyn beplanning en oorwoë handeling wat oor 'n lang tydperk telkens herhaal is. Na my mening word al die versagtende faktore in die guns van die appellant voldoende weerspieël in die vonnis wat die Hof a_ quo opgelê het en is daar geen grond om met daardie vonnis in te meng nie,

Ek sou die appèl afwys.

W. VIVIER AR.



SAAKNOMMER: 235/90

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak van:

M P C VAN VUUREN Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: CORBETT HR, VIVIER et VAN DEN HEEVER ARR AANGEHOOR: 13 SEPTEMBER 1991 GELEWER: 29 NOVEMBER 1991

UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR

2

Ek het die uitspraak van my kollega Vivier gelees, maar het tot 'n ander insig as syne gekom.

Die streeklanddros het met vonnisbepaling verwys na die drie bekende faktore waarna gekyk moet word, maar wat die derde betref, gepraat nie van die belange van die samelewing nie, maar "die verwagtings wat die gemeenskap koester", wat iets anders is.

As verswarende faktore het hy tereg genoem dat appellant 'n senior beampte by Volkskas was en in 'n vertrouensposisie; dat sy oor 'n lang tydperk die oortreding gepleeg het; en aangehaal uit beslissings wat klem daarop lê dat die howe 'n plig het om die norme van sake-moraliteit te onderskraag.

Hy het ook baie van die versagtende faktore gelys, egter nie almal nie.

Die hof van tweede instansie het misgetas in sy redes toe hy die streekhof se vonnis verminder het van 5 jaar waarvan helfte opgeskort is na 5 jaar waarvan 4

3

opgeskort, soos uitgewys in die uitspraak van Vivier AR. Die volle prent wat blyk uit die aangevoerde getuienis, is die volgende:

  1. Appellant was 46 jaar oud toe sy voor die streekhof verskyn het en 'n eerste oortreder. Sy het vir 28 jaar by Volkskas gewerk. Haar werksrekord was uitstekend. Sy was geoormerk vir opleiding om tot 'n bestuurder of onderbestuurder gepromoveer te word. Desondanks was die loon wat sy na aftrekkings uitgekry het in die omgewing van R1 300,00 of R1 400,00 per maand.

  2. Mnr Gouws van Volkskas, 'n geregistreerde bedryfsielkundige, het getuig dat appellant se leeftyd 'n kwesbare is vir vrouens wat aan spanning onderwerp word. "Wat gebeur is dat emosioneel die vrou redelik onstabiel raak en ek dink een van die belangrikste gevolge

4

daarvan is dat so 'n persoon se oordeel laat hom in baie opsigte in die steek as gevolg van ... emosionele spanning en die emosionele onstabiliteit." 3. Spanning moes appellant wel verduur. Finansiële probleme het begin of is vererger toe haar man baie siek was. Sy betreklik karige inkomste - tussen R1 100,00 en R1 200,00 per maand - was onvoldoende om saam met hare, aan die behoeftes van die gesin te voldoen.

Haar eggenoot se drinkgewoonte het 'n drankprobleem geword; wat ook baie geld verorber het, en hom apaties gemaak het.

Sy moes ook sy plek probeer volstaan, in die huis en wat betref hulle kinders, wat haar geld uit die sak gejaag het.

5

Die seun kon die versoeking wat 'n kredietkaart skep nie weerstaan nie; en moes boonop geld deur die Weermag oorbetaal, terugbetaal en het dit nie gehad nie. Vir die dogter, student op 'n onderwyskollege, moes studie- en losiesgelde betaal word. Die karretjie op huurkoop vir haar gekoop, het toe boon-op gebreek en beaam dat 'n kar inderdaad 'n erf genaam is, soos die seun s'n ook was.

Teen hierdie agtergrond kon die tweede verband op hul huis en 'n oortrokke rekening by Volkskas vanweë hoë rentekoerse slegs verdere probleme skep in plaas van verligting bring. 4. Hoewel appellante nie rekenskap kon gee van die volle bedrag wat sy geneem het nie, is daar niks om haar getuienis in twyfel te trek nie,

6

dat dit behalwe vir die uitgawes veroorsaak deur die kinders soos bo genoem, alles maar "gebruik is vir die huis en vir die mense en vir die skuid in die dorp". Daar is geen suggestie dat sy uitspattig was of luukshede aangekoop het nie.

  1. Die samelewing waarvan sy 'n gesiene lid was, het haar in 'n mate reeds gestraf, en weer vergewe. Sy is kerkmens en was onder sensuur geplaas maar weens opregte berou is sy weer opgeneem in die gemeente. Sy is werk aangebied by die piaaslike hospitaal waar sy ondanks volle kennis van haar omstandighede, in h vertrouensposisie geplaas is.

  2. Sy het haarseif ook bestraf. Sy het gepoog om selfmoord te pleeg om haar gesin skande te spaar. Sy het by die besturende direkteur van Volkskas gaan verskoning vra vir wat sy aan

7

hulle gedoen het.

7. Sy het haar oudag finansiëel verwoes. Mnr Gouws het vertel dat sy haar pensioengeld wat oor 28 jaar opgebou is, gebruik het om Volkskas gedeeltelik te vergoed. Die uitstaande balans het sy geieen van haar moeder en haar skoonsuster, en dit moet aan hulle terugbetaal word. Mnr Gouws het getuig dat dit Volkskas beleid is

in so 'n geval dat die werknemer nie weer in diens geneem

word nie. Ook teen Volkskas se beleid, is namens haar

getuienis ter versagting afgelê:

"... ons het ook 'n beleid dat ons nie getuig ten gunste van enige so 'n persoon nie, maar in hierdie spesifieke geval omdat die beskuldigde soveel jare by ons, 28 jaar by ons gewerk het en uitstekende diens gelewer het, het die besturende direkteur vir my gevra of ek bereid is om te getuig ter versagting en ek het onmiddellik gesê ja omdat ons van opinie is dat ons nie graag sou wou hê dat sy tronkstraf moet kry nie."

8

Proponent Pretorius se getuienis ter versagting

het, nie bewustelik nie, appellant se lojaliteit teenoor

haar man en strewe om die gesinseenheid te bewaar,

beklemtoon. Hy het vertel waarvan sy geswyg het: sy

moes nie alleen die finansies van die huis hanteer nie,

maar haar man

"as persoon wat die meeste deel van die finansies uitgegee het op alkoholiese drank het dan van haar rekenskap geëis as die begroting nie klop nie en dan wil ek daarby ook, wat ek ook uit 'n pastorale oogpunt bemerk het is dat sy in die verlede ook fisies aangerand is en as 'n mens dit in ag neem, die finansiële druk en die aanranding met die alkohol saam in ag neem en h mens neem in ag dat 'n vrou in haar menopause dikwels tot irrasionele optrede geneig is, dan glo ek dat hierdie 'n groot oorsaak tot die probleem kon wees".

Wat die gemeenskap se houding teenoor haar

betref sê hy: "Ek kon 'n gevoel van empatie bespeur

eerder as 'n gevoel van veroordeling." Haar man, veral,

het haar nodig want sy alkohol-probleem kan vererger sou

sy gevangenis toe gaan. Die hospitaal en die kerk het

9

haar dienste nodig. Sy was die sterker ouer-figuur wat aan haar ongetroude kinders leiding gegee het en gee.

Verdere afleidings wat die hof kan maak, is dat, afgesien van die effek daarvan op appellante self sou sy gevangenisstraf moes ondergaan,

  1. sy geen waarborg het dat sy weer werk sal kry wanneer sy vrygelaat word nie;

  2. sy waarskynlik nie haar skuld aan haar moeder en skoonsuster sal kan aflos nie;

  3. die gesinswoning met twee verbande beswaar in die slag sal bly;

  4. alles daarop dui (waar sy ouderdom amper vyftig bereik het met 'n skoon rekord en berou het) dat sy self nie rehabilitasie of afskrikking nodig het nie. Sy sal nie weer so maak nie.

Ek aanvaar dat vergelding nog een van die onmisbare boustene is vir die regverdiging van straf. (Vgl SNYMAN, STRAFREG, 2de uitgawe, bl 16-26.) Dit dra

10

na my mening minder gewig as andersins, waar gesteelde

geld op die oortreder se eie rekening terugbetaal is,

soos hier. Nog appellant nog die samelewing kan as

gevolg van daardie vergoeding, onder die wanindruk

verkeer dat misdaad lonend is of die howe haar vergryp

geringskat, sou sy gepas buite die gevangenisstraf

bestraf word.

Waar ons howe daarop klem lê dat straf

geindividualiseer moet word, en dit met gerustheid

aanvaar kan word soos haar leraar en huidige werkgewer

doen dat sy nie weer sal steel nie, meen ek dat straf, as

vergelding, nie moet uitbly nie, maar andersoortig moet

wees as dié deur die howe a quo opgelê, nl. effektiewe

gevangenisstraf. Hiemstra sê (SUID-AFRIKAANSE

STRAFPROSESREG, 4de uitgawe, bl 584):

"Strafoplegging behoort tot een van die swartste hoofstukke in die Westerse Kultuurgeskiedenis. Die wreedaardigheid daarvan was nie misdaadbestryding nie; dit was misdaad self, in afskuwelike gedaante. En tog

11

was die ondervinding dat hardvogtige strawwe die misdadigheid nie verminder het nie. Nie die swaarte van die strawwe nie, maar die sekerheid van skuldigbevinding is die

afskrikmiddel ...

Hoe die straf toemeter sy mag uitoefen is 'n maatstaf van die geestelike beskawingspeil van die gemeenskap. Dit word nie gemeet aan hardheid of sagtheid nie, maar aan geregtigheid en doeltreffendheid. ...

Daar moet nie alleen na die aard van die oortreding en die belang van die publiek gekyk word nie, maar ook na die belange van die oortreder, m.a.w. die vonnisoplegger moet individualiseer. Daarbenewens moet hy steeds met die oog op die hoe gevangenisbevolking en die koste wat daarmee gepaard gaan, soek na alternatiewe vir regstreekse gevangenisstraf. Korttermyngevangenisstraf het gewoonlik weinig waarde as afskrikkings- en rehabilitasiemiddel. Gevangenisstraf in die algemeen bring 'n ontneming van verantwoordelikheid mee, 'n ontwrigting van die gevangene se familielewe en 'n moeilike heraanpassing wanneer hy ontslaan word.

Oorweginge wat in die oog gehou behoort te word

by vonnisoplegging is die volgende:

(i)

(ii) Meer opgeskorte of uitgestelde vonnisse met positiewe voorwaardes moet opgelê word, bv. vergoeding aan klaers en hulle afhanklikes,

12

dienslewering aan die gemeenskap, verpligte bywoning van lesings wat verband hou met die oortreder se oortreding, bywoning van of inwoning by 'n inrigting vir behandeling, of plasing onder die toesig van 'n proefbeampte."

Deur appellant se vonnis in sy geheel op te skort op die positiewe voorwaarde wat gemeenskapsdiens van haar verg naas die negatiewe voorwaarde van nie-herhaling, kan aan al die vereistes van straftoemeting voldoen word. Sou sy direkte gevangenisstraf moet ondergaan, sal inderdaad deel van haar boetedoening waarskynlik ongedaan gemaak word, en die persone wat aan haar geld geleen het en terugbetaling verwag, in plaas van sy self, benadeel wees. Die verrigtinge by 'n internasionale kriminologie-kongres wat in 1975 in Kaapstad gehou is, is gepubliseer in boekvorm onder die titel "LAW, CRIME AND THE COMMUNITY". Op bl 129-130 verskyn die versugting:

" (I)t is clear that one of the most urgently

13

required penal reforms is to develop ways of keeping offenders out of prison - that is, of creating a range of imaginative and socially constructive non-institutional sentencing alternatives."

Waar die Wetgewer nou voorsiening gemaak het vir sulke konstruktiewe vonnisse in art 297 (1) van die Strafproseswet, behoort die howe toe te sien dat daardie voorskrifte nie 'n dooie letter op die wetboek bly nie, deur in gepaste gevalle waarvan hierdie beslis een is gebruik te maak van die moontlikhede daardeur geskep.

Kyk ook DU TOIT, STRAF IN SUID AFRIKA bl 380 en by analogie, die opmerkings van Miller R in S v KHULU 1975 (2) SA 518 (N), veral by 520H-521B.

Die Johannesburgse tak van NIMRO is versoek om, met die oog op 'n moontlike gemeenskapsdiens-bevel, die aangeleentheid te ondersoek en aanbevelings te doen. Ons is Me Riest van dié organisasie dank verskuldig vir die professionele maatskaplike verslag ter voldoening aan die versoek. Dit bevestig appellant se omstandighede soos

14

hierbo uiteengesit en beveel aan dat appellant se vonnis

opgeskort word op voorwaarde ondermeer dat sy 300 ure

gemeenskapsdiens verrig by die Silwerjare Ouetehuis op

Bethal onder toesig van mevv Swart, die matrone, en

Bosch, die voorsitter van die Raad van dié inrigting wat

bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar.

Vir die oningewyde lyk 300 uur se onbetaalde

klerikale werk dalk na 'n beuselagtige vergelding vir die

begane oortreding, selfs inagnemend dat klaer se skade

vergoed is. Me Riest se verslag oortuig van nee:

"The accused is employed at the Bethal Hospital where she works from Monday to Friday from 7.30 am to 4 pm. On a Saturday she works at a local butchery from 7 am to 2 pm. She also engages in overtime work to supplement her income. The accused would have to undertake community service in her free time from 4 pm onwards, during week-days. She is thus giving up all leisure time, which is sufficiently deterring and is punishing in its effect."

'n Afskrif van die verslag is aan appellant se

regsadviseurs beskikbaar gestel met die uitnodiging om

15

geskrewe betoog aan hierdie Hof voor te lê m.b.t. die bevoegdheid van die Hof om as voorwaarde van h opgeskorte vonnis die verrigting van gemeenskapsdiens te gelas, die wenslikheid en uitvoerbaarheid van so 'n vonnis en die voorgestelde tydperk daarvan, en enige ander saak wat relevant beskou mag wees by die oplegging van so 'n vonnis.

Skriftelike betoog is aan ons voorgelê, ook deur die advokaat namens respondent. Appellant se advokaat is blykbaar onder die indruk dat ingevolge die huidige art 297(1 )(a)(i)(cc) - wat in 1986 gewysig is hoewel die wysiging eers op 1 Februarie 1989 in werking getree het - gemeenskapsdiens slegs as voorwaarde gekoppel kan word aan 'n bevel waardeur die hof die oplegging van vonnis uitstel. Hy versoek dat gevolg gegee word aan Me Riest se aanbevelings, behalwe dat hy vra dat die vonnis wat nou oor appellant se hoof hang (by implikasie, "tersyde gestel word en vonnisoplegging")

16

uitgestel word onderhewig aan die voorgestelde voorwaarde. Kortom, daar word geen beswaar aeopper teen die inhoud van die voorgestelde voorwaarde nie, slegs betoog aangaande wat die inhoud van die primêre bevel moet wees waarby daardie voorwaarde aangeheg sal word. Die nuwe art 297(1)(a)(i)(cc) gee egter slegs meer detail as wat in sy voorganger vervat was. Art 277(1)(b) self is onverander en bepaal nog steeds dat 'n hof na goeddunke kan vonnis oplê maar opskort "op 'n in paragraaf (a)(i) bedoelde voorwaarde wat die hof in die bevel bepaal"; wat dan gemeenskapsdiens soos uitgespel in art 297(1)(a)(i)(cc) insluit.

Ek verstaan nie dat appellant belangstel daarin om die bestaande vonnis te verruil vir gemeenskapsdiens slegs indien die gevangenisstraf op hierdie stadium heeltemaai tersyde gestei word nie.

Die respondent se advokaat stei voor dat, indien hierdie Hof gemeenskapsdiens as 'n gepaste vonnis

17

beskou, minstens 500 uur diens gelas word wat gekoppel word aan vyf jaar gevangenisstraf in geheel opgeskort vir vyf jaar.

Ek meen dat indien die gevangenisstraf tersyde gestel in plaas van opgeskort sou word, die wanindruk waaronder die oningewyde mag verkeer dat appellant maar lig daarvan afkom, verkeerdelik gesterk sou word. Die voorgestelde 300 uur is egter, gesien appellant se omstandighede, voldoende. Daarby moet in gedagte gehou word dat die opgeskorte gedeelte van haar straf wat vanaf skuldigbevinding haar reeds bedreig het, nou met 'n jaar verhoog word, vanaf vier na vyf jaar.

Na my mening moet die appèl slaag deurdat die

landdros se vonnis geskrap en vervang word met die

volgende wat, waar dit in die plek kom van die bevel op 6

Maart 1989 gemaak, die gevolg sal hê dat die

opskortingsperiode van daardie dag loop, m.a.w. in Maart

1994 uitloop:

18

"Die beskuldigde word gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf in geheel opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde:

  1. Dat beskuldigde nie skuldig bevind word nie aan diefstal of poging daartoe gepleeg gedurende die opskortingstermyn ten opsigte waarvan sy gevonnis word tot direkte gevangenisstraf van minstens 12 maande.

  2. Dat beskuldigde 300 ure gemeenskapsdiens lewer by die Silwerjare Ouetehuis op Bethal onder toesig van die matrone en die voorsitter van die Raad.

3. (a) Bedoelde di ens sal bestaan uit klerikale en

administratiewe take soos aangewys deur en onder toesig van die matrone en die voorsitter

van die Raad.

  1. Dit neem 'n aanvang op of voor 31 Januarie 1992.

  2. Beskuldigde sal voor daadie datum haar by Silwerjare Ouetehuis aanmeld en daarna gereeld

19

en stiptelik op die datums en tye tussen haar en die matrone ooreengekom op die grondslag: (i) dat beskuldigde, behalwe met toestemming van die matrone weens siekte of dwingende nood minstens 6 uur per week aldus diens sal doen; (ii) dat NIMRO die plasing in soverre as wat nodig mag wees verder koordineer en aan die verhoorhof halfjaarliks verslag doen totdat die gemeenskapsdiens voltooi is."

L VAN DEN HEEVER AR STEM SAAM: CORBETT HR