South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 30

| Noteup | LawCite

S v Steyn (87/90) [1991] ZASCA 30 (26 March 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


87/90 N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPeLAFDELING)

In die saak tussen:
FREDERIK JACOBUS STEYN Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: SMALBERGER, VIVIER, ARR, et PREISS, Wn AR VERHOORDATUM: 21 Maart 1991 LEWERINGSDATUM: 26 Maart 1991

UITSPRAAK SMALBERGER, AR :-
Die appellant kom, met die nodige verlof, in hoër beroep teen sy vonnis van drie jaar gevangenisstraf, die

/2

2 helfte waarvan voorwaardelik opgeskort is, wat hom in die Streekhof, Bloemfontein, vir die diefstal van 'n motorvoer= tuig opgelê is. Die betrokke voertuig was 'n gehuurde een waarmee die appellant in 'n ongeluk betrokke was. Die voertuig was behoorlik verseker. Die ongeluk was nooit aan die polisie gerapporteer nie. Die appellant het die deels beskadigde voertuig van die ongelukstoneel na sy huis in Bloemfontein laat verwyder. Dit het geskied sonder die toestemming of medewete van die eienaar. Etlike dae daarna het die appellant valslik die voertuig as gesteel aangemeld by 'n polisiekantoor in Johannesburg, waar die diefstal kwansuis sou plaasgevind het. Veertien maande later is die voertuig tydens 'n polisieondersoek in sy motorhuis gevind. Die voertuig was gedeeltelik uitmekaar gemaak. Die appellant, toe hy aanvanklik genader is, het alle kennis van die voertuig ontken. Daarbenewens het hy geen verduideliking vir sy besit van die voertuig verstrek

/2

3 nie.
Die appellant se getuienis by sy verhoor dat hy aanvanklik nie 'n dieftige opset gehad het nie omdat hy van voorneme was om die voertuig te herstel en aan die eienaar terug te besorg, is deur die verhoorlanddros verwerp. Hy het bevind dat die appellant na die ongeluk van meet af bedoel het om die voertuig te steel. Die korrektheid van hierdie bevinding is deur mnr Reinders, wat namens die appellant verskyn het, aangeval. Hy het verwys na 'n passasie in die verhoorlanddros se uitspraak oor vonnis waar daar gesê is :

"Die hof neem in aanmerking die feit dat hierdie spesifieke diefstal nie op die ingewing van die oomblik gepleeg is nie. Na 1 September 1987 kon u die voertuig nog terugbesorg, maar op 5 September het u dit as gesteel aangegee."
/4

4 Mnr Reinders het betoog dat die aangehaalde woorde daarop dui dat die verhoorlanddros nie ten gunste van die appellant aanvaar het dat die voertuig in 'n ongeluk betrokke was nie, en verkeerdelik bevind het dat die diefstal 'n voorafbeplande, berekende een was. Hierdie betoog gaan nie op nie. Dit is duidelik uit die verhoorlanddros se uitspraak op die meriete dat hy ten alle tye aanvaar het dat die voertuig wel in 'n ongeluk beskadig is. Waar hy verwys het na die terugbesorging van die voertuig na 1 September 1987 het hy klaarblyklik bedoel die terugbesorging van die voertuig in sy beskadigde toestand. Die appellant se bewering dat hy aanvanklik die voertuig wou herstel en aan die eienaar terugbesorg is, in die lig van sy optrede en die bewese feite, so onwaarskynlik dat die verhoorlanddros geregtig was om dit te verwerp as synde nie redelikerwys moontlik waar nie. Gevolglik het vonnisoplegging tereg geskied op die grondslag dat die appellant na die ongeluk

...../5

5 van meet af die opset gehad het om die voertuig te steel.
Die oplegging van 'n gepaste vonnis berus by uitstek in die diskresie van die voorsittende regterlike beampte. Hierdie Hof se reg tot inmenging met 'n opgelegde vonnis is beperk. Inmenging kan alleenlik geskied waar daar 'n onreëlmatigheid is, of 'n wesenlike mistasting, of die opgelegde vonnis treffend of ontstellend onvanpas is. In die onderhawige geval is geeneen van hierdie gronde aanwesig nie. Die verhoorlanddros het by vonnisoplegging alle tersaaklike faktore, insluitende die persoonlike omstandighede van die appellant, in aanmerking geneem en hom nie aan enige mistasting skuldig gemaak nie. Die diefstal van 'n voertuig, gesien veral die veelvuldigheid daarvan, is

'n ernstige misdaad. Dit was deurgaans die appellant se bedoeling om die eienaar van die voertuig permanent van sy eiendomsreg te ontneem. Die opgelegde vonnis kan, selfs

/6

6 in die ietwat buitengewone omstandighede van hierdie saak, gevolglik nie as treffend onvanpas beskou word nie. Die appèl word afgewys.

J W SMALBERGER APPèlREGTER

VIVIER, AR )
PREISS, Wn AR) STEM SAAM