South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 45

| Noteup | LawCite

S v Sheehama (261/89) [1991] ZASCA 45; 1991 (2) SA 860 (AD); [1991] 2 All SA 235 (A) (28 March 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


261/89

E du P

IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

LEONARD NATANGE SHEEHAMA Appellant
en
DIE STAAT Respondent

Coram: HOEXTER, E M GROSSKOPF, STEYN, F H GROSSKOPF et GOLDSTONE ARR.

Verhoordatums: Leweringsdatum:

16 Augustus 1990.

15 Februarie 1991 28 Maart 1991.

2

UITSPRAAK F H GROSSKOPF AR:
Die appellant het in Walvisbaai voor Tebbutt R en twee assessore tereggestaan op agt aanklagte wat verband gehou het met drie verskillende bomontploffings op Walvisbaai. Die eerste van hierdie bomontploffings het ongeveer 10:40 op Saterdag 2 Augustus 1986 by 'n slaghuis bekend as die Atlantic Meat Market plaasgevind. Dit het tot gevolg gehad dat vyf persone dood is, verskeie mense ernstig beseer is, en die slaghuis erg beskadig is. Die hof a quo het bevind dat die appellant die bom in die slaghuis geplaas het en dat hy gevolglik verantwoordelik was vir die dood van die vyf slagoffers. Dit het gelei tot die appellant se skuldigbevinding aan moord op vyf moordklagtes (klagtes 1 tot 5) waarop hy in hierdie verband tereggestaan het. Die verhoorhof het verder bevind dat daar geen versagtende omstandighede ten aansien van die moordklagtes was nie en die appellant is die doodvonnis op elkeen van hierdie vyf

3

moordklagtes opgelê. Die appellant is verder daarvan aangekla dat hy as gevolg van die plasing van die bom in die slaghuis ook 'n oortreding van artikel 54(3) van die Wet op Binnelandse Veiligheid, 74 van 1982, geplesg het, en dat hy gevolglik aan die misdryf sabotasie skuldig is. Die hof a quo het egter bevind dat dit op 'n onbehoorlike verdubbeling van aanklagte neerkom, met die gevolg dat die appellant op hierdie aanklag (klagte 6) onskuldig bevind is.
Meer as 'n jaar na die bomontploffing by die slaghuis het daar op Donderdag 12 November 1987 twee verdere bomontploffings op Walvisbaai plaasgevind. Die eerste van hierdie ontploffings het kort voor 06:20 die oggend by die hoofposkantoor plaasgevind, terwyl daar htweede ontploffing dieselfde aand om 23:10 by die munisipale kantoor te Kuisebmond was. Hierdie twee bomontploffings het geen lewensverlies of ernstige beserings van enigiemand tot gevolg gehad nie, maar beide geboue was erg deur die ontploffings beskadig. Die hof a quo het bevind dat die appellant ook vir

4

hierdie twee bomontploffings verantwoordelik was. Klagte 7 het betrekking gehad op die bomontploffing by die poskantoor, terwyl klagte 8 in verband gestaan het met die bomontploffing by die munisipale kantoor. Die appellant is op albei hierdie aanklagte aan 'n oortreding van artikel 54(3) van Wet 74 van 1982 (sabotasie) skuldig bevind en tot 7 jaar gevangenisstraf op elkeen van die twee aanklagte gevonnis. Die verhoorregter het egter gelas dat 4 van die 7 jaar wat op klagte 8 opgelê is, met die 7 jaar gevangenisstraf op klagte 7 moet saamloop. Die appellant is dus tot 10 jaar effektiewe gevangenisstraf op hierdie twee aanklagte gevonnis.
Die appellant appelleer met verlof van die hof a quo teen sy skuldigbevindings en vonnisse. Daarbenewens is daar op aansoek van die appellant ook sekere spesiale aantekeninge van beweerde onreëlmatighede ingevolge artikel 317 van die Strafproseswet, 51 van 1977, op die oorkonde aangebring.

Die appellant se skuldigbevinding in die hof a quo

5

het berus op sekere getuiehis wat onder drie verskillende hoofde behandel kan word. In die eerste plek was daar die getuienis van die appellant se eertydse onderwyser, mnr Walter Shomongula, dat die appellant gedurende Desember

1987in Ovambo sekere erkennings met betrekking tot bomontploffings op Walvisbaai aan hom gemaak het. Tweedens was daar drie bekentenisse (een ten opsigte van elke afsonderlike bomontploffing) wat die appellant op 14 Julie
1988te Walvisbaai voor 'n waarnemende assistent-landdros afgele het, en wat die hof a quo na 'n lang verhoor binne 'n

verhoor toegelaat het. In die derde plek was daar sekere aanwysings, tesame met meegaande bekentenisse, wat die appellant op 14 Julie en weer op 26 September 1988 aan luitenant Coleman van die SAP op Walvisbaai gedoen het.
In hierdie hof is dit namens die appellant betoog dat die hof a quo ten aansien van elkeen van hierdie bogenoemde drie aspakte fouteer het. Dit is betoog dat die verhoorhof in die eerste plek fouteer het deur te bevind dat die appellant se erkenning teenoor Shomongula behels het dat

6

die appellant verantwoordelik was vir veral die bomontploffing by die Atlantic Meat Market in Augustus 1986. Dit is betoog dat die hof a quo in die tweede plek fouteer het deur te bevind dat die appellant se drie bekentenisse voor die landdros afgelê, vrywillig en sonder dwang gemaak was en gevolglik as getuienis toelaatbaar was. Dit is in die derde plek namens die appellant betoog dat die verduidelikende bekentenisse wat die appellant tydens die aanwysings aan luitenant Coleman gemaak het, eweneens ontoelaatbaar was; en dat die blote aanwysings, sonder daardie verduidelikende bekentenisse, opsigselfstaande nie afdoende bewys van die appellant se aandadigheid aan die misdade was nie.

Hierdie bogenoemde drie aspekte is behandel toe die appèl aanvanklik in hierdie hof beredeneer is. Op daardie stadium was daar egter geen betoog na aanleiding van die vraag of getuienis omtrent blote aanwysings toelaatbaar sou wees selfs indien daardie aanwysings onder dwang geskied het

7

nie. Die advokate is daarna versoek om addisionele geskrewe betoogpunte in hierdie verband voor te lê en om die hele aangeleentheid rakende die toelaatbaarheid van getuienis met betrekking tot gedwonge aanwysings verder voor hierdie hof te beredeneer. Dit is toe namens die appellant betoog dat die blote aanwysings in die onderhawige saak op erkennings deur gedrag neergekom het, maar dat daardie aanwysings onder dwang geskied het, en dat getuienis omtrent daardie aanwysings dus ontoelaatbaar was.
Die volgende aspekte sal agtereenvolgens behandel word.

1. Die omvang van die appellant se erkennings teenoor Shomongula.
2. Die toelaatbaarheid van die drie bekentenisse wat die appellant voor die landdros afgelê het.
3. Die toelaatbaarheid van die appellant.se verduidelikende bekentenisse gemaak ten tyde van sy aanwysings.

8

4. Die toelaatbaarheid van die appellant se blote aanwysings. Mnr Shomongula was 'n oud-onderwyser van die

appellant. Hy het getuig dat hy die appellant voof kersfees
1987 in Ovambo raakgeloop het en dat die appellant toe aan hom gesê het dat hy "nou" van Walvisbaai af kom waar hy twee plekke "gebom" het. Een van hierdie plekke was die poskantoor gewees. Hierdie erkenning van die appellant teenoor Shomongula was in Desember 1987 gemaak. Dit blyk uit die onbetwiste getuienis van kaptein Gresse, die ondersoekbeampte in die saak, dat daar in November 1987 twee geboue op een dag op Walvisbaai deur bomontploffings beskadig was, en een van daardie geboue was juis die poskantoor wat die appellant aan Shomongula genoem het. Die tweede gebou wat daardie dag op Walvisbaai deur 'n bomontploffing beskadig was, was die Kuisebmondse munisipale kantoor, maar Shomongula kon nie die naam van die tweede plek onthou nie. Volgens Shomongula het die appellant hom meegedeel dat daar inderdaad

9

drie bomontploffings op Walvisbaai was, maar dat hy self vir slegs twee van daardie drie bomontploffings verantwoordelik was. Twee van die plekke waar daar volgens die appellant se mededeling aan Shomongula bomontploffings was, was die poskantoor en die Atlantic Meat Market, maar die naam van die derde plek wat die appellant destyds aan hom genoem het, het Shomongula toe reeds vergeet.
Behalwe vir die getuienis wat hy tydens die verhoor binne 'n verhoor afgelê het, het die appellant self nie getuig nie. Shomongula se getuienis aangaande die appellant se erkenning teenoor hom, staan dus onbetwis. Daarbenewens was Shomongula die appellant ook goedgesind. Teen daardie agtergrond het mnr. Kuny, wat op appêl namens die appellant verskyn het, toegegee dat die appellant se erkenning teenoor Shomongula afdoende bewys daarstel om die appellant op aanklag 7 (sabotasie ten aansien van die hoofposkantoor) skuldig te bevind. Na my oordeel was hierdie toegewing tereg gemaak.

10

Volgens Shomongula se getuienis kan die appellant vir slegs twee van die drie bomontploffings op Walvisbaai aanspreeklik gehou word. Dit staan vas dat een van daardie twee plekke die poskantoor was. Die ander gebou wat op dieselfde dag op Walvisbaai deur 'n bomontploffing beskadig was, was die Kuisebmondse munisipale kantoor. Hoewel die appellant volgens Shomongula se getuienis nie by name na hierdie munisipale kantoor verwys het nie, is die waarskynlikhede na my mening baie sterk dat dit die tweede plek was waarna die appellant destyds in Desember 1987 verwys het toe hy vir Shomongula gesê het dat hy "nou" van Walvisbaai af kom waar hy twee plekke "gebom" het. Dit is seker denkbaar dat die tweede bomontploffing waarna die appellant verwys het, 'n heeltemal ander bomontploffing op Walvisbaai kon gewees het, maar daar is geen getuienis van enige verdere bomontploffings op Walvisbaai gedurende daardie tyd nie. Indien daar wel so 'n verdere bomontploffing was, sou mens stellig verwag het dat die polisiegetuies melding

11

daarvan sou gemaak het, of dat daar minstens tydens kruisondervraging van hierdie polisiegetuies na 'n ander bomontploffing verwys sou gewees het. Daar was egter geen suggestie van 'n ander bomontploffing gedurende daardie tyd nie. Dit is na my mening in ieder geval hoogs onwaarskynlik dat die bomontploffing by die Atlantic Meat Market die tweede bomontploffing was waarna die appellant verwys het toe hy teenoor Shomongula erken het dat hy pas tevore twee bomme laat ontplof het. Die bomontploffing by die Atlantic Meat Market het immers vyftien maande vroeër in Augustus 1986 plaasgevind.
Dit is nie tydens die kruisondervraging van Shomongula aan hom gestel dat die appellant nie die betrokke erkenning omtrent die twee bomontploffings gemaak het nie. Dit is ook nie aan Shomongula gesuggereer dat die appellant iets anders bedoel het of na ander bomontploffings verwys het nie. Daarbenewens het die appellant verkies om nie self te getuig en te verduidelik wat hy presies teenoor Shomongula

12

erken het nie. In die lig van al hierdie omstandighede regverdig Shomongula se getuienis na my mening die afleiding, as enigste redelike afleiding, dat die appellant ook die bom by die Kuisebmondse munisipale kantoor geplaas het. Na my mening is die appellant dus tereg skuldig bevind op aanklag 8 (sabotasie ten aansien van die Kuisebmondse munisipale kantoor).
Die hof a quo het bevind dat die appellant vir Shomongula gesê het dat hy nou net van Walvisbaai af kom waar hy vir die bomontploffings by die hoofposkantoor en die Atlantic Meat Market verantwoordelik was. Dit was met respek gesê, nie wat Shomongula getuig het nie. Die appellant het volgens Shomongula se getuienis wel die naam van die Atlantic Meat Market teenoor Shomongula genoem as een van die plekke op Walvisbaai waar daar bomontploffings was, maar die appellant het nooit teenoor Shomongula erken dat dit een van die twee onlangse bomontploffings was waarvoor hy verantwoordelikheid aanvaar het nie. Daar is reeds daarop

13

gewys dat die bomontploffing by die Atlantic Meat Market vyftien maande voor die ander twee bomontploffings plaasgevind het en dat die appellant hoogs waarskynlik na hierdie ander twee bomontploffings verwys het toe hy verantwoordelikheid vir twee bomontploffings in Walvisbaai aanvaar het.
Die getuienis van Shomongula regverdig na my oordeel ook nie die verdere afleiding wat die hof a quo van sy getuienis gemaak het nie, nl. dat die appellant, behoudens die bom by die poskantoor, waarskynlik ook die ander twee bomme laat ontplof het. Volgens Shomongula se getuienis is dit duidelik dat die appellant slegs erken het dat hy twee van die drie bomme laat ontplof het, en nie aldrie nie. Na my mening blyk dit duidelik uit al die getuienis dat die bomontploffing by die Atlantic Meat Market die derde bomontploffing was waarvoor die appellant nie aanspreeklikheid erken het nie.

Die staat steun klaarblyklik op die getuienis van

14

Shomongula vir sover dit die appellant met die pleging van die misdade verbind. Die aanvaarding van Shomongula se getuienis bring egter mee dat die appellant, volgens Shomongula se weergawe, vir slegs tweé van die drie bomontploffings aanspreeklik gehou kan word, en dit is waarskynlik die twee bomontploffings van 12 November 1987. Dit volg verder dat die appellant, steeds volgens Shomongula se weergawe, na alle waarskynlikheid nie vir die bomontploffing van 2 Augustus 1986 by die Atlantic Meat Market vërantwoordelik gehou kan word nie. Dit is natuurlik moontlik dat die appellant nie destyds die volle verhaal van die bomontploffings aan Shomongula vertel het nie, of dat Shomongula ten tyde van sy getuienis nie meer die volle omvang van die appellant se erkenning kon onthou nie, maar die aanvaarding van Shomongula se getuienis bring noodwendig hierdie afleiding mee wat nadelige gevolge vir die staat inhou. Dit volg myns insiens dat enige ander getuienis wat daarop dui dat die appellant wel vir die bomontploffing by

15

die Atlantic Meat Market verantwoordelik was, in die lig van Shomongula se getuienis met groot omsigtigheid benader moet word.
Die grootste deel van die verhoor in die hof a quo is gewy aan die toelaatbaarheid van die appellant se drie skriftelike bekentenisse aan die landdros en die verdere mondelinge bekentenisse wat die appellant ter verduideliking van sy aanwysings aan luitenant Coleman gemaak het. Hoewel die drie bekentenisse in skrif deur 'n landdros afgeneem is, het die hof a quo bevind dat dit nie uit die dokumente waarin die bekentenisse vervat is, geblyk het dat die bekentenisse vrywillig en ongedwonge deur die appellant gemaak was nie. Die bewyslas is geyolglik nie ingevolge artikel 217(1)(b)(ii) van Wet 51 van 1977 na die appellant verplaas nie en die hof a quo het die toelaatbaarheid van die drie bekentenisse benader op die basis dat die staat bo redelike twyfel moes bewys dat die bekentenisse vrywillig en ongedwonge deur die appellant by sy volle positiewe gemaak

16

was, sonder dat hy onbehoorlik daartoe beïnvloed was. Die mondelinge bekentenisse wat die appellant ten tyde van die aanwysings gemaak het, was aan luitenant Coleman as vrederegter gedoen, en in daardie geval het die bewyslas dus in ieder geval op die staat gerus. (Vgl. S v Nyernbe 1982 (1) SA 835 (A) op 840 H).
Die hof a quo het na 'n lang binneverhoor tot die gevolgtrekking gekom dat die staat hom in beide gevalle van sy bewyslas gekwyt het en dat die drie bekentenisse deur die landdros afgeneem, sowel as die bekentenisse ten tyde van die aanwysings gemaak, as getuienis toelaatbaar is. Hierdie bevinding van die hof a quo is op verskeie gronde namens die appellant op appèl aangeval. Ten einde hierdie bevinding van die hof a quo behoorlik te beoordeel, is dit nodig om sekere aspekte van die getuienis nader te ontleed.

Die appellant is gedurende die namiddag van Saterdag 9 Julie 1988 naby die Okalongo-basis in Ovambo naby die Angolese grens deur 'n eenheid van die weermag onder bevel

17
van luitenant Hillhouse gevange geneem. Dit is gemene saak dat die appellant daarna deur lede van die weermag ondervra en aangerand is. Verskeie van die aanrandings is deur luitenant Hillhouse bevestig. Die volle omvang van die aanrandings, en die presiese wyse waarop die appellant gedurende die tydperk 9 tot 11 Julie 1988 na bewering deur lede van die weermag aangerand en gemartel is, blyk slegs uit die appellant se eie getuienis. Die staat het egter geen weerleggende getuienis met betrekking tot hierdie beweerde aanrandings aangebied nie, en die appellant se weergawe is gevolglik as redelik moontlik waar deur die hof a quo aanvaar. Die aard en omvang van hierdie aanrandings sal vervolgens uiteengesit word.
Dit is sedert sy gevangeneming aanvaar dat die appellant 'n Swapo terroris was, en hy is kort na sy gevangeneming deur een van die swart soldate met die vuis in die gesig geslaan. Op pad na die Okalongo-basis is die appellant deur soldate wat bo hom in die Casspir voertuig

18

gesit het, met hulle skoene in die gesig geskop. Die appellant is ook met kieries in die ribbes gesteek. Daar was bloed aan sy klere. By die basis is hy geblinddoek en toe na 'n sekere kaptein Venter van die weermag vir ondervraging geneem. Tydens die ondervraging het Venter hom in die gesig geklap en later met tussenposes elektriese skokke met 'n sekere elektriese apparaat toegedien. Later die aand is die appellant teruggeneem na waar hy aanvanklik gearresteer was sodat hy die plek kon gaan uitwys waar hy sy vuurwapen weggesteek het. Die appellant het saam met luitenant Hillhouse se eenheid die nag in die veld deurgebring. Die appellant het op die grond langs 'n Casspir voertuig geslaap terwyl sy hande en voete vasgebind was en aan die Casspir vasgemaak was. Hy het uit die aard van die saak ongemaklik en sleg geslaap.
Die volgende oggend, Sondag 10 Julie 1988, het die weermaglede sekere spore gevolg en 'n hoeveelheid plofstof gevind digby die plek waar hulle geslaap het. Die appellant

19

is toe deur een van dié swart soldate gegryp en teen die grond neergegooi. Terwyl hy op die grond gelê het, het van die soldate hom op verskeie plekke op sy lyf geskop. Bloed het by sy neus en mond uitgekom.
Luitenánt Hillhouse se eenheid het die spore wat hulle vroeer na die plofstof gelei het verder noord gevolg en oral langs die pad vir burgerlikes uitgevra. Die appellant het toe gesien hoe verskeie van die burgerlikes deur weermaglede aangerand is. Die spore het later oor die grens gegaan en hulle het teruggedraai. Die appellant was gevra om die plek te gaan uitwys waar hy die nag voor sy arrestasie geslaap het. Hy het hulle na 'n kraal geneem, maar by hulle aankoms aldaar het hulle slegs 'n groep kinders aangetref. Volgens die appellant het die soldate daardie kinders met stokke geslaan. 'n Meisie wat daar by die kraal was, het aanvanklik gesê dat sy nie weet wie die appellant is nie. Nadat sy egter geslaan is, en wel tot so 'n mate dat daar bloed by haar arm uitgekom het, het sy erken dat sy die

20

appellant wel ken. Die betoog namens die appellant was dat hierdie aanrandings wat die appellant moes aanskou, 'n verdere ontstellende effek op sy gemoed gehad het. Aanrandings was aan die orde van die dag en die appellant het besef wat vir hom voorlê.
Die appellant is daarna teruggeneem na die Okalongo-basis waar hy weer deur kaptein Venter ondervra is. Volgens die appellant is hy deur die kaptein aangesê om die persone te gaan uitwys wat saam met hom was toe hy gevang is. Dit is die appellant se getuienis dat die kaptein vir hom gedreig het en gesê het dat as hy nie daardie mense kry nie, hy die volgende dag om twaalfuur doodgemaak sou word. Die appellant is toe saam met die weermaglede,uit om hierdie mense te gaan soek, maar hulle het die aand onverrigter sake na die Okalongo-basis teruggekeer. Die appellant het daardie aand weer onder bewaking van luitenant Hillhouse se eenheid buite die basis in die veld geslaap. Sy hande en voete was soos die vorige aand vasgebind en hy was weereens aan 'n

21

Casspir vasgemaak. Die appellant sê hy het sleg geslaap. Sy liggaam was vol pyne en hy was moeg gewees.
Op Maandagoggend 11 Julie 1988 is die appellant na Oshakati geneem. Op pad het een van die soldate vir die appellant vertel dat hy ook vroeër 'n Swapo terroris was voordat hy by die weermag aangesluit het. Hy het die appellant aangeraai om in te stem om vir die weermag te werk as die brigadier op Oshakati die aanbod aan hom sou maak. So nie was daar 'n moontlikheid dat hulle hom sou doodmaak.
Hulle het tussen 11:00 en 12:00 by Oshakati aangekom. Die appellant is geblinddoek en na 'n kaptein in die weermag geneem wat hom ondervra het. Die appellant is ondervra oor 'n bomontploffing wat 'n ruk tevore by 'n bank op Oshakati plaasgevind het. In besonder is my gevra wie vir hierdie bomontploffing verantwoordelik was. Toe hy antwoord dat hy nie weet nie, het die kaptein hom geklap. Tydens hierdie ondervraging is die appellant ook geskok, met 'n stuk tuinslang aangerand en met die vuis geslaan. Die skokkery

22

het met tussenposes vir 'n geruime tyd aangehou. Elke keer as die appellant sê hy weet nie, is hy weereens geskok. Volgens die appellant het die elektriese skokke hom uitgeput en pyn veroorsaak. Dit is sy getuienis dat hy met die stuk tuinslang geslaan is terwyl hy heeltemal nakend was. Hy is ook op sy voetsole met die tuinslang geslaan. Die ondervraging is soms onderbreek en dan is die appellant na 'n sel geneem, maar daarna is hy weer teruggebring vir verdere ondervraging en aanranding. Gedurende hierdie tyd het hywater gevra en daar is toe 'n halfglas melk aan hom gegee. Toe hy die eerste keer na die sel geneem is, het hulle hom kos gegee, maar hy sê hy het nie lus gehad om te eet nie aangesien hy sleg gevoel het.
Teen omstreeks 22:30 die aand van Maandag 11 Julie 1988 het die appellant vir sy ondervragers vertel dat 'n sekere Johnny die persoon was wat die bom by die bank op Oshakati geplaas het en dat Johnny en ene Martin op pad na die suide was. By verdere navraag het die appellant vir sy

23

ondervragers gesê dat hy hierdie twee mense sal kan uitken. Daarop het hulle die ondervraging en aanranding gestaak en is die appellant teen 23:00 na sy sel geneem waar hy die nag deurgebring het. Die appellant sê hy was baie moeg. Sy enigste beddegoed was twee komberse in die sel. Toe hy die volgende oggend opgestaan het, was hy nog steeds moeg gewees en volgens hom het hy baie pyn verduur.
Daardie oggend, Dinsdag 12 Julie 1988, is die appellant weer geblinddoek en toe na 'n kantoor by die Oniimwandi-basis by Oshakati geneem. Daar het die appellant kennis gemaak met kaptein Botha van die teeninsurgensie-eenheid van die polisie, algemeen bekend as "koevoet". Die Oniimwandi-basis was 'n koevoetbasis. Kaptein Botha was ook gekleed in 'n koevoetuniform. Terwyl Botha vir die appellant ondervra het, het luitenant Du Plessis van die veiligheidstak van die polisie daar opgedaag. Nog later het adjudant-offisier Grobler van Koevoetby hulle aangesluit.

Die appellant sê hy het goed geweet watter rol Koevoetin die stryd gespeel het. Hy self was 'n Swapo terroris en hoewel koevoetlede as polisiemanne bekend gestaan

24

het, het die appellant hulle as Swapo se militêre vyande beskou. Die staatsgetuies het erken dat dit Koevoet se taak was om die vyand uit te wis. Volgens die appellant het hy geweet van verskeie Swapo terroriste wat vroeer gevang was en by Koevoet aangesluit het, maar wat later gedros het en weer by Swapo uitgekom het. Daardie mense het hom vertel hoe Koevoet te werk gegaan het. Die appellant sê dat hy bang was vir Koevoet. Hy sê hy het gedink as hy nie saamwerk nie sal hulle hom doodmaak. Wat die appellant betref, was daar ook geen verskil tussen Koevoet en die veiligheidspolisie nie; hulle was een span wat op dieselfde wyse te werk gegaan het. Sedert daardie oggend was die appellant dan ook voortdurend onder die beheer van lede van Koevoet en die veiligheidstak van die polisie.

Die appellant is gedurende die voormiddag van Dinsdag, 12 Julie 1988, deur adjudant Grobler van Koevoet na die Oshivelo-hek geneem. Dit was 'n beheerpunt op die deurgangsroete tussen Ovambo en die suide. Die idee was dat

25

indien Johnny en Martin na die suide sou gaan, soos die appellant beweer het, hy hulle by die Oshivelo-hek sou kon uitken en aan die polisie uitwys.

Adjudant Grobler sê dat hy op pad na die Oshivelo-hek gesien het dat daar bloedvlekke aan die appellant se klere was en volgens hom het die appellant hom meegedeel dat hy aangerand was. Grobler het toegegee dat die appellant moeg voorgekom het en dat hy gelyk het soos iemand wat vir dae lank ondervra was. Luitenand Du Plessis het Grobler-hulle in sy eie motor na Oshivelo gevolg.
Dit is gemene saak dat die appellant gedurende die namiddag en tot laat die aand van Dinsdag 12 Julie, en weer sedert vroeg die oggend van Woensdag 13 Julie, by Oshivelo deur veral luitenant Du Plessis, maar ook deur a/o Grobler ondérvra is. Grobler het toegegee dat hierdie langdurige ondervraging 'n moeë appellant verder moes uitgeput het. Die appellant beweer dat Grobler hom onder andere gevra het wie die bom by die bank in Oshakati geplaas het. Grobler het hom

26

nie geglo toe hy sê dat dit Johnny was nie, en volgens die

appellant het Grobler hom toe aangerand deur hom met die vuis

in die gesig te slaan. Grobler sou verder aan hom gesê het

dat as hy nie praat nie, hulle hom sou doodmaak. Daarna het

Du Plessis hom ook gedreig en gesê dat hulle hom sou doodmaak

as hy volhou dat hy nie verantwoordelik was vir die bankbom

by Oshakati nie. Die appellant sê hulle het hom ook oor

Walvisbaai uitgevra en die Woensdagnamiddag het hy gehoor

hulle gaan Walvisbaai toe.

Du Plessis en Grobler is albei tydens hulle

kruisondervraging in detail uitgevra oor, onder andere, die

verloop van die appellant se ondervraging op Oshivelo, en dit

is aan hulle gestel dat hulle die appellant gedreig het en

dat Grobler hom aangerand het. Beide het ontken dat hulle

die appellant hoegenaamd gedreig of aangerand het, of dat hy

enigsins gedwing of onbehoorlik beïnvloed was. Du Plessis

het getuig dat die appellant die Woensdagmiddag op Oshivelo

uit die bloute vir hom gesê het dat hy kennis dra van die

27

bomontploffing by die Atlantic Meat Market op Walvisbaai. Du Plessis sê hy het die appellant gewaarsku dat hy niks hoef te sê nie, maar die appellant het geantwoord dat hy sy hart wil lug. As gevolg van inligting wat die appellant toe aan Du Plessis verstrek het, het Du Plessis besluit dat die appellant so gou as moontlik na Walvisbaai geneem moes word, wat hulle toe ook gedoen het. Die groep het gedurende die namiddag van Woensdag 13 Julie 1988 van Oshivelo na Tsumeb gery en toe vandaar na Walvisbaai, waar hulle na middernag aangekom het. Volgens die staatsgetuies was die appellant toe aan kaptein Gresse oorhandig. Gresse was die bevelvoerder van die plaaslike veiligheidstak op Walvisbaai.
Aangesien die appellant beweer het dat hy op Oshivelo aangerand en gedreig was, het die hof a quo die getuienis in hierdie verband in besonderhede ontleed en tot die gevolgtrekking gekom dat die staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant nie deur Grobler aangerand was nie en dat hy ook nie deur Grobler of Du Plessis gedreig,

28

gedwing of onbehoorlik beïnvloed was nie. Die hof a guo het wel bevind dat daar met reg kritiek teen luitenant Du Plesis se getuienis geopper kan word en dat daar twyfel bestaan oor die betroubaarheid van sy getuienis. Du Plessis het onder andere getuig dat hy die appellant op Dinsdag 12 Julie vir die eerste maal by die ondervragingsentrum by die weermagbasis op Oshakati ontmoet het. Die appellant se weergawe was dat daardie eerste ontmoeting by die Koevoetbasis by Oniimwandi plaasgevind het. Die appellant se weergawe is deur kaptein Botha en ander staatsgetuies gestaaf en dit is duidelik dat Du Plessis se weergawe in hierdie verband onwaar was. Du Plessis kon nie 'n
bevredigende verduideliking gee waarom Botha, as Koevoetman, die appellant daardie oggend by die weermagbasis sou ondervra het nie. Die hof a quo het die moontlikheid oorweeg dat Du Plessis, ondanks die erkende betrokkenheid van Koevoet by die geval, nogtans vir Koevoet so ver moontlik uit die prentjie probeer hou het. Du Plessis het homself ook weerspreek met

29

betrekking tot die vraag of a/o Grobler self enige onderhoude met die appellant op Oshivelo gevoer het of nie.
Grobler, daarenteen, het volgens die uitspraak van die geleerde verhoorregter 'n "besonder goeie indruk as getuie op aldrie lede van die hof gemaak". Afgesien van die beweerde aanranding en dreigemente by die Oshivelo-hek, het Grobler se weergawe in wese met dié van die appellant ooreengestem. Dit is egter namens die appellant aangevoer dat Grobler ongeloofwaardig was vir sover hy ontken het dat hy die appellant aangerand en gedreig het. Ter stawing van die appellant se bewering dat Grobler hom wel aangerand het, en om verder aan te toon dat Grobler inderdaad daartoe geneig was om verdagtes aan te rand, het die verdediging die getuienis van 'n sekere Frans Hango aangebied. Hango het na Grobler getuig, maar Hango se weergawe is tydens die kruisondervraging van Grobler aan hom gestel. Dit is aan Grobler gestel dat hy geduréndë April 1988 ook vir Hango daarvan beskuldig het dat Hango met die bankbom op Oshakati

30

gemoeid was, en dat hy in die loop van sy ondervraging van Hango vir hom aangerand het deur hom met 'n elektriese apparaat te skok. Grobler het geantwoord dat hy die geval Frans Hango goed kon onthou, maar hy het ontken dat hy ooit vir Hango aangerand het. Toe die verdedigingsadvokaat die beweerde aanrandings op Hango verder tydens Grobler se kruisondervraging wou voer, het Grobler hom gevra of dit verband hou met die aanrandingsaak wat teen hom ondersoek word. Toe dit blyk dat dit wel die geval was, het Grobler aangevoer dat sy antwoorde hom mag inkrimineer en het hy op privilegie aanspraak gemaak. Die hof a quo het Grobler se beroep op privilegie gehandhaaf, en as gevolg daarvan is daar geen verdere vra in verband met Grobler se beweerde faanranding van Hango tydens sy kruisondervraging aan Grobler gestel nie.

31

Die getuie Frans Hango het later getuienis afgelê.

Hango het getuig dat hy op 14 April 1988 deur die

veiligheidspolisie gearresteer is nadat dit bekend geword het dat hy 'n sekere Swapo terroris opgelaai het. Hango is aanvanklik deur 'n sekere adjudant-offisier Kruger ondervra en na bewering deur hom aangerand. Na 'n paar dae het a/o Grobler by die ondersoek betrokke geraak en het hy Hango oor die bankbom op Oshakati ondervra. Hango het getuig dat hy vir Grobler gesê het dat hy geen kennis van daardie bomontploffing dra nie. Volgens Hango het dit daartoe gelei dat Grobler hom met tussenposes elektriese skokke met 'n skokapparaat toegedien het. Hango beweer dat Grobler by 'n latere geleentheid ook gedreig het om hom dood te maak en Hango sê hy het geglo dat Grobler daardie dreigement sou uitvoer. Na sy vrylating in Mei 1988 het Hango sy prokureur in Windhoek opdrag gegee om 'n siviele eis in verband met die

32

aanrandings teen die staat in te stel, maar volgens Hango is
daar nie 'n klag van aanranding by die polisie gelê nie.

In die lig van die verloop van Grobler se

kruisondervraging in hierdie verband, en sy beroep op
privilegie, het die hof a quo soos volg oor Hango se
getuienis beslis:

"Dit is na die Hof se mening ongewens dat daar op hierdie stadium enige positiewe bevinding ten opsigte van Hango se bewerings deur die Hof gemaak moet word. A/0 Grobler, wat geregtig was om, as hy wou, op sy privilegie staat te maak, het nie op die bewerings sy kant gestel nie en is nie daaroor getoets nie. Dit sou dus nie moontlik vir die Hof wees om sonder A/0 Grobler hieroor te hoor tot enige beslissing te geraak of Hango se bewerings waar is al dan nie. Daar is ook 'n siviele saak wat Hango aanhangig gemaak het en dit sou ongewens wees dat hierdie Hof enige bevinding in die stadium moet maak."
Na my oordeel het die hof a quo, met respek gesê,

fouteer deur te bevind dat dit "ongewens" was om 'n bevinding

te maak met betrekking tot Hango se bewerings dat hy deur a/o

Grobler aangerand was. Nadat die geleerde verhoorregter a/o

Grobler se beroep op privilegie gehandhaaf het, het die hof

33

a quo die verdediging toegelaat om Hango se getuienis met betrekking tot a/o Grobler se beweerde modus operandi by die ondervraging van verdagte persone te lei. (Vgl. S v Letsoko and Others 1964 (4) SA 768(A) op 775 C-E; Gosschalk v Rossouw 1966(2) SA 476(C) op 482 G - 484 B). Daarna, en
ondanks die handhawing van Grobler se beroep op privilegie,
was die hof a quo na my oordeel verplig om vir doeleindes van die onderhawige saak 'n bevinding te maak met betrekking tot Hango se bewerings dat Grobler hom in die loop van ondervraging aangerand het. Die verhoorhof kon tog nie toelaat dat Grobler, deur sy beroep op privilegie, die appellant se saak op hierdie wyse kortwiek nie. Dit is wel so dat Grobler se weergawe, nl. dat hy nie vir Hango aangerand het nie, vanwee Grobler se beroep op privilegie nie volledig voor die hof a quo geplaas was nie en ook nie behoorlik getoets was nie, maar na my oordeel moes daardie oorweging nie die hof a quo daarvan weerhou het om op die bestaande getuienis 'n bevinding oor Grobler se beweerde

34

aanranding van Hango te maak nie. So 'n bevinding sou myns insiens ook nie vir Grobler in enige moontlike toekomstige siviele- of strafregtelike geding kon benadeel het nie, aangesien Grobler se weergawe as gevolg van sy beroep op privilegie, klaarblyklik nie volledig voor die hof was nie.
Indien die hof a quo hierdie aspek sou beslis het, is dit goed moontlik dat die hof - juis vanweë die onvolledige getuienis van Grobler aangaande die beweerde aanranding op Hango - sou bevind het dat Hango wel deur Grobler aangerand was. So 'n bevinding sou die appellant se weergawe van 'n aanranding deur Grobler onderskraag het. Die hof a quo het egter geen bevinding ten opsigte van die beweerde aanranding deur Grobler op Hango,gemaak nie. Wat die hof a quo wel bevind het, was dat Grobler in alle opsigte 'n geloofwaardige getuie was. Die appellant, daarenteen, is as "h hoogs onbetroubare getuie" bestempel. Op grond van daardie geloofwaardigheidsbevindings het die hof a quo verder beslis dat die appellant se weergawe dat hy by Oshivelo deur

35

Du Plessis gedreig en deur Grobler aangerand was, nie redelik moontlik waar kon wees nie.
Na my mening is dit nie nodig om hierdie bevindings van die hof a quo met betrekking tot die gebeure op Oshivelo verder te ontleed nie. Ongeag van wat daar werklik op Oshivelo gebeur het, en afgesien van die feit dat die appellant 'n swak getuie was, is daar na my oordeel voldoende ander getuienis wat daarop dui dat die appellant se bekentenisse nie vrywillig en ongedwonge deur die appellant gedoen is sonder dat hy onbehoorlik daartoe beïnvloed is nie. Daar is reeds verwys na die ernstige aanrandings wat weermaglede sedert die appellant se gevangeneming oor 'n

tydperk van dae op hom gepleeg het. Hy het ook gesien hoe ander mense aangerand is. Daarbenewens is daar getuienis dat die appellant met die dood gedreig is as hy nie sy samewerking sou verleen nie.

Daar is getuienis dat die appellant gedurende die hele tydperk wat die maak van die bekentenisse voorafgegaan

36

het, mishandel is. Hy was vir dae lank aan langdurige ondervragings onderwerp. Hy het gedurende die tydperk Saterdag 9 Julie tot Woensdag 13 Julie 1988 min geleentheid gehad om te slaap, en hy het selfs vir die staatsgetuies moeg en uitgeput voorgekom. Die appellant het die Woensdagnag eers na middernag op Walvisbaai aangekom. Hy was moeg gewees, maar desnieteenstaande is hy tot 03:25 die Donderdagoggend deur die veiligheidspolisie ondervra. 'n Bekentenis wat volg op langdurige ondervraging van 'n
beskuldigde sal nie sonder meer uitgesluit word nie, maar langdurige ondervraging kan, tesame met ander faktore of selfs alleenstaande, en afhangende van die omstandighede waaronder dit geskied, op onbehoorlike beïnvloeding neerkom wat die bekentenis ontoelaatbaar maak. (Vgl. R v Ananias l963(3) SA 486 (SR) op 487 B - 488 F; S v Mkwanazi 1966(1) SA 736(A) op 746 F - 747 C; S v Christie 1982(1) SA 464(A) op 479 A-C; S v Chenisso 1983(4) SA 912(T) op 916 B-H). In die onderhawige geval sal die langdurige

37

ondervraging en mishandeling van die appellant saam met die aspekte van vrywilligheid en dwang oorweeg word.
Dit blyk duidelik uit die getuienis dat die appellant bang was, veral vir Koevoet. Uit die oogpunt van Koevoet was die appellant 'n Swapo terroris en dus 'n vyand. Dit was alombekend dat Koevoet 'n eenheid was wat die vyand moes uitwis. Die appellant het ook gehoor dat Swapo terroriste wat nie met Koevoet wil saamwerk nie, deur Koevoet doodgemaak word. Vir doeleindes van hierdie geval maak dit nie saak of daardie gerugte waar of vals was nie; die appellant beweer om aanvaarbare redes dat hy dit geglo het. Nadat die appellant op Maandag 11 Julie 1988 deur die weermaglede na Oshakati geneem is, is hy by die Oniimwandi-Koevoetbasis aangehou. Sedert daardie tyd was die appellant vir alle praktiese redes onder die beheer van Koevoet, altans totdat hy in die vroeë oggendure van Donderdag 14 Julie 1988 op Walvisbaai aan kaptein Gresse van die veiligheistak van die polisie oorhandig is. Volgens die appellant se siening

38

het die lede van die veiligheidspolisie en Koevoet in ieder geval as een span opgetree, en was daar ook nou samewerking tussen daardie polisie-eenhede en die weermag.
Die hof a quo het bevind dat die appellant deur die weermaglede aangerand en geskok was en dat hy ook op Oshakati aangerand was. Volgens die verhoorhof het die posisie egter wesenlik verander toe die appellant eenmaal op Walvisbaai aangekom het. Daar is geen getuienis dat die appellant op Walvisbaai deur die polisie aangerand was nie. Die appellant het volgens die hof a quo die geleentheid gehad om sy posisie te heroorweeg en om aan kaptein Gresse te sê dat hy nie 'n

verklaring wou aflê nie. Volgens Gresse, wie se getuienis deur die hof a guo aanvaar is, was die appellant egter heeltemal bereid om 'n bekentenis voor 'n landdros af te lê. Daardie bereidwilligheid kon volgens die hof a quo nie meer toegeskryf word aan enige voorafgaande geweld nie.

Dit was vir die staat om te bewys dat hierdie voorafgaande geweld en vrees van die appellant geen invloed

39

gehad het op sy oënskynlike bereidwilligheid om die
bekentenisse af te lê nie. In R v Gumede and Another 1942
AD 398
het Feetham AR beslis dat die bekentenisse in daardie
saak ontoelaatbaar was, onder andere omdat daar volgens die

geleerde regter (op 431) onvoldoende rede was om te bevind

"that any threats and inducements which had so influenced them (die beskuldigdes) at Nibela Store had ceased to operate on their minds when they made their statements to the magistrate at Ubombo."

In R v Nhleko 1960(4) SA 712 (A) het Schreiner AR daarop
gewys dat sowel dreigemente van geweld as daadwerklike
voorafgaande geweld 'n beskuldigde daartoe kan bring om h

bekentenis af te lê, en het die geleerde regter verder soos

volg opgemerk op 720 A-D:

"The position seems to me to be that violence or other ill-treatment is not so obvipusly connected with the subsequent conduct of the sufferer as a threat of violence conditional on what he does. There the connection is, as it were, express. But where there is actual violence towards an accused in custody it will commonly be aimed at producing self-criminatory statements or other conduct from fear of continuance or repetition of the violence. And whether that is the purpose or not, if such

40

statements or conduct in fact follow the violence it is a natural inference that they were or may have been induced by it. The burden rests on the Crown to prove that any statement of the accused which it tenders was freely and voluntarily made and, if there has been violence before the statement, it must satisfy the trial Judge that the violence did not induce the statement, either because it did not have an inducing tendency in the first instance or because that tendency had in some way ceased to operate."

(Vgl. ook S v Dhlamini and Another 1971(1) SA 807(A) op 814

B-C; S v Christie, supra, op 479 G-H).

Na my ordeel het die staat nie in die onderhawige saak bewys dat die voorafgaande gebeure geen invloed meer op die appellant se gemoed gehad het toe hy die bekentenisse gemaak het nie. Die staat het nie die redelike moontlikheid uitgesluit nie dat dit juis die appellant se vrees vir verdere mishandeling, geweld qf selfs die dood was wat hom daartoe beweeg het om sy "samewerking" te verleen en die bekentenisse te maak.

Die appellant het volhard dat hy nie die bekentenisse vrywillig gemaak het nie aangesien hy nooit vry

41

was om te weier nie. Hy het getuig dat hy geen ander keuse
gehad het as om die bekentenisse voor die landdros af te lê
nie, en die rede wat hy gegee het, was dat hy bang was vir
die polisie. Hy het getuig dat hy geweet het dat hy na sy
besoek aan die landdros weer aan die polisie oorhandig sou
word, en hy het in gedagte gehou dat hy uiteindelik na
Oshakati teruggeneem sou word waar hy weer in Koevoet se
hande sou beland. Die appellant het goeie rede gehad om te
besef dat as hy sou weier om die bekentenisse te maak, hy aan
die genade van Koevoet en die veiligheidspolisie uitgelewer

sou word. Dat die appellant daardie besef gehad het, is h
belangrike oorweging, soos aangetoon deur Feetham AR in die

volgende passasie in die Gumede- saak, supra, op 432:

"The accused when they made their statements knew, of course, that they were still under arrest, and would, therefore, on leaving the magistrate s office, go back into the hands of the police. It cannot be said that there was any such change in the situation between their experiences at Nibela Store and their appearance before the magistrate, after their journey to Ubombo in charge of Detective Ferguson, as would justify the inference

42

that any threats and promises made by the police to them at the store, to which they had already surrendered by making admissions, had faded from their minds or ceased to affect their conduct. It seems to me impossible to disconnect the two stages at which admissions were obtained".

(Vgl. ook S v Nyembe, supra, op 842 D-E).

Die hof a quo het bevind dat die appellant h

intelligente persoon was en dat hy vir die landdros of
kaptein Gresse om hulp kon genader het; hy kon hulle vra om
te reël dat hy nie weer in die hande van Koevoet of die ander
lede van die span sou beland nie. Hierdie bevindings
veronderstel dat die appellant besef het dat hy so 'n
vergunning kon vra. Dit blyk nie uit sy getuienis dat hy
ooit daaraan gedink het nie; hy het dit inteendeel as 'n feit
aanvaar dat hy na aflegging van die bekentenisse weer aan die
lede van die span wat hom gebring het, teruggelewer sou word.
Dit is ook wat inderdaad gebeur het. Dit moet verder in

gedagte gehou word dat die appellant tot op daardie stadium

nie eens toegelaat was om sy familie of 'n regsadviseur te

43

sien nie. Dit is selfs te betwyfel of dit die appellant hoegenaamd sou gehelp het om so 'n versoek te rig, al sou hy daaraan gedink het. Gresse het toegegee dat hy nooit uit sy eie enige versekering aan die appellant gegee het dat hy na aflegging van die bekentenisse nie weer aan Koevoet of ander lede van die span oorhandig sou word nie, of dat hy verder in Walvisbaai aangehou sou word nie. Die landdros wat die appellant se bekentenisse afgeneem het, mnr. Roux, het ook toegegee dat hy nie vir die appellant in hierdie opsig gerusgestel het nie. Die landdros het nie vir die appellant gesê dat hy, ongeag die inhoud van sy verklaring, nie hoef terug te gaan na die polisie wat hom na Walvisbaai gebring het nie. Die appellant het trouens getuig dat hy selfs in teenwoordigheid van die landdros nog steeds bang was, want hy het geweet - soos hy dit gestel het - dat hy nie altyd by die landdros sou bly nie, maar die landdros het nie vir hom gesê hoe hy hom kon beskerm nie.

Vir die voorgaande redes is ek van oordeel dat die

44

hof a quo, met respek gesê, fouteer het en dat die appellant se bekentenisse aan die lahddros, sowel as die verduidelikende bekentenisse wat hy ten tyde. van albei die aanwysings gemaak het, nie toegelaat moes gewees het nie. Daar is na my mening 'n verdere rede waarom die verduidelikende bekentenisse wat die appellant by geleentheid van die aanwysings aan luitenant Coleman gemaak het, uitgesluit moes gewees het. Die appellant het by twee geleenthede aanwysings gedoen. Die eerste geleentheid was toe die appellant gedurende die namiddag van 14 Julie 1988 sekere punte aangewys het by die drie plekke in Walvisbaai waar daar vroeër bomontploffings was. Voordat luitenant Coleman die appellant vir die aanwysings uitgeneem het, het hy hom gewaarsku volgens die bewoording van 'n amptelike vorm wat vir doeleindes van aanwysings deur die polisie gebruik word. Luitenant Coleman het die waarskuwing stuksgewys uitgelees en dit is dan deur sersant Haukongo aan die appellant vertolk. Haukongo het getuig dat hy voorheen vir

45

vyf jaar as amptelike hoftolk by die landdroskantoor op Walvisbaai gewerk het. Onder die omstandighede sou 'n mens dus kon aanvaar dat hierdie waarskuwing redelik getrou deur Haukongo vertolk sou gewees het.. Soos later sal blyk, moet die teendeel egter aanvaar word.
Die foto's wat by hierdie aanwysings van Donderdag 14 Julie 1988 geneem is, het nie by die ontwikkeling daarvan uitgekom nie, aangesien daar blykbaar lig by die film gekom het. Die gevolg was dat die appellant weer gedurende September 1988 deur luitenant Du Plessis van Oshakati na Walvisbaai gebring is om nog 'n keer dieselfde aanwysings te doen. Op 26 September 1988 het luitenant Coleman weereens vir die appellant gewaarsku dat hy nie verplig is om tonele, of punte op tonele, aan te wys of om enigiets daaromtrent te sê nie. Dit was dieselfde waarskuwing as wat Coleman op 14 Julie 1988 aan die appellant gegee het. Sersant Haukongo, wat ook by die eerste aanwysing op 14 Julie 1988 as tolk opgetree het, het weer hierdie selfde waarskuwing aan die

46

appellant vertolk. By hierdie tweede geleentheid was daar
'n fotograaf teenwoordig asook sersant Jacobs van die veiligheidstak op Oshakati wat 'n video-opname van die verrigtinge gemaak het. Die opname het begin waar luitenant Coleman deur middel van die tolk vir die appellant gewaarsku het. Daar is later 'n getikte weergawe voorberei van luitenant Coleman se waarskuwing, soos dit op die videoband opgeneem is, en van Haukongo se vertolking daarvan in die betrokke Ovambo dialek. Die staat en die verdediging het verder ooreengekom op 'n korrekte Afrikaanse vertaling van die Ovambo taal wat Haukongo teenoor die appellant gebesig het, en hierdie vertaling het deel gevorm van die getikte dokument wat by ooreenkoms as 'n bewysstuk ingehandig is. By die deurlees van hierdie dokument staan mens verstom om te sien hoe ongelooflik swak Haukongo se vertolking inderdaad was. Die waarskuwing self is onherkenbaar verdraai. In Haukongo se woorde het die "waarskuwing" neergekom op 'n bevel aan die appellant om elke toneel aan te wys wat van hom verlang sou

47

word. Haukongo het luitenant Coleman se mededelings aan die
appellant na willekeur verander of met sy eie mededelings
vervang. Wat Haukongo aldus aan die appellant oorgedra het,
was meestal onsinnig, misleidend of verwarrend gewees.
Aanhalings uit hierdie dokument sal aantoon hoe onaanvaarbaar
sleg Haukongo se vertolking was.

"Luitenant: Titus, sê vir die man op die

14de Julie 88 het ons na sekere plekke toe gegaan, Walvisbaai waar hy punte uitgewys het aan ons, waar ons foto's geneem het van die dinge wat hy uitgewys het.

Tolk (Afrikaanse

vertaling): Daar word gesê: Op die 14de

Julie het ons jou geneem na die
tonele waar jy vrywillig gegaan
het, en nie geforseer nie, met
die doel om vir ons te wys waar
jy die plofstowwe geplaas het.
Onthou'jy? (Geen antwoord)

Luitenant: Se vir hom daai film wat ons

daar geneem het, die foto's het nie uitgekom nie. Op een of ander manier het die film, het hy lig gekry.

48

Tolk (Afrikaanse

vertaling): Op die betrokke dag was daar

'n fotograaf wat jou afgeneem het, maar die film het gebrand, dit het lig gekry. Verstaan jy? --- Ja.

Luitenant: Se vir hom, dat hy is in die

teenwoordigheid van 'n vrederegter.

Tolk (Afrikaanse

vertaling): Nou is jy voor die hoof van die regering.

Luitenant: 'n Offisier in die

Suid-Afrikaanse Polisie.

Tolk (Afrikaanse

vertaling): Hy is die hoofleier van die

Suid-Afrikaanse Polisie.

Luitenant: Waarsku vir hom dat hy nie

verplig is om enige toneel, of punte op die toneel aan te wys of enige iets daaromtrent te sê nie.

Tolk (Afrikaanse

vertaling): Hy vermaan jou om elke toneel te wys, of enige plek wat hy van jou verlang.

Luitenant: Se vir hom verder dat wat hy

49

ookal voorts mag aanwys of mag sê genotuleer sal word. Ek sal dit afskryf.

Tolk (Afrikaanse

vertaling): Dit wil sê elke ding wat van jou gevra word, word op die papier geplaas, dit word afgeskryf.

Luitenant: Foto's van tonele of wat ook

namiddag gaan videokamera van toneel of tonele en punte van sy aanwysings kan later as getuienis by verhoor aangebied word (sic).

Tolk (Afrikaanse
vertaling): Dit wil sê die foto's wat nou

afgeneem gaan word, word afgeneem met die (kamera) wat op die masjien wys of op TV -dis hoe jy afgeneem gaan word. Die. foto's gaan jou getuie wees, wanneer jy verhoor word.

Luitenant: Verstaan hy die waarskuwing wat

aan hom gegee is. Begryp hy dit? --- Ja."

Die inhoud van luitenant Coleman se waarskuwing by

geleentheid van die tweede aanwysing op 26 September 1988
stem in alle wesenlike opsigte ooreen met sy waarskuwing ten

50

tyde van die eerste aanwysing op 14 Julie 1988. Die waarskynlikhede is na my mening baie sterk dat Haukongo se vertolking by die eerste geleentheid net so onaanvaarbaar swak as by die tweede geleentheid was. Dit is betoog dat die appellant Afrikaans verstaan het en dat hy dus luitenant Coleman se waarskuwing in Afrikaans kon volg. As dit so was (en dit staan nie vas dat hy Afrikaans so goed magtig was nie) moes die vertolking in sy moedertaal die appellant net verder verwar en mislei het.
In die lig van die voorgaande is die appellant na my oordeel nooit behoorlik gewaarsku voordat hy sy aanwysings met verduidelikende bekentenisse by beide geleenthede gedoen het nie. Hy was eerder deur Haukongo onder die foutiewe indruk gebring dat hy verplig was om aanwysings te maak soos dit van hom verlang sou word. Om hierdie rede alleen moes die appellant se bekentenisse, soos gemaak ten tyde van die aanwysings op 14 Julie 1988 en 26 September 1988, na my oordeel nie deur die hof a quo toegelaat gewees het nie.

51

Ten slotte wil ek handel met die appellant se aanwysings as sodanig. Daar is reeds bevind dat die appellant, vanwee die verdraaide vertolking van die tolk Haukongo, nooit behoorlik gewaarsku was met betrekking tot die aanwysings nie, en dat dit een van die redes is waarom die meegaande verduidelikende bekentenisse deur die appellant nie toegelaat moes gewees het nie. Die appellant het trouens getuig dat dit nie by een van die twee geleenthede aan hom verduidelik was dat hy geensins verplig was om plekke aan te wys nie. Volgens die appellant het Haukongo hom inteendeel onder die indruk gebring dat hy nie kon weier om die aanwysings te doen wat van hom verlang sou word nie, en dat hy ook nie vry was om te swyg nie. Indien daar gekyk word na die trefwydte van die "waarskuwing" soos Haukongo dit aan die appellant oorgedra het, blyk dit dat die appellant waarskynlik wel onder die indruk gebring was dat hy verplig was om aanwysings te doen. Na my oordeel het die staat dus nie bewys dat die appellant se blote aanwysings as sodanig

52

vrywillig en ongedwonge was nie.
Die vraag wat vervolgens behandel moet word, en wat my heelwat hoofbrekens besorg het, is of die appellant se blote aanwysings as getuienis toelaatbaar is waar dit vasstaan dat daardie aanwysings onder dwang en nie vrywilliglik geskied het nie. Anders as in die geval van 'n bekentenis of buitegeregtelike erkenning wat ontoelaatbaar is as dit onder dwang gemaak is (kyk arts. 217 en 219A van die Strafproseswet 51 van 1977), is getuienis van 'n blote aanwysing deur 'n beskuldigde volgens die huidige stand van ons regspraak toelaatbaar, selfs indien daardie aanwysing onder dwang en nie vrywilliglik geskied het nie. (Kyk R v Samhando 1943 AD 608 te 611-615; S v Ismail and Others (1) 1965(1) SA 446(N), te 450 A-F; S v Nyembe, supra, te 843C-E; S v Tsotsobe and Others 1983(1) SA 856 (A), te 864A - 865 D; S v Shezi 1985(3) SA 889(A), te 906D - 907E).

In Samhando se saak, supra, is getuienis toegelaat van sekere aanwysings wat deel uitgemaak het van 'n erkenning

53

wat die beskuldigde onder dwang gemaak het. Die aanwysings het daartoe gelei dat die oorledene se versteekte en bloedbevlekte klere in 'n boom gevind is. Hierdie hof het beslis dat die getuienis toelaatbaar was kragtens die beginsel van die sogenaamde "theory of confirmation by subsequently discovered facts" wat in Engeland ontstaan het as uitsondering op die algemene reël dat verklarings van 'n beskuldigde vry en ongedwonge moet wees. Wanneer 'n relevante feit of ding dus as gevolg van 'n gedwonge aanwysing ontdek word (die sogenaamde "element of discovery"), bied die feit van die ontdekking wel 'n sekere waarborg van waarheid en betroubaarheid. Daardie uitsonderingsgeval is egter nie van toepassing op die feite van die onderhawige saak nie aangesien die appellant se aanwysings in Walvisbaai nie enigiets openbaar het wat nie reeds wyd bekend was nie.

Hierdie hof het in R v Duetsimi 1950(3) SA 674(A) die Samhando-saak onderskei en beslis dat getuienis van 'n

54

aanwysing ontoelaatbaar is indien die aanwysing deel uitmaak

van 'n ontoelaatbare bekentenis. In die loop van sy uitspraak

het Schreiner AR soos volg te 677 opgemerk.

"It seems to be clear that all the pointing out was part of a single course of conduct, and if it was an elaboration of an inadmissible confession the whole of it should have been excluded."

Die bekentenis in Duetsimi se saak was ontoelaatbaar omdat dit aan 'n vredesbeampte gemaak was, en nie omdat dit onder dwang of as gevolg van onbehoorlike beïnvloeding geskied het nie. Daar was gevolglik ook geen sprake daarvan dat die aanwysings as sodanig onder dwang en nie vrywilliglik geskied het nie.
Die effek van die Duetsimi-beslissing is egter deur art 42 van Wet 29 van 1955, en die daaropvolgende en byna enersluidende bepalings van art 245(2) van die 1956 Strafproseswet, uitgewis. (Vgl. die meerderheidsbeslissing in R v Tebetha 1959(2) SA 337(A)). Getuienis van 'n aanwysing wat ooreenkomstig Duetsimi se saak ontoelaatbaar was, is

55

daardeur toelaatbaar gemaak.

In R v Nhleko, supra, te 721C, het Schreiner AR dit

bevraagteken of art 245(2) van die 1956 Strafproseswet 'n
aanwysing wat deur dwang teweeggebring was, toelaatbaar
gemaak het. Sedertdien is dit egter in S v Ismail, supra,
te 450, aanvaar dat art 245(2) die beslissing in Samhando se
saak bevestig het, terwyl dit bok die trefwydte daarvan
uitgebrei het na gevalle waar 'n aanwysing deel van 'n
ontoelaatbare bekentenis uitmaak. Soos reeds gemeld, het die
Samhando-saak egter spesifiek gehandel met die geval waar
daar iets as gevolg van 'n gedwonge aanwysing ontdek is. Die
kritiek teen art 245(2) is juis dat dit nie daarvolgens
vereis word dat daar iets as gevolg van die aanwysing ontdek
moet word nie.. (Vgl. S v Tebetha, supra, te 346E - F ). Hoe
dit ookal sy, in die Ismail-saak het die hof tot die volgende
gevolgtrekking te 450 E-F gekom:

"It seems to follow then that, even if it is quite clear that a statement, not amounting to a confession, was obtained by a policeman as a result

56

of acts of physical violence committed upon the accused, such as to render the statement itself inadmissible, the evidence as to the pointing out, forming part of the statement, would nevertheless be admissible."

Hierdie beslissing in die Ismail-saak is sedertdien met instemming aangehaal in S v Bvuure (1) 1974(1) SA 206 (R), te 207 B-H (hoewel met sekere voorbehoude); asook in S v Nyembe, supra, 843 C-E, S v Tsotsobe, supra, 864F - 865D, en S v Shëzi, supra, 907D. Vir sover dit in die Ismail-saak, en in die ander sake wat daarop gevolg het, beslis is dat getuienis van 'n gedwonge aanwysing wel toelaatbaar is, kan ek vir die redés wat hieronder volg, met respek gesê nie daarmee saamstem nie. (Die uitsonderingsgeval waarvoor die Samhando-saak, supra, voorsiening maak, word hier buite rekening gelaat).

Die bepaling van art 245(2) van die 1956 Strafproseswet is tans vervat in art 218(2) van die huidige

57

Strafproseswet. Ek sal later terugkeer na die uitleg van art 218(2).
In 1979 is art 219A in die Strafproseswet opgeneem. Die gemeenregtelike vereiste dat 'n buiteregtelike erkenning vrywilliglik en sonder dwang moet geskied, is in hierdie artikel bevestig. (Kyk: R v Barlin 1926 AD 459 te 462; S v Yolelo 1981(1) SA 1002(A) te 1009C - D). Nadat hierdie artikel in die Strafproseswet opgeneem is, is dit by geleentheid in hierdie hof betoog dat 'n aanwysing in wese op
'n erkenning deur gedrag neerkom en dat 'n aanwysing as sodanig dus ook vrywilliglik en ongedwonge moet geskied. Daardie betoog is in S v Tsotsobe, supra, te 864A - 865E, en weer in S v Shezi, supra, te 905G ev, verwerp. Vir sover dit in daardie beslissings neergelê is dat 'n aanwysing in beginsel nie op 'n erkenning neerkom nie, kan ek, met respek gesê, nie daarmee saamstem nie, en wel vir die redes wat volg.

'n Aanwysing is in wese 'n mededeling deur gedrag en

58

as sodanig 'n verklaring van die persoon wat iets aanwys. Dit
word ook so deur ons regspraak aanvaar. In R v Camane and
Others 1925 AD 570 te 575 merk Innes HR soos volg in hierdie
verband op:

"Now, evidence may be oral or written, or it may even be by signs or gestures. If a man accused of theft leads an investigator to the spot where the stolen property is found, and points to it, that is as much evidence as if he said 'There it is'. And he cannot be forced to do that."

(Vgl verder R v Duetsimi, supra, te 679A; R v Tebetha,

supra, te 343C en H).

Dit blyk uit hierdie passasie uit die Camane-saak

dat die hof aanvaar het dat 'n beskuldigde nie gedwing kan

word om 'n aanwysing teen sy sin te doen nie. Daar is sekere

kritiek teen hierdie dictum van Innes HR in die Samhando-saak

uitgespreek, en wel omdat hy nie na die Engelse sake verwys

het wat met die sg "theory of confirmation by subsequently

discovered facts" gehandel het nie. Indien die

uitsonderingsgeval van die Samhando-saak egter buite rekening

59

gelaat word, bly die beginsel van die Camane-saak myns insiens staan, nl dat getuienis van 'n gedwonge aanwysing ontoelaatbaar is.
In S v Tsotsobe, supra, te 864D - E, het Rabie HR bevind dat 'n beskuldigde se openbaring van kennis van 'n plek of saak, soos uit sy aanwysings blyk, nie op 'n
buitegeregtelike erkenning neerkom nie. Ek kan, met respek gesê, nie met daardie bevinding saamstem nie. Na my mening maak 'n beskuldigde deur sy aanwysing in beginsel wel 'n

mededeling of verklaring dat hy kennis dra van die plek of saak wat hy aanwys, of van iets wat daarmee verband hou. 'n
Aanwysing kan weliswaar 'n neutrale faktor wees (vgl S v Mphalele and Another 1982(4) SA 505(A) te 518F - G), maar indien dit 'n relevante aanwysing sonder enige meegaande verontskuldigende verduideliking deur die beskuldigde is, kom dit myns insiens neer op 'n verklaring deur die beskuldigde dat hy kennis van relevante feite dra wat prima facie tot sy nadeel strek. Na my oordeel is dit in beginsel niks anders

60

as 'n buitegeregtelike erkenning deur die beskuldigde nie.

(Vgl die omskrywing van 'n erkenning deur Schmidt, Bewysreq,
3e uitgawe, 471). In Ibrahim v R [1914] AC 599 (PC) het Lord
Sumner soos volg op 610 verklaar:

"What a person having knowledge about the matter in issue says of it is itself relevant to the issue ás evidence against him."

Na my oordeel kan 'n aanwysing in 'n gepaste geval dus wel 'n buitegeregtelike erkenning wees, en as sodanig moet dit in die lig van die gemene reg, soos bevestig deur die bepalings van art 219 A van die Strafproseswet, ongedwonge en vrywilliglik geskied.
In die saak van During NO v Boesak and Another 1990(3) SA 661(A), te 679G - 680A, is daar met verwysing na verskeie appèlhofuitsprake weer eens daarop gewys dat hierdie hof nie maklik van een van sy eie vorige beslissings afwyk nie. Daar is verder daarop gewys dat voordat hierdie hof dit sal doen, hy oortuig moet wees dat die vorige beslissing duidelik verkeerd was. Daarbenewens moet die hof ook in ag

61

neem dat persone regte kon verkry het en verpligtinge kon aangegaan het in die vertroue op die finaliteit van 'n vorige beslissing. In die onderhawige saak is daar geen sprake daarvan dat enige regte verkry is of verpligtinge aangegaan is op grond van die finaliteit van die vorige beslissings nie. Verder is ons met verskuldigde eerbied daarvan oortuig dat die volgende beslissings duidelik verkeerd is:

(a) die beslissing in Tsotsobe en Shezi se sake (supra) dat
'n relevante aanwysing nie op 'n buitegeregtelike erkenning neerkom nie, en
(b) die beslissing in Ismail se saak, soos nagevolg in die
sake van Bvuure, Nyembe, Tsotsobe en Shezi (supra), dat die
getuienis van 'n gedwonge aanwysing regtens toelaatbaar is.
Daar is na my mening 'n verdere rede waarom die bestaande presedente, wat na ons oordeel klaarblyklik verkeerd is, nie in stand gehou moet word nie, nl die prinsipiële beswaar wat daar bestaan teen die toelaatbaarheid van getuienis van gedwonge aanwysings.

62

Vervolgens wil ek handel met die bepalings van art

218(2) van die Strafproseswet wat soos volg lui:

"Getuienis kan by strafregtelike verrigtinge toegelaat word dat iets aangewys is deur 'n beskuldigde wat by daardie verriqtinge verskyn of dat 'n feit of ding ontdek is ten gevolge van inligting verstrek deur daardie beskuldigde, nieteenstaande dat bedoelde aanwysinq of inligting deel uitmaak van 'n bekentenis of verklaring wat regtens nie as getuienis teen daardie beskuldiqde toelaatbaar is nie." (Die toepaslike gedeelte word deur my beklemtoon).

Die uitleg van hierdie artikel is nie sonder probleme nie. Die toepaslike gedeelte van die artikel bepaal dat getuienis van 'n aanwysing toelaatbaar is nieteenstaande dat die aanwysing deel uitmaak van 'n regtens ontoelaatbare bekentenis
of verklaring. Anders gestel: getuienis van 'n aanwysing is

nie ontoelaatbaar bloot omdat dit deel uitmaak van 'n

ontoelaatbare bekentenis of verklaring nie.
Die artikel handel nie met die toelaatbaarheid van die getuienis van aanwysings as sodanig nie; dit verwyder slegs een bepaalde grond van ontoelaatbaarheid. Ander gronde

63

van ontoelaatbaarheid word dus nie geraak nie. Dit is soos
volg gestel in S v Masilela en 'n Ander 1987(4) SA 1(A), op
6C:

"Die Wysigingswet van 1955 het dus getuienis van
'n aanwysing, wat ooreenkomstig Duetsimi se saak ontoelaatbaar was, toelaatbaar gemaak. Sien R v Tebetha (supra). Sedertdien is getuienis van aanwysings in talle sake toegelaat sonder dat ondersoek ingestel is na die vraag of die aanwysings deel gevorm het van ontoelaatbare bekentenisse, 'n vraag wat, ooreenkomstig art 218(2) van die Strafproseswet en sy voorgangers, irrelevant sou gewees het.

Na my oordeel was dit nooit die bedoeling van die wetgewer in art 218(2) om getuienis van aanwysings wat andersins ontoelaatbaar is, toelaatbaar te maak sodra sodanige aanwysings deel uitmaak van 'n ontoeláatbare bekentenis of verklaring nie. Die artikel bepaal dat getuienis van 'n aanwysing toegeken kan word as dit deel uitmaak van 'n ontoelaatbare bekentenis of verklaring, en nie dat dit toegelaat moet word nie. Deur gebruik te maak van die woord kan het die wetgewer juis die moontlikheid oopgelaat dat getuienis van 'n aanwysing om gegronde redes geweier kan word, selfs al maak die aanwysing deel uit van

64

'n ontoelaatbare bekentenis of verklaring. Daardeur wil ek nie te kenne gee dat die artikel 'n diskresie aan die hof verleen om getuienis van 'n aanwysing toe te laat of te weier nie (soos beslis in S v Mmonwa 1990(1) SA 81(T) te 85 E-I, en waarmee ek met respek nie saamstem nie), maar dat die hof getuienis van 'n aanwysing kan weier omdat dit om gegronde redes ontoelaabaar is. So gesien, bepaal die artikel dus dat getuienis van 'n aanwysing wat andersins toelaatbaar is, nie ontoelaatbaar sal wees bloot omdat dit deel uitmaak van 'n
ontoelaatbare bekentenis of verklaring nie. Anders gestel: wanneer getuienis van 'n aanwysing andersins ontoelaatbaar is, sal dit nie toelaatbaar wees bloot omdat dit deel uitmaak van
'n ontoelaatbare bekentenis of verklaring nie.

Indien dit in gedágte gehou word dat dit 'n

kernbeginsel van ons reg is dat 'n beskuldigde nie gedwing kan word om selfbeswarende verklarings teen sy wil te maak nie, is dit na my oordeel inherent onwaarskynlik dat die wetgewer, met die oog op gesonde regsbeleid, ooit die bedoeling kon

65

gehad het om getuienis van gedwonge aanwysings ingevolge art 218(2) en sy voorgangers te magtig.
Getuienis van 'n aanwysing kan om verskillende redes ontoelaatbaar wees. Die voor die hand liggende rede is myns insiens wanneer die aanwysing (in die sin van 'n
buitegeregtelike erkenning) onder dwang of nie vrywilliglik gedoen is nie. (Die uitsonderingsgeval in Samhando se saak, supra, word hier buite rekening gelaat). Getuienis van 'n
aanwysing kan bv ook ingevolge die bepalings van art 66 van die Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982 as sg "mededeling" ontoelaatbaar wees indien dit beoordeel word dat dit die veiligheid van die staat nadelig sal raak. Dit is egter ondenkbaar dat getuienis van so 'n ontoelaatbare aanwysing wel toelaatbaar sal wees wanneer dit toevallig deel

66

uitmaak van 'n ontoelaatbare bekentenis of verklaring.

Daar is 'n verskeidenheid van moontlikhede wat hulle denkbaar in die praktyk kan voordoen, maar na my mening behoort dit geen verskil aan die beginsel van die saak te maak nie, nl dat getuienis van 'n aanwysing ontoelaatbaar is wanneer die aanwysing as sodanig onder dwang geskied, ongeag of die aanwysing toevallig ook deel uitmaak van 'n ontoelaatbare bekentenis of verklaring.
Indien die bogenoemde beginsels op die feite van die onderhawige saak toegepas word, volg dit na my oordeel dat getuienis van die appellant se aanwysings aan luitenant Coleman by altwee geleenthede ontoelaatbaar is, en wel omdat die aanwysings as sodanig nie vrywilliglik en ongedwonge "gedoen is nie. Daar is reeds verwys na die gebrekkige "waarskuwing" wat die tolk voor die aanwysings aan die appellant gegee het, asook na die aanrandings en dreigemente wat die appellant se aanwysings voorafgegaan het. In die lig daarvan was die appellant se aanwysings (in die sin van buitegeregtelike erkennings) nie ongedwonge en vrywilliglik

67

gedoen nie.
Dit moet in billikheid teenoor luitenant Coleman vermeld word dat hy nie op hoogte was van die omvang van die aanrandings en mishandeling deur weermaglede waaraan die appellant vroeer onderwerp was nie. Luitenant Coleman was klaarblyklik ook onbewus van die feit dat sy waarskuwing aan die appellant tot so 'n mate deur die tolk verdraai was dat dit eintlik op 'n bevel neergekom het. Coleman het dus nie geweet dat die appellant se aanwysings onder dwang en nie vrywilliglik geskied het nie. Die bedoeling van luitenant Coleman se optrede by beide geleenthede was trouens om die appellant aanwysings te laat doen, en nie om enige verdere bekentenis of erkenning af te dwing nie. Uit die polisie se oogpunt was dit nie nodig om enige verdere bekentenis te verkry nie, aangesien die appellant reeds vroeër drie skriftelike bekentenisse voor 'n landdros afgelê het.

Afgesien van die feit dat getuienis van die appellant se aanwysings vir gemelde redes ontoelaatbaar is,

68

sou die aanwysings myns insiens in ieder geval geen of weinig gewig gedra het nie. Om 'n beskuldigde onder dwang na 'n reeds bekende misdaadtoneel te laat gaan en om hom daar sekere bekende punte voor 'n kamera te laat aanwys, kan tog geen werklike bewyswaarde hê nie.
Dit volg uit dit wat reeds vroeër gesê is dat die staat na my oordeel nie daarin geslaag het om te bewys dat die appellant verantwoordelik was vir die bomontploffing by die Atlantic Meat Market op 2 Augustus 1986 nie. Die getuienis omtrent die appellant se bekentenisse en aanwysings in hierdie verband val weg, en al wat oorbly is die getuienis van Shomongula. Soos reeds gemeld, blyk dit uit Shomongula se weergawe dat die appellant na alle waarskynlikheid nie vir die bomontploffing by die Atlantic Meat Market verantwoordelik gehou kan word nie. Die appellant se appèl teen sy skuldigbevinding op die vyf moordklagtes wat met daardie bomontploffing verband hou (klagtes 1 tot 5), moet gevolglik slaag.

69

Dit is nie deur die appellant seadvokaat betwis dat die appellant wel verantwoordelik was vir die bomontploffing by die hoofposkantoor op 12 November 1987 nie. Die onweersproke getuienis van Shomongula plaas dit buite twyfel. Daar was geen betoog met betrekking tot die vonnis op klagte 7 nie, en na my oordeel is daar geen rede waarom hierdie hof met die verhoorhof se vonnis in hierdie verband sal inmeng nie. Dit volg dus dat die appellant se appel teen sy skuldigbevinding en vonnis op klagte 7 nie kan slaag nie.
Soos reeds hierbo bevind, is die enigste redelike afleiding van Shomongula se getuienis dat die appellant ook verantwoordelik was vir die bomontploffing op 12 November 1987 by die Kuisebmondse munisipale kantoor. Ook in hierdie verband was daar geen betoog met betrekking tot die vonnis wat die verhoorhof opgelê het nie, en moet die vonnis na my oordeel bly staan. Die appellant se appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis op klagte 8 moet gevolglik ook afgewys word.

70

Die bevel van die hof is soos volg:

1. Die appellant se appêl teen sy skuldigbevindings op klagtes 1, 2, 3, 4 en 5 slaag en die skuldigbevindings en vonnisse ten aansien van daardie vyf klagtes word tersyde gestel.
2. Die appellant se appel teen sy skuldigbevindings en vonnisse op klagte 7 en klagte 8 word afgewys.

F H GROSSKOPF AR.

HOEXTER AR
E M GROSSKOPF AR
STEYN AR
GOLDSTONE AR Stem saam.