South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 66
| Noteup
| LawCite
S v Tyatyame (507/90) [1991] ZASCA 66 (27 May 1991)
Download original files |
Saaknommer 507/90
IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
LINON TYATYAME Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HOEXTER, NESTADT et KUMLEBEN, ARR
VERHOOR: 8 Mei 1991 GELEWER: 27 Mei 1991
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER, AR
Dit is 'n strafappèl. In die Kaap die Goeie Hoop
Provinsiale Afdeling is die appellant, 'n 29-jarige manspersoon, deur 'n hof
bestaande uit MUNNIK, RP en twee assessore aan verkragting skuldig bevind. Die
verhoorregter het die appellant ter dood veroordeel.
Verlof om teen die vonnis
alleen te appelleer is deur hierdie hof aan die appellant verleen.
Die
klaagster, 'n skooldogter in sub-B, het by haar grootmoeder in die
Nyanga-woonbuurt ingewoon. Omstreeks 6 nm op Vrydag 2 September
1988 het haar
grootmoeder die klaagster na 'n nabygeleë winkel gestuur om koeldrank te
koop. Op pad na die winkel is die klaagster
deur die appellant vasgegryp. Terwyl
hy haar aan die hand vasgehou het, het die appellant die klaagster gedwing om
saam met hom te
stap na 'n bos in Philippi waar hul teen
3
skemerdonker aangekom het. Daar het die appellant eers die klaagster se klere
uitgetrek waarna hy haar geklap en geskop het. Die appellant
het sy broek
uitgetrek, die klaagster op die grond platgedruk, bo-op haar geklim, en toe met
geweld volle gemeenskap met haar gehou.
Daarna, en terwyl die gedane klaagster
hulpeloos op die grond gelê het en bloed uit haar verskeurde geslagsdele
gestort het,
het die appellant haar net so gelos en hom uit die voete
gemaak.
Ondertussen is die klaagster se oom, die staatsgetuie mnr Donald
Mdlokovi ("Mdlokovi"), van die kláagster se verdwyning in
kennis gestel.
Op soek na die klaagster het Mdlokovi, vergesel van ander persone, net voor 10
nm daardie aand by die appellant se
woonplek op hom afgekom. Voor op sy broek
was daar bloed. Toe Mdlokovi hom hieroor uitgevra het, het die appellant oor die
bron van
die bloed gelieg. Volgens Mdlokovi was
4
die appellant astrant maar nugter. Mdlokovi het die bystanders aangesê
om die appellant te bewaak terwyl hy die polisie ontbied
het. In Mdlokovi se
tydelike afwesigheid is die appellant na die klaagster se woning geneem waar hy
erken het dat hy weet waar die
klaagster haar bevind.
Die staatsgetuie
adjutant-offisier Botha was aan die SAP te Nyanga verbonde. Toe hy en Mdlokovi
hul opwagting by die klaagster se
woonplek gemaak het, het die appellant sy
bereidwilligheid verklaar om die plek waar die klaagster was, aan te wys. A/o
Botha het
getuig dat hy daardie aand om 10.40 nm vir die eerste keer die
appellant gesien het; en dat die appellant toe heeltemal nugter en
normaal
voorgekom het. Die appellant is in 'n polisie voertuig geplaas en Mdlokovi het
in sy eie motor agterna gery terwyl die appellant
met 'n ompad die betrokke bos
aangedui het. Terwyl hulle na die klaagster op haar naam geroep het, het die
soekgeselskap deur die
bos gestap. Na
5
'n rukkie het die klaagster op die roepstemme antwoord gegee en die soekgeselskap het haar toe gekry waar, met slegs 'n hempie aan, sy op die grond in die bos gelê het. Sy was in 'n haglike toestand. Sy kon nie sonder hulp opstaan nie; en sy kon glad nie loop nie. Die klaagster en die appellant is toe na die aanklagkantoor te Philippi geneem waar hul omstreeks 11.30 of 11.45 nm aangekom het. Daarna is sowel die klaagster as die appellant deur die staatsgetuie dr A A Adams, die distriksgeneesheer van Athlone, ondersoek. By dr Adams se getuienis oor die toestand van die klaagster sal ek aanstons kom. Om 12.45 vm op 3 September het dr Adams 'n bloedmonster van die appellant geneem. Skeikundige ontleding van die monster het aangedui dat op die tyd en datum voormeld die appellant se bloed-alkoholvlak 0,12g per 100 ml was. Na afloop van sy geneeskundige ondersoek van die appellant het dr Adams as sy bevinding aangeteken dat tydens die
6
ondersoek die appellant nie onder die invloed van alkohol of
verdowingsmiddels was nie; en in die loop van sy getuienis het hy die
toetse wat
hy op die appellant toegepas het nader toegelig. Omtrent sy gebruik van alkohol
gedurende die voorafgaande 24 uur, het
die appellant teenoor dr Adams beweer dat
hy tussen 4 en 5 nm daardie dag (2 September) 'n ses-liter kan Lieberstein-wyn
met twee
ander mense gedeel het.
Wat betref die klaagster se toestand was die
hoofinhoud van dr Adams se getuienis die volgende. Hy het haar om 12.30 vm
ondersoek.
Die klaagster het aan skok gely en as gevolg van ernstige vaginale
beserings pyn verduur. Haar groot en klein skaamlippe was uiters
teer, verhewe,
en met bloed en sand besmeer. Haar maagdevlies was pas geskeur. Die lipvlies was
besonder verhewe en bloedbevlek.
Daar was bloeding uit 'n skeur in haar
7
boudnaat. Dr Adams is 'n ervare geneesheer. Hy het getuig dat die toestand
van die klaagster sodanig was dat by die eerste oogopslag
hy besluit het dat 'n
operasie nodig was. Bygevolg het hy opdrag gegee dat die klaagster na die
Rooikruis-Kinderhospitaal ("dié
hospitaal") oorgeplaas moet word.
As
gevolg van sowel uitgebreide genitale- as ernstige ekstragenitale beserings was
die klaagster vanaf 3 September tot 16 Desember
1988 in die hospitaal aangehou.
In hierdie tydperk moes sy nie minder nie as vyf operasies ondergaan. Om 3 uur
vm op 3 September
is die klaagster eerstens deur 'n kliniese assistent in die
chirurgiese departement van die hospitaal, dr Scheinfeld, ondersoek.
Dr
Scheinfeld het getuig dat die klaagster vreesbevange en afgetrokke voorgekom
het; en dat sy pyn verduur het. Het sy nie mediese
behandeling ontvang nie,
aldus hierdie getuie, kon die klaagster doodgebloei het. Dr Scheinfeld
8
kon 'n vierdegraad skeur gewaar wat van die vagina tot in
die rectum
deurgelbop het; maar weens bloeding was dit
moeilik om die aard en omvang van
die klaagster se
beserings te bepaal. By gevalle van buitegewone erns
wat
by die hospitaal opgeneem word, staan dit 'n kliniese
assistent vry om
die dienste van 'n konsultant in te roep.
Om 3.30 vm het dr Scheinfeld dr J
Anthony, 'n konsultant-
ginekoloog, versoek om na die klaagster te kyk.
Dr
Anthony is ook as staatsgetuie opgeroep. Bygestaan deur
dr Scheinfeld
het dr Anthony om 4 uur vm 'n chirurgiese
eksplorasie onder algemene narkose op die klaagster
uitgevoer. In die loop
van sy getuienis het dr Anthony sy
bevindinge asook die chirurgiese herstelwerk wat hy
onderneem het, soos
volg beskryf:-
"What I found is that she had a tear which extended from the vagina into the rectum on the
right which actually tore through the
muscles of the perineal body and the anal sphincter. She also had some abrasions on the left vaginal wall and high up behind the cervix
9
in the uppermost part of the vagina there was also a tear through which we could see some
bowel protruding I tried to repair
everything vaginally and found that I could only repair the tear on the right vaginally; but the problem was that the tear which was high up in the vagina I couldn't get to, and therefore had
to open the abdomen , to get to it from
above."
Na die eerste operasie het die toestand van die
klaagster onstabiel geraak. As gevolg van
aanhoudende
koors en 'n etterige afvloei het dr Anthony besluit om op
9
September 1988 'n tweede chirurgiese eksplorasie onder
algemene narkose
op die klaagster uit te voer. Hierdie
operasie het aan die lig gebring dat
die chirurgiese
herstelwerk wat by die eerste operasie aan die vagina
en
rectum verrig is, weens infeksie ontbind het. In die lig
van hierdie
verwikkeling het dr Anthony die klaagster na
die hospitaal se kinderartse
verwys. In die loop van sy
getuienis het dr Anthony die aandag gevestig. op 'n moontlike
bykomstige gevolg van die klaagster se beserings. Die
10
besmetting wat in die buikholte ontstaan het, kan die
vermoë van die
eierleiers nadelig raak, wat die gevaar
inhou dat die klaagster later in haar lewe moontlik nie
vrugbaar sal wees
nie.
'n Verdere staatsgetuie by die appellant se
verhoor
was dr D 'n Bass, konsultant-chirurg by die
hospitaal, en 'n geneeskundige
met 'n breë ondervinding op
die gebied van kindermishandeling. Hy het
deelgeneem aan
die tweede operasie op die klaagster op 9 September
1988.
Hiertydens het dr Bass as voorlopige maatreël 'n kolostomie
op
die klaagster uitgevoer. Ter verwydering van die
tydelike kolostomie het dr Bass later weer op die klaagster
geopereer. In
sy hoofgetuienis het dr Bass die klaagster
se beserings bestempel as die ernstigste wat hy nog in h
geval van
verkragting gesien het. Onder kruisverhoor het
die getuie hieroor soos volg verder uitgewei:
"The injury is of such a severity that I have no doubt in saying that if intercourse was committed with the child, then it was extremely violent without any regard for the child's feeling at
11
all, and the intercourse must have been extremely painful to her."
Na die tweede operasie op 9 September 1988 is
twee
verdere operasies op die klaagster uitgevoer deur die
staatsgetuie dr S W
Moore wat ook 'n chirurg by die
hospitaal is. Op 18 September het dr Moore 'n
chirurgiese
eksplorasie onder algemene narkose onderneem en
terselfdertyd
uitgebreide heelmaakwerk uitgevoer.
Laasgenoemde het identifisering en
herstrukturering behels
van die ringspiere wat die anus en boudnaat omvat. Op
19
Oktober het dr Moore weer geopereer om vas te stel in
hoeverre sy
herstrukturering van die ringspiere geslaag
het, en om die hegsteke te
verwyder. Daarna, en gedurende
die tydperk 20 Desember 1988 tot 14 November
1989, het dr
Moore die klaagster by verskeie geleenthede by die anale-
rektale kliniek van die departement van pediatriese
chirurgie ondersoek.
Volgens dr Moore het die klaagster
as gevolg van haar besering nie volkome beheer oor
12
ontlasting nie; en sal sy waarskynlik vir die res van haar lewe dié ongerief asook die daarmee gepaardgaande verleentheid moet verduur. Of die klaagster in die toekoms met die oog op hierdie gebrekkige funksionering van haar sfinkter 'n verdere operasie sal moet ondergaan, is tans 'n saak van onsekerheid.
Ingevolge 'n bevel op 3 November 1988 deur 'n
landdros te Mitchell's Plein uitgereik, is die
appellant op daardie datum in die Valkenberg Hospitaal opgeneem en vir die
daaropvolgende
23 dae vir waarneming daar aangehou. Op 26 November 1988 het hy
uit die inrigting ontsnap. Omtrent die geestesgesteldheid van die
appellant is
'n
eenparige verslag op 1 Desember 1988 uitgebring onder die naamtekening
van die twee psigiaters wat kragtens art 79 van die Strafproseswet
vir
dié doel aangestel is. Luidens gemelde verslag het die psigiaters o a
soos volg bevind:-
13
"1. Clinical Diagnosis: NOT MENTALLY ILL
SUBSTANCE ABUSE ANTISOCIAL TRAITS
2. He is not certifiable in terms of the Mental Health Act.
He is f it to stand trial in terms of Section 77(1).
He has the capacity to appreciate the wrongfulness of his actions at the time of the alleged offence. His ability to act accordingly was not impaired by mental illness or defect, as far as can be discerned with the information available to us at present." .
By die verhoor is die appellant deur 'n advokaat
bygestaan. Hy het onskuldig gepleit en na afloop van die
staatsaak het hy self getuig. Die appellant was 'n
ontwykende getuie.
Strykdeur is sy getuienis deur volslae
vaagheid gekenmerk. Kort-kort het hy
voorgegee dat hy
omtrent niks van die voorval kon onthou nie. In weerwil
van sy pleit van onskuldig het die appellant egter in geen
noemenswaardige opsig die getuienis van die klaagster
betwis nie. Die verhoorhof het die getuienis van sowel
14
die klaagster as haar oom as geloofwaardig en betroubaar aanvaar. Vir sover
die relaas van die appellant met die getuienis van die
klaagster en haar oom in
stryd is, het die verhoorhof die relaas van die appellant as vals
verwerp.
Die vele punte van kritiek wat teen die getuienis van die appellant
ingebring kan word, is volledig in die uitspraak van die hof a
quo aangestip.
Dit is onnodig om dit hier te herhaal. By deurlees van die oorkonde is dit
duidelik dat die appellant 'n deurtrapte
leuenaar is. Die appèl moet op
daardie grondslag benader word.
Die appellant se verdediging het daarop neergekom dat vanweë sy gevorderde graad van beskonkenheid hy nie geweet het wat hy doen nie. In die loop van sy getuienis het die appellant met betrekking tot die soort en die hoeveelheid drank wat hy op die betrokke dag sou gedrink het voordat hy die klaagster raakgeloop het, heeltemal
15
afgewyk van die verslag hieromtrent wat hy in die vroeë
oggendure van
3 September aan dr Adams gedoen het. Oor
wat en hoeveel hy sou gedrink het,
het die appellant
ooglopend sy storie aangedik. In hierdie verband het
die
verhoorhof die volgende bevinding gemaak:-
"Wat die drank betref is ons tevrede dat sy hele storie 'n boel leuens is benalwe wat hy ten opsigte van die drank 'n opgawe aan dr Adams gegee het. Dit is ook dieselfde drank wat hy aan dr Quail gemeld het. Hierdie ander drank is na ons mening alles bygelas."
Hier dien gemeld te word
dat dr Quail een van die twee
psigiaters is wat by die Valkenberg Hospitaal
na die
geestesgesteldheid van die appellant ondersoek ingestel
het. Na af
loop van die advokate se betoë aan die hof
benede het die verhoorregter
besluit om self dr Quail as
getuie op te roep.
Aan die hand van die aangevoerde getuienis het
die
verhoorhof tereg bevind dat die appellant ten tyde van
die pleging van die
geslagsdaad nie dronk was nie; en dat
16
hy wel onthou het wat gebeur het. In die loop van sy
uitspraak het die belese regter-president gesê:
"Hy het drank ingehad. As 'n mens kyk na die somtotaal van die prentjie is dit dat sy inhibisies miskien tot 'n mate deur die drankinname verlaag is, maar dit is nie dieselfde as 'n persoon wat nie die opset kan vorm omdat hy so dronk is dat hy nie weet wat hy doen nie. Daarna het hy die kind geneem en met haar geloop. Hy het 'n lang ent geloop, hy het 'n plek in die bosse uitgesoek waar dit stil is. Hy het haar daar aangesê om uit te trek. Dit alles is doelbewus gedoen. Daarby nog die getuienis van dr Adams oor die proses wat hy moes uitvoer om met haar omgang te hê en dan kry ons as geheel 'n
prentjie van 'n man wat drank ingehad het maar van die begin tot die einde geweet het wat hy doen."
Die appellant is op 4 Desember 1989 die doodstraf
opgelê. Sedertdien het die bepalings
van die
Strafproseswysigingswet, 107 van 1990 in werking getree.
Wet 107
van 1990 het die regsposisie met betrekking tot die
oplegging van die
doodstraf ingrypend verander. Die
grondslag waarop die oplegging van die
doodstraf benader
moet word, is tans dieselfde vir alle halsmisdade; en
die
17
kritieke vraag is nou of die doodstraf, in die lig van al
die
omstandighede wat bevind is, die gepaste vonnis is.
Die implikasies wat Wet
107 van 1990 inhou is in verskeie
onlangse beslissings van hierdie hof
uitgestippel. Vir
doeleindes van die onderhawige appèl kan volstaan
word met
die volgende uiteensetting van E M GROSSKOPF, AR in S v
Senonohi
1990(4) SA 727 (A) op 733 B-E:
"By die toepassing van die maatstawwe neergelê deur die gewysigde art 277 kan hierdie Hof, indien hy 'van oordeel is dat hy self nie die doodvonnis sou opgelê het nie, die vonnis tersyde stel en die straf oplê wat na sy oordeel gepas is' (art 322 (2A) van die Wet soos ingevoeg deur art 13(b) van die nuwe Wet - 'n bepaling wat ook deur art 20(1) van die nuwe Wet van toepassing gemaak word op appèlle in reeds verhoorde sake). By 'n appèl teen 'n doodvonnis oefen die Appèlhof dus nou 'n onafhanklike diskresie uit. Hy moet self oordeel of, met inagneming van die strafversagtende en -verswarende faktore wat uit die oorkonde blyk, die doodvonnis 'die gepaste vonnis' ingevolge die nuwe art 277(2)(b) is. Deur die invoeging van art 322(2A) het die Wetgewer dus afgewyk van die beginsel wat tot dusver in appèlle teen vonnis gegeld het, naamlik dat die Hof van appèl slegs kan ingryp as die Verhoorhof nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen
18
het nie. Tans kan hierdie Hof 'n doodvonnis tersydestel selfs waar die verhoorhof se diskresie-uitoefening onbesproke is, en bloot op grond daarvan dat hierdie Hof 'n ander mening huldig oor dïe gepastheid van die doodvonnis."
Daar moet vervolgens gekyk word na watter
versagtende en -verswarende faktore by
beoordeling van die
oorkonde in die onderhawige geval na vore tree.
Die
appellant is reeds by twee vorige geleenthede aan
verkragting skuldig
bevind. In beide die vorige gevalle
was die klaagster agt jaar oud. Na
skuldigbevinding in
hierdie saak, en met die oog op vonnis, het die
aanklaer
prof T Zabow, 'n psigiater wat aan Valkenberg Hospitaal
verbonde
is, as getuie opgeroep. Prof Zabow het op 30
Oktober en 8 November 1989 by
die Pollsmoor Gevangenis
onderhoude met die appellant gevoer. In die loop van
sy
getuienis, en met verwysing na die jeudigheid van die
appellant se
slagoffers betrokke by elkeen van die drie
verkragtings, het prof Zabow die
volgende mening omtrent
19
die appellánt uitgespreek:-
"I think on evaluating the records that we have and the reports from the various professional staff, this man fits a profile of a rapist who has a specific selectivity for children as his
object His pattern of sexual behaviour
.... seems to be one which selects out young girls."
In die onderhawige saak is die faktore wat
verswarend teen die appellant inwerk myns
insiens die
volgende:-
(a) die feit dat die appellant reeds die verwyt van
twee veroordelings weens verkragting dra, en dat
albei die slagoffers daarby betrokke jong dogters
was;
(b) die feit dat in hierdie geval die klaagster 'n
jong dogter is;
(c) die feit dat die appellant se misdaad deur
volslae wreedaardigheid en gevoelloosheid
gekenmerk is;
20
(d) die feit dat ten tyde van die vekragting en daarna, toe sy vir etlike ure verlate in die bos gelê het, die klaagster verskriklike pyn en ontsettende angs moes verduur het; (e) die feit dat die appellant die klaagster so ernstig beseer het dat sy nagenoeg 3 /2 maande in die hospitaal moes deurbring en vyf operasies moes ondergaan; (f) die feit dat sommige van die liggaamlike letsels wat die klaagster as gevolg van die misdaad opgedoen het blywend van aard is; dat die appellant vir die res van haar lewe waarskynlik ten opsigte van ontlasting aan behouswakte sal ly; en dat sy moontlik onvrugbaar sal wees; . (g) die feit dat afgesien van die psigiese trauma wat die klaagster ten tyde van en onmiddellik na die verkragting gekneus het, die behouswakte waaraan
21
sy tans nog ly voordurend haar aaklige ervaring met weersin in herinnering
sal roep. In die lig van die aangevoerde getuienis is dit
duidelik dat die hof
hier te make het met 'n misdadiger met uiters skraal kanse op hervorming. Die
appellant se advokaat het egter
geredelik toegegee dat behalwe die doodstraf die
enigste ander strafvorm wat in die onderhawige geval oorweging sou verdien
lewénslange
gevangenis is. Bygevolg is dit na my mening onnodig om
enigiets verder in verband met die appellant se hervormingsmoontlikhede te
sê.
Wat strafversagtende faktore betref is daar die feit dat as gevolg
van sy gebruik van alkohol die appellant se inhibisies ten tyd
van die misdaad
verlaag was. Aan die hand van die appellant se bloed-alkohol vlak teen die tyd
wat dr Anthony 'n bloedmonster geneem
het, asook 'n
veronderstelde tyd van pleging van die misdaad, is sowel dr Anthony en dr Quail in kruisondervraging gevra om
22
terugwerkende berekenings te maak ten einde die appellant se hoër bloed-alkohol vlak ten tyde van die misdaad naastenby vas te stel. Met verwysing na onbekende en wisselbare komponente (soos bv die betrokke persoon se weerstandsvermoë teen alkohol) wat by hierdie sommetjies in verrekening gebring moet word, het die geneeshere die twyfelagtige waarde van dusdanige berekenings beklemtoon. By sy bevinding dat die appellant "van die begin tot die einde geweet het wat hy doen" het die verhoorhof m i heel tereg eerder gesteun op doelgerigte handelinge van die appellant. Die berekende optrede van die appellant voor, ten tyde van, en na die pleging van die misdryf dui na my oordeel onmiskenbaar daarop dat toe die appellant besluit het om die klaagster te verkrag, en toe hy daardie besluit ten uitvoering gebring het, die drank wat hy voorheen gebruik het hom nie aanmerklik aangetas het nie.
Ten tweede moet as 'n strafversagtende faktor
23
aangemerk word die appellant se maatskaplike agterstand.
Ek verwys
andermaal na die psigiatriese verslag gedagteken
1 Desember 1988. Daarin word
o a die volgende omtrent die
appellant se voorgeskiedenis en agtergrond
vermeld -
"He comes from a severely disturbed family background with alcohol abuse, physical violence and ongoing conflict between the parents, leading to several periods of separation over the years."
Namens die
appellant is verder in bedenking gegee dat die appellant se bereidwilligheid om
die plek in die bos waar hy die klaagster
gelos het, aan te wys aanduiding van
sy berou bevat. Daardie argument gaan nie op nie. Uit die aangevoerde getuienis
staan dit soos
'n paal bo water dat die appellant sy samewerking aan die polisie
verleen het bloot om uit die kloue te kom van verontwaardigde omstanders
wat hom
te lyf wou gaan.
Die strafversagtende
faktore wat wel bestaan dra myns insiens weinig gewig. Hulle word deur die
strafverswarende faktore wat in die weegskaal geplaas
moet
24
word verreweg oortref. Die verkragting waaraan die appellant hom skuldig gemaak het is 'n afgryslike vergryp van uitsonderlike erns. Dit is die dure plig van ons howe om jong kinders teen gewetelose geweldenaars te beskerm. Waar 'n weerlose dogtertjie van sewe jaar verkrag word, tree uiteraard die gemeenskapsbelang sterk na vore. Na angsvallige oorweging van al die omstandighede van die onderhawige geval is ek van oordeel dat die doodvonnis hier die enigste gepaste straf is.
Die appèl teen die doodvonnis word afgewys.
G G HOEXTER, AR
NESTADT, AR )
KUMLEBEN, AR ) stem saam