South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 73
| Noteup
| LawCite
S v Mhlongo (277/87) [1991] ZASCA 73 (30 May 1991)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
SAMSON MHLONGO Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: E.M. GROSSKOPF, EKSTEEN et GOLDSTONE, ARR.
Verhoor:
27 Mei 1991.
Gelewer: 30 Mei 1991.
U I T S P R A A K
EKSTEEN, AR :
Die appellant is voor die Springs Rond-gang Plaaslike
Afdeling aangekla van die misdaad van moord. Hy is skuldig bevind en die
doodvonnis
opge-lê. Hy kom nou voor ons op appèl teen beide die
skuldigbevinding en die vonnis ingevolge die bepalinge van Artikel
316 A van Wet
51 van 1977 ("die Wet") soos gewysig deur Artikel 11 van Wet 107 van
1990.
Die Staat se saak het hoofsaaklik op die getuienis van ene Benjamin
Manana gerus. Hy was nie alleen 'n enkelgetuie van die gewraakte
gebeure nie,
maar sy betrokkenheid by daardie gebeure was van so 'n aard dat die aanklaer by
die aanvang van sy getuienis dit gerade
geag het om die verhoorregter te versoek
om
... / 2
2
hom ooreenkomstig die bepalinge van Artikel 204(1) van die Wet te waarsku dat
hy verplig^was om vrae te beantwoord selfs al sou dit
hom inkrimineer.
Manana
het getuig dat hy en die appellant saam gegaan het na die plaas Largo waar die
appellant vroeër gewoon het. Appellant
wou sinkplate van sy eeertydse
woning se dak gaan afhaal. By die plaas gekom het appellant na sy (dws. die
appellant se) woning gegaan
waar hy "h hamer en 'n koevoet gaan haal het. Daarna
is hulle na 'n ander huis. Manana en die appellant het op die dak van dié
huis geklim, en begin om die sinkplate los te maak. Die oorledene, 'n man van by
die 70 jaar wat oor die lee huise toesig
. ... / 3
3
moes hou, daag toe daar op en vra vir die appellant wat
hy dáar maak. Appellant antwoord dat hy sy sinkplate
kom haal het. Die oorledene wys hom toe daarop dat hy
reeds die sinkplate van sy huis verwyder het, en dat
dit nie sy sinkplate was waarmee hy toe besig was nie.
Appellant en Manana het toe van die dak afgeklim.
'n Rukkie later is albei van hulle na die oorledene se
huis. Daar het appellant skoor gesoek met die oor-
ledene, en hom met die hamer wat hy by hom gehad het
oor die kop geslaan. Daarna het die appellant 'n
konka met brandende hou daarin oor die oorledene ge-
skop.
'n Lykskouing is op die oorledene se erg
verbrande lyk gedoen en daar is o.a. 'n 3 cm. gapende
....../ 4
4
laserasie op die middel van oorledene se voorkop gevind.
Appellant is op
25 Desember 1988 in hegte-nis geneem in verband met die moord op die oorledene,
en op 10 Januarie 1989 is Manana ook
ge-arresteer. Albei van hulle is aanvanklik
van die moord aangekla maar na-dat hulle op 19 Januarie 1989 ooreenkomstig die
bepa-linge
van Artikel 119 van die Wet voor 'n landdros ge-bring is om op die
aanklag te pleit, is die aanklag teen Manana teruggetrek. Soos
reeds gemeld het
hy later by die verhoor teen die appellant getuig.
Appellant het ook by die
verhoor getuie-nis afgelê. Sy verweer was 'n alibi. Hy het getuig dat hy
die betrokke dag by sy mense
op die plaas Drie-fontein was en dat hy nooit die
dag saam met Manana
....../5
5
op die plaas Largo was nie.
Manana is by die verhoor onder kruisver-hoor
geneem na aanleiding van wat hy aan die landdros gesê het by die Artikel
119 verrigtinge.
Verskeie weersprekings tussen wat hy daar gesê het en wat
hy later by die verhoor getuig het is uitgelig.
In sy uitspraak het die verhoorregter
met hierdie weersprekings gehandel
en het hy hulle al-
mal afgemaak as sou hulle nie wesenlik van aard
wees
nie. Hy vervolg dan om te bevind:
"Na my mening was Benjamin 'n betroubare getuie. Ek verwerp die weergawe dat hy sy getuienis teen die beskuldigde gelewer het net aangesien hulle 'n rusie oor 'n meisie vyf jaar gelede gehad het. Ek moet sê dat die weersprekings wat mnr. Oosthuysen gemeld het is nie wesenlik nie en ek aanvaar die getuienis
.... / 6
6
van Benjamin in geheel.
Ek moet nou weer na die beskuldigde se weergawe kyk. Hy sê hy was nie op die toneel op daardie dag, 10 September 1988 nie, hy was nie daar nie. Hy sê dat hy elders was op die plaas Driefontein. In daardie omstandighede is daar vir my geen alternatief, maar om die feit te aanvaar eerstens, dat hy daardie dag teenwoordig was en tweedens, die wonde wat deur die distriksgeneesheer beskryf is, ver-oorsaak het."
Op geen stadium in sy uitspraak het die
geleerde Regter gepoog om met die
getuienis van die appel-
lant te handel nie. Hy meld nie watter indruk die
ap-
pellant as 'n getuie op hom gemaak het nie. Hy wys ook
nêrens op
enige swakhede in die appellant se getuienis
nie, behalwe om by een
geleentheid terloops te meld
dat dit "snaaks" is dat appellant getuig het dat
die
rusie tussen hom en Manana vyf jaar vantevore plaas-
...../7
7
gevind het, terwyl appellant se advokaat dit aan Manana
ge-stel het dat die rusie twee jaar vantevore plaasgevind het.
Dit is geykte
reg dat by 'n strafsaak die bewyslas op die Staat rus om die skuld van die
beskuldig-de, dws. elke bestanddeel van die
misdaad, bo redelike twyfel te bewys
benewens sekere uitsonderings wat nie nou ter sake is nie. (R. v. Ndhlovu
1945 A.D. 369.) Dit geld ook waar die verweer 'n alibi is. Dit is nie nodig dat
die verhoorhof die beskuldigde se ge-tuienis moet glo nie, maar as
daardie
getuienis rede-lik moontlik waar kan wees dan kan 'n skuldigbevinding nie volg
nie. (R. v. Biya 1952 (4) SA 514 (A) op 521 D - E.) In R. v.
Hlongwane 1959 (3) SA 337 (A) sê Holmes, Wn. AR op 340 H:
.... / 8
8
"The legal positipn with regard to an alibi is that there is no onus on an accused to estab-lish it, and if it might reasonably be true he must be acquitted."
en op 341 A sê hy:
" ... it is wrong for a trial Court to reason thus: 'I believe the Crown witnesses. Ergo, the alibi must be rejected'. See also R. v. Tusini and Another 1953 (4) SA 406 (A.D.) at p 414."
Uit die passasie in die uitspraak van die geleerde regter a quo wat ek
hierbo aangehaal het, wil dit vir my voorkom dat dit presies is wat hy in die
onderhawige geval gedoen het.
Mnr. Becker, wat die saak namens die respondent
voor ons beredeneer het, het aangevoer dat ons moet aanneem dat die geleerde
verhoorregter
die
..../ 9
9
getuienis van die appellant sorgvuldig oorweeg het en dit om gegronde redes verwerp het. Daar is egter niks in sy uitspraak wat hierop dui nie, en na my me-ning kan dit nie sondermeer aanvaar word dat dit ge-skied het nie. Dit word van 'n verhoorregter verwag om met al die getuienis voor hom te handel en aan te toon waarom hy sekere getuienis aanvaar, en waarom hy ander verwerp. (Schoonwinkel v. Swart's Trustee 1911 T.P.A. 397 op 401.) Die juiste benadering word deur Leon R. in S. v. Singh 1975 (1) SA 227 (N) op p 228 F - 'n (h passasie wat met goedkeuring deur hierdie Hof in S. v. Guess 1976 (4) SA 715 (A) op 718 'n - 719 A aangehaal is) soos volg weergegee:
" ... it would perhaps be wise to repeat once
.... / 10
10
again how a court ought to approach a crimi-nal case on fact where there is a conflict of fact between the evidence of the State witnesses and that of an accused. It is quite imper-missible to approach such a case thus: be-cause the court is satisfied as to the relia-bility and the credibility of the State witne-ssesthat, therefore, the defence witnesses, including the accused, must be rejected. The proper approach in a case such as this is for the court to apply its mind not only to the merits and the demerits of the State and the defence witnesses but also to the probabilities of the case. It is only after so applying its mind that a court would be justified in reaching a conclusion as to whether the guilt of an accused has been established beyond all reasonable doubt. The best indication that a court has applied its mind in the proper manner in the above-mentioned example is to be found in its reasons for judgment including its reasons for the acceptance and the rejection of the respect-ive witnesses."
Die geleerde verhoorregter het versuim om
......./ 11
11
hierdie benadering toe te pas, en daarin het hy ge-dwaal. Die getuienis
van die enkelgetuie Manana, soos ek reeds daarop gewys het,
was sekerlik nie bo
kritiek nie. Dat sekere van die weersprekings, wat deur die verhoorregter as nie
wesenlik van aard afge-maak
is, diepgaande en wesenlik kan wees, is vatbaar vir
betoog. Dit is nie nodig om hierop in te gaan nie. Dit kan ook nie, op 'n
deurlees
van die oorkonde, gesê word dat die appellant se getuienis,
alhoewel ook moontlik onderhewig aan kritiek, so swak was dat dit
nie redelik
moontlik waar kan wees nie. In die lig hiervan meen ek nie dat die
skuldigbevinding gehand-haaf kan word nie.
Daar is een ander aspek van hierdie verhoor
...../ 12
12
waarmee ek wil handel. Dit blyk uit die oorkonde dat die geleerde regter die
saak verhoor het sonder assessore. Dit is so dat Artikel
145(2) van die Wet 'n
verhoorregter slegs verplig om assessore by 'n ver-hoor te neem indien hy voor
die verhoor van oordeel is dat,
in geval van 'n skuldigbevinding en met
inag-neming van die omstandighede van die geval, die dood-vonnis opgelê
kan word. Sonder
afdoende bewys dat hy wel voor die verhoor so 'n oordeel daarop
nagekom het, kan sy versuim om assessore op te roep nie as
'n
onreëlmatigheid by die verhoor beskou word nie. (S. v. Chaane en
Andere 1978 (2) SA 891 (A); S. v. Dyantyi 1983 (3) SA 532 (A)
en S. v. Schoba 1985 (3) SA 881 (A).) Dit bly egter m.i. steeds wenslik
in
....../ 13
13
die praktyk dat waar 'n beskuldigde op 'n halsmisdaad teregstaan 'n
verhoorregter altyd assessore sal oproep om hom by te staan. (R. v. Mati and
Others 1960 (1) SA 304 (A) op 306 D - F; S. v. Adriantos en 'n Ander
1965 (3) SA 436 (A) op 437 E - G en S. v. Malinga 1987 (3) SA 490 (A) op
498 A - 499 B.) Dit is nie altyd moontlik om vooraf uit die akte van
beskuldiging en die bygaande opsomming van die wesenlike
feite in die saak
ooreenkom-stig Artikel 144(3) van die Wet, 'n behoorlike oordeel te vel of die
doodvonnis waarskynlik aan die einde
van die verhoor opgelê sou word nie,
maar die moontlikheid daarvan kan selde uitgesluit word. 'n Aanklag op 'n
halsmisdaad
is 'n ernstige aanklag en die voordele wat die bystand van assessore
by die verhoor 'n regter kan
..../14
14
bied, moet nie onderskat word nie. Indien die ver-hoorregter in die
onderhawige geval die wenke van hierdie Hof in laasgenoemde drie
gewysdes nie
ver-ontagsaam het nie, en die bystand van assessore ge-niet het, sou hy
besmoontlik nie dieselfde gevaar geloop het
om te dwaal soos hy gedoen het
nie.
Die appël word derhalwe gehandhaaf en die skuldigbevinding en
vonnis word tersyde gestel.
J.P.G. EKSTEEN, AR
E.M. GROSSKOPF, AR )
stem saam GOLDSTONE, AR )