South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 82
| Noteup
| LawCite
S v Hlatswayo (16/1991) [1991] ZASCA 82 (30 May 1991)
Download original files |
LL Saak No 16/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen
JABU HLATSWAYO Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: CORBETT HR, FRIEDMAN AR et
KRIEGLER WN AR
VERHOORDATUM: 27 MEI
1991
LEWERINGSDATUM: 30 MEI 1991
UITSPRAAK KRIEGLER WN AR:
2.
Appellant kom met verlof van hierdie hof in hoer beroep teen
skuldigbevinding en vonnis. Hy en ene Job Madisha ("beskuldigde no 1")
het in
die Suid- en Suid-Oostelike Rondgang Plaaslike Afdeling te Middelburg
(Transvaal) tereggestaan op aanklagte van (i) moord,
(ii) huisbraak met die
opset om te roof en roof en (iii) diefstal. Hulle sou na bewering die nag van
9/10 April 1989 by die bouperseel
van Concor Konstruksie ("Concor") op
Middelburg die nagwag, Petrus Mthimunye ("die oorledene"), aangerand.het as
gevolg waarvan hy
die volgende dag beswyk (aanklag 1). Hulle sou toe en daar die
kantoor van ene Hertz oopgebreek en diverse items gesteel het (aanklag
2).
Vervolgens sou hulle toe en daar 'n Nissan-minibus gesteel het (aanklag
3).
Beskuldigde 1 pleit skuldig aan al drie aanklagte en beperk sy verweer
tot 'n bewering dat daar ten aansien van die moordklag versagtende
omstandighede
was. Appellant pleit egter onskuldig en wel op die
3. grondslag dat hy
teenwoordig was toe beskuldigde 1 die misdade gepleeg het maar geen deel daaraan
gehad het nie. Sy verweer word
egter verwerp. Ten aansien van aanklag 1 word
geen versagtende omstandighede bevind nie en die doodstraf word opgelê en
op
aanklagte 2 en 3 gevangenisstraf.
Vanweë die houding wat beskuldigde
1 en appellant by die verhoor ingeneem het, was die twisperk eng: Beskuldigde no
1 pleit skuldig
terwyl appellant die pleging van die misdade bevestig en slegs
ontken dat hy enige rol daarby gespeel het. Ten aansien daarvan was
hy die
enigste ooggetuie. Van die kant van die Staat was daar geen regstreekse
getuienis van appellant se rol nie terwyl beskuldigde
1 nie self getuig of ander
getuienis aanbied nie. Die Staat was dus op omstandigheidsgetuienis aangewese om
appellant se skuld aan
die ten laste gelegde misdade te bewys, hetsy as
hoofdader hetsy op grond van n gemeenskaplike
4. opset met beskuldigde no 1.
Ter kwyting van bedoelde bewyslas het die Staat gesteun op regstreekse getuienis
van die pleging van
die misdade en op buitegeregtelike verklarings wat appellant
afgelê het.
Die getuienis betreffende die pleging van die misdade kan
soos volg saamgevat word. Concor was destyds besig met 'n groot bouprojek
in
Middelburg. Op die bouperseel was daar o a 'n aantal monteergeboue wat as
kantore en bergplek gebruik is. In een van die kantore
was daar 'n losstaande
brandkluis met 'n massa van ongeveer 200 kg. In 'n nabygeleë monteergebou
was daar 'n bergplek vir landmeettoerusting
en elektriese gereedskap. Die
oorledene was jarelank in Concor se diens as nagwag. Hy het smiddae voor
uitskeityd op diens gekom
en was aan die wêrkers bekend. Beskuldigde no 1,
wat sowat 'n week voor die gebeure bedank het na agt maande diens by Concor
as
landmetershandlanger, was vertroud met die algemene opset op die perseel. Hy het
die oorledene geken, wis waar Hertz se kantoor
was en
5. is meermale daarop attent gemaak dat die landmeet-instrumente waardevol
is.
Okskoon dit nie uitdruklik in die getuienis genoem is nie, kan aanvaar
word dat beskuldigde no 1 geweet het dat daar 'n brandkluis
in Hertz se kantoor
staan en dat die landmeetinstrumente en elektriese gereedskap in die ander
vertrek geberg word. Ook kan aanvaar
word dat hy geweet het dat die minibus
snags op of by die perseel staan.
Sondagnag 9/10 April 1989 word die
oorledene, wat 'n ent binne die toegangshek by 'n vuur sit, die kop ingeslaan;
die venster van
Hertz se kantoor word gebreek en die deur word, oënskynlik
sonder geweld, oopgemaak. Die brandkluis word van onder 'n tafel
uitbeweeg en
daar is 'n vrugtelose poging om dit met 'n
slypskyf oop te sny. Die deur van
die nabygeleë bergplek word oopgemaak, weer eens sonder oënskynlike
geweld, en toerusting
word daaruit verwyder. Concor se minibus word later sowat
80 km noord van Middelburg op
6. die grootpad na Lebowa sonder brandstof gevind.
Met sy aankoms by die
bouperseel die Maandagoggend, 10 April 1990, verneem Hertz van die insident. Hy
vind sy kantoorvenster stukkend
en los. Binne vind hy sy besittings in 'n
warboel en die verskuifde en beskadigde brandkas met die slypskyf daarnaas. Hy
laat 'n
lys opstel van goedere wat vermis word. . Dit behels 'n verskeidenheid
landmeetinstrumente, elektriese gereedskap, 'n bos sleutels
en die vermiste
minibus se sleutel. Daar is egter geen bevredigende bewys van die betroubaarheid
van die lys nie en gevolglik is
daar onsekerheid oor presies wat die betrokke
nag gesteel sou gewees het. Vanweë ander getuienis, waarmee ek weldra
handel,
staan dit egter vas dat 'n teodoliet en bukswaterpas (bewysstukke "2" en
"3"), die minibus en dié se aansluitsleutel wel die
betrokke nag gesteel
is.
Oor die lot van die oorledene is daar ook geen geskil nie; formele erkennings
namens beskuldigde
7. no 1 en appellant ingevolge art 220 van die
Straf-proseswet 51 van 1977 en toeligtende getuienis deur die plaaslike
distriksgeneesheer
verstrek 'n volledige beeld; hy is om 07h00 op Maandag 10
April 1989 in die Middelburgse hospitaal opgeneem met ernstige hoofbeserings,
sy
toestand versleg progressief en hy sterf die daaropvolgende middag. By 'n
regsgenees-kundige lykskouing op 13 April 1989 word
vier laserasies aan die
kopvel en uitgebreide ingedrewe skedelfrakture gevind. Die oorsaak van dood was
brein-beserings en -bloeding;
volgens die distriksgeneesheer se getuienis moes
daar ten minste vier geweiddadige houe met 'n harde voorwerp gewees het.
Met
hul inhegtenisname het beskuidigde no 1 en appellant oënskynlik met die
polisie saamgewerk. Die dag na hul arrestasie, d
w s op 13 April 1989, lê
hulle voor afsonderlike landdroste verklarings af en die daaropvolgende dag neem
hulle aan afsonderlike
uitwysings deel waartydens hulle verdere mededelings
8.
maak. Beskuldigde no 1 se buitegeregtelike verklarings
is natuurlik nie teen appellant toelaatbaar nie (kyk bv
S v Serobe and
Another 1968 (4) S A 420 (A) op 425F-H).
Die toelaatbaarheid van appellant se
verklaring aan die landdros asook die relaas van sy
uitwysing aan die
polisie is formeel erken. Appellant
se verklaring aan die landdros op 13 April 1989 (bewys-
stuk "E") word op die gebruiklike wyse voorafgegaan
deur die optekening
van vrae en antwoorde met
betrekking tot die bereidwilligheid daarvan. In
die
loop daarvan word hy gevra:
"Waarom verlang u om die verklaring te herhaal?"
waarop hy antwoord:
"Die rede is dat die man het my nie gesê hy gaan daar iets doen. Ek wil nou die waarheid praat. Ek is gister gearresteer in verband met 'n huisbraak en ook iemand daar geslaan."
Die verklaring self is 'n
gedetailleerde relaas van die
betrokke gebeure. Dit begin so:
"Ek en my vriend was van die lokasie af
9.
Mhluzi. Dit was omtrent 1 uur die aand. Die man het gesê hy gaan Witbank toe. Toe ons by Rex Kafee kom het ons links gedraai daar is 'n f irma die naam van die firma is Konco, toe ons daar kom het ons oor die draad gespring. Daar was 'n leë drom by 'n hek. My vriend het gesê ek moet net daar staan. Naby die 'drom was daar 'n wag wat daar werk. My vriend het
'n yster by hom gehad dit was nie 'n reguit yster nie dit was omtrent 'n half meter lank (aangedui). My vriend het daardie yster gebruik om die wag te slaan. Ek het hom net gehoor skreeu."
Hy vertel in groot
besonderheid hoe sy "vriend" 'n
kantoordeur oopsluit, die brandkluis sleep en
probeer
oopsny, twee "ysters" in die minibus laai en wegry.
Dis opvallend
dat appellant telkemale met betrekking
tot die onderskeie handelinge wat hy
beskryf, aanstip
hoe hy sy nie-samewerking kenbaar gemaak het.
Dit
kulmineer in 'n argument toe die minibus gaan staan en
appellant weier
om te help om die gesteelde goed
daaruit te verwyder. Die verklaring sluit
soos volg
af:
"Ek was saam met my vriend toe ons daar gegaan het maar ek het hom nie gehelp nie. Hy het alles alleen gedoen. Dit is al.
10.
VRAE:
Wie is u vriend?
Dit is JOB ek ken nie sy van nie.
Wat se plek is dit waar u was?
Dit is 'n nuwe plek ek weet nie die naam so mooi nie my vriend het gesê hy het daar gewerk. Hulle bou daar.
Het u gestap na Kongo toe? Ja."
Die
uitwysings wat appellant die oggend van Vrydag, 14
April 1989, aan die
polisie doen, is stapsgewys
fotografies vasgelê, sy mededelings
dienaangaande
opgeteken en die aldus geboekstaafde relaas behoorlik
in
getuienis verduidelik. Die uitwysing begin by n
punt enkele meter buite die
toegangshek tot die
bouperseel, wat appellant aanwys as die punt waar
hy
sou gewag het:
"Ek het hier by ,die hek bly staan. Job het om die gebou geloop. Ek het gehoor hy slaan iets en het gehoor die man skreeu. Toe ek naby gaan het ek gesien Job slaan die man nog, die nagwag."
Hy dui 'n punt
daarnaby aan vanwaar hy die oorledene op
sy maag sien lê het en voeg
by:
"Ek het gestaan en kyk. Job het die nagwag
11.
deursoek en die sleutel gevat."
Met dié
vestig hy ook die begeleiers se aandag op 'n
yoorraad bewapeningstaalstukke
daarnaby en gee te kenne
dat beskuldigde no 1 die oorledene met 'n
dergelike
voorwerp geslaan het. (Die distriksgeneesheer meen dat
die
noodlottige hoofbeserings versoenbaar is met so h
wapen.) Hy beduie aan die
polisiebeamptes dat hy op
dieselfde punt bly staan het terwyl hy sien
hoe
beskuldigde no 1 'n kantoor se venster breek, dit
oopmaak en daar
inklim. (Die aldus aangeduide kantoor
is diè wat Hertz by die verhooor as syne uitken.)
Hertz se
brandkluis, wat ten tyde van die uitwysing
buite onder 'n boom lê, word
uitgewys met die woorde:
"Hierdie brandkluis was onder die tafel. Hy het hom daar uitgetrek."
Hy vervolg dan:
"Ek het by die venster kom staan.
Daai ander man was binnekant.
Ek het gesien hy het 'n grinder.
Toe sny hy die brandkluis.
Ek het gestap na die hek toe. Ek het gesien
die ander een gaan by al die kantore in.
12.
Ek het gesien hy vat twee goed wat lyk soos die verkyker wat hy by die kantoor vat."
(Sy uitwysing van laasgenoemde kantoor stem
ooreen met
Hertz se uitkenning van die bergplek vir die
waardevolle
toerusting.) Daarop loop appellant na die
toegangshek van die perseel en wys
'n plek uit op die
sypaadjie daarbuite waar die minibus sou gestaan
het.
Hy vervolg dan:
"Hy het die goed by die agterdeur van die
Kombi ingelaai Hy het 'n sleutel uit sy
sak gehaal die deur van die Kombi oopgesluit en ingeklim, toe ry ons."
Hy beduie hul roete uit Middelburg en wys die
minibus
uit wat langs die pad staan.
Die staatsadvokaat het ook sonder teenstand
die
oorkonde ingedien van die verrigtinge in die
landdroshof toe beide
beskuldigdes op 16 Junie 1989
ingevolge art 119 van Wet 51 van 1977 aangesê is om op
die drie
aanklagte te pleit. Appellant pleit onskuldig
op al drie aanklagte en word
dienaangaande ondervra.
Ten aansien van aanklag 1 sê hy:
13.
"Ek dra geen kennis no 1 hom geslaan. Ek het buite gestaan en ek hoor 'n persoon huil... Ek ken nie sy naam nie. Ek sien net toe hy daar gelê het gaan kyk wat no 1 gedoen het."
Ten aansien van aanklag 2 verstrek hy by wyse van
pleitverduideliking die volgende:
"Ek sien no 1 breek die venster en klim in. Hy maak toe die deur oop. Ek kry hy is besig om die brandkas te 'grine' . Ek vra toe wat doen hy ek gaan toe uit. Hy kom toe uit met die goedere."
Sy pleitverduideliking met betrekking tot aanklag 3 lui
so:
"Ek was op pad kerktoe. Ek sien net hy skakel diê voertuig aan en hy sê ek moet inklim. Ek ry toe saam na Tonteldoos."
(Die optekening van appellant se
antwoord as sou hy
gesê het hy was op pad kerk toe en dat hy na
Tonteldoos
sou saamgery het, is opsigtelik verkeerd en
waarskynlik
aan gebrekkige transkripsie te wyte.)
Die verhoor vind op 23 en 24 Oktober 1989
plaas. Vier Staatsgetuies word geroep, te wete die
distriksgeneesheer wat
die nadoodse ondersoek uitgevoer
14. het, die twee polisie-offisiere wat vir
beskuldigde no 1 en appellant tydens hul onderskeie uitwysings vergesel het en
mnr Hertz.
Na af sluiting van die staatsaak word beskuldigde 1 se saak sonder
die aanbieding van getuienis gesluit. Appellant betree toe die
getuiebank. Heel
vroeg in sy hoofgetuienis word sy verbintenis met beskuldigde no 1 aangeroer. Hy
getuig dat hy hom nie lank ken
nie:
"Drie maande of drie weke, want dit is nie
lank wat ek hom geken het nie.
Het u kennis gedra met betrekking tot waar
beskuldigde 1 gewerk het? -- Nee.
Wanneer het u dit uitgevind? -- Na ons
arrestasie"
Die ondervraging gaan oor na die gebeure
die betrokke
nag. Appellant vertel dat hy Sondagaand 9 April 1989
vanaf
ongeveer 19h00 in sy suster se huis in die
Swartwoonbuurt by Middelburg gesit
en drink het. (Dit
blyk later moutbier te gewees het.) Hy gee te kenne
dat
hy die hoeveelheid wat hy gedrink het nie kan
onthou nie. Volgens appellant
kom beskuldigde no 1
15.
kort voor 10 uur die aand by die drinkplek aan en,
ofskoon hulle nie
saamdrink nie, vertrek hulle om 01h00
saam "nadat ek beskuldigde 1 ontmoet het." Hy word
gevra waarheen hulle op
pad was en antwoord:
"Toe ons geloop het, het hy vir my gesê ons is op pad Witbank toe en hy het gesê ons sou van Witbank af na Johannesburg toe gaan, want 'n broer van hom sou vir my werk gekry het daar in Johannesburg."
(Dit blyk uit appellant se latere
getuienis dat hy op
daardie stadium reeds verskeie maande werkloos
was.)
Volgens appellant stap die twee van hulle toe dorp toe
waar hulle by
'n winkel sigarette, brood en Simba-
skyfies koop. (Hy noem die naam van die
winkel en is
onder kruisondervraging in staat om die sigarette by
die naam te noem.)
Hulle eet toe die kos by h
staanplek vir taxis na Witbank. Omstreeks 02h30 sê
beskuldigde no 1 vir appellant:
"... ons sal daar by Concor moet gaan waar sy vriend hom bevind en hy het gesê daar sal ons 'n voertuig kry. No 1 sê toe vir my dat sy vriend vir ons Johannesburg toe sal vervoer of hy sal die voertuig aan beskuldigde 1
16.
leen."
Appellant se relaas vervolg dan so:
"Beskuldigde 1 staan toe op en ek volg hom toe... Ek volg toe vir beskuldigde 1 na die plek toe en ons is toe by 'n punt agter die firma. Die beskuldigde 1 het toe oor die omheining gespring en hy vra toe vir my om na die voorkant van die firma toe te gaan en vir hom daar te wag ... dit was so 'n kort rukkie, maar ek het daar gesit totdat ek daar gesluimer het... Ek hoor toe 'n persoon skreeu op die perseel, die persoon het drie keer geskreeu en ek gaan toe in die firma in... Daar is 'n opening in die hek, so 'n spasie, die hek is met 'n sleutel gesluit, maar daar was 'n spasie wat wyd genoeg was vir my om in te gaan."
(Blykens die foto's van die uitwysing staan die
regterhekpaal windskeef na regs.) Die oorkonde
vervolg dan:
"Ek is toe by daardie spasie in. Daar was 'n huis aan die eenkant, aan die regterkant soos u nou in die hek ingaan. Langs die huis is daar dromme en dit het vir my gelyk asof die nagwag daar naby die dromme was. Naby die dromme het ek die nagwag gekry lê, hy het op sy maag gelê. Ek het toe gepoog om so tussen die dromme te loop tot by sy kop, en het toe gebuk en na die nagwag toe gekyk en ek hoor toe 'n venster breek. Ek kyk toe in die rigting van waar die venster gebreek het en
17.
ek sien toe beskuldigde 1 kom van daardie rigting. Beskuldigde 1 kom toe by die plek waar ek was, dit is waar die nagwag gelê het, hy wou die nagwag met die yster geslaan het, maar toe keer ek hom. Beskuldigde loop toe van daar af na waar hy die venster gebreek het en hy gaan toe in die kamer in. Toe ek nou kyk na die persoon wat hy aangerand het, het ek so magteloos gevoel en so dronk. HOF: Maar jy het nog niks gepraat dat hy 'n
persoon aangerand het nie? Al wat jy nog sover gesê het is jy kom by die nagwag en die lê daar op sy maag en jy stap toe nader tot daar by sy kop. Ons weet nog nie dat hy asangerand is nie. -- Toe ek daar op die perseel gekom het, het nr. 1 die oorledene, verskoning, die nagwag al geslaan, hy het hom alrêeds geslaan met die yster en hy was besig om daarvandaan weg te gaan.
MEJ. NIEUWOUDT: Het u gesien toe beskuldigde 1 die oorledene slaan? -- Ja. Toe ek tussen die dromme beweeg het, dit was toe dat beskuldigde 1 weggegaan het van die nagwag af. Ek het toe na die nagwag toe gegaan om te gaan kyk waar op sy lyf hy geslaan is.
Toe kom u nou by die nagwag wat op sy maag lê? Jy het, toe gekom by die nagwag wat op sy maag lê en beskuldigde 1 wat weer aangestap kom, en toe, wat het toe daar gebeur? — Hy het weggestap van die nagwag af nadat ek hom gekeer het en gewaarsku het om nie die persoon weer te slaan nie. Ek het vir hom gesê kyk, jy het nou die man beseer."
Hy vertel dan, in nog groter besonderheid as in sy
verklaring aan die landdros, hoe beskuldigde no 1
18.
eiehandig die kluis probeer oopbreek, uiteinde.lik die taak gewonne gee en
met bewysstukke "2" en "3" ('n teodoliet en bukswaterpas)
uitkom, die minibus
aansluit en daarmee wegry. Appellant meld ook, soos in bewysstuk "E", dat hy nie
alleen alle samewerking geweier
het nie maar vir beskuldigde no 1 telkens
probeer oorreed het om sy optrede te staak.
Appellant se hoofondervraging
sluit soos volg af:
"Net laastens, kan u aan die hof verduidelik waarom het u nooit weggehardloop van die toneel waar die misdaad gepleeg is nie? -- Ek het nie weggehardloop nie omdat ek dronk was en toe ek nou die nagwag daar sien lê en hy bloei het ek nou meer dronk geword. HOF: Het die bloed jou nog meer dronk gemaak? -- Ja.
Maar jy het ook gesien hoe slaan beskuldigde 1 die nagwag? -- Ja.
En toe was jy te dronk om weg te hardloop, toe jy sien jy is nou hier besig met 'n man wat moontlik 'n moordenaar is? -- Ek het eintlik vergeet om die polisie te gaan soek."
Daarop volg deurtastende kruisondervraging,
eers deur die advokaat namens beskuldigde no 1 en toe
19. deur die
staatsadvokaat. In die loop daarvan stel die geleerde regter 'n aantal
indringende vrae wat 'n oplaaiende skeptisisme
laat deurskemer. Dit blyk egter
uit die uitspraak met betrekking tot verlof om te appelleer dat dit nie soseer
gegaan het om die
wyse waarop appellant getuig het nie. Die opmerking word
naamlik gemaak dat appellant "alles behalwe onintelligent is, want hy het
glad
en vlot en in sekere gevalle amper oortuigend gelieg van begin tot end."
Ontleding van die hof a guo se uitspraak op die meriete toon dan ook dat
die grondslag vir die verwerping van appellant se weergawe nie die
aanbiedingswyse daarvan
was nie maar wel die inhoud.
Die verhoorhof se
verwerping van appellant se weergawe is op vier hoofoorwegings gebaseer. Ten
eerste word bevind dat die verbintenis
tussen appellant en beskuldigde no 1
hegter was as wat appellant te kenne wil gee. Appellant se getuienis dat hy vir
beskuldigde
no 1 "drie maande of drie weke" geken het,
20.
word as belaglik verwerp met die opmerking:
"As hy eerlik was sou 'n mens verwag het dat hy sou sê ek is onseker hoe lank ek hom ken of ek ken hom net van die aand af of van hierdie gebeure of hy sal sê ek het hom voor die tyd geken, maar dit kan 'n paar maande wees of dalk net 'n paar weke wees."
Aansluitend daarby word
appellant se getuienis dat hy
eers ná sy arrestasie uitgevind het dat
beskuldigde no
1 voorheen by Concor gewerk het, as vals verwerp met
die opmerking:
"Hy het dit in hoof gesê en ook in
kruisondervraging herhaal totdat hy
gekonfronteer is met wat hy aan die landdros
gesê het in bewysstuk "E"."
Gemelde verklaring fundeer ook die verhoorhof
se
daaropvolgende bevinding met betrekking tot appellant
se poging om
homself van beskuldigde no 1 te
distansieer. Appellant het naamlik in sy
getuienis
ontken dat hy en beskuldigde no 1 met mekaar bevriend
was terwyl
hy by herhaling in bewysstuk "E" na hom as
sy vriend verwys het. Die
verwerping van appellant se
betrokke getuienis word in die uitspraak soos volg
21 .
gemotiveer:
"Dit is 'n leuen, soos ek gesê het dit is 'n leuen omdat die teendeel blyk uit bewysstuk E tot so 'n mate dat die landdros dit nodig gevind het om vir hom te vra nadat hy 12 keer verwys het na nr. 1 as sy vriend: 'Wie is jou vriend' en hy het toe gesê dat dit Job is, dit wil sê beskuldigde 1. Sy verduideliking dat hy maar deurgaans na sy mede-trawant verwys het as sy vriend omdat die tolk dit vir hom gesê het, gaan nie op nie. Hy het 'n amptelike tolk gehad en dit is onwaar dat die tolk vir hom daardie begrip of woorde in sy mond sou gelê het."
Die verhoorhof se redenasie met betrekking tot
appellant se pogings tot distansiering word dan soos
volg saamgevat:
"Die rede natuurlik waarom hy alle vooraf kennis en verwysing na nr. 1 as sy vriend probeer vermy, is omdat hy gepoog het om die hof te mislei ten aansien van hulle optrede. As die hof bevind het dat hy en nr. 1 totale vreemdelinge was dan sou dit meer waarskynlik kon volg dat hulle nie die gemeenskaplike opset gehad het om daardie aand te gaan roof nie."
Die tweede hoofoorweging waarom die
verhoorhof appellant se weergawe verwerp, is dat hy sy
graad van beweerde
dronkenskap sou oordryf het. Die
22.
tyd wat verloop (nagenoeg twee uur) en die afstand wat
te voet afgelê word (ongeveer 3 kilometer) ná appellant
hulle die drinkplek verlaat, word oorweeg in samehang
met appellant se
vermoe om haarfyn besonderhede van die
noodlottige nag se gebeure te verstrek. Met betrekking
tot die appellant se bevonde leuenagtigheid aangaande
sy dronkenskap word ook die volgende opmerkings gemaak:
"Aan die landdros sê hy in bewysstuk E dat hy en nr. 1 oor die draad (en 'n mens kan maar net kyk na die foto's om te sien hoe hoog dit is) gespring het. Hy het goed besef 'n dronk man kan dit nie doen nie en daarom het hy die hof probeer beïndruk met sy dronkenskap en toe het hy skielik by 'n hek wat toegesluit word om skelms uit te hou, met gemak tussen die twee hekke 'deurgeskuif'."
Die derde grondslag vir die hof a quo se
verwerping van appellant se weergawe is dat sy
voorgegewe rol as passiewe
toeskouer inherent
verwerplik is as 'n growwe onderskatting van die
intelligensie van hierdie hof." In die besonder word
bevind dat appellant
se weergawe met betrekking tot die
brandkluis vals is:
23.
"Natuurlik wil hy hom disassosieer met die brandkluis wat weggesleep is onder die tafel uit. Toe hy gevra word oor die posisie van die brandkluis wat nou totaal en al anders is, denkende daaraan dat dit 200 kilogram weeg, kom hy met die antwoord hy het nie gesien of daar dalk nog meerdere tafels was nie."
In die vierde instansie steun die hof benede
vir sy verwerping van appellant se relaas op die
teenstelling tussen die
voorgegewe voorneme om vervoer
na Johannesburg te bekom met 'n rit in
die
teenoorgestelde rigting wat inderdaad onderneem is. By
wyse van
samevatting en slotsom word dan soos volg
bevind:
"Alles aanduidings, nie net alleen dat hy 'n valse relaas opgedis het aan hierdie hof nie, maar ook aanduidend daarvan dat hy hom geheel en al vereenselwig het en meegewerk het aan die roof en die diefstal en geweet het dat nr. 1 daardie yster gaan gebruik en gesien het dat hy die yster gebruik om die oorledene se kop te verbrysel, sonder dat hy enige aanduiding gee dat hy 'n ander gesindheid het anders as om hom totaal en al te assosieer met die handelinge van nr. 1.
Myns insiens het die staat derhalwe sonder enige redelike twyfel bewys dat beskuldigde 2 die gemeenskaplike opset gehad
24.
het met nr. 1 en wat daarop gerig was om die oorledene se lewe te neem, daarna te roof en dat hulle minstens die twee items, bewysstukke 2 en 3, geroof het en daarna die Kombi wat behoort het aan die persoon genoem in die klagstaat, waarvan die sleutel in die besit van die oorledene was, gesteel het en daarmee weggery het."
In hierdie hof is die aanval op appellant se
skuldigbevindings op 'n tweeledige grondslag aangevoer.
Ten eerste is
betoog dat die verwerping van appellant
se weergawe nie geregverdig was nie;
tweedens en in
die alternatief is aangevoer dat, al sou
sodanige
verwerping geregverdig gewees het, 'n gemeenskaplike
opset tussen
appellant en beskuldigde no 1 nietemin nie
bo redelike twyfel bewys is nie.
Van die kant van die
Staat is daarenteen betoog dat appellant se skuld
aan
al drie die ten laste gelegde misdade na behore bewys
is. In wese word die verhoorhof se geloofwaardigheids-
bevindings en
afleidings ondersteun, naamlik dat
appellant en beskuldigde no 1 na die
Concor-perseel
gegaan het met die afgesproke plan om die oorledene,
25.
wat andersins vir beskuldigde no 1 sou kon uitken, te dood om hul beplande
inbraak en diefstalle te kan pleeg.
By die beantwoording van die kernvraag of
die Staat bo redelike twyfel appellant se skuld aan die misdade bewys het, staan
die besondere
aard van sy verweer myns insiens voorop. Die vraag is dan meer
spesifiek of appellant se verweer dat hy 'n blote toeskouer was toe
beskuldigde
no 1 die misdade pleeg buite redelike twyfel as vals bewys is. Sodanige vraag
verdeel op sy beurt in twee afsonderlike
(dog aanverwante) vrae, naamlik of dit
redelik moontlik waar is (i) dat appellant sonder 'n ooreenkoms om te roof
saamgegaan het
met beskuldigde no 1 en, indien wel (ii) dat appellant hom nie op
die toneel deelgenoot aan 'n
gemeenskaplike doel gemaak het nie.
By die beantwoording van beide vrae moet voor oë gehou word dat dit gaan om die opweging van omstandigheidsgetuienis enersyds teenoor die mondelinge
26.
getuienis andersyds van appellant - getuienis wat
weliswaar onweerspreek
staan maar in bepaalde opsigte
kritiekwaardig is. Wat laasgenoemde faktor betref,
moet rekening gehou
word met die bekende caveat in S v
Steynberq, 1983 (3)
SA 140 (A) op 146A-D.
"Ofskoon by die beoordeling in 'n strafverhoor van die getuienis as geheel 'n leuen deur 'n beskuldigde in die weegskaal gewerp moet word, moet nogtans teen die gevaar van 'n oorbeklemtoning van die oortuigingskrag daarvan gewaak word. Kyk R v Du Plessis 1944 AD 314 op 323. By'n waardebepaling van die bewyskrag van 'n beskuldigde se valse verklaring moet daar na al die omstandighede van die besondere geval gekyk word."
Die agterdogwekkendheid van die omstandighede
is
vanselfsprekend. Die blote tyd en plek van die
samesyn is nou eenmaal verdag
terwyl die rede wat
appellant vir hul samesyn verstrek,
inherent
onoortuigend is. Bowendien, as appellant geglo moet
word, sou
beskuldigde no 1, sonder 'n afspraak en ten
aanskoue van 'n nie-vertroueling,
die misdade pleeg.
Appellant, wat op sy weergawe alle rede het om hom
uit
27. die voete te maak, bly nie alleen teenwoordig nie maar vergesel vir
beskuldigde no 1 in die gesteelde minibus en keer eers die
Woensdagoggend saam
met hom terug na Middelburg. Appellant se beroep op sy dronkenskap as
verduideliking vir sy optrede is dan ook
tereg deur die verhoorhof
verwerp.
Daar kan nietemin nie met die verhoorhof saamgestem word wat betref
die vier gronde vir verwerping van appellant se verweer nie. Ten
eerste moet
appellant se advokaat gelyk gegee word dat die onbevredigende aspekte van
appellant se getuienis hoofsaaklik betrekking
het op minder belangrike
weersprekings tussen sy getuienis en sy buitegeregtelike verklarings. Die
gebruik van die woord "vriend"
in bewysstuk "E", waarop die verhoorhof die klem
laat val het, is na my mening nie werklik so 'n
gewigtige oorweging nie. Dit
is wel so dat die woord herhaaldelik voorkom maar dis betekenisvol dat appellant
destyds byvoeg dat hy
sy sogenaamde vriend se
28.
van nie ken nie, aanduidend daarvan dat die verwantskap tog nie so danig heg
was nie. Daar moet ook onthou word dat die verklaring
nie appellant se ipsissima
verba is nie maar uit Zulu in Afrikaans oorgetolk is. Die spesifieke woord wat
appellant in sy eie taal
gebruik het, mag nuanses hê wat nie ooreenstem
met die woord wat die tolk goedgevind het om as Afrikaanse ekwivalent te gebruik
nie. Bowendien kan daar, selfs sonder oortolking, nie te veel van die gebruik
van 'n
enkele woord in die mond van 'n ongeletterde soos appellant gemaak
word nie. So byvoorbeeld kan die woord "vriend" na gelang van sy
samehang
meerdere betekenisse dra waaronder die van 'n blote metgesel.
Insgelyks kan
daar weinig gewig geheg word aan die waargenome weerspreking oor hoe lank
appellant vir beskuldigde no 1 sou geken het.
Die verhoor vind immers ses maande
na die gebeure plaas en die vaagheid oor die duur van 'n kortstondige
kennistydperk so lank tevore
is nie inherent verwerplik nie. Dieselfde geld
29.
die wyse waarop hy sodanige vaagheid verwoord. 'n Geletterde kon dit dalk
anders gestel het maar die uitdrukkingswyse is nie per se verwerplik nie.
Voorts is daar geen werklike loënstraffing in bewysstuk "E" te vinde vir
appellant se getuienis dat hy ná
sy arrestasie te hore gekom het dat
beskuldigde no 1 by Concor gewerk het nie. Ten tyde van die aflegging van
bewysstuk "E" was hy
immers reeds in hegtenis. Appellant betwis ook nie dat hy
ten tyde van die aflegging van die verklaring aan die landdros geweet het
dat
beskuldigde no 1 by Concor gewerk het nie en sê dat hy die kennis na sy
arrestasie verwerf het. Dit is nie onbestaanbaar
met sy mededeling aan die
landdros, ná sy arrestasie, dat beskuldigde no 1 hom daarvan vertel het
nie. Sy verdere getuienis
dat hy sodanige kennis eers 'n maand na sy arrestasie
bekom het, is natuurlik wel daarmee onbestaanbaar.
Ek meen ook nie dat die
verskuiwing van die brandkluis, waarop die verhoorhof gesteun het, as 'n
30.
faktor in 'n omstandigheidsketting teen appellant ge-bruik kon word nie. Die
getuienis van Hertz was dat die kluis los onder 'n
tafel gestaan het en deur 'n
enkele persoon uitgeskuif kon word. Sy verdere getuienis dat hy met 'n helper
die kluis uit die kantoor
uitgeneem en onder 'n boom daarbuite geplaas het,
bevestig dat beskuldigde no i geredelik daartoe instaat sou gewees het om dit
alleen
van onder die tafel uit te beweeg. Die vraag ontstaan tewens hoekom
beskuldigde no 1 en appellant, as hulle dan saamgewerk het, nie
die brandkluis
ook gesteel het nie. Die oorledene was immers reeds skadeloos gestel, die
omstandighede was sodanig dat beskuldigde
no 1 nie gehuiwer het om met die
skyfslyper aan die brandkluis te werk nie, hy het al die sleutels in sy besit en
die minibus staan
reg as vervoermiddel.
Die verhoorhof se benadering tot
appellant se weergawe dat hy nie aan die pleging van die misdade deelgeneem het
nie, kan om twee
redes nie ondersteun
31. word nie. Ten eerste is dit in
beginsel nie korrek om dit as 'n poging tot dissosiasie te kenskets nie. Die
onuitgesproke premisse
daarby is immers dat daar wel assosiasie was wat
appellant probeer wegpraat terwyl die bestaan al dan nie van sodanige assosiasie
juis die vraag is wat uitgemaak moet word. Ten tweede kan die geloofwaardigheid
van appellant se poging tot dissosiasie nie deurslaggewend
wees by die bepaling
van sy skuld nie. 'n Bevinding dat hy leuenagtig poog om hom van beskuidigde no
1 te distansieer is ewe versoenbaar
met skuld as met onskuld. As argumentshalwe
aanvaar word dat hy wel bloot 'n toeskouer was, is dit te begrype dat hy die
grootste
moontlike verwydering tussen hom en beskuldigde no 1 sou wou voorhou.
As daarenteen uitgegaan word van die veronderstelling dat hy
wel aan die pleging
van die misdade deelgeneem het, sal hy ewe naarstig probeer om hom te
dissosieer.
Bowendien meen ek dat appellant se getuienis
32.
met betrekking tot die assosiasie nie verwerplik is nie. Daar moet 'n mate van gewig geheg word aan die konsekwentheid waarmee hy by vier afsonderlike geleenthede sy weergawe te kenne gee, naamlik aan die landdros (bewysstuk "E"), tydens die uitwysing aan die polisie (bewysstuk "H"), tydens die pleitverrigtinge ingevolge artikel 119 van Wet 51 van 1977 (bewysstuk "B") en by die verhoor. Dat daar weersprekings is, staan vas. Vraag is egter hoe wesenlik hulle is, veral gesien in die samehang van dit wat konsekwent is. Appellant meld wel in bewysstuk "E" dat "ons" oor die draad gespring het terwyl hy by die verhoor getuig dat hy aanvanklik voor die hek bly staan het en dáár in is na hy oorledene hoor skreeu het. Hy noem egter ook in bewysstuk "E" dat hy in opdrag van beskuldigde no 1 by "n leë drom by 'n hek" bly staan het en vandaar die oorledene hoor skreeu het. Die dag na hy die verklaring voor die landdros aflê, begin hy sy uitwysing aan die polisie by 'n punt buite die
33.
toegangshek wat hy aanwys as die plek waar hy sou
gestaan het toe hy die
oorledene hoor skreeu. By die
pleitverrigtinge op 16 Junie 1989 sê hy
ook:
"Ek het buite gestaan en ek hoor 'n persoon huil... Ek sien net toe hy daar gelê het gaan kyk wat nr. 1 gedoen het."
Sy
beskrywings van beskuldigde no 1 se daaropvolgende
handelinge en van sy eie
reaksies daarop toon geen
noemenswaardige onderlinge afwykings nie.
Inteendeel,
op die keper beskou, moet daar ten gunste van appellant
bevind
word dat hy 'n betreklik omstandigheidsryke
relaas by vier verskillende
geleenthede oor 'n tydperk
van ses maande konsekwent kon verstrek.
Dit alles in ag genome, is dit redelik
moontlik waar dat appellant nie vooraf met beskuldigde
no 1 afgespreek het
om saam die misdade te gaan pleeg
nie? Is dit nie ook redelik moontlik waar
dat
appellant hom nie later deelgenoot aan sodanige misdade
gemaak het nie? Met betrekking tot beide vrae dien
daarop gelet te word dat appellant se leuenagtigheid 'n
34.
faktor is wat in die weegskaal geplaas moet word, maar dat dit op sigself nie
dien om leemtes in die Staatsaak te vul nie: Die pleging
van die misdade is
bewys; beskuldigde no 1 erken sy skuld; appellant erken sy agterdogwekkende
teenwoordigheid by die pleging maar
ontken enige deelname; hy is in bepaalde
opsigte leuenagtig. Dit en dit alleen is die saak teen appellant. Wat
eersgenoemde vraag
betref, meen ek dat daar nie gesê kan word dat die
omstandighede noodwendig dui op 'n afspraak nie. Ondanks die verdagte
omstandighede
van die samesyn op die toneel in die nagtelike ure en die
onbevredigende aspekte van appellant se getuienis, meen ek nie dat sodanige
afspraak 'n noodwendige afleiding is nie. Dit is wel redelikerwys moontlik dat
beskuldigde no 1 sonder afspraak gereken het dat appellant
sou meehelp ná
hy gekonfronteer is met die fait accompli van die aanranding op die
oorledene en die aldus verkreë geleentheid om te kan steel.
35. Wat die
tweede vraag betref, meen ek ook nie dat daar by wyse van noodwendige afleiding
bevind kan word dat appellant, sonder
'n voorafgaande afspraak, hom op die
toneel vereenselwig het met beskuldigde no 1 se misdade nie. Dat hulle saam in
die gesteelde
voertuig en met die gesteelde teodoliet en bukswaterpas wegry,
twee dae saam vertoef en dan saam terugkeer, kan wel daarop dui dat
appellant
hom vereenselwig het met een of meer of al die misdade wat beskuldigde no 1 in
sy teenwoordigheid gepleeg het. Maar daar
kan myns insiens geen pertinente
inhoud aan sodanige vereenselwiging toegeskryf word nie. Op welke tydstip, op
welke wyse en ten
aansien van welke handeling(e) van beskuldigde no 1 sou dit
gewees het? Die getuienis bied geen antwoord nie. Belangriker nog kan
daar geen
noodwendige afleiding gemaak word van enige pertinente actus reus deur
appellant nie. Daar is niks in die bewese feitekompleks wat appellant se
deelname aan die misdade nodig sou gemaak het nie.
Beskuldigde no 1 het
36.
die nodige binnekennis gehad om die oorledene te oorweldig, die inbraak te
pleeg, met die voertuig die gesteelde goed te verwyder
en dit te gaan wegsteek.
As dit eenmaal redelik moontlik waar is dat appellant 'n blote toeskouer was en
- willig of onwillig - saamgery
het in die gesteelde voertuig dan het hy geen
misdaad gepleeg nie. En ek meen dat sodanige afleiding nie bo redelike twyfel
deur
die totaliteit van die getuienis uitgeskakel is nie.
Die appèl
word gehandhaaf. Die skuldig-bevindings en vonnisse word tersyde gestel.
J.C. KRIEGLER WN AR
CORBETT HR
STEM SAAM FRIEDMAN AR