South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 92

| Noteup | LawCite

S v Makarene (30/91) [1991] ZASCA 92 (2 September 1991)

Download original files

RTF format


Saak No 30/91

WPA

IN DIE HOOGGEREGEHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen

THOMAS MAKARENE APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : HEFER AR, VAN DEN HEEVER et HARMS Wrn ARR. AANGEHOOR : 23 AUGUSTUS 1991. GELEWER : 2 SEPTEMBER 1991.

U I T S P R A A K

HEFER/...
2. HEFER AR:
Vroeg die aand van Vrydag 29 April 1988 het ene Kasperczak (" die oorledene" ) sy huis per motor ver-laat om nagdiens by die nabygeleë Westonaria myn te gaan doen. Sy familie het hom nie weer lewend gesien nie. Sondag 1 Mei 1988 is sy erg verminkte en gedeeltelik ont-
klede lyk ongeveer 40 km vanaf sy huis in 'n oop stuk veld in Willowdene ten suide van Johannesburg aangetref. Van die motor en meeste van sy klere wasdaar geen spoor nie.
Nie lank na die voorval nie is die huidige ap-pellant en twee mede-beskuldigdes ("beskuldigdes no 2 en 3") in Klipspruit in hegtenis geneem en gedurende 1989 het hulle in die hof a quo tereg gestaan op 'n aanklag van moord (klagte 1) en roof met verswarende omstandighede (klagte2). Hoewel aldrie onskuldig gepleit het is hulle skuldig bevind op beide klagtes. Die verhoorhof het bevind dat daar, wat klagte 1 betref, versagtende omstandighede slegs in die
3. geval van beskuldigde no 2 was. In die lig van die be-vinding is appellant ter dood veroordeel op klagte 1. Die huidige appèl is gemik teen hierdie vonnis.
Dit is bekend dat 'n appél teen 'n doodvonnis sedert die inwerkingtrede van die Strafregwysigingswet 107 van 1990 op 27 Julie 1990 anders as vantevore benader en beoor-deel word. Dit is onnodig om die nuwe benadering volledig te bespreek en ek volstaan deur weer eens te konstateer dat dit tans die taak van hierdie hof is om self te oordeel of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is met inagneming van alle strafversagtende en strafverswarende faktore. Dit geld ook vir gevalle soos die onderhawige waar die vonnis opgelê is voor die inwerkingtredJng van die wysigingswet.
Appellant was ten tyde van die moord 'n man van 27 of 28 jaar met 'n vrou en 'n opgeskote kind. Hy het op die plat-teland grootgeword waar hy slegs geleer het om beeste op te pas en geen skoolopleiding ontvang het nie. Van sy vader het hy nie aandag gekry nie en sy moeder... het die.
4. huis verlaat op 'n stadium toe hy betreklik jonk moes gewees het. Sy stiefmoeder het hom hardhandig grootgemaak tot-dat hy besluit het om self elders 'n heenkome te vind. In Soweto waarheen hy toe is,het hy aangeleer om motorvoertuie te herstel. Ten tyde van die moord het hy by 'n steenkool-handelaar in Klipspruit gewerk waar hy belas was met her-stelwerk en die oplaai van steenkool by die myne teen 'n sa-laris van R80 - R150 per week. Sy belangstelling in motor-voertuie was nie beperk tot die herstel daarvan nie want ge-durende 1986 is hy skuldig bevind aan die diefstal van so 'n voertuig en veroordeel tot 4 jaar gevangenisstraf. (Die beskikbare getuienis dui daarop dat hy ongeveer die helfte van die vonnis uitgedien het.) Soos aanstons sal blyk, het die huidige moord ook gespruit uit sy en sy mede-beskul-diges se voorliefde vir voertuie wat aan ander mense be-hoort.
In hierdie hof het sy advokaat aangevoer dat appel-lant se armoedige omstandighede, beide as kind en ten tyde
5. van die moord, saam met sy ongeletterdheid en bejammerens-waardige verlede as strafversagtende faktore in aanmerking geneem moe.t word. Ek is bereid om dit te doen hoewel ek geensins oortuig is dat enigeen van hierdie faktore 'n noe-menswaardige rol by die pleeg van die misdaad gespeel het nie. Maar ek is nie bereid om te aanvaar nie dat, soos sy advokaat verder aangevoer het, hy vatbaar is vir reha-bilitasie nieteenstaande sy vorige veroordeling en die mis-dade waaraan hy tans skuldig bevind is. Daar is geen grond vir so 'n gevolgtrekking nie; inteendeel, die be-treklik swaar vonnis wat hom gedurende 1986 opgelê is het blykbaar geen heilsame effek gehad nie. Hy was skaars uit die tronk toe hy en sy mede-beskuldigdes die oorledene se voertuig gesteel het en hy homself bewys het as 'n persoon wat bereid is om tot die uiterste te gaan on sy dieftige oogmerk te bereik.
Dit blyk naamlik uit die getuienis dat die oorle-deno die betrokke Vrydagaand nadat hy sy huis verlaat het
6. nie gaan werk het nie maar om een of ander onbekende rede na. Soweto gery het waar hy naby 'n besigheid bekend as Giant Car Bazaar stilgehou en in sy motor aan die slaap geraak het. Appellant en sy medebeskuldigdes was daardie aand iewers in Klipspruit by 'n stokvel partytjie. Op pad huistoe het hulle op die slapende man in die motor afgekom. Hoe dit gekom,en wat daarna gebeur het, word beskryf in 'n verklaring (bewys-stuk M) wat appellant kort na sy arrestasie aan 'n polisie-offisier gemaak het. Die toelaatbaarheid van die verkla-ring is by die verhoor betwis op grond van appellant se be-wering dat hy dit nie vrywillig gemaak het nie. Sy getuie-nis in hierdie verband in 'n binneverhoor is egter verwerp en die verklaring is toegelaat. Daarin het hy die volgende verhaal vertel:

" 1.

Ons was vanaf 'n stokvel partytjie te Klipspruit gewees, dit was op 'n Saterdag gewees, ek kan egter nie die presiese datum onthou nie. Ons het met 'n oop bakkie gery wat 'n 'Canopy' agter op gehad het.

7.

2.

In die voertuig was ek, Tolly, (beskuldigde No 2) Sipho die eienaar van die voertuig en Tshiliso (beskuldigde No 3). Terwyl ons gery het het ons 'n Audi motorkar naby die Giant Car Bazaar gewaar. Ons het Sipho versoek om stil te hou en ons aldrie het uitgeklim en Sipho het verder aangery.

3.

Terwyl ons gery het het ons afgespreek om iemand van 'n voertuig te beroof of 'n voertuig te steel. Nadat ons die Audi gesien het het ons aldrie die voertuig genader en gesien dat 'n witman agter die stuurwiel gelê en slaap het. Die voertuig was gesluit. Ek het daarop vir die ander gesê dat die voertuig gesluit is, waarop Tolly 'n groot klip opgetel het en die regter voordeur se venster daar-mee stukkend geslaan het. Die witman het daarop by die linker voordeur uitgespring en ek en Tshiliso het hom daarop vasgegryp. Ons was op daardie sta-dium bang dat iemand ons sou raaksien en het die witman by die agterdeur van die Audi ingedruk.

4.

Hierop het die witman hom teëgesit en begin baklei waarop ons aldrie hom met messe begin steek het. Tolly het agter die stuurwiel ingeklim en begin ry. Naby Eldorado Park het Tolly by 'n oop stuk veld stilgehou. Ons het die witman by sy voer-tuig uitgetrek en ons al drie het hom daarop aan-houdend met die messe oral oor sy lyf gesteek

8.

totdat hy geval het. Daarna het ons aldrie hom ook met klippe gekap totdat hy stilgelê het.

5.

Ons het daarna sy sakke deursoek vir geld maar kon niks vind nie. Ek het daarop sy skoene uit-getrek daar ek dit wou hê. Tolly het ook 'n mans-trui aan my oorhandig wat in die voertuig gelê het en versoek dat ek dit vir hom moet hou. Ons het die witman daarna in die veld gelos terwyl hy ge-lê en bloei het en het met die Audi motorkar te-ruggery na my werkgewer se woning naamlik swart-man Manana te 'Chicken Farm' wie steenkool ver-koop."

By die verhoor het appellant 'n ander

weergawe gehad. Daar het hy getuig dat hy die betrok-
ke aand tuis by sy vrou deurgebring het; dat hy niks
met die oorledene se dood of die diefstal van sy voer-
tuig te doen gehad het nie; en dat hy die oorledene se
trui en skoene wat in sy besit gevind is, van beskuldigde
no 2 gekoop het. Beskuldigde no 2 daarenteen het getuig
dat appellant nie net by die voorval betrokke was nie maar
inderdaad die leidende rol gespeel het. Die verhoorhof het
9. appellant se getuienis tereg verwerp en beskuldigde no 2 s'n aanvaar "save in those aspects where he endeavours to minimise the extent of his own participation in the trans-action". Ongelukkig dui die hof a quo se uitspraak nie aan of beskuldigde no 2 se getuienis ten opsigte van alles wat appellant sou gedoen het, aanvaar is nie. Beskuldig-de no 2 het bv getuig dat hulle by die kolewerf aangery het waar appellant 'n byl geneem het en dat hy (appellant) die oorledene met die stomp kant daarvan gekap het op die plek in die veld waar sy lyk later gevind is. In die afwesig-heid van 'n bevinding oor die aanvaarbaarheid van hierdie stukkie getuienis en van ander bewerings wat beskuldigde no 2 ten opsigte van appellant gemaak het, is die aange-wese weg om die gepastheid van appellant se vonnis slegs op sy eie weergawe in bewysstuk M te beoordeel.
Appellant se advokaat het aangevoer dat die moord, te oordeel aan bewysstuk M, nie vooraf beplan is nie. Ek stem saam dat moord as sulks nie vooraf beplan of selfs
10. afgespreek is nie en dat die afspraak slegs was om 'n voer-tuig te steel of te roof (wat natuurlik behels dat die moont-likheid van geweld waarskynlik voorsien is). Ek meen êgter nie dat die afwesigheid van vooraf-beplanning die oorweging van die vonnis wesenlik beïnvloed nie. Wat onmiddellik by die lees van paragraaf 3 van bewysstuk M opval, is dat die oorledene probeer vlug het en dat appellant en beskuldigde no 3 hom vasgegryp en agter in die voertuig gedwing het. Toe hy hom teëgesit het hetal.drie hom met messe begin steek en met hom weggery na die plek - ongeveer 8 km daarvandaan - waar hy uiteindelik van kant gemaak is. Paragrawe 3 en 4 van bewysstuk M regverdig slegs een afleiding nl dat die oorledene doelbewus teruggebring is toe hy wou vlug en weg-geneem is met die uitsluitlike doel om hom dood te maak. Waarom hulle hom nie laat gaan het nie kon appellant se ad-vokaat nie verduidelik nie. Op die stadium toe hy wou vlug het hulle reeds hulle doel bereik en niks het hulle verhoed om weg te kom met die voertuig sonder om die oor-

11.

ledene liggaamlike leed aan te doen nie. Dat hulle bang was dat iemand hulle sou sien is verstaanbaar; maar juis om hierdie rede sou mens verwag dat hulle hulself so vin-nig moontlik uit die voete sou wou maak sonder om tyd te mors met die oorledene wat self probeer wegkom het. Waar-om het hulle dit dan nodig gevind om hom terug te dwing in die motor? En waarom het hulle hom nie daarna laat gaan toe hy agter in die voertuig nog steeds weerstand gebied het nie? Waarom het al drie van húlle toe met messe op hom toegesak? Daar is geen suggestie dat hulle bevrees was dat hy hulle later aan die man sou kon bring nie en in die afwesigheid van enige verduideliking is die enig-

ste gevolgtrekking dat hulle optrede uit blote bloedlus,

en uit niks anders nie, gespruit het.

Hierdie gevolgtrekking word bevestig deur die ge-

tuienis oor die manier waarop die oorledene doodgemaak is.

Dit is ten dele beskryf in paragraaf 4 van bewysstuk M. Vol-

gens die mediese getuienis was daar nie minder nie as 22

12.
steekwonde aan die oorledene se bors, skouers en rug en was sy skedel boonop vergruis. Aan sy nek was daar op-pervlakkige snywonde wat dui op 'n daadwerklike poging om sy keel af te sny of, miskien nog erger, op wreedaardige vreesaanjaging deur die skyn te skep dat dit gedoen sou word. Die moord was klaarblyklik 'n langdurige- proses en dit neem nie veel verbeelding om die angs en pyn wat die oorledene moes verduur het te visualiseer nie. Te oordeel aan die mediese getuienis en die fotos van die lyk wat by die ver-hoor ingehandig is het hy 'n grusame dood gesterf. En,

asof dit nie genoeg was nie, het sy aanranders daarna nog in hulle gierigheid die vermetelheid gehad om hom te deur-soek vir geld en om selfs die skoene van sy voete af te trek. (Dit mag gemeld word dat dit nie net sy skoene is wat uitgetrek is nie. Toe sy lyk gevind is,was hy slegs in sy onderbroek geklee.)

Daar is niks. wat appellant se optrede enigsins verskoon nie. Sy advokaat het aangevoer dat hy waarskyn-

13.
lik onder die invloed van drank was aangesien hy vroeër die aand op 'n partytjie was. Die verhoorhof het egter bevind, en ek stem saam, dat sy inname van drank volgens al die beskikbare getuienis nie 'n noemenswaardige rol ge-speel het nie. Trouens, selfs nadat sy leuenagtige getuie-nis verwerp is,het appellant self nooit probeer te kenne gee dat dit die geval was nie. Alles in ag genome meen ek dat die doodstraf die enigste gepaste vonnis is. Dit is 'n ge-val waarin die element van retribusie sterk na vore kom en waarin die gemeenskap met reg kan aandring op die uiterste straf.

Die appèl word derhalwe van die hand gewys.

J J F HEFER AR

VAN DEN HEEVER WRN AR STEM SAAM KRIEGLER WRN AR )