South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 38
| Noteup
| LawCite
S v Mnune (288/91) [1992] ZASCA 38 (26 March 1992)
Download original files |
7
Saak nr 288/91 E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
VUSIMUZI ELLIOT MNUNE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: E M GROSSKOPF, F H GROSSKOPF ARR et HOWIE WN AR
Verhoordatum: Lewerinqsdatum:
19 Maart 1992 26 Maart 1992
2
UITSPRAAK F H GROSSKOPF AR:
Die appellant is tydens 'n sitting van
die Oos en Suid-Oostelike Rondgang Plaaslike Afdeling te Evander deur McCreath R
en twee assessore
skuldig bevind op twee aanklagte van moord, 'n aanklag van
huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede,
'n
aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal, en drie aanklagte
wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens
en ammunisie. Die hof a
guo het die appellant die doodvonnis op elkeen van die twee moordklagtes
opgelê. Daarbenewens is die appellant tot 16 jaar effektiewe
gevangenisstraf vir die ander misdade gevonnis. Sy aansoek om teen die opgelegde
doodvonnisse te appelleer, is deur die hof a quo geweier. Sy
daaropvolgende petisie aan die hoofregter om verlof om te appelleer is eweneens
van die hand gewys.
Die appellant was beskuldigde 1 in die hof a
3
guo. Sy jonger broer, destyds 19 jaar oud, was beskuldigde 2. Hy is aan
dieselfde misdade as die appellant skuldig bevind en die vonnisse
wat hom
opgelê is, was ook dieselfde as dié van die appellant. Sy aansoek
om verlof om teen die skuldigbevindings en
doodvonnisse op die twee moordklagtes
te appelleer, is insgelyks deur die hof a quo geweier; so ook sy petisie
aan die hoofregter. Die onderhawige saak handel egter slegs met die posisie van
die appellant, en daar
sal alleen waar nodig verder na die rol van beskuldigde 2
verwys word.
Die Strafregwysigingswet 107 van 1990 ("die wysigingswet") het
op 27 Julie 1990 in werking getree. Art 4 van die wysigingswet het
art 277 van
die Strafproseswet 51 van 1977 ingrypend gewysig, en dit het 'n totaal nuwe
bedeling met betrekking tot die oplegging
van die doodvonnis meegebring. Die
effek van daardie wysiging is reeds in verskeie uitsprake van hierdie'hof
4
uiteengesit en dit is nie nodig om dit hier te herhaal nie.
Al die erkende
regsprosedures betreffende appêl en hersiening ten opsigte van die
appellant se doodvonnis was egter reeds uitgeput
gewees voordat die wysigingswet
in werking getree het. Die geval van die appellant, as ter dood veroordeelde
persoon, is dus kragtens
art 19(8) van die wysigingswet in oorweging geneem deur
die paneel wat ingevolge art 19(1) aangestel is. Die paneel se bevinding
ooreenkomstig art 19(10)(a) was dat die doodvonnisse waarskynlik opgelê
sou gewees het indien die gewysigde art 277 ten tye
van vonnisoplegging in
werking was. Daardie bevinding het meegebring dat die appellant se saak
vervolgens ingevolge art 19(12)(a)
deur hierdie hof oorweeg moet word asof dit
'n appél van die appellant teen sy vonnis is, en asof die gewysigde art
277 ten
tye van vonnisoplegging reeds in werking was. Kragtens die bepaling van
art 19(12)(b) van
5
die wysigingswet kan hierdie hof dan onder andere die doodvonnis bekragtig,
of indien hy van oordeel is dat hy self nie die doodvonnis
sou opgelê het
nie, daardie vonnis tersyde stel en die straf oplê wat na sy oordeel gepas
is.
Die appellant en beskuldigde 2 het mnr en mev Du Plessis op Saterdag 4
April 1987 in hulle huis op die plaas Goedgedacht in die Heidelberg
distrik
vermoor. Die appellant en beskuldigde 2 het die vorige aand by hulle vader op
die plaas oornag. Hulle het trouens op daardie
plaas grootgeword waar hulle
vader toe reeds vir 26 jctar vir mnr Du Plessis gewerk het. Die appellant self
het tot ongeveer 'n jaar
voor die betrokke gebeure nog op die plaas gewoon. Die
appellant het dus vir mnr en mev Du Plessis geken, en hulle het hom ook geken.
Die appellant en beskuldigde 2 is tussen eenuur en twee-uur die Saterdagmiddag
van hulle vader se huis af weg. Hulle het met 'n pad
wat langs die plaashuis
verbyloop in die
6
rigting van die bushalte geloop.
Mev Du Plessis toe 58 jaar oud, was
daardie Saterdagmiddag alleen by die huis gewees. Sy het kort tevore 'n
voetoperasie ondergaan
en beide haar voete was nog in gips gewees. Sy kon slegs
met moeite beweeg. Sy het in die televisiekamer met haar breiwerk gesit
toe die
appellant en beskuldigde 2 die huis binnegekom het en haar oorrompel het. Die
appellant en beskuldigde 2 was gewapen met
'n pistool wat hulle 'n paar maande
tevore elders gesteel het. Hulle het mev Du Plessis se hande vasgemaak, haar in
een van die kamers
toegesluit en geld begin soek. Toe hulle nie self enige geld
kon kry nie, het hulle mev Du Plessis gaan haal om hulle te wys waar
die geld
versteek word. Die appellant het ook geëis dat sy 'n vuurwapen aan hom gee.
Hulle het haar toe na die slaapkamer geneem
waar hulle 'n .22 pistool in 'n
hangkas gevind het. Daarna het mev Du Plessis 'n sleutel en 'n laaikas aan hulle
uitgewys. Hulle
het nie aanvanklik
7
enige geld daar gekry nie en het toe 'n bottel wyn gaan oopmaak en daarvan
begin drink. Hulle het kort daarna na die laaikas teruggekeer
en het toe 'n
bedrag van by die R9 000 kontant in 'n koevert in een van die laaie van die
laaikas gevind. Daarna het die appellant
vir mev Du Plessis met 'n vuurwapen
(dit is onbekend watter een) in die linkerslaap geskiet. Volgens die
distriksgeneesheer wat die
nadoodse ondersoek op haar liggaam uitgevoer het, het
hierdie skoot mev Du Plessis se dood veroorsaak. Tydens sy pleitverduideliking
in die landdroshof het die appellant gesê dat hy mev Du Plessis geskiet
het omdat sy hulle goed geken het en gedreig het om
'n klagte teen hulle te
lê.
Nadat die appellant mev Du Plessis doodgeskiet het, het hy en
beskuldigde 2 in die televisiekamer gaan sit en verder van die wyn gedrink.
Na
'n tyd het hulle
'n voertuig hoor aankom. Dit was mnr Du Plessis wat huis
toe gekom het. Hy was 'n 64-jarige boer gewees. Die
8
appellant en beskuldigde 2 het hom in die huis ingewag. Die appellant het
drie skote in die rigting van mnr Du Plessis geskiet, maar
almal was mis gewees.
Hulle het handgemeen geraak en die appellant het mnr Du Plessis verskeie
steekwonde toegedien met 'n mes wat
hy vroeër in die huis gevind het.
Terwyl beskuldigde 2 vir mnr Du Plessis met 'n deur vasgedruk het, het die
appellant 'n byl
wat agter die deur gestaan het, geneem en mnr Du Plessis
daarmee teen die voorkop gekap. Mnr Du Plessis het geval en een van die
twee het
hom toe met die byl op die nek gekap. Beskuldigde 2 het later beide die
oorledenes se oë met die mes uitgesteek. Nadat
die appellant en beskuldigde
2 hulle hande gewas het, is hulle met die 2 pistole, die geld en nog sekere
ander los items daar weg.
Die nadoodse ondersoek op mnr Du Plessis se liggaam
het getoon dat hy op wrede wyse vermoor en vermink was. Daar was twee
skedelfrakture
asook 'n diep,
9
gapende wond oor die voorkant van sy nek wat tot teen die servikale werwels
gestrek het. Daarbenewens was daar nog veelvuldige steek-,
kap- en snywonde oor
veral die boonste deel van sy liggaam. Sekere van die steekwonde het die
borsholte binnegedring. Verskeie van
die beserings sou opsigselfstaande die dood
van mnr Du Plessis kon veroorsaak het.
Daar is klaarblyklike strafverswarende
faktore wat in ag geneem moet word. Die appellante en beskuldigde 2 het na die
plaashuis gegaan
met die opset om te roof. Daar het hulle twee ou mense in die
huis vermoor. Die appellant het 'n vuurwapen saamgevat, en in die huis
het hy
homself ook nog met 'n mes bewapen om enige moontlike weerstand te oorkom. Mev
Du Plessis het geen weerstand gebied nie; sy
was trouens nie in staat om dit te
doen nie. Sy is nogtans vermoor nadat sy vir hulle gewys het waar die geld
versteek was. Die appellant
het haar doodgeskiet omdat sy hulle herken het.
10
Maar hy het vooraf geweet dat mnr en mev Du Plessis hom sou herken, en hy
moes besef het dat indien hy enigeen van hulle sou raakloop,
hy verplig sou wees
om daardie persoon dood te maak ten einde uitkenning te verhoed. Instede daarvan
om na die moord op mev Du Plessis
met die buit te ontvlug, gaan sit hulle ewe
rustig in die televisiekamer en wyn drink. Daar is geen sprake daarvan dat mnr
Du Plessis
onverwags op hulle afgekom het en dat hulle hom in 'n oomblik van
beweerde paniek vermoor het nie. Selfs toe hulle sy voertuig hoor
aankom het,
kon hulle hulself nog betyds uit die voete gemaak het. Hulle het egter besluit
om hom in die huis in te wag en daar te
verras. Daarna het hulle hom met
onnodige geweld en op wreedaardige wyse vermoor. Die appellant het twee moorde '
n tyd na mekaar
gepleeg, en in elke geval het hy die direkte opset gehad om sy
slagoffer te dood.
Dit is namens die appellant betoog dat sy betreklike
jeugdigheid as strafversagtende faktor in
11
aanmerking geneem behoort te word. Hy was 22 jaar oud toe die misdade gepleeg
is, en dus geen tienderjarige meer nie. Daar is geen
aanduiding dat hy as gevolg
van sy jeug deur iemand beïnvloed was om hierdie verfoeilike moorde te
pleeg nie. Die waarskynlikhede
dui eerder daarop dat hy, as die ouer broer, vir
beskuldigde 2 beïnvloed het.
'n Verdere strafversagtende faktor wat
namens die appellant ter oorweging gegee is, is die moontlikheid dat hy onder
die invloed van
sterk drank opgetree het. Die appellant se vader het in die loop
van sy getuienis ontken dat die appellant en beskuldigde 2 enige
bier die
Vrydagaand by hom aan huis gedrink het. Daar was geen suggestie dat hulle die
Saterdagoggend enige sterk drank by hulle
vader se huis of elders gedrink het
nie. Hulle het wel wyn by die plaashuis gedrink, maar dit was ten tye van die
pleging van die
misdade. Die appellant het ook nie beweer dat hy hoegenaamd deur
die inname van
12
sterk drank aangetas was nie.
'n Strafversagtende faktor wat wel gewig
dra, is die feit dat die appellant geen vorige veroordelings op sy kerfstok
gehad het nie.
Dit wil nie sê dat hy in alle opsigte 'n wetsgehoorsame
burger was nie, want hy is tydens sy verhoor ook skuldig bevind aan
'n
vroeëre oortreding van huisbraak met die opset om te steel en diefstal wat
'n paar maande tevore gepleeg is. Die pistool
wat die appellant saamgeneem het
toe hy die reeks misdrywe in April 1987 op die plaas van mnr Du Plessis gaan
pleeg het, was trouens
by daardie vorige geleentheid in Januarie 1987 by 'n
winkel gesteel.
Die feit dat die appellant moontlik vir rehabilitasie vatbaar
is, is maar een van die faktore wat by strafoplegging oorweeg moet word.
Die
ander oogmerke by straftoemeting, te wete voorkoming, afskrikking en vergelding,
moet egter ook in aanmerking geneem word by
die beoordeling van die gepaste
vonnis. Aanvalle op
13
weerlose bejaardes wat in hulle eie wonings, dikwels op afgeleë plase,
beroof en vermoor word, is in die afgelope tyd in uitsprake
van hierdie hof
beskryf as iets wat uiteraard vir die gemeenskap verderflik is. In sulke gevalle
tree die gemeenskapsbelang, asook
die afskrikkings- en vergeldingselemente,
sterk op die voorgrond by die oorweging van die gepaste straf. (S v Khundulu
and Another 1991(1) SASV 470(A) te 479 h-i; S v Makie 1991(2) SASV
139(A) te 143 h; S v Sesinq 1991(2) SASV 361(A) te 365g-h; S v
Shabalala and Others 1991(2) SASV 478(A) te 483c-e.)
Die twee oorledenes
in die onderhawige saak was ook betreklik bejaarde persone wat in hulle eie huis
op die plaas beroof en vermoor
is. Met inagneming van die strafversagtende en
-verswarende faktore, en die hoofoogmerke van straftoemeting, is ek van oordeel
dat
die doodstraf die enigste gepaste straf vir beide die moorde is.
14
Die appél word afgewys en die twee doodvonnisse wat die appellant opgelê is, word bekragtig.
F H GROSSKOPF AR
E M GROSSKOPF AR
HOWIE Wn AR Stem saam