South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 168
| Noteup
| LawCite
Van Niekerk en Genote Ingelyf v Administrateur van Transvaal (383/91) [1993] ZASCA 168; [1994] 2 All SA 26 (A) (12 November 1993)
Download original files |
Saak No 383/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:-
J D VAN NIEKERK EN GENOTE INGELYF...
APPLIKANT
en
DIE ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAAL RESPONDENT
CORAM: Corbett HR, Botha, Vivier, ARR, Nicholas et Harms Wn AR.
DATUM VAN VERHOOR: 10 September 1993 DATUM VAN UITSPRAAK: 12 November 1993
UITSPRAAK
CORBETT HR/
2
CORBETT HR:
Dit is 'n aansoek om hersiening, ingevolge reël 9 van die reëls van
die Appèlafdeling, van die taksasie deur die
takseermeester van applikant
se kosterekening in die appèlsaak J D van Niekerk en Genote Ingelyf v
Die Administrateur van Transvaal (saak no 141/1985) - hierna "die
appèlsaak" genoem - wat in Augustus 1988 deur hierdie Hof aangehoor is.
Die aansoek gaan
oor gelde betaalbaar aan die advokate (senior en junior) wat
namens applikant in die appèlsaak opgetree het. Hierdie advokaatsgelde
beloop 'n totale bedrag van R229 615,000. Die takseermeester het die volgende
gelde toegelaat: R40 000,00 vir die senior advokaat
en R26 667,00 vir die junior
advokaat (totale bedrag: R66 667). Hy het, m a w, die geëiste
advokaatsgelde met R162 948,00 verminder.
Dit word namens applikant aangevoer
dat die takseermeester
3 sodoende klaarblyklik fouteer het en dat hierdie Hof
dus geregtig is om die allocatur te hersien. Applikant doen aan die hand dat
die
bedrae van R40 000,00 en R26 667,00 deur die bedrae R88 000,00 en R58 000,00
onderskeidelik vervang behoort te word.
Die appélsaak het voorgespruit
uit 'n geding waarin die applikant, 'n firma wat met regspersoonlikheid beklee
is en wat as
elektrotegniese raadgewende ingenieurs praktiseer, vergoeding vir
professionele dienste ten bedrae van Rl 622 266,47 van die Wes-Randse
Administrasieraad, as verweerder, geëis het. Mêt die aanvang van die
verhoor (voor Van Dijkhorst R in die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling) het dit
geblyk dat die verweerder vervang is deur 'n nuwe statutêre liggaam met
regspersoonlikheid, nl
die Wes-Randse Ontwikkelings-raad, en 'n aansoek om die
wysiging van die pleitstukke om laasgenoemde as verweerder te substitueer,
is
deur die Verhoorhof toegestaan.
4 Aan die einde van 'n ietwat langdurige
verhoor het die Verhoorregter vonnis ten gunste van die applikant in die bedrag
van R74 237,93
toegestaan. Beide die applikant en die destydse verweerder was
ontevrede met hierdie uitspraak en, met die nodige verlof, is 'n appèl
deur applikant en 'n teenappèl deur die verweerder aanhangig gemaak.
Terwyl die appèl en teenappèl nog hangend was, is die
verweerder deur wetgewing (Wet 75 van 1986) afgeskaf en ingevolge
daardie Wet en
'n kennisgewing wat kragtens artikel 3(2) daarvan gepubliseer is, is al sy
bates, laste, regte en verpligtinge oorgedra
aan en gevestig in die
Administrateur van Transvaal. Hierdie verdere verwikkeling het tot gevolg gehad
dat applikant 'n aansoek om
die vervanging van die Administrateur as respondent
in die appèl en appellant in die teenappèl moes loods. Hierdie
aansoek is by die aanvang van die aanhoor van die appèl en die
teenappèl gedoen en deur die
5 Appèlhof toegestaan. Die
Administrateur het die aansoek nie bestry nie.
Hierdie Hof het die appèl gehandhaaf en die
teenappèl afgewys en
beveel dat die respondent die koste
van beide (insluitende die koste van twee
advokate) moes
betaal. 'n Bedrag van R718 89,53, met rente en koste,
is aan applikant toegeken. Applikant het mettertyd
'n
kosterekening aan die takseermeester vir taksasie
voorgelê.
Tydens die taksasie het die partye se
prokureurs die takseermeester verwittig dat die fooie van
applikant se prokureurs, soos geëis, deur die respondent
aanvaar word en dat hy dus hierdie items nie hoef te
takseer nie. Hy is egter gevra om die uitgawes t o v
advokaatsgelde te takseer. Dit is ook namens applikant
toegegee dat sekere items (nos 44 tot 49) in die
kosterekening nie verhaalbaar is nie en dat hierdie items
wat met advokaatsgelde i v m die voorbereiding van die
appélstukke gehandel het (ten bedrae van R2 485,00),
6 derhalwe afgetakseer behoort te word. Die taksasie het toe voortgegaan, met die reeds vermelde uitslag.
Die advokaatsgelde word in 31 items van die kosterekening bevat. 'n Ontleding van hierdie items bring aan die lig -
(a) dat 12 daarvan (met 'n groottotaal van R48 400) betrekking het op die opstel van betoogshoofde deur die junior advokaat; (b) dat 5 (groottotaal R5 640) betrekking het op die opstel van betoogshoofde deur die senior advokaat; (c) dat 2 (totaal R75 000) betrekking het op "voorbereiding op appèl" deur die senior advokaat;
(d) dat 2 (totaal R50 000) betrekking het op "voorbereiding op appèl" deur die junior advokaat; (e) dat 3 (totaal R30 000) betrekking het op
7 verskyning van die senior advokaat voor die Appèlhof tydens die aanhoor van die appèl wat vir drie dae geduur het; en
(f) dat 3 (totaal R16 600) betrekking het op
die
junior advokaat se verskyningsfooie.
Die orige vier items bestaan uit (ek haal uit die kosterekening aan) :-
(g) "Foto afskrifte gemaak re junior advokaat
(junior advokaat berei
afskrifte van
betoogshoofde voor na finalisering
daarvan) R115,00". (Item
61.)
(h) "Aansoek substitusie re junior advokaat (dit het te make met die aansoek om vervanging van die Wes Randse Administrasieraad met die Transvaalse Provinsiale Raad. Hierdie was 'n ingewikkelde aansoek wat deur die advokate han-
teer moes word.) R2 400,00". (Item
69.)
8
(i) "Nasien van betoogshoofde (vervanging van
party) re senior advokaat (dit het te make met
die betoogshoofde rondom die aansoek vir
vervanging. Weereens het die junior advokaat
die betoogshoofde opgestel en die senior
advokaat het dit nagesien.) R360,00".
(Item 71.) (j) "Hoofpunte van betoog (wysiging) re junior
advokaat (soos onder item 71) Rl 100,00".
(Item 72.)
Ter verduideliking van die advokaatsgelde t o v die opstel van die
betoogshoofde in die appèlsaak verklaar die applikant (in
sy skriftelike
betoog ingevolge reël 9(3) voorgelê) dat "ten einde koste te bespaar"
(in die omstandighede klink dit ietwat
ironies) die junior advokaat die
betoogshoofde opgestel het en dat die senior advokaat die hoofde slegs nagesien,
aangevul
9 en reggestel het waar nodig. Dit word verder beklemtoon dat die
appèloorkonde "uit meer as 6380 bladsye" bestaan het; dat
om die
betoogshoofde op te stel die junior advokaat die oorkonde moes deurlees,
uittreksels maak, 'n nuwe lys van bewysstuknommers
voorberei, respondent se
betoogshoofde in die appèl en teenappèl deurgaan, die toepaslike
reg nagaan, die betoogshoofde
self opstel, en so meer; dat die betoogshoofde op
die ou end 201 bladsye beslaan het; dat die junior advokaat 483 uur (volgens die
kosterekening 484 uur) aan die opstel van die betoogshoofde spandeer het. Dit
blyk uit die kosterekening dat die junior advokaat
sy gelde in dié
verband teen 'n koers van R100 per uur bereken het. Dit is nie duidelik hoe die
senior advokaat se gelde met
betrekking tot die betoogshoofde (ten bedrae van R5
640) bereken is nie.
Ten opsigte van die voorgaande wil ek die volgende feite noem:
10 (1) Die
appèloorkonde beloop weliswaar 6380 bladsye maar die eerste 472 bladsye
daarvan bevat pleitstukke, aansoeke om wysiging
van die pleitstukke, en
openingsredes deur die advokate; die volgende 2169 bladsye die mondelinge
getuienis wat deur beide partye
aangevoer is; die volgende 96 bladsye die
Verhoorregter se uitspraak (61 bladsye), argument oor koste, uitspraak oor
koste, ens;
en die orige 3638 bladsye 'n groot aantal (ek het 485 getel)
dokumentêre bewysstukke insluitende 'n aansoek deur verweerder
om sy
pleittukke te wysig met ondersteunende stukke (34 dokumente en 167 bladsye) .
Dit is moeilik om te oordeel hoeveel van hierdie
dokumentêre bewysstukke
werklik by die appél ter sake was. Ek het na hierdie Hof se uitspraak
(gelewer deur my ampsbroeder
Botha) gekyk. Daarin word
11
verwys na "die geweldige massa dokumentêre
bewysstukke" en word gesê dat -
"...'n groot deel daarvan bestaan uit tekeninge, sketse, planne, berekeninge en so meer waarna dit nie nodig sal wees om te verwys nie. Aan die ander kant is daar 'n groot aantal dokumente wat van wesenlike en trouens deurslaggewende belang is in die beslegting van die belangrikste geskilpunte."
Die Hof het voorts na 'n stuk of 45 van hierdie dokumente verwys. (2) Beide die senior advokaat en die junior advokaat het namens die applikant by die verhoor opgetree. Hulle moes dus vertroud gewees het met die saak, d w s die geskilpunte, die breë strekking van die getuienis, die bewysstukke en die Verhoorhof se uitspraak toe hulle die betoogshoofde moes begin voorberei. (Vgl Scott and Another v Poupard and Another
12 1972 (1) SA 686 (A), op bl 690 H.)
(3) Die tersaaklike datums, wat tydsverloop betref,
is soos volg:
Laaste dag van die verhoor.... 11 Maart 1985
Uitspraak gelewer deur
Van Dïjkhorst R op 26 Maart 1985
Appèl aangeteken 24 April 1985
Teenappèl aangeteken op 6 Mei 1985
Oorkonde by Appèlhof
ingedien... 27 Oktober 1986
Appellant (applikant) se hoofde
ingedien 30 Oktober 1987
Respondent se hoofde
ingedien 26 Februarie 1988
Verhoor van appèl 15, 16, 17 Aug 1988.
(4) Applikant se betoogshoofde t o v die appèl
beslaan ongeveer 200 bladsye (insluitende
bronnelys en
sekere aanhangsels) en t o v die
13 teenappèl 48 bladsye. Die respondent se betoogshoofde op die
appèl en teenappèl het 210 bladsye beslaan. (5)
Hierdie Hof se
uitspraak beloop 187 bladsye.
Die eerste punt van kommentaar wat ek hieroor
wil lewer is dat hierdie Hof in Ocean Commodities Inc and Others v Standard
Bank of SA Ltd and Others 1984 (3) SA 15 (A) beslis het dat in die geval van
advokaatsgelde t o v 'n appèl 'n afsonderlike fooi vir die opstel van
betoogshoofde nie
by taksasie toegelaat sal word nie. Die gevestigde praktyk is
om een saamgestelde fooi te bepaal wat die opstel van betoogshoofde,
voorbereiding en argumentering van die appèl insluit. (Reël 8A(ii)
wat op 3 Julie 1992 in werking getree het, is nie
in hierdie geval van
toepassing nie.) Hoofregter Rabie wat die Hof se uitspraak gelewer het, stel dit
soos volg (op bl 19 C-D en
bl 2 E)
" Heads of argument are drawn when counsel
14
has done his research and prepared for the
appeal. They reflect the result of that research and preparation and, if counsel should thereafter, due to the lapse of time, regard it as necessary to consider them again, the extra work involved will normally not be so substantial as to warrant a separate fee. A Taxing Master could, of course, depending on the circumstances, and if persuaded that the extra work was such as to warrant his doing so, make allowance for that work when determining a composite fee for the
whole of the appeal. Heads of
argument, admittedly documents of great importance, have always been required by the Rules of this Court, but this fact has never been considered to be a sufficient reason for allowing a separate fee for the drawing thereof, and there is nothing in the present case which persuades me that such a fee should have been allowed by the Taxing Master."
Ons
word nie tans gevra om van daardie gevestigde praktyk af te wyk nie.
15
Tweedens, meen ek dat die grootte van die fooi vir die opstel van betoogshoofde
wat die junior advokaat in die saak gevra het,
kommerwekkend is. Die fooi is
natuurlik bereken op die grondslag dat hy 484 ure hieraan bestee het. Dit is, in
al die omstandighede
en die lengte van die oorkonde inaggenome, beswaarlik
aanvaarbaar. Dit beteken dat die advokaat wat in die verhoor verskyn het, wat
met alle aspekte yan die saak vertroud was en wat by die opstel van 'n betoog
aan die Verhoorregter betrokke moes gewees het, vir
meer as 60 dae (8 uur per
dag) moes gewerk het om dié taak te verrig. Ek vind dit uiters vergesog.
In elk geval meen ek dat
die wyse waarop die fooi bereken is, nl soveel per uur,
onvanpas is by die vasstelling van advokaatsgelde vir dienste van hierdie
aard.
Dit stel 'n premie op stadige en ondoeltreffende werk; en dit het tot gevolg dat
'n fooi gevra word wat geheel en al buite
verhouding is met die waarde van die
dienste wat
16 inderdaad gelewer word. Ek meld dit alles in die verbygaan
want die applikant het nie aangevoer dat die takseermeester 'n aparte
fooi vir
die opstel van betoogshoofde moes toegelaat het of dat hierdie fooi in sy geheel
op taksasie verhaalbaar is nie; maar ek
meen dat dit nodig is dat hierdie Hof sy
afkeuring van sodanige buitensporige fooie uitspreek.
Die kritiek wat ek teen die junior advokaat se fooi vir die opstel van die
betoogshoofde gerig het, geld ook vir die fooie wat beide
advokate vir
"voorbereiding op appèl" gevra het: R75 000 deur die senior advokaat en
R50 000 deur die junior. Hierdie is ook,
m i, buitensporig, ondanks die feit dat
daar 'n aansienlike tydsverloop (9½ maande) tussen die opstel van die
betoogshoofde
en die aanhoor van die appèl was. (Vgl die Ocean
Commodities-saak, op bl 19 E-H). In applikant se skriftelike betoog
(ingevolge reël 9(3) ) word beweer dat die advokate 34 dae (d w s 272
uur)
aan hierdie
17 voorbereiding spandeer het. Maar soos Jansen AR in Scott
and Another v Poupard and Another, supra, opgemerk het (op bl 690 C-D) -
"Although not wholly irrelevant to the guestion of complexity and bulk, the time actually spent in preparation of an appeal cannot be a decisive criterion for determining the reasonableness, between party and party, of a fee for that work, and thus displace an objective assessment of the features of the case."
Voor ons het applikant se advokaat ha items 74 tot 83 in die kosterekening verwys. Die tersaaklike gedeelte van die kosterekening bevat die volgende:
|
|
|
18
|
Item No
|
Beskrywing
|
Uitgawes geëis
|
Bedrag afgetakseer
|
74 |
Voorbereiding op appêl (12/7/88 -31/7/88) re senior advokaat
|
R37 500
|
R37 500
|
75 |
Voorbereiding op appêl (12/7/88-31/7/88) re junior advokaat
|
25 000
|
R25 000
|
76 |
Voorbereiding van appêl (1/8 - 14/8/88) re senior advokaat
|
37 500
|
R -
|
77 |
voortsetting voorbereiding (1/8 - 14/8/88) appêl re junior
advokaat
|
25 000
|
R - |
78 |
Appèl 1ste dag re senior advokaat
|
15 000
|
R12 500
|
79 |
Appèl 1ste dag re junior advokaat
|
R6 600
|
R4 933
|
80 |
0p appèl - 2de dag re senior advokaat
|
R7 500
|
R7 500
|
81 |
Appèl re 2de dag junior advokaat
|
R5 000
|
R5 000
|
82 |
Op appèl 3de dag re junior advokaat
|
R7 500
|
R7 500
|
83 |
Appèl re 3de dag junior advokaat
|
R5 000
|
R5 000
|
|
Dit is aan die hand ged
|
oen dat volgens die
|
|
koster
|
ekening die takseermeester R37
|
500 in die
|
geval van
|
die
|
senior advokaat en R25 000 in
|
die geval
|
van die
|
19
junior advokaat vir 14 dae se
voorbereiding toegelaat
het; dat hy 'n globale bedrag van slegs R40 000 in
die
geval van die senior advokaat en R26 667 in die geval van
die junior
advokaat toegelaat het; dat hy derhalwe slegs
R2 500 vir die senior advokaat
(en Rl 1667 vir die junior
advokaat) t o v drie dae se verskyning voor
hierdie Hof
toegelaat het; en dat dit klaarblyklik foutief was.
Hierdie
argument het niks om die lyf nie. Wat die
takseermeester klaarblyklik gedoen
het is om globale
bedrae van R40 000 vir die senior advokaat en R26 667
vir
die junior advokaat as redelike fooie vir die hantering
van die appèl (insluitende betoogshoofde, voorbereiding
en argumentering voor die Hof) vas te stel; en
geriefshalwe
het hy hierdie globale bedrae teen items 76,
77, 78 en 79 toegelaat en al die ander items afgetakseer.
Dit word deur die takseermeester self in paragraaf 29
van
sy skriftelike verslag beaam.
Met die takseermeester se besluit om globale
20
bedrae t o v senior en junior advokaatsgelde toe te laat kan daar geen
fout gevind word nie. Trouens, soos ek alreeds aangedui het,
dit is die geykte
en goedgekeurde praktyk. Die enigste tersaaklike vraag is dus of die bedrae wat
hy vasgestel het so laag is dat
gesê kan word dat hy klaarblyklik fouteer
het (sien die Ocean Commodities-saak, supra, op bl 171 - 18G). Ek is
hoegenaamd nie oortuig dat dit die geval is nie.
Die takseermeester het by sy verslag 'n skedule aangeheg wat 'n opsomming
weergee van al die advokaatsgelde t o v appelle wat gedurende
die jare 1989 en
1990 deur hom getakseer en toegelaat is. Dit blyk uit hierdie dokument dat die
gelde wat t o v 'n senior advokaat
in 'n appêl wat een dag geduur het
toegelaat is, tussen ongeveer R4 000 en R12 000 wissel; en dat 'n fooi van
twee-derdes daarvan
gewoonlik aan die junior advokaat toegelaat is. Daar is twee
gevalle waar die appêl meer as een dag in beslag geneem het. In
die een
geval (twee
21 hofdae) is 'n totale bedrag van R52 676 gevra en R22 000
toegelaat (R13 200 vir die senior advokaat en R8 800 vir die junior advokaat).
In die ander geval (drie hofdae) is R89 550 gevra en R50 000 toegelaat (R30 000
vir die senior advokaat en R20 000 vir die junior
advokaat). In sy verslag
verwys die takseermeester na laasgenoemde saak (White Rocks Farm (Pty) Ltd
and 3 Others v The Minister of Community Development) en beweer (m i tereg)
dat dit vergelykbaar is met die onderhawige saak. Dit was 'n onteieningsaak met
'n oorkonde wat bestaan het
uit 4 800 bladsye (60 bundels); die appèl is
slegs 'n week na die appèl ih die onderhawige saak aangehoor; die
appellant
se betoogshoofde het 169 bladsye beslaan en respondent s'n 184
bladsye; die advokate wat die appèl hanteer het, het ook in
die verhoor
opgetree; en die Appèlhof se uitspraak het 210 bladsye beloop.
Ek wil dit geredelik toegee dat by bepaling van wat 'n redelike fooi is vir die dienste van 'n advokaat
22
op appèl (soos by enige ander taksasie van gelde) tred gehou
moet word met inflasie; dat 'n uitermatige verskil tussen wat
as gangbare fooie
deur die professie beskou word en wat deur die takseermeester op taksasie
toegelaat word, onwenslik en onbillik
is en sover moontlik vermy moet word; en
dat, hoewel elke saak na gelang van sy eie feite en omstandighede beoordeel moet
word, daar
sekere norme is waaraan advokaatsgelde en die taksasie daarvan moet
voldoen.
In al die omstandighede van hierdie saak is ek van mening dat die aanval teen die taksasie van advokaatsgelde, wat dié appèl betref, moet misluk.
Applikant het ook beswaar gemaak teen die taksasie van items 61, 69, 71 en 72. Die beswaar i v m item 61 is (tereg) nie verder gevoer nie. Items 69,70 en 71 het te make met die aansoek vir die substitusie van die Administrateur van Transvaal as respondent, waarna ek reeds verwys het. Onder item 69 is 'n fooi van R2 400
23
gevra vir die opstel van die aansoek deur die junior advokaat. Die
takseermeester het 'n fooi yan R600. toegelaat weens 'n bevinding
dat die
prokureur self die aansoek kon opgestel het. Ek het na hierdie stukke gekyk.
Hoewel die aansoek as "ingewikkeld" in item
69 beskryf word, kom dit vir my as
'n doodeenvoudige aangeleentheid voor en is daar, m i, geen fout met die
takseermeester se bevinding
te vind nie. Voor ons het appellant se advokaat op
die ou end toegegee dat hierdie beswaar, asook die besware t o v items 71 en 72,
ongegrond was.
Die aansoek om hersiening word met koste afgewys.
M M CORBETT
BOTHA AR)
VIVIER AR) STEM SAAM
NICHOLAS Wn AR)
HARMS Wn AR)