South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 191
| Noteup
| LawCite
Louw & Collins Afslaers (Edms) Bpk v Du Plessis; Louw & Collins Afslaers (Edms) Bpk v Steyn; Louw & Collins Afslaers (Edms) Bpk v Du Plessis; Louw & Collins Afslaers (Edms) Bpk v MacKenzie (208/92) [1993] ZASCA 191 (30 November 1993)
Download original files |
Saak nr 208/92
E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
LOUW & COLLINS AFSLAERS (EDMS) BPK
Appellant
en
L DU
PLESSIS Respondent
LOUW & COLLINS AFSLAERS(EDMS) BPK
Appellant
en
C
STEYN Respondent
LOUW & COLLINS AFSLAERS(EDMS) BPK
Appellant
en
A DU
PLESSIS Respondent
LOUW & COLLINS AFSLAERS(EDMS) BPK
Appellant
en
J J T
MACKENZIE Respondent
Coram: JOUBERT, HEFER, VAN DEN HEEVER AAR, HOWIE
et
VAN COLLER Wn
ARR
Verhoordatum: Leweringsdatum:
18 November 1993. 30 November 1993.
2 UITSPRAAK
HOWIE Wn AR:
Die Hof a quo het appellant se
aparte voorlopige vonnis aksies teen elkeen van die vier respondente van die
hand gewys en daarna verlof om te appelleer
geweier. Met verlof van hierdie hof
kom appellant tans in hoër beroep in al vier sake. Hulle is as een
appél aangehoor
en word dienooreenkomstig in hierdie uitspraak
behandel.
Die gevorderde bedrae het van geval tot geval verskil maar
die bewerings in die dagvaardigings was wesenlik dieselfde. Appellant maatskappy
doen sake as afslaer en vee-agent. Sy eisoorsaak in elke aangeleentheid was dat
hy die wettige houer was van 'n tjek wab die bebrokke
respondent Len gunste van
appellant getrek het. Oie tjek is egter daarna deur wanbetaling onteer met die
endossement dat betaling
gesbaak is of dab die tjek na brekker verwys moet
word.
3 Respondente het elkeen 'n eedsverklaring geliasseer waarin
beweer word dat hulle die gewraakte tjeks uitgegee het op grond van die
voorstelling deur werknemers van appellant dat die tjeks nodig was ten einde
krediet by appellant te bekom sodat hulle beeste van
of deur appellant kon koop;
dat gemelde werknemers daarna valse dokumentasie opgestel het waarvolgens ene
Breedt, of sy beslote korporasie,
Vlakte Veilings BK, beeste aan hulle verkoop
het en waarvolgens die koopprys en sekere koste ten opsigte daarvan deur hulle
aan appellant
verskuldig was; dat sodanige verkooptransaksies fiktief was
aangesien hulle nooit enige beeste gekoop het nie; en dat hulle geen
teenwaarde
van appellant ontvang het en derhalwe geen bedrag aan appellant verskuldig was
nie.
Geen eedsverklaring deur Breedt is deur enigeen van die respondente geliasseer nie.
Appellant se bewerings is grotendeels vervat in die eedsverklaring wat
een van sy direkteure, ene
4
Drotsky, in elke saak
gernaak het. In breë trekke was appellant se weergawe die
volgende.
Dit was deel van appellant se besigheid om veetransaksies
te finansier. Indien daartoe versoek om krediet by wyse van finansiering
te
verstrek, sou appellant die koopprys aan die verkoper betaal, of hom in
appellant se boeke krediteer, by ontvangs van die koper
se blanko tjek wat vir
90 dae vooruitgedateer sou wees. Die tjek moes blanko wees aangesien die volle
debiet eers later vasgestel
sou word na berekening van bv kommissie,
vervoerkoste en rente.
Breedt was 'n veespekulant wat op 'n stadium oor kredietfasiliteite by appellant beskik het maar wat daarna op appellant se aansoek voorlopig gesekwestreer is .
In sy sekwestrasieverrigtinge het Breedt erken dat hy met sekere persone
gereël het om hulle teenoor appellant as kopers voor
te doen en
vooruitgedateerde tjeks met betrekking tot fiktiewe veekooptransaksies
aan
5 appellant aan te bied. As gevolg daarvan het appellant die
"opbrengste" aan Breedt uitbetaal of sy rekening daarmee gekrediteer.
Hierdie
bedrieglik verkreë krediet het Breedt in staat gestel om verder op sy
rekening met appellant te opereer. Van die beweerde
kopers was mense wat nie die
bankfasiliteite of fondse gehad het om die tjeks te ontmoet nie.
Breedt se bedrieglike optrede is ontdek toe van die "kopers" aan Drotsky erken het dat hulle transaksies nie eg was nie. Ondanks appellant en die polisie se daaropvolgende ondersoek met betrekking tot Breedt se optrede kon appellant nie vasstel of die onderhawige vier sake onder die fiktiewe gevalle geressorteer het nie. Dit is nie op die stukke erken dat hulle onder daardie gevalle was nie.
Volgens Drotsky het die respondente nooit voor die instelling van hierdie
gedinge vir appellant in kennis gestel dat hulle betaling
sou aflas nie. Hulle
het ook nie hul tjeks teruggevra of verduidelik waarom
6 betaling
gestaak is nie. Volgens appellant se rekords was die onderhawige vier gevalle
tipiese finansieringsgevalle en het appellant
teen ontvangs van die tjeks waarde
gegee deur Breedt uit te betaal of sy rekening te krediteer. Appellant se
vordering onderliggend
aan elke tjek was dus vir gelde geleen en
voorgeskiet.
Drotsky het toegegee dat ene Lombard, 'n voormalige direkteur en werknemer van appellant, moontlik by Breedt se bedrog betrokke was maar ook dit is nie as 'n feit op die stukke namens appellant erken nie. OiL is onnodig om op hierdie stadium verder na die inhoud van die oorkonde te verwys. Dit sal hieronder gedoen word wanneer elke respondent se geval individueel bespreek word.
Ondanks die inhoud van hulle eedsverklarings het die advokaat namens L du
Plessis, Steyn en A du Plessis (wat ook namens hulle in
hierdie Hof opgetree
het) voor die Hof a guo betoog dat al vier sake
7 afgehandel
kon word op die eenvoudige basis dat hulle almal gevalle was waar Breedt,
Lombard, Strydom en elke respondent bedrieglik
saamgewerk het om ten koste van
appellant fondse vir Breedt te genereer. Dit synde die posisie, was daar geen
causa hoegenaamd vir die uitgifte van die tjeks of ten minste geen
justa causa nie. Die advokaat namens Mackenzie (wat ook namens lg in
hierdie Hof verskyn het) het hom met sy kollega se submissie
vereenselwig.
Daardie betoog is deur die Hof benede (Roos R) as
deurslaggewend aanvaar. Die geleerde Regter het voorts bevind dat selfs al het
appellant
nie vroeër van die bedrog geweet nie hy op die laatste daarvan
bewus moes geword het voor uitreiking van die dagvaardings en
gevolglik behoort
hy nie te slaag nie.
Ek kan, met eerbied, nie die Hof a quo se
mening in daardie
opsig deel nie. Die betoog waarop dit berus is onhoudbaar. In die afwesigheid
van erkennings of toegewings deur
die advokate famens hulle kliënte
kon
8
die Hof sy bevindings op niks anders as die inhoud van die
stukke baseer nie. L du Plessis, Steyn en A du Plessis het hulle onskuld
benadruk. Mackenzie se eedsverklaring bevat geen sweem van 'n toegewing dat hy
bedrieglik opgetree het of dat hy van bedrog eers
bewus was nie. Nêrens
blyk dit dat die advokate opdrag gegee is om erkennings in hierdie verband te
maak nie. Trouens die teenoorgestelde
was die geval. Bowendien, soos reeds
aangedui, is geen toegewing namens appellant in die stukke gemaak dat daar enige
bedrog of fiksie
by respondente se gevalle betrokke was nie.
Die Hof a quo se gevolgtrekking berus derhalwe op afleidings of verondersbellings waarvoor geen behoorlike grondslag in die oorkondes bestaan nie. Bygevolg kan die afwysing van die aksies nie op grond van die Hof se benadering ondersteun word nie. Die vraag is dan of dit geregverdig kan word op die inhoud van die eedsverklarings.
Appellant het vir doeleindes van voorlopige
9
vonnis hom van enige bewyslas wat op hom berus
het,
gekwyt. Dit was nooit in geskil nie. Die bewyslas
was
daarna op die respondente om aan te toon dat
die
waarskynlikhede in die hoofsaak teen appellant was.
Selfs in die hoofsaak, soos tereg namens respondente
toegegee is, sou die bewyslas op respondente berus om
hulle onderskeie beweerde verwere te bewys.
Alvorens oorweeg word of hulle daarin geslaag
het, moet aandag geskenk word aan die vereiste dat daar
justa causa vir die trekking en uitgifte van 'n tjek moet
wees.
In Froman v Robertson 1971 (1) SA 115 (A)
verskyn twee passasies wat hier van belang is. Op 121 D-
E lees die uitspraak soos volg:
"(The) authorities clearly establish (i) that the requirement of justa causa or reasonable cause is sufficiently satisfied if the promise is made seriously and deliberately and with the intention that a lawful obligation should be established .... and (ii) that in determining whether a promise is founded upon justa causa or reasonable cause the ground or reason for the promise should be examined."
10
Vanaf 121 H word die volgende gesê:
"In modern usage a valid chegue represents money and is a generally accepted medium for the payment of a monetary obligation .... Such an obligation generally arises from some transaction, contractual or otherwise, extraneous to the drawing and issue of the cheque itself but nevertheless constituting the ground or reason therefor. Accordingly, any investigation as to the existence or validity of khe causa for the engagements of the drawer must necessarily embrace this underlying transaction. It is for this reason that our Courts have held that an immediate party sued upon a cheque or other negotiable instrument is entitled to raise the defence that, having regard to the underlying transaction constituting the ground or reason for the issue of the cheque, there is an absence or failure of justa causa .... In such a case it is no answer for the party suing to conbend that the cheque, viewed in isolation, i.e. without reference to the underlying transaction, is supported by justa causa in that it was drawn and issued seriously and deliberately and with a view to establishing a lawful obligabion thereon. In circumsbances such as these the cheque cannob be viewed in isolation."
In die lig van daardie beginsels en die feite
van elkeen van die vier sake moet nou oorweeg word of die
respondente hulle van die bewyslas gekwyt heb om aan te
toon
daC hulle 'n verweer het, en meer spesifiek dat daar
11
geen justa causa was nie.
L du
Plessis het beweer dat die ondertekening en uitgifte van haar tjek in die
volgende omstandighede geskied het.
Breedt, wat haar stiefvader is,
het haar genader en gevra of sy sou belang stel om saam met hom beeste te koop
indien sy krediet kon
kry. Sy het hom nie baie ernstig opgeneem nie, sê
sy, maar het nietemin bevestigend geantwoord. Sy is naderhand deur Breedt
en
Strydom besoek. Lg het verduidelik dat krediet vir goedgekeurde kopers
beskikbaar was. Krediet sou verleen word op die basis van
' n vooruitgedateerde
tjek en die kredietbeperking sou ooreenstem met wat sy sou kon bekostig. Indien
sy daartoe sou toestem, sou
Breedt of Strydom namens haar koop. Strydom het toe
vir 'n blanko tjek gevra om sodoende haar kredietrekord na te gaan. Sy het op
daardie tydstip nie oor 'n tjekrekening beskik nie maar het daarna een bekom en
toe die gewraakte t jek (die eerste in haar tjekboek)
aan Breedt oorhandig. Sy
het
12
dit gedoen omdat sy daarin belang gestel het om
te koop veral omdat Breedt tot haar kennis 'n veespekulant was en omdat sy hom
vertrou
het om "die regte advies" aan haar te gee. Breedt het later vir haar in
kennis gestel dat die tjek weens 'n administratiewe fout
aan appellant se kant
vir betaling aangebied is.
Appellant se antwoord hierop verskyn in
eedsverklarings deur Drotsky en Strydom. Daarin beweer hulle dat dit aan Strydom
opgedra is
om tjeks te gaan invorder van diegene wat beeste van Breedt gekoop
het met fondse wat deur appellant verleen is. Een van hierdie
persone was L du
Plessis. By haar huis te Roodepoort het Strydom, wat van Breedt vergesel was,
haar tjek gevra. Sy het haar tjekboek
daar en dan uitgehaal, 'n tjek in blanko
uitgeskryf en aan hom oorhandig. Sy het niks gevra nie en Strydom het geen
verduidelikings
aan haar gegee nie.
Na my mening is dit duidelik op L du Plessis se eie weergawe dat sy die
tjek ernstig en opsetlik
13 onderteken en uitgegee het. Indien sy
dit gedoen het met die oog op kredietverkryging om sodoende beeste saam met
Breedt aan te
koop dan sou daar ook aan die oorblywende vereistes vir iusta
causa voldoen gewees het. Sy sou dan die bedoeling gehad het om gebonde te
wees op die tjek self en ook met betrekking tot 'n wettige onderliggende
ooreenkoms. Die vraag is dan of sy daardie bedoeling gehad
het.
Weereens op haar eie getuienis, wou sy wel beeste saam met
Breedt aankoop en kredietfasiliteite daarvoor ontvang. Sy wou ook die nodige
doen om sodanige fasiliteite te bekom. Klaarblyklik sou haar beoogde aankope op
krediet wettige ooreenkomste gewees het.
Die enigste vraag wat dan
oorbly is of die tjek gegee is bloot sodat Strydom haar kredietwaardigheid kon
ondersoek en of dit haar
vooruitgedateerde betaling was van die lening waarmee
beeste gekoop sou word. Haar weergawe op hierdie aspek is, om dit sagkens te
stel, hoogs onwaarskynlik. Strydom se bewerings dat hy niks
14
aan haar hoef te verduidelik het nie en dat sy reeds 'n
tjekboek besit het toe hy haar besoek het, asook sy rede vir die besoek, strook
met die agtergrondsomstandighede wat deur Drotsky geskets is en daar bestaan
geen rede om lg se betroubaarheid te bevraagteken nie.
Afgesien daarvan het
Strydom geen blanko tjek nodig gehad vir doeleindes van 'n ondersoek betreffende
haar kredietwaardigheid nie
- hy kon goed daarsonder klaarkom. Dit is absurd om
te suggereer dat sy vir daardie doel 'n tjekrekening en tjekboek bekom het.
Laastens
is dit insiggewend om te let op die houding wat hierdie respondent,
asook Steyn en A du Plessis ingeneem het in die opsomming van
hulle verweer aan
die einde van hulle eedsverklarings. Daar sê hulle, in effek, dat as
appellant op betaling geregtig is dan
is hulle op lewering van beeste geregtig.
Dit dui myns insiens op die bestaan, nie die afwesigheid nie, van 'n bedoeling
tydens uitgifte
van die tjek om kontraktueel gebonde te wees. In elk geval,
sodra dit vasstaan dat die
15 verduideliking wat L du Plessis vir
daardie uitgifte verstrek het waarskynlik nooit in die hoofsaak aanvaar sal word
nie bly daar
slegs een ander moontlikheid oor en dit is dat sy bedoel het om
appellant daarmee te betaal in verband met die aankoop van beeste.
Om die voorgaande redes het hierdie respondent haar nie van haar bewyslas gekwyt nie en was appellant geregtig op voorlopige vonnis teen haar soos aangevra.
Steyn, wat 'n familielid van Breedt is, het beweer dat tydens 'n gesprek
wat hy met Strydom en Breedt gehad het, eersgenoemde hom
ingelig het dat dit
moontlik is om beeste op krediet te koop indien hy deur appellant goedgekeur
word. Na vasstelling van sy kredietperk
sou hy beeste op krediet kon koop, dit
daarna teen 'n wins verkoop, appellant met die opbrengs betaal en dan weer
aankoop. Ten einde
Steyn se kredietrekord na te gaan het Strydom sy persoonlike
besonderhede en 'n blanko tjek nodig gehad wat steyn toe verstrek het.
Die tjek
was ingevul behoudens die bedrag en datum. Strydom het
16 onderneem
om hom later te laat weet wat sy kredietbeperking was. Strydom sou ook die tjek
invul met die bedrag van Steyn se aankope
en ' n datum 3 maande later as die
datum van die aankope. Breedt het mettertyd vir Steyn vertel dat hy vir krediet
goedgekeur is.
Heelwat later, sonder dat Strydom hom weer genader het, het Steyn
in sy bankstate opgemerk dat die tjek wat hy aan Strydom oorhandig
het, ingevul
is met die bedrag van R95 132-00 en dat dit gedishonoreer is.
Steyn het toe vir Breedt gekonfronteer wat geantwoord het dat die tjek per ongeluk aangebied is en dat hy (Breedt) dit sou terugkry. Breedt het daarop 'n blanko tjek, getrek deur Vlakte Veilings, aan Steyn oorhandig ingeval lg se tjek nie teruggekry kon word nie.
Die bewerings wat Steyn ten opsigte van Strydom gemaak het, is deur lg ontken. Soos in die geval van L du Plessis, het Strydom beweer dat hy saam met Breedt na Steyn gegaan het om 'n tjek met betrekking tot 'n
17
bestaande verkoop te gaan haal en dat hy geen
verduidelikings verstrek het nie. Strydom het voorts opgemerk dat dit
insiggewend was
dat Steyn nooit beswaar teenoor hom geopper het nie dat sy tjek
sonder sy magtiging vir betaling aangebied is.
Dieselfde oorwegings
wat so sterk teen L du Plessis tel, tel ewe swaar teen Steyn. Daarby kan mens
byvoeg dat dit onwaarskynlik is
dat die eerste wat Steyn van aankope op krediet
gehoor het, van Strydom sou gekom het en nie van Breedt nie. Breedt was
klaarblyklik
te alle wesenlike tye in finansiële moeilikheid, soseer dat hy
bereid was om herhaaldelik bedrog te pleeg. Dit is dus waarskynlik
dat, soos in
die geval van L du Plessis, dit Breedt was wat met die voorstel van
kredietaankope na Steyn sou gekom het sodat Breedt
daardeur kontant of krediet
by appellant kon verkry. Dit is voorts waarskynlik dat Strydom na Steyn gegaan
het bloot om sy tjek te
gaan haal ooreenkomstig appellant se gewone
finansieringsprosedure.
18 wat ook opval in Steyn se geval is die
skema wat volgens sy bewering aan hom voorgestel is. Dit vind weerklank in A du
Plessis
en Mackenzie se gevalle. Daardie skema was dat nadat die koper op
krediet gekoop het, hy op sy beurt teen 'n wins sou verkoop voordat
sy tjek ten
gunste van appellant ontmoet hoef te word. Dit is veel meer waarskynlik dat
daardie idee van Breedt en nie van Strydom
gekom het nie. Dit is klaarblyklik
bedoel om die betrokke respondent te oortuig dat hy in staat sou wees om
appellant binne 90 dae
te betaal, en hom daardeur aan te moedig om te
koop.
In al die omstandighede is Steyn se verduideliking vir die uitgifte van sy tjek nie net onvoldoende nie maar beslis onwaarskynlik. Die enigste ander moontlike verduideliking is dat dit sy bedoeling was om appellant te betaal ten opsigte van beeste se aankope. Ook in sy geval was appellant op voorlopige vonnis geregtig.
A du Plessis het beweer dat Breedt haar vertei
19
het dat appellant krediet aan haar sou verleen indien sy beeste wou aankoop. Breedt sou haar kon help om die beeste teen 'n wins te verkoop voordat sy appellant sou moes betaal. Sy het Breedt al 'n paar jaar geken en het altyd rede gehad om op sy oordeel te vertrou. Sy het voorts wesenlik dieselfde verduideliking as Steyn verstrek in so verre dit die uitgifte en doel van haar tjek aangaan.
Om dieselfde redes wat op L du Plessis en Steyn se gevalle betrekking het, moes A du Plessis se opposisie in die Hof benede ook gefaal het en moes voorlopige vonnis Leen haar toegestaan gewees het.
Mackenzie se weergawe was soos volg. Lombard en Strydom het hom genader en hom van die reeds gemelde skema vertel. Dit het vir hom aanloklik gelyk. Hy het daarna 'n kredietaansoekvorm in Sbrydom se kantoor voltooi. lg het - in Mackenzie se woorde - "'n fiktiewe beesverkoop transaksie uitgeskryf" waarvolgens Breedt se beslote korporasie beeste aan hom verkoop het. Mackenzie
20
het Strydom hieroor uitgevra waarop lg geantwoord
het dat dit die werkwyse was ten einde krediet by appellant te
bekom.
Mackenzie het in sy eedsverklaring toegegee dat hy in hierdie
omstandighede van beter moes geweet het maar hy het tog die gewraakte
tjek aan
Strydom oorhandig. Dit was vir die bedrag wat in die vals dokumentasie voorgekom
het, en is vir 90 dae vooruitgedateer.
Daar is terselfdertyd 'n tjek aan hom
oorhandig vir dieselfde bedrag waarvan Vlakte Veilings BK die trekker was. Dit
was vooruitgedateer
vir 2 dae voor die datum op sy tjek. Lombard, Strydom en
Breedt het hom verseker dat hy, op sterkte van die Vlakte Veilings tjek,
fondse
in sy bankrekening sou hê wanneer sy eie tjek aangebied word. Mackenzie
het voorts beweer dat aangesien hy bekommerd
was dat hy nie fondse sou hê
waarmee sy tjek ontmoet sou word nie, Lombard en Strydom namens appellant hom
verseker het dat
hulle nie sy tjek sou aanbied indien daar nie fondse op sy
rekening was nie.
21 In ruil vir sy deelname aan die fiktiewe
transaksie - so het Mackenzie voorts beweer - sou hy kredietfasiliteite hê
tot die
bedrag van R100 000. Hy het wel gedurende die 90 dae tydperk voordat sy
tjek betaalbaar geword het, gebruik gemaak van daardie fasilitite
toe hy op 'n
veiling beeste vir R7 600 gekoop het. Voor die datum waarop sy tjek betaalbaar
sou word, het Breedt hom egter meegedeel
dat daar groot probleme by appellant
was en hom aangeraai om sy tjek te stop. Breedt het hom verder gesê dat
die Vlakte Veilings
tjek ook nie gehonoreer sou word nie. Mackenzie het derhalwe
betaling van sy tjek gestaak.
Lombard het die bewerings betreffende
homself ontken. Voigens hom het Breedt hom geskakel om 'n transaksie te skryf
tussen hom (Breedt)
en Mackenzie, na wie Breedt verwys het as 'n welgestelde
melkboer. Lombard sou nie beskikbaar gewees het nie en het Strydom opdrag
gegee
om die transaksie te hanteer.
Strydom het beweer dat hy 'n egte transaksie
22
tussen Breedt en Mackenzie in sy kantoor geskryf
het ten opsigte waarvan Mackenzie self die besonderhede verstrek het. Breedt en
Lombard
was nie teenwoordig nie.
Strydom het 'n kredietaansoekvorm
voltooi en Mackenzie het dit onderteken. Strydom het toe vir die gebruiklike
vooruitgedateerde tjek
gevra. Mackenzie het nie sy tjekboek byderhand gehad nie
en het belowe om die tjek die volgende dag te bring. Dit het hy toe wel
gedoen.
Tot die mate dat Mackenzie se bewerings in stryd met syne was, het Strydom hulle
ontken.
Na my oordeel is Mackenzie se relaas, selfs op die stukke,
so inherent onwaarskynlik dat daar geen vooruitsigte bestaan dat dit in
die
hoofsaak aanvaar sal word nie. 5y toegewing dat hy van beter moes geweet het,
impliseer sy besef dat wat hy verkondig het vergesog
was. Dat appellant sou
vereis nie net dat 'n valse kontrak opgestel word nie maar dat Mackenzie boonop
'n tjek moet uitgee asof hy
daarop aanspreeklik is, is inderdaad vergesog. Dat
Mackenzie, na bewering 'n ervare en
23 suksesvolle boer, daarmee sou
saamspeel, is nog meer eienaardig. Voorts sê Mackenzie dat Lombard en
Strydom klaarblyklik
van plan was om sy tjek vir betaling aan te bied. Dit
strook nie met die bewering dat die hele transaksie tot almal se kennis 'n
blote
fiksie vir administrasie doeleindes alleen was nie. Sodra hierdie verduideliking
vir die uitgifte van sy tjek vir alle praktiese
doeleindes wegval, bly daar,
soos in die vorige gevalle, net een ander moontlike verduideliking oor nl dat
die transaksie nie vals
was nie en dat hy wel die betrokke bedrag aan appellant
verskuldig was. Die verdere waarskynlikheid is dat, soos in Steyn en A du
Plessis se gevalle, Breedt die outeur was van die skema en dat Mackenzie van hom
gekoop het om kort daarna teen 'n wins te verkoop
sonder dat die tjek
uiteindelik ontmoet word. Om daardie slotsom te bereik, is dit nie eens nodig om
staat te maak op die oorweging
dat daar geen rede blyk te wees om Lombard en
Strydom se weergawe in twyfel te trek nie, welke weergawe op sigself die
kanse
24
verder verminder dat Mackenzie in die hoofsaak
sal kan slaag.
Ook in sy geval was appellant op voorlopige vonnis
geregtig.
In die lig van die voorgaande gevolgtrekkings
is dit onnodig om 'n betoog te behandel wat namens
appellant
aangevoer is nl dat die feite vatbaar is vir
die afleiding dat
respondente akkommodasie partye was
volgens die Wisselwet, 34 van
1964.
Die appèl moet gevolglik gehandhaaf word. Die volgende bevel word gemaak.
1. Die appèl slaag met koste.
2. Die bevel van die Hof a quo word ter syde gestel en met die volgende vervang:
"Voorlopige vonnis word in al vier die volgende sake met koste toegestaan:
1. In saak 10533/91 teen L DU PLESSIS, in die bedrag van R82 065.00 tesame met rente daarop teen 18,5% per jaar vanaf 21 Desember 1990 tot datum van betaling. 2. In saak 10532/91 teen C STEYN, in die bedrag van R95 132.00 tesame met rente daarop teen 18,5% per jaar vanaf 8 Desember 1990 tot datum van betaling
25
3. In saak 9560/91 teen A DU PLESSIS, in die bedrag van R91 551.00 tesame met rente daarop teen 18,5% vanaf 22 Desember 1990 tot datum van betaling.
4. In saak 10531/91 teen JJT MACKENZIE, in die bedrag van R95 796.00 tesame met rente teen 18,5% per jaar vanaf 11 Maart 1991 tot datum van betaling."
C T HOWIE
Wn Appèlregter.
JOUBERT AR
HEFER AR
VAN DEN HEEVER AR
VAN COLLER Wn AR