South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 21
| Noteup
| LawCite
Macadamia Finance Bk and Another v De Wet NO and Others (363/1991) [1993] ZASCA 21; 1993 (2) SA 743 (AD); [1993] 2 All SA 162 (A) (11 March 1993)
Download original files |
LL Saak No 363/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
In die saak tussen:
MACADAMIA FINANCE BK Eerste Appellant
MACADAMIA (EDMS) BEPERK
(IN LIKWIDASIE) Tweede Appellant
en
B G S DE WET NO Eerste Respondent
D H RHEEDER NO Tweede Respondent
J N BEKKER NO Derde Respondent
CORAM: BOTHA, VAN HEERDEN, VIVIER,
EKSTEEN ARR et HARMS WnAR
DATUM VAN VERHOOR: 18 FEBRUARIE
1993
DATUM REDES VERSTREK: 11 MAART 1993
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2
'n Aksie om skadevergoeding wat deur die appellante teen die respondente in
die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel was, is
deur die verhoorregter (DE
VILLIERS R) van die hand gewys met koste. Verlof is aan die appellante
toegestaan om na hierdie Hof te
appelleer. Met die verhoor van die appél,
nadat betoog van die appellante se advokaat aangehoor is, is die appél
van
die hand gewys met koste, insluitende die koste van twee advokate. Daar is
toe aangedui dat redes vir die afwysing van die appél
later verstrek sou
word. Hier volg hulle.
Die feite van die saak blyk uit die ge-rapporteerde
uitspraak van die hof a quo: sien Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v
De Wet en Andere NNO 1991 (4) SA 273 (T). Ek is nie van voorneme om weereens
die feite in besonderhede uiteen te sit nie. Met die oog op wat hieronder volg,
volstaan
ek met die volgende opmerkings. Gedurende 1985 was die
3 eerste
appellant 'n maatskappy in likwidasie, en was die respondente sy gesamentlike
likwidateurs. Die tweede appellant was toe
een van die eerste appellant se
volfiliale, maar was nie destyds ook in likwidasie geplaas nie. Voor die eerste
appellant se likwidasie
het die eerste appellant en die tweede appellant
dieselfde direkteure gehad. Na die eerste appellant se likwidasie het die
direkteure
aangebly as direk-teure van die tweede appellant. Die tweede
appellant was die geregistreerde eienaar van die plaas Lang Piet, in
die distrik
Barberton. Op die plaas was daar onder andere die volgende bates: (1) 'n
plantasie neutbome; (2) besproeiingstoerusting;
en (3) pompe met motors. Die
appellante se aksie teen die respondente het voortgespruit uit die vernietig-ing
of beskadiging van
hierdie bates, in die geval van (1) en (2) as gevolg van 'n
brand, en in die geval van (3) weens oorstromings. In die besonder-
4
hede van vordering is drie afsonderlike eise geformuleer ten opsigte van elk
van die drie kategorieë bates. Die derde eis (ten
opsigte van (3): die
pompe en motors) is gedurende die loop van sy betoog in hierdie Hof deur die
appellante se advokaat laat vaar;
dit kan dus verder buite beskouing gelaat
word.
Die eerste eis, ten opsigte van die ver-nietiging of beskadiging van
die neutbome op die tweede appellant se plaas, is in die besonderhede
van
vordering ingeklee as 'n eis van die tweede appellant alleen. Daar is beweer dat
die tweede appellant as gevolg van die brand
en die vernietiging of beskadig-ing
van die bome skade gely het ten bedrae van R7 028 279,78, synde verlies aan
inkomste uit die
bome en die hervestigingskoste daarvan, alternatiewe-lik Rl 287
000,00, synde die waardevermindering van die eiendom. Verder is daar
beweer dat
die respon-
5 dente aanspreeklik was om skadevergoeding aan die
tweede
appellant te betaal. In die bedes het die tweede appellant, afsonderlik van die
eerste appel-lant, die betaling van die betrokke
bedrae deur die respondente aan
die tweede appellant gevorder. Die grondslag waarop die appellante getrag het om
die respondente
aanspreeklik te hou, is 'n beweerde regsplig wat op die
respondente gerus het om die bome op die plaas teen brandskade te verseker
en
die respondente se versuim, ter verbreking van die beweerde regsplig, om
sodanige versekering te bewerk-stellig. Alhoewel dit
nie blyk uit die
besonderhede van vordering nie, is dit duidelik uit die wyse waarop die
appellante se saak in die hof a quo gevoer is dat hulle aangevoer het dat
die respondente in hulle hoedanigheid as die likwidateurs van die eerste
appellant onder 'n
regsplig was teenoor die tweede appellant (wat nie in
likwidasie was nie) om laas-
6 genoemde se bates te verseker.
In sy
uitspraak in die hof a quo het DE VILLIERS R die vraag ondersoek of 'n
likwidateur 'n regsplig het teenoor die maatskappy onder sy beheer om die
maatskappy
se bates te verseker. Aan die hand van die beslissing in Minister
van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A) en ander sake wat daarop gevolg het,
het hy die vraag bevestigend beantwoord en bevind (op 279J - 280A) dat 'n
likwidateur aanspreek-lik
is teenoor die maatskappy onder sy beheer as die
maatskappy skade sou ly as gevolg van die likwidateur se versuim om die
maatskappy
se bates te verseker. Klaarblyklik was DE VILLIERS R se aandag hier
toe-gespits slegs op die vraag na die onregmatigheid van die
likwidateur se
versuim, en nie ook op die ver-eiste van skuld (opset of nalatigheid) nie. Met
betrekking tot die bestaan van die
regsplig en die kwessie van die
onregmatigheid van 'n likwidateur se
7 versuim ten opsigte van die maatskappy
onder sy
beheer, is DE VILLIERS R se bevinding in algemene, ongekwalifiseerde
terme bewoord. Of dit 'n aanvaar-bare stelling van die regsposisie
is, hoef, met
die oog op die omstandighede van die huidige saak, nie oorweeg te word nie. Ek
sal bloot veronderstel (sonder om te
beslis) dat die respondente 'n regsplig
gehad het teenoor die eerste appellant om sy bates te verseker.
Die vraag vir beslissing is of die respondente as likwidateurs van die eerste appellant 'n regsplig gehad het teenoor die tweede appellant om laasgenoemde se bates te verseker. DE VILLIERS R het beslis (sien 281D en G) dat daar nie so ' n regsplig bestaan het nie. Sy beslissing is gebaseer op die oorweging dat die tweede appellant nie gelikwideer was nie en dat die tweede appellant se beheer en bestuur gevolglik steeds in die hande van sy eie
8
direksie gesetel het (sien 280C - D en H, en 281E -F) . In die betoog voor
hierdie Hof het die appel-lante se advokaat op verskeie
maniere probeer om
hierdie beslissing aan te veg. Grondliggend tot die aanval was die argument dat
die respondente met hulle aanstelling
as die likwidateurs van die eerste
appellant die beheer en bestuur van die tweede appellant "oorgeneem" het van die
direkteure van
die eerste appellant. Dit was die uitgangspunt en die kern van
die hele betoog namens die appellante. Maar die argument is klaarblyklik
verkeerd. Dit is inder-waarheid onhoudbaar, omdat dit lynreg indruis teen die
feite en onversoenbaar is met die werklikheid, in verskeie
opsigte. Ek wys
kortliks op 'n paar.
Om mee te begin: 'n likwidateur het die bevoegdhede en
verpligtings wat aan hom toegeken word deur die bepalings van die Maatskappywet
61 van 1973. Hy is verplig, onder meer, volgens artikel 391 van
9 die Wet, om
die bates van die maatskappy aan te wend ter vereffening van die eise van die
skuldeisers van die maatskappy. Daar is
geen bepaling wat hom magtig om die
bates van die maatskappy onder sy beheer aan te wend ter versekering van die
bates van 'n ander
maatskappy waarvan hy nie die likwidateur is nie. Dié
probleem het die appellante se advokaat probeer oorbrug deur te wys
op die feit
dat die eerste appellant se aandeelhouding in die tweede appellant ' n bate van
die eerste appellant was en aan te voer
dat die respondente verplig was om die
eerste appellant se bates te beskerm (vgl artikel 386(1)(e) van die Wet) . Die
argument slaan
die bal mis. Die appellante se saak is nie dat die eerste
appellant 'n eis teen die respondente het weens die verbreking van 'n
verpligting
teenoor die eerste appellant ten opsigte van sy bates nie. Daar is
geen poging aan- gewend om aan te toon wat die omvang van die
eerste
10
appellant se versekerbare belang in sy aandeelhouding was, of watter skade
die eerste appellant sou gely
het nie. Die appellante se saak is dat die
respondente 'n regsplig teenoor die tweede appellant verbreek het, met
betrekking tot die
tweede appellant se bates. Die bestaan van so 'n regsplig is
onversoenbaar met die bepalings van die Wet. Die respondente as die
likwidateurs
van die eerste appellant het nie oor enige magte buite die bepalings van die Wet
beskik ten opsigte van bates anders
as dié van die maatskappy onder sy
beheer nie. Gevolglik is daar geen ruimte vir die gedagte dat die respondente
die beheer
en bestuur van die tweede appellant "oorgeneem" het nie.
Vervolgens: afgesien van die bepalings van die Wet, is daar in ieder geval geen regsfiguur of -beginsel waarvolgens dit denkbaar is dat die beheer en die bestuur van die tweede appellant op die
11
respondente oorgegaan het nie. Die feit dat die
eerste en tweede
appellante voor eersgenoemde se likwidasie dieselfde direkteure gehad het, het
opge-hou om van enige betekenis te
wees met die likwidasie van die eerste
appellant en die aanstelling van die respondente as sy likwidateurs. Voor die
likwidasie het
die direkteure opgetree in twee verskillende hoedanighede, met
verwysing onderskeidelik na die beheer en bestuur van die eerste appellant,
en
die beheer en bestuur van die tweede appellant. Vanweë die likwidasie is
die direkteure ontdaan van die een hoedanigheid,
maar seer sekerlik nie van die
ander nie. Die posisie is geensins verskillend van wat dit sou gewees het as die
twee appellante verskillende
direkteure sou gehad het nie. Die gedagte dat die
respondente die beheer en bestuur van die tweede appellant sou oorgeneem het van
die direkteure van die eerste appellant is onbestaanbaar.
12
In die betoog namens die appellante is daar
gesteun op die getuienis wat aan die verhoorhof voorgelê was oor die
wyse waarop die groep maatskap-pye, bestaande uit die eerste
appellant as die
houer-maatskappy en sy volfiliale, waarvan die tweede appellant een was, se sake
ingerig en bedryf was (kyk die
uitspraak a quo op 281D - E), en op grond
daarvan is aangevoer dat die twee appellante as deel van 'n enkele ekonomiese
eenheid beskou moes word.
In hierdie verband is ons verwys na 'n aantal
beslis-sings in Engeland waarin die begrip "single economic unit" ten opsigte
van 'n
groep maatskappye bespreek en toegepas is. Met die oog op die
omstandighede van die huidige saak is dit onnodig, en sou dit dus onvanpas
wees,
om op daardie sake in te gaan. (Ek kan egter terloops daarop wys dat die
beslissings waarop die appellante se advokaat hom
beroep het, sedertdien aan 'n
beperkende ontleding en bespreking-
13 onderwerp is in die beslissing van die
Court of Appeal in Adams and Others v Cape Industries PLC and Another
[1990] Ch 433 (CA) op 532 - 544.) Ek stem saam met die bevinding van DE VILLIERS
R (op 280H en 281E - F) dat die appellante se saak nie bevorder
word deur die
beskouing van die twee appellante as deel van 'n ekonomiese eenheid nie. Hoe heg
die eenheid ook al mag gewees het,
en wat ook al die gevolge daarvan in ander
omstandighede mag gewees het, kon dit nie die likwidasie van die eerste
appellant oorleef
het op 'n wyse wat dit moontlik maak om die voortbestaan van
die tweede appellant en sy eie direksie te negeer nie. Dit kan ook nie
die
gedagte onderskraag dat die respondente die beheer en bestuur van die tweede
appellant oorgeneem het nie; die onhoudbaarheid
van daardie gedagte bly steeds,
om die redes reeds genoem, 'n onoorkomelike struikelblok in die weg van die
appellante.
14
Die appellante se tweede eis, ten opsigte
van die
vernietiging of beskadiging van die besproei-
ingstoerusting op die tweede
appellant se grond, is in die besonderhede van vordering in die alternatief
ingeklee, as 'n eis van óf
die eerste appellant óf die tweede
appellant. Geen getuienis is voor die verhoorhof geplaas aangaande die
eiendomsreg van
die toerusting nie. DE VILLIERS R het bevind (op 282C/D) dat die
toerusting waarskynlik as aanhegtings tot die grond aangewas het
en dat die
tweede appellant dus die eienaar daarvan geword het. Hierdie bevinding is nie
namens die appellante betwis nie. Op grondslag
daarvan staan die tweede eis op
presies dieselfde voet as die eerste eis, en is dit insgelyks gedoem tot
mislukking.
Vanweë die gevolgtrekkings hierbo gestel, is dit onnodig om
aandag te skenk aan ander probleme wat die appellante in die gesig
gestaar het
(bv.met
15
betrekking tot nalatigheid en oorsaaklikheid).
Om die voorgaande redes is die appèl afgewys.
A S BOTHA AR
VAN HEERDEN AR
VIVIER AR
STEM SAAM EKSTEEN AR
HARMS WnAR