South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 27
| Noteup
| LawCite
Vrystaat Kooperasie Bpk. v Cronje (409/91) [1993] ZASCA 27 (11 March 1993)
Download original files |
Saak nr 409/91
E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
VRYSTAAT KOÖPERASIE
BEPERK Appellant
en
GERT STEPHANUS CRONJE Respondent
Cgram: HOEXTER, VAN HEERDEN, KUMLEBEN, F H GROSSKOPF ARR
et HOWIE Wn
AR
Verhoordatum: Lewerinqsdatum:
4 Maart 1993. 11 Maart 1993.
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Daar sal in hierdie uitspraak na die
appellant as eiser en na die respondent as verweerder verwys word. Die
verweerder het hom op
4 Mei 1983 as borg en medehoofskuldenaar teenoor die eiser
verbind vir die behoorlike betaling van Nicsyl Landgoed (Edms) Beperk,
later
Nicsyl Landgoed BK, ("Nicsyl") se skulde aan die eiser. Nicsyl het versuim om sy
verpligtinge teenoor die eiser behoorlik na
te kom, en op 1 Augustus 1985 neem
die eiser vonnis by verstek teen Nicsyl. Op 15 April 1987 dagvaar die eiser die
verweerder as
borg en medehoofskuldenaar vir betaling van die bedrag van R313
358,34, "synde balans verskuldig deur verweerder aan eiser vir goedere
verkoop
en gelewer deur eiser aan Nicsyl ... tot en met 27 Augustus 1986". In die eiser
se deklarasie word die bewering herhaal dat
die bedrag van
3
R313 358,34 aan die eiser verskuldig is "ten aansien van
goedere gelewer en verkoop" deur die eiser aan Nicsyl. Nóg die
dagvaarding
nóg die deklarasie bevat egter enige bewering dat die eiser
en Nicsyl ooit ooreengekom het dat Nicsyl ook verplig sou wees
om rente op
agterstallige bedrae aan die eiser te betaal. Hoewel dit gemene saak is dat die
eis van R313 358,34 wel opgehoopte rente
insluit, is daar geen verwysing na
sodanige rente in die eiser se pleitstukke nie, en is dit ook nie uiteengesit op
watter basis
Nicsyl vir die betaling van enige rente aanspreeklik sou wees nie.
Dit blyk uit die getuienis van die eiser se eertydse kredietbestuurder
dat
Nicsyl se rekening 'n ou rekening was, en dat reeds in 1984 selfs soveel as
helfte van die totale skuld uit rente kon bestaan
het. Hoe daardie rente bereken
is, en wat die omvang daarvan was, is egter nie in die pleitstukke uiteengesit
nie - en trouens ook
nie in die loop van getuienis opgeklaar nie.
Die verweerder het in sy verweerskrif gepleit
4
dat hy geen kennis dra van die korrektheid van die
eiser
se bewerings in hierdie verband nie, en die eiser
tot
bewys daarvan gestel.
Die eiser se advokaat (wat nie self die
pleitstukke opgestel het nie) het betoog dat die kwessie
van rente wel in die nadere besonderhede tot die eiser se
deklarasie ter sprake kom. Dit word naamlik in die
nadere besonderhede beweer dat die eiser Nicsyl se aanbod
om te koop telkens aanvaar het op die terme wat op die
keersy van die betrokke verkoopsfaktuur uiteengesit is.
Daar is 'n dokument by die eiser se nadere besonderhede
aangeheg waarop sekere "verkoopsvoorwaardes" uiteengesit
word. Een van daardie "voorwaardes" is dat die eiser hom
die reg voorbehou om binne sy diskresie goedere op
rekening aan klante te verskaf,
"op voorwaarde dat die klant aan wie die goedere op rekening verskaf word ooreenkom en instem dat sodanige goedere deur die klant op rekening geneem word ingevolge die bepalings van die kredietbeleid soos van tyd tot tyd deur die Raad van Direkteure van die Kooperasie [die eiser] vasgestel en om rente op agterstallige bedrae voorspruitende uit hierdie verkope te
5
betaal teen 'n koers soos van tyd tot tyd deur die Raad van Direkteure van die Koöperasie vasgestel".
Hierdie sydelingse verwysing in die nadere besonderhede na sekere verkoopsvoorwaardes is na my oordeel heeltemal ontoereikend om een van die belangrikste bestanddele van die gevorderde bedrag, nl. van rente, te fundeer. Ek kan terloops noem dat daar in elk geval geen getuienis tydens die verhoor aangebied is wat toon dat hierdie verkoopsvoorwaardes hoegenaamd op die onderhawige geval van toepassing is nie, of dat die gemelde voorwaarde dat Nicsyl "ooreenkom en instem" ooit nagekom is nie.
Dit blyk dus dat die betaling van rente op agterstallige bedrae nooit deel uitgemaak het van die eiser se eisoorsaak nie. Die dagvaarding bevat wel 'n eis vir sogenaamde ooreengekome rente teen 15% per jaar vanaf 1 Maart 1987 tot datum van betaling op die gevorderde bedrag van R313 358,34. Dit is egter gemene saak dat geen so 'n ooreenkoms met betrekking tot rente
6
bewys is nie. In die deklarasie word daar wel rente a tempore
morae geëis.
Die eiser se eis van R313 358,34, soos
uiteengesit in sy pleitstukke, was klaarblyklik gebaseer op 'n rekening wat
aangetoon het dat
Nicsyl 'n bedrag van R313 358,34 op 1 Maart 1987 aan die eiser
verskuldig was. Daardie rekening is deur die eiser se prokureur as
korrek
gesertifiseer en tydens die verhoor as bewysstuk ingehandig. Die borgakte wat
die verweerder geteken het, het trouens bepaal
dat 'n rekening wat deur die
eiser se prokureurs gesertifiseer is, "prima facie bewys (sal) wees van
die juistheid van die gegewens uiteengesit in sodanige rekening". By die verhoor
van die saak in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale Afdeling het die eiser egter
nie op daardie rekening gesteun nie, maar wel op 'n latere rekening wat getoon
het dat daar
na inagneming van verdere debiete en krediete, 'n balans van R252
503,53 deur Nicsyl aan die eiser verskuldig was. Hierdie rekening,
wat ook deur
die eiser se prokureur as korrek
7 gesertifiseer is, het die posisie
weergegee soos op 30 April 1989, 'n datum meer as twee jaar na uitreiking van
dagvaarding. Die
verhoorhof het na aanhoor van getuienis, en op sterkte van
laasgenoemde rekening, vonnis ten gunste van die eiser toegestaan ten
bedrae van
R244 924,54, tesame met rente daarop teen 15% per jaar vanaf 1 Mei 1989 tot
datum van betaling, en koste.
Die verweerder het met verlof van die verhoorhof na die volle hof van die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling geappelleer, terwyl die eiser daarna met spesiale verlof na hierdie hof geappelleer het.
Die hof a quo het bevind dat die rekening van 30 April 1989 waarop die eiser in die verhoorhof gesteun het, debiete in berekening gebring wat ná uitreiking van dagvaardiging ontstaan het en wat dus nooit geëis was nie. Daarbenewens het hierdie rekening verskeie debietitems bevat wat geensins tuisgebring kon word onder die eiser se eisoorsaak van "goedere verkoop en gelewer", soos in sy pleitstukke uiteengesit nie. Dit blyk uit die
8
uitspraak van die hof a quo dat die eiser se
advokaat in daardie hof toegegee het dat die getuienis voor die verhoorhof buite
die pleitstukke gegaan het, maar
dat hy desnieteenstaande nie om wysiging van
die pleitstukke gevra het nie. Ook in hierdie hof was daar geen aansoek om
wysiging
van die eiser se pleitstukke nie.
Rente is die belangrikste van die debiete in die rekening van 30 April 1989 wat nie deur die eiser se pleitstukke gedek is nie. Die rente wat Nicsyl volgens hierdie rekening verskuldig is, bedra R227 968,06. Dit is rente wat vir die tydperk 1 April 1984 tot 30 April 1989 teen Nicsyl se rekening gedebiteer is. Die eiser se
advokaat het betoog dat selfs indien hierdie rente
buite
rekening gelaat sou word, en dus afgetrek sou word van die
bedrag van R244 924, 54 wat die verhoorhof aan die eiser toegestaan het,
die
eiser in elk geval geregtig sou wees op vonnis vir 'n bedrag van R16 956,48.
Daardie argument verloor egter uit die oog dat daar
ook voor 1 April 1984 rente
teen Nicsyl gehef is, wat-dan eweneens
9
van die eiser se eis afgetrek moet word. Dit is egter onseker watter bedrag daardie vroeëre rente beloop het, met die gevolg dat die eiser steeds nie die omvang van die balans van sy eis, indien enige, bewys het nie. Ek stem derhalwe met respek saam met die hof a quo se bevinding dat die eiser nie sy eis bewys het nie, en dat die bevel van die verhoorhof vervang moet word met 'n bevel van absolusie van die instansie met koste.
Daar is ook ' n ander rede waarom die onderhawige appél na my mening nie behoort te slaag nie. Die eiser volhard steeds met die bewering in sy dagvaarding dat die gevorderde bedrag van R313 358 ,34 die balans verteenwoordig wat Nicsyl op 27 Augustus 1986 aan die eiser verskuldig was. Dié bewering is waarskynlik foutief, maar daar was geen aansoek om bostaande datum in die eiser se dagvaardiging te wysig nie. Die bewering soos dit staan, bring mee dat alle inbetalings of krediete op Nicsyl se rekening na 27 Augustus 1986, ook tot voordeel van die verweerder
10
gereken moet word. Dit is gemene saak dat 'n totale bedrag
van R321 193 ,24 gedurende die tydperk 20 Oktober 1986 tot 1 September
1988 op
Nicsyl se rekening afbetaal is en dus teen die rekening gekrediteer moet word.
Daarbenewens is die partye dit eens dat die
verweerder op verdere krediete van
ten minste B2 253, 80 geregtig is. Daardie krediete beloop meer as die eiser se
totale eis van
R313 358 ,34 en sou die eis heeltemal uitgewis het. Die eiser het
egter rente a tempore morae in sy deklarasie geëis. Indien sodanige
rente bereken word vanaf datum van dagvaarding, teen die voorgeskrewe koerse, en
op
die balans bedrag wat van tyd tot tyd verskuldig was, sou daar na die laaste
afbetaling op Nicsyl se rekening op 1 September 1988
slegs 'n paar duisend rand
aan die eiser verskuldig gewees het. Die eiser het nie hierdie bedrag probeer
bereken nie. Die omvang
van enige balans bedrag wat nog verskuldig mag wees, is
dus nie bewys nie. Ook op hierdie basis moes die yerhoorhof na my oordeel
dus 'n
bevel van absolusie
van die instansie gegee het. Die hof a
quo het die bevel van die verhoorhof reeds dienooreenkomstig
gewysig.
Die appél word gevolglik van die hand gewys met koste.
F H GROSSKOPF, AR
HOEXTER AR)
VAN HEERDEN AR)
KUMLEBEN AR) Stem saam.
HOWIE Wn AR)