South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 37
| Noteup
| LawCite
S v Ndaba (499/91) [1993] ZASCA 37; [1993] 2 All SA 213 (A) (25 March 1993)
Download original files |
Saaknommer 499/91
/al
IN DIE HOOGGEREGSHQF VAN
SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak van :
PETER
NDABA APPELLANT
EN
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : BOTHA, F.H.
GROSSKOPF ARR et
KRIEGLER WND. AR
DATUM VAN VERHOOR : 12 MAART 1993
DATUM VAN UITSPRAAK : 25 MAART 1993
UITSPRAAK
KRIEGLER WND. AR/..
2
KRIEGLER WND. AR :
Hierdie appèl teen vonnis dien uit hoofde van 'n petisie aan die hoofregter. Die appellant het sonder sukses na die Transvaalse Provinsiale Afdeling geappelleer teen 'n vonnis van ses jaar gevangenisstraf (twee jaar voorwaardelik opgeskort vir vyf jaar) wat hom in die Streekhof te Springs opgelê is vir onsedelike aanranding.
Luidens die klagstaat sou die appellant op 10
Julie 1989 te Kwa Thema 'n negejarige dogter
verkrag het.
Die verweer was 'n algehele
ontkenning. Alhoewel die Staat 'n verdoemende
saak
opgebou het dat die appellant inderdaad op die
beweerde tyd en plek
met die klaagster seksueel
doenig was, was die getuienis egter sodanig
dat
slegs 'n skuldigbevinding aan onsedelike aanranding
('n geoorloofde bevinding ingevolge a. 261(1)(b)
van Wet 51
van 1977) ingebring kon word.
Die tersaaklike feite kan in enkele sinne
3 saamgevat word. Die klaagster
en twee maatjies speel tydens hul skool se middagpouse op die terrein. Die
appellant, wat enkele maande
tevore by die betrokke skool klas gegee het (en
sedertdien by 'n naburige skool), nader die kinders en beveel die klaagster om
hom
te vergesel. Hy neem haar na sy klaskamer waar hy haar laat vooroor buk,
haar broekie aftrek en iets in haar vagina druk en na 'n
rukkie weer uittrek.
Daarop stop hy die klaagster Rl, 20 in die hand en gelas haar om huis toe te
gaan. Kort daarna verwittig sy
haar familie, wat die appellant 'n drag slae gee
en aan die polisie oorhandig.
Etlike maande na die skuldigbevinding bied die verdediging getuienis ter strafversagting aan. Ten eerste getuig 'n kliniese en voorligtingsielkundige na aanleiding van onderhoude wat hy met die appellant gevoer het. Sy bevindings, prognose en aanbevole behandeling is nie in kruisondervraging
4
bevraagteken of deur ander getuienis teengespreek
nie. Die
essensie daarvan is dat die appellant ly
aan 'n regressiewe tipe pedofilie, gekenmerk deur
'n aangetrokkenheid tot jong dogters, wat dateer
sedert sy puberteit en wat intensiveer toe hy (op
ouderdom 24 jaar) aan die begin van 1989 begin
skoolhou. Ondanks sy ouderdom, intelligensie en
bevredigende prestasie as broodwinner vir sy
eggenote en hul seuntjie, was hy emosioneel
onvolwasse, onstabiel, hipersensitief en uitermate
onderdanig en saggeaard. Bygevolg het hy dit
moeilik gevind om hom in sy portuurgroep te laat
geld en was hy kennelik ongeskik vir die onderwys,
waarvoor hy ná matriek 'n driejaar diplomakursus
afgelê het. Volgens die sielkundige sou die
appellant se toestand altyd die wesenlike gevaar
van dergelike vergrype inhou tensy hy intensiewe en
langdurige psigiatriese én psigologiese terapie
ondergaan. Sou hy dit wel doen, is die prognose
5 egter gunstig. Die
sielkundige betwyfel die beskikbaarheid van die nodige terapeutiese dienste in
die gevangenis en sluit af met
die onrusbarende mening dat die appellant se
toestand weer probleme sou oplewer tensy hy toereikende behandeling ontvang. Hy
beveel
dus aan dat die appellant deur toepaslike opskortingsvoorwaardes en die
bedreiging van gevangenisstraf verplig word om die nodige
terapie te
ondergaan.
Daarna getuig die appellant ter versagting, en ook sy eggenote. Dit blyk dat die appellant aanvaar dat hy onbekwaam is om sy loopbaan in die onderwys voort te sit en reeds ingeskryf het vir 'n kursus in personeelbestuur. Sy familie was bereid en instaat om sy klasgelde en die aansienlike koste van die aanbevole psigoterapie te dra, terwyl sy eggenote te kenne gee dat sy by hom sou staan.
Die verhoorhof se vonnismotivering, wat kulmineer in die gemelde vonnis van
vier jaar
6 effektiewe gevangenisstraf, is namens appellant in hierdie hof op
verskeie grondslae aangeveg. Twee daarvan is deurslaggewend. Ten
eerste moet
appellant se advokaat gelyk gegee word dat die vonnis besonder swaar is,
inaggenome die algemene patroon in dergelike
sake en, te meer nog, die
omstandighede van hierdie besondere geval. Ons is na geen saak verwys - en my
navorsing kon geeneen opdiep
- waar 'n naastenby soortgelyke vonnis in 'n
vergelykbare geval van kindermolestering opgelê is nie. Daar is ook niks
wat die
onderhawige geval as buitengewoon ernstig kenmerk nie. Die gevolge
daarvan vir die klaagster was betreklik gering en het nie besonder
swaar
straftoemeting geverg nie. Word daar na die misdadiger en sy misdaad gekyk, is
dit ook nie 'n sonderling strafwaardige geval
nie. Dit was 'n eenmalige en
kortstondige vergryp, sonder enige geweld, deur 'n jong eerste oortreder onder
aandrif van 'n sieklike
drang. Vermoedelik
7 is die felheid van die straf
daaraan te wyte dat die verhoorhof, ondanks die skuldigbevinding aan die mindere
misdaad, nie kon ontkom
aan die gedagte dat daar tog verkragting gepleeg is nie.
(Die vonnismotivering noem dit as 'n "moontlike waarskynlikheid".) Die hof
a
quo se geesdriftige bevestiging van die vonnis was in elk geval uitdruklik
daarop gebaseer dat verkragting bewys is. Afgesien daarvan
dat dit logies
onhoudbaar sou wees om die vonnis te bepaal aan die hand van 'n bevinding wat
nie ten aansien van die skuldigbevinding
gemaak kon word nie, dui die getuienis
op die waarskynlikheid dat die appellant nie sy geslagsorgaan tydens die
aanranding gebruik
het nie. Naar wat ook al die onderliggende rede mag wees, bly
die slotsom dat daar so 'n markante verskil bestaan tussen die opgelegde
vonnis
en dié wat hierdie hof sou opgelê het dat die blote omvang daarvan
'n ingreep noodsaak.
8 Die tweede deurslaggewende oorweging is dat die
verhoorhof, blykens die vonnismotivering, nie die belangrikheid van die
hervormingstrewe
met straf na behore raakgesien het nie. Die appellant is meer
siek as boos. Sy misdadige optrede was gewortel in sy sielkundige afwyking.
Sodanige afwyking is vatbaar vir behandeling, met 'n betreklik gunstige
prognose. Slaag die terapie, is 'n herhaling van die appellant
se
gemeenskapskadelike gedrag onwaarskynlik en word 'n potensieël waardevolle
lid van die samelewing herwin, nie alleen tot
sy behoud nie maar in belang van
die gemeenskap as geheel.
Die sielkundige getuienis onderstreep dan ook wat regterlike ervaring in
dergelike gevalle leer, naamlik dat blote afskrikking dikwels
onvoldoende is om
'n geslagsafwykende van herhaling te weerhou. As die onderliggende afwyking nie
genees of beheer kan word nie,
kom dit waarskynlik, ondanks die
9 afskrikking
van straf, weer tot uiting. Die deskundige se mening was dat die appellant
terapie van 'n aard, frekwensie en tydsduur
benodig wat waarskynlik nie in die
gevangenis gegee kon word nie. Daarom is daar aanbeveel dat die appellant onder
dwang van toepaslike
opskortingsvoorwaardes, met die bedreiging van straf en die
verpligting tot verslaglewering, langdurige behandeling ondergaan. Die
verhoorhof se besluit om nietemin die gewraakte vonnis op te lê, berus op
' n bevinding dat die nodige behandeling wel in die
gevangenis beskikbaar sou
wees. Daar was geen basis daarvoor in die getuienis nie; die deskundige mening
was trouens tot die teendeel.
Die aanbeveling was ook nie 'n poging tot
vergoeiliking van die appellant se gedrag nie maar was juis gemik op
doeltreffende voorkoming
van enige herhaling daarvan. Dit was 'n behoorlik
gemotiveerde voorstel wat daarop bereken was om die verhoorhof 'n sinvolle
alternatief
vir
10
gevangenisstraf te verskaf. Die verhoorhof het homself dus wanvoorgelig deur die aanbeveling af te maak as onaanvaarbare toespitsing op slegs die appellant se belange. Dit spreek vanself dat sodanige wanvoorligting daartoe bygedra het dat 'n vernietigbaar ontoepaslike vonnis, beide wat betref die gewig en die aard daarvan, opgelê is.
Die vraag wat dan ontstaan is wat in die plek
van die
opgelegde vonnis gestel moet word. In sy
betooghoofde - en aanvanklik tydens
betoog - het
die advokaat namens die appellant bepleit dat
hierdie hof 'n
algeheel opgeskorte termyn
gevangenisstraf oplê en voorwaardes daarvoor
bepaal
aan die hand van die sielkundige se verslag en
getuienis. Daar is
egter gewigtige teenaanduiders
teen sodanige optrede, wat die advokaat dan
ook
heel gou ingesien het. Voorop is daar die
praktiese oorweging dat
hierdie hof nie beskik oor
die nodige resente gegewens om 'n oorwoë
regime
11 voorwaardes saam te stel nie. Bykans drie jaar het immers sedert die sielkundige evaluering verloop. Bowendien is dit onwaarskynlik dat sodanige gegewens 'n algeheel opgeskorte termyn gevangenisstraf sou regverdig. Ofskoon dit moontlik by nadere ondersoek 'n gepaste strafvorm mag blyk te wees, is die huidige aanduidings dat dit sou fouteer aan die kant van ontoereikendheid. Daar bestaan ten minste die gevaar dat dit deur die gemeenskap as uitermate toeskietlik beskou sal word. Kindermolestering is 'n ernstige afwyking van heersende sedenorme, dit ís 'n saak van algemene verontrusting en, in 'n geval soos die onderhawige waar die misdaad deur 'n onderwyser teenoor 'n skoolkind gepleeg is, sal 'n algeheel opgeskorte vonnis dalk nie reg laat geskied aan die vergeldings- en afskrikkingskomponente van straf nie.
Sedert die inwerkingtrede van die Wysigingswet
12 op Aangeleenthede
Rakende Korrektiewe Dienste en Toesig 122 van 1991 staan 'n straftoemeter egter
nie meer voor die strakke keuse
tussen die duiwel van tronkstraf en die diep
blou see van 'n volwaardige buitestraf nie. In S v R 1993 (1) SA 476 (A)
(ook gerapporteer te 1993(1) SASV 209 (A)) is daar breedvoerig ingegaan op die
strafvorm wat by bedoelde Wet ingevoer is, naamlik
korrektiewe toesig. Gevolglik
word volstaan met beklemtoning van aspekte wat in casu van belang is. Die
belangrikste is dat hierdie nuwe en eiesoortige vonnisopsie wesenlike
bestraffing sonder gevangesetting kan bewerkstellig.
Daarby aansluitend is dit
so veelsoortig en plooibaar dat 'n waarlik verpersoonlikte program van meet af
bepaal en, indien nodig,
agterna aangepas kan word. Gevolglik is korrektiewe
toesig besonder geskik in gevalle soos die onderhawige waar misdadige optrede
ontstaan uit 'n waarskynlik omkeerbare of
13 beheerbare persoonlikheidsgebrek
wat terapie buite gevangenisverband verg. Sonder om hoegenaamd die verhoorhof se
vonnisbesinning
te wil vooruitloop, moet bygevoeg word dat die beskikbare
gegewens sterk daarop dui dat die appellant 'n goeie kandidaat vir korrektiewe
toesig ingevolg a. 276(1) (h) van Wet 51 van 1977 is: Hy is jonk, intelligent en
'n gemotiveerde presteerder met insig in die aard
en behandelingsbehoeftes van
sy afwyking; daarbenewens was sy huislike omstandighede gekenmerk deur
stabiliteit, hegte gesinsbande
en bereidwilligheid om tasbaar by te dra tot sy
rehabilitasie.
Ten aansien van die substantiewe en prosessuele vereistes waar korrektiewe
toesig ingevolge gemelde bepaling oorweeg word, kan weer
eens volstaan word met
benadrukking van tans relevante aspekte van die bespreking in S v R supra
(veral te 492C - 493A). 'n Verslag deur 'n
14 korrektiewe beampte moet
volgens a. 276A(l)(a) van laasgenoemde Wet ingedien word en hy behoort dit in
getuienis te motiveer. Die
beskuldigde is geregtig om die beampte onder
kruisverhoor te neem en om van sy kant getuienis aan te bied. Die hof kan ook
uit eie
beweging getuies oproep. (Dit is nouliks nodig om te meld dat die
verhoorhof in casu sal aandring op vars inligting.) Die hoofvraag is of
korrektiewe toesig hoegenaamd vanpas is, maar dit is ook belangrik om ondersoek
in te stel na die toepaslikheid en formulering van die een of ander komponent
daarvan. Veral terwyl hierdie nuwe vonnisopsie nog
in sy kinderskoene staan, sal
die samestelling van 'n gepaste regime 'n moeisame -dog onvermydelike - las op
die reeds swaar belaaide
skouers van regterlike beamptes plaas. Maar die
beslissing oor die toepaslikheid van korrektiewe toesig en van enige bestanddeel
daarvan berus by hom. Hy laat hom wel lei deur vakkundige getuienis
15 maar
behoort self die raamwerk van die program te konstrueer. Dit beteken dat hy
iedereen van die komponente bepaal sonder om die
inhoud daarvan haarfyn voor te
skryf. So byvoorbeeld kan hy voorskryf dat die toesiggeval hom by die
korrektiewe beampte of 'n ander
gespesifiseerde persoon of instansie (by die
naam of generiek aangedui) aanmeld op tye wat die korrektiewe beampte van tyd
tot tyd
bepaal. Dit sou ook in orde wees om voor te skryf dat die toesiggeval
vir 'n voorgeskrewe soort behandeling rapporteer op tye en
plekke wat deur die
korrektiewe beampte bepaal word,
'n Hof behoort in die reël egter nie sommer breedweg 'n vonnis van
korrektiewe toesig op te lê en die komponente daarvan
aan die goeddunke
van die korrektiewe beampte oor te laat nie. Dit sou ook oor die algemeen
verkeerd wees om die inhoud van 'n wesenlike
komponent geheel en al aan
vasstelling
16 deur die korrektiewe beampte oor te laat. Hier het ek dit
daarteen dat die hof byvoorbeeld huisarres of gemeenskapsdiens voorskryf
sonder
om die termyn of periodieke tydsduur daarvan te bepaal. Artikel 84(1) van Wet 8
van 1959 (soos ingevoeg by a. 28 van Wet 122
van 1991) beklee weliswaar die
Departement van Korrektiewe Dienste met uitvoerige bevoegdhede buite-om die hof
se voorskrifte. Dit
bepaal naamlik dat "[e]lke toesiggeval...onderworpe [is] aan
die monitering, gemeenskapsdiens, huisarres, indiensplasing, diensverrigting"
ensovoorts "soos deur die hof of die Kommissaris bepaal...en aan enige ander
vorm van behandeling, beheer of toesig...wat die Kommissaris...mag
bepaal ..."
Dit beteken egter nie dat die regspreker goedskiks sy geykte rol as
straftoemeter ten gunste van die uitvoerende gesag
moet afstaan nie. Juis
vanweë die veelsoortigheid van die onderhawige strafvorm en die
knelpotensiaal van bepaalde
17
komponente daarvan (byvoorbeeld huisarres of diensverrigting) betaam dit 'n
regterlike straftoemeter om paal en perk te stel aan die
straf wat hy
oplê. Die feit dat bykomende administratiewe handelinge deur andere geneem
mag word, ontneem 'n regspreker geensins
van die plig om die geregtelike fase
van straftoemeting, waarvoor hy verantwoordelik is, ooreenkomstig geykte norme
te laat verloop
nie. Inteendeel, hy as regspreker funksioneer in die openbaar,
ten aanskoue van die betrokkenes, ontvanklik vir hul vertoë,
pliggebonde om
sy beslissings te motiveer en onderworpe aan regstelling in hoër beroep.
Aangesien die bykomende administratiewe
handelinge aan geen sodanige profilakse
of remedie blootgestel is nie, behoort die geregtelike straftoemeter dus sover
redelikerwys
moontlik die lotgevalle van die toesiggeval voor hom te bepaal. Hy
sal hom ook daarvan bewus hou dat die wetgewing geen meganisme
18
skep waardeur 'n toesiggeval geregtelike aanpassing
van 'n
onredelik knellende regime van korrektiewe
toesig kan inisieer nie. Bygevolg
word met nadruk
herhaal wat in S v R supra 492G gesê is:
"[D]ie verantwoordelikheid om 'n gepaste vonnis te vel, rus altyd op die regterlike beampte en mag nie, selfs by die oplegging van korrektiewe toesig, geabdikeer word nie. Tydens die uitdiening van sy straf is die toesiggeval in groot mate uitgelewer aan die amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste; om die bepaling daarvan ook aan hulle oor te laat, sou pligsversaking wees." Die appél teen vonnis slaag. Die vonnis word
tersyde gestel en die saak word na die verhoorhof
terugverwys vir herbepaling van vonnis ooreenkomstig die bovermelde riglyne.
J.CJ KRIEGLER
WND. APPéLREGTER
BOTHA ]
F.H. GROSSKOPF ] STEM SAAM