South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 71
| Noteup
| LawCite
S v Mouxangwe (708/91) [1993] ZASCA 71 (26 May 1993)
Download original files |
Saaknommer 708/91
/al
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die
saak van :
JOHANNES
MOUXANGWE APPELLANT
EN
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM : E.M. GROSSKOPF, NIENABER ARR et
KRIEGLER
WND. AR
DATUM VAN VERHOOR : 18 MEI 1993
DATUM VAN UITSPRAAK : 26 MEI 1993
UITSPRAAK
KRIEGLZR WND. AR/..
2 KRIZGLER WND. AE :
Dit gaan
hier slegs om vonnis. Ter aanvang kortliks die tersaaklike felte. Ligdag
Saterdagoggend 2 Desember 1989 keer 'n polisiepatrollie
'n motorkar in die
buitewyke van Mamelodi naby Pretoria voor. Benewens die appellant aan die stuur
is daar nog drie swartmans en
sowat R23 000,00 se huisbraakbuit in die kar. Die
vrag is so lywig dat twee van die mans kop-teen-die-dak op die agtersitplek hurk
terwyl die bagasiebak bankvas gepak is. Die appeliant en sy passassier linksvoor
bly sit, maar die ander twee slaan op die vlug en
skote word gevuur op 'n
polisieman wat hulle agternasit. Ondersoek bring gou aan die lig dat al die goed
(asook 'n onherwonne rewolwer
en juweliersware) die vorige aand ná 'n
huisbraak by ' n voorstedelike woonhuis in Pretoria gesteel is.
Dit lei daartoe dat die appellant (as
3 beskuldigde 2) en twee van sy passassiers in die Streekhof teregstaan op 'n aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. (Daar was ook 'n aanklag van poging tot moord voortspruitend uit die skote op die polisieman maar daarvan het niks gekom nie en dit kan daargelaat word.) Beskuldigde 1 en appellant pleit onskuldig terwyl beskuldigde 3 skuldig pleit. Appellant, wat regsbystand geniet, se verweer is dat hy onskuldig by die misdaad betrek is toe hy vroeg die betrokke oggend wakker gemaak en gehuur is om goed na Mamelodi te karwei wat beskuldigde 1 en 3 en die vierde man (ene Mike) van 'n blanke sou gekocp het. Sy mede-beskuldigdes beaam in hul getuienis dat die appellant nie aan die huisbraak of die wegdra van die goed uit die huis deelgeneem het nie maar bloot as gehuurde karweier opgetree het. Volgens die appellant ruik hy nie lont, selfs toe die drie mans in die donker in 'n blanke woongebied die groot en
4
klaarblyklik waardevolle vrag in sy kar laai
nie.
Die verhoorhof het appellant se verweer verwerp, hom skuldig
bevind soos aangekla en hom (soos sy mede-beskuldigdes) tot drie jaar
gevangenisstraf gevonnis. Op appèl na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling word die appellant se skuldigbevinding na diefstal
verminder op die
grondslag dat sy deelname aan die huisbraak nie bewys is nie maar dat hy, op sy
eie weergawe, noodwendig tydens
die oplaai van die goed tot die besef gekom het
dat dit res furtiva was: deur sy volgehoue hulpverlening deur die goed te
karwei, het hy hom dus aan diefstal skuldig gemaak. Sy vonnis word nietemin
gehandhaaf. Met verlof van hierdie hof word die vonnis nou opnuut
aangeveg.
In 'n saak soos die onderhawige, waar 'n provinsiale afdeling op
appèl 'n ander skuldigbevinding ingebring het as die verhoorhof
en
dientangevolge sy eie oordeel met betrekking tot
5 vonnis moes
uitoefen, val hierdie hof se bevoegdheid tot inmenging steeds binne die geykte
perke. Daar kan slegs ingegryp word as
die hof a quo sy diskresie
onregterlik uitgeoefen het in die sin dat die gewraakte vonnis mank gaan aan 'n
wanvoorligting, 'n onreëlmatigheid
of treffende onvanpastheid (S v
Kent 1981 (3) SA 23 (A) op 28H).
Die betoog namens die appellant
val onder twee hoofde. Ten eerste word aangevoer dat die vonnis skokkend
onvanpas is, gesien die appellant
se persoonlike omstandighede en die beperkte
aard van sy betrokkenheid by die diefstal waaraan hy in die hof a quo
skuldig bevind is. Ten tweede word daardie hof se vonnismotivering puntsgewys
ontleed en 'n aantal waargenome mistastings daarin
bespeur aan die hand waarvan
aangevoer word dat hierdie hof opnuut oor vcnnis moet besin. Aangesien die
submissies onder die twee
hoofde, ascck cnderling,
6 oorvleuel, is
dit nie dienlik om hulle los van mekaar te bespreek nie.
Die
appellant se persoonlike omstandighede is ongetwyfeld aansienlik
strafversagtend. Hy was ten tyde van die verhoor 32 jaar oud,
'n getroue werker
met 'n bestendige betrekking en die broodwinner vir 'n eggenote en twee jong
kinders. Die belangrikste persoonlike
faktor is egter dat die appellant geen
vorige veroordelings op sy kerfstok gehad het nie. Beide howe benede het ondanks
gemelde oorwegings
hul deur die omstandighede geroepe geag om 'n betreklik
stewige termyn gevangenisstraf op te iê. By die bereiking van gemelde
slotsom is die vereistes van persoonlike en veral algemene afskrikking met
betrekking tot huisbraak benadruk asook die inherente
erns van sodanige misdaad.
Die hof a quo het ook klem gelê op die toename daarvan in Pretoria.
Dit, so word namens die appellant aangevoer, was 'n mistasting ten aansien
van
die
7
feitebasis vir vonnisbepaling: die hof a
quo het immers bevind dat die skuldigbevinding aan huisbraak nie staande kan
bly nie.
'n Aanverwante submissie was dat daardie hof nie reg laat
geskied het nie aan appellant se wesenlik mindere verwytbaarheid wat opgesluit
is in die veranderde skuldigbevinding wat ingebring is. Sodanige bevinding, so
is betoog, behels by noodwendige implikasie dat die
appellant (a) nie deel van
die huisbraakbende was nie; (b) sonder dieftige opset na die oplaaipunt gery en
hom eers daar aan die
diefstal deelagtig gemaak het - en dan ook slegs met opset
by moontlikheidsbewussyn; en (c) dat hy nie sou deel in die opbrengs van
die
misdaad nie maar slegs sy ooreengekome karweiloon (naamlik R60,00) sou ontvang.
Daaruit volg dit dan, aldus die betoog, dat die
hof a quo misgetas het
deur die appellant oor dieselfde kam te skeer as 'n ontvanger van gesteelde
goed. Laasgenoemde,
8
in teenstelling met die appellant, handel besonne
en het 'n regstreekse belang by die waarde van die gesteelde goed. In dergeiike
trant word namens die appellant daarop gewys dat die appellant dieselfde vonnis
op die hals gehaal het as sy twee medebeskuldigdes
wat volwaardig aan die
huisbraak en diefstal deelgeneem het. Trouens, 'n samelopingsbevel met 'n vorige
vonnis ten aansien van beskuldigde
1 het vir hom 'n wesenlik ligter straf as
dié van die appellant tot gevolg gehad.
Ek meen dat die
betoog op pote staan. Die appellant het hom nou wel deur die bewuste vervoer van
die gesteelde goed aan diefstal skuldig
gemaak en die inbrekers in die
vermoë gestel om hul buit weg te ry. Nietemin is dit nie gebillik om hom,
ondanks die verminderde
skuldigbevinding en die voormelde implikasies daarvan,
steeds die strafwaardigheid van 'n inbreker/dief om die nek ta hang nie. Vocrts,
as eenmaal aanvaar word, sccs
9 die hof a cruo gedoen het,
dat die appellant se skuld eers by die oplaaipunt en as dolus eventualis
ontstaan het, is die toenemende voorkoms van huisbrake weliswaar nie
ontersake nie, maar vervaag die belang daarvan darem wat die
appellant betref.
Blykens sy uitspraak het die hof a quo by die uitoefening van die
diskresie, wat by die inbring van die verminderde skuldigbevinding ontstaan het,
nie voldoende daarmee
rekening gehou dat sy bevinding die appellant in 'n heel
ander strafkategorie plaas nie. Die gelykstelling van die appellant aan
'n
ontvanger van gesteelde goed lewer afdoende bewys daarvan; so ook die
vergelyking van sy vonnis met dié van die twee bewese
inbrekers. Daaruit
volg dit dan dat die gewraakte vonnis inderdaad op wesenlike mistastings
gebaseer is en bygevolg ongedaan gemaak
moet word.
Vervolgens ontstaan die vraag welke vonnis in dle plek daarvan gestel moet vord. Znersyds moet
10
rekening gehou word met die erns van die misdaad
en die gemeenskap sa belang by die bekamping daarvan deur vonnisse met 'n
behoorlike
vergeldings- en afskrikkingskomponent. Andersyds verg die eise van
verpersoonliking dat die appellant se persoonlike omstandighede
en veral sy
betreklik geringe bydrae tot (en belang in) die misdaad in die vonnis
uitdrukking vind.
By die bepaling van 'n gepaste vonnis moet
eweredigheid ook in gedagte gehou word. Die verhoorhof, wat al drie die
beskuldigdes aan
een en dieselfde misdaad skuldig bevind het, lê hul
diencoreenkomstig gelyke vonnisse op. Die wesenlik ander skuldigbevinding
deur
die hof a quo en die gevolglika diskrepansie tussen die appellant se
strafwaardigheid en dié van sy mede-beskuldigdes, verg op sigself dat
daar opnuut na die appellant se straf gekyk word. Gelykberagtiging streef na
gelyke behandeling van gelykes maar ook dat
11
ongelykes ongelyk behandel word. Eersgenoemde
strewe en die beperkings daarop waar 'n hof van appél inmenging met 'n
laer hof
se vcnnisdiskresie oorweeg, is geyk. Kyk: S v Giannoulis 1975
(4) SA 867 (A) 873E - H; S v Marx 1989 (1) SA 222 (A) 225B - 226B; en
S v Goldman 1990 (1) SASV 1 (A) 3e.
Laasgenoemde is egter nie
so duidelik uitgestip nie, moontlik omdat dit as vanselfsprekend beskou word. 'n
Saak soos die onderhawige
bring dit egter helder na vore. Onderwcrpe aan die
primêre vereiste dat die straf vir 'n besondere beskuldigde vanpas mcet
wees vir die besondere wyse waarop hy die besondere misdaad gepleeg het, dui die
ewehandigheidstrewe op ongelyke strawwe vir beskuldigdes wat, hetsy weens hul onderskeibare
deelgenootskap aan die misdaad, hetsy vanweë hul persoonlike omstandighede,
inderdaad cngelyk
is. Wyle regter Harcourt, 'n
12
gesaghebbende op die gebied van die
strafregpleging, het in 'n artikel genaamd "Crime and Punishment" (1972 THRHR
211 op 217) tereg opgemerk "nothing is more unequal than treating unegual things
egually".
Die appellant se gunstiger persoonlike omstandighede
vergeleke met dié van sy mede-beskuldigdes (albei was werkloos) kan
verdiskonteer
word teen hul betreklike jeugdigheid (albei in hul vroeë
twintigerjare). Die verhoorhof het ook uitdruklik oorweeg of die appellant
nie
swaarder gevonnis moet word nie aangesien hy feitlik deurgaans op borg was
terwyl die ander twee nege maande lank verhoorafwagtend
in hegtenis was. Hy het
egter uit menslikheid daarteen besluit en al drie tot drie jaar gevangenisstraf
gevonnis terwyl hy andersins
vier jaar in gedagte sou gehad het. Daar kan dus
geradeneer word dat selfs die mindere skuldigbevinding nie vermindering van
appellant
se
13
vonnis noodsaak nie. Dit was trouens die hof a
quo
se standpunt:
"2Ta my mening is die ander beskuldigdes gelukkig dat hulle slegs drie jaar gevangenisstraf gekry het, maar dit moet nie ons beïnvloed in ons sienswyse wat 'n gepaste straf vir die appellant sou wees met 'n mindere skuldigbevinding nie, Na my mening is drie jaar gevangnisstraf nog steeds gepas
Daar kan egter om twee redes nie met die gedagtegang saamgestem word nie. Ten eerste is 'n vonnis van drie jaar gevangenisstraf nie onvanpas vir die ander twee beskuldigdes nie; dit is trouens "'n redelike of gangbare vonnis" (die maatstaf deur Smalberger AR in S v Marx, supra ta 225J verwoord). Ten tweede en daarby aansluitend sien die gedagtetrant oor die hoof dat ewehandigheid juis diskrimineer waar dit aangewese is. As eers aanvaar is dat 'n vonnis van drie jaar gevangénisstraf redelik of gangbaar was vir volwaardige deelname aan die huisbraak en diefstal,
14
is dit treffend onvanpas vir die appellant wat in
so 'n beperkte mate aan die diefstal deelgeneem het.
Die verskil
tussen die appellant en sy mede-beskuldigdes se onderskeie persoonlike
omstandighede slaan nie net op eersgenoemde se
lofwaardige werks- en
gesinsloopbaan en die drastieser gevolge wat gevangesetting vir hom meebring
nie. Daar lê ook 'n wesenlike
verskil daarin dat die appellant in die
geldelike vermoë is om 'n betekenisvolle boete by te bring, mits afbetaling
daarvan
in paaiemente ingevolge a 297(5)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977
gelas word. Die nut van bedoelde bepaling is juis dat 'n toereikend
stewige
bcete vir 'n onvermcënde beskuldigde haalbaar is met behoud van die
oogmerke van straftoemeting:
"Die omvang van die bcete word tog immers nie verminder deur 'n reëling wat betaling daarvan
15
paaiementsgewys verg nie: Daar is
tewens
heelwat te sê daarvoor dat die
persoonlike
afskrikkingswaarde - en selfs in 'n mata
die
algemene - bevorder word as die beskuldigde
oor 'n
langdurige termyn gereeld van sy
inkomste moet afknyp om sy boete te
betaal."
(S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T) op 735G - H;
deur
hierdie hof met goedkeuring aangehaal in S v
Dreyer
1990 (2) SASV 445 (A) op 449g-h.)
Gesien die beperkte aard van die appellant se betrokkenheid en sy
persoonlike omstandighede sal die oogmerke van straftoemeting bereik
word deur
'n boete, terwyl die erns van die misdaad en die omvang van die buit uitdrukking
sal vind in die boetebedrag wat die appellant
se advokaat voorgestel het,
naamlik R10 000,00. Terselfdertyd sal die totale bedrag afbetaal kan word binne
die tydperk van vyf jaar
wat die betrokke subartikel voorskryf.
16
Bygevolg slaag die appèl. Die vonnis van drie jaar gevangenisstraf word
ter syde gestel en deur die volgende vonnis vervang:
"1. (a) 'n Boete van R10 000,00 of, by wanbetaling, twee jaar gevangenisstraf. (b) 18 Maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldigbevind word nie aan diefstal of enige ander geoorloofde skuldigbevinding ingevolge a 264(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 wat tydens die opskortingstermyn gepleeg is en waarvoor hy tot regstreekse gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis word. 2. Betaling van die boete word ingevolge die
17 bepalings van a 297(5)(b) van die voormelde Wet vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat die beskuldigde met ingang
van 1 Julie 1993 maandeliks 'n paaiement van R200,00 ter afbetaling daarvan maak by die klerk van die hof, Pretoria."
J.C. KRIEGLER WND. APPêLREGTER E.M. GROSSKOPF AR ]
]
STEM SAAM
NIENABER AR ]