South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 15
| Noteup
| LawCite
S v Noble (114/93) [1994] ZASCA 15 (17 March 1994)
Download original files |
Saak nr 114/93 E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ROY NOBLE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: E M GROSSKOPF, F H GROSSKOPF ARR et
VAN COLLER WN AR
Verhoordatum: Leweringsdatum:
4 Maart 1994. 17 Maart 1994.
2
UITSPRAAK F H GROSSKOPF AR:
Die appellant is in die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling deur Schabort R en twee assessore aan moord
skuldig bevind en die doodvonnis
opgelê. Hy appelleer teen die
skuldigbevinding en vonnis.
Die appellant en die oorledene was beide
veroordeelde gevangenes in die Leeuwkop Gevangenis waar hulle en ander
gevangenes saam in
een sel aangehou was. Dit is gemene saak dat die appellant
die oorledene doodgemaak het. Hy het hom omstreeks 06:00 die oggend in
die sel
minstens elf steekwonde met 'n mes toegedien. Twee van die steekwonde het die
hart binnegedring. 'n Noodoperasie is kort
daarna in 'n Johannesburgse kliniek
op die oorledene uitgevoer, maar hy is direk na afloop van die operasie aan
hartversaking oorlede.
Die appellant se verweer was dat die oorledene se
provokasie toorn by hom ontlok het en dat hy as gevolg van 'n gemoedsopwelling
nie
die nodige opset om te dood
gehad het nie. Volgens sy weergawe was hy die
oggend by een van die wasbakke besig om met ' n waslap en seep te was toe die
oorledene
hom van agter gestamp het. Hy het omgedraai en die oorledene gevra
waarom hy hom nie kans gee om klaar te was nie. Die oorledene
het hom nie
geantwoord nie maar sy vinger in die appellant se oog gesteek. Die appellant
sê hy het woedend kwaad geword. Hy
het na sy slaapplek, wat ongeveer 8 tot
10 meter daarvandaan was, gehardloop, 'n mes uit sy kas gehaal en
teruggehardloop na die
wasbak toe. Daar het hy die oorledene by een van die
wasbakke aangetref, met sy rug na hom gekeer, besig om te was. Hy het die
oorledene
twee of drie keer met die mes in die rug gesteek. Die oorledene het na
bewering omgedraai en homself probeer verdedig deur die appellant
'n paar maal
met die vuis teen die bors te slaan, waarna die appellant wild na die oorledene
begin steek het en aangehou het totdat
hy geval het. Die appellant het toegegee
dat hy besef het dat dit gevaarlik was om ' n persoon sommer enige plek op die
lyf
4 te steek aangesien dit die persoon se dood kon veroorsaak.
Drie van
die sel se inwoners het namens die Staat getuig. Hulle weergawes verskil in
sekere wesenlike opsigte van die appellant s'n.
Die getuie Seeletsa sê hy
het gesien toe die appellant na sy slaapplek terugloop nadat hy klaar gewas het.
Hy het hom nie sien
hardloop nie. Volgens Seeletsa het die oorledene op daardie
stadium nog nie eens begin om te was nie. Die oorledene was trouens nog
op pad
wasbak toe om te gaan was. Op Seeletsa se weergawe was die appellant en die
oorledene dus nie aanvanklik saam by die wasbak
nie, en was daar gevolglik nie
op daardie stadium enige geleentheid vir die oorledene om die appellant by die
wasbak te stamp en
met die vinger in die oog te steek nie. Seeletsa getuig
verder dat hy naby die wasbak was en dat hy sou gesien het as die oorledene
die
appellant gestamp of met die vinger in die oog gesteek het. Hy het ook nie
gehoor dat daar enige woordewisseling tussen
5
die twee plaasgevind het nie. Seeletsa het die appellant later weer sien terugloop na die wasbakke toe. Op daardie stadium het die oorledene gebukkend oor die wasbak gestaan, besig om homself te was. Die appellant het die oorledene van agter genader en hom in die rug gesteek. Toe die oorledene omdraai, het die appellant hom in die bors gesteek. Volgens Seeletsa was die appellant "alreeds gekleed en lankal gewas" toe hy die oorledene gesteek het. Die advokaat vir die verdediging het dit tydens kruisondervraging aan Seeletsa gestel dat die appellant 'n kaal bolyf gehad het toe die oorledene hom gestamp het. Seeletsa het geantwoord dat die appellant "vol gekleed" was op die latere stadium toe hy die oorledene gesteek het.
Die getuie Msimango het getuig dat hy besig was orn te was toe die oorledene
by die wasbakke opdaag. Terwyl hulle twee daar gewas
het, het die appellant ook
daar aangekom. Volgens Msimango was die appellant toe "vol gekleed" gewees. Hy
het daarna gesien hoe die
6 appellant die oorledene met 'n mes steek. Die
appellant en die oorledene was op daardie stadium baie naby aan hom. Hy het
egter
nie gesien dat die oorledene die appellant voor die tyd gestamp het nie,
en hy het ook nie enige woordewisseling tussen die twee
gehoor nie. Dit blyk
egter uit Msimango se getuienis dat hy nie gesien het toe die appellant homself
vroeër by die wasbak gewas
het nie. Volgens die appellant was dit juis by
daardie geleentheid toe dié oorledene hom gestamp het en sy vinger in sy
oog
gesteek het.
Dit blyk uit die getuienis van die gemelde twee ooggetuies dat die oorledene op geen stadium weerstand gebied het of terugbaklei het nie, soos die appellant beweer het. Volgens hulle getuienis het die appellant die oorledene aanhoudend gesteek, selfs nadat hy hulpeloos op die vloer gelê het.
Die derde ooggetuie, ene Mahlango, het aanvanklik geslaap. Hy het wakker
geword as gevolg van die geraas wat ontstaan het nadat die
appellant die
7
oorledene gesteek het. Hy het iemand hoor sê "roep die polisie", waarna hy
opgestaan het en na die venster gegaan het om die
bewaarders te roep. Toe hy by
die venster aankom het die oorledene hom beveel om weg te gaan aangesien dit
niks met hom te doen gehad
het nie. Dit het tydens die kruisondervraging van
Seeletsa aan die lig gekom dat dit inderdaad Seeletsa was wat vir Mahlango gevra
het om die bewaarders te roep. Seeletsa het ook bevestig dat die appellant vir
Mahlango verbied het om die bewaarders te roep. Seeletsa
het verder getuig dat
Msimango op 'n stadium probeer het om die oorledene te help, maar dat hy nie
daarmee voortgegaan het nie omdat
die appellant hom met die mes gedreig het.
Msimango het bevestig dat die appellant hom so gedreig het en gevolglik verhoed
het dat
hy die oorledene help. Die hof a guo was gunstig beïndruk
deur die gemelde drie ooggetuies, maar het daarop gewys dat die appellant op
hulle weergawe heeltemal
onverklaarbaar en uit die bloute van agter op die
oorledene toegeslaan het
8
en hom sonder enige klaarblyklike rede begin steek het. Die hof a
quo het gevolglik op die waarskynlikhede bevind dat daar wel een of ander
voorval tussen die appellant en die oorledene by die wasbak
moes plaasgevind het
wat die appellant se aanval op die oorledene voorafgegaan het. Inderdaad het
nóg Msimango nóg
Mahlango gesien toe die appellant aanvanklik by
die wasbak vertoef het om homself te was, en sou hulle dus ook nie gesien het as
die oorledene toe vir die appellant gestamp en met die vinger in die oog gesteek
het nie. Hulle getuienis kan dus nie verdere lig
op hierdie aspek van die saak
werp nie. Daar was verder ook geen rede waarom Seeletsa die appellant en die
oorledene op daardie vroeë
stadium, toe niemand nog iets te wagte was nie,
voortdurend in die oog sou hou nie. Die moontlikheid van een of ander
uittartende
optrede aan die kant van die oorledene kan dus nie uitgesluit word
nie, met die gevolg dat die appellant se weergawe van so ' n voorval
ook nie
sonder meer as vals verwerp kan word nie. Die hof a quo het die
appellant
9 dan ook die voordeel van die twyfel in hierdie verband
gegee.
Op die appellant se eie weergawe moes die oorledene se provokasie
egter onbeduidend van aard gewees het. Die stamp van agter was kennelik
onbenullig, terwyl die vinger wat die oorledene na bewering in die appellant se
oog gesteek het, geen werklike besering of nagevolge
meegebring het nie. Die
appellant het trouens toegegee dat die oorledene nie sy vinger diep in sy oog
gesteek het nie. Daar was ook
geen getuienis dat die oog na die tyd rooi of
geswel of seer was nie.
Dit is insiggewend dat die appellant direk na die gebeure bereid was om
teenoor luitenant Van Rensburg te erken dat hy die oorledene
doodgesteek het,
maar dat hy nie terselfdertyd sy optrede probeer regverdig het nie. Op sy
weergawe was daar immers ' n baie goeie
verskoning wat hy vir sy wederregtelike
optrede kon aanvoer. Dit is myns insiens ondenkbaar dat die appellant sou
versuim het om
onmiddellik melding van die
10 oorledene se provokasie te maak
indien diL inderdaad die appellant se hewige reaksie ontketen het. Daar is ook
ander getuienis
wat aantoon dat die oorledene se provokasie nie werklik so 'n
heftige gemoedsaandoening by die appellant ontlok het as wat hy wou
voorgee nie.
Die appellant het weliswaar self getuig dat hy onmiddellik op die oorledene se
provokerende optrede gereageer het deur
onverwyld na sy kas te hardloop, sy mes
te gryp en die oorledene in 'n oomblik van woede te steek. Die getuienis van die
twee ooggetuies,
Seeletsa en Msimango, waarna reeós hierbo verwys is,
toon egter onteenseglik aan dat die appellant nie die waarheid in hierdie
opsig
praat nie. Volgens hulle was die appellant ten volle gekleed toe hy teruggestap
het om die oorledene met die mes te gaan steek.
Die appellant het op sy eie
weergawe met 'n kaal bolyf by die wasbak gestaan toe die oorledene hom
aanvanklik van agter gestamp het.
Hy verduidelik nie wanneer hy sy klere
aangetrek het nie. Die getuienis dat
11 die appellant eers aangetrek het
voordat hy tot vergelding oorgegaan het, dui op die koel, berekende optrede van
'n persoon wat
nie blind van woede kon gewees het nie. Daardie optrede strook
net nie met 'n tydelike verlies aan selfbeheersing as gevolg van provokasie
nie.
Aangesien die appellant inderdaad nie oombliklik gereageer het nie, en daar dus
noodwendig 'n sekere tydsverloop was, was daar
ook meer geleentheid vir hom om
af te koel en tot besinning te kom.
Die appellant het in die loop van sy
gebuienis verwys na vorige struwelinge wat daar in die verlede tussen hom en die
oorledene plaasgevind
het. Die appellant se mede-selbewoners was nie van sulke
voorafgaande voorvalle bewus nie, maar die hof a guo het die appellant
ook in hierdie opsig die voordeel van die twyfel gegee en bevind dat daar voor
die onderhawige gebeure 'n sekere
mate van spanning tussen die appellant en die
oorledene bestaan het. Die appellant se advokaat het betoog dat die oorledene se
provokasie
die betrokke
12 oggend die spreekwoordelike druppel was wat die
emmer laat oorloop het. Dit strook cgter nie met die getuienis nie. Die
appellant
het self getuig dat hy nie meer kwaad vir die oorledene was
vanweë daardie vorige probleme nie en dat hulle twee ondanks daardie
gebeure nog met mekaar gesels het. Hy het saamgestem dat daar geen slegte
gevoelens meer tussen hulle was nie. Waar daar soveel tyd
sedert daardie vorige
struwelinge verloop het, kan daar in ieder geval ook nie meer op daardie gebeure
as provokasie gesteun word
nie.
Na my oordeel is daar in die onderhawige geval geen sprake van enige provokasie wat die appellant se opset kon uitsluit nie. Die appellant se doelgerigte optrede weerspreek dit. Direk voordat hy die oorledene met die mes gaan steek het- en ondanks die beweerde woede en meegaande verlies aan selfbeheersing as gevolg van die oorledene se provokasie - vind die appellant nog tyd om eers sy klere te gaan aantrek. Direk nadat hy die oorledene met die mes gesteek het, verstrek hy geen rede
13
aan luitenant Van Rensburg waarom hy so opgetree het
nie,
en maak hy veral geen melding van enige provokasie aan
die kant van
die oorledene nie. Daar is verder getuienis
wat aantoon dat die appellant
inderdaad deurgaans die
direkte opset gehad het om die oorledene te dood. Hy
het
die oorledene aanhoudend en op potensieel dodelike plekke
met die mes
gesteek, ook nadat die oorledene reeds op die
vloer neergeval het. Daarna
verhoed die appellant een
van die selbewoners om die oorledene te hulp te
kom, en
verbied hy 'n ander een om die bewaarders te roep. Nadat
hy die
oorledene so aangerand het, maar voordat die
oorledene inderdaad dood is,
sê die appellant aan
luitenant Van Rensburg dat hy die oorledene "doodgesteek"
het. Dit toon
myns insiens aan wat die appellant se
gesindheid op daardie tydstip was.
In S v Mokonto 1971(2) SA 319(A) het Holmes AR
soos volg op 326 C-D opgemerk:
"On the other hand, the facts of a particular case might show that the provocation, far from negativing an intention to kill, actually caused it. The crime would be murder, not culpable homicide ..."
14 (Vgl ook 327
B.) Na my oordeel geld hierdie opmerking eweneens vir die onderhawige
geval.
Die hof a guo het bevind dat die appellant skuldig is aan moord
met direkte opset. Die appellant se advokaat kon geen oortuigende rede aanvoer
waarom die hof a guo in hierdie verband fouteer het nie. Na my oordeel
kan die appèl teen die skuldigbevinding nie slaag nie. Vervolgens moet
beoordeel
word of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis vir die moord is.
Provokasie kan in gepaste omstandighede strafversagtend wees,
selfs al is dit
nie van so 'n omvang dat dit die dader se opset uitsluit nie. (Vgl S v
Mokonto, supra, op 326A-F; S v Mandela 1992 (1) SASV 661(A) op
665b-d.) Wat reeds hierbo gesê is met betrekking tot die aard en omvang
van die oorledene se provokasie
en die appellant se reaksie daarop, geld ook in
hierdie verband. Die provokasie was gering in omvang en nie ernstig van aard
nie.
Daarbenewens het dit geen beduidende inkorting van
15
die appellant se selfbeheersing tot gevolg gehad nie.
Vanweë 'n sekere tydsverloop het die appellant ook nie in die woede van
die
oomblik gehandel nie. Dit blyk trouens dat hy berekend opgetree het. Dat die
provokasie wel 'n geringe invloed op die appellant
se gemoedstoestand moes gehad
het, kan egter nie uitgesluit word nie. Die hof a quo het dit trouens in
aanmerking geneem.
'n Verdere aspek wat ter strafversagting in aanmerking
geneem is, maar wat nie veel gewig dra nie, is dat die appellant hom blykbaar
goed aangepas het by sy omstandighede gedurende die 14 jaar wat hy in die
gevangenis deurgebring het. Adjudant-offisier de Beer,
onder wie se toesig die
appellant die laaste jaar voor die moord gewerk het, het getuig dat die
appellant werk van goeie gehalte
gelewer het en dat hy geen probleme gegee het
nie.
Die appellant se advokaat heb ons verwys na die ongerapporteerde beslissing
van hierdie hof in die saak van s v Tsotsobe en Andere (saaknommer
259/92) wat, op 4
16 Maart 1993 gelewer is. Daardie saak het ook gehandel met
'n moord wat in 'n tronk gepleeg is. Die appèlle van die appellante
teen
die doodvonnisse is daar gehandhaaf. In daardie saak het die invloed van
tronkbendes en die uitwerking van die bendekultuur
in die gevangenis egter 'n
belangrike rol gespeel, en is daar ook heelwat getuienis daaroor gelewer. In die
onderhawige saak is daar
geen sprake van 'n bendemoord nie. Vir sover die
appellant en die oorledene wel aan bendes behoort het, het dit geen rol by die
moord
gespeel nie.
Hierteenoor is daar ernstige verswarende faktore aanwesig. Die appellant was
ongeveer 34 jaar oud toe hy die onderhawige moord gepleeg
het. Op daardie
stadium het hy reeds 14 jaar van 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf weens
moord uitgedien. Hy het trouens twee
vorige veroordelings vir moord. Beide
daardie moorde was met 'n mes gepleeg. Hy is tot 20 jaar gevangenisstraf op
elkeen van daardie
moordklagtes gevonnis, maar dit is gelas dat daardie
vonnisse
17 samelopend uitgedien moes word. Die appellant se vorige
veroordelings is beslis 'n gewigtige verswarende faktor.
Die moord op die
oorledene was berekend uitgevoer nadat die appellant 'n geleentheid tot
besinning gehad het. Hy het die niksvermoedende
en ongewapende oorledene van
agter aangeval en hom aanhoudend en op buitensporige wyse aanhou steek, selfs
nadat hy hulpeloos op
die vloer gelê het. Hy het duidelik die direkte
opset gehad om die oorledene te dood. Hy het die oorledene se smeking om genade
geïgnoreer en trouens verhoed dat hulp ontbied word of dat die oorledene
hulp verleen word. Dit was 'n wrede en gevoellose moord.
Die omstandighede
waaronder en die wyse waarop die moord op die oorledene gepleeg is, is na my
oordeel erg verswarend.
Ondanks die ernstige strafverswarende faktore en die gebrek aan werklike
strafversagtende faktore, moeb die hof nog steeds met inagneming
van die
oogmerke van straftoemeting, beslis of die doodvonnis in al
die
18
omstandighede van die saak die enigste gepaste straf is.
Die 14
jaar gevangenisstraf wat die appellant reeds vir die vorige moorde uitgedien
het, het klaarblyklik geen hervormende effek op
hom gehad nie. By die geringste
provokasie pleeg hy weer moord. In die omstandighede is die moontlikheid van
rehabilitasie na my
mening so skraal dat dit nie verdere oorweging regverdig
nie.
Die appellant het homself bewys as 'n persoon wat 'n ernstige bedreiging
vir sy medemens inhou, sowel buite as binne die gevangenis.
Die
gemeenskapsbelang tree dus sterk op die voorgrond, en in hierdie geval geld dit
veral die belange van ander gevangenes wat onvermydelik
in die appellant se
geselskap moet verkeer en teen hom beskerm moet word. (Vgl S v Eiman
1989(2) SA 863(A) op 873A ; S v Mandela, supra, op 666 d-f.) Dit
is juis in dergelike gevalle waar die gemeenskapsbelang d.it vereis dat die
afskrikkings- en vergeldingselemente
van strafoplegging beklemtoon moet
19
word. Die appellant is 'n gevaar vir sy mede-gevangenes en verdere
gevangenisstraf sal nie hierdie probleem oplos nie. Na my oordeel
is die
doodvonnis werklik die enigste gepaste vonnis vir die appellant en kan sy
appèl teen sy vonnis nie slaag nie.
Die appellant se appèl teen sowel die skuldigbevinding as vonnis word gevolglik afgewys.
F H GROSSKOPF, AR.
E M GROSSKOPF AR)
VAN COLLER WN AR) Stem saam.