South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 17
| Noteup
| LawCite
S v Masanga (175/92) [1994] ZASCA 17 (21 March 1994)
Download original files |
NIE RAPPORTEERBAAR
Saaknommer
175/92
/al
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die
saak tussen:
JOE MASANGA Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM SMALBERGER,
VAN DEN HEEVER
ARR et
VAN COLLER WND AR
DATUM VAN VERHOOR 1
MAART 1994
DATUM VAN UITSPRAAK 21 MAART 1994
UITSPRAAK
VAN COLLER WND AR/....
2 VAN COLLER WND AR:
Die
appellant is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord
(aanklag 2) en ter dood veroordeel. Hy is ook skuldig
bevind aan huisbraak met
die opset om te moor (aanklag 1) en aan roof met verswarende omstandighede
(aanklag 3). Wat aanklagte 1
en 3 betref is tydperke van gevangenisstraf
opgelê wat samelopend uitgedien moet word. Die appèl is slegs gerig
teen
die doodvonnis.
Dit blyk uit die getuienis dat die oorledene,
'n 36-jarige vrou, met ene Carlos Manuel Bianco Augusto in 'n huis te Rustenburg
as
man en vrou saamgeleef het. Dit was die Staat se saak dat Augusto die
appellant gewerf het om die oorledene te vermoor. Dit sou geskied
in samewerking
met Augusto en teen 'n vergoeding van R5 000,00. Ter uitvoering van die plan het
die appellant gedurende die nag van
18 Augustus 1989 by die huis van
die
3
oorledene ingebreek. Hy is na die slaapkamer
waar
hy die oorledene met 'n rubber piksteel
aangeval
het. Sy het in die loop van die
daaropvolgende
gebeure beswyk. Na die aanval het die
appellant
juweliersware en andere goedere van die
oorledene
met hom saamgeneem na sy huis. Die
vernaamste
getuienis teen die appellant het bestaan uit
'n
bekentenis wat hy deur middel van 'n tolk gemaak
het,
sekere uitwysings deur hom en getuienis dat
van die oorledene se
juweliersware in sy besit
gevind is. Die toelaatbaarheid van die
bekentenis
en uitwysings is betwis maar na 'n binneverhoor
is
egter beslis dat hierdie getuienis wel
toelaatbaar
was.
Dit is nodig om die tersaaklike gedeelte van
die verklaring volledig aan te haal. Dit lui soos
volg:
"Op Donderdag laaste week (89-08-17) Carlos, 'n Portugese man, het by my gekom by Pokeng waar ek bly. Hy het vir my gevra dat ek moet by sy huis kom omdat hy ' n probleem met sy
4
vrou het. Die vrou eet baie van sy geld. Januarie saam met wie ek bly was
ook by my in die huis toe Carlos daar gekom het. Carlos
het gesê hy wil
hê dat ek sy vrou moet kom doodslaan met 'n kierie. Hy het gesê ek
by 2 uur se kant in die môre
by sy huis kom. As ek by die huis kom, ek sal
twee deure sien, 'n "security" deur en 'n gewone deur. Hy sal die gewone deur
vir my
oop los en die "security" deur sal gesluit wees. Dan moet ek die
"security" deur van onder oopbuig deur dit van onder op te
lig.
Carlos het vir my die "overall" gegee en die rubber handskoene
en die hoed en 'n balaclava "hat" en "tekkies". Hy het gesê ek
moet die
goed aantrek as ek by die huis kom. Carlos het vir my gesê as ek by die
deur inkom ek moet deur die kombuis en deur
die "lounge" en dan moet ek by die
linkerkant draai waar ek die slaapkamer sal kry. Hy het gesê hy slaap by
die venster se
kant van die bed en sy vrou slaap aan die anderkant. Hy het
gesê as ek in die slaapkamer kom ek moet die vrou begin slaan met
die
kierie en hy sal haar vashou. Carlos het gesê as ek nou klaar die vrou
geslaan het ons (ek en hy) moet begin om die klerasie
by die huis deurmekaar te
maak. Hy het ook gesê ek moet die "video tape", die "tape recorder" en
twee bottels drank vat en
as ek loop ek moet een van die bottels drank by die
deur breek.
Hy het ook gesê ek moet hom ook by die kop met
dieselfde kierie slaan waarmee ek die vrou geslaan het.
Hy het
gesê ek moet die goed wat ek gevat het saamvat maar ek moet dit nie
verkoop nie want hy sal dit later self kom haal.
Hy het gesê hy sal my R5
000-00 kom betaal wanneer hy die
5
goed wat ek gevat het kom haal.
Ek het toe op Vrydag oggend (89-08-18) 2 uur na Carlos se huis gegaan. Ek het gekry dat die deur nie toegesluit was nie. Ek het die "security" deur opgebuig en ingegaan. Ek het na Carlos en sy vrou se slaapkamer gegaan. Die lig by die "lounge" was aan gewees en ek kon 'n bietjie sien by die kamer. Ek het vir Carlos en sy vrou op die bed gesien lê. Carlos was wakker en die vrou het geslaap. Ek het die vrou begin slaan met die kierie. Ek het haar by die kop geslaan. Sy het geskree en ek het haar weer geslaan tot sy stil gelê het. Carlos het die vrou vasgehou terwyl ek haar geslaan het.
Ek en Carlos het toe die klere by die "wardrobes" begin uithaal en by die vloer rondgegooi. Carlos het die "video recorder" en die "tape recorder" en twee bottels drank, een brandy en een wyn uitgehaal en dit vir my gegee.
Ek het toe vir Carlos by die kop geslaan met die kierie, maar nie baie hard nie. Hy het geval toe ek hom slaan. Hy het toe gesê ek moet die goed vat wat hy vir my gegee het en loop. Ek het toe geloop maar ek het nie die een bottel drank gebreek by die deur soos hy gesê het nie. Ek het toe na my huis in Pokeng geloop."
Soos blyk uit die verklaring het
die appellant nie
daarin melding gemaak van die
oorledene se
juweliersware wat hy geneem het nie.
Dit blyk uit die getuienis van die
6
ondersoekbeampte in die saak dat hy Augusto vroeg die oggend van 18 Augustus
1989 by die toneel van die moord aangetref het met
bloed aan sy voorkop. Die
ondersoekbeampte het ook 'n rubber piksteel voor die bed waarop die oorledene
geslaap het, gekry. Dit blyk
uit die oorkonde dat Augusto aanvanklik saam met
die appellant aangekla was, maar dat hy na die buiteland gevlug het. Die verhoor
is gevolglik teen die appellant alleen voortgesit. Dit is gemene saak dat die
appellant niks van die beloofde vergoeding ontvang
het nie. Wat die
Staatsgetuienis betref, moet ook kortliks verwys word na die getuienis van
January Thobela wat saam met die appellant
by 'n myn gewoon het. Hy het getuig
dat Augusto, by wie hy op 'n stadium gewerk het, hom op 'n dag genader het met
die versoek om
sy, Augusto, se vrou dood te maak. Hy het hom R50 000,00
aangebied om die werk te doen. Volgens Thobela was Augusto se plan dat hy
die
huis
7 moes binnegaan, die oorledene aanrand en ook vir Augusto 'n
hou oor die kop moes toedien. Hy was egter nie bereid om dit te doen
nie. Op 'n
latere stadium het Augusto weer by Thobela opgedaag. Hy en die appellant het 'n
samespreking gehad, maar Thobela het getuig
dat hy nie weet wat daar bespreek is
nie.
Volgens die mediese getuienis wat deur die Staat aangebied is,
is die oorledene as gevolg van verwurging dood. Sy het ook hoofbeserings
en
ander beserings aan die liggaam gehad. Daar was kneusings aan die kop, haar mond
was beseer en van die tande was los. Die houe
teen die kop het nie enige sigbare
letsel aan die brein gelaat nie en strook met 'n "moderately severe bump". Dit
is volgens die
mediese getuienis onwaarskynlik dat hierdie beserings die dood
sou veroorsaak het.
Die appellant het in sy getuienis ontken dat hy die nag van 18 Augustus
1989 in die huis van die
8 oorledene was. Hy het getuig dat hy die
goedere wat in sy besit gevind is van Augusto teen 'n bedrag van R2 600,00
gekoop het.
Die verhoorhof het die appellant se alibi as vals
verwerp en bevind dat hy met Augusto saamgesweer het om die oorledene te
vermoor.
Dit is bevind dat hy inderdaad saam met Augusto die aanval op die
oorledene uitgevoer het en dat dit haar dood veroorsaak het. Aangesien
dit nie
uit die bekentenis of uit die appellant se getuienis blyk wie die oorledene
verwurg het nie, het die verhoorhof bevind dat
die moontlikheid bestaan dat hy
of Augusto dit kon gedoen het.
Dit is vervolgens nodig om te oorweeg of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is vir die moord wat die appellant gepleeg het. Wat die appellant se persoonlike omstandighede betref, is die volgende bekend. Ten tyde van die verhoor gedurende Maart 1992 was die appellant 30 jaar oud.
9
Hy is 'n burger van Mosambiek en het standerd 9 op
skool geslaag. Hy is getroud en het twee jong kinders. Hy was vanaf 1986
werksaam
by die wildebees-Suid Myn en hy was 'n skofbaas. Die appellant het
ongeveer Rl 000,00 per maand verdien en het 'n motor besit. Daar
is geen vorige
veroordelings teen die appellant bewys nie.
Die ernstige
strafverswarende faktore in hierdie saak spreek vir sigself. Die moord is vooraf
beplan en 'n lafhartige aanval is uitgevoer
op 'n weerlose vrou in haar huis. Sy
is op 'n wrede en gevoellose wyse doodgemaak. Dit was 'n kontrakmoord wat 'n
verfoeilike misdaad
is en een waar die belange van die gemeenskap sterk na vore
tree. Sien S v Mlumbi en 'n Ander 1991 (1) SASV 235 (A) op 251g - h en
S v Dlomo and Others 1991 (2) SASV 473 (A) op 477i - j. Nieteenstaande
hierdie omstandighede is ek van mening dat die doodstraf nie die enigste gepaste
straf is nie.
10 Die redelike moontlikheid bestaan dat dit Augusto
was wat die oorledene verwurg het. Volgens die bekentenis sou die appellant die
oorledene met 'n kierie geslaan het, maar dit is onwaarskynlik dat die beserings
wat daardeur veroorsaak is, die dood veroorsaak
het. Augusto het die moord
beplan en die waarskynlikhede dui daarop dat hy beoog het om die oorledene self
dood te maak en die appellant
slegs gebruik het om die skyn te wek dat sy deur
'n inbreker gedood is. Die appellant het dus 'n mindere rol in die moord gespeel
en hierdie was ook nie 'n geval waar die slagoffer vermoor is in die afwesigheid
van die opdraggewer nie. Vergelyk S v Dombeni 1991 (2) SASV 241 (A) op
245a - c. Die feit dat die appellant geen vorige veroordelings het nie is 'n
sterk versagtende faktor. Dit
dui daarop dat die appellant nie geneig is tot
geweld nie en ook nie ' n misdadiger geaardheid het nie. Hy het nie sy dienste
te
koop aangebied nie en ook
11
nie deur sy lewenswyse die aanbod uitgelok
nie.
Die verhoorregter, Schabort R, het met verwysing
na
die appellant se persoonlike omstandighede tereg
in
sy uitspraak opgemerk dat die appellant hom
in
werksverband en in die samelewing gehandhaaf het
en
dat hy geen patetiese, hawelose of armlastige
figuur
is nie. Dit is natuurlik so dat die
appellant waarskynlik
vanweë hebsug geswig het voor
die versoeking waaraan hy
blootgestel was. Die
slotvraag wat egter beantwoord moet word is
soos
volg in S v Khumalo en Andere [1991] ZASCA 70; 1991 (4) SA 310
(A)
op 359G - H geformuleer:
"Die slotvraag is of die Hof, alles in ag genome - strafverswarende en -versagtende faktore, die persoonlike omstandighede van die betrokke beskuldigde, die jurisprudensiële oogmerke van straf, die gemeenskapsbelang -van oordeel is dat die doodvonnis in werklikheid die enigste gepaste vonnis is; en by die beoordeling van daardie vraag op appèl geniet hierdie Hof 'n selfstandigde diskresie om die vonnis van die Verhoorhof tersyde te stel en sy eie vonnis te substitueer indien hy van oordeel is dat hy nie self die doodvonnis sou opgelê het nie."
12
Ek is van oordeel dat die uiterste vonnis in
hierdie saak nie in werklikheid die enigste gepaste vonnis is nie. Daar bestaan
feitlik
geen moontlikheid dat die appellant weer by so 'n misdaad betrokke sal
raak nie en hy hou dus nie gevaar vir die samelewing in nie.
Lewenslange
gevangenisstraf is dus ook nie aangewese nie. Ek is van mening dat 20 jaar
gevangenisstraf 'n gepaste vonnis sal wees.
Die appèl teen
die vonnis slaag. Die doodvonnis op aanklag 2 word tersyde gestel en vervang met
'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf
wat teruggedateer word na 30 Maart 1992.
Hierdie vonnis sal samelopend uitgedien word met die vonnisse opgelê op
aanklagte
1 en 3.
A P VAN COLLER WAARNEMENDE APPèLREGTER
SMALBERGER AR ] VAN DEN HEEVER AR ] STEM SAAM