South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 19
| Noteup
| LawCite
Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere (322/1993) [1994] ZASCA 19; [1994] 2 All SA 268 (A) (22 March 1994)
Download original files |
Saak No 322/1993
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
In die saak tussen:
DIE KOMMISSARIS VAN
BINNELANDSE
ÏNKOMSTE Eerste
Appellant
MARK BRYDEN N 0 Tweede Appellant
en
WILLEM ANDREW WILLERS Eerste
Respondent
ALBERTUS VAN ZYL WILLERS Tweede
Respondent
JAN BERNARDUS WILLERS Derde
Respondent
G J HOLY Vierde Respondent
CORAM: BOTHA, KUMLEBEN, F H GROSSKOPF, NIENABER ARR et KANNEMEYER Wnd AR
VERHOORDATUM: 21 FEBRUARIE 1994
LEWERINGSDATUM: 22 MAART 1994
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2 Die twee appellante is die
eisers in 'n aksie wat hulle in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel
het teen die vier respondente,
as die eerste vier verweerders, tesame met nog
twee ander verweerders. Ek verwys voortaan na die partye tot die aksie volgens
die
benamings wat hulle op die pleitstukke dra.
Die eerste eiser is
die Kommissaris van Binnelandse Inkomste. Die tweede eiser is die huidige
likwidateur van die maatskappy Bergbries
(Edms) Bpk ("Bergbries"), in sy
hoedanigheid as sodanig. Die eerste vier verweerders is voormalige aandeelhouers
en/of direkteure
van Bergbries. Die vyfde verweerder is 'n voormalige
likwidateur van Bergbries. Die sesde verweerder is die Meester van die
Hooggeregshof.
Die eisers se besonderhede van vordering wemel van
alternatiewe eise. Daar is nie minder nie
3 as sewe. Vier van hulle is van die eerste eiser en drie van die
tweede eiser. Laasgenoemde eise word as 'n groep ingeklee in die
alternatief tot
die eerstes, vir die geval dat die eerstes almal sou misluk. Voorts word die
eise in die twee groepe almal onderling
teenoor mekaar in die alternatief
geformuleer. Sommige van die eise is teen die eerste vyf verweerders, ander teen
die eerste vier
verweer-ders, en nog ander teen die vyfde verweerder alleen. In
sommige van die eise word die betaling gevorder van 'n bedrag van
R3 264 234; in
ander is die bedrag van die eis R2 984 410.
Teen vier van die eise
het die eerste vier verweerders eksepsies aangeteken, op grond daarvan dat hulle
geen skuldoorsaak openbaar
nie. Die hof a quo (ROUX R) het die eerste
eksepsie van die hand gewys en die ander drie gehandhaaf, met 'n kostebevel teen
die eisers. Met die verlof
van die hof a quo is
4 daar nou
voor hierdie Hof 'n appél van die eisers teen die handhawing van die
eksepsies wat geslaag het, en 'n teenappêl
van die eerste vier verweerders
teen die afwysing van die eksepsie wat misluk het.
Die vyfde
verweerder het 'n verweerskrif ingedien en is gevolglik nie by die huidige
verrig-tinge betrek nie. Die sesde verweerder
speel geen aktiewe rol in die saak
nie.
Die besonderhede van vordering bevat in paragrawe 9 tot 22 'n
uiteensetting van die feite wat die eisers aanvoer as die agtergrond
van al die
alternatiewe eise wat daarna uiteengesit word. Dit is nodig om dit ten volle aan
te haal:
9.
9.1 Op 19 September 1984 is die maatskappy BERGBRIES (EDMS) BPK (hierna 'Bergbries' genoem) vrywillig gelikwideer; 9.2 Na die likwidasie van BERGBRIES en wel op 18 Oktober 1984 is Vyfde Verweerder deur Sesde Verweerder as likwidateur van BERGBRIES aangestel.
5
10.
Ten tyde van die likwidasie van BERGBRIES en te alle wesenlike tye daarna:
10.1 was BERGBRIES 'n kapitale bedrag van Rl,632,117.00 ten opsigte van inkomste-belasting aan Eerste Eiser verskuldig; 10.2 was Eerste Verweerder, Tweede Verweerder, Derde Verweerder, Vierde Verweerder, W A WILLERS HOLDINGS (EDMS) BPK en WILTERES HOLDINGS (EDMS) BPK direkteure en/of aandeelhouers van BERGBRIES.
11.
11.1 Vyfde Verweerder was na sy aanstelling as likwidateur van Bergbries en te alle wesenlike tye daarna ingevolge die bepalings van artikel 101(2) van die Inkomstebelastingwet, Wet Nr 58 van 1962, soos gewysig ('die Inkomstebelastingwet') verplig om al die werksaamhede te verrig en al die verantwoordelikhede te aanvaar wat op 'n openbare amptenaar kragtens die bepalings van die Inkomstebelastingwet rus. In besonder was Vyfde Verweerder kragtens die bepalings van artikel 101(10) van die Inkomstebelastingwet verantwoordelik om al die handelinge, aangeleenthede of sake te verrig wat ingevolge die bepalings van die Inkomste-belastingwet deur 'n belastingpligtige verrig moet word; 11.2 Eerste Eiser het op of ongeveer 6 Maart 1986 'n beëdigde verklaring by Vyfde Verweerder ingedien waarin besonderhede
6
verskaf is van die bedrag wat Bergbries ten opsigte van inkomstebelasting aan hom verskuldig is en waarin Vyfde Verweerder daarop gewys is dat die eis kragtens die bepalings van artikel 339 van die Maat-skappywet, Wet Nr 61 van 1973, gelees met artikel 99 en/of artikel 101 van die Insolvensiewet, Wet Nr 24 van 1936, voorkeur geniet.
12.
12.1 Op 1 April 1986 het Eerste Eiser 'n belastingaanslag aan BERGBRIES ten opsig-te van die jaar van aanslag geëindig op 30 Junie 1984 uitgereik; 12.2 Op 8 April 1986 het BERGBRIES beswaar teen gemelde belastingaanslag aangeteken en die gronde van sy beswaar uiteengesit in 'n skrywe gedateer 29 Mei 1986 wat sy prokureurs aan Eerste Eiser gerig het; 12.3 Op 19 September 1986 het Eerste Eiser BERGBRIES se bogemelde beswaar teen gemelde belastingaanslag verwerp en daarna het BERGBRIES op 8 Oktober 1986 appèl na die Spesiale Hof teen die ver-werping van sy beswaar teen gemelde belastingaanslag aangeteken; 12.4 Op 22 Augustus 1988 is BERGBRIES se appèl teen gemelde belastingaanslag deur die Spesiale Hof van die hand gewys; 12.5 Op 20 September 1988 het BERGBRIES appèl na die Appèlhof aangeteken teen die uitspraak van die Spesiale Hof ingevolge waarvan sy beswaar teen gemelde belas-tingaanslag van die hand gewys is, welke
7
appèl op of ongeveer 20 Februarie 1990 deur BERGBRIES teruggetrek is.
13.
13.1 op 13 Mei 1991 het Sesde Verweerder 'n
eerste en finale likwidasie- en distribu-sierekening wat deur Vyfde Verweerder as likwidateur van BERGBRIES voorberei is, bekragtig;
13.2 Ingevolge gemelde finale likwidasie-
en
distribusierekening soos deur Vyfde
Verweerder
voorberei:
13.2.1 was Eerste Eiser nie as 'n skuld-eiser van BERGBRIES aangetoon nie en was geen bedrag aan Eerste Eiser as skuldeiser van BERGBRIES betaal-baar nie; 13.2.2 was die volgende bedrae aan die volgende aandeelhouers van BERG-BRIES toegeken:
13.2.2.1 Aan aandeelhouer W
A
WILLERS HOLDINGS (EDMS)
BPK is toegeken 'n
bedrag van R2,305,377.94
13.2.2.2 Aan aandeelhouer
WILTERES
HOLDINGS
(EDMS) BPK is toege-
ken 'n bedrag van R329,339.70
13.2.2.3 Aan Tweede Verweerder
as aandeelhouer
van
BERGBRIES is toegeken
'n bedrag van R329,339.70
13.2.2.4 Aan Derde Verweerder
as aandeelhouer
van
BERGBRIES is toegeken
8
'n bedrag van R164,669.85
13.2.2.5 Aan Vierde Verweerder
as aandeelhouer
van
BERGBRIES is toegeken
'n bedrag
van R164,669.86
14.
14.1 Op 20 November 1989 het Eerste, Tweede en Derde Verweerders in hul hoedanigheid as direkteure van W A WILLERS HOLDINGS (EDMS) BPK skriftelik gesertifiseer dat die betrokke maatskappy opgehou het om besigheid te doen en geen bates of laste het nie en het hul ingevolge die bepal-ings van artikel 73(5) van die Maatskap-pywet, Wet Nr 61 van 1973, by die Registrateur van Maatskappye aansoek gedoen dat die betrokke maatskappy gede-registreer word; 14.2 Op 27 September 1991 is dle maatskappy W A WILLERS HOLDINGS (EDMS) BPK ingevolge gemelde aansoek deur die Registrateur van Maatskappye gederegistreer.
15.
Die bedrag van R2,305,377.94 wat ingevolge bogemelde finale likwidasie- en distribusie-rekening aan W A WILLERS HOLDINGS (EDMS) BPK toegeken is soos hierbo uiteengesit, is deur Vyfde Verweerder in sy hoedanigheid as likwi-dateur van BERGBRIES aan Eerste, Tweede en Derde Verweerders oorbetaal.
16.
9
16.1 Op 9 April 1990 het Eerste Verweerder in sy hoedanigheid as direkteur van WILTERES HOLDINGS (EDMS) BPK skriftelik gesertifi-seer dat die betrokke maatskappy opgehou het om besigheid te doen en geen bates of laste behalwe aandeelhouerslenings het nie en het hy ingevolge die bepalings van artikel 73(5) van die Maatskappywet, Wet Nr 61 van 1973, by die Registrateur van Maatskappye aansoek gedoen dat die betrokke maatskappy gederegistreer word; 16.2 Op 30 November 1990 is WILTERES HOLDINGS (EDMS) BPK ingevolge gemelde aansoek deur die Registrateur van Maatskappye gedere-gistreer.
17.
Die bedrag van R329,339.70 wat ingevolge
boge-
melde finale likwidasie- en distribusierekening aan WILTERES
HOLDINGS (EDMS) BPK toegeken is, is deur Vyfde Verweerder in sy hoedanigheid
as
likwidateur van BERGBRIES aan Eerste Verweerder oorbetaal.
18.
Die bedrae van R329,339.70, R164.669.85 en R164,669.86 wat ingevolge bogemelde finale likwidasie- en distribusierekening aan respek-tiewelik Tweede Verweerder, Derde Verweerder en Vierde Verweerder toegeken is, is nadat Sesde Verweerder die betrokke rekening bekragtig het soos hierbo uiteengesit deur Vyfde Verweerder in sy hoedanigheid as likwidateur van BERGBRIES
10
aan elk van die betrokke Verweerders oorbe-
taal.
19.
Na die oorbetalings gedoen is soos in paragrawe 15, 17 en 18 hierbo uiteengesit, het BERGBRIES oor geen verdere fondse pf ander bates beskik waaruit die bedrag wat hy aan Eerste Eiser ten opsigte van inkomstebelasting verskuldig is, betaal kon word nie.
20.
Op 30 September 1991 is Vyfde Verweerder deur Sesde Verweerder as likwidateur van BERGBRIES onthef en is Tweede Eiser deur Sesde Verweerder in sy plek as likwidateur van BERGBRIES aange-stel.
21.
21.1 Op 21 Julie 1992:
21.1.1 het die kapitale bedrag wat BERG-BRIES ten opsigte van inkomste-belasting aan Eerste Eiser verskuldig is, 'n bedrag van Rl,632,117.00 beloop; 21.1.2 het die rente wat deur BERGBRIES op gemelde kapitale bedrag aan Eerste Eiser betaalbaar was opgeloop tot 'n bedrag van Rl,702,415.70;
21.2 In die lig daarvan dat
die rente wat op
gemelde kapitale bedrag opgeloop het
die
verskuldigde kapitale bedrag oorskry,
beperk Eisers
in hul eise hieronder
11
uiteengesit die vordering ten opsigte van rente deur BERGBRIES aan Eerste Eiser verskuldig tot 'n bedrag gelykstaande aan die kapitale bedrag wat BERGBRIES ten opsigte van inkomstebelasting aan Eerste Eiser verskuldig is; 21.3 Die bedrag wat Eerste Eiser van BERGBRIES sou kon verhaal het ten opsigte van die inkomstebelasting wat BERGBRIES aan hom verskuldig is indien die oorbetalings in paragrawe 15, 17 en 18 hierbo uiteengesit nie aan die persone in gemelde paragrawe vermeld, gemaak was nie, beloop der-halwe:
Kapitale bedrag deur
BERGBRIES ten opsigte
van belasting aan Eiser
verskuldig: Rl,632,117.00
Plus: Rente daarop beperk
tot 'n bedrag gelykstaande
aan die kapitale bedrag wat
BERGBRIES ten opsigte van
inkomstebelasting aan Eerste
Eiser verskuldig is: Rl,632,117.00
Totaal R3,264,234.00"
Die eerste eis wat op hierdie uiteenset-ting volg, word genoem "Eerste Eiser se Hoofeis".
12
Die eksepsie hierteen is deur die hof a quo
afgewys;
hierdie deel van die hof se bevel is die
onderwerp
van die teenappèl. Dit sal gerieflik wees om
dit
eerste af te handel.
Die eerste eiser se hoofeis lui soos
volg:
22.
Eerste tot Vyfde Verweerders was te alle wesen-like tye daarvan bewus dat BERGBRIES die bedrag hierbo vermeld ten opsigte van inkomstebelas-ting aan Eiser verskuldig was.
23.
Eerste tot Vierde Verweerders het, terwyl hul met mekaar en met Vyfde Verweerder saamgespan het om dit te doen, die bedrag wat deur BERG-BRIES ten opsigte van inkomstebelasting aan Eerste Eiser verskuldig was, opsetlik vir hulself toegeëien deur soos volg op te tree:
23.1 Vyfde Verweerder het die bedrag wat BERGBRIES aan Eerste Eiser ten opsigte van inkomstebelasting verskuldig was nie as 'n skuld ingesluit by bogemelde finale likwidasie- en distribusierekening wat deur hom voorberei is nie; 23.2 Vyfde Verweerder het gemelde finale likwidasie- en distribusierekening deur
13
Sesde Verweerder laat bekragtig, terwyl hy bewus daarvan was dat dit nie die bedrag wat BERGBRIES ten opsigte van inkomstebelasting aan Eerste Eiser ver-skuldig is, insluit nie;
23.3 Vyfde Verweerder het na bekragtiging van gemelde finale likwidasie- en distribu-sierekening daartoe oorgegaan om die oorbetalings aan Eerste tot Vierde Verweerders te doen soos in paragrawe 15, 17 en 18 hierbo uiteengesit is; 23.4 Eerste tot Vierde Verweerders het die oorbetalings in paragrawe 15, 17 en 18 hierbo uiteengesit, ontvang, terwyl hul bewus daarvan was dat die oorbetalings die bedrag wat BERGBRIES aan Eerste Eiser verskuldig was, ingesluit het.
24.
As gevolg van Eerste tot Vyfde Verweerder se optrede soos in die vorige paragraaf uiteen-gesit, beskik BERGBRIES nie meer oor die bedrag van R3,264,234.00 vermeld in paragraaf 21 hierbo nie, is Eerste Eiser nie langer in staat om die bedrag van BERGBRIES te verhaal nie en het Eerste Eiser derhalwe skade in die bedrag van R3,264,234.00 gely.
25.
Eerste tot Vyfde Verweerders is in die lig van die voorafgaande gesamentlik en afsonderlik, die een betalende die ander kwytgeskeld te word, regtens verplig om aan Eiser die bedrag van R3,264,234.00 as skadevergoeding te be-
14 taal."
Die eksepsie teen hierdie eis is wydlopig, maar dit
moet tog volledig aangehaal word. Dit lui soos
volg:
3.
3.1 Eisers beweer in paragraaf 11.2 van hulle gewysigde besonderhede van vordering dat Eerste Eiser op of ongeveer 6 Maart 1986 'n beedigde verklaring by Vyfde Verweer-der ingedien het waarin besonderhede verskaf is van die bedrag wat Bergbries ten opsigte van inkomstebelasting aan hom verskuldig is en waarin Vyfde Verweerder daarop gewys is dat die eis kragtens die bepalings van artikel 339 van die Maat-skappyewet, 61 van 1973 gelees met arti-kel 99 en/of 101 van die Insolvensiewet, Wet 24 van 1936, voorkeur geniet. 3.2 Ooreenkomstig die bepalings van die Maatskappyewet, 61 van 1973 en meer in besonder artikel 339 daarvan, saamgelees met artikels 44 en 45 van die Insolven-siewet, 24 van 1936:
(a) is dit noodsaaklik dat 'n skuld-eiser sy eis bewys by 'n vergader-ing van skuldeisers; en (b) het die likwidateur van die betrok-ke maatskappy daarna die reg om die eis te betwis al dan nie.
3.3 Eisers maak geen bewering in hulle
beson-
derhede van eis dat die eis vir inkomste-
15
belasting na verwys in paragraaf 11.2 van die besonderhede van eis inderdaad bewys is op 'n vergadering van skuldeisers en/of dat Vyfde Verweerder die gemelde eis aanvaar het nie.
3.4 Die werksaamhede en verantwoordelikhede van Vyfde Verweerder na verwys in para-graaf 11.1 van die besonderhede van eis en so ook die ander bewerings in die besonderhede van eis, hou nie in dat Vyfde Verweerder verplig is om namens Eerste Eiser 'n eis te bewys by 'n ver-gadering van skuldeisers of lê Vyfde Verweerder aan bande om Eerste Eiser se eis te betwis al dan nie. 3.5 Daar ontbreek dus uit Eisers se besonder-hede van vordering bewerings wat aantoon dat Eerste Eiser inderdaad 'n eis bewys het by 'n vergadering van skuldeisers van Bergbries en/of dat Vyfde Verweerder die eis van Eerste Eiser aanvaar het nie. 3.6 Eisers beweer verder in paragrawe 13.1 en 13.2 van die besonderhede van eis dat die finale Likwidasie- en Distribusie-rekening voorberei is en daarna deur Sesde Verweerder bekragtig is. 3.7 In paragrawe 15, 17 en 18 saamgelees met paragraaf 13 van die besonderhede van eis beweer Eisers dat die bedrae soos toege-ken in die Likwidasie- en Distribusie-rekening, oorbetaal is. 3.8 Geen bewerings word gemaak dat:
(a) die voormelde Likwidasie- en Distribusierekening van Bergbries nie behoorlik ter insae gelê het
nie;
t'
16
(b) dat enige samespanning en/of bedrog en/of enige ander optrede aan die kant van Eerste tot Vierde Verweer-ders Eerste Eiser weerhou het om: (i) sy eis behoorlik, soos voor-
meld, te bewys nie; en/of (ii) toe te sien dat die voormelde Likwidasie- en Distribusie-rekening nie sonder erkenning van sy [Eerste Eiser se] vordering bekragtig word nie.
3.9 In die alternatief, alternatiewelik
kumulatief
tot 3.8:
Geen feite word aangevoer wat Eerste Eiser se versuim:
(a) om toe te sien dat sy eis behoorlik bewys word op 'n vergadering van skuldeisers van Bergbries; en/of (b) om toe te sien dat die Likwidasie-en Distribusierekening van Berg-bries nie verkeerdelik bekragtig word nie,
sou verskoon nie.
3.10 Die Likwidasie- en Distribusierekening van Bergbries wat bekragtig is, het die effek van 'n finale vonnis ooreenkomstig artikel 408 van die Maatskappyewet, 61 van 1973 en kan slegs heropen word indien Eisers 'n grond vir restitutio in inte-qrum, alternatiewelik 'n soortgelyke grondslag as waarop 'n vonnis van die Hooggeregshof aangeveg of ter syde gestel kan word, kan aantoon. 3.11 In die alternatief, alternatiewelik kumulatief tot paragraaf 3.10 hierbo:
17
Waar dividende soos in die huidige geval, uitbetaal is ingevolge 'n Likwidasie- en Distribusierekening van 'n gelikwideerde maatskappy, kan die Likwidasie- en Distribusierekening regtens nie verder aangeval word nie of van die bevoordeelde terugverhaal word nie onder omstandighede soos in die besonderhede van vordering beweer nie.
3.12 In die alternatief, alternatiewelik
kumulatief
tot paraqrawe 3.8 en 3.9
hierbo:
Geen bewerings word gemaak in die beson-derhede van eis op grond waarvan die Likwidasie- en Distribusierekening van Bergbries regtens soos meer volledig na verwys in 3.10 en 3.11 hierbo ter syde gestel kan word nie.
3.13 Bygevolg het Eisers versuim om 'n kousale nexus tussen Eerste tot Vierde Verweer-ders se beweerde samespanning met Vyfde Verweerder (soos na verwys in paragraaf 23 van Eisers se besonderhede van vordering) en Eerste Eiser se beweerde skade te pleit. 3.14 Enige samespanning tussen die Eerste tot en met Vyfde Verweerders sou slegs regtens relevant wees indien dit:
3.14.1 Die Eerste Eiser se versuim om 'n eis in insolvensie te bewys, sou uitskakel; en/of 3.14.2 Eerste Eiser sou verhinder om sy vordering in insolvensie te bewys.
3.15 Geen sodanige bewering word gemaak nie. 3.16 Gevolglik mis die besonderhede van vordering bewerings om Eerste Eiser se
18
hoofeis teen Eerste tot Vierde Verweer-ders te staaf."
In sy geheel beskou, skep die eksepsie
die indruk dat die kern van die aanval op die eerste
eiser se
hoofeis geleë is in paragraaf 3.10 van die
gronde van die
eksepsie, wat berus op die bepalings
van artikel 408 van die
Maatskappywet 61 van 1973.
Artikel 408 bepaal soos volg:
"Wanneer 'n rekening ter insae gelê het soos in artikel 406 voorgeskryf, en-
(a) geen beswaar ingedien is nie; of (b) 'n beswaar ingedien is en die rekening ooreenkomstig die opdrag van die Meester gewysig is en weer, indien nodig, ter insae gelê het soos voorgeskryf in artikel 407(4)(b), en geen aansoek binne die voorgeskrewe tydperk by die Hof gedoen is om die tersydestelling van die Meester se beslissing nie; of (c) 'n beswaar wel ingedien is maar teruggetrek is of nie gehandhaaf is nie, en die beswaarmaker nie binne die voorgeskrewe tydperk by die Hof aansoek gedoen het nie,
bekragtig die Meester die rekening en sy
19
bekragtiging het die uitwerking van 'n finale uitspraak, behalwe teenoor die persone wat deur die Hof toegelaat word om die rekening te heropen na sodanige bekragtiging maar voordat die likwidateur met die distribusie begin."
Die bewering in paragraaf 3.10 van die eksepsie dat
die likwidasie- en distribusierekening van Bergbries
wat
bekragtig is slegs heropen kan word indien die
eisers 'n grond vir restitutio in integrum of 'n
soortgelyke grondslag as vir die tersydestelling van
'n vonnis van die Hooggeregshof kan aantoon, word
ontleen aan die wyse waarop artikel 408 van die
Maatskappywet
en sy eweknie, artikel 112 van die
Insolvensiewet 24 van 1936, in die regspraak uitgelê
is - sien byvoorbeeld S A Clay Industries Ltd
v
Katzenellenboqen N 0 and Another 1957 (1) SA 220
(W)
op 224E-225D en Commissioner for Inland Revenue v
The
Master 1957 (3) SA 693 (C) op 700A-701A (en
vgl
Kilroe-Daley v Barclays National Bank Ltd 1984 (4)
SA
609 (A) op 626F-H en Gilbey Distillers & Vintners
20
(Pty) Ltd and Others v Morris N 0 and Another [1990] ZASCA 134; 1991 (1) SA 648 (A)
op 657G-659B). Dit behels onder meer dat 'n onbetaalde skuldeiser nie by magte
is om die heropening of tersydestelling van 'n
bekragtigde rekening te verkry
indien hy deur sy eie nalatigheid versuim het om 'n eis te bewys of om beswaar
te maak teen die bekragtiging
van die rekening nie, en in ieder geval nie as die
distribusie van bates inge-volge die rekening reeds afgehandel is nie. Hierdie
oorwegings lê oënskynlik ten grondslag van al die bewerings in die
eksepsie wat paragraaf 3.10 vooraf-gaan (paragrawe
3.1 tot 3.9 seriatim)
en dié wat daarop volg (paragrawe 3.11 tot 3.15 seriatim) . In
soverre die koddige opskriffies van paragrawe 3.9, 3.11 en 3.12 dalk bedoel was
om te kenne te gee dat daar op afsonderlike
gronde van eksepsie staatgemaak
word, doen dit tog nie afbreuk aan die indruk dat alles saamhang met paragraaf
3.10 nie. Op die keper
21 beskou, dus, is artikel 408 van die
Maatskappywet die spil waarom die hele eksepsie draai.
Aldus beskou,
berus die eksepsie op 'n wanopvatting aangaande die aard van die eerste eiser se
hoofeis. Dit is nie 'n eis vir die
heropening of tersydestelling van die
likwidasie- en distribusie-rekening van Bergbries wat bekragtig is nie ("die
rekening"). Dit
is 'n eis om skadevergoeding, gebaseer op bewerings dat die
eerste vier verweerders onderling en met die vyfde verweerder saamgespan
het om
geld in Bergbries se boedel wat aan die eerste eiser toegekom het, en wat hulle
geweet het aldus toegekom het, opsetlik vir
hulleself toe te eien, dat hulle
uitvoering aan die samespanning gegee het deur die optrede vermeld in paragrawe
23.1 tot 23.4 van
die besonderhede van vordering, en dat die eerste eiser
dientengevolge skade gely het in die bedrag wat gevorder word. Die bewering
in
paragraaf 23.2 dat
22
die vyfde verweerder die rekening deur die sesde verweerder laat
bekragtig het, word vasgeknoop aan die optrede waardeur uitvoering
gegee is aan
die samespanning, waardeur die opsetlike toe-eiening bewerkstellig is, en
waardeur die skade veroorsaak is. Daar is
geen suggestie dat die rekening as
sodanig aangeveg word nie. Dit is inteendeel nie die eerste eiser se saak, in
die samehang van
sy eis om skadevergoeding, dat die administrasie van Bergbries
se sake in die likwidasieproses hersien moet word en dat die rekening
dus
heropen of tersydegestel behoort te word nie. Vir die doeleindes van die eis kan
die rekening ongeskonde bly voortbestaan. Gevolglik
is die eksepsie met sy
beroep op artikel 408 misplaas en bied dit geen antwoord op die eis
nie.
Dit was inderdaad die grondslag waarop die hof a quo die
eksepsie afgewys het. ROUX R het sy bevinding bondig soos volg gestel (die
verwysing
23
na die Callinicos-saak sal weldra opgeklaar word):
"Hierdie aksie is duidelik op die lex Aquilia baseer. Myns insiens bied die bepalings van die Wet, en veral artikel 408 daarvan, geen verweer daarteen nie. Indien artikel 408 betrekking het is hierdie skuldoorsaak op bedrog gebaseer en sal dit seker een van die uitsonderings wees soos in die Callinicos saak, supra, bedoel. Die eksepsie is op die bepal-ings van die Wet gegrond. As sulks is dit misvat en moet [dit] van die hand gewys word."
Gekonfronteer met hierdie toedrag van sake, het
mnr Bertelsmann, namens die eerste vier verweerders,
in sy betoog voor hierdie Hof wegbeweeg van artikel
408 en die aanval op die eerste eiser se hoofeis oor
'n ander boeg gegooi. Hy het toegegee dat dit gereg-
verdig
is om die besonderhede van vordering op te vat
as 'n deliktuele eis
om skadevergoeding en om 'n
bewering van onregmatige optrede deur
die betrokke
verweerders as inbegrepe by die inleidende
bewerings
in die aanvangsgedeelte van paragraaf 23 te beskou,
maar
aangevoer dat die daaropvolgende bewerings in
24 paragrawe 23.1 tot
23.4 inderdaad geen onregmatige optrede openbaar nie en dat 'n skuldoorsaak
gegrond op onregmatige daad gevolglik
nie behoorlik uitgemaak is nie. Alvorens
hierdie argument van naderby beskou word, is dit gerade om op te merk dat mnr
Bertelsmann se bogenoemde toegewings na my mening onvermydelik was. Die
formulering van die eis is onbeholpe en allermins 'n toonbeeld van helderheid,
maar om die eksepsie te bereg, moet elke vertolking waarvoor die besonderhede
van vordering redelikerwyse vatbaar is in aanmerking
geneem word (vgl bv
Kotsopoulos v Bilardi 1970 (2) SA 391 (C) op 395C-E en Theunissen en
Andere v Transvaalse Lewendehawe Koöp Bpk 1988 (2) 5A 493 (A) op
500D-E). Die strekking van die eis as 'n geheel dui wel daarop dat die opsteller
daarvan beoog het om 'n deliktuele
eis te formuleer, en die bewerings van
samespanning en opsetlike toe-eiening wat in die aanvangsgedeelte van paragraaf
23 gemaak
25
word, is wel vatbaar vir die uitleg dat 'n implisiete bewering van
onregmatigheid gemaak word (vgl HAT s v "saamspan": "gesamentlik,
as groep
boosaardige planne beraam"; s v "toe-eien": "in besit neem - soms
wederregtelik"). Die gedagte van bedrieglikheid lê
ook voor die hand -
vandaar die hof a quo se beskou-ing dat die eis gebaseer is op bedrog
(dit is egter nie nodig om te oorweeg of dit noodwendig die enigste etiket is
wat
paa op die onregmatige daad wat die eerste eiser wil aanvoer
nie).
Die argument ter ondersteuning van die eksepsie is nou dat die
implisiete bewering van onregmatigheid in die inleidende gedeelte van
para-graaf
23 nie gestaaf word deur die daaropvolgende bewerings in paragrawe 23.1 tot 23.4
nie, maar inteendeel, so sê mnr
Bertelsmann, daardeur weerspreek
word, omdat elkeen van die vier handelinge wat opgenoem word regmatige
handelinge is: die vyfde
26
verweerder was geregtig om die rekening op te stel met uitsluiting van die eerste eiser se eis, om dit aan die sesde verweerder voor te lê vir bekragtiging, en om daarna uitbetalings te maak ooreenkomstig die rekening soos bekragtig, en die eerste vier verweer-ders was insgelyks geregtig om sodanige uitbetalings in ontvangs te neem. Gevolglik - aldus die argument - is die bewering van onregmatigheid onbestaanbaar met die handelinge wat ter stawing daarvan aangevoer word, by ontstentenis van enige verdere bewerings wat, soos mnr Bertelsmann dit gestel het, daardie handelinge uit die kader van regmatige handelinge sou neem en 'n mantel van onregmatigheid daarom sou hang. Voorbeelde van sulke verdere bewerings wat gemaak kon en behoort te gewees het en wat in die betoog voorge-hou is, is dat die rekening nie behoorlik ter insae gelê het nie, of dat die een of die ander van die eerste vyf verweerders die eerste eiser mislei het om
27
te dink dat dit onnodig was om beswaar teen die rekening te maak, of dat
die eerste eiser geen kennis gedra het van die rekening voordat
dit bekragtig is
nie terwyl die verweerders bewus was van sy onkunde en nogtans voortgegaan het
om die betrokke handelinge te verrig.
Sonder bewerings van daardie aard, so is
aangevoer, gaan die uiteensetting van die eis mank aan bewerings wat noodsaaklik
is om 'n
eis gegrond op delik uit te maak.
Dit is 'n vraag of die
voorgaande argument tuisgebring kan word cnder enige van die bepalings van die
eksepsie. Mnr Bertelsmann het hom beroep op paragrawe 3.8(a) en (b)(ii),
3.9(b) en 3.14.2, waarin daar gewag gemaak word van die afwesigheid van
bewerings
dat die eerste eiser deur die optrede van die eerste vier verweerders
daarvan weerhou is om toe te sien dat die rekening sonder erkenning
van sy
vordering bekragtig word, of dat sy
28
versuim om dit te doen, verskoonbaar is, of dat hy aldus verhinder is om sy eis te bewys. Soos die eksepsie geformuleer is, gaan hierdie gronde daarvan gepaard met aanverwante gronde wat betrekking het op die behoorlike bewys van die eerste eiser se vorder-ing op 'n vergadering van skuldeisers (paragrawe 3.8(b)(i), 3.9(a) en 3.14.1). Dit is gerade om effens af te dwaal en te verduidelik waarom daar nie in die betoog op hierdie gronde ook gesteun is nie. Dit word in paragraaf 9.1 van die algemene deel van die besonderhede van vordering beweer dat Bergbries vrywillig gelikwideer is, sonder om te sê of dit ' n vrywillige likwidasie deur skuldeisers of 'n vrywil-lige likwidasie deur lede was. As dit 'n vrywillige likwidasie deur lede was, was artikels 339, 364 en 366 van die Maatskappywet nie van toepassing nie, en is daar dus nie sprake van die bewys van 'n vordering op 'n vergadering van skuldeisers nie. Mnr Bertels-
29
mann het toegegee, heeltemal tereg, dat die eksepsie bereg moet word met aanvaarding van die moontlikheid dat dit 'n vrywillige likwidasie deur lede was en dat hy hom gevolglik nie kon beroep op paragrawe 3.1 tot 3.5 van die eksepsie en die latere paragrawe wat daarop voortbou nie. By 'n lede-likwidasie moet daar wel 'n rekening opgestel en ingedien word volgens artikel 403, en dit moet ter insae lê volgens artikel 406(1) nadat kennis daarvan in die Staatskoerant gegee is volgens artikel 406(3), en dan kan daar besware daarteen ingedien word volgens artikel 407. Mnr Bertelsmann was dus geregtig om hom te beroep op die paragrawe van die eksepsie, vroeër genoem, wat gebaseer is op die feit dat die eerste eiser nie toegesien het dat die rekening nie bekragtig word nie. Maar om in die bewerings dienaangaande in die eksepsie, in die konteks van die strekking daarvan as 'n geheel, 'n grondslag te sien vir die argument dat
30
die uiteensetting van die eis ontoereikend is ten opsigte van die
beweerde onregmatigheid van die verweerders se optrede, lyk my nogal
heelwat
ver-beelding te vereis. Hoe dit ook al sy, mnr Delport, namens die
eisers, het nie beswaar gemaak daarteen dat die argument geopper en oorweeg word
nie. Hy was bereid en het verkies om
op die meriete daarvan in te gaan. Ek sal
dus aanvaar dat die argument gedek word deur die gronde van die
eksepsie.
Na my mening is die argument ongegrond. Dit berus op 'n
fundamentele fout, wat geleë is in die beskouing dat die handelinge wat
aangevoer word in paragrawe 23.1 tot 23.4 van die eis as regmatige handelinge
aangemerk moet word. Die beskouing is verkeerd omdat
dit trag om die genoemde
paragrawe te isoleer van die res van die besonderhede van vorder-ing. As daar
egter gekyk word na die ander
tersaak-like bewerings in die besonderhede van
vordering, dan
31 verkry die handelinge in die genoemde paragrawe
uiteengesit 'n ander kleur. Om mee te begin, het die eerste eiser in die
aanvangsgedeelte
van paragraaf 23 self (om mnr Bertelsmann se beeldspraak
te gebruik) 'n mantel van onregmatigheid gehang om die bewerings wat daarop
volg. Die etiket van onregmatigheid wat
opgesluit lê in die bewerings van
samespanning en opsetlike toe-eiening word regstreeks oorgedra op wat daarna
volg, met die
woorde: "deur soos volg op te tree". Wat dan volg, is die beweerde
metode waarop die onregmatigheid bewerkstellig is. Daarbenewens
hang die mantel
van onregmatigheid nie alleen af van die aanvangsgedeelte van paragraaf 23 nie.
In die onmiddellik voorafgaande paragraaf
22 word daar beweer dat die eerste tot
vyfde verweerders bewus was dat Bergbries die betrokke bedrag ten opsigte van
inkomstebelasting
aan die eerste eiser verskuldig was. Dit is opmerklik dat die
bewering nie slegs is
32
dat die verweerders bewus was van 'n eis van die eerste eiser teen
Bergbries nie; die bewering is dat hulle geweet het dat die bedrag
verskuldig
was, d w s dat die skuld bestaan as 'n feit. Samehangend daar-mee moet daar
gekyk word na paragraaf 11.2 van die algemene
gedeelte van die besonderhede van
vordering. Daarin word onder meer beweer dat die eerste eiser 'n beëdigde
verklaring by die
vyfde verweerder ingedien het waarin besonderhede verskaf is
van die bedrag wat Bergbries ten opsigte van inkomstebelasting aan die
eerste
eiser verskuldig is. Dit word opgevolg deur die bewerings in paragraaf 12 dat 'n
aanslag vir die belasting aan Bergbries uitgereik
is, dat Bergbries se beswaar
daarteen deur die Spesiale Inkomste-belastinghof verwerp is, en dat 'n
appêl na hierdie Hof teruggetrek
is.
Die voorgaande bewerings
is van besondere betekenis met betrekking tot die posisie van die
33
vyfde verweerder. Wat hom betref, is die kern van die bewerings dat bewys by wyse van beëdigde ver-klaring by hom ingedien is van die eerste eiser se eis vir inkomstebelasting teen Bergbries, en dat hy geweet het dat hierdie skuld as 'n feit bestaan. In die veronderstelling dat Bergbries deur sy lede gelikwideer was (na aanleiding van wat vroeër gesê is), was bewys van die eerste eiser se vordering op 'n vergadering van skuldeisers uitgesluit. As die likwidateur van Bergbries het die vyfde verweerder dus behoorlik kennis gedra van die bestaan van die eerste eiser as 'n skuldeiser van Bergbries en van die bestaan van die skuld. Op grondslag van die eerste eiser se bewerings het die vyfde verweerder gevolglik 'n statutêre plig gehad om die eerste eiser se vordering in sy rekening op te neem en betaal. Dié plig is beliggaam in artikel 391 van die Maat-skappywet: 'n likwidateur is verplig om die bates
34
van die maatskappy "aan te wend ter vereffening van die koste van die likwidasie en die eise van skuld-eisers en die oorskot te verdeel onder dié wat daarop geregtig is". Die optrede van die vyfde verweerder wat in paragrawe 23.1 tot 23.3 van die eis uiteen-gesit word, is optrede waardeur die vyfde verweerder sy statutêre plig verbreek het. 'n Uitdruklike bewering met dié effek is ontbeerlik, omdat dit 'n gevolgtrekking is wat vanself en noodwendig voort-spruit uit die feitlike bewerings wat wel gemaak word. Dit val nie te betwyfel nie dat die verbreking van die statutêre plig prima facie 'n onregmatige daad is waarop 'n deliktuele eis om skadevergoeding gegrond kan word (vgl Callinicos v Burman 1963 (1) SA 489 (A) op 497H-498A). Onregmatigheid word dus wel die vyfde verweerder ten laste gelê in paragrawe 23.1 tot 23.3 van die eis. En vanweë die bewering van 'n samespanning word die eerste vier verweerders partye
35
tot daardie onregmatigheid gemaak en strek die bewering van
onregmatigheid dus ook tot hulle uit.
Dit is nodig om vervolgens
aandag te skenk aan die beslissing van hierdie Hof in Callinicos v
Burman, die saak waarna ek sopas verwys het, en wat genoem word in die
uittreksel uit die uitspraak van die hof a guo wat ek vroeër
aangehaal het. 'n Vereenvoudigde weergawe van die feite van daardie geval met
die oog op wat vir huidige doeleindes
ter sake is, is die volgende. 'n
Skuldeiser het 'n eis teen 'n insolvente boedel gehad wat preferensie geniet het
met betrekking
tot die opbrengs van sekere bates in die boedel. Die eis en die
preferensie is behoorlik bewys. Die kurator het die eis in sy rekening
opgeneem
as 'n konkurrente eis, sonder erkenning van die preferensie, en die skuldeiser
is op daardie grondslag betaal. Die skuldeiser
het 'n aksie in 'n landdroshof
teen die kurator ingestel vir
36
die betaling van skadevergoeding ten bedrae van die
verskil
tussen wat hy ontvang het en wat hy sou
ontvang het as sy
preferensie erken was. Hy het
beweer dat die kurator se optrede 'n
verbreking was
van sy statutêre plig om die skuldeiser se eis
te
vereffen uit die opbrengs van die betrokke goed,
ingevolge artikel 95(1) van die Insolvensiewet. Uit
die
dagvaarding was dit nie duidelik of hy daarbene-
wens ook wou
aanvoer dat daar nalatigheid aan die
kant van die kurator was nie.
Die kurator het 'n
verweerskrif ingedien en die skuldeiser het
eksepsie
daarteen aangeteken. Een van die vrae vir
beslissing
was of paragraaf 2(d) van die verweerskrif 'n
geldige
verweer teen die eis geopper het. Daardie
paragraaf
het soos volg gelui, met verwysing na die
rekening
wat die kurator opgestel het:
"The said account was a final account, and the same was duly conf irmed by the Master of the Supreme Court in terms of sec 112 of Act 24 of 1936, after all the formalities prescribed by
37
the said Act had been complied with, no objection to the said account having been lodged."
Die meerderheidsbeslissing, wat vervat is in die
uitspraak van OGILVIE THOMPSON AR, was dat die aan-
gehaalde paragraaf van die verweerskrif wel 'n
geldige verweer teen die skuldeiser se eis geopper
het. In 'n
minderheidsuitspraak het WILLIAMSON AR
tot die teenoorgestelde gevolgtrekking gekom. (Hy
het wel
saamgestem met die uitslag van die appèl as
sodanig, om redes waarop dit nie nodig is om nou in
te gaan nie.)
Mnr Bertelsmann het aangevoer dat 'n
gedeelte van die beredenering in die meerderheids-
uitspraak
sterk steun verleen aan sy argument in die
huidige saak. Ek stem nie
daarmee saam nie. Ek dink
inteendeel dat die minderheidsuitspraak ten dele op
die feite
van die huidige geval van toepassing is, en
dat dit daaruit blyk dat
mnr Bertelsmann se argument
38
onaanvaarbaar is. Om dit te verduidelik, is dit nodig om eers die
passasie in die meerderheids-uitspraak waarop mnr Bertelsmann hom beroep
het, in perspektief te stel deur die agtergrond daarvan te
skets.
Ter aanvang is dit wenslik om artikel 112 van die
Insolvensiewet te vergelyk met artikel 408 van die Maatskappywet. Soos
vroeër
opgemerk, die een is die eweknie van die ander. Daar is een verskil:
artikel 112 bepaal dat die Meester se bekragtiging van 'n rekening
"afdoende"
is, terwyl artikel 408 lui dat sy bekragtiging "die uitwerking van 'n finale
uitspraak" het. Dit mag wees dat eersgenoemde
uitdrukking sterker aanduidend is
van finaliteit as laasgenoemde (vgl Gilbey Distillers & Vintners (Pty)
Ltd and Others v Morris N 0 and Another [1990] ZASCA 134; 1991 (1) SA 648 (A) op 658C-D), maar
vir huidige doeleindes sal ek veronderstel dat die een die ekwivalent is van
die
39
ander. Die prosedure wat die Insolvensiewet voor-skryf, waaraan voldoen
moet word voordat 'n rekening bekragtig kan word ingevolge
artikel 112, stem
grotendeels ooreen met die prosedure wat bekragtiging ingevolge artikel 408 van
die Maatskappywet moet voorafgaan.
In die geval van 'n vrywillige likwida-sie
deur lede is daar egter wel verskille: skuld-eisers hoef nie eise te bewys op 'n
vergadering
van skuldeisers nie en hulle hoef gevolglik ook nie kennis gegee te
word dat die rekening van die likwi-dateur ter insae lê
ingevolge die
laaste gedeelte van artikel 406(3) nie. Ook hierdie verskille kan vir die
doeleindes van die huidige bespreking buite
rekening gelaat
word.
Die prosedure wat die bekragtiging van 'n rekening moet
voorafgaan, was juis die grondslag van die meerderheidsuitspraak in
Callinicos v Burman. Op 497H-498C word daar gesê dat die kurator se
ver-
40 breking van sy statutêre plig om uitvoering te gee aan
die skuldeiser se preferensie prima facie aan-leiding gee tot 'n aksie om
skadevergoeding, maar dat die betrokke bepalings van die Wet 'n bedoeling van
die Wetgewer mag weerspieël
om die skuldeiser te beperk tot die regsmiddel
wat in die Wet self bepaal word ten opsigte van 'n verbreking van die
statutêre
plig. Met die oog hierop het OGILVIE THOMPSON AR die bepalings
van die Insolvensiewet met betrekking tot die prosedure voor bekragtiging
van
die rekening nagegaan, en bevind dat die skuldeiser deur middel van die proses
van kennisgewing en beswaar in staat gestel word
om sy eie belange te beskerm
(op 499A). Daaruit het die ratio van die beslissing voortgevloei (op
499D-H): die Wetgewer het, deur die geleentheid vir skuldeisers te skep om
beswaar te maak teen
die rekening, die besondere prosedure voorgeskryf wat
aangewend moet word as regsmiddel vir die verbreking
41
deur die kurator van sy statutêre plig, en
gevolglik
het die Wetgewer nie beoog dat die skuldeiser 'n
aksie om skadevergoeding teen die kurator sou kon
instel bloot omdat die preferensie nie in die
rekening erken is nie. Voorts is bevind dat die
posisie
dieselfde sou wees, selfs al word daar
veronderstel dat daar
nalatigheid van die kant van
die kurator was en dat dit in die eiser
se
dagvaarding aangevoer was. Op daardie grondslag
het
die eksepsie teen paragraaf 2(d) van die
verweerskrif
misluk.
Teen hierdie agtergrond haal ek nou dié
gedeelte van die uitspraak aan waarop mnr
Bertelsmann
hom beroep het (op 500F-501A):
"Prior to the confirmation of the account, the mere fact that the proved creditor's claim appears in the account as concurrent does not occasion the creditor any actual loss. Such loss supervenes, not when the account is drawn, but only when, in terms of sec. 113(3) of the Act, the trustee becomes obliged to pay out in accordance with the account and does so pay.
42
The basis of the proved creditor's loss is, therefore, the confirmation of the account. That situation would, in my view, egually obtain in a case where the trustee had been negligent in treating the claim as concurrent. The statute, as explained above, provides effective machinery enabling the proved creditor, by way of objection, to prevent the confirmation of the account which treats his claim as concurrent only. By failing to object, the creditor may thus be said to be himself the author of the harm of which he complains. It appears to me to be in the highest degree unlikely that the Legislature should have contemplated that the creditor should, despite his failure to object to the account, nevertheless be entitled to hold the trustee liable in damages. Conceivably special circumstrances might take a particular case out of the general rule: for instance, where the creditor is wrongly informed by the trustee that his claimed preference is reflected in the account. Any such special circumstances would, of course, require to be specially pleaded. As they stand, the pleadings in the present case reveal no such special circumstances."
In hierdie beredenering, aansluitend by wat dit
voorafgegaan
het, word die bedoeling van die Wetgewer
weer voorop gestel: die
skuldeiser is nie geregtig
om skadevergoeding van die kurator te
verhaal nie,
43 omdat die Wetgewer bedoel het dat sy regsmiddel
beperk moet wees tot die voorgeskrewe prosedure van beswaar te maak teen die
rekening.
Dit is die same-hang waarin die opmerking gemaak word dat daar
spesiale omstandighede kan wees wat maak dat die algemene reël
nie geld in
'n besondere geval nie. Of daar sulke spesiale omstandighede aanwesig is, moet
dus beoordeel word aan die hand van die
waarskynlike bedoeling van die Wetgewer.
Op hierdie grondslag kan daar na my mening nie twyfel wees nie dat die hof a
quo reg was in sy beskouing dat 'n skuldoorsaak wat op bedrog gebaseer
is, 'n uitsonderingsgeval moet wees soos beoog is in die Callinicos-saak.
"No doubt fraud is a special case", sê NESTADT AR in Gilbey Distillers
& Vintners supra op 659A, met verwysing na die pittige gesegde van LORD
DENNING in 'n Engelse saak: "fraud unravels everything"; en verder, met
verwysing
na die skrywer Baxter se behandeling van
44
oneerlikheid as 'n hersieningsgrond: "it survives the strictest ousters of the Court's jurisdiction". Die twyfel wat NESTADT AR uitgespreek het (op 659A-C) oor die toepaslikheid van so 'n benadering met betrekking tot artikel 112 van die Insolvensiewet, was gekoppel aan die vorm van die regshulp wat die skuldeisers in daardie geval aangevra het, naamlik die hersiening en tersydestelling van die Meester se bekragtiging van die kurator se rekening (sien op 652B-C), wat klaarblyklik die heropening van die rekening en van die bereddering van die insolvente boedel beoog het (vgl die opmerkings van NESTADT AR op 657G-I) . So iets is nie ter sprake waar dit gaan om 'n skadevergoedingsaksie van 'n skuldeiser teen die kurator op grond van laasgenoemde se bedrieglike weglating van eersgenoemde se eis uit die rekening nie. Om in so 'n geval die skuldeiser sy eis te ontsê, sou daarop neerkom dat die kurator aanspreek-
45
likheid vir die gevolge van sy bedrog kan vermy bloot deur hom te beroep
op die eiser se versuim om beswaar te maak teen die rekening.
Ek kan my dit nie
indink dat die Wetgewer beoog het om so 'n resultaat te gedoog nie. Die Wetgewer
kon nie bedoel het dat die prosedure
om beswaar te maak teen die rekening moet
geld ten uitsluiting van 'n eis om skadevergoeding weens die bedrog van die
kurator nie.
In die onderhawige saak, soos ons gesien het, bevat die
eerste eiser se hoofeis genoegsame bewerings om 'n saak van bedrog teen die
vyfde verweerder uit te maak, en ook teen die eerste vier verweerders,
vanweë die beweerde samespanning. Die meerderheidsbeslissing
in
Callinicos v Burman is derhalwe nie van toepassing op die huidige saak
nie. Mnr Bertelsmann het nietemin probeer om twee van die stellings in
die aangehaalde gedeelte van die uitspraak los te maak van die res en om dit op
die
46
feite van hierdie geval toe te pas. Die eerste is dat die skuldeiser wat versuim om beswaar te maak teen die rekening, gesê kan word self die skepper te wees van sy skade. Die tweede is dat die geval waar die kurator die skuldeiser waninlig omtrent die inhoud van die rekening, 'n voorbeeld is van beson-dere omstandighede wat buite die algemene reël val. Hierdie twee stellings, so is aangevoer, onderskraag die argument dat die besonderhede van vordering mank gaan aan bewerings wat nodig is om onregmatigheid aan te toon, soos hierbo bespreek. Ek stem nie saam nie. Dit deug eenvoudig nie om uitlatings soos die genoem-des te lig uit die verband waarin hulle gemaak is en dan toe te pas op 'n feitestel wat nie onder beoor-deling was nie. Albei uitlatings het slegs gedien ter motivering van die standpunt wat ingeneem is ten opsigte van die vraag wat daar beslis moes word. Dit is verkeerd om hulle te probeer verhef tot algemeen-
47
geldende reëls. In die besonder kan die eerste
uitlating nie aangewend word as grond vir die
argument dat die bedrieglike optrede wat die vyfde
verweerder in die eerste eiser se eis ten laste
gelê
word, nie onregmatig was nie, en kan die tweede
uitlating nie beskou word as 'n uitputtende beskry-
wing van
die aard van bedrieglike optrede wat 'n
besondere geval buite die
kader van die algemene reël
sal laat val nie.
In sy minderheidsuitspraak het WILLIAMSON
AR die volgende gesê (op 502 in fine - 503D):
"I do not think that the provisions of the Insolvency Act relating to the filing and proving of claims by creditors in an insolvent estate, the drawing and lodging of accounts by the trustee, the lying for inspection of such accounts, the disposal of objections thereto, the confirmation of such accounts and the payment by the trustee of the amounts due to creditors out of the estate can be read as being intended to deal with anything other than the payment to each creditor out of the estate of the insolvent of such creditor's due share. Such provisions are, it seems to me, purely administrative provisions dealing with the due
48
division of an insolvent's estate between his creditors and, in my view, have nothing to do with any claims against a trustee in his personal capacity. In particular sec. 112 in providing that the confirmation of an account by the Master 'shall be final' means that the matters dealt with in the account, being purely estate matters, are finally disposed of and cannot be reopened.
The view I take of the effect of these provisions of the Insolvency Act does mean that they are irrelevant in relation to any such claim for damages against a trustee in his personal capacity alleged to have arisen out of culpa or dolus involved in his conduct while acting as a trustee. It may very well be that a claimant for such damages may find that his failure to object to the trustee's account lodged in the estate and confirmed by the Master, may result in his being wholly or partially deprived of his claim because he was the author of his own damage. That however is a matter to be pleaded and established by a defendant trustee; and in fact that is the very nature of the defence raised by the respondent's second alternative plea in this matter."
In soverre hierdie beredenering die geval
omvat van 'n eis om skadevergoeding wat gebaseer is
op die
nalatigheid (culpa) van die kurator, is dit in
49 stryd met
die meerderheidsbeslissing, maar vir sover dit betrekking het op 'n eis gegrond
op die bedrog (dolus) van die kurator, is daar geen teenstrydigheid
tussen die twee uitsprake nie. In daardie saak was daar nie sprake van
bedrieglike
optrede van die kant van die kurator nie, en daarom is die geval van
bedrog nie in die meerderheidsuitspraak oorweeg nie; om dieselfde
rede was die
opmerkings daaroor in die minderheidsuitspraak obiter. Vanweë die
besondere posisie wat bedrog in ons reg beklee, en die toege-neentheid van die
howe om persone wat die slagoffers
van bedrog is tot hulp te kom, kan daar na my
mening geen beginselbeswaar teen wees om in die huidige verband die gevalle van
nalatigheid
en bedrog afson-derlik te behandel nie. Die beskouing in die
meer-derheidsuitspraak ten opsigte van nalatigheid staan dus nie in
die weg van
die sienswyse uitgespreek in die minderheidsuitspraak met betrekking tot
bedrog
50
nie. Op hierdie grondslag is ek van oordeel dat die beredenering in die
minderheidsuitspraak oorredende gesag is vir die gevolgtrekking
dat die argument
van mnr Bertelsmann wat tot dusver onder bespreking was, onaanvaarbaar
is.
Die beredenering in die minderheids-uitspraak verskaf ook 'n
antwoord op 'n ander, ondergeskikte betoogpunt van mnr Bertelsmann. Hy
het aangevoer dat die bekragtiging van die vyfde verweer-der se rekening deur
die sesde verweerder volgens artikel 408 die uitwerking
van 'n finale uitspraak
het; dat al die belanghebbende partye, d w s die eerste eiser en die eerste vyf
verweerders, aan daardie
"uitspraak" gebonde is, totdat dit tersyde gestel word;
dat die hof nie by magte is om by die rekening soos bekragtig verby te kyk
nie;
en dat die eerste eiser se eis dus nie ontvanklik is sonder dat die bekragtiging
eers ongedaan gemaak is nie. Dit is
51
weereens twyfelagtig of die betoog gedek word deur die gronde van die eksepsie, maar ek sal veronderstel dat dit tuisgebring kan word onder paragrawe 3.10 tot 3.12 van die eksepsie. Die betoog self is egter weereens onaanvaarbaar. Soos deur WILLIAMSON AR duidelik gemaak is, skakel die administratiewe bepalings met betrekking tot besware teen 'n reken-ing, die bekragtiging daarvan en die bereddering van die boedel, nie 'n eis om skadevergoeding weens bedrog teen die kurator in sy persoonlike hoedanig-heid uit nie. Die finaliteit van die proses is beperk tot die bereddering van die boedel, wat nie heropen kan word nie. Wat vir artikel 112 van die Insolvensiewet geld, moet ook geld vir artikel 408 van die Maatskappywet. Mnr Bertelsmann het hom beroep op 'n passasie in die uitspraak in Central Africa Buildinq Society v Pierce N 0 1969 (1) SA 445 (RA) op 455H, waarin daar gesê is, ten opsigte van 'n
52
gelykluidende wetsbepaling:
".... the confirmation of a distribution account has the effect of final sentence; it has precisely the same effect as a judgment of a court, and, before another court can go behind such a judgment, application must be made to have it set aside."
Daardie uitlating is egter gemaak met die oog op die
feite van daardie geval, wat heeltemal verskillend
was van
die feite waarmee ons besig is. Die eis daar
was vir 'n bevel wat
die likwidateur sou verplig het
om die bereddering van die boedel te heropen (kyk op
446H, en sien die kommentaar op daardie saak
in
Kilroe-Daley v Barclays National Bank Ltd 1984 (4)
SA
609 (A) op 625G-I) . Dit is nie die posisie in die
huidige
saak nie. Die eerste eiser se eis tas hoege-
naamd nie die finaliteit van die vyfde verweerder se
rekening aan nie; dit trag nie om die partye se
gebondenheid
aan die rekening te versteur nie; dit
verg nie dat Bergbries se sake
opnuut beredder moet
53 word nie; en dit behels nie enige omseiling van die bekragtiging van
die rekening nie.
Laastens, wat hierdie eksepsie betref, het mnr
Bertelsmann aangevoer, met verwysing na para-graaf 3.13 van die eksepsie,
dat die besonderhede van vordering nie 'n oorsaaklike verband aantoon
tussen die
beweerde samespanning van die eerste vyf verweer-ders en die eerste eiser se
beweerde skade nie. Veroorsaking word egter
uitdruklik genoeg in para-graaf 24
van die eerste eiser se hoofeis beweer. Waarop die argument eintlik neerkom, is
dat die beweerde
oorsaaklikheid onbestaanbaar is met die bekragtiging van die
rekening wat in paragraaf 13.1 van die hoofeis beweer word. Dit is klaarblyklik
nie iets wat by wyse van 'n eksepsie geopper en beslis kan word nie. Juridiese
kousaliteit word bepaal aan die hand van beleidsoorwegings,
en daarmee
same-hangend, oorwegings van redelikheid en billikheid:
54 sien S
v Mokqethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A) op 39D-41E en International
Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley 1990 (1) SA 680 (A) op 700E-701F. In die
onderhawige saak sal dit eers behoorlik kan geskied nadat al die getuienis by
die verhoor van die saak aangehoor
is. Dit sou byvoorbeeld ter sake wees of die
eerste eiser kennis gedra het van die rekening voordat dit bekragtig is; indien
wel,
waarom hy nie daarteen beswaar gemaak het nie; indien nie, of sy onkunde te
wyte was aan enige gedrag van enige van die betrokke
verweerders, dan wel aan sy
eie nalatig-heid, grof of andersins, en dies meer. Die opmerking van OGILVIE
THOMPSON AR in die hierbo-aangehaalde
uittreksel uit sy uitspraak in
Callinicos v Burman aangaande 'n skuldeiser wat self "the author of the
harm of which he complains" is, waarop mnr Bertels-mann hom in die
huidige verband ook beroep het, kan nie van toepassing gemaak word op die
pleitstukke in
55
die huidige saak nie. Dit is onnodig om 'n mening uit te spreek oor die
sienswyse van WILLIAMSON AR oor wat 'n verweerder in hierdie
verband hoef te
beweer of te bewys. Dit is genoeg om te sê dat paragraaf 3.13 van die
eksepsie nie 'n vraag te berde bring
wat geskik is om op eksepsie en sonder
getuienis beslis te word nie.
Om die voorgaande redes is ek van
mening dat hierdie eksepsie tereg deur die hof a quo afgewys is.
Volledigheidshalwe kan ek meld dat sekere argumente wat mnr Delport ter
bestryding van die eksepsie aangevoer het, nie oorweeg hoef te word nie, naamlik
dat die Wetgewer nie kon bedoel het dat artikel
408 hoegenaamd op 'n vrywillige
likwidasie deur lede betrekking sou hê nie, en dat die eerste eiser se
hoofeis ook as 'n eis
ingevolge die actio Pauliana beskou kan word. Oor
dié twee aspekte van die betoog spreek ek geen mening uit nie.
56
Die teenappêl moet dus misluk.
Die appèl het in die eerste plek betrek-
king op die eerste vier verweerders se eksepsie teen
die
eerste eiser se tweede alternatiewe eis. Hierdie
eis lui soos volg:
28.
Die oorbetalings in paragrawe 15, 17 en 18 hierbo na verwys, is deur Vyfde Verweerder aan Eerste tot Vierde Verweerders gemaak in die bona fide en redelike, maar foutiewe geloof dat Eerste tot Vierde Verweerders geregtig was om die volle bedrag van die oorbetalings van BERGBRIES te ontvang.
29.
Gemelde oorbetalings het inderdaad die bedrag wat BERGBRIES aan Eerste Eiser verskuldig is, ingesluit en was Eerste tot Vierde Verweerders nie geregtig om die gedeelte van laasgenoemde bedrag wat by die oorbetalings wat aan hul gemaak is, ingesluit was, van Vyfde Verweerder te ontvang nie.
30.
Eerste Eiser dra nie kennis van die presiese datums waarop gemelde oorbetalings aan Eerste tot Vierde Verweerders gemaak is nie en beperk derhalwe sy tweede alternatiewe eis tot 'n
57
bedrag van R2,984,410.07, welke bedrag die bedrag verteenwoordig wat BERGBRIES op 13 Mei 1991 (synde die datum waarop die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening deur Sesde Verweerder bekragtig is) aan Eerste Eiser verskuldig was. Die bedrag van R2,984,410.07 word soos volg bereken en saamgestel:
Kapitale bedrag van die inkomste-
belasting wat deur
BERGBRIES aan
Eerste Eiser verskuldig is: Rl,632,117.00
Plus: Rente daarop teen 18% per
jaar bereken tot 13 Mei 1991:
Rl,352,293.07
Totaal R2,984,410.07
31.
Die pro rata gedeelte wat elke Verweerder meer uit die likwidasie van BERGBRIES ontvang het as waarop hy geregtig was indien Eerste Eiser se eis in berekening gebring is, beloop:
in die geval van
Eerste Verweerder: R994,803.33
in die geval van
Tweede Verweerder: R994,803.33
in die geval van
Derde Verweerder: R845,582.83
in die geval van
Vierde Verweerder: R149,220.51
32.
In die lig van die vooraf gaande, is Eerste
58
Verweerder ongeregverdig teenoor Eerste Eiser verryk in gemelde bedrag van R994,803.33, is Tweede Verweerder ongeregverdig teenoor Eerste Eiser verryk in gemelde bedrag van R994,803.33, is Derde Verweerder ongeregverdig teenoor Eerste Eiser verryk in gemelde bedrag van R845,582,83 en is vierde Verweerder ongereg-verdig teenoor Eerste Eiser verryk in gemelde bedrag van R149,220.51."
Die eksepsie wat teen hierdie eis aangeteken is, is
saamgeflans met 'n eksepsie teen een van die tweede
eiser se eise - die tweede eiser se eerste alter-
natiewe
eis. ('n Mens moet kop hou hier.) Laas-
genoemde eis lui net soos
die een wat ek sopas
aangehaal het, behalwe dat die woorde "Eerste
Eiser"
in die eerste reël van paragraaf 30 en
dwarsdeur
paragraaf 32 vervang is deur die woorde
"Tweede
Eiser". Die saamgestelde eksepsie teen die twee
eise
lui soos volg:
4.
4.1 Eerste Eiser se tweede alternatiewe eis
teen Eerste tot Vierde Verweerders en
Tweede Eiser se eerste alternatiewe eis
teen Eerste tot vierde Verweerders is
59
gebaseer op die condictio indebiti, alternatiewelik verryking.
4.2 Geen gemeenregtelike aksie is beskikbaar vir 'n onbetaalde krediteur van 'n maat-skappy teen 'n aandeelhouer, alterna-tiewelik aandeelhouers wat meer uit die ontbinding van die maatskappy ontvang het as wat hy sou ontvang het as die kredi-teur behoorlik betaal is nie. 4.3 Geen algemene verrykingsaksie bestaan in die Suid-Afrikaanse Reg nie. 4.4 In ieder geval voer Eerste tot Vierde Verweerders aan dat insoverre Eerste tot Vierde Verweerders verryk mag wees in die bedrae soos na verwys in onder andere paragraaf 45 van Tweede Eiser se eerste alternatiewe eis teen Eerste tot Vierde Verweerders (wat ontken word), enige sodanige verryking nie ten koste van Tweede Eiser geskied het nie. 4.5 Bygevolg openbaar Eerste Eiser se tweede alternatiewe eis en Tweede Eiser se eerste alternatiewe eis teen Eerste tot Vierde Verweerders nie 'n skuldoorsaak nie. 4.6 In die alternatief, alternatiewelik kumulatief tot 4.1 tot 4.5:
4.6.1 Die Eerste tot Vierde Verweerders was aandeelhouers in Bergbries. 4.6.2 'n Aandeelhouer van 'n maatskappy is onder omstandighede soos beweer deur Eisers regtens nie aanspreek-lik vir die skulde van 'n maat-skappy waarvan hy lid is nie. 4.6.3 Bygevolg openbaar hierdie eise van Eerste en Tweede Eisers geen
60 skuldoorsaak nie." Die kern van die
eksepsie is geleë in paragrawe 4.1 tot 4.3 daarvan. Dit is klaarblyklik
gegrond op die
beslissing in Rapp and Maister Hold-inqs Ltd v Ruflex Holdings
(Pty) Ltd 1972 (3) SA 835 (T) . In daardie geval het die hof te doen gehad
met 'n appèl teen die beslissing van 'n landdros, waarin hy 'n eksepsie
teen
die eiser se dagvaarding gehand-haaf het. Die eiser het beweer (om dit kort
te stel) dat hy 'n vordering gehad het teen 'n maatskappy;
dat die maatskappy
vrywillig gelikwideer is deur sy lede; dat die Meester die likwidateur se finale
likwidasie- en distribusierekening
bekragtig het; dat 'n sekere bedrag ingevolge
die rekening aan die verweerder, wat 'n aandeelhouer in die maatskappy was,
uitbetaal
is; dat die maatskappy daarna ontbind is; dat die eiser se eis
onbetaal gebly het (ver-moedelik was dit nie in die rekening
gereflekteer
61 nie); en dat die verweerder dientengevolge meer
ontvang het as wat die geval sou gewees het indien die eiser se eis betaal was.
Die eiser se eis teen die verweerder was vir die betaling van die verskil tussen
die twee bedrae. Die ooreenstemming tussen die feite
in daardie geval en
dié in die onderhawige saak lê voor die hand.
Die
eksepsie teen die eiser se dag-vaarding was daarop gegrond dat dit nie 'n
skuld-oorsaak openbaar het nie, omrede die verweerder
as 'n aandeelhouer van die
maatskappy nie aanspreeklik gehou kon word vir die skulde van die maatskappy
nie. Die appèl teen
die handhawing van die eksepsie is van die hand
gewys. Uit die uitspraak van die hof, wat gelewer is deur GALGUT R, blyk dit (op
836H-837E) dat daar namens die eiser aangevoer was dat hy met die condictio
indebiti die bedrag in geskil van die verweerder kon terugvorder, na
analogie van die
62
erkende reg van 'n onbetaalde skuldeiser in 'n
bestorwe
boedel om van 'n erfgenaam of legataris die
bedrag op te eis wat
laasgenoemde ontvang het meer as
wat hy sou ontvang het indien die
skuldeiser betaal
was, soos byvoorbeeld blyk uit die beslissings in
De
Villiers v Bullbrand Fertilizers Ltd 1941 TPD 131
op
133 en Prinsloo v Woolbrokers Federation Ltd 1955
(2)
SA 298 (N) op 299. Van hierdie betoog het GALGUT
R
die volgende gesê (op 837F-838 bo-aan):
"I cannot accept these submissions by counsel. Firstly, it is established under the common law that an action will lie at the instance of an unpaid creditor of a deceased person against an heir or legatee who has been paid more than he should have been paid out of the assets of the estate. Whether that action is described as a condictio indebiti or whether it is based upon the principle of unjust en-richment, does not matter. It is an action granted by the common law. See the remarks of BROOME, J.P., in Prinsloo v Woolworths Federa-tion, Ltd. , supra at p. 299. There is no such common law action available to an unpaid credi-tor of a company against a shareholder who has received more on dissolution of the company than he would have received; had the creditor been paid. Secondly it has been held that
63
there is no general action for enrichment in our law. Before a plaintiff can succeed on a claim based on unjust enrichment he must show that his cause of action falls within the scope of one of the recognised actions for enrichment in our law. The dicta in Nortje en 'n Ander v. Pool, N.O., 1966 (3) S.A. 96 (A.D.) at pp. 139 and 140, leave one in no doubt that our law does not regard the rule against unjust enrich-ment as creating a legal obligation indepen-dently of one or the other recognised enrichment actions and regardless of particular circumstances. As plaintiff has no common law action to assist it and as the alleged enrich-ment does not arise from one of the recognised enrichment actions it must fail unless the Companies Act assists it."
(Wat die laasgenoemde kwalifikasie betref, het hy
onderaan
dieselfde bladsy tot die volgende gevolg-
trekking gekom:
"It is sufficient to say that there is nothing in the Companies Act which directly or in-directly assists the plaintiff or disturbs the common law position as set out above.")
In die hof a quo het ROUX R, toe hy die
eksepsie wat nou onder bespreking is, gehandhaaf
het,
opgemerk dat hy gebonde was om die uitspraak in
Rapp
64 and Maister Holdings te volg. In hierdie Hof
het mnr Delport betoog dat daardie uitspraak verkeerd was en ons
uitgenooi om so te bevind. Ek behandel vervol-gens die betoog.
Ter
aanvang is dit nodig om 'n paar opmerkings te maak oor die aanwending van die
condictio indebiti op die gebied van die bereddering van bestorwe
boedels. Mnr Delport het daarop gewys dat dit oor 'n tydperk van meer as
'n eeu in ons regspraak aanvaar is dat 'n erfgenaam, legataris of ander
bevoordeelde
wat meer uit die boedel ontvang het as wat die geval sou gewees het
indien die betrokke skuldeiser se eis betaal was, met die condictio
indebiti aangespreek kan word, hetsy deur die eksekuteur, as hy nog nie uit
sy amp ontslaan is nie, hetsy deur die onbetaalde skuldeiser self.
Van die
oudste sake waarin hierdie reël sy beslag gekry het, is The Liquidators
of the Paarl Bank v Roux and Others (1891) 8 SC 205 op 208
65 en Watson's Executor v Watson's Heirs (1891) 8 SC
283
op 287. Dit is onnodig om die lang lys van daarop-volgende sake
waarin die reël aanvaar en toegepas is en wat mnr Delport aan ons
voorgehou het, hier te noem (die meeste van dié voor 1964 word gesiteer
in Mosam and Another v De Kamper 1964 (3) SA 794 (T) op 796F-797A).
Sommige akademici is krities teenoor die standpunt van die regspraak, ten dele
omdat daar gesê word dat
dit nie op voldoende gemeenregtelike gesag berus
nie, en ten dele omdat daar gemeen word dat daar nie aan die vereistes (bv die
sine causa-vereiste) van aanspreeklikheid op grond van verryking voldoen
word nie; ander skrywers is van mening dat die standpunt voldoende
aanknopingspunte in die gemenereg het en dat die reël 'n goeie en gesonde
een is (sien bv prof J C van der Walt in 1966 THRHR 220 teenoor prof
Wouter de Vos in Verrykingsaanspreeklik-heid in die Suid-Af rikaanse Reg
(3de uitg) op 172-
66 180) . Sover ek weet, het hierdie Hof nog nie
die geleentheid gehad om hom oor die aangeleentheid uit te spreek nie. Dit is na
my mening uiters twyfel-agtig of hierdie Hof bereid sou wees om oorweging te
skenk aan die verwerping van ' n reël wat so lank
reeds gevestig en so diep
ingewortel is in ons regs-praktyk. Ons is inderdaad nie in die huidige saak
gevra om dit te doen nie. Mnr
Bertelsmann het nie die geldigheid van die
reël op die gebied van die erfreg betwis nie, maar hom beperk tot die
argument dat dit nie na
die omstandighede van die huidige geval uitgebrei kan of
behoort te word nie. Met die oog op wat later hieronder volg, is dit in
ieder
geval onnodig om 'n finale mening uit te spreek oor die vraag of die bestaan van
die reël in die erfreg nou nog aanvegbaar
sou wees. By ontstentenis van
enige betoog tot die teendeel, aanvaar ek die stand van die reg soos dit blyk
uit die regspraak in
die
67
lang reeks sake waarna ek verwys het.
In die uittreksel uit die uitspraak van
GALGUT R in Rapp and Maister Holdinqs wat hierbo
aangehaal is, word gesê dat daar geen gemeenregte-
like aksie beskikbaar is vir 'n onbetaalde skuldeiser
van 'n
maatskappy teen 'n aandeelhouer wat by ont-
binding van die
maatskappy meer ontvang het as wat hy
sou ontvang het as die skuldeiser betaal was nie.
Daaraan word dan die volgende stelling gekoppel, wat
grondliggend is tot die beredenering:
"Before a plaintiff can succeed on a claim based on unjust enrichment he must show that his cause of action falls within the scope of one of the recognised actions for enrichment in our law."
Ek kan, met eerbied, nie met hierdie benadering
saamstem nie.
Dit gee voor om gebaseer te wees op
die meerderheidsuitspraak in
Nortje en 'n Ander v
Pool N O 1966 (3) SA 96 (A) op
139 en 140. Na my
mening is die meerderheidsuitspraak in daardie
veel-
68
besproke saak geen gesag vir die benadering van die hof in Rapp and
Maister Holdinqs nie. Die feite in Nortje en 'n Ander v Pool N O is
te welbekend om weer hier uiteengesit te word. Vir huidige doeleindes hoef slegs
gemeld te word dat een van die argumente wat
namens die appellant aangevoer was,
was dat die vergoedingsaksie van 'n bona fide possessor vir nuttige
verbeterings, wat reeds in die regspraak uitgebrei was tot bona fide
okkupeerders, by wyse van analogie verder uitgebrei moes word om ook die eis te
omvat van 'n bona fide okkupeerder vir nuttige uit-gawes waardeur die
waarde van die grond verhoog is sonder dat tasbare verbeterings daarop
aangebring
is. In die meerderheidsuitspraak is hierdie betoog ver-werp, maar
daar is nêrens in die uitspraak, soos ek dit verstaan, enige
aanduiding
dat die voorgestelde uitbreiding in beginsel onmoontlik sou wees nie. Die
teendeel blyk trouens duidelik. Met verwysing na
69 uitbreidings in
die verlede, word daar gesê (op 133F-
G):
"Dat die gemeenregtelike condictiones sine causa 'n ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse reg ondergaan het ten einde ongereg-verdigde verryking ten koste van 'n ander meer effektief teen te werk, en dat verrykingsaan-spreeklikheid om dieselfde rede deur ons Howe erken is waar die omstandighede nie streng binne die aanwendingsgebied van bedoelde condictiones geval het nie, maar tog analogies daaraan was, val nie te ontken nie."
En met verwysing na moontlike uitbreidings in die
toekoms (op 132B-C):
"Ek sou nie wou voorgee dat die reël teen die ongeregverdigde verryking van iemand ten koste van 'n ander, onder geen omstandighede die skepping van so ' n aksie, wat tot 'n mate analogies sou wees aan dié van die bona fide okkupeerder vir vergoeding ten opsigte van verbeterings op grond aangebring, in gepaste gevalle sou regverdig nie."
Die werklike ratio van die meerderheids-
belissing in Nortje se saak op hierdie punt is na
my
mening te vind in die bespreking, op 132D-133C,
van
die verskillende probleme wat voorsien is indien die
70
voorgestelde uitbreiding aanvaar sou word. Die
uitwysing van
die probleme word afgesluit met die
volgende gevolgtrekking (op
133C-D):
"Hulle toon egter ook dat die skepping van 'n vergoedingsaksie in 'n geval soos die huidige onwenslik is, en nie noodwendig 'n billike uitwerking sal hê nie. Ek meen dus dat hierdie nie 'n geval is waarop die ietwat analogiese vergoedingsaksie van die bona fide okkupeerder ten opsigte van verbeterings wat hy op die betrokke grond aangebring het, toegepas kan word nie."
Die analogiese toepassing van die bestaande aksie is
verwerp
omdat die feite van die geval dit nie reg-
verdig het nie (na die
mening van die meerderheid;
die minderheid het daaroor verskil). Dit
blyk ook
uit die opsomming aan die einde van die uitspraak
(op
140A-B; my beklemtoning):
"Myns insiens, dus, is eisers se vorder-ing regtens ongegrond omdat dit
nie binne die aanwendingsgebied van enige van die erkende
verrykingsaksies van
ons reg tuisgebring kan word nie, en die omstandighede daarvan nie die
erkenning van verrykingsaanspreeklikheid req-verdig nie, en voorts omdat
daar geen algemene verrykingsaksie in ons reg bestaan uit hoofde
71
waarvan eisers op verligting geregtig is nie." Drie oorwegings word hier genoem.
Dit is duidelik, meen ek, dat die eerste een (wat
aangewend is in Rapp and
Maister Holdings) nie bedoel was as 'n alleen-staande grond vir die
verwerping van die eis, afge-sien van die tweede een nie (die derde een gaan ons
op die oomblik nie aan nie).
Dit kom my voor dat daar twee
uitlatings in die meerderheidsuitspraak is wat moontlik aan-leiding tot
misverstand kon gegee het. Die
eerste (op 132A/B) is dat die Hof gevra is "om 'n
nuwe aksie te skep wat nie voorheen in ons reg bestaan het nie". Dit is
oënskynlik
aangegee as 'n rede waarom die appellant se betoog ten gunste
van die voorgestelde uitbreiding nie aanvaar kon word nie. As deel
van die
motivering van die meerderheid se gevolgtrekking kan dié uitlating na my
oordeel nie verder geneem word as om bloot
beskrywend te wees van die
meerder-
72
heid se beskouing van die aard van die voorgestelde uitbreiding met
verwysing na die feite wat daar onder oorweging was nie. Dit kan
sekerlik nie
beskou word as die stelling van 'n algemeen-geldende reël dat die blote
feit dat verrykingsaanspreeklikheid in
enige gegewe omstandighede wat voor die
hof dien nog nie vantevore erken is nie, noodwendig meebring dat die hof nie by
magte is
om dit tog te erken nie. Die uitlating is nie vatbaar vir so 'n uitleg
nie, omdat dit lynreg in stryd sou wees met die daaropvolgende
gedeeltes van die
uitspraak wat ek hierbo aangehaal het. Die tweede uitlating (op 139H) is dat die
reël teen ongeregverdigde
verryking nêrens as 'n
verbin-tenisskeppende feit aanvaar is "los van bepaalde omstandighede" nie. Dit
is gesê in die
samehang van 'n bespreking van die betoog namens die
appellant dat daar in ons reg 'n algemene verrykingsaksie bestaan "los van enige
spesifieke verrykingsaksie en los van
73 bepaalde omstandighede" (op
135E). My begrip van die betekenis van hierdie uitlating is die volgende. Die
gedagte van 'n algemene
verrykingsaksie roep die beeld op van 'n stel reëls
wat in die algemeen gefor-muleer word as bepalend van die bestaan al dan
nie van verrykingsaanspreeklikheid in enige omstandighede wat hulle mag
voordoen;
uit die ad hoc beslissings van die verlede word beginsels
geëkstraheer wat eensklaps sal geld as algemene norme vir die oplos-sing
van alle
gevalle wat daarna mag voorkom. Van hierdie beeld, soos ek die saak
insien, het die meerderheid van die Hof in Nortje se saak terugge-deins,
en om daardie rede klem gelê op die "bepaalde omstandighede" van vorige en
toekomstige sake. Aldus beskou,
doen die uitlating nie afbreuk aan die hof se
bevoegdheid om verrykingsaanspreeklikheid te aanvaar in omstandighede waaronder
dit
nog nie voorheen aanvaar is nie.
74
'n Onlangse voorbeeld van die
uitoefening
van die hof se pasgemelde bevoegdheid blyk uit hier-
die Hof
se beslissing in Willis Faber Enthoven (Pty)
Ltd v
Receiver of Revenue and Another [1991] ZASCA 163; 1992 (4) SA 202
(A). Die voorheen-bestaande reël dat 'n regsdwaling
nie
aanleiding kan gee tot die condictio indebiti
nie, is
omvergewerp. Dit is gedoen op grond van die
oorwegings wat in die
uitspraak van HEFER AR behandel
word, en wat gelei het tot die
gevolgtrekking (op
223G) dat regsbeleid die afskaffing van 'n
reël wat
merendeels tot onreg aanleiding gegee het,
vereis
het. In die loop van sy uitspraak het HEFER AR,
met
verwysing na die welbekende beskrywing van
LORD
TOMLIN van die Romeins-Hollandse reg as "a
virile
living system of law" (Pearl Assurance Co Ltd
v
Government of the Union of South Africa 1934 AD
560
op 563), die volgende gesê (op 220E):
"This being the nature of our system, the Courts should not hesitate to adapt a principle
75
which is found not to be in line with present-day developments in the particular branch or other branches of the law. As Innes CJ aptly said in Blower v Van Noorden 1909 TS 890 at 905:
'There come times in the growth of every living system of law when old practice and ancient formulae must be modified in order to keep in touch with the expansion of legal ideas, and to keep pace with the requirements of changing conditions. And it is for the Courts to decide when the modifications, which time has proved to be desirable, are of a nature to be effected by judicial deci-sion, and when they are so important or so radical that they should be left to the Legislature.'"
Die aangehaalde woorde van INNES HR gee aanleiding
tot die gedagte dat die meerderheid van die Hof in
Nortje
en 'n Ander v Pool N 0 supra moontlik gekant
was teen die
erkenning van 'n algemene verrykings-
aksie omdat die vasstelling en
neerlegging van alge-
mene en universeel-geldende norme om
aanspreeklikheid
te vestig en te begrens, beskou is as 'n
onderneming
van wetgewende eerder as regsprekende aard. So
'n
76 beskouing kan egter nie beteken dat die hof daarvan weerhou
word om in 'n bepaalde geval verrykingsaan-spreeklikheid te aanvaar
bloot omdat
dit nog nie vantevore in dieselfde, of selfs soortgelyke, omstan-dighede
erkenning gevind het nie. In so 'n geval sal
daar natuurlik aandag geskenk moet
word aan die vraag of uitbreiding of nuwe ontwikkeling nodig of wenslik is, en
daarby sal daar
gekyk moet word na die be-staande presedente, sowel oud as jonk,
en vanself-sprekend ook na die bydraes van akademiese skrywers wat
voorstelle
uitgewerk het van algemene maatstawwe om aanspreeklikheid te vestig en te
begrens (sien veral De Vos op cit Hoofstuk VII op 328 e
v).
In Rapp and Maister Holdings supra is die eiser se
aanspraak op die analogiese aanwending van die condictio indebiti afgewys
enkel en alleen op die grond dat sy eis nie tuisgebring kon word onder enige van
die reeds bestaande en erkende verrykingsaksies
77
nie. Om die redes hierbo aangegee, kan daardie ratio van die
beslissing na my mening nie staande gehou word nie.
In die huidige
saak is paragraaf 4.2 van die eksepsie tans onder bespreking presies geskoei op
die lees van die pasgemelde ratio. Gevolglik opper dit geen geldige
beswaar teen die eise waarteen dit gemik is nie. Dit is nodig om daarop te wys
dat die eksepsiegrond
in paragraaf 4.2 slegs (by wyse van implikasie) die punt
opper dat die eisers in beginsel nie aanspraak kan maak op die
analogiese aanwending van die condictio indebiti nie. Op dié punt
is die beslissing nou dat die eisers in beginsel wel daarop aanspraak kan maak.
Daarmee word hierdie eksepsie-grond
afgewys en is dit uitgewerk. Mnr
Bertelsmann het nietemin aangevoer dat die analogiese aanwending van die
condictio indebiti aan die hand van die feite van hierdie qeval
nie toegelaat behoort te word nie,
78
onder meer omdat daar 'n hoë mate van nalatigheid van die kant van die eerste eiser was (deur nie toe te sien dat die rekening nie bekragtig word nie) en omdat daar geen "onbehoorlike gedraging" van die kant van die eerste vier verweerders was nie. Hierdie betoog is misplaas. Afgesien daarvan dat dit nie gedek word deur die gronde van die eksepsie nie, is dit in ieder geval nie moontlik om daaroor uit-sluitsel te gee in die eksepsie-stadium van die saak nie. Die bewerings in die besonderhede van vordering is voldoende om 'n eisoorsaak uit te maak, maar te karig om die meriete daarvan te beoordeel. As dit eenmaal bevind word (soos ek wel bevind) dat die eisers se eise in beginsel ontvanklik is, dan kan die vraag of die eisers uiteindelik behoort te slaag, nie beoordeel word sonder dat al die feite wat ter sake mag wees, by wyse van getuienis by die verhoor uitgepluis is nie. Eers dan sal daar
79 bepaal kan word of die analogiese aanwending van die condictio
indebiti in hierdie saak aangewese is al dan nie.
Uit die
gevolgtrekkings wat tot sover bereik is, volg dit dat dit onnodig is om
oorweging te skenk aan paragraaf 4.3 van die eksepsie.
Para-grawe 4.2 en 4.3 is
klaarblyklik samehangend met mekaar: as een van die twee bene van die aanval
misluk, is die ander een nie
meer ter sake nie. In ieder geval moet ek daarop
wys dat, nadat mnr Delport in sy skriftelike betoogshoofde breedvoerig
betoog het dat hierdie Hof nou 'n algemene verrykingsaksie behoort te erken, mnr
Bertelsmann nie kans gesien het om tot die teendeel te betoog nie; hy het
trouens uitdruklik bevestig dat hy mnr Delport se betoog ondersteun (maar
hy wou aanvoer dat die vereistes van so 'n aksie nie hier bevredig is nie; hy is
nie toegelaat om dit
te doen nie, omdat dié aangeleent-
80
heid nie in die gronde van die eksepsie geopper is nie). Op hierdie
manier het mnr Bertelsmann para-graaf 4.3 van die eksepsie as ' n
geskilpunt uit die arena onttrek en val daar verder niks daaroor te sê
nie.
Dit is ook onnodig om op paragraaf 4.4 van die eksepsie in te
gaan. Dit dien geen nuttige doel in die beregting van hierdie saak nie.
Dit het
slegs betrekking op die tweede eiser se eerste alter-natiewe eis, en om die punt
wat geopper word nou op eksepsie te beslis,
sal hoegenaamd nie die verloop van
die verhoor verkort of vergemaklik nie. As dit uiteindelik sou blyk dat die
eerste vier verweerders
wel op grond van ongeregverdigde verryking aanspreek-lik
is, sal dit geriefliker wees om by die verhoor uit te maak watter een van
die
twee eisers se vordering toegestaan moet word.
Paragraaf 4.6 van die eksepsie hang saam
81 met paragraaf 4.2 daarvan, en voer dit niks verder nie.
Om
die voorgaande redes is my gevolg-trekking dat die hof a quo gefouteer
het deur die eksepsies teen die eerste eiser se tweede alterna-tiewe eis en die
tweede eiser se eerste alternatiewe eis
te handhaaf.
Die laaste
oorblywende eksepsie kan kortliks afgehandel word. Dit is gerig teen die tweede
eiser se hoofeis. Hierdie eis stem in alle
wesenlike opsigte ooreen met die
eerste eiser se hoofeis, vroeër aangehaal, behalwe dat "Eerste Eiser"
deurgaans, waar toepaslik,
vervang is deur "Tweede Eiser". Die eksepsie lui soos
volg:
5.
5.1 Tweede Eiser beweer in paragraaf 39 van die besonderhede van eis dat Bergbries skade gely het in die bedrag van R3,264,234.00. 5.2 Dit is egter Tweede Eiser se saak dat gemelde bedrag óf aan Eerste Eiser
82
toegekom het, óf aan Tweede Eiser vir oorbetaling aan Eerste Eiser.
5.3 Die blote feit dat die voormelde bedrag uit Bergbries onttrek is, beteken nie dat Bergbries skade gely het nie aangesien Bergbries in elk geval nie op die voormelde bedrag geregtig was nie. 5.4 In die alternatief tot 5.2 en 5.3:
5.4.1 Bergbries is gelikwideer en bestaan as entiteit nie meer nie.
5.4.2 'n Nie-bestaande entiteit kan nie skade ly nie.
5.5 Bygevolg openbaar die besonderhede
van
eis in hierdie verband nie 'n skuldoor-
saak
nie."
Die hof a quo het die twee gronde van
hierdie eksepsie, in paragrawe 5.3 en 5.4, albei as
geldig
beskou. Ek kan, met eerbied, nie saamstem
nie. As rede waarom
Bergbries nie skade sou gely het
as gevolg van die onttrekking van
die geld uit Berg-
bries nie, word alleenlik aangevoer dat Bergbries
"in
elk geval nie op die voormelde bedrag geregtig
was
nie". Maar dit is regtens geen rede om te sê
dat
Bergbries nie skade gely het nie. Toe die
eerste
vier verweerders, in samespanning met die vyfde
83
verweerder, die geld vir hulleself toegeëien het (volgens die tweede eiser se bewerings), was die geld Bergbries s'n, en dit was nie minder so nie omdat die geld uiteindelik, as deel van die bereddering van Bergbries se boedel, aan iemand anders sou toegekom het. Totdat die bereddering van die boedel behoorlik afgehandel is, het Bergbries die eienaar van die geld gebly en was hy steeds "geregtig" daarop. Voorts is dit eenvoudig verkeerd om te sê: "Bergbries is gelikwideer en bestaan as entiteit nie meer nie". Bergbries sou "as entiteit" eers tot 'n einde gekom het met sy ontbinding, wat nog nie plaasgevind het nie. Hierdie eksepsie moes afgewys gewees het.
Dit volg dus dat die appèl moet slaag. Die bevel van die Hof is soos volg: 1. Die appèl word gehandhaaf, met koste, insluitende die koste van twee advokate.
84
2. Die teenappèl word van die hand
gewys, met koste, insluitende die koste van twee advokate.
3. Die bevel van die hof a quo word
tersyde gestel en vervang deur die
volgende bevel:
"Die eksepsies word van die hand gewys, met koste, insluitende die koste van twee advokate."
A S BOTHA AR
KUMLEBEN AR
F H GROSSKOPF AR
STEM SAAM
NIENABER AR
KANNEMEYER Wnd AR