South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 28
| Noteup
| LawCite
S v Nkala and Another (87/93) [1994] ZASCA 28 (24 March 1994)
Download original files |
CG SAAKNOMMER: 87/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
LORD NKALA Eerste Appellant
GOLDEN NKALA Tweede
Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: SMALBERGER, VAN DEN HEEVER ARR et NICHOLAS WndAR AANGEHOOR: 17 MAART 1994 GELEWER: 24 MAART 1994
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2 In Amsterdam in die Ermelo distrik
staan die huise ver van mekaar. Konstabel van Rooyen het een oggend vroeg by die
huis waar mev
Petronella Woest alleen gewoon het in Stewartstraat in Amsterdam
aangekom. Hy het gesien dat 'n traliedeur oopgebreek was. Die glasruite
van die
voordeur was stukkend en die deur het oop gestaan. Net buitekant die deur het 'n
voertuig se wielmoersleutel gelê.
Die telefoondraad was teen die dak buite
afgeknip. Hy het ingegaan. Mev Woest het op haar maag gelê in haar
slaapkamer. Haar
voete was vasgebind met 'n nylon tou. 5y was dood. Die huis was
in 'n warboel. Op haar rug het 'n mans sokkie gelê. By haar
lyk was 'n
rooi Af rox oorpakbaadjie. 'n Tweede manskous, nie die maat van die een op haar
rug nie, is buitekant die erf gevind.
Dr Lotter het 'n lykskouing op mev Woest (hierna "die oorledene") op 28
November 1991 uitgevoer. Haar ouderdom het hy aangegee in
die verslag wat hy oor
sy ondersoek opgestel het, as 67 jaar. Die oorsaak van
3 dood was "verwurging
met sianose en hipoksie met eventueel hartstilstand". Daar was veelvuldige
kneusings aan die gesig, wange,
nek en ook op die boonste deel van die borskas
net onder beide sleutelbene, kneusings om die oë en om die lippe en aan die
linker
bo-arm.
Spruitende uit die gebeure in haar huis die nag, is drie
persone in die Rondgaande hof op Middelburg aangekla van moord op die oorledene
(aanklag 1) en huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende
omstandighede, (aanklag 2). Hulle was Lord Nkala, sy jonger
broer Golden Nkala,
en Mdu Shongwe. Die twee broers het op 24 Februarie 1993 skuldig gepleit op
altwee aanklagte, Shongwe onskuldig.
'n Skeiding van verhore is gelas. Die
broers is skuldig bevind op beide aanklagte, gevonnis tot 10 en 15 jaar
gevangenisstraf onderskeidelik
vir die huisbraak en roof, en ter dood veroordeel
vir die moord. Die huidige appèl dien voor ons uit hoofde van a 316 A van
die Strafproseswet nr 51
4 van 1977 en gaan dus slegs oor die doodvonnis aan
hulle opgelê. Ek verwys na hulle verder as eerste en tweede
appellant.
Elkeen het 'n verklaring ter bevestiging van sy pleit onderteken
en ingedien. Dit was bewysstukke A en B. Daarna is 'n reeks dokumente
sito-sito
met instemming van die verdedigingsadvokate ingehandig. Bewysstuk C was 'n lys
bevattende erkennings: van die identiteit
van die persoon op wie dr Lotter die
lykskouing gehou het; dat die feite en bevindings in sy verslag korrek is en die
oorsaak van
dood korrek aangegee is; dat die verslag self by ooreenkoms
ingehandig word as bewysstuk B (dit behoort D te wees); dat die liggaam
van die
oorledene "vanaf die toediening van die besering tot die hou van die lykskouing
geen verdere beserings opgedoen het nie";
en dat die korrekbheid van die foto's
met sketsplan en sleutel daarby wat by ooreenkoms ingehandig is as bewysstuk C
(dit behoort
E te wees), ook nie betwis word nie.
5 Slegs twee staatsgetuies
is geroep, te wete dr Lotter en konstabel van Rooyen. Wat laasgenoemde vertel
het, is in die eerste paragraaf
hiervan opgesom. Dr Lotter is nie gevra om veel
by te voeg tot die inhoud van sy verslag nie. Oorledene moes tussen 5 tot 10
minute
gely het voor sy gesterf het; daar moes "taamlik geweld" op haar nek
toegepas gewees het om die verwurging te veroorsaak. Die merke
aan haar nek het
nie gelyk soos vinger- en duimmerke nie. Sy kon verwurg gewees het met 'n
breë band, 'n stuk materiaal. Van
die nekspiere was diepliggend gekneus,
maar minder geweld is nodig om ou mense te kneus, as jongeres. Hy is nie
ondervra oor die
ander kneusings onder haar oë en om haar mond nie. Dit kon
dus vermoedelik gevolg het, soos die verdere tekens soos petichiale
bloedings
wat hy genoem het, op die verwurgingshandeling.
Die enigste verdere getuienis
was nog 'n dokument, bewysstuk F, wat 'n verklaring is wat tweede appellant aan
majoor Jonker van die
SA Polisie op 9
6
Desember 1991 gemaak het in die loop van 'n uitwysing
wat hy gedoen het,
met foto's daarby, wat ook met
instemming en erkenning van die juistheid van die inhoud
daarvan ingedien
is. Dit is natuurlik nie getuienis
teen eerste appellant nie.
Eerste appellant word betrek by die roof en
moord slegs deur sy verklaring bewysstuk A. Dit is maar
karig. Nadat hy
homself identifiseer het en erken het
dat hy op 25 November 1991 by oorledene se huis was soos
vermeld in die klagstaat, sê hy:
"3. Ek en beskuldigde nr 2 en 3 het die aand na die betrokke woning gegaan. By die woning aangekom het beskuldigde nr 2 die telefoondraad afgeknip. Ons het toegang tot die huis verkry deur 'n staalhek oop te breek en die huis binne te gaan.
4. Ons het die oorledene in haar slaapkamer aangetref. Ek en beskuldigde nr 2 het die oorledene vasgebind. Ek het 'n baadjie oor die oorledene se kop getrek en dit agter haar kop vasgebind. Ek het op die stadium nie die bedoeling gehad om die oorledene te dood nie, ek wou slegs verhoed dat sy my later kon identifiseer. Ek het egter besef dat sy kon sterf as gevolg van ons optrede en het my vereenselwig daarmee. 5. Ek en beskuldigde 2 en 3 het die goedere soos vermeld in aanhangsel "A" van die akte
7
van beskuldiging uit die woning van die oorledene geneem sonder die oorledene se toestemming." (Wat dit is weet ons nie presies nie want die oorkonde kort aanhangsel A, maar waar die roofaanklag nie op appèl voor ons dien nie, kan dit ontbeer word.)
Nadat appellante skuldig
bevind is, het hulle nie getuienis afgelê nie. Sekere mededelings is
namens hulle deur hulle pro Deo
advokate aan die hof gedoen en op een na as
korrek aanvaar deur die aanklaer.
Eerste appellant het 'n skoon rekord. Hy
het op skool gevorder tot standerd 5. Hy was met die verhoor 26 jaar oud,
ongetroud maar
met 'n kind wat by sy ouers in Soweto woon. Hy het gewerk by
ingenieurswerke in Germiston, waar hy R186 per week verdien het as opgeleide
masjienoperateur. Terwyl hy 'n inkomste gehad het, het hy bygedra tot die
onderhoud van sy kind. Kort voor die voorval het hy egter
sy werk verloor as
gevolg van 'n personeelvermindering en by sy suster kom woon in Amsterdam.
A 112 (2) van die Strafproseswet bepaal dat
8 iemand aangekla van moord, skuldig bevind kan word op sterkte van slegs sy pleit en 'n verklaring waarin hy "die feite uiteensit wat hy erken en waarop hy skuldig gepleit het". Die hof wat hierdeur oortuig word dat hy skuldig is aan die betrokke misdryf, kan hom egter slegs vonnis soos in sub-artikel 112 (1) (b) bepaal. Ingevolge a 112 (1) (b) kan die doodvonnis nie opgelê word nie, tensy die beskuldigde se skuld bewys is asof hy onskuldig gepleit het. Die Staat moet m.a.w. al die
elemente van die ten laste gelegde moord bewys. S v
MOKHOBO 1989
(1) SA 939 (A).
In die onderhawige geval hoewel die Staat bewys het dat die
oorledene vermoor is, is daar geen getuienis soos deur a 112 (1) (b) beoog
wat
eerste appellant met die misdaad verbind nie. Die doodvonnis was derhalwe nie 'n
bevoegde vonnis in sy geval nie. Mnr van Wyk
wat namens die Staat opgetree het,
het onvermydelik toegegee dat dit so is.
Die verswarende omstandighede in hierdie geval
9 is voor die hand liggend. Oorledene is oorrompel deur 'n getalle oormag in
haar eie huis waar sy alle reg gehad het om veilig te
voel, waar nie aangevoer
kan word dat sy versoeking geskep het deur self agtelosig te wees oor gevaar
nle: daar is sekerheidsdeure
aangebring, daar is nie 'n deur of venster
oopgelaat as 'n amper-uitnodiging nie, soos soms nalatig gebeur. Die huisbraak
moes vooraf
beplan gewees het. Gereedskap was byderhand om die telefoondrade te
knip sodat sy, sonder bure binne roepafstand, nie daardeur alarm
kon maak nie.
Maar wat duidelik is, is dat die rowers nie ook moord beplan het nie. Daar is
geen aanduiding dat hulle wapens saamgeneem
het nie. Die moersleutel wat teen
vlees sowel as glas gebruik kon gewees het, is buite die huis agtergelaat. Wat
ook al gebruik is
om die telefoondrade te knip, is nie teen oorledene aangewend
nie. Dr Lotter se getuienis dui net op versmoring, en op 'n wyse wat
inpas met
eerste appellant se weergawe in sy verklaring, nie op óf stomp óf
skerp geweld wat aan
10 oorledene toegedien is nie. Die Staat het die
erkenning in bewysstuk C aanvaar dat daar slegs een "besering" van oorledene
was,
en ook dat eerste appellant se opsetvorm dolus eventualis was.
Dit tel
in eerste appellant se guns dat hy die gistingsjare van sy jeug deurgekom het
sonder enige botsings met die gereg hoegenaamd;
met nuttige vaardighede wat hy
as verantwoordelike burger aangewend het totdat hy sonder skuld aan sy kant sy
werk verloor het en
heel moontlik - ek bevind dit nie teen tweede appellant nie
- deur sy broer, jonger in jare maar meer ervare omdat hy wel vantevore
met die
gereg gebots het, beïnvloed kon gewees het om te vat wat hy nie in die
geleentheid was om te verdien nie.
Tweede appellant se verklaring op die
pleitstadium, bewysstuk B, het dieselfde strekking as
die van sy
broer:
"4. Ek en die ander twee beskuldigdes het toegang tot die oorledene se huis verkry deur 'n veiligheidsdeur en daarna 'n glasdeur oop te breek.
11
5. Ek het die oorledene vasgehou terwyl my broer (beskuldigde 1) haar vasgebind het. Hy het daarna ' n baadj ie oor haar kop getrek en haar kop daarmee toegedraai.
6. Hoewel ek nie die direkte bedoeling gehad het om die oorledene te dood nie, het ek die moontlikheid voorsien dat sy kon sterf as gevolg van ons dade en my met daardie moontlikheid versoen.
9. Die rede waarom ons by die oorledene se
huis ingebreek het, was om 'n vuurwapen te
steel.
10. Nadat ons die oorledene vasgebind het,
het ons voortgegaan om die goedere soos
vermeld in Aanhangsel A tot die Akte van
Beskuldiging sonder die oorledene se
toestemming uit haar woning te verwyder."
Daar is geen statutêre beletsel teen die
doodvonnis in sy geval nie, vanweë sy verklaring gemaak
in die loop van die uitwysing wat hy gedoen het die dag
toe hy gearresteer
is. Hierdie hof moet derhalwe
oorweeg of dit die enigste gepaste vonnis is.
Gevra wat
dit is wat hy wil gaan uitwys, het hy gesê:
"Ons gaan nou na Amsterdam lokasie van waar ons het vertrek in die nag. Daarna gaan ons ry met ' n pad tot ons kom by ' n huis van ' n blanke wat ons het doodgemaak. By die huis het ons ons sokkies uitgetrek en oor ons hande getrek ... By die huis is 'n priëel waaronder ons eers gestaan het en na die huis gekyk het.
12
Ek sal jou wys waar [eerste appellant] op my skouers geklim het en die draad van die telefoon gesny het. Ek sal jou dan wys waar ons het ingegaan by die huis. Ek en die ander een het ingegaan. My broer is dik en hy kon nie by die gat wat ons in die diefwering gemaak het inkom nie. Dit was donker in die huis. Ek het teen die mure gevoel vir die deur. Toe het ek die ou vrou gehoor hoes. Mdu het probeer om die deur vir my broer oop te maak. Toe my broer inkom het hy die lig aangesit. Dan ons sien die ou vrou staan agter die gordyn. Ek en Mdu het die ou vrou gevang. My broer het 'n plastiek tou gehad. Ons het die ou vrou vasgebind. My broer het haar mond met 'n rooi baadjie toegebind dat sy nie kon raas nie ... In die mandjie het ons 'n vuurwapen gekry en ons het geld. Ons het die huis deursoek. Ons het 'n horlosie by die bed gekry. m 'n kassie het ek patrone gekry wat ek vir my broer gegee het. Op 'n kas het ons 'n hout kassie gekry met juweliersware. Ons het ook 'n handsak gekry en al die juweliersware daar ingesit. Mdu het die radio en Hi Fi gevat ..."
En daarna het hy die plekke uitgewys waar hierdie dinge
gebeur het, en padlangs verdere detail verskaf:
"Ons het die hek met 'n 'wheelspanner' oopgebreek. Ons het die venster gebreek en ek en Mdu het daar ingeklim . . . Dit was die mandjie waarin die rewolwer was. My boetie het die rewolwer uitgehaal ..." [Hy het gewys hoe oorledene agter die gordyn in haar kamer geskuil het, en waar hulle haar laat lê het en haar vasgemaak het.] "Ons het haar voete met
13
'n tou vasgemaak. Haar hande het ons met kouse vasgemaak en haar mond het ons met ' n baadjie toegebind ..."
Nadat hy skuldig
bevind is, het tweede appellant drie
vorige veroordelings erken. In Januarie
1988 is hy
gevonnis tot R30 of 30 dae vir diefstal van 'n fiets,
die
waarde waarvan aangegee is as R250. Die volgende
jaar is hy vir aanranding met die opset om ernstig te
beseer gevonnis tot
'n boete van R250 of 90 dae
gevangenisstraf, helfte waarvan opgeskort is vir
3 jaar.
En in 1990 het hy kennis gemaak met die gevangenis, (as
hy dit nie
weens wanbetaling van boetes reeds tevore
gedoen het nie) toe hy tot drie
jaar gevonnis is vir 'n
vergryp wat lakonies beskryf is as "Robbery - cash
money
R60".
Tweede appellant se advokaat het ook sekere
bewerings aan die hof voorgelê wat as feite deur die
aanklaer aanvaar is sonder formele bewys daarvan. Daar
was egter
verwarring aangaande sy ouderdom. Sy advokaat
het die hof meegedeel dat hy 21
was, sodat hy met die
14 moord 19 sou gewees het. Die aanklaer het
gesê, "hy het sy ouderdom aangegee as gebore 5 Julie 1970" maar waar en
wanneer
en hoe betroubaar hierdie aangifte sou gewees het weet ons nie. Die
vonnisse wat hy opgeloop het met sy eerste en tweede veroordelings
laat vermoed
dat die oortredings nie ernstig was nie, tensy hy tegemoetgekom is juis
vanweë jeugdigheid. Selfs op die aanklaer
se weergawe sou hy maar 21 gewees
het en skaars die drumpel van volwassenheid verby toe hy aandadig was aan die
moord. Geen melding
is gemaak van enige afhanklikes nie, sodat seker aanvaar kan
word dat hy nie het nie. Hy het standerd 4 op skool geslaag, was werkloos,
en
was van meet af die polisie behulpsaam gewees met hul ondersoek. Dit, en die
feit dat hy - soos eerste appellant ook - skuldig
gepleit het, kan aanduidend
wees van berou.
In sy geval ook bestaan die moontlikheid - wat op sy beurt
nie teen eerste appellant kan tel nie - dat hy beïnvloed was deur
sy ouer
broer, volgens normale
15 verloop van broederlike verhoudings. Ondanks sy
verlede, moet rekening daarmee gehou word dat dit juis uit daardie verlede soos
aangeteken in sy SAP 69 blyk dat hy van elders gekom het. Eerste appellant wat
by sy suster kom woon het op Amsterdam nadat sy werksgeleentheid
tot niet is,
sou die een wees (tensy dit Shongwe was) met kennis van plaaslike omstandighede.
Dit was ook hy wat die eerste misdadige
stap die nag geneem het deur die
telefoondraad te knip. En hoewel tweede appellant oorledene vasgehou het terwyl
sy ouer broer die
baadjie om oorledene se kop gebind het, is daar geen rede nie
om te dink dat hy moes besef het hoe styf dit gedoen word - m.a.w.,
hoe sterk
die moontlikheid was dat die dood sou intree.
Ondanks die verswarende
omstandighede daarin geleë dat 'n weerlose slagoffer in haar eie woning in
die loop van 'n rooftog haar
lewe verloor het, meen ek nie, vanweë die
oorwegings hierbo genoem, dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is vir
tweede
16 appellant se misdaad nie. Die beplande inbraak was die verfoeilike
optrede - veral wat betref tweede appellant, wat op soek na
'n vuurwapen was en
dít nie 'n volle vier maande nie na hy uit gevangenskap vrygelaat is -
wat op haar onbeplande dood uitgeloop
het. Vir dit wat beplan was, is beide
reeds swaar vonnisse opgelê. Die huisbraak en roof komponent van die nag
se gebeure moet
nie weer bygetel word nie by bepaling van wat die gepaste straf
is vir die veroorsaking van oorledene se dood.
By daardie bepaling, meen ek
dat hulle oor dieselfde kam geskeer kan word. Die versagtende omstandighede in
elke geval verskil in
'n mate wat betref inhoud maar die geheelbeeld geskep is
dat hulle morele verwytbaarheid min of meer gelyk weeg. Swaar vonnisse is
klaarblyklik nodig om die afsku van die geordende samelewing vir die wandaad te
weerspieël.
Die appèl van beide appellante teen die vonnis op die eerste aanklag
slaag. Die doodvonnis aan elk
17 opgelê word tersyde gestel en vervang
met 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf,
(a) wat ingevolge a 282 van die Strafproseswet teruggedateer word tot 25 Februarie 1993, en
(b) waarvan 10 jaar samelopend sal wees met die vonnis aan elk opgelê ten opsigte van die tweede aanklag.
L VAN DEN HEEVER AR STEM SAAM:
SMALBERGER AR)
NICHOLAS Wnd AR)