South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 33
| Noteup
| LawCite
S v Human (149/92) [1994] ZASCA 33 (25 March 1994)
Download original files |
Saaknommer 149/92 /al
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PIET
HUMAN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT,
F H GROSSKOPF ARR et
VAN COLLER WND AR
DATUM VAN VERHOOR : 11
MAART 1994
DATUM VAN UITSPRAAK : 25 MAART 1994
UITSPRAAK
VAN COLLER WND AR/.
2
VAN COLLER WND AR :
Die appellant is in die landdroshof van
Wynberg skuldig bevind aan oortreding van Artikel 2(a) van Wet 41 van 1971
deurdat hy handel
gedryf het in 683 gram dagga. Hy is op 12 September 1990
gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf. 'n Tweede beskuldigde wat saam met
die
appellant op dieselfde aanklag tereg gestaan het, is ook skuldig bevind en
gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf waarvan die
helfte voorwaardelik vir 'n
tydperk van vyf jaar opgeskort is. Op appél na die Provinsiale Afdeling
Kaap die Goeie Hoop is
die skuldigbevinding bekragtig, maar die appellant se
vonnis is tersyde gestel en vier jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar
voorwaardelik
vir vyf jaar opgeskort is, is opgelê. Die hof a quo
het aan die appellant verlof verleen om teen die skuldigbevinding na hierdie Hof
te appelleer.
3 Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die aanklag teen die
appellant en beskuldigde 2 het plaasgevind op 10 Maart 1989 in die
Pollsmoor
Gevangenis. Die appellant was 'n bewaarder by die gevangenis en beskuldigde 2 'n
gevangene. Dit was die Staat se saak dat
die appellant 'n drasak wat dagga bevat
het deur 'n selvenster aan beskuldigde 2 oorhandig het wat deur ene Jannie
Koopman, ook 'n
gevangene, verkoop sou word.
Dit is gemene saak dat die appellant en twee ander bewaarders om 23:45 op 9
Maart 1989 aan diens gegaan het in die gevangenis. Die
appellant sou diens
verrig by E-seksie, sersant C,L. Brown by c-seksie en bewaarder Opperman by
D-seksie. 'n Staatsgetuie, adjudant-offisier
G.C.J. Visser wat na veiligheid
moes omsien, was ook die nag aan diens. Dit is verder gemene saak dat
beskuldigde 2 die betrokke
nag saam met ander gevangenes insluitende twee
Staatsgetuies, Simon Petrus en
4 Jannie Koopman, in sel 101 van C-seksie
geslaap het.
Simon Petrus en Jannie Koopman het getuig dat hulle die
appellant die nag by die sel se venster gesien het. Hy het 'n wit drasak deur
die venster aan beskuldigde 2 gegee. Aan 'n ander gevangene, ene Kong, is twee
houers wat koejawelsap bevat het, oorhandig. Volgens
Petrus was daar brandewyn
by die sap en volgens Koopman whiskey. In die drasak was 10 deurskynende
plastiek houers wat dagga bevat
het. Daar was verder ook drie "pokes" wat ook
dagga bevat het. Volgens die getuienis is 'n "poke" dagga wat op so 'n wyse in
koerantpapier
toegevou is dat dit in ' n sekere deel van die liggaam versteek
kan word. Beskuldigde 2 het die dagga in 'n pajamabaadjie toegebind.
Dle
appellant het later teruggekeer en die pajamabaadjie en 'n stoorkamersleutel,
wat in Koopman se besit was, is weer deur die selvenster
aan hom oorhandig.
5
Koopman kon deur die venster sien dat die appellant by die stoorkamer ingaan en
daarna het hy weer teruggekeer en die sleutel aan
beskuldigde 2 gegee. Koopman
het in die stoor gewerk en hy het getuig dat hy gedurende die dag dagga verkoop
het. Volgens Petrus
was die ligte in die gang aan gewees, maar Koopman het
getuig dat die ligte af was, maar dat die ligte in die sel aan was.
Adjudant-offisier Visser het getuig dat hy al 25 jaar werksaam is by die
Pollsmoor Gevangenis. Om ongeveer 00:05 die betrokke nag
is hy ontbied na sel
108 van C2-seksie. Op pad daarheen en net nadat hy om 'n hoek in die gang gekom
het, het hy die appellant ongeveer
twee meter vanaf sel 101 se venster
aangetref. Hy was ongeveer vyf meter van die appellant. Toe die appellant hom
sien, het hy in
die gang af begin hardloop en is met die trappe op na die
volgende vloer. Volgens Visser was daar 'n buislig by die hoek van die
gang en
hy kon sien
6 dat die appellant 'n sak by hom gehad het. By sel 108 is aan
hom gesê om sel 101 te deursoek. Aangesien daar min bewaarders
op nagdiens
was, het hy besluit om dit die oggend om 06:30 te doen. Om 05:45 het hy 'n berig
ontvang om nie die sel nie, maar wel
die klerestoor te deursoek. Hy is, vergesel
van 'n majoor, na sel 101 waar hy die stoor se sleutel van Koopman ontvang het.
Terwyl
hulle nog besig was om die stoor te deursoek, het Simon Petrus daar
opgedaag en aan hom gesê om in 'n wit possak in die hoek
te kyk. Hy het 'n
pajamabaadjie wat toegeknoop was daarin aangetref. In die baadjie het hy 10
banksakkies met dagga en drie "pokes"
dagga gevind. Die dagga is na die hoof van
die gevangenis geneem en die polisie is in kennis gestel.
Die appellant het self getuig en hy het sersant Brown en bewaarder Opperman
as getuies geroep. Die appellant het getuig dat hy om
23:45
7 aan diens
gerapporteer het. Hy, Brown en Opperman is om 23:55 na hul onderskeie seksies.
Hy moes sy rondtes doen en het ongeveer
10 tot 15 minute by E-seksie gebly.
Daarna het hy afgegaan na Opperman se kantoor by D-seksie waar Brown ook kort
daarna aangekom
het. Hulle is 04:00 uitmekaar en hy is terug na E-seksie. Om
04:00 het adjudant-offisier Van Wyk vergesel van Brown en Opperman na
E-seksie
gekom om die gevangenes wat die dag hof toe moes gaan, te kom haal. Nadat hulle
klaar was by E-seksie is hulle na die ander
seksies en die werk was so teen
06:00 afgehandel. Nadat hulle toegesien het dat die gevangenes by ontvangs
ingaan, is hy terug na
E-seksie. Die dagdienslede het om 06:30 aan diens gekom
en hy het om 08:00 van diens gegaan. Die appellant het ontken dat hy gedurende
die vroeë oggendure alleen by sel 101 was. Hy het ook ontken dat hy
enigiets aan die gevangenes oorhandig het. Dit blyk uit
sy
8
getuienis dat hy en Visser nie goed met mekaar oor die weg gekom het nie, want Visser en ander bewaarders het op 'n vorige geleentheid na dagga in sy motor gesoek. Alhoewel hy beskuldigde 2 ken, het hy nie geweet in watter sel hy slaap nie. Dit blyk ook uit sy getuienis dat terwyl hy by Opperman se kantoor was hulle gesels en kaart gespeel het. Onder kruisverhoor het die appellant die verloop van die gebeure ietwat gewysig en getuig dat adjudant-offisier Van Wyk om 04:00 die oggend die selle saam met hom, Brown en Opperman ontmeester het. Daarna was hy, Brown en Opperman weer saam by laasgenoemde se kantoor totdat Van Wyk weer om 05:00 gekom het om die gevangenes wat hof toe moes gaan uit die selle te haal.
Sersant Brown het getuig dat nadat hy sy rondtes gedoen het, hy so tussen 10
en 15 minute na 00:00 by D-seksie gekom het en dat hy,
die appellant en Opperman
daar saam was tot ongeveer
9 03:45. Adjudant-offisier Van Wyk het opgedaag en
hulle is na E-seksie om die selle te ontmeester. Daarna is dit ook gedoen by D-
en C-seksies. Adjudant-offisier Van Wyk is toe daar weg en die drie van hulle
het weer by D-seksie bymekaar gekom waar hulle kaart
gespeel het. Later het Van
wyk hulle weer by E-seksie ontmoet en is die gevangenes wat hof toe moes gaan by
E-, D- en C-seksies uitgehaal.
Hulle is na die kombuis geneem waar hy, die
appellant en Opperman toesig gehou het terwyl die gevangenes geëet het.
Daarna het
hulle die gevangenes na ontvangs geneem en is hulle terug na hul
onderskeie seksies totdat die dagdienslede oorgeneem het.
Bewaarder Qpperman se getuienis aangaande die gebeure die betrokke nag het ooreengestem met dié van Brown. Hy het ook getuig dat voordat hulle in sy kantoor saamgekom het, hy ook eers sy rondtes in D-seksie gedoen het. Volgens sy getuienis het
10
Brown ongeveer 00:10 na sy kantoor gekom en die appellant het
ongeveer twee minute voor Brown daar aangekom.
Beskuldigde 2 het getuig dat
hy wel saam met Simon Petrus en Jannie Koopman in sel 101 was. Hy het ontken dat
hy enigiets van buite
ontvang het en het getuig dat hy teen 00:00 al geslaap
het. Hy het ook ontken dat hy enigiets aan iemand buite die sel gegee het.
Beskuldigde 2 het 'n medegevangene, Ferdinand Jacobs, wat ook in sel 101 was as getuie geroep. Hy het getuig dat hy die eerste keer bewus geword het dat daar ' n probleem was toe dagga in die klerestoor aan hom gewys is. Hy het getuig dat hulle na ete gaan slaap het en dat daar niks gebeur het nie.
Die landdros het die getuienis van die Staatsgetuies aanvaar en dié van die appellant, beskuldigde 2 en hul getuies verwerp. Dit blyk uit
11
sy uitspraak dat hy Koopman as 'n medepligtige beskou het en sy getuienis met die versigtigheidsreël voor oë oorweeg het. Hy het egter bevind dat Koopman 'n baie goeie getuie was wat sy getuienis openhartig en spontaan afgelê het. Die landdros sê in sy uitspraak dat Petrus ook ' n baie goeie indruk gemaak het en dat hy en Koopman nie hul getuienis kon opgemaak het nie. Verskeie aspekte word na verwys ter ondersteuning van hierdie menlng. Wat Visser se getuienis betref, meld die landdros in sy uitspraak dat Visser al dikwels voor hom getuig het en dat hy op geen stadium die indruk gekry het dat hy sy getuienis aandik of probeer om 'n saak teen iemand te fabriseer nie. Die landdros sê in sy uitspraak dat die appellant 'n baie swak indruk gemaak het, dat hy vrae ontduik het en huiwerig was om belangrike vrae te antwoord. Hy verwys ook na wat hy as wesenlike weersprekings in die appellant se
12
getuienis bestempel en na aspekte waar sy getuienis bots met
die weergawe van sy twee getuies. Wat beskuldigde 2 se getuienis betref,
verwys
die landdros na verskillende weersprekings en aspekte waarop sy getuienis met
dié van Jacobs verskil.
Mnr. La Grange, namens die appellant, het
aangevoer dat daar soveel weersprekings en inherente onwaarskynlikhede in die
getuienis
van Petrus en Koopman is dat die landdros fouteer het om hul getuienis
te aanvaar. Ek ag dit nie nodig om al hierdie aspekte te behandel
nie. Afgesien
daarvan dat die weersprekings waarna verwys is nie wesenlik is nie, is daar geen
aanvaarbare getuienis wat die verloop
van die gebeure soos geskets deur Petrus
en Koopman weerspreek nie en daar bestaan geen rede waarom dit nie aanvaar kan
word nie.
Die verskille in hul getuienis aangaande die tyd wat verloop het
tussen die besoeke aan die sel deur die persoon wat die dagga gebring
het, raak
nie die
13 kerngeskil, naamlik of die
verskaffer wel die appellant was, nie. Ek kan ook nie saamstem met die argument
dat Petrus en Koopman se getuienis
'n eienaardige en onsinnige verloop van
gebeure die betrokke nag openbaar nie. Van die persone in die sel was betrokke
by die daggahandel
en dit is geensins onwaarskynlik dat hulle wou sien hoeveel
dagga beskikbaar gemaak is nie. Dit verduidelik waarom die dagga eers
afgegee is
en later weer in ontvangs geneem en in die stoorkamer geplaas is.
Mnr. La Grange het ook die aanvaarding van Visser se getuienis deur die landdros aangeveg. Visser se getuienis bied stawing vir die getuienis van Petrus en Koopman en sou sy getuienis nie aanvaar kan word nie, mag dit moeilik wees, so is betoog, om 'n skuldigbevinding slegs op die getuienis van Petrus en Koopman te regverdig. Daar is op gewys dat Koopman en Petrus albei betrokke was by die smokkel van dagga in die gevangenis en
14
dat daar baie redes kan bestaan waarom hulle die skuld op 'n onskuldige bewaarder sou pak. Visser se getuienis is op twee grondslae aangeveg. Dit is eerstens aangevoer dat volgens alle aanduidings Visser die appellant slegs tydens sy eerste besoek aan die sel kon opgemerk het. Visser moes 'n beriggewer in sel 108 gehad het en volgens Petrus en Koopman se getuienis is dit duidelik dat die persoon wat die dagga deur die venster aangegee het nie lank by die sel kon vertoef het nie. Daar sou, aldus die argument, hoegenaamd nie genoeg tyd gewees het vir Visser om 'n boodskap van sy informant in sel 108 te kry, na die selle te gaan en nog steeds betyds te wees om die appellant voor die sel te vind nie. Ek kan nie hiermee akkoord gaan nie. Die moontlikheid bestaan dat die beriggewer reeds voor die oorhandiging daarvan geweet het dat dagga na 00:00 gelewer sou word en dat die berig nie gestuur is toe die verskaffer by
15
die venster opgedaag het nie, maar reeds voor die tyd. Die
ontmoeting met die verskaffer kon dus bloot toevallig gewees het. Visser
is nie
aangaande hierdie aspek gekruisvra nie en dit is nie betwis dat 'n bewaarder wel
by die sel was nie. Dit is slegs die korrekte
identifikasie wat van belang is en
wat dan ook die tweede grondslag is waarop die aanvaarding van Visser se
getuienis aangeveg is.
Dit is aangevoer dat hy nie voldoende lig en geleentheid
gehad het om die persoon wat hy gesien het, te kon identifiseer nie. Dit
is so
dat Visser die persoon slegs vir 'n kortstondige oomblik gesien het en dat toe
die persoon weghardloop hy slegs sy rugkant
kon sien. Die getuies het ook met
mekaar verskil aangaande die aard van die beligting in die gang, maar dit is
duidelik dat daar
wel lig in die gang was. Visser het die appellant goed geken
en hy was baie naby hom, ongeveer vyf meter. Ek is nie oortuig dat die
16
landdros fouteer het om Visser se getuienis dat die persoon wat hy gesien het
die appellant was, te aanvaar nie.
Dit is laastens nodig om kortliks na een
verdere argument van mnr. La Grange te verwys. Dit is aangevoer dat indien
Visser korrek
is dat dit wel die appellant was wat hy gesien het, die weergawe
van Petrus en Koopman aangaande wat later die nag plaasgevind het
al meer
onwaarskynlik word. Die appellant was reeds onder verdenking en 'n mens sou dus
verwag dat nadat Visser hom by die sel gewaar
het hy van die sel sou wegbly,
maar nogtans keer hy terug na die sel. Dit is onwaarskynlik, aldus die argument,
dat iemand wat feitlik
op heter daad betrap is deur 'n persoon wat hom reeds
verdink op so 'n onverskillige wyse sou optree, Ek kan mnr. La Grange ook wat
hierdie argument betref nie gelyk gee nie. Nadat die appellant deur Visser
gesien is, moes hy in elk geval van die dagga
17
ontslae raak en kon hy dus nie anders as om met die proses
voort te gaan nie. Ek het ook reeds daarop gewys dat Petrus en Koopman
se
weergawe nie onwaarskynlik is nie en dat daar geen rede bestaan waarom dit nie
aanvaar kan word nie.
Dit dien ten slotte vermeld te word dat volgens die
getuienis slegs die appellant óf Brown óf Opperman die persoon kon
wees wat die dagga verskaf het. visser se getuienis bied stawing vir die
getuienis van Petrus en Koopman dat dit die appellant was
en hierdie getuienis
is deur die landdros aanvaar. Dit is na my mening nie aangetoon dat die landdros
enige wesenlike mistasting
begaan het of dat sy bevinding verkeerd is nie. Die
appèl kan dus nie slaag nie.
18 Die appèl word afgewys.
A P VAN COLLER WAARMEMENDE APPèLREGTER
JOOBERT AR ]
STEM SAAM F H GROSSKOPF AR ]