South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 4
| Noteup
| LawCite
Minister van Wet en Orde v Gedula (8/1992) [1994] ZASCA 4; 1994 (3) SA 1 (AD); (8 March 1994)
Download original files |
LL Saak No 8/1992 '
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE Appellant
teen
SOPHIE GEDULA Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, GOLDSTONE, VAN DEN HEEVER, HARMS ARR en NICHOLAS Wnd AR
VERHOORDATUM: 17 FEBRUARIE 1994 LEWERINGSDATUM: 8 MAART 1994
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2
Gedurende die middag van 10 November 1985 het onluste ontstaan in Pabalello,
'n woonbuurt van Upington. Dié het sporadies deur
die aand en nag
voorgekom. Omstreeks 7.30 die volgende oggend was lede van die S A polisie op
patrollie in die woonbuurt. Hulle het
in 'n Landrover gery. Die voertuig het aan
die kante en agter skietgate gehad. Daardeur kon persone in die Landrover na
buite skiet.
Tydens die patrollie was sersant Hough een van vier polisiemanne
wat agter in die Landrover gesit of gestaan het. Hough was in besit
van 'n
haelgeweer wat vroeër die oggend tot sy beskikking gestel was met die
opdrag dat onder bepaalde omstandighede geskiet
kcm word, maar slegs met patrone
bevattende donshael. Terselfdertyd is twee sakkies patrone aan Hough oorhandig.
Een was veronderstel
om patrone met donshael, en die ander patrone met
sogenaamde SSG korrels, te bevat. Hough het 'n patroon uit een van
3 die
sakkies gehaal, gesien dat dit donshael bevat het, en toe die geweer met patrone
uit daardie sakkie gelaai. Hy het moontlik
ook die tweede en derde patrone
geïnspekteer, maar nie al die patrone waar-mee hy die geweer gelaai het
nie. Hy het homself
dus nie visueel vergewis dat die laaste patroon, wat later
deur hom afgevuur is, nie SSG korrels bevat het nie.
Op 'n stadium het die
Landrover in 'n suidoostelike rigting in Kingstraat gery. (Gerief-likheidshalwe
word voortaan veronderstel dat
dit reg suid beweeg het.) Op daardie tydstip het
'n groep van ongeveer 100 mense, hoofsaaklik jeugdiges, in die omgewing van die
aansluiting van Westonstraat by Kingstraat ("die kruising") gesing en gedans.
Met die naderkoms van die Landrover het hulle uitmekaar
gespat en het hulle, of
sommige van hulle, by persele in Kingstraat suid van die kruising ingevlug.
Soos
4 die Landrover verbybeweeg het, is dit toe uit persele aan beide kante
van Kingstraat met klippe bestook.
Die tweede en derde persele suid van die
kruising en aan die oostekant van Kingstraat was onderskeidelik persele 307 en
306. Toe die
Landrover ongeveer 30 meter verby perseel 307 was, het Hough 'n
skoot in 'n noordelike rigting gevuur. Op daardie stadium het 'n
13-jarige seun,
Desmond, by 'n hek-paal in die heining van daardie perseel gestaan. Minstens
twee van die korrels - wat later SSG
korrels geblyk te gewees het - het hom
getref. Een daarvan het sy rugstring beskadig met die gevolg dat hy die gebruik
van sy ledemate
verloor het. 'n Ander jeug-dige, Mac, is ook getref. Hy was toe
in die omgewing van perseel 306.
Voortspruitende uit bostaande gebeure het
die respondente in haar persoonlike hoedanigheid, maar vernaamlik in haar
hoedanigheid as
voog van
5 Desmond, in die Noord-Kaapse Afdeling 'n aksie vir
skadevergoeding teen die appellant ingestel. Sy het onder andere beweer dat die
skut onregmatiglik en opsetlik of nalatig vir Desmond verwond het, en het
besonderhede van die skade wat sy en Desmond sou gely het,
verstrek. Hierdie
bewerings is ontken deur die appellant wat ook die aangevoerde skadeberokkening
in geskil gestel het. Hoewel nie
betwis is dat die skut binne die omvang van sy
diensbevoegdhede as polisie-beampte opgetree het nie, is 'n aantal alternatiewe
verwere
geopper. Slegs twee van dié verg tans nog vermelding. Die eerste
was dat die skoot afgevuur is in die uitvoering van die skut
se pligte met die
bedoeling om die handhawing van die openbare orde te verseker, en dat die
appellant gevolglik weens die bepalings
van regulasie 11 van R121 van 1985 van
aanspreeklikheid gevrywaar was. Die tweede was dat die skut "die pligte en
bevoegdhede opgelê
en verleen
6 kragtens artikel 5 van die Polisiewet
... nagekom het in besonder ter bewaring van die binnelandse veiligheid in die
Republiek van
Suid-Afrika en/of die handhawing van wet en orde".
Die geding
is eers deels deur Van Rhyn RP verhoor. Nadat hy om gesondheidsredes uit aktiewe diens onthef
is, is die aangeleentheid de novo deur Steenkamp R verhoor. Inmiddels was
'n bevel verleen waarvolgens die kwessie van die appellant se al of nie
aanspreeklikheid
afsonderlik verhoor sou word. Die getuienis wat by die tweede
verhoor gelei is, het dus slegs op daardie kwessie betrekking gehad.
Hough
het getuig dat terwyl die Landrover suid van die kruising voortbeweeg het,
klippe daarop gereën het. 'n Vrou en twee manlike
jeugdiges het toe vanuit
perseel 307 in die rigting van die Landrover gehardloop. Hulle het tot in die
straat beweeg en klippe na
die voertuig gegooi. (Hough het
7 by die verhoor
vir Mac as een van die seuns geïdenti-fiseer.) Nadat die drietal, wat
ongeveer 'n meter van mekaar was, 'n stuk
of tien meter gehardloop het, het
Hough op hulle gevuur. Hy was onder die indruk dat die patroon donshael bevat
het. Net nadat die
skoot geknal het, het die drie persone omgevlieg en
teruggehardloop tot in perseel 307.
Mac het ontken dat hy een van die drietal
was en het trouens betwis dat ten tye van die afvuur van die skoot daar enige
persoon in
die omgewing van persele 306 en 307 in die straat was. Hy sê
dat toe hy getref is, hy by 'n opening in die heining van perseel
306 gestaan
het.
Dit was aan die einde van die verhoor gemene saak dat slegs Hough die
betrokke oggend in Kingstraat gevuur het, en dan ook slegs 'n
enkele skoot, en
dat SSG korrels wat aldus deur hom afgevuur is vir Desmond en Mac getref het.
Die wesentlike
8
feitelike geskilpunt was of Mac en twee ander persone tot in Kingstraat
gehardloop en klippe na die Land-rover gegooi het.
Dit is op hierdie stadium
gewens om meer te sê oor voornoemde regulasie 11 waarop die appellant hom
beroep het. Op 21 Julie
1985 het die Staats-president 'n proklamasie
uitgevaardig (R121 van 1985 in Regulasiekoerant 3849). Dit het soos volg
gelui:
"Kragtens die bevoegdheid my verleen by artikel 3(1)(a) van die Wet op Openbare Veiligheid, 1953 (Wet 3 van 1953), vaardig ek hierby met ingang van 21 Julie 1985, in die landdrosdistrikte in Bylae I vermeld, waarin die bestaan van 'n noodtoestand kragtens artikel 2 van genoemde Wet vanaf 21 Julie 1985 verklaar is, die regulasies uit wat in Bylae II vervat is, en kragtens artikel 3(1)(b) van genoemde Wet verklaar ek regulasie 11 van genoemde regulasies ook in al die ander landdrosdistrikte in die Republiek van Suid-Afrika van toepassing met ingang van 21 Julie 1985."
In Bylae 1
is 'n aantal landdrosdistrikte
9
vermeld. Die distrik waarin Upington geleë is, was
egter nie daarby
ingesluit nie.
Regulasie 11(1) van Bylae 2 het die vol-
gende bepaal:
"11. (1) Geen siviele of strafregte-like geding word in enige geregshof inge-stel nie teen -
(a) die Staat; (b) die Staatspresident; (c) 'n lid van die Kabinet van die Republiek; (d) 'n lid van 'n Mag; (e) iemand wat in diens van die Staat is; of (f) iemand wat op las of met die goedkeuring van 'n in die voorgaande paragrawe van hier-die subregulasie bedoelde lid of persoon handel,
op grond van 'n handeling wat deur iemand by die uitvoering van sy pligte, of die uitoefening van sy bevoegdhede of die verrigting van sy werksaamhede ingevolge hierdie regulasies, te goeder trou aange-raai, gebied, beveel, gelas of verrig is, met die bedoeling om die veiligheid van die publiek, die handhawing van die openbare orde of die beëindiging van die noodtoe-stand in enige gebied waar die bestaan van 'n noodtoestand kragtens artikel 2(1) van die Wet verklaar is, te verseker, of om met omstandighede te handel wat as gevolg van
10
voornoemde noodtoestand ontstaan het of waarskynlik sal ontstaan."
Tydens beredenering by die afloop van die verhoor het die appellant se advokaat volgens die uitspraak van die verhoorregter 'n toegewing gemaak, nl dat die appellant hom nie op regulasie 11(1) kon beroep nie en dat nie een van sy verwere kon slaag nie tensy bewys is dat Hough in die uitvoering van sy polisiebevoegdhede geregtig was om met donshael op persone in Kingstraat te skiet. In die lig van hierdie toegewing het Steenkamp R die getuienis ontleed en besluit dat die appellant hom nie van daardie bewyslas gekwyt het nie. Kortom is nie bewys nie, so is bevind, dat persone in Kingstraat gestorm en klippe na die Landrover gegooi het. Gevolglik is verklaar dat die appellant verplig was om die skade wat die respondente en Desmond gely het te vergoed.
Hierna het die partye 'n skikking aangaande
11
die omvang van die gelede skade bereik. Dit het meegebring dat die appellant
kragtens 'n hofbevel gelas is om bepaalde bedrae aan
die respondente in haar
twee hoedanighede te betaal. Ten slotte is verlof aan die appellant verleen om
na hierdie hof te appelleer
teen daardie bevel in soverre dit op die bevindings
van Steenkamp R gegrond was.
Op appèl het die advokaat vir die
appellant betwis dat sy toegewing so wyd gestrek het as wat uit die uitspraak
blyk. Hoe dit
ookal sy, hy het uit-sluitlik op regulasie 11 gesteun en sy
desbetreffende betoog kan soos volg saamgevat word:
(1) Daar is in regulasie 11(1) 'n komma tussen die woorde "pligte" en "of" in die sinsnedes "die uitvoering van sy pligte" en "of die uitoefening van sy bevoegdhede". (2) Gevolglik kwalifiseer die frase "ingevolge hierdie regulasies" slegs die uitoefening
12 van 'n bevoegdheid en die verrigting van werksaam-hede, en nie ook die uitvoering van pligte nie.
(3) Regulasie 11(1) is dus van toepassing op 'n handeling wat 'n polisieman by die uitvoering van sy pligte ingevolge art 5 van die Polisiewet 7 van 1958 te goeder trou verrig het. (4) Dit volg dat ooreenkomstig regulasie 11(3) die las op die respondente gerus het om aan te toon dat Hough nie die skoot te goeder trou afgevuur het met die bedoeling om polisiepligte te verrig nie.
(Vir sover tans ter sake bepaal regulasie 11(3)
dat indien in 'n geding soos die onderhawige die vraag ontstaan of Hough te
goeder
trou opgetree het, vermoed word dat hy wel sulks gedoen het.)
Die
appellant se betoog gaan mank aan ooglopende gebreke. Ek noem slegs die
volgende. 'n Bevoegdheid is normaalweg slegs die keersy
van 'n
13 plig en
daar is geen denkbare rede nie waarom die Staatspresident die uitoefening van 'n
bevoegdheid, maar nie ook die uitvoering
van 'n plig nie, met die frase
"ingevolge hierdie regulasies" sou wou kwalifi-seer. In elk geval is dit
gebruiklik om wanneer drie
begrippe met 'n "en" of 'n "of" verbind word, 'n
komma tussen slegs die eerste en tweede begrippe aan te bring. Die komma waarop
die appellant steun is dus van geen betekenis nie by beantwoording van die vraag
welke optrede deur die meermaal genoemde frase gekwalifiseer
word. Ek meen
gevolglik dat én 'n pligsuitvoering én 'n bevoegdheidsuitoefening
én 'n verrigting van werksaamhede
"ingevolge hierdie regulasies" moet
geskied.
Insoverre regulasie 11(1) ook van toepassing gemaak is in 'n distrik
waarin daar nie 'n noodtoestand verklaar is nie ("'n buitedistrik")
bied
regulasie 11(1) nietemin vertolkingsprobleme. Dit is
14 naamlik nie maklik om
te begryp nie hoe bv die uitvoering van 'n plig volgens die regulasies - d w s
regulasies 1 tot 10 - kan
geskied in 'n buitedistrik waarin daardie regulasies
nie geld nie. Om die redes wat volg, veronderstel ek egter dat dit wel moontlik
is.
Weereens wat betref die toepassing van regulasie 11(1) in 'n
buitedistrik, sou 'n mens verwag dat die Staatspresident 'n verband sou
verg
tussen gevrywaarde optrede en die gelding van die noodtoestand in 'n distrik
("'n binnedistrik") waarin dit wel verklaar is.
So 'n verband, en ek sê
nie dit is die enigste een nie, word verskaf deur die vereiste aangaande die
bedoeling waarmee 'n handeling
verrig moet word. Die dader moet naamlik handel
met die bedoeling om (i) die veiligheid van die publiek, of (ii) die handhawing
van
die openbare orde of (iii) die beeindiging van die noodtoestand "in eniqe
gebied
15 waar die bestaan van 'n noodtoestand verklaar is", te
verseker, of "om met omstandighede te handel wat as gevolg van voornoemde
noodtoestand ontstaan het of waarskynlik sal ontstaan". (My aksentuering.)
Al drie bostaande begrippe word klaarblyklik gekwalifi-seer deur die
eerste
geaksentueerde sinsnede, terwyl die laaste gedeelte van die vereiste terugverwys
na omstandighede wat ontstaan het of waarskynlik
sal ontstaan vanweë die
gelding van die noodtoestand in 'n binnedistrik. Dit is dus duidelik dat die
bedoel-ing van die dader
gerig moet wees op voorkoming of bestryding van
toestande in of verbandhoudende met 'n binnedistrik. Spesifiek betreffende die
handhawing
van die openbare orde - en dit is al waarop die appellant in sy
verweerskrif gesteun het - moet 'n dader soos 'n polisieman derhalwe
bedoel om
deur sy handeling in 'n buitedistrik die openbare orde in 'n binnedistrik te
beveilig of te herstel. Dit sou die
16 geval wees indien die polisieman in 'n
buitedistrik meen - sy dit dan ook ten onregte - dat A na 'n binnedistrik op pad
is om die
inwoners daarvan tot onluste op te stook, en hy A dan in hegtenis neem
met die oogmerk om dit te verhoed en aldus die handhawing
van die openbare orde
in die binnedistrik te ver-seker.
In casu was daar egter geen verband
nie tussen die oogmerk waarmee die skoot afgevuur is en toestande in of
ontstaande uit 'n binnedistrik.
Hough het naamlik nooit bedoel om by te dra tot
die handhawing van die openbare orde in 'n binnedistrik nie. Hy het nie gedink
dat
die onluste in Pabalello na 'n binnedistrik sou oorspoel nie, en hoogstens
was sy oogmerk dus om die openbare orde in die betrokke
buitedistrik te
handhaaf. Gevolglik kon die appel-lant hom nie op die vrywaring vervat in
regulasie 11(1) beroep nie.
17 In die veronderstelling dat hierdie slotsom
bereik sou word, het die appellant se advokaat tereg toegegee dat die
appél
nie kan slaag nie. In beson-der is toegegee dat statutêre
regverdiging vir die verwonding van Desmond nie deur die appellant
bewys is
nie.
Die appél word afgewys met koste, insluit-ende dié van
twee advokate.
H J 0 VAN HEERDEN AR
GOLDSTONE AR
VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM
HARMS AR
NICHOLAS Wnd AR