South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 58
| Noteup
| LawCite
S v Thubakgale (165/93) [1994] ZASCA 58 (30 March 1994)
Download original files |
Saaknommer 165/93 /wlb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
KOOS THUBAKGALE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, F H GROSSKOPF ARR et OLIVIER WND AR
VERHOORDATUM: 21 Maart
1994 LEHERINGSDATUM: 30 Maart 1994
UITSPRAAK
OLIVIER WND AR/
2 OLIVIER WND AR
Appellant het as beskuldigde 3 saam met twee ander beskuldigdes in die
Streekhof te Pretoria op 'n aanklag van diefstal van 'n Mercedes
Benz-vragmotor
tereggestaan. Hy is skuldig bevind en tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy
appèl teen die skuldigbevinding
en vonnis is deur die Transvaalse
Provinsiale Afdeling (Van der Merwe en De Villiers RR) van die hand gewys en so
ook sy aansoek
vir verlof om na hierdie Hof in hoër beroep te kom. Verlof
is deur hierdie Hof aan hom verleen om slegs teen die skuldigbevinding
na
hierdie Hof te appelleer.
Die onbetwiste feite is dat die betrokke Mercedes
Benz 1113 vragmotor, 'n nuwe een met 'n waarde van ongeveer R125 000,00, die
eiendom
van Naledi Motors was, en op die perseel van Poole Industries te Rosslyn
sedert 28 September 1989 geparkeer was om van 'n bak voorsien
te word. Dit is in
die aand of nag van Sondag, 19 November 1989 uit die besit van Poole Industries
gesteel. 'n Gat is in die
3 veiligheidsomheining geknip, die vragmotor is daardeur gery
tot in die aangrensende perseel, en vandaar deur die
veiligheidshek van laasgemelde perseel, wat ook oopgebreek
is. Om twaalfuur daardie Sondagnag word die vragmotor in
die omgewing van die Fonteine, Pretoria, deur Cherry
Mohlakoana, wat in die streekhof beskuldigde 2 was, aan 'n
mev Eloff gelewer, terwyl appellant teenwoordig was. Sy,
vergesel van 'n mev Cilliers, neem die vragmotor terstond
na die dorp Stella, waar sy dit aan 'n motorhandelaar,
Scholtz, probeer verkoop het. Sy is daar gearresteer en 'n
polisielokval is in werking gestel. Sy het met beskuldigde
2 telefonies gereël om betaling van die vragmotor aan hom
te laat geskied die volgende aand, Dinsdag, 21 November
1989, om 20:00 en op dieselfde plek waar die vragmotor aan
haar gelewer was. Daar is beskuldigde 2 en appellant
gearresteer. Hulle
het die volgende dag beskuldigde 1,
Alfrec Ramaroka, wat 'n sweiser in diens
van Poole
Industries was, as die persoon wat die voertuig gesteel
het,
gaan uitken. Die onbetwiste getuienis was voorts dat
4 die sekuriteitsbeheer
op die persele van Poole Industries
nie baie goed was nie en dat 'n werknemer soos beskuldigde
1 met gemak vanaf sy werkplek by die plek waar die
vragmotor geparkeer
was, kon kom. Daar was geen
lisensietekens of nommerplate aan die vragmotor
nie. Ook
is 'n sleutel nie nodig om die enjin daarvan aan die gang
te kry nie.
Die kern van mev Eloff se getuienis is dat sy die
telefoonnommer van beskuldigde 2 by ene Jerry in die hande
gekry het,
nadat sy laasgemelde meegedeel het dat sy en mev
Cilliers 'n
bemarkingsvennootskap begin het om in enigiets
wat beskikbaar is, handel te
dryf. Sy het beskuldigde 2
geskakel en hy het haar meegedeel dat hy 'n
vragmotor het
om te verkoop; hy het haar al die besonderhede
daarvan
gegee. Hulle het 'n afspraak gereël en hy het die
betrokke
Mercedes Benz-vragmotor na die Fonteine gebring, soos
reeds
vermeld. Beskuldigde 2 het die vragmotor bestuur;
appellant het hom
in 'n Cortina-bakkie vergesel. Dit was
beskuldigde 2, volgens haar, wat die
onderhandelinge gevoer
5 het: hy het die prys van R60 000,00 genoem; hy
het
toestemming verleen dat sy die vragmotor mag neem sonder
betaling en dat
sy sou betaal nadat sy dit verkoop het; hy
het drie dokumente van die
vragmotor aan haar oorhandig -
sy meen dit was o.a. 'n registrasie- en 'n
corplasing-
sertifikaat. Dit is beskuldigde 2 wat haar wys hoe om
die
masjien aan die gang te kry met 'n draadsleutel. Dit is
met
beskuldigde 2 wat sy vanaf Vryburg 'n afspraak gereël
het vir betaling.
Sy was onder die indruk dat die
vragmotor aan beskuldigde 2 behoort het;
volgens haar het
hy nooit gesê dat dit die eiendom van 'n ander persoon
is
nie. Volgens haar het appellant nooit 'n woord met haar
gepraat nie en
het hy ook niks met die vragmotor te doen
gehad nie. Toe betaling by die
Fcnteine sou geskied, is
dit beskuldigde 2 wat uit die motor geklim het en na
haar
aangestap gekom het.
Volgens adjudant-ofcisier Vermeulon, die
ondersoekbeampte, was dit beskulcigde 2 wat beskuldigde 1
op die persele van Poole Incustries as die dief uitgewys
6 het, hoewel
appellant ook teenwoordig was. Dit was ook
beskuldigde 2 wat na die arrestasie van homself en
appellant gesê het dat hy 'n derde persoon sal uitwys "wat
die
werklike transaksie aangegaan het"; hy sou ook sy
woning gaan uitwys. Dit was
ook beskuldigde 2 wat die dag
na die arrestasie van homself en appellant aan Vermeulen
gesê het dat hy, die ondersoekbeampte, tog nie in die klein
vissies belangstel nie; hy sal hom die groot vis - die een
wat die trok
gesteel het en na hom gebring het - gaan
uitwys.
Beskuldigde 1 se weergawe is dat hy hoegenaamd
nie aandadig was nie; hy het al voorheen vir appellant
gesien as hy vir sy
neef, wat ook by Poole Industries werk,
kcm kuier; hy ken beskuldigde 2
gladnie. Hy het nie die
vragrr.ocor verwyder of dit aan eniceen van hulle
gelewer
nie. Hy het nooit die getuie Tokela Thamane by appellant
se huis
ontmoet nie en hy en Thamane is nie saam in die
vragmotor na beskuldigde 2 se
woning, waar appellant ook
was, nie.
7 Beskuldigde 2 se weergawe was dat appellant hom
genader het om behulpsaam te wees om 'n koper vir die
betrokke vragmotor
namens beskuldigde 1 te vind. Appellant
het vermeld dat beskuldigde 1 die
dokumente van die vrag-
motor het; hy het ook aan beskuldigde 2 die
versekering
gegee dat daar nie "moeilikheid" met die transaksie is
nie.
Twee dae na hierdie gesprek ontvang beskuldigde 2 'n oproep
van mev
Eloff wat so 'n vragmotor soek. Hulle het reëlings
getref dat hy die
vragmotor op Maandag, 21 November aan
haar sal lewer. Die Sondagaand, egter,
het appellant by sy
huis kom kuier. Teen ongeveer 21:00 hoor hulle 'n
vrag-
motor stilhou. Tokela Thamane kom klop aan. Beskuldigde
2 het
Thamane geken, want hy loseer by appellant. Thamane
sê dat daar 'n
persoon met die vragmotor is, hy soek vir
appellant. Seskuldigóe 2
gaan saam met appellant na buite
en word deur laasgenoemde aan die persoon
met die vrag-
motor, beskuldigde 1, voorgestel. Hy, beskuldigde 2,
kontak
toe mev ElofE telefonies en reël om die vragmotor om
24:00 dieselfce nag aan haar by die Fonteine te oorhandig.
8 Appellant het
eers vir beskuldigde 1 na laasgenoemde se
huis geneem en toe teruggekeer. Beskuldigde 2 het die
vragmotor na die
Fonteine bestuur en appellant het met sy
motor gevolg. Beskuldigde 1 het die
vragmotor se dokumente
in die paneelkissie aan hom, beskuldigde 2, getoon.
Hy
getuig oor die lewering van die vragmotor en die latere
gepoogde
ontvangs van die koopprys soos wat mev Zioff
getuig het, maar met dié
verskil dat hy sê dat dit
appellant is wat die prys van R50 000,00
genoem het en wat
gesê het dat sy maar die vragmotor kan neem en later
kan
betaal.
Onder kruisverhoor het beskuldigde 2 erken dat hy geweet het
óat die vragmotor gesteel is en dat hy saamgewerk het om 'n gesteelde
vragmotor te verkoop.
Appellant se weergawe was dat beskuldigde 1 goed aan
hom bekend is en by geleentheid by hom kom drink. Op 'n stadium het beskuldigde
1 hom genader, gesê dat hy 'n Mercedes Benz-vragmotor het om te verkoop en
gesê hy moet 'n koper daarvoor soek. 'n Tyd
later herhaal beskuldigde
9 1 dié versoek en appellant stem in om 'n koper te help
soek. Hy skakel vir beskuldigde 2 en sê dat beskuldigde 1
'n Mercedes Benz vragmotor het om te verkoop. Hy het ook
vir beskuldigde 2
gaan sien en hom verseker dat volgens
beskuldigde 1 dit laasgenoemde se
vragmotor is en dat die
papiere in orde is.
Daarna het beskuldigde 2
appellant gebel en gesê daar is 'n koper; appellant kontak beskuldigde 1
wat sê dat hy die vragmotor
te enige tyd kan gaan haal. Appellant bel
beskuldigde 2 en sê dat die vragmotor enige tyd gelewer kan word. Dit word
inderdaad
gelewer deur beskuldigde 1, vergesel van Thamane, by beskuldigde 2 se
huis.
Appellant se weergawe is daarna in ooreenstemming met dié van
beskuldigde 2, met die verskil dat hy voet by stuk hou dat hy
nie geweet het wat
die prys van die vragmotor is nie; dit nooit met mev Eloff bespreek het nie en
gladnie net die verkoopsreëlings
betrokke was nie. Hy het by die eerste
geleentheid bloot saamgegaan om beskuldigde 2, nadat die vragmotor gelewer is,
met sy
10 motorvoertuig terug te bring na laasgenoemde se huis. Die
tweede keer ry hy weer saam want beskuldigde 2 het sy,
appellant, se
voertuig gebruik. Hy het nooit 'n voordeel
vir homself beding nie en
beskuldigdes 1 en 2 sou besluit
het of hulle vir hom iets sal gee. Hy het nie
geweet dat
beskuldigde 1 geen magtiging het om die vragmotor te
verkoop nie.
Die kern van appellant se getuienis was dat hy te goeder trou
was; dat hy nie geweet het dat die voertuig gesteel is nie en geen beheer
oor
die transaksie of die voertuig gehad het nie.
In die loop van sy kruisverhoor is die inhoud van
'n waarskuwingsverklaring wat appellant aan die ondersoek-
beampte
afgelê het, aan hom gestel. In die verklaring het
appellant die
volgende gesê:
"Hy (beskuldigde 1) het vir my gesê dat hy 'n Mercedes Benz trok by sy werksplek te Rosslyn kan vat en dat ek hom moet help om dit te verkoop."
(My onderstreping.)
Appellant het ontken dat hy dit gesê het.
11 Volgens hom het beskuldigde 1 slegs gesê dat hy 'n Mercedes
Benz-vragmotor daar by sy werk het en dat appellant hom
moet help om dit te verkoop.
Ten spyte van hierdie en weer latere volhardende ontkenning deur appellant
dat die verklaring korrek is, het die aanklaer op 'n onbillike
wyse probeer
voorgee dat appellant sy getuienis verander deur soms voor te gee dat die
verklaring korrek is en dit dan weer te ontken.
Spesifiek oor die inkriminerende
gedeelte wat hierbo aan-gehaal is, het die aanklaer aan appellant gestel dat hy
homself weerspreek
en dat hy bevestig het dat beskuldigde 1 wel gesê het
dat daar 'n vragmotor is by sy werksplek wat hy kan vat. Appellant het
nogmaals ontken dat hy dit gesê het. Nie alleen is die stellings van die
aanklaer direk strydig met wat appellant
gesê het nie, maar die Staat het
geen getuie geroep om die stellings van appellant te weerlê nie.
Die
getuie Tokela Thamane het getuig dat beskuldigde 1 op die betrokke Sondag by
appellant se woning
12 opgedaag het met die vragmotor. Hy vergesel beskuldigde 1
in die vragmotor na beskuldigde 2 se woning, waar
laasgenoemde en appellant aangetref is. Volgens hom het
beskuldigde 1 ook aan hom gesê om hom na beskuldigde 2 te
neem. Thamane het per voet na appellant se huis
teruggekeer en speel geen verdere rol in die gebeure nie.
In sy uitspraak het die landdros die getuienis van mev Eloff en
adjudant-offisier Vermeulen aanvaar.
Ten aansien van beskuldigde 1 verklaar
die landdros dat "veral wat beskuldigde 1 aanbetref, indien sy weergawe net
redelik moontlik
waar is, hy geregtig sal wees op die voordeel van die twyfel."
Dit is opvallend dat die landdros hierdie stelling so pertinent van
toepassing
maak op beskuldigde 1 , en dit nie herhaal wanneer dit by 'n
kom nie. Keer opvallend nog, is dat die landdros hom die voordeel van die
twyfel gee bloot cmdat hy hom slegs op 'n minder belangrike
aspek weerspreek het
en betreklik goed in die getuiebank vertoon het en die indruk van 'n
13
geloofwaardige getuie geskep het. Daar was geen poging om
die getuienis van beskuldigde 1 teenoor die van die ander
getuies of die
algemene waarskynlikhede op te weeg nie.
Die landdros meen dat daar in appellant se
weergawe inherente onwaarskynlikhede is. Dit sê die
landdros eerstens op grond daarvan dat nadat beskuldigde 1
vir appellant
(op laasgenoemde se weergawe) sou versoek het
om 'n koper te soek en
appellant beskuldigde 2 nader,
appellant nie eers geweet het wat se tipe vragmotor dit is
nie. In hierdie opsig het die landdros homself
wanvoorgelig, want
appellant het inderdaad by verskeie
geleenthede getuig dat beskuldigde 1 hom
pertinent
meegedeel het dat dit 'n Mercedes Benz-vragmotor is. Hy
het dit
aan beskuldigde 2 oorgedra. Dit moes so gewees
het, want die getuienis van
mev Eloff, wat deur die
landdros aanvaar is, was dat beskuldigde 2, toe hy
haar die
eerste keer gebel het, reeds gesê het dat dit 'n
Mercedes
Benz is. Hierdie inligting kon beskuldigde 2 inmers slegs
van
appellant op daardie stadium gekry het. Verre daarvan
14 dat appellant se
getuienis op hierdie punt vir kritiek
vatbaar is, is daar stawing daarvoor uit die mond van 'n
getuie wat die landdros as geloofwaardig aanvaar het.
Die landdros het tweedens bevind dat appellant se weergawe dat "hy maar elke
slag bloot toevallig op die toneel was" vreemd is. Feit
is dat appellant nie
"bloot toevallig" op die toneel was nie, maar 'n logiese verduideliking gegee
het, nl dat hy, met sy motor,
vir beskuldigde 2 vanaf die leweringstoneel sou
terugvervoer en dat beskuldigde 2 dit benodig het om later na die plek van
betaling
te gaan. Dit is nie vreemd dat appellant hom sou vergesel
nie.
Derdens bevind die landdros dat appellant homself weerspreek het. Die
weerspreking sou daarin geleë wees dat hy in sy getuienis
dat hy by sy eie
huis vir beskuldigde 1 gevra het waar die vragmotor is terwyl hy onder
kruisverhoor gesê hel dat hy die Saterdagaand
na beskuldigde 1 se huis
gegaan het om reëlings te tref vir die aflewering daarvan. Die landdros het
egter die
15 getuienis verkeerd verstaan, want appellant het oor twee
verskillende geleenthede getuig. Daar is geen weerspreking
in dit wat hy gesê het oor sy eerste gesprekke met
beskuldigde 1 oor die vragmotor en die latere
leweringsreëlings nie.
Vervolgens verwys die landdros na die
reedsvermelde verklaring van appellant. Die landdros gebruik die verklaring vir
'n bevinding
dat appellant ongeloofwaardig is, omdat dit uit die verklaring blyk
dat appellant geweet het dat die vragmotor 'n Mercedes Benz is,
wat, volgens die
landdros "... hoegenaamd weer nie strook met sy latere weergawe dat hy nie eens
geweet het wat se vragmotor dit
oor gaan, en waar dit vandaan kom nie." Soos
reeds aangetoon, is hierdie bevinding op 'n wanvoorligting gebaseer, aangesien
appellant
van meet af aan, aan beskuldigde 2 oorgedra het dat dit 'n Mercedes
Benz-vragmotor is en dat dit van beskuldigde 1 afkomstig is.
Ten slotte
bevind die landdros ook dat appellant hom "ooglopend" gaandeweg al verder en
verder van die feite
16 van die saak probeer discansieer het en in die proses
nie
as getuie beïndruk nie. Ek meen dat 'n analise van die
rekord nie
gemelde gevolgtrekkings regverdig nie.
Appellant het voet by stuk gehou wat
sy weergawe betref en
ek kon geen aanknopingspunte vind vir 'n verwyt dat
hy
opgetree het socs wat die landdros bevind het nie.
Die landdros het cok die getuienis van Tokela
Thamane verwerp. Dit is gedoen, eerstens, weens sy houding
in die getuiebank wat die landdros nie beïndruk het nie.
Die landdros plaas nie op rekord wat hierdie houding sou
wees nie. Uit die
rekord blyk nie 'n bepaalde gesindheid
of verwytbare optrede van die getuie
nie. Mat wel blyk is
dat die landdros, terwyl appellant getuig het en laat
blyk
het dat hy Thamane as getuie gaan roep, vrae aan appellant
gestel het wat
eerder ven 'n aanklaer verwag sou word. Hy
het naamlik vir appellant in
detail begin uitvra oor die
bewegings van Thamane toe Thamane en beskuldigde
1 die
vragmotor na beskuldigde 2 se huis gebring het - vrae wat
alleen
maar daarop gerig kan wees om 'n basis te lê vir
17 indringence kruisverhoor van Thamane.
Die landdros verwerp Thamane se getuienis voorts op grond daarvan dat hy
homself weerspreek het. Dit gaan daaroor dat Thamane aanvanklik,
reg aan die
begin van sy getuienis, gesê het dat hy niks van die betrokke vragmotor
weet nie, terwyl sy getuienis juis is dat
beskuldigde 1 met die vragmotor by
appellant se huis opgedaag het en dat hulle met die vragmotor saam na
beskuldigde 2 se woning
is. Ek meen dat die landdros 'n onbillike interpretasie
plaas op Thamane se aanvanklike antwoord. Hat hy klaarblyklik bedoel het
om te
sê is dat hy geen skuldige kennis van die vragmotor het nie; dat hy nie
van enige misdryf ten opsigte daarvan weet nie.
Dit blyk immers uit die
onmiddellik opvolgende antwoorde wat hy gegee het.
Die landros bevind
beskuldigde 2 en appellant se getuienis as leuenagtig verwerp moet word, ook op
algemene waarskynlikhede: waarom
sou hulle, wat beskuldigde 1 maar net wou help
om 'n koper te vind, self die vragmotor gaan aflewer on reel vir ontvangs van
die
18 geld, terwyl hulle nie enigsins 'n idee het wat hulle uit
die transaksie sou kry nie. Hulle verduideliking dat
beskuldigde 1 met die
lewering nie wou saamgaan nie omdat
hy onder die invloed van drank was, word
as 'n flou
verskoning verwerp. Ook die feit dat beskuldigde 1 eers
die
volgende oggend deur hulle as sondebok uitgewys is, is
vir die landdros
aanduidend van leuenagtigheid en 'n
fabrikasie.
Ek meen dat gemelde afleidings nie deur die
gegewe feite regverdigbaar is nie. Die verwerping van die
verduideliking
waarom beskuldigde 1 nie deelgeneem het aan
die aflewering van die vragmotor
nie, nl dat hy onder die
invloed van drank was, berus deels op 'n verwerping van
Thamane se
getuienis en deels op 'n waarskynlikheids-
cordeel. Na my mening het die
landdros in beide opsigte
gefouteer.
Die landdros se eindbevinding, dat beskuldigde 2 en appellant op die waarskynlikhede aandadig was om die
19 vragmotor by Poole Industries te gaan haal en dat
beskuldigde 1 nie betrokke was nie, is myns insiens nóg
deur die
getuienis, behoorlik geëvalueer, nóg deur die
waarskynlikhede
geregverdig.
Die oorblywende en moeilike vraag is dan of, indien die landdros se bevindinge nie gehandhaaf kan word nie, daar uit die rekord genoegsame aanduidings is wat 'n skuldigbevinding, gesien die vereiste bewysmaatstaf, kan regverdig.
Ek meen dat hierdie vraag ontkennend beantwoord moet word. Hoewel daar 'n suspisie mag wees dat appellant se rol nie so onskuldig mag wees as wat hy voorgee nie, kan
diefstal en verkoping tot so 'n mate vereenselwig het dat hy as dader of
medepligtige aangemerk kan word nie. Die redelike moontlikheid
dat hy inderdaad
niks meer gedoen het as om as tussenman tussen beskuldigdes 1 en 2 op te
tree
20 sonder skuldige kennis, kan nie uitgesluit word nie. Ky
het immers nie 'n aktiewe rol gespeel of beheer oor die
vragmotor geneem
of die transaksie beklink nie. Daar is
geen gronde waarop sy getuienis, dat
dit beskuldigde 2 was
wat die prys gemaak het teenoor mev Eloff, verwerp kan
word
nie, te meer waar hy deur haar getuienis, wat die landdros
aanvaar het, gestaaf word. Dieselfde geld wat betref die
aangaan van die ooreenkoms dat mev Eloff die vragmotor mag
wegneem sonder
gelyktydige betaling. Haar getuienis is dat
dié ooreenkoms met
beskuldigde 2 aangegaan is. Selfs oor
die vraag of appellant geweet het dat
beskuldigde 1 die
vragmotor sou steel, behoort daar 'n redelike twyfel te
bestaan. Die
enigste aanduidings van sodanige kennis kom
uit die waarskuwingsverklaring waarin hy sou gesê het
dat
beskuldigde aan hom gesê het daar is 'n vragmotor wat hy
kan
vat. Maar appellant het dié verklaring betwis en die
Staat het nie
die korrektheid daarvan probeer bewys nie.
Dit wil voorkom asof verkeerde
afleidings uit hierdie
verklaring bygedra het, ten onregte, tot die
bevindinge van
21 die landdros en die hof a quo.
Bygevolg slaag die appèl. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
P J J OLIVIER Waarnemende Appèlregter
BOTHA AR ]
] STEM SAAM F H GROSSKOPF AR]