South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 59
| Noteup
| LawCite
S v Wepener (211/92) [1994] ZASCA 59 (30 March 1994)
Download original files |
Saaknommer 211/92 /wlb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
LOURENS HENDRY WEPENER Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: F H GROSSKOPF, NIENABER ARR et OLIVIER HND AR VERHOORDATUM: 10 Maart 1994 LEWERINGSDATUM: 30 Maart 1994
UITSPRAAK
OLIVIER WND AR/
2
OLIVIER WND AR
Appellant is op 13 Julie 1990 in die landdroshof te Pietersburg uit hoofde
van 'n pleit van skuldig op 'n aanklag van onsedelike aanranding
skuldig bevind.
Hy het erken dat hy by twee geleenthede sy sewejarige stief-dogtertjie onsedelik
betas het. Hy is op 3 September
1990 tot twaalf maande gevangenisstraf gevonnis.
Op 4 Maart 1991 is sy appèl teen die vonnis deur die Transvaalse
Provinsiale
Afdeling van die hand gewys. Appellant appelleer met verlof van
hierdie Hof.
Uit 'n erkenning van appellant by die verhoor blyk dat hy die
dogter by twee geleenthede betas het. Sy het, volgens hom, eike keer
geslaap,
maar by die eerste betasting het sy wel wakker geword. Geen ander getuienis ten
opsigte van die misdryf self is voorgelê
nie.
Ten tyde van die
skuldigbevinding was appellant 35 jaar oud. Dit was sy eerste oortreding. Hy is
'n produksiebestuurder wat R2 500,00
per maand verdien. Hy is
3 getroud met
die moeder van die dogter.
Die hof het 'n proefbeampteverslag aangevra hoofsaaklik oor die toestand van
die slagoffer en nie soseer oor die omstandighede van
die appellant nie. 'n
"Psigososiale" verslag opgestel deur 'n proefbeampte, die kantoorhoof van die
Departement van Gesondheidsdienste
en Welsyn te Pietersburg, is voorgelê.
Hy het getuig en die verslag bevestig en ingehandig.
Appellant, wat nie deur
'n regsverteenwoordiger bygestaan is nie, het geen vrae aan die proefbeampte
gestel nie. Hy is hoofsaaklik
op grond van die inligting in die gemelde verslag
gevonnis.
In S v M 1991(1) SASV 91 (T) te 10le is die
volgende stelling gemaak:
"Die no;ve steun swaar op vakkundige hulp.
Sodanige steun verg dat die hulp objektief,
deurtastend en gemotiveerd moet wees. Uiteraard
verskil die werksmetode van geesteswetenskappe
onderling. Waar 'n vakkundige egter forensies optree,
dit wil sê met die oog op getuienis of verslaglewering
aan 'n geregshof, word dit van so 'n vakkundige verwag
om darem die feitebeoordelingsmetode van 'n geregshof
in gedagte te hou "
4 Die gemelde verslag voldoen nie aan die vereiste
standaard nie. Die fundamentele probleem is dat dit oor
kernaspekte vaag
en dubbelsinnig is en ook 'n onverdedig-
bare aanbeveling, te wete dat slegs
gevangenisstraf wat nie
opgeskort is nie die enigste gepaste vonnis vir
appellant
is, bevat. Die gevolg hiervan was dat die landdros, wat
swaar op die verslag gesteun het, afleidings gemaak het wat
moontlik en
selfs waarskynlik verkeerd is en 'n vonnis wat
onvanpas is, opgelê het.
Dit is voldoende om die ongelukkige gevolge
van die vaagheid en dubbelsinnigheid van die gemelde verslag met twee voorbeelde
te illustreer.
Eerstens: Die proefbeampte meld dat dit uit 'n skoolverslag
ten aansien van die dogtertjie duidelik is dat sy reeds op 'n vroeë
ouderdom met "emosionele problematiek" opgesaal was. Binne skoolverband was sy
stil, terug-getrokke, emosioneel afgetrokke, afknouerig
en moedswillig. Sy het
haarself teruggetrek. Uit die verslag van die kliniese sielkundige, sê hy,
blyk dat sy passief,
5 emosioneel labiel, gedepriveerd en afgestomp is. Die
kind
het 'n lae intellek en haar algemene toestand is bekommer-
niswaardig.
Haar prognose is te swak vir psigoterapie.
Die verslag van die proefbeampte
vervolg dan:
"Dit is dus duidelik dat hier te make is met 'n kind wat geskaad is vir die res van haar lewe, veral gesien dat 'n diagnose gemaak is dac haar prognose te swak is vir psigoterapie."
Nou is dit nie duidelik of die stelling,
dat die kind geskaad is vir die res van haar lewe, afkomstig is van die
sielkundige dan wel
van die proefbeampte nie. Maar wat ookal die geval is, dit
word nie gesê waardeur sy vir die res van haar lewe geskaad is nie
- net
so min as gesê word om welke rede sy met "emosionele problematiek"
opgesaal is, of waarom sy al die ander genoemde gedragspatrone
vertoon. Die
afleicinc kan egter verkeerdelik gemaak word dat dit alles aan appellant se
vergryp te wyte is.
Die proefbeampte voeg in sy evaluasie by dat daar by die
kind besliste simptome van die seksueel-gemolesteerde kind waargeneem word.
Dit
blyk geensins uit
6 die verslag dat hy 'n onderhoud met die kind self
gevoer
het nie. Nog minder blyk dit op grond waarvan hy kan sê
dat daar by
haar besliste simptome van die seksueel-
gemolesteerde kind voorkom. Voorts
is daar geen aanduiding
dat die dogter enige trauma weens appellant se
optrede
ervaar het nie.
Nie alleen het die landdros nagelaat om al die
genoemde onduidelikhede in die verslag op te klaar nie,
maar daaruit die
mees nadelige afleidings teen appellant
gemaak. So aanvaar hy dat weens
appellant se optrede die
dogter twee keer aan dieselfde traumatiese
ervaring
blootgestel is. Ook word klaarblyklik aanvaar dat die
dogter
weens appellant se optrede geestelike letsels
opgedoen het. Dit mag wees dat
'n behoorlike feite-
ondersoek uiteindelik gemelde afleidings sou kon
bevestig
het, maar op al die feite voor die landdros was
gemelde
afleidings nie geregverdig nie. Die dogter was immers by
beide
geleenthede aan die slaap; slegs eenmaal het sy
wakker geword. Daar is geen
direkte en getoetste getuienis
7 van 6f trauma óf geestelike letsels weens appellant se
optrede nie.
Tweedens: In die loop van die verslag meld die
proefbeampte dat hy 'n onderhoud met appellant se eggenote
gevoer het. Hy noem 'n aantal bewerings wat sy aan hom
gemaak het. Die verslag gaan dan voort:
"Die beskuldigde ontken dat hy enige seksueel afwykende gedragstendense openbaar en hou hy nogr steeds daarmee voi dat hy onskuldig is aan die huidige misdaad. Hy meid dat hy geen kennis dra van die oortreding nie. Aan die eenkant meld die beskuldigde dat hy nie 'n probleem het nie, maar aan die anderkant meid hy dat hy nie weet of hy dit gedoen net nie."
Die eerste probleem met hierdie stellings is dat
dit uit die verslag nie duidelik is of gemelde bewerings
van appellant dan
wel van sy eggenote afkomstig is nie.
Maar selfs al was dit van appellant
afkomstig, is dit
gladnie duidelik of gemelde ontkennings vóór
of ná
appellant se skuldigbevinding was nie. Die waarskynlikhede
is
sterk daarteen dat dit ná skuldigbevinding was, want
appellant het
immers reeds self skuldig gepleit. Latere
skuldontkennings sou sinneloos
wees.
8 Die proefbeampte het in sy evaluasie weer vermeld
dat appellant die misdaad ontken. Hierdie feit lei hom
daartoe om te verklaar dat daar nie tot 'n sinvolle
diagnostiese evaluasie van appellant gekom kan word nie -
inteendeel kan 'n behandelingsprogram nie binne die ope
gemeenskap uitgewerk word nie. Hy beveel onopgeskorte
gevangenisstraf aan.
Die landdros het die proefbeampte se stellings
klaarblyklik verstaan as sou appeilant ná skuldigbevinding aandadigheid
ontken
het. Hieruit lei die landdros af dat beskuldigde geen berou toon nie.
Trouens, die landdros verklaar uitdruklik dat hy nie veel waarde
heg aan die
feit dat appellant skuldig gepleit het nie, want hy ontken skuld teenoor sy
eggenote en die proefbeampte. Gevolglik word
die proefbeampte se aanbeveling van
onopgeskorte gevangenisstraf aanvaar.
Ek meen dat die landdros se afleiding
uit die verslag op gesigswaarde verkeerd is; ten minste moes hy die posisie
opgeklaar het voor
hy die genoemde afleiding
9 kon maak, al het die appellant, as leek, die verslag nie
aangeval nie.
Na my mening het die landdros dus twee mistas-tings begaan. Beide gaan tot die kern van die vonnis-oplegging.
Daar is ook aangevoer dat die landdros in elk geval by vonnisoplegging nie 'n
behoorlike diskresie uitgeoefen het nie. Blykbaar is
slegs gevangenisstraf
oorweeg. Weens die proefbeampte se verslag is opskorting of deels-opskorting as
ontoepaslik beskou. Geen ander
strafvorm is oorweeg nie - ten minste, die
landdros se redes vir vonnis toon geen blyke van sodanige oorweging nie.
Daarbenewens
is die vonnis buite verhouding met vonnisse wat in soortgelyke sake
deur hierdie en ander howe cpgelê is - sien bv S v S 1977(3)
SA 830 (A) en
S v B 1980(3) SA 846 (A).
Uit die oorkonde is dit voorts duidelik dat die
verhoorlanddros met 'n graad van morele verontwaardiging opgetree het. Hy het,
waarskynlik
verkeerdelik soos reeds
10 gemeld, dit die appellant verwyt dat hy geen berou getoon
het nie. Hy het, ook waarskynlik verkeerdelik, die
appellant verwyt van geestelike beskadiging van die
dogtertjie. Hy het verwys na die hoë voorkoms van
ontugsake in sy hof. Hy het op onreëlmatige wyse die
inhandiging deur die aanklaer van 'n skeurblad van die
SUNDAY TIMES, waarin op sensasionele wyse na die voorkoms
van onsedelike misdrywe in Pietersburg verwys word,
toegelaat. Die landdros het ook uit die blote feit dat die
appellant in die hof geen tekens van verwardheid, onsame-
hangendheid of onsekerheid vertoon het nie, afgelei dat hy
geen sielkundige probleme het nie. Afgesien daarvan dat
dié afleidings ongeregverdig is, moes die blote aard van
die
misdryf tog op die teenoorgestelde gedui het - vgl
S v D 1989(4; SA 709 (T).
Omdie gemelde redes kan die opgelegde vonnis nie
gehandhaaf word nie en moet dit tersyde gestel word.
Hiermee word die erns
van die misdryf geensins afgewater nie. Dit mag uiteindelik, na 'n
behoorlike
11 ondersoek en herbesinning, blyk dat gevangenisstraf, bes
moontlik opgeskort onder voorwaardes van die aard vermeld
in S v S supra en S v B supra, wel die aangewese straf-
maatreël
is.
Maar dit is ook moontlik dat 'n vorm van
korrektiewe toesig soos bedoel in art 276(1)(h) van die
Strafproseswet 51 van 1977 die aangewese vonnis is. Die
aard en doel van hierdie strafvorm is volledig behandel in
S v R 1993(1)
SA 476 (A). Dit is miskien weer nodig om te
beklemtoon dat korrektiewe toesig
nie 'n "ligte" strafvorm
is nie. Dit dien steeds 'n gevoelige straf toe wat so
saamgestel kan word dat dit vir die veroordeelde meer
beswaar as
korttermyn gevangenisstraf. (S v R supra te 488
I-J.) In beginsel en afhangende van die omstandighede van
die geval sou
dit in aanmerking kom by die oorweging van
straf vir enige vorm van misdaad.
Trouens, in S v Booysen
1993(1) SASV 698 (A) is 'n vonnis van twee jaar
gevangenisstraf,
opgelê vir 'n minder ernstige geval van
roof met verswarende
omstandighede, deur hierdie Hof
12 tersyde gestel en terugverwys na die
streekhof vir
oorweging van 'n vonnis van korrektiewe toesig. Sien ook
S v Sibuyi
1993(1) SASV 235 (A). Dit is egter besonder
vanpas in gevalle soos die
onderhawige waar rehabilitasie
van die veroordeelde en die gesin ten beste in
gesins-
verband kan plaasvind.
Toe die landdros die vonnis tans onder appêl
opgelê het (3 September 1990), het die vonnisopsie van
korrektiewe
toesig nog nie bestaan nie. Art 276(1)(h) is
eers in 1991 ingevoeg uit hoofde
van art 41(a) van Wet 122
van 1991. Gemelde artikel is met ingang 1 Oktober
1992 ook
vir Pietersburg in werking gestel. (Sien Proklamasie
115/1992 in Staatskoerant 14313 van 1 Oktober 1992.) Die
posisie is egter
dat met die tersydestelling van die
cpgelegde vonnis, daar van meet af aan
oor die vcnnis besin
moet word en dat die regterlike beampte alle
vonnisopsies
wat tans bestaan, kan en moet oorweeg. (Prokureur-
Generaal,
Noord-Kaap v Hart 1990(1) SA 49 (A); S v R supra
te 484J - 485H.) Dit beteken dat dit die landdros in die
13 onderhawige
geval vrystaan om, nadat die voorgeskrewe
prosedure nagekom is, korrektiewe toesig te oorweeg en
indien gepas, op te lê.
Hierdie Hof sou in 'n gepaste geval en as
die verslag van 'n proefbeampte soos vereis deur art 276A(1)(a) voor die
verhoorhof was,
self korrektiewe toesig kon oplê. In S v R supra is die
opgelegde vonnis tersyde gestel en is die aangeleentheid na die verhoorhof
terugverwys vir die oplegging van 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge art
276(1)(h). Dit kon gedoen word omdat die hof die
voordeel van 'n volledige
verslag gehad het en oortuig was dat korrektiewe toesig die geskikte strafvorm
is (te 489H). Die verslag
van die proefbeampte wat in die onderhawige geval voor
die landdros gedien het, verskaf om die redes genoem egter nie daardie feitelike
gegewens wat nodig is om 'n behoorlike diskresie uit te oefen en om toepaslike
voorwaardes vir die korrektiewe toesig te bepaal nie.
Haar daar geen sodanige
verslag bestaan nie, kan hierdie Hof geen oortuiging hê dat korrektiewe
vonnis die
14 aangewese strafvorm is of welke voorwaardes om op te lê
nie. Die aangewese weg is dus om die saak na die
verhoorhof terug te verwys vir die oorweging van 'n vonnis,
wat korrektiewe toesig insluit, en oplegging van 'n gepaste
vonnis. Die verslag soos vereis deur art 27GA(l)(a) moet
verkry word asook aile ander verslae wat nodig of nuttig
mag wees. Getuienis wat behulpsaam kan wees by die
vonnisoplegging moet aangehoor word.
Vonnis is reeds in September 1990
opgelê; dit mag wel wees dat bykans vier jaar sou verstryk het wanneer
hierdie aangeleentheid
weer voor die landdros dien en die nodige verslae verkry
is. Die lang tydsverloop en die invioed van die vonnis wat vir so 'n lang
tyd op
die appellant hangende is, is faktore wat terdeë in ag geneem moet word
wanneer vonnis opnuut corweeg word.
Die appêl slaag. Die opgelegde
vonnis word tersyde gestel. Die aangeleentheid word na dle verhoorhof
terugverwys om opnuut vonnis
op te lê nadat voldoen is aan die bepalings
van art 276A(l)(a) van die Strafproseswet 51
15 van 1977 en 'n verslag van 'n
proefbeampte of korrektiewe
beampte aangevra en verkry is en nadat alle verdere
relevante getuienis aangehoor is.
Waarnemende Appèlregter
F H GROSSKOPF AR ]
] STEM SAAM
NIENABER AR ]