South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 7
| Noteup
| LawCite
Minister van Wet en Orde v Maseko (386/92) [1994] ZASCA 7 (15 March 1994)
Download original files |
NIE VERSLAGWAARDIG NIE
Saaknommer 386/92
/wlb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE Appellant
en
SPENCER MASEKO Respondent
CORAM: BOTHA, F H GROSSKOPF ARR et OLIVIER WND AR
VERHOORDATUM: 1 Maart
1994 LEWERINGSDATUM: 15 Maart 1994
UITSPRAAK
OLIVIER WND AR/
2 OLIVIER WND AR
Hierdie is 'n appèl teen 'n beslissing van Botha R in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling waarin skadevergoeding en genoegdoening
ten bedrae van R176
112,00 en gedingskoste aan die respondent toegeken is. Die nodige verlof om na
hierdie Hof te appelleer is deur
die verhoorregter verleen.
In 'n neutedop
saamgevat, berus respondent se saak daarop dat hy, toentertyd 'n 18-jarige seun,
op 11 Mei 1985 om ongeveer 19:00 tot
19:30 en in Lekhulenistraat, KwaThema
woongebied, Springs, op onregmatige wyse deur 'n lid van die Suid-Afrikaanse
Polisie ("SAP")
met 'n haelgeweer in die gesig geskiet is. Hy het as gevolg
daarvan permanent die sig van beide oë verloor. Dit is aangevoer
dat
appellant middellik aanspreeklik is vir gemeide optrede van die lede van die
SAP. In die verweerskrif het appellant eerstens
respondent se feitelike
bewerings ontken en in die alternatief aangevoer dat indien bevind sou word dat
respondent op die genoemde
3 dag te KwaThema deur 'n lid van die SAP geskiet is,
sodanige optrede geregverdig en dus nie onregmatig was nie.
Appellant het gepleit dat daar op die betrokke dag en
ongeveer gedurende die tyd toe die respondent beseer is,
opstande en dade van brandstigting in KwaThema plaasgevind
hek en dat lede van die SAP in die omgewing van die
hostelle op groepe oproermakers met haelgewere gevuur het
terwyl hul bona fide gepoog het om die veiligheid van die
publiek en eiendom te beskerm en wet en orde te handhaaf.
Die implikasie is dat respondent in die omgewing van die
hostelle geskiet is. Die getuienis was dat die oproer by
die hosbelle om ongeveer 16:45 en weer om ongeveer 18:00
plaasgevind het.
Die kerneffek van die uitspraak van die hof a quo
was dab respondent op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys
hek dat hy, soos
hy beweer het, been ongeveer 19:00 tot
19:30 in Lekhulenistraat deur 'n lid van die SAP geskiet
is. Ten opsigte
van hierdie gebeure is geen regverdiging
deur die appellant aangevoer of
bewys nie. Derhalwe het
4 respondent in sy eis geslaag.
Appellant het nooit gepoog om te bewys dat daar enige regverdiging bestaan
vir die optrede van 'n lid van die SAP om respondent op
die genoemde datum en
tyd in Lekhulenistraat te verwond het nie. Die kernvraag in hierdie appèl
is derhalwe slegs of die hof
a quo tereg bevind het dat respondent hom van die
bewyslas gekwyt het om sy weergawe van die tyd en plek van die verwonding en
deur
wie dit gedoen is, te bewys.
Alvorens die meriete van die verhoorhof se
feitebevinding onder die loep geneem word, is dit nodig om 'n opmerking te maak
oor die
kwessie van die bewyslas. Op grond van een of twee uitlatings van die
verhoorregter, veral tydens die uitspraak waardeur verlof verleen
is om na
hierdie Hof te appelleer, het die advokaat vir appellant geargumenteer dat die
verhoorhof ten onregte 'n bewyslas op die
appellant geplaas het om te bewys dat
respondent nie op die genoemde tyd en te Lekhulenistraat geskiet is nie. Tereg
is aangevoer
dat die bewyslas op respondent gerus het
5 om elke bewering wat deel van sy skuldoorsaak vorm, te
bewys; daar is slegs 'n bewyslas op appellant om 'n
regverdigingsgrond, soos noodweer of noodtoestand te bewys,
volgens Mabaso v Felix 1981(3) SA 865 (A) te 874G tot 876F.
'n Ontleding van die hoofuitspraak van die verhoorregter
toon egter aan dat hy wel die bewyslas korrek gehanteer
het, die gemelde uitlatings ten spyt.
Die beoordeling van die verhoorhof se bevindinge
op die feite moet geskied binne die raamwerk van die
toepaslike beginsels wat al dikwels deur hierdie Hof
beklemtoon is. Veral moet voor oë gehou word dat in die
afwesigheid van 'n wanvoorligting, dit vermoed word dat die
verhoorhof se bevindinge korrek is. Om sodanige bevindinge
te verander, moet die hof van appèl oortuig wees dat die
verhoorhof fouteer het - 'n redelike twyfel is nie
genoegsaam nie. Dit is
onlangs weer deur hierdie Hof
bevestig dat gesien die voordele wat 'n
verhoorhof het om
die getuies persoonlik waar te neem, aan te hoor en
te
evalueer, 'n feitebevinding, in die afwesigheid van 'n
6 wanvoorligting, slegs in uitsonderlike omstandighede
omvergewerp sal word. (S v Francis 1991(1) SASV 198 (A) te
204d-e.)
In die onderhawige appèl is nie aangevoer dat die verhoorregter 'n wanvoorligting begaan het nie. Inderdaad getuig die uitspraak van 'n noukeurige opsomming van die getuienis en 'n versigtige en volledige evaluering daarvan. Appellant moes derhalwe hierdie Hof oortuig dat die evaluering en gevolgtrekking van die verhoorhof duidelik onhoudbaar is.
Die uitspraak word teen hierdie agtergrond in oënskou geneem.
Dit is
onbetwis dat die algemene onlussituasie wat ons land teen die middel van 1985
geteister het, ook op die dag van respondent
se beserings in KwaThema die toneel
oorheers het. Die getuienis toon dat 31 gevalle van onluste daardie dag in
KwaThema aangemeld
is. Vroegmiddag was daar 'n skynbegrafnis waartydens die
skare met gas verdryf is. Teen ongeveer 16:45 was daar 'n aanval van 'n
7 skare op die hostelle, waartydens die SAP skote op die
mense gevuur het. 'n Tweede aanval op die hostelle het
teen 18:00 plaasgevind. In die geledere van die
oproermakers was talle jeugdiges. Brandstigting en
klipgooiery het voorgekom, tot so 'n mate dat lede van die
SAP weer, met haelgewere, op die aanvallers moes skiet. In
die loop van die dag het lede van die veiligheidsmagte met
Casspirs rondbeweeg en was hul genoodsaak om kamoefleerdrag
te dra.
Dit is in hierdie situasie wat respondent hom
bevind het. Sy getuienis kom daarop neer dat hy en 'n
vriend, Vuzi (ook bekend as Owen) die genoemde begrafnis
bygewoon het.
Vandaar stap hulle na 'n ander vriend,
Zweli, se grootouers se huis. Op pad daarheen tref hulle
nog 'n ander
maat, Mike, aan. Hulle vind Zweli by sy
grootouers se huis. Hulle vertoef
daar tot ongeveer 16:00
waarna die viertal makkers na Zweli se ander
grootouers se
huis in Mailestraat stap. Daar vertoef hulle tot ongeveer
18:00, waarna al vier weer saamstap in die rigting van die
8 respondent se ouerhuis. Hul roete sou hul deur Lekhuleni-
straat neem.
Om van Mailestraat na Lekhulenistraat te stap
duur ongeveer 50 tot 55 minute. Op die roete vanaf Maile-
straat na Lekhulenistraat lê die KwaThema hostelle aan die
linkerkant en ongeveer halfpad tussen die vertrekpunt en
die eindpunt. 'n Direkte roete sou die viertal stappers
nie baie ver van die hostelle nie verbyneem. Respondent
getuig dat hulle nie baie ver van die hostelle verbygeloop
het nie, toe hulle hoor dat mense sê die polisie kom. Die
viertal het egter geen onluste waargeneem nie en bevind
hulself teen ongeveer 19:30 in Lekhulenistraat, waar hulle
in 'n noordelike rigting stap. Respondent kom 'n ouer
familielid en vriend van hom, Andries Maseko, teë. Hulle
wissel 'n
paar woorde en die viertal stap verder. Dit was
al redelik donker.
Lekhulenistraat vorm 'n T-aansluiting
met Shabangustraab. Toe hulle ongeveer
30 meter van die
interseksie was, sien respondent 'n geel SAP vangwa,
met
twee insittendes en twee polisiemanne agterop, wat van oos
9 na wes in Shabangustraat beweeg. Die polisieman in die
passasiersitplek was gewapen met 'n geweer waarvan die loop
by die venster uitgesteek het. Toe die vangwa in die
interseksie kom, is drie skote afgevuur uit die voertuig en
is respondent in die gesig en bolyf getref. Hy het op die
grond geval en is, terwyl hy baie pyn verduur het en erg
gebloei het, na die huis van ene Nomakwe, regoor die plek
waar hy geskiet is in Lekhulenistraat, geneem. Nomakwe is
'n lekepriester. Vandaar het Mike en Andries met laas-
genoemde se motor hom na die Oosrandse Hospitaal geneem.
Namens appellant is aangevoer dat die algemene
waarskynlikhede teen respondent se weergawe spreek. Waarom
sou lede van die SAP op vier jeugdiges, wat vreedsaam in
die straat loop, skiet? Hoewel daar geen feitelike
getuienis was dat respondent gedurende die onluste om
ongeveer 18:00 by
die hostel geskiet is nie, is namens
appellant aangevoer dat die algemene
waarskynlikhede
sodanige afleiding begunstig en dat appellant se
weergawe
onaanvaarbaar is.
10 Namens respondent is daarenteen aangevoer dat die
algemene waarskynlikhede minstens ewe sterk teen appellant
se weergawe spreek. Is dit nou enigsins aanvaarbaar dat
respondent, swaar en pynlik verwond en verblind, vanaf die
hostelle na Lekhulenistraat sou stap - 'n looptyd onder
normale omstandighede van ongeveer 25 - 30 minute?
Die direkte getuienis
wat respondent se weergawe steun, is diê van respondent self, Andries
Maseko, Mike Malaza en die genoemde
Nomakwe. Malaza is 'n direkte ooggetuie;
Maseko het in Lekhulenistraat met respondent gepraat 'n minuut of wat voor die
voorval en
hy het onmiddellik na die gebeure die erg beseerde respondent in
Nomakwe se huis aangetref. Nomakwe, die lekepriester, het bevestig
dat 'n
bloeiende en erg beseerde respondent teen ongeveer 19:00 in sy huis ingebring
is. Hy het nie geweerskote gehoor nie, maar
is doof in die een
oor.
Respondent, Malaza en Maseko se getuienis is by die verhoor en weer op
appêl gekritiseer oor onderlinge verskille. Die verhoorregter
het dit
alles in ag geneem
11
en, myns insiens, tereg bevind dat hul getuienis in hoofsaak ooreenstem en
geloofwaardig is. Die getuienis van Nomakwe is van besondere
belang want dit
verleen sterk steun aan die afleiding dat die verwonding van respondent naby sy
huis in Lekhulenistraat plaasgevind
het. Die enigste kritiek wat teen Nomakwe
ingebring was, is dat hy nie die geweerskote gehoor het nie. Sy verduideliking
van doofheid
is egter nooit as onwaar of ongeloofwaardig bewys nie. Sy getuienis
is ook na noukeurige oorweging deur die verhoorhof as geloofwaardig
aanvaar.
Respondent se getuienis is ook onder verdenking geplaas deur die
getuienis van Brown, 'n sielkundige wat juis vir respondent behandel
het. Hy
word deur respondent met agting bejeën. Volgens hom het respondent in Junie
1986 aan hom gesê dat hy deel was
van 'n groep jeugdiges wat die onluste
staan en aanskou het toe hy, as onskuldige toeskouer, deur die SAP raakgeskiet
is. Brown sê
dat hy respondent se huidige weergawe die eerste keer by die
verhoor gehoor het. Respondent het ontken dat hy gemelde
12 mededelings aan Brown gemaak het. Die verhoorregter het
Brown se getuienis versigtig oorweeg en hom 'n
indrukwekkende getuie gevind. Nogtans het die regter
bevind dat hy nie as feit kan bevind dat respondent die
gewraakte mededelings aan Brown gemaak het nie. Die
moontlikheid van misverstand, 'n geheue-fout, beïnvloeding
deur besprekings met derdes en gebrekkige kommunikasie kan
nie uitgesluit word nie. Na my mening kan daar nie met die
verhoorregter se gevolgtrekking fout gevind word nie.
Appellant se advokaat kon nie oortuigende redes op appèl
aanvoer waarom die verhoorregter op hierdie aspek
gekorrigeer moet word nie.
'n Laaste aanmerkbare aanval op respondent se
weergawe is gebaseer op die getuienis van adjudant-offisier
Kloppers, 'n
forensiese deskundige en ballistiese kenner.
Die kern van sy getuienis is dat
X-straal foto's wat van 'n
haelkorrel in respondent se arm geneem is, aantoon
dat dit
afkomstig is van 'n nr 1 haelpatroon. Op respondent se
eie
weergawe is hy op 'n afstand van ongeveer 36 meter geskiet.
13 Kloppers het aangevoer dat, op grond van toetse wat hy
uitgevoer het en die diepte van die penetrasie van die
genoemde haelkorrel in respondent se arm, dit onwaarskynlik
is dat hy op 'n afstand van 36 meter geskiet is. Dit is,
volgens hom, waarskynliker dat hy op 'n afstand van tussen
80 en 90 meter getref is.
Die verhoorregter het die getuienis van Kloppers
noukeurig oorweeg. Een van die oorwegings wat 'n rol
gespeel het by dié oorweging was die feit dat Kloppers nie
op wetenskaplike wyse die feit dat respondent redelike dik
klere aangehad het, verdiskonteer het nie. Nog 'n faktor
wat 'n vraagteken
skep, is dat daar geen werklike fisiese
toetse gedoen is om 'n korrelasie te bewys tussen die
penetrasie van
haelkorrels in die vel van 'n vark en in
leer, waarop Kloppers sy toetse
gedoen het, teenoor dié van
'n menslike liggaam nie. 'n Verdere punt van kritiek teen
Kloppers se
getuienis is dat daar geen bewys is dat die
toetse deur hom uitgevoer, met
dieselfde soort wapen en
ammunisie as waarmee respondent geskiet is, gedoen
is nie.
14 Tereg het die verhoorregter bevind dat Kloppers se
getuienis wel 'n waarskynlikheid opper, maar nie 'n
onmoontlikheid nie.
Van appellant se kant is geen getuienis aangevoer dat
dit onmoontlik was dat respondent teen ongeveer 19:30 op die betrokke aand in
Lekhulenistraat deur lede van die SAP geskiet kon gewees het nie. Trouens,
appellant se getuienis het juis aangetoon dat een geel
polisievangwa soos deur
respondent beskryf, te wete SAP 56672 B, uitgeteken is deur konstabel E Maseko
wat dit gebruik het tot 22:00
op die betrokke dag. Hy was vergesel van sersant
Modise. Nóg Maseko nóg Modise het getuig, wat ooglopend 'n leemte
in appellant se saak gelaat het. Dit is selfs, volgens die polisierekords,
moontlik dat ook 'n tweede polisie-vangwa daardie aand
in KwaThema gebruik
is.
'n Laaste klein gewiggie wat in die skaal geplaas moet word, is dat
volgens die polisierekords slegs nr 5 haelpatrone gedurende die
onlusbeheer by
die hostelle teen ongeveer 18:00 gebruik is. Dit is nie versoenbaar met die
15 nr 1 haelkorrel wat in respondent se arm gevind is nie.
Die waarskynlikhede, soos gebaseer op die bewese feite en die geloofwaardigheidsbevindinge van die verhoorregter, begunstig die respondent se weergawe. Die bevinding van die verhoorhof moet derhalwe gehandhaaf word.
Daar was geen appèl teen die toekenning van die reedsgenoemde bedrag
nie.
Toe die aksie ingestel is, was respondent 'n minderjarige. Sy vader,
Ephraim Maseko, het as eiser opgetree. In die loop van die verhoor
is kennis van
plaasvervanging gegee. Die tersaaklike aansoek is op appèl gedoen en is
nie geopponeer nie. Dit word toegestaan
met die gevolg dat Ephraim Maseko as
eiser vervang word deur die huidige respondent.
Die appèl word van die hand gewys met koste.
Waarnemende Appèregter
BOTHA AR ]
] STEM SAAM F H GROSSKOPF AR ]