South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 71
| Noteup
| LawCite
Twylight Funeral Home v Kiewiedo (588/1992) [1994] ZASCA 71 (23 May 1994)
Download original files |
LL Saak No 588/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
TWYLIGHT FUNERAL HOME Appellant
teen
LENA KIEWIEDO Respondent
HOF: VAN HEERDEN, KUMLEBEN ARR en OLIVIER Wnd AR
VERHOORDATUM: 6 MEI 1994
LEWERINGSDATUM: 23 MEI 1994
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2 Gedurende die oggend van 11 Julie 1987
het ene Bonters, 'n werknemer van die appellant, 'n lykswa tussen Bloemfontein
en Dealesville
bestuur. In die voertuig was drie passasiers. Die respondente het
voor langs Bonters gesit, en mevv Nelson en Block agter. Tussen
hulle was 'n kis
waarin die lyk van wyle mev Julies was. Haar begrafnisdiens sou die middag in
Douglas plaasvind.
Betreklik kort nadat die lykswa by 'n dam verby is, het
die insittendes 'n harde slag gehoor. Die rede was dat 'n agterband van die
voertuig gebars het. Dit het toe na die regterkant van die pad beweeg,
daarvandaan na die linkerkant, weer regs en weereens links
waarna dit omgeslaan
het. As gevolg daarvan het o a die respondente beserings opgedoen.
Voortspruitende uit bostaande het die respondente, bygestaan deur haar
eggenoot met wie sy in gemeenskap van goed getroud is, 'n aksie
vir
3
skadevergoeding in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen die appellant
ingestel. Die enigste bewerings in die besonderhede
van haar vordering wat vir
huidige doeleindes ter sake is, was dat die ongeluk te wyte was aan die
nalatigheid van Bonters en dat
hy die lykswa bestuur het binne die omvang van sy
diensbevoegdhede as werknemer van die appellant. Hierdie bewerings is ontken
deur
die appellant, 'n firma wat in Bloemfontein sake doen as 'n
begrafnis-ondernemer en waarvan mnr Twayie die eienaar is. Die
appellant het
ook in die alternatief gesteun op
beweerde bydraende nalatigheid van die
respondente maar het nie met dié verweer volhard nie.
By die aanvang
van die verhoor is 'n bevel verleen waarvolgens alle geskilpunte, behalwe
dié wat op die omvang van die respondente
se skade betrekking gehad het,
eers besleg sou word. Na aanhoor van getuienis het die verhoorhof toe verklaar
dat die
4 appellant aanspreeklik was "vir sodanige skade as wat die eiseres
[die respondente] mag bewys wat voort-spruit uit die voorval wat
op 11 Julie
1987 plaasge-vind het en die bedrag van R25 000 oorskry". (Hierdie bedrag is die
som wat deur die respondente ingevolge
art 9(1)(a) van die
Motorvoertuigongelukke-wet 84 van 1986 van 'n versekeringsmaatskappy as benoemde
agent gevorder kon word.) Hierna
het die verhoorhof (Wright R) aan die appellant
verlof ver-leen om teen die verklarende bevel na hierdie hof te
appelleer.
Dit is dienstig om eers te let op die vraag of die respondente
bewys het dat Bonters oorsaaklik nalatig was. Sy getuig dat net nadat
die lykswa
by die genoemde dam verby is, Bonters vir die passasiers gevra het: "Mense het
julle senuwees?" Hy het toe spoed vermeerder
en op 'n stadium het sy gesien dat
die spoednaald op 160 kpu lê. Net daarna het sy die
5 slag gehoor. Toe
die lykswa die tweede keer op die regterkant van die pad was, het mev Nelson
geskreeu: "Watch, daar kom 'n kar".
Bonters het weer na links geswenk en die
remme hard aangeslaan. Toe het die voertuig omgeslaan.
Mev Nelson beaam dat
kort nadat die lykswa by die dam verby is Bonters bogenoemde vraag gevra het.
Volgens haar het hy egter die volgende
byge-voeg: "Ons gaan nou ry, ons is
alreeds laat". Die voertuig het toe heelwat vinniger begin beweeg.
Haar
skatting van die spoed was 130 kpu. Toe die lykswa
die tweede keer na
regs geswenk het, het dit effens op die skouer van die pad oorgegaan. Sy sien
toe 'n motor van voor af in aantog
en hoewel dit nog 'n ent weg was, het sy vir
Bonters gesê dat hy daarvoor moes pasop. Sy het toe gevoel dat die remme
van die
lykswa hard getrap word. Net daarna was haar gewaar-wording dat die
lykswa "in die grond ingaan".
6 Bonters het ontken dat hy die vraag gevra het
of die opmerking gemaak het wat die respondente en mev Nelson aan hom toeskryf,
en
ook ontken dat hy ooit vinniger as 120 kpu gery het of dat hy rem getrap het.
Toe die lykswa die tweede keer op die regterkant van
die pad was, het hy 'n
motor sien aankom maar dit was nog te ver om 'n gevaar te skep. Hy kon toe weer
egalig na links swenk maar
die lykswa het nietemin omgeslaan. Die enigste rede
wat hy daarvoor kon verstrek, was dat die lykswa "skuins"
geloop het.
Mev Block het ook namens die appellant getuig. Die verhoorhof het haar getuienis in verband met die bestuur van die lykswa nie as van veel waarde beskou nie, en die appellant se advokaat het voor ons ook nie daarop gesteun nie. Ek laat dit dus ter syde.
As getuies het die respondente en mev
7 Nelson klaarblyklik vir Wright R beïndruk. Hy het voorts bevind dat
die waarskynlike hul weergawes onderskraag het, en gevolglik
het hy Bonters se
botsende weergawe verwerp. Kortom is bevind dat hy die lykswa teen 'n baie
vinnige spoed bestuur het, en dat hy
wel rem getrap het toe hy die tweede keer
na die linkerkant van die pad geswenk het. Aldus, na die mening van die
verhoorhof, het
hy nalatig bestuur en was dit die oorsaak van die ongeluk.
Op
appèl is bogenoemde geloofwaardigheids-bevindinge nie aangeveg nie. Wel
is betoog dat Bonters sonder sy toedoen in 'n skielike
krisis-situasie beland
het en dat hy daarna redelik opgetree het.
Ek kan nie akkoord gaan nie. Na my
mening weet 'n redelike bestuurder dat dit gevaarlik is om rem te trap wanneer
'n band van 'n voertuig
gebars het; des te meer indien die voertuig teen 'n
vinnige
8 spoed bestuur word. In casu is daar geen sprake dat voordat
die remme aangeslaan is die lykswa buite beheer was nie. Die pad was reguit, die
uitsig goed, die
swenkbewegings egalig en die aanslaan van remme was nie nodig
om 'n botsing met die aankomende motor te vermy nie. Daar was dus geen
rede vir
die trap van remme nie; iets wat volgens Bonters se wete die lykswa sou kon laat
omslaan. Die waarskynlikhede dui daarop
dat Bonters nie beheer oor die lykswa
sou verloor het indien hy nie rem getrap het nie, en gevolglik is daar nie fout
te vind nie
met die ver-
hoorhof se bevinding dat Bonters se nalatigheid die
ongeluk veroorsaak het.
Ek kom dan by die kwessie van die appellant
se middellike aanspreeklikheid. Die eerste - en
afhangende van die antwoord die beslissende - vraag
in hierdie verband is of Twayie ingestem het dat die
appellant vir die respondente en die ander dames
9 vervoer na die begrafnis sou verskaf.
Die respondente getuig dat sy op 8
Julie 1987 vir Twayie gevra het of "ons" na mev Julies se begrafnis kon "saamry"
en dat hy bevestigend
geant-woord het. Hy het egter bygevoeg dat sy later moes
kom seker maak dat alles nog in die haak was. Op 10 Julie is sy toe weer
na die
appellant se besigheids-plek waar Twayie bevestig het dat alles in orde was. Hy
het bygevoeg dat sy en haar metgesellinne
die volgende oggend om 7 uur by
bedoelde besigheidsplek
moes wees. Sy, mev Nelson en mev Block het hulle by
hierdie reëling gehou en hulle omstreeks 6.45 vm aangemeld. Hulle het toe in Twayie se kantoor gewag totdat hulle omstreeks 9 vm vertrek het. Totdat hulle by die lykswa gekom het, was sy onder die indruk dat hulle in 'n sogenaamde familiemotor sou reis. So 'n motor is by tye deur die appellant beskikbaar gestel vir die vervoer van naasbestaandes
10
na 'n begrafnis.
Mev Nelson se getuienis bied stawing vir die respondente
se weergawe. Sy sê dat die respon-dente haar meegedeel het dat
laasgenoemde
gereël het dat hulle na Douglas kon "saamry", en dat hulle om
7 uur die betrokke oggend by die appellant se besig-heidsplek
moes wees. Sy, die
respondente, en mev Block het toe betyds opgedaag maar moes tot 9 uur in Twayie
se kantoor wag. Daar is hulle
in Twayie se teenwoordigheid van koffie bedien.
Ook sy was onder
die indruk dat hulle in 'n familiemotor sou reis.
Die
appellant se getuienis vertel 'n ander verhaal. Twayie ontken dat die
respondente hom genader het en ontken ook dat die drie dames
die oggend van 11
Julie in sy kantoor was. Hy sê trouens dat hy hulle daardie oggend nooit
gesien het nie. Volgens hom is 'n
familiemotor nooit beskikbaar gestel wanneer
'n begrafnis buite Bloemfontein plaas-
11
gevind het nie. In sulke gevalle was naasbestaandes tot op 'n stadium wel in die lykswa vervoer. Betrek-lik kort voor die ongeluk het hy egter verneem dat 'n ander begrafnisondernemer probleme met 'n verseker-aar ondervind het nadat 'n lykswa in 'n ongeluk betrokke was. Hy het toe die appellant se bestuur-deres, mev Claasen, opdrag gegee dat geen van die appellant se bestuurders in die toekoms passasiers in 'n lykswa mog vervoer nie. Indien 'n bestuurder die verbod sou verontagsaam, sou hy summier ontslaan
word.
Mev Claasen staaf ten dele Twayie se getuienis aangaande die gee van die
opdrag. Sy sê egter dat Twayie in haar teenwoordigheid
die opdrag aan die
bestuurders, insluitende Bonters, gegee het. Sy sê ook dat die respondente
op 10 Julie kom navraag doen
het of sy die lyk van mev Julies na Douglas kon
vergesel. Mev Claasen het toe gesê dat slegs die
12 lykswa na Douglas
sou gaan en dat die respondente nie daarin kon reis nie. Dit het gelyk asof die
respon-dente ontevrede was en
sy het gesê dat sy met Twayie wou praat. Mev
Claasen het egter geweier om haar toegang tot sy kantoor te verleen.
Ten slotte sê mev Claasen dat ene Cholo op 11 Julie die betrokke lykswa na Douglas sou bestuur. Sy het eers na die ongeluk verneem dat Bonters by Cholo oorgeneem het.
Bonters en Cholo beaam dat Twayie in hul
teenwoordigheid bogenoemde opdrag gegee het. Bonters
sê ook dat hy
op 10 Julie gehoor het dat mev Claasen die respondente meedeel dat sy nie in die
lykswa kon reis nie. Hulle getuig
voorts dat toe hulle kort voor 8 vm op 11
Julie by die appellant se besigheids-plek opgedaag het, hulle die drie dames by
die hek
van die agterplaas aangetref het. Die respondente het gesê dat sy
met Bonters wou praat. Hy het haar
13 versoek om te wag, die gebou
binnegegaan, en na 'n ruk teruggekeer. Die respondente het hom eenkant toe
geroep en hom in effek
versoek dat sy en haar met-gesellinne in die lykswa na
Douglas kon ry. Uitein-delik het hy besluit om aan die versoek te voldoen.
Hy
het toe die sleutels van die lykswa by Cholo gekry en aan hom gesê dat hy
(Bonters) die lykswa sou bestuur. Later het hy
die drie dames op 'n
afge-spreekte plek aan die voorkant van die perseel opgelaai.
Bonters gee
twee redes vir sy inwilliging. Eerstens het hy die dames jammer gekry, en
tweedens het hy gemeen dat hy nader kennis sou
kon maak met mev Block op wie hy
'n oog gehad het.
Laastens moet gelet word op die getuienis van mev Block
wat, soos reeds genoem, namens die appellant getuig het. Sy getuig dat die
respondente vir haar gesê het dat vervoer beskikbaar was om die
14
begrafnis in Douglas by te woon. Die oggend van 10 Julie het die respondente
haar egter laat weet ("ons [kan] nie meer ry nie,
want die mense laat ons nie
toe nie". Omstreeks 4 nm het sy 'n verdere boodskap ontvang. Daarvolgens sou
hulle die volgende oggend
na Douglas vertrek. So het dit gekom dat die drie
dames die oggend van 11 Julie by die appellant se besigheidsplek opgedaag het.
Om 'n rede waarvan sy nie bewus is nie, het hulle na die agterplaas gegaan. Daar
het die respondente op twee geleenthede met
Bonters gepraat. Later het hulle
vanuit die agter-
plaas om 'n hoek na die voorkant van die perseel gestap en
daar in die lykswa geklim. Sy ontken dus dat hulle ooit in Twayie se kantoor
was.
Die verhoorhof het bevind dat die appellant se getuies, met uitsondering
van mev Claasen, 'n minder gunstige indruk gemaak het as
die respondente en mev
Nelson wat, soos reeds genoem, as baie goeie
15 getuies bestempel is. Na
oorweging van die waarskyn-likhede is voorts bevind dat Twayie wel toestemming
verleen het dat die dames
in die lykswa na Douglas kon reis. In die
veronderstelling dat sodanige toestemming nie verleen was nie, en dat Bonters in
stryd
met Twayie se opdrag opgetree het, is ten slotte gekonkludeer dat Bonters
in elk geval die drie dames binne die omvang van sy diensbevoegdhede
ver-voer
het.
Die appellant se advokaat het die respon-
dente se getuienis in 'n aantal opsigte gekritiseer.
Hierdie kritiek het
egter weinig om die lyf en betrek sekerlik nie die kern van haar getuienis nie.
Dit is dus nodig om op die waarskynlikhede
te let.
Aan die een kant is dit
vreemd dat waar Twayie redelik kort vantevore 'n verbod op die ver-voer van
passasiers in lykswaens geplaas
het, hy in effek toestemming verleen het dat die
respondente en
16 haar metgesellinne wel in die betrokke lykswa na Douglas
kon reis. Aan die ander kant is daar gewigtige oorwegings wat die respondente
se
weergawe begunstig. Eerstens is dit duidelik dat toe mevv Nelson en Block die
oggend na die appellant se besig-heidsperseel gegaan
het, hulle op grond van
mede-delings van die respondente vas onder die indruk was dat hulle na Douglas
vervoer sou word. Indien die
respondente geweet het dat sodanige reëlings
nie getref was nie - en dat mev Claasen inderdaad haar versoek afgewys het - is
dit hoogs onwaarskynlik dat sy nie die ander twee dames sou ingelig het nie en
hulle inteendeel onder 'n valse waan sou gelaat het.
Tweedens sou die
respondente nie geweet het wanneer die dames hul moes aanmeld indien Twayie dit
nie vir haar meegedeel het nie.
Sy sou dus nie geweet het of die lykswa reeds op
10 Julie of baie vroeg op 11 Julie sou vertrek, en dus ook nie of dit enige
sin
17 gehad het om op 11 Julie omstreeks 7 vm by die appel-lant se perseel
op te daag nie. Derdens het die respondente nie geweet wie
die lykswa sou
bestuur nie. Daar was dus nie 'n rede waarom sy Bonters om toestemming sou
genader het nie. Vierdens, indien Twayie
nie toestemming verleen het nie, kom sy
gebrek aan optrede teenoor Bonters vreemd voor. Onthou sal word dat toe Twayie
die meermaal
genoemde opdrag gegee het, hy gesê het dat 'n bestuurder wat
dit sou verontagsaam summier ontslaan sou word. Volgens
Bonters het Twayie
hom egter nie eens 'n ordentlike
skrobbering gegee nie. Twayie se
verduideliking vir sy versuim om Bonters te ontslaan laat ook veel te wense
oor.
Indien al bostaande oorwegings opgeweeg word, meen ek dat die verhoorhof
tereg bevind het dat die oorwig van waarskynlikhede die respondente
se weergawe
begunstig. Dit was tereg gemene saak dat
18 indien hierdie gevolgtrekking
bereik sou word die appellant wel middellik aanspreeklik was.
Die appêl word met koste afgewys.
H J 0 VAN HEERDEN AR
KUMLEBEN AR
STEM SAAM OLIVIER Wnd AR