South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 79
| Noteup
| LawCite
S v Taylor (205/1993) [1994] ZASCA 79 (27 May 1994)
Download original files |
LL Saak No 205/1993
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
LOUIS ENGO TAYLOR Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, F H GROSSKOPF ARR et NICHOLAS
Wnd AR
VERHOORDATUM: 5 MEI 1994 LEWERINGSDATUM: 27 MEI 1994
UITSPRAAK
BOTHA AR:-
2 Die appellant is in die streekhof, Johan-nesburg,
skuldig bevind op twee aanklagte van bedrog en op elke aanklag gevonnis tot 5
jaar gevangenis-straf. Die streeklanddros het gelas dat die twee vonnisse saam
uitgedien sou word. Die appellant het teen die vonnisse
geappelleer na die
Transvaalse Provinsiale Afdeling (die hof a quo). Die appél is van
die hand gewys. Voordat die appél in die hof a quo aangehoor is,
het die Staat kennis gegee dat die hof a quo versoek sou word om die
vonnisse te ver-swaar. Dit het die hof a quo gedoen, deur die land-dros
se bevel dat die vonnisse moet saamloop, te vervang deur 'n bevel dat 2 jaar van
die vonnis op die tweede
aanklag sal saamloop met die vonnis op die eerste
aanklag. Sodoende is die tydperk van die effektiewe gevangenisstraf wat die
appellant
moet ondergaan, verhoog van 5 jaar na 8 jaar. Die appel-lant is nou in
hoër beroep voor hierdie hof kragtens
3 verlof wat deur die hof a
quo toegestaan is.
In die uitspraak van die hof a quo, wat gelewer
is deur MARAIS R (MYNHARDT R het saamgestem), is daar bevind dat die landdros
met vonnisoplegging in een opsig misgetas
het. Ek stem nie saam met die
bevinding nie, en in soverre die hof a quo daarop staatgemaak het om teen
die vonnis van die landdros in te gryp, is ek van oordeel dat die ingryping nie
geregverdig was nie.
Om my beskouing te verduidelik, is dit onnodig om op al die
besonderhede van die oor-tredings in te gaan. Slegs enkele hooftrekke
hoef
vermeld te word.
Dit blyk uit die oorkonde dat die appellant met twee ander
persone saamgespan het om die bedrog te pleeg wat aanleiding gegee het
tot die
twee aan-klagte. Hulle is mnr A Suliman en mnr R A Abrahams. Suliman is die
appellant se skoonvader. Hy het aanvanklik as
beskuldigde 1 saam met die
appellant
4 tereggestaan op die twee aanklagte. Aan die begin van die verhoor
voor die landdros het beide Suliman en die appellant onskuldig
gepleit. In die
loop van die aanbieding van die Staat se saak, nadat 'n aantal getuies getuig
het, het die appellant sy pleit ver-ander
na skuldig. 'n Skeiding van die
verhoor is gelas, en die saak teen die appellant het voortge-gaan. Abrahams is
een van die getuies
wat getuig het voordat die appellant sy pleit verander het.
Hy was ' n klerk in die diens van die Standard Bank by die bank se kantoor
in
Randburg. In daardie kantoor setel die beheer van die bank se rekenaarstelsel.
Abrahams was een van die bank se rekenaar-operateurs.
Abrahams het getuig dat
die appellant hom oorreed het om deel te neem aan 'n skema om die bank te
bedrieg uit 'n bedrag van ongeveer
Rl,4 miljoen. In breë trekke het die
beplanning van die bedrog drie
5 stappe behels. Eers sou Suliman twee
rekeninge in sy naam by die bank open, die een by 'n tak in Johannes-burg en die
ander by 'n
tak in Pretoria. Daarna sou Abrahams deur middel van die rekenaar
geld tot die krediet van die rekeninge oorplaas. Die afgesproke
bedrae was R690
000,00 ten opsigte van die Johannes-burg-rekening en R740 000,00 ten opsigte van
die Pretoria-rekening. Ten slotte
sou Suliman dan sy opwagting by elke tak maak
en die oorgeplaaste geld onttrek.
Ter uitvoering van die komplot het Suliman
die twee rekeninge geopen, in elke geval by wyse van 'n deposito van Rl 000,00.
Abrahams
was met die uitvoering van sy deel van die optrede net gedeelte-lik
suksesvol. Toe hy die gegewens in die rekenaar ingevoer het om
R740 000,00 na
die Pretoria-tak oor te plaas, het hy 'n fout gemaak met Suliman se
rekeningnommer. Die tak kon nie en het nie die
geld
6 op die rekening
gekrediteer nie. Die gevolg was dat toe Suliman die geld gaan opvra het, hy
meegedeel is dat geen deposito op die
rekening ontvang is nie. Abrahams se
oorplasing van R690 000,00 na Suliman se Johannesburg-rekening was wel
suksesvol. Maar toe Suliman
daardie geld gaan opvra het, het die bank-amptenaar
met wie hy gepraat het, agterdogtig geraak en, onder die voorwendsel dat die
geld nog nie beskikbaar was nie, vir Suliman gevra om op die volgende dag terug
te kom. Die bank se interne ouditeur, mnr McQueen,
is ontbied en het ondersoek
ingestel en vasgestel dat daar geen fondse beskikbaar gemaak was vir die
oorplasing nie en dat dit dus
ongemagtig was. Toe Suliman weer sy opwagting by
die Johannesburg-tak maak, was die appellant saam met hom. McQueen het met hulle
gepraat, die polisie ontbied, en hulle is albei gearresteer.
Met vonnisoplegging het die landdros 'n
7
volledige uitspraak gelewer. In die loop daarvan het
hy opgemerk dat dit
moontlik gesê kan word dat
Suliman se invloed kon bygedra het daartoe dat die
appellant betrokke geraak het by die bedrogpleging.
Dit is hierdie
opmerking wat die hof a quo beskou het
as 'n mistasting. Die hof a quo se beskouing was
vasgeknoop aan 'n
stukkie van die getuienis wat
McQueen afgelê het. Hy het gesê dat
hy, na aanlei-
ding van gesprekke wat hy gevoer het met Abrahams,
Suliman en die appellant, die indruk gekry het dat
die appellant die
hoofbeplanner van die bedrog was
("the mastermind behind the whole thing"). Met
verwysing na hierdie
getuienis het MARAIS R die
volgende gesê:
"The appellant, it is clear, played the important role of finding a bank employee to assist and persuading him to betray his employers. The appellant gave the instructions and orders to that employee. The rather more minor role of opening the accounts which were to receive the money was played by accused 1. That,
8
as I have indicated, was a less demanding part than that played by the appellant and the probability must be that the conclusion of Mr McQueen that the appellant was the ringleader and mastermind, is correct.
In this regard I am of the view that the learned magistrate misdirected himself when he said:
'Aan die ander kant neem die hof ook in ag die feit dat dit moontlik gesê kan word dat jou skoonvader wat jou bygestaan het in hierdie misdryf en wat klaarblyklik 'n ouer persoon van oor die 50 jaar oud was, sy invloed tot 'n mate ook kon bygedra het dat jy betrokke geraak het by hierdie misdryf.'
There seems to me to be no basis for this finding which must have mitigated the sentence imposed upon the appellant."
Na my mening regverdig die getuienis nie
die bevinding dat die appellant waarskynlik die
"ringleader and mastermind" was nie. McQueen se
getuienis verskaf geen
grondslag daarvoor nie. Lees
'n mens die betrokke gedeelte van sy getuienis in die
oorkonde, dan is dit
duidelik dat hy nie voorgegee
9 het dat sy indruk van die rol wat die
appellant gespeel het, gebaseer was op enige objektiewe gegewens aangaande die
werklike optrede
van elk van die deelnemers nie, en ook nie op enige erkennings
wat die appellant sou gemaak het nie (hy het trouens die skuld op
Abrahams
probeer pak). Dit is inteen-deel duidelik uit die wyse waarop McQueen hom
uitgedruk het (byvoorbeeld: "my personal feeling
. . . " ; "Mr Taylor gave me
the impression . . . " ; "he seemed a person of sound mind and a very
knowledge-able person") dat sy
mening oor die appellant se rol berus het op
bloot subjektiewe en ongestaafde indrukke en gevoelens. As sulks is sy
leke-opinie-getuienis
ontoelaatbaar om as die grondslag van 'n bevinding teen
die appellant te dien. Die landdros het geen melding van daardie getuienis
gemaak in sy andersins volledige uitspraak nie, en daaruit kan 'n mens aflei dat
hy geen waarde daaraan geheg het nie.
10 Die landdros se benadering was reg.
En sonder Mc-Queen se getuienis is daar niks in die oorkonde te vind wat die hof
a quo se bevinding kan onderskraag nie. Die blote feit dat die appellant
'n belangrike rol in die uitvoering van die komplot gespeel het,
regverdig nie
die afleiding dat hy die spanleier en hoofbeplanner was nie.
Teen hierdie
agtergrond is dit voorts duidelik, na my mening, dat die hof a quo veel
meer in die aangehaalde passasie van die landdros se uitspraak gelees het as wat
geregverdig is. Die landdros het nie bevind
dat die appellant 'n onder-geskikte
of onwillige rol gespeel het in die gebeure nie. Hy het selfs nie eens bevind
dat Suliman die
appellant beïnvloed het om te doen wat hy gedoen het ter
uitvoering van die komplot nie. Al wat die landdros gedoen het, was
om die
hipotetiese moontlik-heid te postuleer("dat dit moontlik gesê kan
word")
11
dat Suliman se invloed "kon bygedra het" dat die appellant "betrokke geraak
het" by die bedrogpleging. Dit is nie 'n positiewe bevinding
wat gekritiseer kan
word op grond daarvan dat daar geen basis daarvoor in die getuienis was nie. Dit
is slegs die vermelding van
'n blote moontlikheid wat vanself voortvloei uit die
feit dat Suliman die appellant se skoonvader is en 'n man van oor die 50 jaar
(die appellant was destyds 24). Die landdros kan nie verkwalik word daarvoor dat
hy so 'n moontlikheid geopper het nie.
In die lig van die voorgaande kan ek
ook nie saamstem met die hof a quo se standpunt dat die landdros se
"bevinding" ("finding") tot gevolg moes gehad het dat hy 'n ligter vonnis
opgelê het nie.
Om so 'n gewigtige betekenis aan die landdros se
opmerk-ing toe te dig, is om dit buite die perspektief van die uitspraak as 'n
geheel
te sien. In die uit-spraak, wat ek reeds beskryf het as volledig, het
die
12
landdros 'n groot aantal strafverswarende en straf-versagtende faktore
opgenoem, bespreek en teenoor mekaar opgeweeg, wat betrekking
het op die erns
van die oortredings (bv die beplanning, die groot bedrae betrokke, en so meer),
die persoonlike omstandighede van
die appellant (bv sy skoon rekord) , en die
oog-merke van straf (bv die afskrikking van ander sonder om van die appellant 'n
voorbeeld
te maak). Daardie oorwegings is verreweg van groter belang, en
gewig-tiger, as die opmerking waarom dit hier gaan, en die landdros
het nie
geskroom om in daardie opsigte sy onomwonde menings uit te spreek nie. Hy het,
byvoor-beeld, pas nadat hy die gewraakte opmerking
gemaak het, gesê dat,
as die skema geslaag het, hy 'n "heelwat ander vonnis" sou oorweeg het. By wyse
van kontras is dit opvallend
in watter hipotetiese en tentatiewe terme hy die
gepostuleerde moontlikheid van beïnvloeding deur Suliman ingeklee het. In
die
13 samehang van die hele uitspraak is die gedagte dat 'n bykans terloopse
opmerking van daardie aard 'n ver-skil sou gemaak het aan
die uiteindelike
resultaat, na my mening ongegrond.
Volgens welbekende beginsels sou die hof a
quo geregtig gewees het om met die vonnisse van die landdros in te gryp,
op grond van 'n beweerde mis-tasting, slegs as dit van so 'n
aard of omvang was
dat dit aandui dat die landdros sy diskresie op 'n onredelike of onbehoorlike
wyse uitgeoefen het (sien bv S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A) op 535E-G).
Na my mening is dit sekerlik nie die posisie in die huidige geval nie.
Namens
die Staat is in hierdie hof aange-voer dat die hof a quo in ieder geval
die vonnisse sou verswaar het, selfs al was dit nie vir die vermeende mistasting
nie, op grond daarvan dat die hof
a quo die landdros se vonnisse as
"skokkend
14
onvanpas" beskou het. Ek stem nie saam met hierdie
uitleg van die uitspraak nie. MARAIS R het die
uitspraak afgesluit met hierdie woorde:
"To my mind the sentence imposed by the magistrate is inadequate to deter othera or to adequately punish the appellant for the crimes here committed."
Hierdie konklusie is niks meer nie as 'n stelling van
die hof a quo
se eie opvatting van wat 'n gepaste
straf sou wees. Uit die voorafgaande beredenering in
die uitspraak blyk
dit duidelik dat die hof a quo,
behalwe vir die bespreking van die
landdros se ver-
meende mistasting, maar net dieselfde proses deurge-
gaan
het as wat die landdros gedoen het, deur die
strafverswarende en
strafversagtende faktore te
bespreek en teenoor mekaar op te weeg. Die hof
a
quo het klem gelê op die erns van die oortredings,
die
belange van die gemeenskap, en die afskrikkings-
funksie van straf. Maar die
landdros het dit ook
15 gedoen. Dit was sy diskresie om te beoordeel watter
waarde aan daardie oorwegings geheg moes word teenoor die strafversagtende
oorwegings. Uit sy uitspraak blyk dit dat hy sy taak met deeglikheid en
ewewigtig-heid uitgevoer het. Die hof a quo was nie bevoeg om bloot deur
die uitoefening van 'n eie, onafhanklike diskresie sy eie oordeel in die plek te
stel van die landdros
s'n nie. Weereens volgens welbekende beginsels, was die
hof a quo nie geregtig, in die afwesigheid van 'n mistasting van die
landdros, om die vonnisse te verswaar nie, tensy dit uiteindelik bevind
kon word
dat die landdros sy diskresie op 'n onredelike of onbehoorlike wyse uitgeoefen
het (sien bv S v Keulder 1994 (1) SASV 91 (A) op 103a-e). In die huidige
geval is daar geen regverdiging vir so 'n bevinding nie.
Dit volg dus dat die
appèl gehandhaaf moet word, in soverre dit betrekking het op die
verswaring
16
van die appellant se vonnisse deur die hof a quo.
Wat nou oorbly
vir oorweging, is die appêl in soverre dit gerig is teen die afwysing deur
die hof a quo van die appél na daardie hof teen die vonnisse wat
die landdros opgelê het. Dit kan in 'n paar woorde afgehandel word.
Die
appellant het aangevoer dat die landdros te veel klem geplaas het op sekere
oorwegings (bv die oogmerk van afskrik-king), nie
genoeg gewig geheg het aan
sekere omstan-dighede nie (bv dat die appellant 'n eerste oortreder is), en nie
genoeg aandag geskenk
het aan die moont-likheid van 'n alternatiewe soort vonnis
wat die appellant uit die gevangenis sou hou nie (bv 'n boete plus opgeskorte
gevangenisstraf plus gemeenskaps-diens). Die appellant se vertoë moet
misluk, om redes wat reeds duidelik moet wees uit wat
ek hierbo gesê het
omtrent die landdros se uitspraak en die uitoefening van sy diskresie. Soos die
hof a quo nie
17 geregtig was om die vonnisse te verswaar nie, so is
hierdie hof nie geregtig om dit te versag nie. Die bevel van die hof is soos
volg:
1. Die appél word gehandhaaf vir sover dit betrekking het op die verswaring van die appellant se vonnisse deur die hof a quo. 2. Die appél word afgewys vir sover dit betrekking het op die vonnisse wat die landdros die appellant opgelê het. 3. Die volgende gedeelte van die bevel
van die hof a quo word tersyde ge-
stel:
"The sentence is increased by deleting the order that the sentences on counts 1 and 2 run concurrently, and by substitut-ing the order that 2 years of the sentence on count 2 is to run concurrently with the sentence on count 1. The
18
result of that is that the appellant is sentenced to an effective 8 years of imprison-ment."
4. Die volgende gedeelte van die bevel
van die hof a quo bly van krag:
"The convictions are confirmed and the appeal against sentence is dismissed."
(Dit beteken dat die bevel van die landdros
dat die vonnis
op aanklag 2 tesame met die
vonnis op aanklag 1 uitgedien word, bly
staan,
met die gevolg dat die appellant se
effektiewe gevangenisstraf 5 jaar bly.)
A S BOTHA AR
F H GROSSKOPF AR
STEM SAAM
NICHOLAS Wnd AR