South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 95
| Noteup
| LawCite
S v Stotenkamp (311/1993) [1994] ZASCA 95 (30 May 1994)
Download original files |
LL Saak No 311/1993
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
FREDDY STOTENKAMP Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, E M GROSSKOPF ARR et MAHOMED
Wnd AR
VERHOORDATUM: 19 MEI 1994
LEWERINGSDATUM: 30 MEI 1994
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2
Die appellant is in die Kaap die Goeie
Hoop
Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord en ter
dood
veroordeel. Hy kom nou in hoër beroep teen die doodvonnis wat hom
opgelê is.
Die appellant is 'n man van 43 jaar. Die oorledene was 'n
jong man in sy vroeë twintigerjare. Hy was die appellant se eie seun.
Die
appellant het hom doodgemaak deur hom met 'n mes in die hart te steek.
Die
omstandighede waaronder die moord plaasgevind het, is tans nie in geskil nie.
Die getuienis van die ooggetuies wat vir die staat
getuig het, kan kortliks
saamgevat word soos volg. Die voorval het plaasgevind kort voor middernag, by 'n
hekkie buitekant die woonplek
van die oorledene (dit is in die getuienis beskryf
as 'n "hok"). Die oorle-dene en sy meisie was reeds in die bed. Ene Ivan Marais,
'n neef van die oorledene, het daar opgedaag
3 en aan die deur geklop. Die
oorledene het opgestaan, die deur oopgemaak en vir Ivan gevra wat hy wou
hê. Ivan was beskonke.
Die oorledene het aan Ivan gesê dat hy (die
oorledene) wou slaap, en hy het Ivan aangesê om te loop. Ivan het geloop
en die oorledene is agterna, vermoedelik om die hekkie te gaan sluit. Toe Ivan
by die hekkie uit is, het die appellant sy verskyning
daar gemaak. Die oorledene
het probeer om die hekkie toe te maak, terwyl die appellant probeer het om dit
oop te hou. Die appellant
haal toe 'n mes te voorskyn en steek na die oorledene.
Daarop sê die appellant aan Ivan "Kom", en die twee van hulle verlaat
die
toneel. Die oorledene is terug na sy "hok", waar hy beswyk het. Dit is later met
'n lykskouing vasgestel dat die oorsaak van
sy dood 'n diep penetrerende
steekwond in sy hart was.
Die appellant se verweer was dat hy in noodweer
opgetree het, nadat die oorledene hom aange-
4 val het. Die verhoorhof het
bevind dat die appellant 'n volslae leuenagtige getuie was en dat sy getuienis
as 'n versinsel verwerp
moet word. Hierdie bevind-ings is tereg nie voor ons
aangeval nie. Die ver-hoorhof het voorts bevind dat die appellant die opset
met
moontlikheidsbewussyn gehad het om die oorledene te dood.
Wat die vonnis
betref, het die verhoorhof bevind dat die strafverswarende faktore in die saak
"so oorweldigend is" dat die strafversagtende
faktore wat namens die appellant
aangevoer was, "inderwaar-heid nie relevant is nie". Met inagneming van die
oogmerke van straftoemeting
het die verhoorhof tot die slotsom geraak dat die
doodvonnis die enigste gepaste vonnis in hierdie geval is.
Met die oog op die heroorweging van die vonnis deur hierdie Hof is daar
namens die appellant aangevoer dat daar vier opsigte is waarin
die bestaan
5
van strafversagtende faktore bevind behoort te word. Ek stem nie saam nie, nie
in enige van die aange-voerde opsigte nie, om redes
wat kortliks vermeld kan
word.
Eerstens is daar gewag gemaak van die feite dat die appellant 43 jaar oud is en dat hy slegs standerd 4 op skool bereik het. Dit is genoeg om te sê dat dit geen strafversagtende faktore uitmaak nie.
Tweedens is aangevoer dat die appellant onder provokasie opgetree het. Vir
dié submissie is daar geen grondslag te vind in
die getuienis nie. Soos
tereg deur die verhoorregter in sy uitspraak beklemtoon is, het die appellant
nie die hof in sy vertroue
geneem nie. Vanweë sy valse relaas van die
gebeure, kan dit nie bepaal word wat sy motief of sy subjektiewe gemoedstoestand
was toe hy die oorledene gesteek het nie. Selfs oor die rede waarom hy in
die
6 geselskap van Ivan in die middernagtelike ure sy opwagting by die
oorledene gemaak het, het hy nie met die waarheid vorendag gekom
nie. Op die
getuienis is dit blote bespiegeling om te dink dat hy onder provo-kasie gehandel
het toe hy die oorledene gesteek het.
Volgens die getuienis van die ooggetuies
het die oorledene niks meer gedoen as om te kenne te gee dat hy nie bereid was
om vir Ivan
en die appellant so laat in die nag in sy woonplek te ontvang nie.
sy optrede was nie uittartend nie. Dit was waarneembaar dat Ivan
dronk was, maar
geen soortgelyke tekens is deur die getuies by die appellant bespeur nie, en hy
het self getuig dat hy dié
aand niks gedrink het nie. Selfs al sou 'n
mens veronderstel dat die appellant hom vererg het en kwaad geword het omdat die
oorle-dene
hom en Ivan toegang tot sy huisie geweier het, sou sy veronderstelde
gemoedsopwelling nie as gebil-lik beskou kon word nie, en gevolglik
kan dit nie
as
7 strafversagtend gereken word nie (vgl S v Mandela 1992 (1) SASV
661 (A) op 665c-d).
Derdens is aan die hand gedoen dat die appellant altyd
die skuldgevoel sal dra dat hy sy eie seun se dood veroorsaak het. Daardeur
word
vermoede-lik te kenne gegee dat die appellant besondere lyding sal deurgaan as
gevolg van berou. Ook hierdie sub-missie, is
ek bevrees, berus op blote
bespiegeling. Die beskikbare gegewens spreek daarteen. Volgens die appellant het
hy ná die gebeure
na sy eie woonplek teruggestap, en langs die pad die
moordwapen wegge-gooi. Hy het niks gedoen om navraag te doen oor die welstand
van sy seun nie, geen ondersoek ingestel na die gevolge van die besering wat hy
hom toegedien het nie. Eers toe hy later verneem
die polisie soek na hom op 'n
aanklag van moord, het hy by die polisie aangemeld. By die verhoor het hy ook
geen tekens van berou
getoon nie.
8
Ten slotte is gesteun op die verhoorhof se bevinding van opset by
moontlikheidsbewussyn. Die bevinding kon net sowel een van direkte
opset gewees
het: die moordwapen, volgens die appellant se eie beskrywing daarvan, was 'n
lang skerppuntige vismes, die wond was
'n diep penetrerende een op 'n
klaar-blyklike dodelike plek, en die appellant se getuienis oor die
omstandighede en die wyse van
die toediening daarvan was vals. Hoe dit ook al
sy, of 'n bevinding van dolus eventualis as 'n strafversagtende faktor in
aanmerking kan kom, hang af van al die omstandighede van elke bepaalde saak. In
die huidige geval
geld dit nie as 'n strafversagtende faktor nie, vanweë
die omstandighede wat vervolgens in oënskou geneem word.
Dit bring my by
die strafverswarende fak-tore. Die opvallendste daarvan is dat die appellant
vantevore reeds die doodvonnis opgelê
is weens moord. Dit was in Oktober
1971. Voor dit, in 1968, is die
9 appellant skuldig bevind aan roof waarby 'n
mes betrokke was en gevonnis tot 6 maande gevangenis-straf, en in 1970 is hy
skuldig
bevind aan strafbare manslag waarby 'n mes en 'n skroewedraaier gebruik
was, en gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf. Dit was terwyl
hy laasgenoemde
vonnis uitgedien het dat die appellant die vorige moord gepleeg het. Dit was 'n
bendemoord in die gevangenis en die
moordwapen was 'n skerpgemaakte lepel. Die
appellant is terselfdertyd skuldig bevind op drie aanklagte van poging tot
moord. Die
skuldigbevinding aan moord het gepaard gegaan met 'n bevinding dat
daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie. In Augustus
1972 het die
Staatspresident die appellant begenadig en die doodvonnis versag na 'n vonnis
van lewenslange gevangenisstraf. Bykans
20 jaar na sy skuldigbevind-ing, op 5
Junie 1991, is die appellant vrygelaat op parool. Ongeveer 17 maande later het
hy die onder-
10 hawige moord gepleeg. En volgens die beskikbare gegewens was
hierdie 'n redelose, sinnelose en gevoellose moord.
Die gewigtigheid van die
strafverswarende faktore spreek vanself. Met die oog op die doelstel-lings van
straftoemeting is dit net
nodig om twee verdere opmerkings te maak. Die een is
dat daar nie eens ruimte is om te dink aan die rehabiliteerbaar-heid van die
appellant nie. Die tweede is dat die appellant 'n wesenlike gevaar is vir die
gemeenskap, wat sou insluit sy mede-gevangenes indien
hy weer gevangenisstraf
opgelê word.
Die gevolgtrekking is onvermydelik dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis in hierdie geval is.
Vanweë die voorgaande gevólgtrekking sou hierdie hof die appèl van die hand gewys het en ingevolge artikel 322(2A) van die Strafproseswet 51
11
van 1977 die doodvonnis bekragtig het, as dit nie was vir die bepalings van die nuwe Grondwet wat in werk-ing getree het op 27 April 1994 nie (Wet 200 van 1994). Uit daardie bepalings spruit daar twee vrae voort. Die eerste vraag is of die bepaling van artikel 322(2A)(a) van die Strafproseswet, wat die bekragtiging van die doodvonnis deur hierdie hof magtig (in die samehang van artikel 277 van die Strafproseswet wat die oplegging daarvan deur 'n hoër hof in die eerste instansie veroorloof), in stryd is met die bepalings van artikels 9 of 11(2) van die Grondwet. Die tweede vraag is of die oorgangs-bepalings wat vervat is in artikel 241(8) van die Grondwet beteken dat hierdie hof die genoemde bepal-ings van die Strafproseswet moet toepas asof die Grondwet nie aangeneem was nie, dan wel of artikel 241(8) slegs betrekking het op die suiwer prosessuele of jurisdisionele aspekte van die hangende verrig-
12
tinge.
Oor die eerste vraag hierbo genoem kan hierdie hof geen beslissing
gee nie, vanweë die bepalings van artikel 101(5), gelees met
artikel 98(2),
van die Grondwet. Slegs die Konstitusionele Hof kan daaroor beslis. Die tweede
vraag behels die uitleg van die betrokke
bepalings van die Grondwet (artikel
241(8)), en bes moontlik het die bepalings van artikels 101(5) en 98(2) tot
gevolg dat hierdie
hof ook daaroor geen beslissing kan gee nie. Voorts blyk dit
uit die bepalings van artikels 102(3), (4), (5) en (6) van die Grondwet
dat die
prosedure om 'n grondwetlike geskil na die Konstitusionele Hof te verwys vir
beslissing nie in die omstandighede van die
huidige saak toepaslik is
nie.
Vanweë die voorgaande oorwëgings kan hier-die appèl in
hierdie stadium nie op 'n bevredigende wyse afgehandel word
nie. Dit is wenslik
dat die
13
Konstitusionele Hof eers moet beslis oor die twee
vrae wat hierbo genoem
is. Tydens die beredenering
van die appèl was die advokate van die
appellant en
van die Staat dit eens dat die appèl uitgestel
behoort
te word totdat die Konstitusionele Hof die
geleentheid gehad het om oor die genoemde vrae te
beslis. Dit is die
aangewese weg om te volg.
Die bevel van die hof is soos volg:
Die afhandeling van die appèl word uitgestel tot 'n datum wat deur die Griffier in oorleg met die Hoofregter gereël sal word, hangende 'n beslis-sing van die Konstitusionele Hof oor die vraag of die bekragtiging van die doodvonnis in 'n geval soos die huidige konstitusioneel sal wees, met die oog op die bepalings van artikels 9, 11(2) en 241(8) van die Grondwet.
A S BOTH AR
E M GROSSKOPF AR
STEM SAAM MAHOMED Wnd AR