South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1995 >>
[1995] ZASCA 19
| Noteup
| LawCite
S v Xapa (165/94) [1995] ZASCA 19 (24 March 1995)
Download original files |
Saak nr 165/94
/MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PAULINE XAPA APPELLANT
-en-
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: HEFER, VIVIER et HOWIE ARR. VERHOOR: 14 MAART 1995. GELEWER: 24 MAART 1995.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant ("beskuldigde 1") het saam met twee ander
("beskuldigdes 2 en 3") in die Wynbergse landdroshof tereggestaan op 'n aanklag dat hulle op 7 Oktober 1991 en te Philippi art 2(a) van Wet 41 van 1971 ("die Wet") oortree het deur in 187 kg dagga handel te dryf. Die Wet is sedertdien herroep deur Wet 140 van 1992 wat op 30 April 1993 in werking getree heL By die aanvang van die verhoor was beskuldigde 3 afwesig en ingevolge art 159 (3) van Wet 51 van 1977 is die verrigtinge geskei en die verhoor teen beskuldigdes 1 en 2 voortgesit. Aan die einde van die verhoor is beskuldigde 2 onskuldig bevind en ontslaan maar beskuldigde 1 is skuldig bevind soos aangekla en gevonnis tot 'n boete van R15 000,00 of twee jaar gevangenisstraf plus 'n verdere ses jaar gevangenisstraf. Haar appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis na die Kaapse Provinsiale Afdeling het misluk maar sy is verlof verleen om teen haar vonnis na hierdie Hof
3
te appelleer. By die verhoor van die appèl was daar verder voor ons 'n
aansoek vir verlof om teen die skuldigbevinding te appelleer
tesame met 'n
aansoek om kondonasie vir die versuim om aan die tydsbepaling vervat in art
21(2) van Wet 59 van 1959 te voldoen. Beide
aansoeke is deur die staat
teengestaan.
Die onbetwiste feite is die volgende. Die aand van 7 Oktober
1991 het speurder-sersant Dippenaar en adjudant-offisier Gibbons na 'n
drie-vertrek huis by die plakkerskamp bekend as Langdamplaas naby Philippi
gegaan waar hulle vir beskuldigdes 1 en 2 in die hoofslaapkamer
aangetref het.
Hulle het op een van die twee beddens in die kamer gesit en gesels. Beskuldigde
1 het gesê dat die huis aan
haar behoort en beskuldigde 2 het gesê
dat hy slegs die aand daar kom kuier het en nie daar woon nie. Die polisie het
'n groot
hoeveelheid dagga in die hoofslaapkamer gevind wat oral versteek was,
onder andere in drie tasse, 'n trommel, 'n
4
mandjie en 'n go ingsak. Sewe stoppe dagga is in die sak van 'n baadjie wat
teen die muur gehang het, gevind. In 'n laai was R340,00
in kontant. Die tweede
vertrek in die huis is as 'n sitkamer gebruik en in die derde vertrek, wat
Dippenaar as 'n spaarvertrek beskryf
het, is drie leë tasse met oorblyfsels
van daggablare daarin, gevind. Die totale gewig van die dagga was 187 kg met 'n
straatwaarde
van R187 000,00.
Dippenaar het getuig dat, alhoewel daar twee
enkelbeddens in die spaarvertrek was, dit vir hom duidelik was dat die vertrek
nie bewoon
word nie. Die een matras het regop gestaan teen die muur en daar was
geen tekens te vind van beddegoed of enige ander gebruiksartikels
wat daarop dui
dat mense daar geslaap het nie. Boumateriaal, rommel en "gemors" het oral in die
vertrek rondgelê, selfs bo-op
die beddens. Dippenaar het die indruk gekry
dat die vertrek as 'n stoorplek vir rommel gebmik word.
5
Beskuldigde 1 se verweer was dat sy onbewus was van die dagga. Sy het getuig
dat beskuldigde 3 en haar kind saam met haar en haar
vier kinders in die huis
gewoon het. Beskuldigde 3 het huurgeld betaal en het alleen in die
hoofslaapkamer geslaap alhoewel haar
kêrel soms by haar geslaap het.
Beskuldigde 1 het getuig dat sy en die vyf kinders in die spaarvertrek geslaap
het. Beskuldigde
1 se getuienis is gestaaf deur 'n staatsgetuie, Mzimkulu
Magenu, wat 'n familielid van haar is en wat ook getuig het dat sy in die
spaarvertrek en beskuldigde 3 in die hoofslaapkamer geslaap het. Volgens hom was
die spaarvertrek die betrokke aand skoon en netjies.
Die verhoorlanddros het
beide beskuldigde 1 en Magenu se getuienis as ongeloofwaardig verwerp. Daar is
geen basis waarop met hierdie
bevinding ingemeng kan word nie. Inderdaad blyk
die landdros se bevinding volkome geregverdig te wees. Dit kom my
6
eerstens as totaal onwaarskynlik voor dat beskuldigde 1 saam met vyf kinders,
een waarvan nie eens haar eie is nie, op twee enkelbeddens
in die spaarvertrek
sou slaap terwyl beskuldigde 3 alleen slaap in die groter hoofslaapkamer, waar
daar twee beddens, een waarvan
'n dubbelbed, is. Die feit dat beskuldigde 3 huur
betaal het, doen geen afbreuk aan die onwaarskynlikheid van beskuldigde 1 se
weergawe
nie. In die tweede plek is beskuldigde 1 se weergawe moeilik te versoen
met die voorkoms van die spaarkamer soos dit deur Dippenaar
beskryf is. Sy
getuienis oor hierdie aspek is nooit deur beskuldigde 1 se regsverteenwoordiger
by die verhoor betwis nie en is skaars
deur beskuldigde 1 in haar getuienis
weerspreek.
Na my mening is die enigste redelike afleiding van al die feite
dat beskuldigde 1 bewus moes gewees het van die dagga en dat sy inderdaad
handel
gedryf het in dagga: óf alleen óf saam met
7
beskuldigde 3. Daar is geen vooruitsig van sukses in 'n appèl teen die
skuldigbevinding nie, en die aansoek om kondonasie kan
dus nie slaag nie.
Dit
laat die appèl teen die vonnis. Die appellant was 44 jaar oud en het vier
kinders van twaalf jaar en jonger gehad ten tyde
van die pleging van die
misdaad. Haar man is vier jaar vantevore oorlede. Sy het agt vorige
veroordelings, almal vir diefstal, en
is laas in Julie 1981 skuldig bevind. Sy
maak 'n bestaan uit los huiswerk gedurende die week en deur te smous met
hoenders gedurende
naweke. Soos die landdros tereg opgemerk het, is haar
finansiële posisie swak. Daar is geen moontlikheid dat sy die opgelegde
boete of enige substansiële boete kan betaal nie.
In al die
omstandighede meen ek dat haar vonnis buitensporig swaar is en dat 'n vonnis van
ses jaar gevangenisstraf, waarvan twee
jaar opgeskort word, reg sal laat geskied
aan al die vereistes
8
van straftoemeting.
Die volgende bevel word gemaak :
1. Die aansoek om kondonasie vir die laat-indiening van die aansoek vir verlof om teen die skuldigbevinding te appelleer, word geweier.
2. Die appèl teen die vonnis slaag. Die vonnis deur die landdros opgelê, word vervang met die volgende :
"Ses jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar gevangenisstraf opgeskort word vir vyf jaar op voorwaarde dat beskuldigde 1 nie weer daaraan skuldig bevind word dat sy gedurende die opskortingsperiode handel gedryf het in dwelmmiddels soos bedoel in art 5 van Wet 140 van 1992 nie."
W VIVIER AR.
HEFER AR)
Stem saam. HOWIE AR)