South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1995 >>
[1995] ZASCA 68
| Noteup
| LawCite
S v Ngwenya (725/93) [1995] ZASCA 68 (30 May 1995)
Download original files |
Saaknommer 725/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ESAU NGWENYA Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM : E M GROSSKOPF, NIENABER et HOWIE
ARR
DATUM AANGEHOOR : 12 MEI 1995
DATUM VAN UITSPRAAK
: 30 MEI 1995
UITSPRAAK
HOWIE A R /
2
HOWIE AR:
Appellant se vrou is doodgeskiet. Die tersaaklike
skote is afgevuur met 'n vuurwapen wat hy, hanteer het. Ondanks sy verweer dat
hy
ten tye van die skietery tydelik ontoerekeningsvatbaar was, is hy in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling (Blieden R en assessore)
aan moord skuldig
bevind. Aan hom is 'n vonnis van agt jaar gevangenisstraf opgelê waarvan
vyf jaar voorwaardelik opgeskort
is. Met die verlof van die Verhoorregter kom hy
tans in hoër beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis.
Toe die verhoor 'n aanvang geneem het, is 'n
skriftelike verduideliking van appellant se pleit
van
onskuldig ingehandig. Dit lees soos volg:
"1. Ek en die oorledene was getroud volgens swart Gewoontereg. Ons het daarna 'n Burgerlike huwelik aangegaan.
2. Daar was huweliks- en familie probleme tussen my en die oorledene.
3. Tydens 'n vergadering om die probleme tussen ons op te los, het ek, soos agterna blyk, die oorledene geskiet.
4. Toe ek die oorledene geskiet het, het ek vanweë
3
verskeie faktore onbewustelik opgetree en nie besef my handeling is wederregtelik nie, alternatiewelik kon ek nie ooreenkomstig sodanige besef optree nie.
5. Omrede ek nie in staat was om beheer oor my handelinge, van watter aard ook al nie, uit te oefen, was my handeling nie strafregtelik toerekenbaar nie.
6. My ontoerekeningsvatbaarheld was tydelik van aard en is nie aan enige permanente of tydelike geestesgebrek of ongesteldheid te wyte nie. Ek erken dus -
6.1 dat ek in staat is om die verrigtinge in hierdie agbare hof te volg. 6.2 dat ek nie aan enige permanente geestesgebrek of geestesongesteldheid gely het ten tyde van die pleeg van die beweerde misdaad nie.
7. Ek plaas ook spesifiek die skuldelement in
geskil."
Gedurende 1990 is appellant, 'n lid van die Suid-
Afrikaanse Polisie, en die oorledene,
'n
universiteitstudent, volgens gewoontereg getroud en het
hy
lobola betaal. In Mei 1991 het hulle 'n burgerlike
huwelik
aangegaan. Daarna het probleme in hulle
huwelikslewe
ontstaan. Sy het apart gewoon en geweier om saam met
hom
te leef. Hy het tevergeefs gepoog om met haar kontak te
4
maak. Sy het mettertyd 'n egskeidingsgeding begin. Daar is egter
uiteindelik gereël dat lede van hul onderskeie gesinne op Sondagoggend
15
Desember 1991 saam met hulle sou vergader om hulle moeilikhede te bespreek en
sodoende 'n versoening te probeer bereik.
Die byeenkoms op 15
Desember het in die sitkamer by die huis van Timothy Makobe, die oorledene se
pleegvader, plaasgevind.
Daar teenwoordig, afgesien van die egpaar
self, was 'n hele aantal mense insluitende familielede aan weerskante asook twee
van Makobe
se bure wat deur hom versoek is om as getuies by te wees. Die
oorledene is gevra om haar kant van die saak te stel wat sy wel gedoen
het. In
die loop daarvan het sy appellant in verskeie opsigte gekritiseer. Appellant is
toe die geleentheid gebied om sy weergawe
voor te lê.
Die
Staat se relaas ten opsigte van wat daarna gebeur het, bestaan uit die getuienis
van Makobe, sy twee bure,
5
Jacob Kutumela en Lucas Mabena, en appellant se oom, Richard Ngwenya.
Laasgenoemde het appellant na die vergadering vergesel.
Volgens
Makobe het appellant, pleks van sy saak te stel, opgestaan en aan die oorledene
begin trek. Hy sê vir haar dat hulle
alleen buite moet gaan praat. Van die
ander persone keer hom. Hy word versoek om te sit sodat die probleme in almal se
teenwoordigheid
bespreek kan word. Hy sit wel vir 'n ruk en blyk kalm en normaal
te wees. Kort daarna staan hy toe weer op en verlaat die vertrek
by die
voordeur.
Na 'n paar minute kom hy deur die kombuis na die sitkamer
terug. Die oorledene gewaar hom voordat hy die sitkamer bereik. Sy staan
onmiddellik op en poog om na die slaapkamer langsaan te vlug. Sy struikel oor 'n
stoel en kom nie weg nie. Appellant skiet haar toe
raak en sy val binne-in die
slaapkamer. Toe die skietery plaasvind vlug almal wat in die sitkamer was
behalwe appellant en Makobe.
6
Die ander drie staatsgetuies het daardie beskrywing in alle wesenlike
opsigte gestaaf behalwe dat Richard Ngwenya gemeen het dat die
tydperk waarvoor
appellant buitekant was vyf minute of meer kon gewees het.
Makobe
het ook getuig dat appellant kort na die skietery na die oorledene gegaan het,
by haar gekniel het en gesê het "Bye-bye
Pasha" (haar bynaam). Hy het toe
vir Makobe versoek om hom na die polisiekantoor te neem.
Volgens 'n
lykskouingsverslag wat by ooreenkoms as getuienis ingehandig is, het appellant
vir die oorledene met agt skote raakgeskiet.
Die dood het ingetree as gevolg van
koeëlwonde van die hart, longe en regterbobeen.
Appellant se
getuienis was die volgende. In sy verskeie onsuksesvolle pogings gedurende die
maande voor die skietery om die oorledene
op te spoor het hy onder andere
toordokters geraadpleeg. Die advies wat hy ingewin het, was dat haar familie
haar iewers weggesteek
het en dat dit wel moontlik was dat hulle hom selfs sou
laat doodmaak.
7
Hierdie mededelings het kommer by hom gewek, maar hy het nogtans besluit
om die besprekings op 15 Desember by te woon. Toe hy soontoe
is, het hy sy
diensvuurwapen aan sy sy gedra. Hy het dit altyd vir selfbeskerming in sy besit
gehad, het hy gesê.
Toe hy sy plek by die vergadering ingeneem
het, het hy opgelet dat vreemdelinge teenwoordig was. Onder hulle was Kutumela.
(Ten tye
van die verhoor was laasgenoemde 37 jaar oud, maar appellant (ook 'n
man in sy dertigerjare) verwys na hom as 'n "jong seun") . Hy
sê hy was in
besonder daardeur getref hoedat Kutumela, wat oorkant hom gesit het, hom heeltyd
in die oë gekyk het. Dit
het hom aan die toordokters se waarskuwing laat
dink. Dit het die vrees by hom ingeboesem dat hierdie man hom sou doodmaak. Sy
gedagtes
het begin draai. Hy het die oorledene getrek om haar buite te kry sodat
hulle elders hul probleme alleen kon gaan bespreek en sodat
hy 'n aanval op sy
eie lewe kon vermy. Toe Kutumela op hierdie einste stadium opgestaan
8
het, het dit sy vrees net versterk en het hy sy dienswapen
uitgehaal. Hy getuig voorts:
"Ek het vir myself laas gesien nadat ek die vuurwapen uitgetrek het , .. Ek onthou dat ek laas die vuurwapen so in my hand gehad het ... (t)erwyl ek terselfdertyd vir (die oorledene) met die een hand vasgehou het. Van daar af, ek weet nie wat het gebeur nie, ek het gehoor toe die vuurwapen klap ... Ek onthou dat ek vir Sophie sien val ... wat my gedagtes betref, ek weet nie wat het aangegaan nie ... ek weet nie wat het daar gebeur nie."
Appellant het ontken dat hy die huis verlaat het
onmiddellik voor die skietery of dat hy daarna "Bye-bye
Pasha" gesê het.
Gedurende kruisondervraging het appellant beweer dat
hy die hofverrigtinge nie kan volg nie. Na oorweging
van
hierdie bewering en die advokate se betoë daaromtrent
het
die Verhoorregter kragtens die bepaling van Artikels 77,
78
en 79 van die Strafproseswet appellant vir 30 dae
se
observasie en verslag na Weskoppies Hospitaal verwys.
Die
eenparige verslag is by ooreenkoms as getuienis
ingehandig.
Daarvolgens was appellant in staat om die verrigtinge te
9
begryp. Die twee betrokke psigiaters het ook die mening uitgespreek dat
appellant ten tye van die skietery die ongeoorloofdheid van
sy handeling kon
besef en dienooreenkomstig kon optree. Ek meld dit volledigheidshalwe. Aangesien
nie een van die twee psigiaters
geroep is om te getuig nie, word geen ag geslaan
op hulle mening aangaande appellant se geestestoestand ten tye van die skietery
nie.
Namens appellant is twee getuies geroep. Een was Gerhardus Nel,
'n voormalige distrikskommissaris in die Suid-Afrikaanse Polisie.
Hy het
appellant goed geken en volgens sy getuienis blyk dit dat appellant, wat
kantoorwerk in die polisie verrig het, 'n eerlike
en pligsgetroue liasseerklerk
en 'n betroubare en bestendige werker was. Hy was baie impulsief en emosioneel
en kon "vreeslik maklik
skrik". Nel het die oorledene by een geleentheid ontmoet
en het die indruk gekry dat appellant "haar half aanbid". Toe die
huweliksprobleme
ontstaan het,
10
kon appellant net nie op sy werk en sy pligte konsentreer nie. Hy het
hewig ontsteld geraak en onder groot stres verkeer.
Die tweede
verdedigingsgetuie was dr. Roelof Horne, 'n praktiserende kliniese en
voorligtingsielkundige. In die loop van ongeveer
agt uur se konsultasie en
besprekings met appellant in Julie 1993 is psigometriese toetse op hom
uitgevoer. Hulle het betrekking
gehad op sy intelligensie, sy persoonlikheid en
sy potensiaal vir aggressie. Net betrekking tot hierdie ondersoeke het dr. Horne
'n verslag opgestel wat sy getuienis ten grondslag gelê het. Op grond van
die relaas ten opsigte van die skietery wat appellant
aan hom verstrek het -
insluitende die bewering aangaande die jong man wat hom heeltyd sit en bekyk het
- het dr. Horne gemeen dat
dit vreemd opval dat appellant in die teenwoordigheid
van sy ouers en ander getuienis sy vrou "koelbloedig" sou doodskiet. Dít
was ook nie met sy persoonlikheid te versoen nie. Volgens dr. Horne het
11
appellant 'n gebalanseerde persoonlikheid en is hy
fynbesnaard, emosioneel gevoelig en groepsafhanklik. Die
slotgedeelte van dr. Horne se verslag lees soos volg:
"Voorgaande (verwysende na appellant se relaas) tesame met die feit dat die beskuldigde nie 'n aggressiewe persoon is nie, kan dui op emosionele versteurdheid van so 'n aard dat die beskuldigde nie die vermoë gehad het om te onderskei tussen reg en verkeerd nie. Kortom: Dit is my beskeie mening dat die beskuldigde tydens die pleeg van die misdaad tydelik ontoerekeningsvatbaar was a.g.v. tydelike verstandelike beneweldheid."
In sy
getuienis het dr. Horne daardie mening bevestig. Hy het voorts gesê dat
appellant blykbaar in verskeie opsigte gerekonstrueer
het veral waar sy weergawe
met dié van die staatsgetuies bots. Sodanige rekonstruksie was onskuldig
en nie bedoel om te mislei
nie. Trouens, na dr. Horne se mening, indien
appellant se relaas wat hy in konsultasie verstrek het onwaar was, sou gemelde
toetse
daardie feit aan die lig gebring het.
Al vier staatsgetuies
het die Verhoorhof as eerlik en betroubaar beïndruk. Aan die ander kant is
daar met
12
betrekking tot appellant se getuienis bevind dat hy rondgespring het, dat
hy hom op talle geleenthede weerspreek het en dat hy in
die getuiebank opmerklik
ongemaklik voorgekom het. Aangaande dr. Horne se getuienis dat die beweerde
kriminele gedrag deur appellant
in stryd was met sy persoonlikheidsprofiel, het
die Hof uitgewys dat dr. Horne se toetse gedoen is in omstandighede geensins
soortgelyk
aan dié waarin die skietery plaasgevind
het.
Namens appellant is in hierdie Hof betoog dat op sterkte van
dr. Horne se getuienis dit redelik moontlik is dat appellant ten tye
van die
skietery óf onbewus was dat hy besig was om wederregtelik te handel
óf dat hy nie in staat was om hom van sodanige
handeling te weerhou
nie.
in die eerste plek is dit duidelik dat die tersaaklike feite
ten aansien van die skietery dié is wat deur die Staat se getuienis
bewys
is. Bo en behalwe bovermelde punte van kritiek wat deur die Verhoorhof teen
appellant se geloofwaardigheid geopper is, is die
suggestie onsinnig
dat
13
hy sy vuurwapen uit vrees vir Kutumela te voorskyn gebring
het maar dat hy toe nie vir hom nie maar vir die oorledene geskiet het.
Dit is tereg deur die Verhoorhof verwerp. Dit is ook opmerklik
vreemd dat
appellant se beweerde amnesie slegs betrekking het op 'n gedeelte van die tyd
wat dit sou geneem het om al die skote te
skiet. Andersins onthou hy goed genoeg
om sy eie stellings te maak en om die Staat se bewerings te erken of te
ontken.
Op die korrek aanvaarde getuienis dus het appellant voor die
skietery vir 'n ruk buitekant toe gegaan. Op die veronderstelling in
sy guns dat
dit nie vir meer as 'n paar minute was nie en dat hy heeltyd sy vuurwapen by hom
gehad het en dat hy dit nie by hierdie
geleentheid êrens gaan haal het
nie, het hy na hierdie tydelike onderbreking in die besprekings teruggekom en
onmiddellik en
sonder meer op sy vlugtende vrou begin skiet. Altesaam agt skote
is uiteindelik afgevuur. Op daardie getuienis het die skietery hoegenaamd
niks
met Kutumela te doen gehad nie.
14
Daar was immers geen optrede aan laasgenoemde se kant wat enigsins ter sake was nie. Die enigste redelike afleiding is dat appellant Kutumela in sy relaas ingebring het bloot om 'n vals rede te verstrek waarom hy sy vuurwapen uitgehaal het.
Op daardie objektiewe feite het appellant die oorledene doelbewus aangeval met die bedoeling om haar dood te skiet en het hy aanhou skiet totdat daardie gevolg buite enige moontlike twyfel bereik was.
Die enigste getuienis wat enige stawing vir die aangevoerde verweer bied,
is dié van dr. Horne.
Klaarblyklik is die kern van sy
getuienis die toetsuitslae. Daarsonder kon sy getuienis niks meer as 'n
onkritiese aanvaarding van
appellant se onbeproefde relaas wees nie. Wat die
toetsuitslae betref, was die Verhoorhof se bevinding heeltemal geregverdig dat
appellant se persoonlikheid in irrelevante omstandighede getoets is. Mens kan
egter in alle billikheid teenoor dr. Horne byvoeg
15
dat selfs al was dit van belang om die persoonlikheids- en
aggressietoetse toe te pas, die inligting daardeur verkry geen betroubare
aanduiding verstrek het aangaande appellant se potensiaal vir gewelddadige
optrede in die omstandighede wat in die onderhawige saak
geheers het nie. Die
ervaring leer dat hierdie soort geweld ongelukkig dikwels voorkom in gevaile van
ernstige huweliksprobleme,
en veral in gevalle van sogenaamde gesinsmoorde,
sonder dat die dader ontoerekeningsvatbaar is en ook waar hy in ander
omstandighede
nie gewelddadig sou optree nie. Die feit dat appellant normaalweg
nie geneig is om aggressief op te tree nie kan derhalwe geen wesenlike
gewig dra
nie.
Dat dr. Horne dit na bewering sou agtergekom het indien
appellant vir hom gelieg het, beteken ook niks nie. Appellant het 'n aansienlike
tyd gehad om hom voor te berei voor hy met dr. Horne gekonsulteer het en sy
relaas kon nie destyds aan die hand van teenbewys getoets
word nie. En die
suggestie dat waar appeliant se weergawe met dié van
16
die Staat gebots het hy bloot gerekonstrueer het, is uiters onoortuigend.
Die getuienis van dr. Horne was derhalwe onvoldoende om die redelike moontlikheid te skep waarop appellant se advokaat wou staatmaak. Daar was dus geen grondslag in die getuienis vir die verweer waarop appellant gesteun het nie.
Bygevolg kan die appél teen die skuldigbevinding nie slaag
nie.
Wat die vonnis aanbetref, is namens appellant aan die hand
gedoen, met verwysing na S v Campher 1987 (1) SA 940 (A), dat 'n algehele
opgeskorte vonnis die gepaste straf sou wees. Dat die feite in daardie saak van
die onderhawige feite verskil,
is te wagte. Wat opval, is dat hulle in wesenlike
opsigte verskil. Die aard en omvang van die vonnis in daardie geval is derhalwe
nie 'n faktor wat tans ter sake of van belang is nie. Geen ander moontlike rede
vir inmenging met die opgelegde vonnis is voorgestel
nie. Daar bestaan geen
sodanige rede nie. Die appèl teen
17
vonnis moet dus ook misluk.
Die appèl word van die hand gewys.
C.T. HOWIE APPèLREGTER
E.M. GROSSKOPF AR ] STEM SAAM
NIENABER
AR ]
CTH/al