South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1995 >>
[1995] ZASCA 87
| Noteup
| LawCite
S v Ranta (580/93) [1995] ZASCA 87 (4 September 1995)
Download original files |
CG SAAKNOMMER: 580/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
BOOI JOSEPH RANTA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: NESTADT, VAN DEN HEEVER ARR et SCOTT
WnAR
AANGEHOOR: 29 AUGUSTUS 1995
REDES INGEHANDIG OP: 4
SEPTEMBER 1995
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Agt persone is in die Johannesburg Streekhof aangekla van oortreding van art 2(a) van Wet 41 van 1971. Die aanklag spruit uit die aktiwiteite van 'n sindikaat wat op groot skaal oor 'n tydperk van ongeveer twee jaar metakaloon vervaardig en mandrax-tablette gepers en versprei het. Ene Obenneier, 'n uitlander wat vir hom baie ander name ook toege-eien het, het 'n leidende rol in hierdie bedrywighede geneem, terwyl die plaaslike hoof figuur sekere Havenga was. Die vervaardigingsprosesse het op verskillende persele plaasgevind omdat dit van tyd tot tyd verskuif of tussen verskillende persele verdeel is.
Na aanleiding van inligting ontvang, het die polisie in Februarie 1987 op een van dié fabrieke afgekom. Arrestasies het gevolg. Die voortspruitende verhoor wat oor 18 maande gestrek het, het uitgeloop op skuldigbevinding van ses van die agt persone wat aangekla is. Appellant, destyds beskuldigde nr 2, is gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf. Al die veroordeeldes buiten nr 4 het hulle beroep op die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof. Hoewel beslis is dat die
3
landdros fouteer het deur 'n bekentenis van appellant as toelaatbaar te
aanvaar, is appellant se skuldigbevinding nietemin bekragtig,
soos ook
dié van sy mede-beskuldigdes. Die vonnis aan hom opgelê is egter
verminder met twee jaar. Verlof om hulle op
hierdie Hof te beroep is aan al sewe
geweier, maar deur hierdie Hof aan appellant toegestaan. Na aanhoor daarvan, is
die appèl
teen beide skuldigbevinding en vonnis afgewys met belofte van
redes later. Hulle volg nou.
Dit is onnodig om oor besonderhede van die
aktiwiteite van die sindikaat uit te wei. Dit word nie betwis nie dat 'n
gesofistikeerde
proses aan die gang gesit is en vir ongeveer twee jaar gedy het
met behulp onder meer van ingevoerde tablet-persmasjiene; dat moeite
gedoen is
om onwettige aktiwiteite te verbloem of vermom en spore dood te vee; en dat
enorme bedrae geld betrokke was. (Toe die polisie
byvoorbeeld toeslaan op
beskuldigde nr 5 in sy luukse woning, het hulle Rl 921 580 aan kontant in
gebruikte note gevind in 'n versteekte
keldervertrek wat nr 5 pas toegemessel
het.)
4
Dit is betoog dat daar geen direkte getuienis was wat appellant
fisies verbind het met die verbode dwelmstof nadat sy
bekentenis
weggeval het nie. Die hof a quo het met verwysing slegs na
omstandigheidsgetuienis tot die volgende slotsom geraak:
"In die afwesigheid van enige getuienis tot die teendeel is die getuienis teen hierdie appellant myns insiens sodanig dat die enigste redelike afleiding wat daarvan gemaak kan word is dat hy handel gedryf het in metakaloon in die sin dat hy willens en wetens betrokke was in die besigheid van Obermeier en die sesde [beskuldigde], te wete die vervaardiging van mandrax."
Mnr Bam se betoog voor ons het daarop neergekom dat, hoe agterdogwekkend
omstandighede ookal mag gewees het, agterdog onvoldoende
is vir 'n
skuldigbevinding. Dit was onnodig vir appellant om te getuig sodat hy geregtig
was op ontslag.
Die toepaslike beginsels is nie in geskil nie. Waar die
vervolging slegs op omstandigheidsgetuienis steun, vul 'n aangeklaagde se
versuim om te getuig nie 'n leemte in die Staat se saak nie; maar
5
"the extent to which his failure to give evidence may strengthen the inferences against him usually depends upon various considerations. These include the cogency or otherwise of the State case, after it is closed, the ease with which the accused could meet it if innocent, or the possibility that the reason for his failure to testify may be explicable upon some hypothesis unrelated to his guilt ..." (S v MTHETWA 1972 (3) SA 766 (A) 769 B-C.)
Díe aanklag beweer dat die oortreding van die statutêre
sub-artikel begaan is as gevolg van handeldryf in 'n verbode
afhanklikheidsvormende medisyne, te wete metakaloon. Die statuut het die
woordeboek herskryf om ondermeer onder daardie werkwoord
in te sluit enige
handelinge in verband met die vervaardiging, lewering, oorlaai, versending,
verkoop en/of uitvoer van die genoemde stof. En die klagstaat beweer onder meer
'n gesamentlike opset
"tussen die beskuldigdes onderling en/of tesame met ...
Obermeier ... en/of tesame met ander persone onbekend aan die Staat, om in
metakaloon handel te dryf'.
Appellant het by die aanvang van die verhoor
onskuldig gepleit en geen pleitverduideliking aangebied nie. Die uitsprake van
beide
die
6
streeklanddros en die hof a quo moes 'n baie wye veld dek vanweë die
ander aangeklaagdes wat ook hulle aandag geverg het. Nie
een van die twee het
noodwendig gewys op al die tersaaklike getuienis ten opsigte van appellant se
betrokkenheid by die sindikaat
se aktiwiteite nie. Wat voïg gee nie voor om
al daardie getuienis weer te gee nie. Dit is in die eerste plek onnodig en in
die
tweede onmoontlik vanweë die gebrekkigheid van die oorkonde wat die
appellant se prokureur aan hierdie Hof voorgelê het.
Die
polisie-optrede teen die sindikaat het begin by erf 345, New Brightonstraat in
'n nywerheidsgebied in Johannesburg. Op daardie
erf is verskillende fabrieke,
teen mekaar vas gebou. By een van hierdie was sommige van die vensters
toegeplak, ander swart geverf.
Na aanleiding van inligting ontvang, is
konstabels Riley en Haak soontoe in die vroeë oggend ure van 10 Februarie
1987. Riley
het 'n ruit gebreek, met 'n flits binne gelig, die indruk gekry dat
mense besig is om goed daar te verwyder, die deur oopgeskop en
na aanleiding van
wat hy gesien het vir
7
kaptein Roux gaan ontbied. Dit was een van die mandrax fabrieke waaroor
getuig is in hierdie lang verhoor. Daar was twee tablet-persmasjiene
daarbinne,
mandrax pille is gevind, mandrax poeier en klontjies op die masjiene en die
vloer, en verskeie houers met verskillende
chemikaliee daarin het
rondgestaan.
Om 4h00 die oggend is foto's geneem van die perseel. Daar was
tekens dat persone nie slegs daar gewerk het nie, maar ook daar gewoon
het. Daar
was byvoorbeeld matrasse, en 'n lee koeldrankblik, waarop 'n vingerafdruk van
appellant gevind is wat redelik vars voorgekom
het. Volgens die getuienis van
beskuldigde nr 6 het Obermeier hom dié dag geskakel en vertel dat die
deur van die fabrieksperseel
by erf 345 beskadig is. Nr 6 is opdrag gegee om om
te sien na die herstel daarvan. Hy het derhalwe vir appellant daardie opdrag
gegee.
Toe hy appellant later skakel om te bevestig dat dit gedoen is, het hy
vemeem dat appellant gearresteer is in verband met dwelms
by die fabriek.
Die arrestasie het só gekom. Luitenant Taylor het na sonop by die
8
perseel waar Roux toegang gekry het deur die deur te beskadig, aangedoen. Hy
is toe weg om weer later terug te keer met die doel om
die tablet-persmasjiene
te verwyder. Dáár gekom het hy inïigting ontvang wat hom van
plan laat verander het. Hy
het vanaf die aangrensende kantoor gesien dat persone
die deur van die mandrax fabriek waarin die masjiene was, herstel. Toe daag
appellant daar op met 'n wit Cortina bakkie en staan voor daardie deur. Taylor
het na buite beweeg en, natuurlik sonder om homself
as polisieman te
identiGseer, vir appellant gevra wat kom maak hy, kan Taylor hom help? - waarop
appellant valslik gesê het
dat hy by Doormaster in Pretoria werksaam is en
net kom kyk of die mense die werk goed gedoen het. Hy is daar weg. Dit was
ongeveer
13h30.
Ongeveer 'n halfuur later het 'n witman, beskuldigde nr 1,
met 'n wit Toyota bakkie daar opgedaag, uitgeklim en na iets of iemand
gesoek.
Taylor het weer uitgekom van die aangrensende perseel en nr 1 gevra of hy hom
kan help. Nr 1 het gesê dat hy vir 'n
swartman wag wat hom
9
moet help om masjiene op te laai wat hy na Pretoria moet neem. Taylor het
homself toe voorgestel as 'n polisiebeampte wat die vervaardiging
van dwelms op
die perseel ondersoek, en het nr 1 as 'n verdagte arresteer.
Van Taylor se
kollegas het opgedaag, so ook sekere Masinga wat die volgende skakel in die
gebeure was. Hy was die dag, 10 Februarie,
op soek na werk en was in die
omgewing van 'n Kentucky Fry saak in Bramley toe 'n BMW by hom stilhou. 'n
Witman het bestuur. Appellant
was saam met hom in die BMW. Masinga is gestuur om
'n boodskap aan nr 1 by die fabrieksperseel te gee, dat hy die BMW se
insittendes
in die Kentucky-saak sou kry. Masinga het die boodskap oorgedra waar
die polisie daar op die toneel was. Taylor het besluit om nr
1 se voomeme uit te
voer: die masjiene is op sy bakkie gelaai; en nr 1 in geselskap van Masinga en
'n swart speurder is in die bakkie
met die masjiene agterop na die omgewing van
die Kentucky perseel. Taylor en sy kollega Riley het die bakkie op 'n afstand
gevolg.
Nr 1 het skuins voor 'n motorhawe in Wynberg die Toyota tot stilstand
gebring. Taylor het
10
'n end weg parkeer. Appellant daag toe te voet daar op en stap stadig in die
rigting van die bakkie, maar beweeg weer terug. Na 'n
ruk kom hy weer in die
rigting van die bakkie maar stap verby. Toe hy tussen die petrolpompe deurgaan,
het die swart speurder wat
op die Toyota was, afgeklim en appellant
gearresteer.
Daama is op 'n ander perseel in dieselfde area, erf 349, 'n
kontrak gevind waarvolgens appellant in 1985 reeds aangestel word as bestuurder
van 'n "kunsmisfabriek" te Johannesburg met opdrag tot geheimhouding van die
samestelling van die produk en teen 'n maandelikse vergoeding.
Die kontrak is
gesluit met Obermeier. Dié perseel is deur beskuldigdes 3 en 6 onder 'n
vals naam in November 1986 gehuur.
Die vensterruite is onmiddellik wit geverf.
Die leunwa daarin was omskep tot 'n mobiele laboratorium in opdrag van nr 6 en
Obermeier.
Metakaloon poeier is ook daar gevind. Daar was wel 'n bietjie kunsmis
in die leunwa uitgestal, maar dit was duidelik slegs as 'n
bluf. Daar is geen
getuienis nie in soveel van die swak-saamgeflansde oorkonde as wat aan ons
voorgelê is,
11
wal toon dat Obermeier - of appellant - ooit kunsmis vervaardig het nie. Die buurman, mnr Machetto, het met hierdie kontraksluiting namens die eienaar van die perseel opgetree. Hy self het 'n ingeneurswerk langsaan bedryf. Hy het getuig dat die persone wat daar gewerk het, dit altyd gedoen het met die deure toe. "There were two servants which were working there, I do not know what it was in connection with, most probably they were workers." Hy het appellant uitgeken as een van die twee.
Daar was heelwat getuienis van voertuie wat deur lede van die sindikaat gebruik is wat vals kompartemente daarin gehad het. Wat appellant betref was die tersaaklike getuienis dat 'n kombi wat verskyn het op foto, bewysstuk E 37, deur kaptein Roux aangetref is op 13 Februarie by Machetto se ingeneurswerke. Dit het vals kompartemente ingehad. Getuies het gesien dat appellant dié kombi soms bestuur. Inderdaad het hy dit vantevore na Machetto geneem vir herstelwerk aan die ratkas en R900 aan kontant ten opsigte daarvan betaal. Dit was so
12
om en by November 1986. Voorheen het Machetto dit ook gediens en
ander herstelwerk daaraan gedoen. Machetto het by tye ook vir
beskuldigde
3 of besknldigde 6 hierdie kombi sien bestuur, nie slegs
appellant nie.
Sekere mnr Boshoff wat in dieselfde huis as nr 6 gewoon het, het
vertel dat hy in die tydperk tussen Junie tot Oktober 1987
vir appellant
meer as een maal in die Carlton Hotel ontmoet het op versoek
van nr 6,
Havenga, wat die afspraak telefonies met appellant gereël het.
Boshoff
het appellant nie voor die tyd geken nie, maar het geweet dat hy uit
is
op borg as medebeskuldigde van nr 6. Nr 6 het hom aangesê
om
appellant as "Ouboet" aan te spreek. Appellant sou daardeur
verseker
wees dat Boshoff 'n vertroueling van nr 6 is. By die eerste van
hierdie
ontmoetings
"[het] mnr Ranta ... my meegedeel dat siende die feit dat ek baie na aan mnr Havenga is dat ons 'n baie goeie verstandhouding het. Dat ek kennis moet opdoen om Mandrax-tablette te vervaardig ... Mnr Havenga moet my die kennis gee."
13
Mnr Bam, wat by die verhoor soos ook voor ons namens appellant opgetree het,
het dit aan Boshoff gestel dat die opdrag wat Boshoff
van nr 6 gekry het, was om
met appellant te praat oor 'n prokureur, "ek dink dit gaan oor of hy 'n
prokureur sal kry of hulle dieselfde
prokureur moet gebruik, maar iets oor 'n
prokureur? Nie waar nie?" Volgens Boshoff was dit slegs een gedeelte van nr 6 se
opdrag
aan hom. Appellant was volgens Boshoff nie alleen tydens hierdie eerste
ontmoeting nie. Appellant het Boshoff vertel dat die swartman
wat hom vergesel
het, in Lesotho 'n familielid het wat 'n farmaseutiese maatskappy daar het, waar
die vervaardiging van mandrax sou
kon hervat word.
In sy kruis-verhoor van
Boshoff, het advokaat Bam (a) gesê dat appellant dit erken dat daar een
ontmoeting tussen appellant
en Boshoff by die Carlton plaasgevind het, sodat
Boshoff 'n boodskap aan appellant kon gee in verband met die prokureur, omdat
beskuldigde
6 nie met hom direk kon kontak maak nie. Daar was geen gesprek oor
mandrax nie;
14
(b) gesê dat appellant nie Boshoff se weergawe oor die naam "Ouboet"
betwis nie. "Hy sê hy het besef dat dit 'n ... naam
[is] waarmee hy en
beskuldigde 6 mekaar aangespreek het nou en dan, en dat hy besef het dat u van
beskuldigde 6 af kom."
Dan is daar nog die getuienis van beskuldigde nr 6 wat
homself probeer verontskuldig het, en vir appellant ook, deur voor te gee dat
die bedryf waarin hulle betrokke was 'n heel onskuldige was. Nr 6 het getuig dat
hy appellant in ongeveer Julie 1986 ontmoet het.
Hy weet daarvan dat appellant
deur Obenneier in diens geneem is "aangaande die kunsmisaangeleentheid" wat tot
sy kennis nooit gerealiseer
het nie. Appellant is instede daarvan in diens
geneem as 'n nutsman by die twee fabrieke op erwe 345 en 349. Hy het
appellant op geleenthede daar gesien. Toe hy appellant bel om te hoor of die
deur herstel is en hoor dat appellant gearresteer
is in verband met dwelms, was
sy eerste reaksie dat hy dadelik by sy regsverteenwoordiger wou uitkom.
Dat nr 6 se getuiems dat hy en Obermeier besig was om geheime
15
maar onskuldige produkte te vervaardig wat nog gepatenteer sou word, verwerp
is, is verstaanbaar. Dit was onvermydelik. Vir huidige
doeleindes is dit
relevant dat by ondermeer getuig het dat dit Obermeier was wat opdrag gegee het
dat erf 345 gehuur word waar 6
en 3 kamma eksperimente kon doen, en dat nr 1 en
appellant daar sou ondermeer herverpakking van materiale doen.
Om nog etlike
klein faktore uit die omstandigheidsgetuienis te noem: Op die 14de Februarie
1987 het appellant nr 4 se huis in Soshanguwe
uitgewys waar nr 4 gearresteer is.
Daar is beslag gelê op dokumentasie betreffende die aankoop van
chemikaliee. Op 22 Februarie
was nr 3 reeds gearresteer. Appellant is saam met
beskuldigdes 1 en 3 soontoe geneem. Appellant het 'n spieêl losgeskroef.
Daar agter was 'n versteekte kluis.
Om saam te vat. Advokaat Bam het
(onvermydelik) toegegee dat appellant bewus was dat metakaloon vervaardig en
mandrax pille gepers
word deur sy medebeskuldigdes met wie hy bewys is op
intieme voet te
16
verkeer. Hy is fisies verbind met twee van die persele wat mandrax fabrieke
was: dcur Machetto met erf 345; deur die kontrak en nr
6 se getuienis met beide
dié en erf 349. Hy probeer om hom teenoor die buitewêreld van enige
verbintenis met die fabriek
op erf 345 te distansieer deur sy aanspraak om 'n
werknemer van Doormaster te wees, en van erf 349 deur sy vermyding van
beskuldigde
nr 1 ondanks hulle afspraak toe vreemdes by was, onmiddellik voor sy
arrestasie. Boshoff wat goed bevriend is met die plaaslike leier
van die
sindikaat, nr 6, wou hy selfs na arrestasie toe hy op borg uit was oorreed om
die lonende besigheid na Lesotho te verskuif.
Hy het dit nie goed gevind om
hierdie getuienis van Boshoff te weerspreek nie.
'n Skuldigbevinding was
onder hierdie omstandighede onvermydelik.
Wat betref die opgelegde vonnis
soos deur die hof a quo verminder, is dit beslis nie onvanpas nie. Volgens
onbetwisde getuienis aan
die verhoorhof voorgelê was die onderhawige saak
nie alleen die
17
grootste bekende klandestiene metakaloon vervaardigingsindikaat in Suid-Afrika nie, maar volgens die rekords van die Verenigde Volke Organisasie, die grootste in die wêreld. Die potensiële opbrengs van die sindikaat bereken met verwysing na die totale hoeveelheid chemikalieë aangekoop, was oor die 22 miljoen tablette. Die groothandelsprys van die produk sou ongeveer R57 miljoen oplewer met 'n straatprys van ongeveer R230 miljoen. En die verderflike gevolge van die sluikhandel in dwelms is in daardie getuienis ook uitgespel. Misbruik van die dwelm vernietig nie net verslaafdes nie, maar ook gesinne en die samelewing omdat dit tot alle denkbare vorms van misdaad lei. Dat appellant gedeel het in die sindikaat se aktiwiteite staan vas. Hy het verkies om nie te getuig hoe groot of klein sy aandeel daaraan was nie.
18
Ons is nie oorreed dat die hof a quo fouteer het wat betref of
skuldigbevinding of vonnis nie. Vir hierdie redes is die appèl van die
L VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM: NESTADT AR) SCOTT WnAR)