South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1995 >>
[1995] ZASCA 90
| Noteup
| LawCite
S v Vokaendleleni (486/94) [1995] ZASCA 90 (8 September 1995)
Download original files |
Saak nr 486/94 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DANIEL
VOKAENDLELENI APPELLANT
-en-
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM: Hefer, Vivier ARR et Van Coller Wn AR.
VERHOOR: 31 Augustus 1995.
GELEWER: 8 September 1995.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant is in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling deur Swart R en assessore aan moord (aanklag 1) en die onwettige besit
van 'n vuurwapen en ammunisie (aanklagte 2 en 3) skuldig bevind. Op die
moordaanklag is hy tot twaalf jaar gevangenisstraf gevonnis.
Op aanklagte 2 en
3, wat saamgeneem is vir doeleindes van vonnis, is hy tot twee jaar
gevangenisstraf gevonnis en dit is gelas dat
een jaar daarvan moet saamloop met
die vonnis op aanklag 1. Met die nodige verlof appelleer die appellant na
hierdie Hof teen sy
skuldigbevinding op al drie aanklagte.
Die
staatsaak teen die appellant was dat hy en ene Chere om ongeveer elfuur die aand
van 28 Mei 1993 in 'n kroeg in Bekkersdal, Westonaria,
in 'n stryery oor bier
betrokke geraak het. Die appellant het die kroeg verlaat, kort daarna temggekeer
met 'n
3
vuurwapen in die hand en sonder meer een skoot afgevuur wat die
oorledene, die 29-jarige Job Sobidi, in die bors getref het. Die oorledene
is
ongeveer sewe weke later, op 14 Julie 1993, in die hospitaal oorlede aan die
beserings wat hy as gevolg van die skietwond opgedoen
het. Die appellant se
saak, daarenteen, was dat hy nie die skoot gevuur het wat die oorledene getref
het nie en dat hy nie in besit
was van die betrokke vuurwapen en ammunisie nie.
Sy weergawe was dat Chere sonder enige rede 'n aggressiewe houding teenoor hom
ingeneem
het in die kroeg, dat Chere 'n vuurwapen uitgehaal het en dat hulle om
besit daarvan gestoei het toe die skoot afgaan terwyl Chere
nog steeds die
vuurwapen in sy hand gehad het.
Die meerderheid van die Verhoorhof
het die staatsgetuienis oor die skietvoorval aanvaar en bevind dat die appellant
na die stryery
met Chere na buite is om die vuurwapen in die hande te
kry
4
en dat hy dit daarna doelbewus in die rigting van die oorledene afgevuur
het in die kroeg vol mense. Die meerderheid het die moontlikheid
aanvaar dat die
appellant na 'n ander persoon as die oorledene gemik het maar het bevind dat hy
die moontlikheid voorsien het dat
hy die oorledene noodlottig kon tref en
onverskillig teenoor die intrede van hierdie gevoïg gestaan het. Die
meerderheid het
bevind dat die appellant se getuienis ernstige weersprekings en
onwaarskynlikhede bevat wat so ver strek dat sy weergawe nie redelik
moontlik
waar kan wees nie. Die meerderheid het voorts bevind dat die vereiste
oorsaaklikheidsverband tussen die skietwond en die
oorledene se dood wel deur
die Staat bewys is.
Namens die appellant is eerstens in hierdie Hof
betoog dat die meerderheid van die Verhoorhof verkeerdelik die staatsgetuienis
oor
die skietvoorval aanvaar en dié van die appellant verwerp het. Dit is
gevolglik nodig om kortliks na die getuienis te verwys.
5
Zagie Mosito het getuig dat sy moeder die eienaar van die kroeg is, dat hy die betrokke aand daar gewerk het en dat hy die appellant goed ken as 'n gereelde klant. Om ongeveer elfuur die aand was hy besig om glase af te dek van die tafels toe die appellant by die kroeg inkom met 'n vuurwapen in die hand. Die kroeg is 'n lang smal vertrek met die toonbank aan die een smal kant. Zagie het verduidelik dat die tafels in 'n ry vanaf die toonbank in die middel van die vertrek geplaas was met stoele rondom elke tafel, en dat hy by die tweede tafel vanaf die kroeg, ongeveer regoor die deur waar die appellant ingekom het, besig was. Die deur is net langs die toonbank. Volgens Zagie het die appellant sonder om iets te sê 'n skoot afgevuur in die rigting van die mense by die ry tafels. Daar was op hierdie stadium ongeveer twintig mense in die kroeg. Na die skoot het die appellant uitgehardloop, gestruikel en geval en Benjamin Mogoje het hom
6
gegryp. Terwyl hulle stoei, het ene Lefty daar aangekom en die vuurwapen
by die appellant afgeneem met die woorde dat dit aan hom
behoort. Lefty en die
appellant het daarna saam die perseel verlaat. Toe Zagie terugkeer na die kroeg
het hy die oorledene in 'n
bloedkol op die vloer sien lê en gehelp om hom
na die Leratong-hospitaal te vervoer.
Zagie se getuienis word
gestaaf deur dié van Benjamin Mogoje en Joseph Lekgatle. Lefty het nie
getuig nie omdat hy, voïgens
die ondersoekbeampte, nie opgespoor kon word
nie. Benjamin het getuig dat hy die aand diens gedoen het as veiligheidswag
buite die
kroeg en dat hy die klante moes deursoek voor hulle die kroeg
binnegaan. 'n Onbekende persoon het daar gekom met iets wat soos 'n
vuurwapen
gelyk het in sy hand. Omdat hy bang was, het hy nie die persoon deursoek nie.
Kort nadat die persoon die kroeg binnegegaan
het, het hy 'n skoot
7
gehoor en die persoon het uitgekom met die vuurwapen nog steeds in sy
hand. Die persoon het geval en Benjamin het bo-op hom gespring.
Hulle het
gestoei om besit van die vuurwapen. Lefty het daar opgedaag en die vuurwapen by
die persoon afgeneem en gesê dat
dit aan hom behoort. Lefly en die persoon
is saam daar weg. Joseph se getuienis was dat hy om ongeveer elfuur die betrokke
aand by
'n tafel naby die kroegtoonbank gesit en in die rigting van die
buitedeur gekyk het. 'n Persoon wat hy nie geken het nie, het by
die deur
ingekom met 'n vuurwapen in die hand waarmee hy 'n skoot geskiet het in die
rigting waar die oorledene later op die vloer
aangetref is. Die aanvaller het
uitgegaan, geval en Benjamin het met hom gestoei totdat Lefty die vuurwapen by
hom afgeneem het.
Abraham Mosweu ("Chere") het getuig dat hy en die
appellant saam grootgeword en drie strate van mekaar af gewoon
8
het. Hy was die betrokke aand in die kroeg en het by 'n tafel ongeveer in
die middel van die kroeg gesit. Die appellant het oorkant
hom by dieselfde tafel
gesit. Chere het afgebuk om sy skoen vas te maak en toe hy orent kom, sien hy
dat 'n bottel bier van hom weg
is. 'n Woordewisseling het tussen hom en die
appellant ontstaan oor wat van die bier geword het. Die appellant het opgestaan
en eers
by 'n ander groepie gaan sit en toe die kroeg verlaat. Die oorledene het
langs Chere kom sit en hulle het 'n bier gedeel. Later het
Chere opgestaan en
gedans. Tenvyl hy dans het die appellant by die kroeg ingekom en sonder om iets
te sê 'n skoot afgevuur
in die rigting waar die oorledene nog gesit en
Chere vroeër gesit het.
Die appellant se getuienis was dat hy
'n gereelde klant by die betrokke kroeg is en die mense daar goed ken. Die aand
van die voorval
het hy tussen nege- en tienuur daar gekom, twee biere
9
gekoop en by die tweede tafel vanaf die toonbank gaan sit. Die kroeg was vol mense, meer as die twintig wat Zagie geskat het. Terwyl hy besig was om sy eerste bier te drink het 'n groep van ses persone na sy tafel gekom en om hom kom staan. Twee lede van die groep, Chere en Lefty, het hy goed geken. Die oorledene, wat hy nie geken het nie, was ook 'n lid van hierdie groep. Chere het hom daarvan beskuldig dat hy 'n Inkatha-lid is, op hom gespoeg en sy vinger teen sy voorkop gedruk. Chere het 'n beweging met sy regterhand gemaak waarop hy Chere se hand met albei sy hande gegryp het omdat hy vermoed het dat Chere 'n mes wou uithaal. 'n Stoeiery het gevolg waartydens die ander lede van die groep hom in die rigting van die buitedeur gestoot en een hom met 'n mes in die rug gesteek het. Terwyl hulle stoei het hy op 'n stadium Chere se regterhand omhoog gedruk en 'n skoot het afgegaan. Hy het toe vir die eerste keer besef dat Chere 'n vuurwapen in sy
10
regterhand het en dat 'n skoot daarmee afgevuur is. Toe die skoot klap
het hy geval, opgespring en weggehardloop. Hy het nie gesien
dat iemand deur die
skoot getref is nie. Hy het ontken dat daar 'n stoeiery buite die kroeg was. Hy
het verder getuig dat Zagie,
Benjamin en Joseph nie een die betrokke aand daar
was nie en dat hulle 'n komplot gesmee het om hom valslik te beskuldig. Chere en
Lefty is lede van die Inkatha-party waarby Zagie ook betrokke is, terwyl hyself
weier om betrokke te raak by dié party se
bedrywighede. Verder is al die
staatsgetuies bang vir Chere.
Namens die appellant is betoog dat die
síaatsgetuienis vol weersprekings en onwaarskynlikhede is en dat die
Staat nie sy saak
bo redelike twyfel bewys het nie. Die belangrikste
teenstrydighede waarop gesteun is, is die volgende: Zagie, Ben en Joseph meld
nie een dat die appellant vroeér die aand in die kroeg was en uitgegaan
het voordat hy weer teruggekeer en geskiet het nie,
11
terwyl dit wel die geval was volgens Chere; laasgenoemde het getuig dat
klante nie deursoek is voordat hulle die kroeg binnegegaan
het nie terwyl die
ander staatsgetuies getuig het dat Benjamin wel die klante deursoek het; volgens
Chere het sommige klante gedans
terwyl daar volgens Zagie en Joseph geen dansery
was nie; Zagie het getuig dat Joseph die betrokke aand in die kroeg gehelp en
mense
bedien het terwyl Joseph self getuig het dat hy moeg was en bloot 'n bier
daar gedrink het. Die Verhoorhof het breedvoerig met elkeen
van hierdie
teenstrydighede gehandel en tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie wesenlik
van aard is nie. Ek stem saam. Soos die
Verhoorhof sal ek dit verbasend vind as
almal in 'n kroeg dieselfde waarnemings en herinnering het oor wie wat gedoen
het.
Dit is betoog dat dit onwaarskynlik is dat die appellant vir
Chere sou wou skiet bloot op grond van Chere se beskuldiging oor
12
die verdwyning van sy bier en verder dat hy dit ten aanskoue van 'n kroeg
vol mense sou doen. Op sy eie getuienis, egter, het die
appellant die aand baie
gedrink en was hy onder die invloed van drank. Sy optrede kan dus nie beoordeel
word aan die hand van hoe
'n mens normaalweg sou gehandel het nie. Dit is voorts
betoog dat die getuienis oor Benjamin se heldhaftigheid na die skietery
onwaarskynlik
is in die lig van sy eie getuienis dat hy voorheen bang was om die
appellant te deursoek. Die getuienis was egter dat toe die appellant
uitkom hy
gestruikel en geval het. Ek vind dit nie onwaarskynlik dat Benjamin toe kans
gesien het om hom te pak nie.
Ander aspekte van die staatsaak wat
namens die appellant as onwaarskynlik bestempel is, is Lefty se aankoms op die
toneel, die versuim
van die skare om die appellant te arresteer en Zagie se
getuienis dat geen wapens vir sekuriteitdoeleindes by die kroeg
13
aangehou word nie. Ek vind die getuienis wat op hierdie aspekte gegee is,
geensins onwaarskynlik nie en dit is gevolglik nie nodig
om iets meer
hieromtrent te sê nie.
Die appellant se weergawe, aan die
ander kant, is so onoortuigend en onwaarskynlik dat dit met reg deur die
Verhoorhof verwerp is.
Ek verwys na enkele aspekte. Sy storie oor waarom die
groep hom aangeval het, is totaal onsinnig. Hulle is lede van die
Inkatha-beweging
maar beskuldig hom terselfdertyd dat hy 'n lid is van dieselfde
beweging. Verder is dit moeilik om te aanvaar dat hy Chere se hand
kon gegryp en
'n heel tydjie met hom gestoei het sonder om die vuurwapen in sy hand te sien.
Volgens die mediese getuienis het die
koeël die oorledene se liggaam met 'n
afwaartse trajek getref, wat daarop dui dat die oorledene gesit het toe hy
geskiet is.
Dit strook nie met die appellant se getuienis dat die oorledene een
van die groep was wat hom omsingel het nie.
14
Die betoog namens hom dat die oorledene op 'n stadium die groepie
aanvallers verlaat en gaan sit het voor die skoot gevuur is, was
nie oortuigend
nie. Volgens die appellant het hy skaars by die kroeg aangekom toe die skietery
plaasvind. Nogtans getuig hy onomwonde
dat Zagie, Joseph en Benjamin nie een
daar was nie. Dit is skaars denkbaar dat getuies wat nie eers op die toneel was
nie, sou saamspan
om hom valslik te inkrimineer. Daar is geen feitebasis vir
hierdie moontlikheid nie.
Ek is gevolglik van mening dat daar geen
rede bestaan om met die Verhoorhof se aanvaarding van die staatsgetuienis en sy
verwerping
van die appellant se weergawe in te meng nie. Daarvolgens is dit
duidelik dat die appellant die skoot gevuur het wat die oorledene
getref het en
dat hy dit met die vereiste opset by moontlikheidsbewussyn gedoen het.
Die verdere vraag is of die skietwond regtens die dood van
15
die oorledene veroorsaak het. Binne 'n uur nadat die oorledene geskiet is, het hy 'n noodoperasie in die Leratong-hospitaal ondergaan. Volgens die mediese getuienis het die koeël sy borskas in die vyfde tussenribspasie binnegedring. Dit is deur die diafragma, hartsak en maag; daarna het dit die hoofslagaar na, en die hoofaar vanaf die miït deurboor, uitgebreide kneusing van die pankreas veroorsaak en is uiteindelik deur die eerste lumbale rugwerwel en rugmurg by die liggaam uit. Dr Serfontein, wat die operasie gedoen het, het getuig dat die milt verwyder en al die ander skade chirurgies herstel is behalwe dié aan die pankreas, rugwerwel en rugmurg. Hy het verduidelik dat alhoewel die koeël nie die pankreas self getref het nie, dit so na aan die pankreas verby is dat die skokgolf daarvan die kneusing veroorsaak het. Sulke beserings word as baie emstig beskou en is lewensgevaarlik. Die pankreas vervaardig verteringsensieme en so 'n besering kan
16
met verloop van tyd tot die vorming van 'n sist bevattende
verteringsensieme lei wat die pankreas kan vernietig, veral wanneer dit
bars en
die ensieme vrystel. In so 'n geval volg die dood onmiddellik. Dr Serfontein het
sekere post-operatiewe nasorg voorgeskryf
wat daarop neergekom het dat die
pasient geen vaste voedsel inneem nie sodat die pankreas kan herstel. Die skade
aan die rugmurg
het die permanente verlamming van die oorledene onder die vlak
van die eerste lumbale rugwerwel tot gevolg gehad.
Op 31 Mei 1993 is
die oorledene, wat 'n mynwerker was, oorgeplaas na die GoldGelds West-hospitaal
waar sy toestand stabiel gebly en
hy klinies goeie vordering gemaak het. Op 3
Junie 1993 is hy oorgeplaas na die spinale eenheid by die Rand Mutual-hospitaal
vir sy
rehabilitasie as 'n parapleeg waar hy gebly het tot sy dood op 14 Julie
1993.
In laasgenoemde hospitaal het die oorledene volgens alle
17
aanduidings goeie vordering gemaak tot twee dae voor sy dood. Op 12 Julie 1993 is bloed in sy urine gevind, hy het gebraak en het mucus deur die rektum passeer. Daar was geen ander uitwendige teken van enige probleem nie. Hy is deur Dr Hooper, die hoof van die spinale eenheid, ondersoek en 'n urineweg-infeksie, wat algemeen voorkom onder parapleë, is gediagnoseer. Die oorledene het nie op behandeling reageer nie en sy toestand het verswak. Die volgende dag, 13 Julie 1993, het die braking voortgeduur en hy het nou ook diarree gehad. Verdere medikasie en binne-aarse voeding is toegedien maar sy toestand het verder verswak. Vroeg die oggend van 14 Julie 1993 het hy gekla van pyn in sy buik en X-strale is geneem. Dit het 'n abnormaliteit in die boonste gedeelte van die buikholte in die omgewing van die trajek van die skietwond getoon. Die radioloog het aanbeveel dat 'n serum-amulase gedoen word om te bepaal of van die ensieme van
18
die pankreas nie uit die pankreas lek nie. Daar is aanbeveel dat 'n sg
CAT-scan van die buikholte gedoen word maar die oorledene het
gesterf voordat
dit gedoen kon word. Ten spyte daarvan dat die hulp van 'n aantal senior
dokters, insluitende spesialiste, ingeroep
is, het die oorledene gedurende die
middag van 14 Julie 1993 gesterf. Die meganisme van sy dood was 'n hartstilstand
as gevolg van
elektrolitiese wanbalans weens dehidrasie.
Die
oorledene was volgens 'n toets wat voor sy dood gedoen is, 'n draer van die
HlV-virus en gevolglik is geen volledige lykskouing
gehou nie. Die oorsaak van
dood in 'n geval van manslag hoef egter nie noodwendig deur direkte getuienis of
mediese getuiems, gebaseer
op 'n post mortem ondersoek, bewys te word nie (S v
Blom 1939 AD 188 op 208).
Die meerderheid van die Verhoorhof het
bevind dat die oorledene se dood veroorsaak is deur die besering van die
pankreas,
19
alternatiewelik deur 'n ander besering in sy buikholte, wat in
beide
gevalle direk gevolg het op die skietwond. Die meerderheid
het
bevind dat selfs al is die spesifieke onmiddellike oorsaak van
dood
nie bewys nie, alle moontlike oorsake direk in verband staan
met
die skietwond, en dat die moontlikheid van 'n novus
actus
interveniens wat nie met die skietwond en die gevolge
daarvan
verband hou nie, op suiwer spekulasie berus.
Die eerste vraag wat beantwoord moet word by die vasstelling
van die vereiste oorsaaklikheidsverband is
of daar "feitelike
veroorsaking" op die grondslag van die conditio
sine qua non
bewys is. In S v Daniels en 'n Ander 1983 (3) SA 275
(A),
wat 'n strafappèl was, het Jansen AR hieromtrent die
volgende
op 331 B-D gesê :
"Daar kan weinig twyfel bestaan dat in ons regspraak die bepaling van 'feitelike' oorsaaklike verband op die grondslag
van die conditio sine qua non geskied Sonder sodanige
verband tussen die dader se handeling en die beweerde,
20
gewraakte gevolg is daar in die algemeen geen aanspreeklikheid nie. Aan die ander kant is dit ook duidelik dat 'n dader nie aanspreeklik gestel behoort te word vir alle gevolge waarvan sy handeling 'n conditio sine qua non is nie - sy aanspreeklikheid sou dan te wyd strek en die grense van redelikheid, billikheid en regverdigheid oorskry. Beleidsoorwegings verg dat iewers 'n grens gestel moet word."
Die aard van die ondersoek na die "feitelike veroorsaking" is as volg deur Corbett HR in Intemational Shipping Company (Pty) Ltd v Bentley 1990 (1) SA 680(A) op 700 E-I gestel :
"The enquiry as to factual causation is generally conducted by applying the so-called 'but-for' test, which is designed to determine whether a postulated cause can be identiGed as a causa sine qua non of the loss in question. In order to apply this test one must make a hypothetical enquiry as to what probably would have happened but for the wrongful conduct of the defendant. This enquiry may involve the mental elimination of the wrongful conduct and the substitution of a hypothetical course of lawful conduct and the posing of the question as to whether upon such an
21
hypothesis plaintiff s loss would have ensued or not. If it would in any event have ensued, then the wrongful conduct was not a cause of the plaintiff s loss; aliter, if it would not so have ensued. If the wrongful act is shown in this way not to be a causa sine qua non of the loss suffered, then no legal liability can arise. On the other hand, demonstration that the wrongful act was a causa sine qua non of the loss does not necessarily result in legal liability. The second enquiry then arises, viz whether the wrongful act is linked sufficiently closely or directly to the loss for legal liability to ensue or whether, as it is said, the loss is too remote. This is basically a juridical problem in the solution of which considerations of policy may play a part. This is sometimes called 'legal causation'."
In Bentley se
saak was 'n deliktuele eis ter sprake maar, met die nodige aanpassings, geld wat
in die aangehaalde passasie gesê
is, eweneens in 'n strafsaak. Sien verder
S v Mokgethi en Andere 1990(1) SA 32(A)op 39D-H.
By 'n beoordeling
van die feite van die huidige saak kan daar, na my mening, geen twyfel bestaan
nie dat die skietwond 'n
22
conditio sine qua non was van die oorledene se dood. Die
koeël
het die oorledene se buikholte deurdring en
lewensgevaarlike skade daar aangerig. Al die simptome wat die oorledene die
laaste paar
dae van sy lewe getoon het, het direk betrekking gehad op sy
buikholte. Die medici was dit eens dat die oorïedene waarskynlik
gesterf
het as gevolg van 'n pankreas- of 'n ander besering van die buik wat deur die
skietwond veroorsaak is. Dit is gevolglik nie
nodig om te bepaal watter
spesifieke besering die dood veroorsaak het nie. Dit is egter duidelik dat die
oorledene nie sou gesterf
het as die appellant hom nie geskiet het
nie.
Namens die appellant is verskeie ander moontlike oorsake van
dood geopper wat onverwant is met die skietwond, soos dat die oorledene
weens 'n
urineweg-infeksie of gastritis of vigs gesterf het. Wat die eerste moontlikheid
betref het Dr Hooper uitdruklik getuig dat
die infeksie binne 'n dag heeltemal
opgeklaar het en dat dit in
23
elk geval 'n direkte gevolg van die skietwond was. Wat die moontlikheid
van gastritis betref, het Dr Hooper getuig dat stoelgang-toetse
getoon het dat
die oorledene nie gastritis gehad het nie. Hierdie getuienis is streng gesproke
hoorsê maar daar is geen feite-basis
hoegenaamd vir 'n redelike
moontlikheid van die bestaan van gastritis nie. Dieselfde geld vir die suggestie
dat die oorledene aan
vigs gesterf het, wat in elk geval, volgens die mediese
getuienis, nie 'n oorsaak van dood kan wees nie.
Die volgende vraag
is of die skietwond regtens die oorledene se dood veroorsaak het. In die
Mokgethi-saak, supra, op 39 J -40 I, het
Van Heerden AR na die verskillende
kriteria vir die bepaling van juridiese kousaliteit verwys, soos die afwesigheid
van 'n novus
actus interveniens, "proximate cause", "direct cause",
voorsienbaarheid en adekwate veroorsaking en as volg voortgegaan (op 40 I
- 41
A):-
24
"Wat die onderskeie kriteria betref, kom dit my ook nie voor dat hulle veel meer eksak is as 'n maatstaf (die soepele maatstaf) waarvolgens aan die hand van beleidsoorwegings beoordeel word of 'n genoegsame noue verband tussen handeling en gevolg bestaan nie. Daarmee gee ek nie te kenne nie dat een of selfs meer van die kriteria nie by die toepassing van die soepele maatstaf op 'n bepaalde soort feitekompleks subsidiêr nuttig aangewend kan word nie; maar slegs dat geen van die kriteria by alle soorte feitekomplekse, en vir die doeleindes van die koppeling van enige vorm van regsaanspreeklikheid, as 'n meer konkrete afgrensingsmaatstaf gebruik kan word nie."
Namens die appellant is betoog dat die skietwond in die huidige saak nie as regsoorsaak van die oorledene se dood geld nie omdat die nalatigheid van die personeel van die Leratong-hospitaal 'n novus actus interveniens daarstel. Dié nalatigheid sou daarin bestaan dat die ander twee hospitale waarin die appellant daarna opgeneem is, nie verwittig is van die oorledene se pankreasbesering nie. Daar is betoog dat indien die personeel by die Rand Mutual-
25
hospitaal bewus was van hierdie besering hulle betyds die nodige
behandeling kon gegee en sodoende die oorledene se dood verhoed
het.
Dr Serfontein het getuig dat daar geen medikasie of operatiewe
ingrepe bestaan vir die behandeling van 'n pankreasbesering nie. Die
ondersteunende terapie wat hy voorgeskryf en waarna ek reeds verwys het, is mee
volgehou totdat die oorledene in die Rand Mutual-hospitaal
opgeneem is. Op geen
stadium voor die laaste paar dae van sy lewe het die oorledene enige simptome
getoon wat daarop gedui het dat
sy pankreasbesering nie herstel het nie. Dr
Hooper, wat in beheer was van die oorledene se behandeling in die Rand
Mutual-hospitaal,
het getuig dat die medici by hierdie hospitaal toe daarop
bedag was dat die oorledene moontlik pankreatitis of 'n sist van die pankreas
ontwikkel het as gevolg van die skietwond, maar dat daar
26
niks was wat hulle kon doen om die oorledene se lewe te red nie. Dit is duidelik dat daar geen nalatigheid aan die kant van die personeel van enige van die drie hospitale was nie.
Ek is gevolglik van mening dat daar geen sprake is van enige novus actus intervenies nie en dat daar 'n genoegsame noue verband bestaan tussen die skietwond en die oorledene se dood om die appellant daarvoor regtens aanspreeklik te hou.
Die appellant is gevolglik tereg skuldig bevind en die appèl word afgewys.
W VIVIER AR.
HEFER AR)
Stem saam. VAN COLLER WN AR)