South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1995 >>
[1995] ZASCA 97
| Noteup
| LawCite
S v Van Wyk (618/94) [1995] ZASCA 97 (14 September 1995)
Download original files |
NIE RAPPORTEERBAAR SAAKNOMMER: 618/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak
tussen:
SIMON VAN WYK APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM: E M GROSSKOPF, VIVIER et OLIVIER
ARR
VERHOORDATUM: 28 AUGUSTUS 1995
LEWERINGSDATUM: 14
SEPTEMBER 1995
UITSPRAAK OLIVIER, AR:
Die appellant, 'n 24-jarige manspersoon, het tydens
'n sitting van die Suid-Transvaalse Streekhof te Germiston tereggestaan op 'n
aanklag van oortreding van art 32(1 )(e), gelees met arts 1, 39(2) en 40 van die
Wet op Wapen en Ammunisie 75 van 1969, deurdat hy
op 22 Mei 1992 en te of naby
Germiston wederregtelik dertig rondtes 7,62x 39mm-ammunisie wat bestem
2
was om uit 'n masjiengeweer of soortgelyke wapentuig afgesklet te word,
onwettig in sy besit gehad het. By die verhoor is namens die
verdediging erken
dat die voormelde patrone van dle soort is wat bestem is om deur 'n
masjiengeweer afgevuur te word.
In weerwil van 'n verontskuldigende pleit, is
appellant skuldig bevind en gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf. Sowel die
skuldigbevinding
as die vonnis is gehandhaaf in 'n appël wat gedien het
voor die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof. Dleselfde
hof
het ook die appellant se aansoek om verlof om tot hierdie hof te appelleer, van
die hand gewys. Die appellant is deur hierdie
hof verlof verleen om ten aansien
van die vonnis alleen in hoër beroep te kom.
Wat die feite van die
aangeleentheid betref, hoef slegs die volgende vermeld te word. In die verhoor
het konstabel Ueckerman, 'n lid
van die Binnelandse Stabiliseringseenheid van
die Suid-Afrikaanse Polisie, getuig dat hy en ander lede van die polisie
gedurende
die namiddag van 22 Mei 1992 by die Germiston-spoorwegstasie alle
passasiers wat per trein arriveer het,
3
deursoek het. Alle aankomende passasiers moes in 'n ry inval en elkeen is
deur die polisiespan deursoek. Toe die beskuldigde by Ueckerman,
wat deel van
die span was, gekom het, het hy 'n drasak by hom gehad. Ueckerman het hom
liggaamlik deursoek en die sak oopgemaak.
Binne-in die sak was 'n opgerolde rooi
oorpak waarin Ueckerman 'n magasyn met die genoemde 30 rondtes AK47-ammunisie
daarin aangetrei
het. Toe Ueckerman die magasyn uithaal, het appellant
weggehardloop. Ueckerman het hom agternagesit. Die appellant het homself in
'n
draadversperring vasgehardloop, waar Ueckerman hom in hegtenis geneem het.
Appellant het aan Ueckerman gesê dat die magasyn
nie syne is nie. Toe
Ueckerman hom vra waarom hy op loop gesit het, het hy gesê hy was
bang.
Appellant se weergawe was dat hy die betrokke dag op die trein gery het
en in 'n kompartement reg oorkant 'n ingeboude verwarmer gesit
het. Hy het 'n
voorwerp onder die verwarmer geslen, dit uitgehaal en gevind dat dit die
betrokke magasyn met die ammunisie daarin
was. Hy het dit met die oorpak
toegedraai en in sy drasak geplaas. Hy het besluit om die magasyn met
4
patrone na die Edenpark-aanklagkantoor waar sy broer gewerk het
as
polisiebeampte, te neem. Hy het al vemeem dat 'n beloning uitgereik word
aan mense wat ammunisie vind en by die polisle inlewer. Hy
het gedink hy moet
die aangeleentheid met sy broer gaan bespreek. Hy het getuig dat toe hy in die
tou ingeval het, hy nie geweet
het dat hy deur polisie deursoek sou word nie. Hy
het gedink daar is bloot 'n spoorwegkontrole in verband met reiskaartjies aan
die
gang. Volgens hom het Ueckerman, toe hy die magasyn gevind het, aan hom
gesê het dat dit sy (Ueckerman) se gelukkige dag is
en dat hy elke Vrydag
iemand betrap. Hy het ook die appellant se arm agter sy rug opgebuig. Appellant
het toe losgeruk en weggehardloop
want hy het gevoel Ueckerman wil hom nie 'n
kans gee om sy saak te verduidelik nie. Hy het ook groot geskrik en besef dat hy
opgesluit
gaan word. Dit moet vermeld word dat Ueckerman ontken het dat hy
enígsins aan die appellant geraak het voordat laasgenoemde
voet in die
wind geslaan het. Op vrae van die aanklaer waarom hy die magasyn in sy oorpak
toegedraai het en dit dus probeer versteek
het, het die appellant 'n antwoord
skuldig gebly.
5
Die verhoorlanddros het tereg die appellant se verduideliking verwerp.
Blykens Ueckerman se getuienls was die appellant bewus daarvan
dat die
passasiers deursoek word en kon hy onmiddellik die magasyn oorhandig het, indien
dit sy bedoeling was. Daarbenewens is daar
'n aanklagkantoor op die Germistonse
spoorwegstasie waar hy die magasyn kon gaan inhandig het. Die appellant se
poging om te ontvlug
spreek boekdele, te meer waar sy verduideliking daarvoor as
vals verwerp is.
Wat vonnis betref, het die appellant nie self ter
strafversagting getuig nie. Dit was gemene saak dat hy 24 jaar oud is. Sy
prokureur
het die hof meegedeel dat hy nie getroud is nie, maar dat hy kinders
het vir wie hy moet sorg. Hoeveel kinders hy het en wat hul
ouderdomme is, is
nie vermeld nie. Geen verdere besonderhede van sy persoonllke omstandighede, bv
met betrekking tot kwalifikasies
of rehabilitasie-moontlikhede is verstrek nie.
Die appellant het nie enige vorige veroordelings vir die besit van wapens of
ammunisie
nie, maar het wel 'n vorige veroordeling vir diefstal in 1987. Hy het
blykbaar motorwlele ter waarde van R400 gesteel en is gevonnis
om vyf houe
6
met 'n ligte rottang te ontvang. Toe die huidige oortreding gepleeg is, het
hy blykbaar 'n vaste betrekking gehad, maar waar en in
welke hoedanigheid hy in
diens was of welke inkomste hy verdien het, is nie aan die hof bekendgemaak
nie.
By oorweging van die vonnis het die verhoorlanddros in aanmerking geneem
dat dit 'n toenemende verskynsel is dat persone in onwettige
besit van wapens
soos AK47-gewere en ammunisie is. Talle misdade word dan met hierdie wapens
gepleeg. Dit lei tot lewensverlies en
ander ellendes. Die landdros het daarop
gewys dat die wetgewer hierdie oortreding in 'n baie ernstige lig beskou en
voorslening gemaak
het vir gevangenisstraf van tot 25 jaar. Hy het gesê
dat bestrawwing moet dlen as 'n afskrikmiddel nie net vir die betrokke
beskuldigde nie, maar ook vir ander persone. Hy het ook in ag geneem dat die
appellant nie eintlik sy samewerking aan die pollsie
gegee het nie, maar probeer
het om te ontsnap en dat hy nooit die bedoeling gehad het om die magasyn met die
ammunisie by 'n aanklagkantoor
in te handig nie.
Op appèl na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling het appellant se
7
advokaat ten aansien van vonnis aangevoer dat dit hier slegs om dertig rondtes ammunisie gaan; dat die appellant nie in besit was van 'n wapen waaruit hierdie ammunisie afgevuur kon word nie en dat dit dus onnodig was om 'n vonnis van die felheid van twee jaar gevangenisstraf op te lê. Swart R wat die uitspraak van die hof gelewer het, het opgemerk dat die vonnls 'n streng een is en dat dit ook waar is dat die appellant nie in besit was van 'n wapen waaruit die rondtes afgevuur kon word nie. Die teensy van die argument is egter dat die blote besit van ammunisie 'n oortreding daarstel. In die afwesigheid van 'n gemagtigde wapen kon die appellant geen wettige gebruik van die ammunisie maak nie. Die wesenlike gevaar en trouens die waarskynlikheid, aldus Swart R, is dat iemand wat besit verkry van die betrokke soort ammunisie en wat dit nie self kan benut nie, dit sal probeer verhandel aan lemand wat dit wel kan gebruik met gevolge, in 'n outomatiese geweer, wat maar al te goed bekend is. Swart R het ook opgemerk dat daar beperkte gronde is waarop 'n hof van appel geregtig is om met 'n vonnis, opgelê in 'n laer hof, in te meng. Hy het bevind dat geen van daardie gronde
8
in die onderhawige geval aanwesig was nie.
tn hierdie hof is namens appellant aangevoer dat daar geen daadwerklike bewys
was dat hy, soos die verhoorhof dit gestel het, die
betrokke ammunisie probeer
wegsmokkel of uitsmokkel het nie. Dit mag wel so wees dat die betrokke
uitdrukking van die verhoorhof
ietwat ongelukkig is, maar die feit bly staan dat
die verhoorhof tereg bevind het dat daar geen bedoeling by die appellant was om
die ammunisie by die polisie in te handig nie. Die afleiding dat hy 'n sinistere
motief gehad het met die besit van die ammunisie
skyn derhalwe geregverdig te
wees.
Daar is ook aangevoer dat die verhoorhof ten onregte in aanmerking
geneem het dat outomatiese wapens en ammunisie aangewend word om
misdade te
pleeg waarby groot lewensverlies gely word. Daar kan egter geen beswaar wees
teen die oplegging van swaarder strawwe vir
misdade wat tot kommerwekkende mate
in omvang toeneem ten einde voornemende oortreders af te skrik nie, mits die
opgelegde vonnis
in verhouding bly met die oortreder se morele verwytbaarheid en
die noodsaak om die openbare belang
9
te beskerm (sien S v Matoma 1981(3) SA 838 (A) te 842 H - 843 B; S
v G
1989(3) SA 695 (A) te 702 A - C; S v Collett 1990(1) SASV 485
(A) te 469 e -
471 f; S v Khulu 1975(2) SA 518 (N) te 521 B - 522
C).
Maar, soos aangetoon deur Miller AR in S v Maseko 1982(1) SA 99 (A)
te 102 C - F kan 'n vonnis wat onder andere afskrikking
beoog, nie opgelê
word as die laakbare gesindheid wat die
afskrikkingskomponent regverdig, nie
by die betrokke dader aanwesig was nie.
Juis in verband met die onwettige
besit van vuurwapens verklaar Miller
AR:
"The magistrate clearly regarded this case as one in which an exemplary sentence should be imposed wat as voorbeeld sal dien en wat afskrikkingswaarde sal hê' and in that context concluded that the case fell within the category of cases which required that the offender necessarily undergo a period of imprisonment. He also made pointed reference in that context to the many crimes committed by the use of firearms possessed by persons not licensed to possess them - a factor hardly to be taken into account against the appellant personally, in the light of the magistrate's finding that he possessed the firearm not for unlawful or nefarious purposes."
Die afwesigheid van 'n bedoeling om die betrokke ammunisie vir afkeurenswaardige bedrywighede te besit en aan te wend, sou dus 'n vonnis
10
gerig op afskrikking onvanpas maak. Die afwesigheid van so 'n laakbare motief
sou, inteendeel, as strafversagtende faktor in aanmerking
geneem moet word, soos
blyk uit beslissings soos S v Snyders 1981(2) SA 294 (K) en S v
Moleme 1994(1) SASV 1 (A).
In Snyders het dit geblyk dat die
appellant 'n .22 kaliber pistool en twee rondtes ammunisie daarvoor die vorige
aand in 'n kaartspel gewen
het. Hy is die volgende oggend in besit daarvan
betrap toe die polisie sy huis deursoek het. Die hof het hierdie verduideliking
aanvaar
en op appél het Rose-Innes R dit duidelik gestel dat daar geen
suggestie was dat die appellant die wapen en ammunisie bekom
het met die doel om
'n misdaad daarmee te pleeg nie; inderdaad, het hy bevind, was daar aanduidings
dat die appellant dit nie vir
daardie doel bekom het nie. Rose-Innes R het ook
tereg (te 297 A - C) aangedui dat indien die beskuldigde in die betrokke soort
gevalle
'n strafversagtende verduideliking vir die verkryging en besit van die
wapen of ammunisie kan verskaf wat deur die hof aanvaar word en wat daarop
dui dat hy dit nie vir enige misdadige doel verkry het nie, dit natuurlik in
ag geneem
11
sal word. In Snyders se geval het die hof van appèl bevind dat
daar so 'n aanvaarbare verduideliking was, en daarom is die opgelegde vonnis op
appèl ietwat verlig.
In Moleme het die appellant in 'n
landdroshof skuldig gepleit op aanklagte van die wederregtelike besit van 'n
Makarov pistool, ses patrone
daarvoor, 'n Stechkin pistool en twintig patrone
daarvoor. Die appellant het 'n verduideliking gegee vir sy besit van die wapens
en ammunisie, welke verduideliking aanvaar is. Volgens hom het hy en sy broer
Botswana besoek en het sy broer die betrokke wapens
en ammunisie heimlik in sy,
appellant, se voertuig versteek het ten einde te bewerkstellig dat dit na die
Republiek van Suid-Afrika
vervoer sou word. Toe appellant later die wapens
ontdek het, het sy broer erken dat hy dit daar versteek het omdat hy wapens wou
hê om homself te verdedig. Die appellant het toe die wapens voorlopig in
'n bergplek gelaat omdat hy nie geweet het waarheen
hy dit kon neem nie. Sy
broer was blykbaar nog steeds in Botswana. Die appellant het daarna besluit om
die Makarov pistool elders
te gaan versteek. Op weg na die nuwe bergplek is
hy
12
in besit daarvan betrap. Met aanvaarding van bogemelde feite het hierdie hof
as 'n strafversagtende faktor aanvaar dat die appellant
sonder sy eie toedoen in
besit van die wapen en ammunisie gekom het; dat hy dit slegs vir sy broer in
bewaring wou hou en dit dus
nie vir sy eie doeleindes wou aanwend nie.
Juis
die feit dat daar verontskuldigende verduidelikings in Snyders en
Moleme was vir die besit van die wapens en ammunisie, welke
verduidelikings aanvaar is, onderskei daardie gevalle van dle huidige. Die
verduidelikings
van die huidige appellant vir sy besit van die ammunisie is
tereg nie deur die verhoorhof aanvaar nie. Daar kan dus beswaarlik ten
gunste
van die appellant bevind word dat hy 'n bedoeling wat as strafversagting in ag
geneem kan word, ten aansien van die besit
van die ammunisie gekoester het.
Inteendeel, soos reeds hierbo gemeld, was dit 'n geregverdige afleiding dat hy
'n sinistêre
motief gehad het.
Die belangrikheid van 'n aanvaarbare
verontskuldigende verduideliking is ook beklemtoon deur hierdie hof in S v
Gwala 1993(2) SASV 653 (A) veral te 658 d - e.
13
Ek is derhalwe van mening dat die verhoorhof tereg 'n afskrikkingselement in
die betrokke vonnis opgeneem het en dat die appellant
hom nie op die afwesigheid
van 'n afkeurenswaardige motief as strafversagting kan beroep nie.
Die
appellant, wat deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan is, het nie ter
strafversagting getuig nie. Uiters karige besonderhede aangaande
sy persoonlike
omstandighede is aan die hof voorgelê. Daar is op geen ander
strafversagtende faktore of omstandighede gewys
nie. In die lig van daardie
agtergrond kan dit nie gesê word dat die vonnis só onredelik is dat
dit ingryping regverdig
nie.
Die appèl word derhalwe van die hand gewys.
P J J OLIVIER APPèLREGTER
E M GROSSKOPF AR )
)STEM SAAM VIVIER AR )