South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1996 >>
[1996] ZASCA 133
| Noteup
| LawCite
Sentrachem Ltd. v Prinsloo (105/95) [1996] ZASCA 133; 1997 (2) SA 1 (SCA); (22 November 1996)
Download original files |
SaakNo 105/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
SENTRACHEM LIMITED APPELLANT
en
FRANS JOHAN PRINSLOO RESPONDENT
CORAM: E M GROSSKOPF, EKSTEEN, NIENABER, OLIVIER et ZULMAN ARR
DATUM VERHOOR: 2+3 SEPTEMBER 1996
DATUM GELEWER: 22 NOVEMBER 1996
UITSPRAAK EKSTEEN, AR:
Hierdie geding gaan oor aalwurms, dopluise en gif in mnr Prinsloo se sitrusboorde in Levubu. Die sitrus-aalwurm (oftewel
2
Tylenchulus semipenetrans) is 'n mikroskopiese organisme wat die wortels van sitrusbome binnedring en vemietig. Dit veroorsaak in
die eerste plek verstopping in die wortels wat die opname van kalium verhoed en tweedens werk die openinge in die wortels wat deur
die wurms veroorsaak word, wortelvrot in die hand. Die gevolg hiervan is dat die boom geleidelik agteruitgaan tot so 'n mate dat
dit 'n winsgewende oes onmoontlik maak.
Die sitrus rooidopluis (Aonidiella aurantii) is nog 'n plaag wat die lewe van 'n sitrusboer versuur. Dit is 'n klein insek wat hom op die sitrusblare, stingels en vrug self
vestig en dit parasiteer. As hulle toegelaat word om te gedy kan hulle veroorsaak dat van die blare en takke terugsterf; dat die
blare en selfs die vrugte van die boom afval; en in ieder geval dat die vrugte so beskadig
3
word dat hulle onaanvaarbaar is vir die uitvoermark. Die wyfie dopluis l
eiers en wanneer hulle uitbroei skuil die kleintjies vir 'n rukkie onder haar dop voordat hulle uitkruip om hulle weg deur die w
reld te vind. Hierdie "kruipertjies" kruip 'n betreklike kort afstand van hul ma af en vestig hulself dan op 'n vrug of
op 'n blaar. Daar gaan hulle deur verskillende stadia van ontwikkeling totdat hulle volwassenheid bereik en die hele kringloop weer
van voor begin.
Rooidopluise kan bestry word deur die bome gereeld met 'n verskeidenheid van gifstowwe te bespuit. Dit is egter tydrowend en duur
en nie altyd effektief nie omdat dopluise immuun raak teen sommige gifstowwe. Sitrusboere verkies dus om oor te gaan na 'n biologiese
bestryding van die plaag. Daar bestaan 'n paar predatore wat op die dopluis teer, maar die effektiefste biologiese beheer is
4
deur middel van 'n wespetjie met die naam Aphytis Africanus. Dit is 'n inheemse insek wat die dopluis parasiteer deur sy eiers in die dopluis te l
, en wanneer hulle uitbroei, vreet die kleintjies die dopluis op. Wanneer aphytes eenmaal in 'n boord gevestig is beheer dit die dopluis
plaag heel effektief, maar as dit blyk dat die dopluis te vinnig begin aanteel vir die aantal aphytes, dan gryp die boer in met die
spuit van 'n aphytis-vriendelike middel - dws 'n middel wat, hoewel dit dopluis nie so effektief bestry soos ander middels nie, nogtans
nie die aphytes sal doodmaak of verdryf nie. Hierdie vorm van beheer is dan nie meer suiwer biologies nie en staan bekend as "ge
ntegreerde biologiese beheer".Vir 'n boer om oor te skakel van suiwer chemiese beheer na 'n biologiese of 'n ge ntegreerde biologiese beheer, neem uiteraard
5
yd en is betreklik duur. Die boer moet ophou spuit sodat die predatore en die aphytes hulle in die boprd kan vestig. Die oes word
gevolglik aan die toenemende dopluis plaag blootgestel totdat die aphytes in genoegsame getalle in die boord kan kom, met 'n gevolglike
vermindering en beskadiging van die oes. Die respondent het in 1984 tot ge
ntegreerde biologiese beheer oorgegaan en aphytis was van toe af behoorlik in sy boorde gevestig. Hulle het die dopluis effektief
beheer.
Die gif in hierdie geding ter sprake is AC 92-100. Gedurende 1989 het Mnre Mark Rea en Hennie le Roux 'n gesprek met respondent se
seun ("Prinsloo jnr") gehad waarin hulle hom vertel het van appellant se voorneme om hierdie gifstof vir die bestryding
van aalwurms op die mark te bring. Rea was voorheen
6
as nematoloog (dws aalwurmdeskundige) by die Sitrusbeurs in diens
gewees, maar in 1989 was hy 'n tegniese adviseur by die appellant.
Le Roux was destyds ook 'n nematoloog. Hy was in diens van die
Sitrusbeurs as senior navorsingspatoloog. Di
twee het vir Prinsloo
jnr vertel dat hierdie middel, wat toe "Counter" geheet het,
doeltreffend by mielies en ander graangewasse aangewend is, dat die
appellant heelwat werk aan die middel gedoen het, en van voomeme
was om dit ook vir gebruik in die sitrusbedryf te laat registreer en
vry te stel. Rea het aangebied om as 'n guns 'n paar sakke Counter
aan Prinsloo jnr te gee sodat hy dit kon "beproef'. Respondent het
30 boorde op sy plaas en hierdie proef toediening is in die lente
(September-Oktober 1989) in slegs een van hierdie boorde gedoen,
met o
nskynlike goeie gevolge. Vroeg in 1990 is Counter
7
geregistreer vir gebruik in die sitmsbedryf onder die naam AC 92-100. Om hierdie middel aan boere bekend te stel het appellant vroeg
in Augustus 1990 'n loodsing-seminaar aangebied op 'n oord bekend as "Die Eiland". Prinsloo jnr is soontoe genooi en het
dit bygewoon. Rea en le Roux was albei sprekers by hierdie geleentheid, asook appellant se produksiebestuurder, mnr H G van der Westhuizen.
Die middel was op hierdie stadium geregistreer met 'n etiket wat die toediening van 40 gram per vierkante meter jaarliks in die lente,
nadat die lemoen-oes afgehaal is, voorskryf. By die seminaar, egter, het le Roux daarop gewys dat die populasie-pieke onder aalwurms
saamval met die drie wortelstuwings van die sitrusbome, nl in die lente, in die somer, en in die herfs. Hy was dus 'n voorstander
van 'n sogenaamde "split-toediening", maw 20
8
gram in September, en 20 gram in Desember, of, nog beter 20 gram in September, 10 gram in Desember en 20 gram in die herfs. Rea het
dit beaam. Beide hy en van der Westhuizen het verduidelik dat die middel nie goed oplos in water nie en dus moeilik opneembaar is
deur die boom, met die gevolg dat daar geen residu in die vrugte gelaat word nie. Rea het vir Prinsloo jnr vertel dat hulle proewe
met AC 92-100 op 'n groot sitrusplaas gedoen het. Daar sou hulle toedienings in September, Desember en in die herfs gedoen het en
geen residu in die vrugte gekry nie. Die aalwurmtellings sou tot zero gedaal het.
Kort na hierdie loodsingseminaar op "Die Eiland" het Rea saam met ander verteenwoordigers van die appellant die respondent
op sy plaas besoek om hom oor te haal om 'n besending
9
van die AC 92-100 te koop. Rea het weer uitgewei oor die doeltreffendheid van die middel en die split-toediening ten tyde van elk
van die drie wortelstuwings sterk aanbeveel as die enigste effektiewe manier om die opeenvolgende generasies van aalwurms uit te
wis. Hy het dit aan respondent duidelik gestel dat die toe-bestaande etiket slegs een toediening in die lente voorgeskryf het, maar
dat dit in die proses was om verander te word en dat 'n tweede etiket binne afsienbare tyd geregistreer sou word om die drieledige
split-toediening voor te skryf. Respondent is uitdruklik aanges
om nie die voorskrifte op die bestaande etiket te volg nie maar om die split-toediening toe te pas in die lente, die somer en die
herfs. Dit is gemene saak dat Rea en die ander verteenwoordigers van die appellant daarvan bewus was dat die respondent ge
ntegreerde
10
biologiese beheer deur middel van aphytis in sy boorde toegepas het, en dat daar geen waarskuwing aan hom gerig was om enigsins versigtig
te wees met die toediening van die gif wat dit betref nie. Dit is duidelik uit al die getuienis dat n
g die respondent n
g Rea, le Roux, van der Westhuizen, of enige ander verteenwoordiger van die appellant vir 'n enkele oomblik gedink het dat die gebruik
van AC 92-100 die aphytes enigsins nadelig kon raak. So 'n oorweging het nooit eers by hulle opgekom nie.
Op sterkte van hierdie samesprekings het respondent 'n bestelling van die AC 92-100 by appellant geplaas en dit op al sy boorde, behalwe
drie, gebruik. Die eerste toediening het in September 1990 onder die wakende oog van Rea self geskied. 'n Tweede toediening het in
November-Desember gevolg en 'n derde in
11
Februarie-Maart.Teen die middel van Februarie en vroeg in Maart het die voorkoms van dopluise in die boorde kommerwekkende afmetings begin aanneem en dit het duidelik geword dat daar nie meer aphytes was om hulle te bestry nie. Robert Muthuthuli, respondent se voorman op die plaas, was van mening dat die AC 92-100 die aphytes doodgemaak of verdryf het. Prinsloo jnr het skepties gestaan teenoor hierdie vermoede. Respondent het vir Rea geskakel en hom gevra of die gif dalk die aphytes kon doodgemaak of verdryf het. Rea het hom onomwonde verseker dat dit nie moontlik was nie. In die lig hiervan het die respondent gemeen dat die aphytes dalk tog later na die boorde sou kom. Om enigsins die aanwas van die dopluise te stuit, het hy besluit om in te gryp met 'n bespuiting van
12
'n aphytis-vriendelike middel met die naam "Applaud". Hy het reeds
vantevore hierdie middel gebruik. Hierdie middel maak nie die
volwasse dopluis dood nie maar tas slegs die onvolwasse stadia aan.
Dit het ook nie 'n baie lang nawerking nie en verjaag nie aphytes nie.
Dit het spoedig geblyk dat die aphytes nie terugkeer nie en die
dopluis plaag het in felheid voortgewoed. Na raadpleging met 'n
deskundige, Dr Kamburov, het respondent ten einde raad 'n meer
verwoestende gif, Lannate, gemeng met Bladbuff, gespuit. Dit het
sowel die dopluis as enige ander insekte in die boord doodgemaak.
Groot skade aan die oes was egter toe alreeds veroorsaak. Teen
hierdie tyd het respondent alle hoop laat vaar dat die aphytes ooit sou
terugkeer. Hy het uiteindelik ook tot die gevolgtrekking gekom dat
dit die AC 92-100 was wat die aphytes gedood of verdryf het. Hy
13
getuig dat na elke toediening van hierdie gif daar 'n skerp onaangename genr in die boorde was en hy het tot die slotsom geraak dat
dit hierdie dampe was wat die aphytes verjaag het. Hy was hierin gesterk deur die oorweging dat die toediening van AC 92-100 die
enigste afwyking was gedurende daardie oes-seisoen vergeleke met die gebruike van vorige jare en verder dat die drie boorde waar
hy nie AC 92-100 toegedien het nie, 'n normale oes gelewer het. Desondanks het Rea en die ander verteenwoordigers van appellant in
hul siening volhard dat hul gif nie aphytes kon affekteer nie. Dit was eers teen die einde van 1992 dat van der Westhuizen, as gevolg
van respondent se ondervinding en soortgelyke ondervindings van ander boere in die omtrek, asook van verdere toetse en navorsing
wat Appellant laat doen het, tot die ontnugtering gekom het dat AC 92-
14
100 wel 'n nadelige effek op aphytes het veral wanneer dit gedurende Januarie, Februarie en Maart, wanneer die aphytes in groot getalle
in die boorde teenwoordig is en die dopluis dreig om aan te was, aangewend word, Hierdie bevindinge het aanleiding gegee tot 'n derde
etiket wat in November 1992 deur appellant uitgereik is en wat die uitdruklike waarskuwing bevat het dat die somertoediening nie
na 15 Desember, en die herfstoediening nie voor 1 April moet geskied nie.
Die respondent het die skade aan sy oes as gevolg van die verjaging van die aphytes na die toediening van AC 92-100 op R541 268.37
bereken en op 24 Augustus 1993 dagvaarding teen die appellant uitgereik vir die verhaal van hierdie bedrag. In sy besonderhede van
eis het hy aangevoer dat:
15
(a)
Appellant se verteenwoordigers, handelend in die uitvoeringvan hulle pligte en binne die bestek van hulle diensooreenkoms
"wederreg
elik en nalatiglik aan die eiser voorgestel het dat die gebruik van die middel AC 92-100 'n doeltreffende bestryding
van aalwurm sal wees sonder dat sodanige gebruik
enige
ander plae sou bevorder en/of sonder dat dit 'n negatiewe invloed sou h
op bestryding van plae (meer in besonder dopluise) en derhalwe op die eiser se sitrus-oes;"
(b)
die gemelde verteenwoordigers bewus was van die feit dat dierespondent die dopluise by wyse van biologiese beheer bestry;
(c) "As gevolg van die voormelde wederregtelike en nalatige
wanvoorstellings welke wanvoorstellings wesenlik was tot
die sluiting van 'n ooreenkoms vir die aankoop van die middel
AC 92-100 het die eiser 'n mondelingse ooreenkoms
gesluit "
vir die aankoop van 'n sekere hoeveelheid van die middel;
(d) as gevolg van die toediening van hierdie middel die respondent
se biologiese beheer vernietig of versteur is; en
16
(c) "As gevolg van
verweerder se kontrakbreuk soos hiervooruiteengesit, het die eiser skade gely in 'n bedrag van
R541 268.37 "
In die alternatief het hy aangevoer dat:
(f)
appellant die verspreider was van AC 92-100 wat hy voorgegee het ter voorkoming van aalwurm gebruik kon word sonder enige nadelige
effek op die biologiese beheer van dopluise in die sitrusboorde;
(g)
"Te alle redelike tye het daar 'n regsplig op
.verweerder(g)
gerus om te verseker dat die produk AC 92-100 effektief deur sitrusboere gebruik kon word sonder dat dit die biologiese beheer van
dopluise in die sitrusboorde sou vernietig en/of versteur," en
(h) appellant hierdie regsplig nalatig verbreek het deuronvoldoende toetse op die middel te doen ten einde te verseker
dat dit nie die biologiese beheer sou versteur nie, of anders om
17
die boere te waarsku teen sodanige moontlike versteuring.
Die besonderhede van vordering word dan afgesluit met die smeekbede vir betaling van R541 268.37, rente a tempore morae, en koste van die geding.
Die appellant het hierop gepleit. Hy het erken dat gedurende Augustus 1990 die produk AC 92-100 deur sy verteenwoordigers aan sitrusboere
voorgehou is as geskik vir die gebruik teen aalwurms en dat gemelde verteenwoordigers te alle wesenlike tye bewus daarvan was dat
respondent "ge
ntegreerde biologiese en chemiese plaagbeheer" op sy sitrusplaas toepas. Ook is erken dat appellant op verskeie geleenthede tussen
November 1990 en Februarie 1991 hoeveelhede van die AC 92-100 aan respondent verkoop het maar appellant het hom teen die eis om skadevergoeding
18
verweer op grond daarvan
(a)
dat, indien bevind sou word dat die voorstellings soos deur respondent beweer deur sy verteenwoordigers gemaak was, dit strydig was
met die verkoopsvoorwaardes wat op die keersy van sy fakture verskyn en dat respondent hom dus nie daarop kon beroep nie, en
(b)
dat respondent nie die middel in ooreenstemming met die geregistreerde etiket toegedien het nie.
Die uiteensetting van die gronde waarop respondent se eis gebaseer was, was geensins duidelik of bevredigend nie. Respondent se regsverteenwoordigers
het dit besef en dit gerade geag om dit te vervang met 'n duide
iker en meer regsverant-woordbare uiteensetting. Gevolglik het hulle op 4 Julie 1994 die toe-bestaande
19
besonderhede van vordering in sy geheel deurgehaal en met nuwe besonderhede vervang. Die oorspronklike dagvaarding het egter bly staan.
Die nuwe besonderhede van vordering het uit 'n hoofeis gegrond op beweerde kontrakbreuk en drie alternatiewe eise bestaan. Die eerste
van hierdie altematiewe eise is gegrond op 'n nalatige en valse voorstelling, wat respondent daartoe sou beweeg het om die kontrak
aan te gaan. Die tweede berus op "nalatige wanbewerings" wat uitgeloop het op die verbreking van 'n regsplig om toe te
sien dat die middel onskadelik sou wees vir die biologiese beheerstelsel wat destyds toegepas was. Die derde altematiewe eis was
gegrond op nalatigheid aan die kant van appellant se verteenwoordigers deurdat hulle as verteenwoordigend van 'n deskundige handelaar
in produkte
20
van daardie aard, aan die respondent voorgehou het dat AC 92-100geen newe-effek sou h op die biologiese plaagbeheerstelsel wat
respondent toegepas het nie.
In antwoord hierop het appellant 'n spesiale pleit van
verjaring geliasseer. Hierin word beweer dat:
"die skuldoorsake waarop Eiser in sy besonderhede van
vordering steun, het almal nie later as Februarie 1994
verjaar "
Daar word ook in die spesiale pleit beweer:
"Eiser het nie in sy besonderhede van vordering soos dit voor bovermelde wysiging gelees het op enige van die skuldoorsake gesteun
waarop hy tans in sy besonderhede van vordering soos dit na bovermelde wysiging lees, steun nie."
In sy betoogshoofde voor ons het mnr Delport, watnamens appellant verskyn het, van hierdie omvattende bewering
afgestap en toegegee dat respondent se eerste en derde alternatiewe
21
eise (op nalatige wanvoorstelling en op nalatigheid onderskeidelik gebaseer) wel in die oorspronklike besonderhede van vordering kenbaar
was en dus nie verjaar het nie. In 'n alternatiewe betoog voer hy aan dat indien hierdie Hof tot die gevolgtrekking sou kom dat respondent
se aanvanklike hoofeis op kontrakbreuk en nie op nalatige wanvoorstelling gegrond was nie, dan sou die hoofeis nie verjaar het nie
maar wel die eerste altematiewe eis.
Die geleerde Regter a quo het hierdie spesiale pleit van die appellant verwerp en in di
verband oa staatgemaak op die beslissing van Colman R in Mazibuko v Singer 1979(3) SA 258(W).
Probleme ontstaan dikwels waar 'n eiser aksie instel en bepaalde bewerings in die besonderhede van vordering maak op grond waarvan
gestel word dat die verweerder iets aan die eiser
22
skuld. Die eiser wysig later die besonderhede van vordering, somsom die bewerings waarop gesteun word en soms om die omvang van
die skuld te verander. Die beswaar word dan opgewerp dat die
"skuld" n die wysiging 'n ander "skuld" is as die waarop
oorspronklik staatgemaak is, en dat die nuwe skuld verjaar het. Dit
het ook in die onderhawige geval gebeur.
Artikel 15(1) van die Verjaringswet 68 van 1969 bepaal dat
verjaring gestuit word
"deur die betekening aan die skuldenaar van 'n prosesstuk waarin die skuldeiser betaling van die skuld vorder."
Dit dien daarop gelet te word dat daar nie van 'n skuldoorsaak of 'n
grond van aksie gepraat word nie, maar slegs van die vordering van
'n skuld.
In die meerderheidsuitspraak in Evins v Shield Insurance Co
23
Ltd 1980(2) SA 814(A) op 836 C-E s
Corbett AR:
"Where the plaintiff seeks by way of amendment to augment his claim for damages, he will be precluded from doing so by prescr
ption if the new claim is based upon a new cause of action and the relevant prescription period has run, but not if
t was part and parcel of the original cause of action and merely represents a fresh quantiGcation of the original claim or the addition
of a further item of damages."
In Mazibuko v Singer (supra) op 265 D-E wys Colman Rdaarop dat dit misleidend kan wees om in di verband van 'n
skuldoorsaak ("cause of action") te praat, maar eerder van 'n
vorderingsreg ("right of action"). Die verskil tussen hierdie twee
begrippe word verder deur Trollip AR in 'n minderheidsuitspraak in
Evins se saak 825 F-H toegelig. Hy wys daarop dat "skuldoorsaak"
gewoonlik op die wesenlike feite slaan, wat in pleitstukke uiteengesit
word, om die vorderingsreg uit te maak waarop die skuld verhaal kan
24
word. Die geleerde Regter vervolg dan
"I am not sure that it necessarily follows that, because one
factual basis differs from another in some respect or respects,
separate or different rights of action arise; on the contrary,
both cases may nevertheless beget only one right of action or
debt, eg one for plaintiff s entire patrimonial loss. The cases
of Green v Coetzer 1958(2) SA 697(W) and Schnellen
v Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd 1969(1) SA
517(W) are apposite illustrations of that."
Hierdie opmerking is m.i. geensins strydig met die beginsels in diefactual basis differs from another in some respect or respects,
separate or different rights of action arise; on the contrary,
both cases may nevertheless beget only one right of action or
debt, eg one for plaintiff s entire patrimonial loss. The cases
of Green v Coetzer 1958(2) SA 697(W) and Schnellen
v Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd 1969(1) SA
517(W) are apposite illustrations of that."
meerderheidsuitspraak neergel nie. Die vorderingsreg en die skuld
is dus slegs teenpole van 'n verbintenis, en waar die skuld verval,
verval die vorderingsreg ook (Erasmus v Grunow en 'n Ander
1978(4) SA 233(0) op 245 E en Evins se saak (supra) op 842 E-F).
Vir die doeleindes van die stuiting van verjaring is dit
dus nie nodig dat die dagvaarding, waardeur die skuldeiser poog om
betaling van sy skuld af te dwing, 'n skuldoorsaak hoef te openbaar
25
nie. (Trans-African Insurance Co Ltd v Maluleka 1956(2) SA 273(A), van Vuuren v Boshoff 1964(1) SA 395(T), Rooskrans v Minister van Polisie 1973(1) SA 273(T). Al is'n dagvaarding vir eksepsie vatbaar omdat dit geen skuldoorsaak openbaar nie, kan dit nogtans dien om verjaring
van die skuld wat ge-eis word te stuit. Die enigste voorbehoud is dat die dagvaarding nie so gebrekkig moet wees dat dit 'n nulliteit
is in die sin dat dit nie vatbaar is vir wysiging om die gebreke aan te suiwer nie. Die eintlike toets is om te bepaal of die eiser
nog steeds dieselfde, of wesenlik dieselfde skuld probeer afdwing. Die skuld of vorderingsreg moet minstens uit die oorspronklike
dagvaarding kenbaar wees, sodat 'n daaropvolgende wysiging eintlik sou neerkom op die opklaring van 'n gebrekkige of onvolkome pleitstuk
waarin die vorderingsreg,
26
waarop daar deurgaans gesteun is, uiteengesit word. (Churchill v
Standard General Insurance Co L
d 1977(1) SA 506(A) op 517 B-C,
Maluleka se saak (supra) op 279C, Moekoena v S A Eagle Insurance
Co Ltd 1982(1) SA 780(0) en Frol Holdings (Pty) Ltd v Sword
Contractors CC 1996(3) SA 1016(0)). So 'n wysiging sal uiteraard
nie 'n ander vorderingsreg naas die oorspronklike kan inbring nie, of
'n vorderingsreg wat in die oorspronklike dagvaarding prematuur of
voorbarig was, te red nie, of om 'n nuwe party tot die geding te voeg
nie. (cf Churchill se saak (supra). Imprefed (Pty) Ltd v National
Transport Commission 1990(3) SA 324(T), Neon and Cold Cathode
Illuminations(Pty)Ltd v Ephron 1978(1) SA 463(A) en Park Finance
Corporation (Pty) Ltd v van Niekerk 1956(1) SA 669(T)).
In die onderhawige saak het die respondent deurgaans
27
dieselfde skuld van die appellant gevorder, nl die skade wat hy gely het as gevolg van die gebruik van AC 92-100 in sy sitrusboorde.
Hy het geen nuwe partye probeer voeg nie en sy eis was deurgaans opeisbaar. Die uiteensetting van die skuldoorsake waarin hy hierdie
skuld regtens geklee het was moontlik gebrekkig of onduidelik en dit was hierdie tekortkominge wat die wysiging gepoog het om op
te klaar. Die skuld soos dit tans in die gewysigde pleitstukke uiteengesit word en self die skuldoorsake waarop nou gesteun word,
was mi uit die oorspronklike besonderhede van eis kenbaar. Die appellant was dan ook deurgaans ten volle bewus gewees van respondent
se bewerings en van al die wesenlike feite waarop die respondent sy beweerde skuld gevorder het. Daardie skuld het nie verander nie
en is slegs deur die gewysigde pleitstukke duideliker
28
ingeklee en uiteengesit. Die geleerde regter a quo was dus reg om die spesiale pleit af te wys.
In die loop van die verhoor het die partye, met die instemming van die Hof, ooreengekom dat die geskil oor die quantum en die meriete geskei sou word. Die verhoor het dus slegs op die meriete voortgegaan. Dit is voorts ooreengekom dat die appellant
se bewering dat respondent nagelaat het om sy skade te verminder ook by die meriete ingesluit word.
Die feite, soos ek hulle hierbo uiteengesit het, was
wesenlik gemene saak. Desondanks het die verhoor 13 hofdae
geduur en die appellant het 'n reeks besware teen aspekte van
respondent se getuienis ge-opper. Ek sal later hiema terugkeer.
Breedvoerige kruisverhoor is op alle fasette van die getuienis gevoer
29
en sake wat miskien nie direk deur die pleitstukke gedek is nie, is deurtastend bespreek. So wyd is die ondersoek van respondent se
eis gevoer, dat dit met reg ges
kan word dat hierdie Hof op app
l nie te noukeurig na tekortkominge in die pleitstukke hoef te kyk nie. Die appellant het by die verhoor aan hierdie uitbreiding van
die geskilpunte meegedoen en is dus nie benadeel nie (Shill v Milner 1937 AD 101 op 105, Sentrachem Bpk v Wenhold 1995(4) SA 312(A) op 319 D-J). In elk geval wil dit vir my voorkom dat in die omstandighede van hierdie saak soos dit ook hierinlater
sal blyk, dit nie veel saak maak of appellant se aanspreeklikheid in die sfeer van kontrak of delik geplaas word nie (cf Kroonstad Westelike Boere Kooperatiewe Vereenisins v Botha and Another 1964(3) SA 561(A), en Baver South Africa fPtvJ Ltd v Frost 1991(4) SA 599(A)).
30
Een van die punte waarop die appellant die respondent aangeval het, was dat beide hy en Prinsloo jnr hulle voorgedoen het as deskundiges
terwyl hulle dit nie was nie. Albei hierdie getuies het deskundige kennisgewings ingevolge hofre
l 36(9)(b) verstrek. Respondent was 'n elektriese ingenieur maar sedert 1978 was hy alleeneienaar van die plaas Redbank te Levubu.
Daar het hy met ge-integreerde plaagbeheer ge-eksperimenteer en dit effektief in sy boorde toegepas en gemoniteer. Prinsloo jnr het
'n BSc graad in landbou-ekonomie verwerf voordat hy saam met die respondent op Redbank gaan boer het. In hul getuienis het albei
beklemtoon dat hulle slegs deskundiges is op die gebied van die sitrusboerdery en die plaagbestryding op die plaas Redbank in Levubu.
Dat so 'n beperkte veld nogtans deskundigheid kan verg, blyk uit die getuienis van
31
Endemann, 'n entomoloog wat deur die appellant geroep is. Hy gee toe dat elke boord sy eie mikroklimaat het en op sy eie besondere
manier behandel moet word om plae soos rooidopluis te beheer. Gesien die gesofstikeerde boerdery-metodes van respondent en die Prinsloos
se wetenskaplike benadering tot die boerdery, meen ek dat die geleerde Regter a quo geregtig was om hulle as deskundiges te beskou en is appellant nie daardeur benadeel nie.
Sowel by die verhoor a quo as in hierdie Hof het die appellant aangevoer dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat die respondent
nie probeer voorgee het dat die blootgelegde verkennersverslae al die verslae was wat in die betrokke seisoen opgeneem is nie. Dit
is 'n bloot feitelike geskil wat ek nie van voorneme is om breedvoerig te behandel nie. Volgens respondent
32
se getuienis het 'n span verkenners weekliks deur die boorde gegaan om die voorkoms van plae, o.a. rooidopluis, op die bome te moniteer.
Elkeen het 'n vorm gehad waarop hy sy waamemings moes aanteken. Al hierdie verslae is dan aan die respondent en daama aan Prinsloo
jnr gegee. Hieruit kon gesien word of daar enige tekens van plae was en, indien wel, wat die omvang daarvan was. Volgens respondent
was die verslae nie almal bewaar nie en di
wat hy wel blootgel
het, was maar di
wat hy nog op die plaas kon vind. Nogtans was hy van mening dat hulle 'n redelike getroue beeld gee van die aanwas van die dopluisplaag
gedurende die betrokke tydperk. Die geleerde verhoorregter het die getuienis van die respondent en Prinsloo jnr in di
verband aanvaar. Ek vind geen aanduiding op die getuienis dat respondent ooit probeer voorgee het dat hy al die
33
verslae voor die Hof geplaas het nie. Ek volstaan dus by my
oorwo
mening dat die Hof a quo nie in hierdie opsig fouteer het nie.
Die respondent het in hoofsaak by die verhoor gesteun
op die beslissing van hierdie Hof in Kroonstad Westelike Boere-
Kooperatiewe Vereeniging Bpk v Botha (supra). In daardie saak het
die respondent skadevergoeding van die appellant ge-eis weens skade
wat hy gely het aan sy sorghum oes nadat hy dit met 'n gifstof, wat
hy van appellant gekoop het, gespuit het. Die gifstof was bedoel om
luise in die sorghum dood te maak. Dit is beweer dat daar 'n
stilswyende bepaling was dat die gifstof geskik sou wees vir die doel
waarvoor dit gekoop was en dat dit geen verborge gebrek sou h