South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1996 >>
[1996] ZASCA 42
| Noteup
| LawCite
Boland Bank Bpk. v Engelbrecht en Andere (281/95) [1996] ZASCA 42; 1996 (3) SA 537 (SCA); [1996] 2 All SA 273 (A); (29 March 1996)
Download original files |
SAAKNOMMER: 281/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)In die saak tussen:
Boland Bank Beperk Appellant
en
A S Engelbrecht en Andere Respondente
CORAM: BOTHA, NESTADT, NIENABER,
MARAIS ARR et PLEWMAN Wn AR
VERHOOR: 20 FEBRUARIE 1996 GELEWER: 29 MARCH 1996
MARAIS AR/
2
MARAIS AR:
Die ses applikante in die Hof a quo was destyds, en vyf van hulle is nog steeds, okkupeerders van wooneenhede in die Nimmersat Behuisingsontwikkelingskema(hierna "Nimmersat"
genoem). Tweede respondent is sedertdien oorlede maar die eksekuteur van sy boedel het in die uitspraak van hierdie Hof berus. Derde
respondent het sedertdien seniel geword maar haar aangestelde kurator ad litem berus ook in die uitspraak van hierdie Hof. Eerste
respondent in die hof benede, 'n private maatskappy, was die geregistreerde eienaar van Erf 237, Riviera, Pretoria. Tweede respondent
was 'n direkteur en aandeelhouer van eerste respondent. Derde respondent het as promotor van Nimmersat opgetree. Vierde respondent
(die huidige appellant) was Boland Bank Beperk en het die oprigting van Nimmersat gefinansier deur lenings versekureer deur middel
van verbande aan
3
eerste respondent te maak. Die verbande is oor die betrokke eiendomdeur eerste respondent ten gunste van vierde respondent geregistreer.
Vyfde respondent was die trustees van Nimmersat Trust. Die trust is
op 3 Junie 1987 gestig en die oprigting van die
behuisingsontwikkelingskema is in 1988 voltooi. Die trustees sou "die
administrasie, finansies en algemene beheer van Nimmersat" beoefen.
Volgens die aanhef tot die okkupasie-ooreenkomste tree die
okkupeerders as begunstigdes tot die trust toe en klousule 1.5.1 bepaal
uitdruklik dat die regte ingevolge die ooreenkoms met betrekking tot
die okkupasiereg uitgeoefen word en in ooreenstemming sal wees met
die bepalings van die trustakte. Verskeie woordomskrywings in die
trustakte is relevant:
"BEGUNSTIGDES sal beteken daardie blanke persone, synde senior burgers [van die ouderdom van vyf-en-vyftig (55) jaar of ouer] en synde die houers
van
4
eenheidsbewyse verkry kragtens 'n okkupasieregooreenkoms met die maatskappy;"
"EENHEIDSBEWYS sal beteken 'n sertirlkaatbewys wat aan 'n begunstigde deur die maatskappy uitgereik word wat aan 'n begunstigde die uitsluitlike
gebruiks- en okkupasiereg verleen van 'n wooneenheid in Nimmersat en die gemeenskaplike gebruik van die gemeenskaplike eiendom. Eenheidsbewyse
sal alleenlik aan senior burgers uitgereik word. ('Okkupasiebewys' sal dieselfde betekenis h
en is sinoniem met eenheidsbewys);"
"NIMMERSAT sal beteken die senior burger ontwikkelingsprojek wat deur die maatskappy onder beheer van die promotors opgerig staan te word op
die eiendom."
"OKKUPASIEREG sal beteken die reg wat aan 'n eenheidsbewyshouer toekom as 'n permanente lewenslange reg om sy okkupasiereg uit te oefen kragtens
die okkupasieregooreenkoms."
Die geskiedenis van die registrasie van verbande oor diebetrokke eiendom is soos volg:
'n Eerste verband nr B56841/87 vir 'n bedrag van R3 750 000
5
met 'n bykomende bedrag van R750 000 is op 7 September 1987 geregistreer;
'n Tweede verband nr B13848/89 vir 'n bedrag van R2 miljoen met 'n bykomende bedrag van R400 000 is op 27 Februarie 1989 geregistreer;
'n Derde verband nr B6636/92 vir 'n bedrag van Rl 100 000 met 'n bykomende bedrag van R220 000 is op 29 Januarie 1992 geregistreer.
Wanbetaling het uiteindelik gevolg en vonnis ten gunste van vierde respondent en teen eerste respondent as hoofskuldenaar, en tweede
en derde respondente as borge, is op 26 Oktober 1993 toegestaan ten bedrae van R7 937 828,53, rente en koste. Die eiendom is uitwinbaar
verklaar. Toe vierde respondent te kenne gegee het dat hy die eiendom in eksekusie wou verkoop, het sekere geskille tussen applikante
en vierde respondent ontstaan.
Op sterkte van die bepalings van artikels 4A en 4B van die Wet
6
op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone 65 van 1988 ("die Wet") het applikante aangevoer dat hulle regte as
okkupeerders voorkeur geniet bo die regte van vierde respondent as verbandhouer nieteenstaande die feit dat twee van die verbande
reeds geregistreer was voor die inwerkingtreding van die Wet op 1 Julie 1989. Samewerking het gelei tot die plasing voor die Transvaalse
Provinsiale Afdeling van 'n aansoek om 'n verklarende bevel waarin die partye se onderskeie regte en verpligtinge bepaal sou word.
Om voorsiening te maak vir verskillende feitekomplekse wat denkbaar verskillende antwoorde sou oplewer, is 'n verteenwoordigende
groep okkupeerders gekies om as applikante op te tree. Voor die inwerkingtreding van die Wet op 1 Julie 1989 was daar geen statut
re beheer oor die verkoop van regte in sodanige skemas nie. Daar was ook geen beskerming
f by wyse van voorkeur in insolvensie
f by wyse van verskansing van
7
okkupasieregte nie. Die Wet het 'n mate van beheer en beskerming totstand gebring maar dit is gemeensaak tussen die partye dat die Wet
soos aanvanklik bewoord niks bevat het waarop applikante sou kon
steun vir die regshulp waarvoor hulle vra nie. Die bron van hulle
regte en die grondslag vir die regshulp wat aangevra is, is (so word
betoog) die wysigings van die Wet wat die Wysigingswet op
Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone 70 van 1990
("die wysigingswet van 1990") teweeggebring het. Die datum van
inwerkingtreding van die Wysigingswet van 1990 was 29 Junie 1990.
Die besondere artikel van die gewysigde Wet waarop applikante
staatgemaak het, lui soos volg:
"4A. Reg van okkupasie verleen dieselfde reg as geregistreerde huurkontrak. - Die houer van 'n reg van
okkupasie het by die toepassing van enige wet dieselfde regte as di
verleen aan 'n huurder ingevolge 'n huurkontrak soos beoog in artikel 1 (2) van die Wet op Formaliteite met
8
betrekking tot Huurkontrakte van Grond, 1969 (Wet No. 18 van 1969), wat teen die titelakte van die gehuurde grond geregistreer is,
watter regte voorkeur geniet bo enige ander reg hetsy daardie ander reg teen die titelakte geregistreer of ge
ndosseer is en afgesien van die tydstip waarop die ander reg geregistreer of ge
ndosseer is."
Ander tersaaklike bepalings van die gewysigde Wet is die volgende:"Reg van okkupasie" word omskryf as "die reg van 'n koper van 'n behuisingsbelang -
(a)
wat onderhewig is aan die betaling van 'n bepaalde of bepaalbare geldsom deur middel van 'n lening of andersins, betaalbaar in een
bedrag of in paaiemente, bykomend tot of in plaas van 'n heffing, en hetsy so 'n geldsom ten volle of ten dele terugbetaalbaar is
aan die koper of iemand anders of aan die boedel van die koper of so 'n ander persoon; en
(b)
wat die bevoegdheid verleen om 'n gedeelte in 'n behuisingsontwikkelingskema te okkupeer vir die duur van die lewe van die koper of,
behoudens artikel 7, iemand anders vermeld in die kontrak ingevolge waarvan die behuisingsbelang verkry is, maar sonder dat dit die
bevoegdheid verleen om oordrag te eis van die eiendomsreg van die gedeelte waarop die behuisingsbelang betrekking het."
(Die woord "gedeelte" het die woord "eenheid" vervang op 22 Mei 1991 ingevolge die bepalings van die Wysigingswet
op
9
Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone 66 van 1991.)
"4B. Vervreemding van grond onderworpe aan reg van okkupasie. - (1) Tensy minstens 75 persent van die houers van regte van okkupasie
in 'n behuisingsontwikkelingskema daartoe instem, mag die betrokke grond nie vry van daardie regte vervreem word nie: Met dien verstande
dat die houers van die regte van okkupasie in die geval van so 'n vervreemding voorkeureise met betrekking tot die opbrengs van die
verkoop van die grond het, watter eise, ondanks andersluidende bepalings van enige ander wet -
(a)
voorkeur geniet bo die eis van enige verbandhouer; en
(b)
gelyk is aan die bedrag wat ingevolge paragraaf (a) van die omskrywing van reg van okkupasie betaal is.
(2) Enige vervreemding wat plaasvind sonder die instemming van die houers soos in subartikel (1) beoog, is van nul en gener waarde."
"4C. Vervreemding van reg yan okkupasie is aan endossement teen titelakte onderhewig. (1) (a) Geen
ontwikkelaar mag 'n reg van okkupasie met betrekking tot 'n behuisingsbelang wat vanaf die inwerkingtreding van die Wysigingswet op
Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone, 1990, ontstaan het, vervreem of 'n ooreenkoms aangaan wat daardie strekking het
of voorgee om dit te h
nie, tensy die
10
titelakte van die betrokke grond waarop daardie reg betrekking het, met die toestemming van die eienaar van daardie grond en, indien
die grond met 'n verband beswaar is, die toestemming van die verbandhouer, of, in die geval van 'n deelnemingsverband, die toestemming
van die betrokke benoemde maatskappy beoog in die Wet op Deelnemingsverbande 1981 (Wet No. 55 van 1981), ten gunste van wie die verband
geregistreer is, deur 'n registrateur soos omskryf in artikel 102 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937 (Wet No. 47 van 1937),
ge
ndosseer is ten effekte dat daardie grond die onderwerp van 'n behuisingsontwikkelingskema uitmaak.
(b) By die toepassing van paragraaf (a) word daar geag dat 'n reg van okkupasie met betrekking tot 'n behuisingsbelang ontstaan sodra
'n ontwikkelaar die eerste reg van okkupasie in 'n behuisingsontwikkelingskema vervreem.
(2)
Die bepalings van subartikel (1) belet nie 'n
ontwikkelaar wat nie verplig is om die bepalings van daardie
subartikel na te kom nie, om by bedoelde registrateur aansoek
te doen dat die titelakte van grond ten opsigte waarvan hy 'n reg
van okkupasie met betrekking tot 'n behuisingsbelang vervreem
het, ge ndosseer word ten effekte dat daardie grond die
onderwerp van 'n behuisingsontwikkelingskema uitmaak nie.
ontwikkelaar wat nie verplig is om die bepalings van daardie
subartikel na te kom nie, om by bedoelde registrateur aansoek
te doen dat die titelakte van grond ten opsigte waarvan hy 'n reg
van okkupasie met betrekking tot 'n behuisingsbelang vervreem
het, ge ndosseer word ten effekte dat daardie grond die
onderwerp van 'n behuisingsontwikkelingskema uitmaak nie.
(3)
Die betrokke registrateur moet, by ontvangs van 'n
aansoek in die vorm wat na oorleg met die hoofregistrateur van
aktes by regulasie voorgeskryf is, die aantekeninge maak wat hy
nodig ag ten einde aan die bepalings van subartikels (1) en (2)
aansoek in die vorm wat na oorleg met die hoofregistrateur van
aktes by regulasie voorgeskryf is, die aantekeninge maak wat hy
nodig ag ten einde aan die bepalings van subartikels (1) en (2)
11
gevolg te gee, en geen kantoor- of ander gelde is ten opsigte van so 'n aantekening aan die registrateur betaalbaar nie.
(4) Iemand wat die bepalings van subartikel (1) oortree, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van
hoogstens R20 000 of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar of met daardie boete sowel as daardie gevangenisstraf."
Die verskeie okkupasieregooreenkomste is op verskillendedatums gesluit. Eerste applikant s'n is op 14 Januarie 1988 en tweede
applikant s'n op 9 Januarie 1989 gesluit d.w.s. nadat die eerste verband
oor die eiendom op 7 September 1987 ten gunste van vierde
respondent geregistreer was, maar voordat die tweede en derde
verbande geregistreer was, en voor die Wet in werking getree het.
Derde en vierde applikante se ooreenkomste is op 6 Maart 1989 en 14
Mei 1989 onderskeidelik gesluit d.w.s. nadat die eerste en tweede
verbande geregistreer was, maar steeds voor die Wet in werking getree
het en voor die derde verband geregistreer was. Vyfde applikant se
12
ooreenkoms was op 12 September 1991 gesluit d.w.s. nadat die eerste en tweede verbande geregistreer was, en nadat beide die Wet en
die Wysigingswette van 1990 en 1991 in werking getree het, maar voor die derde verband geregistreer was. Sesde applikant se ooreenkoms
was op 25 Augustus 1993 gesluit d.w.s. na die drie verbande geregistreer was, en na beide die Wet en die Wysigingswette van 1990
en 1991 in werking getree het.
Elke okkupasieregooreenkoms het 'n bepaling bevat dat die okkupeerder as teenprestasie vir die okkupasiereg 'n rentevrye lening aan
eerste respondent sou maak. Dit sou onder bepaalde omstandighede terugbetaalbaar wees maar die yerskeie bepalings is nie gelykluidend
nie. Die ooreenkomste het voorsiening gemaak vir die be
indiging van die okkupasiereg by die dood van die okkupeerder; vrywillige opsegging deur die okkupeerder; by permanente
13
ongeskiktheidsverklaring van die okkupeerder deur twee medici vir 'n tydperk van meer as negentig dae; as gevolg van be
indiging deur eerste respondent op versoek van vyfde respondent vir gegronde redes soos wangedrag, ongeneeslike aansteeklike s
ekte, kranksinnigheid, moedswillige verbreking van die huisre
ls, ens.
Die Hof a quo is versoek om 'n reeks geskilpunte te besleg. Hulle is soos volg geformuleer:
"1. Geniet enige van d
e appl
kante as houers van regte van okkupasie in die Nimmersat Behuisingsontwikkelingskema ingevolge die bepalings van artikel 4A van die
wet voorkeur bo die regte wat aan vierde respondent as verbandhouer toekom met inagneming van die feite wat hierbo uiteengesit is.
2. Indien enige van die applikante se gemelde regte wel ingevolge die bepalings van artikel 4A van die wet voorkeur geniet bo die
regte wat aan vierde respondent as verbandhouer toekom:
2.1
wat die presiese aard en omvang is van die beskerming wat ingevolge artikel 4A van die wet aan die betrokke applikant toekom;
2.2
of die reg om terugbetaling van die lening te kan vorder wat kragtens 'n regsgeldige okkupasieregooreenkoms aan die houer van 'n okkupasiereg
verleen word
14
nieteenstaande die verkoping in eksekusie bly voortbestaan en, indien wel;
2.3
of die verkoping in eksekusie sal moet plaasvind onderhewig aan sodanige houer se reg om terugbetaling van die lening aan hom verskuldig,
te kan vorder;
2.4
of sodanige reg teen die koper van die eiendom op die verkoping in eksekusie afgedwing kan word.
3. Geniet enige van die applikante as houers van regte van okkupasie in die Nimmersat Behuisingsontwikkelingskema ingevolge die gemene
reg beskerming analoog aan die beskerming wat aan 'n huurder van 'n vaste eiendom ingevolge 'n kort termyn huurkontrak wat in besit
van die huureiendom is, verleen word en, indien wel, wat die presiese aard en omvang van sodanige beskerming is.
4.
Geniet enige van die applikante as houers van regte van okkupasie in die Nimmersat Behuisingsontwikkelingskema enige ander vorm van
beskerming ingevolge die gemene reg en, indien wel, wat die presiese aard en omvang van sodanige beskerming behels.
5.
Is die okkupasieregooreenkomste wat vyfde en sesde applikante met eerste respondent gesluit het nietig op die gronde uiteengesit in
para 34.3 van die funderende eedsverklaring wat soos volg lui naamlik; of die bepalings van artikel 4C van die wet meebring dat die
okkupasieregooreenkomste wat vyfde en sesde applikante met eerste respondent gesluit het nietig is met inagneming van die volgende
naamlik dat Wet 70 van 1990 wat artikel 4C in die Wet ingevoeg het eers op 29 Junie 1990
15
in werking getree het; tweedens die okkupasieregooreenkoms tussen vyfde applikant en eerste respondent op 12 September 1991 aangegaan
is terwyl die okkupasieregooreenkoms tussen sesde applikant en eerste respondent op 25 Augustus 1993 aangegaan is: en dit gemene
saak is tussen die applikant en vierde respondent dat 'n endossement soos deur gemelde artikel 4C beoog nie teen die titelakte van
die eiendom geregistreer is
nie.
6. Indien die okkupasieregooreenkomste wat vyfde en sesde applikante met eerste respondent gesluit het wel nietig is op die gronde
uiteengesit in para 34.3 van die funderende eedsverklaring, of vyfde en sesde applikante dan enige beskerming geniet teen die uitoefening
van vierde respondent se regte as verbandhouer met inagneming van die feite in para 34.4 uiteengesit in die funderende eedsverklaring."
Die Hof a quo het bevind:
1.
dat die applikante houers is van 'n reg van okkupas
e soos bedoel in artikel 4A van die Wet en dat die applikante se regte voorkeur geniet bo die regte van vierde respondent as verbandhouer;
2.
dat die applikante ingevolge die bepalings van artikel 4A van die Wet al die beskerming wat 'n huurder ingevolge 'n huurkontrak soos
beoog in artikel 1 (2) van Wet 18 van 1969, wat teen die titelakte van die gehuurde eiendom geregistreer is, geniet en dat sodanige
beskerming insluit dat by verkoping van
16
die eiendom die koper verplig sal wees om al die applikante se regte ingevolge hul okkupasieregooreenkomste te eerbiedig, insluitend
die reg op terugbetaling van die leningsbedrag;
3.
dat die applikante ingevolge die gemenereg beskerming geniet analoog aan die beskerming wat 'n huurder van vaste eiendom en wat in
besit is van die eiendom ingevolge 'n korttermyn huurkontrak geniet;
4.
dat vyfde en sesde applikante se okkupasieregooreenkomste nie nietig is nie.
Met verlof van die Hof a quo appelleer vierde respondent teenal die voormelde bevindings. Ek wend my na die eerste geskilpunt.
Daar is namens vierde respondent aangevoer dat die aard van die reg
van okkupasie waarvoor die verskeie ooreenkomste voorsiening maak
sodanig is dat dit nie as 'n reg van okkupasie wat deur die betrokke
Wet beskerm is, beskou kan word nie. Die slotsom waartoe ek gekom
het ten opsigte van die meer fundamentele vraag nl. of die Wet
hoegenaamd van toepassing is waar gevestigde regte ooreenkomstig
verbande alreeds bestaan het toe die statut re beskerming van sommige
17
okkupeerders in die lewe geroep is, maak dit streng gesproke onnodig om die eersgenoemde vraag te beantwoord. Nietemin, waar die aspek
tog volledig voor ons gedebatteer is, sal ek my siening daaromtrent kortliks uiteensit.
Die kern van vierde respondent se betoog is dat die okkupasiereg deur die verskeie kontrakte verleen nie "die bevoegdheid verleen
om 'n gedeelte in 'n behuisingsontwikkelingskema te okkupeer
vir die duur van die lewe van die koper of
iemand anders
vermeld in die kontrak" soos in die omskrywing van "reg van okkupasie" in die Wet bedoel word nie. Die stelling word
gegrond op die bogenoemde bepalings in die kontrakte waarvolgens dit moontlik is dat die okkupeerder gedurende sy of haar leeftyd
die reg om te okkupeer kan verbeur. As hierdie bepalings ontleed word, val hulle binne die een of die ander van twee eiesoortige
groepe. Die een groep
18
behels wangedrag of kontrakbreuk deur die okkupeerder. Die ander
groep behels gebeurlikhede waaroor geeneen van die partye enige
beheer het nie, soos bv. permanente ongeskiktheid, kranksinnigheid en
ongeneeslike aansteeklike siekte. Daar is wyslik nie betoog dat die
bestaan van 'n kanselleringsbevoegdheid in die eersgenoemde
omstandighede sou meebring dat die lewenslange okkupasiereg deur
die kontrak verleen nie aan die vereistes van die statut
re omskrywing
van reg van okkupasie sou voldoen nie. Die verlening van 'n
lewenslange okkupasiereg wat nie onderhewig is aan kansellasie nie,
ongeag hoe erg die versuim of weiering van die okkupeerder om sy of
haar kontraktuele verpligtings uit te voer, is skaars denkbaar. Dit sou
geen kommersi
le sin maak nie en dit sou absurd wees om 'n
bedoeling aan die wetgewer toe te dig dat die beskerming nie sal geld
bloot omdat die kontrak vir daardie gebeurlikheid voorsiening maak
19
nie.
Wat die ander groep gebeurlikhede betref, het ek alreeds daarop
gewys dat die ontstaan al dan nie van sulke gebeurlikhede buite die
beheer van die kontrakterende partye is. Hulle is onvoorspelbare
gebeurtenisse wat mag of nie mag plaasvind nie. Vind hulle nie plaas
nie, word 'n okkupeerder se lewenslange okkupasiereg glad nie
geaffekteer nie. Vind hulle wel plaas, het hulle 'n potensi
le nadelige
uitwerking op die gesondheid, gerief en gemoedstoestand van ander
inwoners en weereens is dit skaars denkbaar dat die wetgewer sulke
realiteite oor die hoof sou gesien het, en 'n lewenslange okkupasiereg
in gedagte sou gehad het van so 'n absolute aard dat geen kwalifisering
daarvan, hoe redelik en realisties ook, geduld sou word nie. Na my
mening is dit redelik duidelik wat die wetgewer beoog het, nl. dat die
verleende lewenslange okkupasiereg nie kanselleerbaar mag wees bloot
20
as gevolg van 'n eensydige wilsbesluit van die eienaar of ontwikkelaar van die skema nie, en in die afwesigheid van enige kontrakbreuk
deur die okkupeerder, of enige van die voornoemde gebeurlikhede waaroor die partye geen beheer het nie. Enige ander gevolgtrekking
sal meebring dat weinig, indien enige, lewenslange okkupasieregte wat aan die statut
re omskrywing daarvan sal voldoen, in die praktyk sal voorkom, en dat die beoogde beskerming deur feitlik niemand, of byna niemand,
geniet sal word nie. Myns insiens was die Hof a quo korrek om hierdie besondere punt teen vierde respondent te beslis.
Die volgende vraag is of enigeen van die applikante ingevolge artikel 4A van die Wet voorkeur bo die regte wat aan vierde respondent
as verbandhouer toekom, geniet. Die doel van hierdie wetgewing is duidelik en is soos volg deur Eksteen AR in Eden Villaee (Meadowbrook) (Ptv) Ltd v Edwards 1995 (4) SA 31 (A) op
21
44 A-E beskryf:
"The Act falls within the category of what might be termed 'social' or 'consumer protection' legislation. Its object is to protect
elderly or retired persons investing their savings in a housing development scheme from possible exploitation by a developer. As
an example of this one may have regard to ss 2-4 of the Act, which provide in considerable detail what a contract for the acquisition
of a housing interest by a retired person should contain: details as to exactly what he is acquiring and what his obligations will
be, and also what other facilities or services will be provided. These sections also bind the developer to provide the facilities
promised; if the landed property is unencumbered to keep it unencumbered; and to give an estimate, for a period of three years in
advance, of what the upkeep of the scheme is likely to cost. So, too, ss 4A, 4B and 4C give the holder of a right of occupation very
considerable security by requiring the endorsement of that right against the title deed, and according that right priority over any
other right, whether or not such other right has been registered or endorsed against the title deed, and irrespective of the time
when such other right was registered and endorsed. The whole Act is designed to protect the rights and the interests of the retired
persons, and recognises the fact that the residents have a vested interest in the housing development scheme in which they have chosen
to stay."
22
Applikante se advokaat het daarop gewys dat artikel 4A uitdruklik bepaal dat die regte daarkragtens verleen voorkeur geniet bo enige ander reg wat teen die titelakte geregistreer of ge
ndosseer is en afgesien van die tydstip waarop die ander reg geregistreer of ge
ndosseer is. Hy het hom beroep op gesag in hierdie Hof vir die stelling dat die woord "any" (die Engelse weergawe van "enige"
in die Wet) prima facie allesomvattend is en dat daar geen aanduiding in die Wet te vinde is wat daarop sou dui dat die woord nie
veronderstel was om sy normale, wye betekenis te h
nie. Insgelyks het hy betoog dat die woorde "afgesien van die tydstip waarop die ander reg geregistreer of ge
ndosseer is" 'n algemene strekking het en ook hulle gewone wye betekenis behoort te dra. Dit sou meebring dat applikante se regte
as okkupasiereghouers voorkeur bo vierde respondent se regte as verbandhouer sou geniet nieteenstaande die feit dat die eerste en
23
tweede verbande reeds voor die inwerkingtreding van die Wet en die sluiting van enige van die applikante se okkupasieregooreenkomste
geregistreer was. A fortiori sou hulle regte voorkeur geniet bo vierde respondent se regte ingevolge die derde verband.
Dit is gemeensaak dat artikel 4A nie losstaande van artikels 4B, 4C en die verdere bepalings van die Wet uitgel
moet word nie en dat die Wet as 'n geheel uitgel
moet word, maar daar word betoog dat, al word dit gedoen, daar geen rede is om die ondubbelsinnige bepalings van artikel 4A op grond
van die bepalings van artikel 4C of enige ander bepaling in te perk nie. Daar is ruiterlik toegegee dat so 'n vertolking van die
Wet 'n drastiese inbreuk op die bestaande en gevestigde regte van vierde respondent as verbandhouer sou meebring maar, aldus die
betoog, troos is te vinde in die bepalings van artikel 10 waarvolgens dit die Minister van Ekonomiese Sake en Tegnologie
24
vrystaan om enige persoon van al of enige van die bepalings van die Wet vry te stel.
Daar is verder betoog dat die wetgewer beoog het dat artikels 4A en 4B beide op behuisingsontwikkelingskemas wat ten tyde van hul
inwerkingtreding bestaan het, sowel as op behuisingsontwikkelingskemas waar die eerste vervreemding van 'n reg van okkupasie na hul
inwerkingtreding plaasvind, van toepassing sou wees, terwyl artikel 4C slegs van toepassing sou wees op 'n skema waar die eerste
vervreemding van 'n reg van okkupasie na die inwerkingtreding van die betrokke bepalings plaasvind. Klem is gel
op die inleidende woorde van artikel 4A nl. "die houer van 'n reg van okkupasie" vir die stelling dat die bepaling ten opsigte
van alle persone geld wat tydens die inwerkingtreding daarvan houers van regte van okkupasie is, asook di
wat daarna houers word. Ons is ook
25
attent gemaak op die afwesigheid in
f artikel 4A
f artikel 4B van
enige aanduiding dat hulle aan die bepalings van artikel 4C
onderhewig is. Die gebruik van die ongekwalifiseerde woorde "die
houers van regte van okkupasie" in artikel 4B dui ook aan, so word
betoog, dat geen onderskeid getref word tussen di
wat hulle regte
bekom het voor die inwerkingtreding van die artikel en di
wat hulle
regte daarna bekom het nie. Daar is aangevoer dat indien dit die
bedoeling was dat artikel 4A slegs van toepassing sou wees op 'n
skema waar die eerste vervreemding van 'n reg van okkupasie na die
inwerkingtreding daarvan plaasvind, dit onnodig was om die woorde
"afgesien van die tydstip waarop die ander reg geregistreer of