5
Die tweede respondent het in sy hoofgetuienis in die borgaansoek ook ges
dat hy skuldig pleit op die aanklag van roof en hy is daama deur die aanklaer as volg gekruisverhoor :
"U het ook 'n uitwysing gemaak in hierdie saak en as ek dit
reg het, was u ook geneem vir 'n bekentenis, is dit reg? —
Ja ek het 'n bekentenis gemaak.
En u s
u pleit skuldig dat u hierdie roof saam met die ander
mense getrek het. Is dit reg? — Ja.
U weet ook van die klagte van moord wat aan u gestel is. —
Ja.
U was by gewees toe die moord gepleeg is. — Ja ek was by."
Die oorkonde van die borgverrigtinge toon dus dat beide respondente uit eie beweging in hulle getuienis in hoof verklaar het dat huile skuldig pleit op die eerste aanklag waama die aanklaer in kruisverhoor probeer vasstel het of die pleit van skuldig ook op die tweede aanklag betrekking het.
Ek behandel vervolgens die vier regsvrae wat aan ons vir
6
oorweging voorbehou is. Dit moet egter beklemtoon word dat al vier regsvrae beantwoord moet word sonder inagneming van die bepalings van Hoofstuk 3 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993 ("die Grondwet") aangesien die verhoor in die huidige saak 'n aanvang geneem het en voltooi is voordat die Grondwet op 27 April 1994 van krag geword het. Sien S v Mhlungu and Others 1995(3)SA 867(KH) op 887 H-888 G. Vraag 1.
Hierdie vraag lui as volg: "Is die getuienis wat 'n beskuldigde in 'n borgaansoek afgel
het, in sy latere verhoor regtens teen hom toelaatbaar?"
Die oorkonde van die borgverrigtinge is by die verhoor as getuienis aangebied ingevolge art 235 (1) van die Wet, die tersaaklike gedeeltes waarvan as volg lui :
7
"235 (1) Dit is by strafregtelike verrigtinge voldoende om die oorspronklike oorkonde van geregtelike verrigtinge te
bewys indien 'n afskrif van sodanige oorkonde
by
bedoelde strafregtelike verrigtinge as getuienis voorgel
word
Art 235 bepaal alleenlik hoe die oorkonde van geregtelike verrigtinge bewys kan word en nie watter getuienis toelaatbaar is nie. Die artikel skep dus alleenlik 'n meganisme vir die bewys van geregtelike verrigtinge en bevat geen uitsluitsel oor toelaatbaarheid nie. Daar kan geen twyfel wees dat 'n borgaansoek geregtelike verrigtinge is nie.
Namens die respondente is betoog dat die Wet 'n numerus clausus bevat van geregtelike verrigtinge wat by 'n latere verhoor bewys mag word en dat 'n borgaansoek dus by implikasie uitgesluit is. Daar is in hierdie verband verwys na 'n hele aantal bepalings
in die Wet wat spesifiek voorsiening maak vir die bewys van die oorkonde van bepaalde geregtelike verrigtinge by 'n latere verhoor, soos di
in Hoofstuk 19 van die Wet. Ek kan nie met die
8
betoog saamstem nie. Die bewoording van art 235(1) is wyd genoeg om ook borgaansoeke in te sluit. Verder is die algemene re
l dat enige relevante getuienis by strafregtelike verrigtinge toelaatbaar is tensy dit deur 'n bepaalde re
l van die bewysreg uitgesluit word S v Lwane 1966 (2) SA 433 (A) op 437 G-H en S v Mabaso and Another, supra, op 206 F-G). Die feit dat die Wet nie uitdruklik voorsiening maak dat 'n beskuldigde se getuienis in 'n borgaansoek by sy latere verhoor teen hom gebruik mag word nie, is gevolglik geen aanduiding dat dit uitgesluit is nie. Die Verhoorregter s
in sy uitspraak oor die toelaatbaarheid van die oorkonde van die borgaansoek dat om die oorkonde by die blote voorlegging daarvan as getuienis toe te laat, sou beteken dat die streng vereistes neergel
in arts 217 en 219 A ge
gnoreer word in di
gevalle, soos die huidige, waar bekentenisse en erkennings ter sprake is, wat nooit die bedoeling van die Wetgewer
9
kon gewees het nie. Hierdie beswaar verloor uit die oog dat art
235 self geen uitsluitsel oor die toelaatbaarheid van getuienis gee
nie en dat die artikel nie mindere vereistes stel vir die
toelaatbaarheid van 'n oorkonde wat as inhoud het 'n bekentenis of
'n erkenning deur 'n beskuldigde nie.
Hierdie Hof het in twee onlangse beslissings uitdruklik bevind
dat die getuienis wat die beskuldigdes in daardie sake in
borgaansoeke afgel
het, in hulle latere verhoor toelaatbaar was.
In S v Sithebe 1992 (1) SASV 347 (A) is in hierdie Hof betoog
(op 352 i) dat die getuienis verkeerde
ik deur die Verhoorhof
toegelaat is. Die betoog is verwerp in die volgende woorde (per
Nienaber AR op 352 i - 353 b):
"The appellant's evidence at his bail application was proved at his subsequent trial by means of s 235 of the Criminal Procedure Act of 1977. Should it have appeared from the evidence in the trial that his earlier evidence had been induced by threats or compulsion it would have affected the
10
745 E; 746 F-H.) The appellant did suggest, during the trial within the trial, that he was intimidated at the time by the mere presence in court of some police officers and that this was the reason why he simply agreed with propositions put to him by counsel for the State. That explanation was not, however, repeated during the trial proper and apart from being inherently unlikely, was rightly disregarded by the Court a quo when the appellant's guilt was under consideration."
Die geleerde regter het voortgegaan (op 353 g-h):
" Finally, there are the admissions he made during his bail application. The appellant elected not to give evidence when the issue of his guilt was tried. The consequence is that the confession, the pointing out, and the admissions he made during the bail application remained uncontroverted by any evidence from the appellant.
n the result the Court a quo was bound to convict the appellant. The appeal against his conviction must accordingly fail."
Ek wys daarop dat daar in die huidige saak geen sprake is van voorafgaande dreigemente of ander onbehoorlike be
nvloeding
11
nie. Ek spreek my gevolglik nie uit oor die vraag of getuienis wat onder sodanige omstandighede gegee is, in gepaste gevalle ontoelaatbaar sal wees nie.
In 'n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof (S v Venter, saak no 59/95, gelewer op 28 Maart 1996) is ook beslis dat die getuienis wat die beskuldigde in 'n borgaansoek afgel
het, by sy latere verhoor toelaatbaar is. Die Verhoorhof het 'n beswaar teen die toelaatbaarhe
d van die getuienis verwerp en beslis dat die beskuldigde, wat regsverteenwoordig was in die borgaansoek, geag moet word afstand te gedoen het van die privilegie teen selfinkriminasie. In hierdie Hof het Nestadt AR, wat die uitspraak van die Hof gelewer het, die betoog dat die getuienis ontoelaatbaar was, in die volgende woorde verwerp (op bl 11-12 van die getikte uitspraak):
"Before us, it was submitted on behalf of the appellant that
12
the evidence was wrongly admitted. I disagree. I am not sure that the privilege against self-incrimination applied to the situation at all. But even if it did, the evidence was correctly admitted. The appellant had in his evidence-in-chief given his version of what happened in the bathroom. The State was entitled to test it by cross-examination. Before us, a further argument was raised, viz that the appellant had been improperly compelled by the State to bring the application for bail. But in the Court a quo there was no evidence in support of this. S v Botha and Others 1995 (2) SACR 605 (W) is distinguishable. The facts of our matter are different."
In S v Botha and Others waarna Nestadt AR hier verwys en wat beslis is na die inwerkingtreding van die Grondwet, is die beskuldigde vroegoggend by sy huis gearresteer en het later dieselfde oggend getuig in sy borgaansoek waar hy regsverteenwoordig was. By sy latere verhoor het Myburgh R op twee gronde beslis dat dit 'n skending van sy reg op 'n billike verhoor ingevolge art 25 (3) van die Grondwet sou wees om die getuienis wat hy by sy borgaansoek afgel
het, by sy verhoor toe
13
te laat (op 610 c - 612 i).
Wat die regsposisie betref voordat die Grondwet in werking getree het, aanvaar ek dat daar gevalle mag wees waar die beskuldigde nie 'n billike verhoor sou kry indien die borgverrigtinge by sy latere verhoor teen hom toegelaat word nie. Elke saak moet volgens sy eie feite beoordeel word. In die huidige saak het die
respondente 'n vrye keuse uitgeoefen om self in die borgaansoek te getuig en het vrylik verklaar dat hulle skuldig pleit op die eerste aanklag. Hul kruisverhoor was bloot daarop gemik om vas te stel of die pleit van skuldig ten opsigte van een of albei van die aanklagte geld. Die feite van die saak bied gevolglik geen rede, en geen ander goeie grond is voor ons aangevoer, om van die uitsprake van hierdie Hof in S v Sithebe en S v Venter, beide supra, af te wyk nie. Die eerste regsvraag moet dus as volg beantwoord word: die getuienis van 'n beskuldigde in 'n
14
borgaansoek kan, mits dit andersins toelaatbaar is, by sy latere verhoor teen hom ingevolge art 235 van die Wet toegelaat word. Vraag 2.
Hierdie vraag lui as volg : "Is die Agbare Verhoorhof korrek in sy beslissing dat die Staat nie die getuienis van die twee respondente in die borgaansoek as getuienis teen hulle in die verhoor kon aanwend nie, omdat :
a.
hulle getuienis in hoofondervraging dat hulle op die meriete
van die saak skuldig pleit, irrelevant tot die beregting van
daardie aansoek was ?
b.
dit vir die Staatsaanklaer onre
lmatig was om die respondente
oor hul voorneme om skuldig te pleit in kruisverhoor te
neem?"
Die bondige antwoorde op hierdie vrae is dat (a) die betrokke gedeeltes van die respondente se geruienis nie irrelevant tot
15
die beregting van die borgaansoek was nie en (b) die aanklaer geregtig was om hulle daaroor onder kruisverhoor te neem. Wat (a) berref, het die respondente self die feit dat hulle skuldig pleit, relevant gemaak. Dit was deel van hul strategie om die landdros te oortuig dat hulle bereid is om oop kaarte te speel en hul volle samewerking te gee sodat hulle vertrou kon word om hul verhoor te staan. Wat (b) betref, was die aanklaer geregtig om, soos hy gedoen het, vas te stel wat die pleit van skuldig behels het, en of dit op slegs een of albei van die klagtes betrekking gehad het (cf S v Venter, supra, op bl 12 van die getikte uitspraak en S v Botha and Others, supra, op 611 F). Vraag 3.
Hierdie vraag lui soos volg: "Is die Agbare Verhoorhof korrek in sy verdere beslissing om die getuienis wat die twee Respondente by die borgaansoek afgel
het, uit te sluit omrede die
16
voorsittende landdros, in weerwil daarvan dat hulle regs= verteenwoordiging gehad het, nie die respondente van die onus en die privilegie teen self-inkriminasie ingelig het nie?"
In die veronderstelling dat die respondente die beskerming teen self-inkriminasie geniet het, meen ek dat hulle daarvan afstand gedoen het toe hulle in hul hoofgetuienis doelbewus, ten einde borg te kry, verklaar het dat hulle skuldig pleit. Hulle was, soos
reeds genoem, regsverteenwoordig en alle aanduidings is dat hulle bewus was van die bewyslas en die algemene privilegie teen selfinkriminasie. In al die omstandighede was die landdros nie verplig om die respondente oor hulle regte in te lig nie en is die antwoord op die voorbehoue vraag dat die Verhoorregter se gemelde beslissing nie korrek was nie. Vraag 4.
Die vraag lui as volg: "Is die Agbare Verhoorhof korrek in
17
sy beslissing dat die vrae wat die Staatsaanklaer aan die eerste respondent in die borgaansoek ten opsigte van die moordaanklag gestel het nadat die eerste respondent in sy hoofgetuienis, in antwoord op 'n vraag van sy regsverteenwoordiger, getuig het dat hy op die meriete van die saak skuldig gaan pleit, op onbehoorlike druk neerkom wat die Staat verhoed om sy antwoorde op die vrae as getuienis teen hom in sy latere verhoor te gebruik?"
Die antwoord op hierdie vraag is dat die Verhoorregter nie korrek is nie. Die relevante passasie, wat ek hierbo aangehaal het, toon dat die eerste respondent bevestigend geantwoord het op 'n vraag van die aanklaer of hy geweet het van die moord. Hiema het die aanklaer hom gevra om te s
wat hy weet van die moord. Die vraag is drie keer herhaal voordat die respondent daarop geantwoord het. Na my mening is hier geen sprake van onbehoorlike druk nie. Die aanklaer was geregtig om die vraag
18
te stel en dit te herhaal soos hy gedoen het. Daar is geen aanduiding hier van enigiets meer as die druk wat normaalweg met kruisverhoor gepaard gaan nie.
Al vier regsvrae word gevolglik ten gunste van die Staat beslis.
Die oorblywende vraag is watter regshulp verleen moet word
in die lig daarvan dat die voorbehoue regsvrae ten gunste van die
Staat beslis is. Art 322 (4) lui as volg:
"Wanneer 'n regsvraag op aansoek van die aanklaer in die geval van 'n onskuldigbevinding voorbehou is en die app
lhof ten gunste van die aanklaer beslis het, kan die app
lhof beveel dat di
van die in artikel 324 bedoelde stappe gedoen word wat die hof gelas."
Art 324 magtig hierdie Hof om sekere stappe te doen wanneer hy 'n skuldigbevinding en vonnis in sekere gevalle, soos in paras (a) (b) en (c) van die artikel genoem, tersyde stel. Die
19
stappe wat gedoen kan word, is om te gelas dat
"geregtelike stappe ten opsigte van dieselfde misdryf waarop
die skuldigbevinding en vonnis betrekking gehad het, hetsy
op die oorspronklike aanklag, met gepaste wysigings waar
nodig, of op 'n ander aanklag, weer ingestel word asof die
beskuldigde nie voorheen tereggestaan het en verhoor en
skuldig bevind was nie
"
Indien arts 322 (4) en 324 saamgelees word, is dit duidelik dat, ingeval van 'n onskuldigbevinding soos in art 322 (4) bedoel, hierdie Hof kan beveel dat geregtelike stappe op dieselfde aanklag as voorheen weer teen 'n beskuldigde ingestel kan word asof hy nie voorheen tereggestaan het en verhoor en onskuldig bevind was nie. Hierdie Hof het 'n diskresie om die onskuldigbevinding tersyde te stel en 'n nuwe verhoor voor 'n ander regter en assessore te gelas. (S v Gani and Others 1957 (2) SA 212 (A) op 222 E; S v Rosenthal 1980 (1) SA 65 (A) op 82 H -83 C; S v Seekoei 1982 (3) SA 97 (A) op 102 H - 103 A en
20
Magmoed v Janse Van Rensberg and Others [1992] ZASCA 208; 1993 (1) SA 777 (A) op 827 G - 828 C).
Die vraag is dan of die belange van geregtigheid gedien sal word indien 'n nuwe verhoor gelas word. Die Verhoorregter wys in sy uitspraak daarop dat die Staat toegegee het dat daar, afgesien van die oorkonde van die borgverrigtinge, geen getuienis is teen
die respondente nie. Dit is verder 'n ope vraag of die borgverrigtinge ingevolge die Grondwet teen die respondente toelaatbaar sou wees. Daar is gevolglik geen sekerheid of selfs waarskynlikheid dat 'n nuwe verhoor die skuldigbevinding van die twee respondente tot gevolg sou h
nie. Die gebeure waaroor die saak gaan, het byna vyf jaar gelede plaasgevind, met 'n gevolglike vervaging van die getuies se geheue. In al die omstandighede is ek van mening dat die diskresie van hierdie Hof uitgeoefen moet word teen die verlening van 'n bevel vir 'n nuwe verhoor. Dit is gevolglik nie nodig om
21
die onskuldigbevinding van die respondente tersyde te stel nie. Die volgende bevel word gemaak:
1.
Al vier regsvrae word ten gunste van die Staat beantwoord;
2.
Ingevolge art 319, gelees met art 322(4) en art 324 van die Wet, word geen bevel gemaak in opvolging van die antwoorde op die voorbehoue regsvrae nie.
W. VIVIER AR.
A BOTHA AR)
R MARAIS AR) Stem saam.
Saak Nr 563/95
IH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)
In die saak tussen :
DIE STAAT
Appellant
vs
TANDO NOMZAZA
Eerste Respondent
MTHUTHUZELI MPANDE
Tweede Respondent
HOF :
BOTHA, VAN HEERDEN, VIVIER,
MARAIS ARR et ZULMAN Wnd AR
VERHOORDATUM : 20 MEI 1996
LEWERINGSDATUM : 29 MEI 1996