South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1996 >>
[1996] ZASCA 71
| Noteup
| LawCite
Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Gekonsolideerde Sentrale Ondernemingsgroep (Eiendoms) Bpk. (598/94) [1996] ZASCA 71; 1996 (4) SA 58 (SCA); [1996] 3 All SA 111 (A); (31 May 1996)
Download original files |
Saak No. 598/94 IH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)Insake die app l van :
KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant
teen
GEKONSOLIDEERDE SENTRALE
ONDERNEMINGSGROEP (EIENDOMS) BEPERK Respondent
HOF : VAN HEERDEN, NIENABER, HOWIE,
OLIVIER EN SCOTT ARR
VERHOORDATUM : 17 MEI 1996
LEWERINGSDATUM : 31 MEI 1996
VAN HEERDEN AR :
2 Die respondent is 'n mo
orhandelaar wat in Bloemfontein sakedoen. Sy voorraad bestaan hoofsaaklik uit nuwe en ingeruilde motors
asook motoronderdele. Ten opsigte van die 1983, 1984 en 1987
belastingjare het die respondent in sy opgawes die waarde van sy
voorraad teen minder as die totale kosprys daarvan vermeld. Dit het
gebeur omdat, of veral omdat, sodanige kosprys, of altans di van
ingeruilde voertuie en onderdele, met 5% gedepresieer is. Die opgawes
het nie 'n aanduiding van hierdie depresiasie gegee nie en die respondent
is gevolglik met minder belas as wat die geval sou gewees het indien die
totale voorraad teen kosprys vermeld was.
Volgende op 'n ondersoek na die respondent se sake het die
appellant in 1990 addisionele aanslae vir onder andere bogenoemde
belastingjare uitgereik. Dit is slegs nodig om te noem dat ingevolge
hierdie aanslae die respondent aangeslaan is op sy inkomste met
3 inagneming van die totale kosprys van sy voorraad; dat ooreenkomstig
artikel 76(1) van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 addisionele
belasting ("boete") gehef is bereken teen 50% van die bykomende
belasting meegebring deur die terugtelling van bogenoemde depresiasie,
en dat bowendien betreffende die 1987 belastingjaar rente ten bedrae van
R26 404,62 kragtens artikel 89 quat van die Wet gehef is.
Die respondent het tevergeefs beswaar gemaak teen die heffing van
die boetes en rente, en het daarna app l aangeteken ingevolge die
bepalings van artikel 83 van die Wet. Die Vrystaatse Inkomste-
belastinghof Spesiale Hof ("die spesiale hof") het die app l gehandhaaf
waarna die appellant na die volle hof van die Vrystaatse Provinsiale
Afdeling geappelleer het. Behalwe dat die bevel van die spesiale hof
duideliker geformuleer is, is die app l afgewys (per Van Coppenhagen R
en Lichtenberg RP). 'n Afwykende uitspraak is gelewer deur
4 Malherbe R. Ek kom aanstons terug op hierdie drie uitsprake.
Dit is dienstig om op hierdie stadium te verwys na die tersaaklike
bepalings van die Wet (uitgesonderd artikel 89 quat wat aan die einde
van hierdie uitspraak behandel word). Vir sover ter sake bepaal artikel
22(l)(a) soos volg :
"1. Die bedrag wat by die vasstelling van die belasbare inkomste deur 'n persoon gedurende 'n jaar van aanslag uit die beoefening
van 'n bedryf... verkry, in rekening gebring moet word ten opsigte van die waarde van handelsvoorraad wat hy aan die einde van bedoelde
jaar van aanslag besit en nie van die hand gesit het nie, is -
(a) in die geval van handelsvoorraad... die kosprys vir di
persoon van bedoelde handelsvoorraad, min 'n bedrag wat volgens die oordeel van die Kommissaris billikerwys en redelikerwys die bedrag
verteenwoordig waarmee die waarde van bedoelde handelsvoorraad... verminder is as gevolg van skade, bederf, verandering van mode,
daling in markwaarde of enige ander oorsaak wat vir die Kommissaris
5 bevredigend is..."
Hier dien gemeld te word dat 'n besluit van die appellant ingevolge die subartikel nie aan app
l onderhewig gestel word nie.
Artikel 76(l)(c) bepaal dat indien 'n belastingpligtige in 'n opgawe 'n onjuiste verklaring doen wat tot gevolg het dat normale belasting
vasgestel word op 'n bedrag wat minder as die werklik hefbare belasting is, hy 'n boete moet betaal gelyk aan twee maal die verskil
tussen die belasting oorspronklik aangeslaan en di
wat werklik hefbaar sou gewees het.
Artikel 76(2) lui soos voig :
"(a) Die Kommissaris kan na goeddunke die addisionele heffing by sub-artikel (1) opgel
of 'n deel daarvan kwytskeld : Met dien verstande dat, tensy hy oordeel dat daar versagtende omstandighede was, hy nie aldus kwytskeld
nie, indien hy oortuig is dat 'n in paragraaf (a), (b) of (c) van sub-ar
ikel (1) bedoelde doen of late deur die belastingpligtige met die bedoeling om belasting te ontduik, geskied het.
6
(b) Ingeval die Kommissaris besluit om nie die addisionele heffing opgel
kragtens sub-artikel (1) ten volle kwyt te skeld nie, is sy beslissing onderhewig aan beswaar en app
l."
Ten slotte moet verwys word na artikel 83(13)(b) waarvolgens 'n spesiale hof op app
l daarheen 'n boete opgel
kragtens subartikel (1) kan verminder of bekragtig of vermeerder.
Die getuienis wat namens die respondent by die verhoor afgel
is, is nie in wese betwis nie, en dit was uiteindelik gemene saak dat die versuim om in die betrokke opgawes die voornoemde depresiasie
te vermeld nie te wyte was aan 'n oogmerk om belasting te ontduik nie. Dat dit ook met die uitreiking van die addisionele aanslae
die appellant se opvatting was, blyk uit die feit dat die boetebedrae slegs 50% van die bykomende belastings verteenwoordig het.
Omdat die appellant se besluit ingevolge artikel 76(2)(b) aan beswaar en app
l onderhewig is, is 'n spesiale hof op app
l daarna nie
7 gebonde aan die appellant se uitoefening van sy diskresie kragtenssubartikel nie, maar kan dit opnuut sy eie diskresie kan uitoefen : CI
R v Da Costa 1985(3) SA 768(A) 774C-J.
Die onbetwiste getuienis wat namens die respondent in die spesiale
hof aangebied is, word soos volg in die uitspraak van daardie hof
opgesom :
"Die grond van app
l is dat die voorsiening hier ter sprake [die depresiasie] algemene praktyk is, en dat daar bygevolg nie addisionele boete gehef moes
gewees het nie. Ter motivering van die beweerde algemene praktyk, is die getuienis van die besturende direkteur van die appellant-maatskappy
aangebied. Uit sy getuienis blyk dit dat motorhandelaars verplig word deur die vervaardigers om sekere onderdele in voorraad te hou
vir 'n sekere tydperk. D
t gebeur dikwels dat, met die verloop van tyd, sommige onderdele nie meer verkoop word nie. Dit gebeur ook dat sekere onderdele foutief
is en dan gratis deur die handelaar vervang moet word. Dieselfde probleme word ondervind ten aansien van motors wat ingeruil word
op nuwe voertuie. Soms neem dit jare voordat die ingeruilde motors verkoop word, met die gevolg dat dit vir tot so lank as vier jaar
op die voorraadlys verskyn. Van die motors word ook ingeruil
8
teen bedrae wat ho
r is as die bedrag waarvoor die betrokke motor herverkoop word, m.a.w., teen 'n verlies. Dit spreek vanself dat, wanneer 'n ingeruilde
motor vir baie lank in voorraad gehou word, herstelkoste aan die betrokke voertuig noodsaaklik word, bv. waar olielekke ontwikkel
of die battery ontklaar raak. Sommige herstelkoste het geensins tot gevolg dat die waarde van die betrokke voertuig verhoog word
nie. Dit blyk verder uit die getuienis van die besturende direkteur dat 60% van die totale waarde van sy voorraad uit nuwe motors
bestaan en 40% uit gebruikte of ingeruilde motors. Dit blyk verder ook dat die waarde van die onderdelevoorraad ongeveer R350 000,00
beloop, waarvan R60 000,00 'dooie' voorraad is, m.a.w., onderdele wat
f stadig
f glad nie verkoop nie. Die besturende direkteur het bygevoeg dat, indien hy tydens die ondersoek na die appellant-maatskappy se belastingsake
gevra is om aan te dui welke ingeruilde voertuie reeds vir 'n lang tyd in voorraad was, of watter onderdele as 'dooie' voorraad bestempel
word, asook watter herstelkoste aangegaan moes word wat slegs daartoe gelei het dat 'n ingeruilde motor makliker sal verkoop maar
geensins die waarde daarvan verhoog nie, hy dit met graagte sou kon doen, maar dat hy nooit daartoe versoek is nie.
Ten einde voorsiening te maak vir bogemelde gebeurlikhede en faktore, is 'n voorraadvoorsieningsfonds saamgestel met inagneming van
vorige ondervinding van die betrokke maatskappy se besigheidsbedrywighede. Volgens mnr.
9
Pienaar, die appellantmaatskappy se ouditeur, was 5% van die normale totale waarde van die voorraad van Rl,4 m d.w.s. 'n bedrag van
R70 000,00, as 'n billike voorsiening beskou. Die besturende direkteur se getuienis was dat die 5% eintlik baie konserwatief is,
en ek is geneig om daarmee saam te stem, in die lig van die waarde van voorraad wat op hande gehou word, sowel as die verhouding
van nuwe voorraad in teenstelling met verouderde of'dooie' voorraad."
Nadat die spesiale hof (per Beckley R as president) daarop gewyshet dat artike] 22(1) van die Wet die appellant beklee met 'n diskresie om
te bepaal welke bedrag redelikerwyse van die kosprys van voorraad
afgetrek moet word as gevolg van onder andere daling in die waarde
daarvan, het hy klem gel op die feit dat volgens Da Costa 'n spesiale
hof op app l teen 'n beslissing van die appellant de novo sy eie diskresie
moet uitoefen. Daarna is vervo g :
"In ag genome die getuienis van die besturende direkteur van die appellant-maatskappy sowel as die van mnr. Pienaar, die ouditeur,
is ons van oordeel dat die voorsiening van 5% besonder billik en redelik is in die omstandighede en dat die Kommissaris dit ook as
sodanig sou of behoort te beskou
10
het. Indien 'n versoek wel tot die Kommissaris ingevolge artikel 22 gerig was, en hy van oordeel was dat die voorsiening van 5% nie
redelik en billik was nie, sou sodanige besluit nie deur hierdie Hof ondersteun kon word nie. Dit moet in gedagte gehou word dat
die wetgewer in artikel 22 'n redelike en billike resultaat beoog het. Die voorsiening van 5% is, soos reeds gemeld, billik en redelik
na ons oordeel. Ons is verder van oordeel dat die uitoefen
ng van sy diskresie deur die Kommissaris nie vereis word alvorens hierdie Hof kan beslis of die voorsiening redelik en billik is nie,
vanwe
die bedoeling van die wetgewer, soos blyk uit die bewoording van die betrokke artikel (vergelyk COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE v. DELFOS , 1933 AA 242 te 254) en die feit dat die artikel op 'n wyse uitgel
moet word dat dit teen die Gscus gaan."
Soos reeds gemeld, het die app
l na die volle hof misluk. Daardiehof het naamlik bevind dat dit nie met die beslissing van die spesiale hof
kon inmeng tensy laasgenoemde 'n verkeerde beginsel toegepas het nie.
Ten opsigte van 'n betoog dat dit inderdaad gebeur het omdat die spesiale
hof nie geroepe was nie om oorweging te gee aan die diskresion re
beslissing van die appellant dat 'n boete gehef moes word weens die
11
depresiasie van die kosprys van die respondent se voorraad, is die
volgende ges :
"Ek kan aan geen praktiese of juridiese rede dink waarom 'n belastingpligtige wat verkies om slegs teen die weiering van die
Kommissaris om die heffing van addisionele betalings kwyt te skeld te appelleer, nie geregtig sal wees om aan te voer en te bewys
dat die bepalings van artikel 76(1) van die Wet nie toepassing vind nie. Logika dikteer dat die nie-toepaslikheid van artikel 76(1)
van d
e Wet die basis van die aanspreeklikheid van addisionele betalings gehef vemietig, en 'n belastingpligtige op kwytskelding van daardie
betalings geregtig maak."
In sy afwykende uitspraak het Malherbe R die mening gehuldig datvir die doeleindes van die uitoefening van sy eie diskresie die spesiale
hof nie bevoeg was nie om te bevind dat die appellant verkeerdelik
geweier het om die verminderde waarde van die respondent se voorraad
goed te keur, en wel omdat daardie weiering van die appellant -
waarvolgens die depresiasie in effek ge gnoreer is - nie op app l na die
spesiale hof aangeveg was nie. Dit, aldus Malherbe R, was egter presies
12 wat die spesiale hof wel gedoen het. Ter motivering van hierdie mening
is die volgende ges :
"Indien dit gepas is om die onderhawige geval te vergelyk met 'n strafsaak waarin app
l aangeteken word teen die vonnis..., dan het die hof a quo die geldigheid van die skuldigbevinding heroorweeg, tot die gevolgtrekking
gekom dat dit verkeerd is en daarom die 'vonnis' tersyde gestel, in plaas daarvan om die geldigheid van die skuldigbevinding te aanvaar en in die lig van al die omstandighede
te besin oor 'n gepaste vonnis. In teenstelling met hierdie benadering kom dit voor asof die Kommissaris inderdaad 'n behoorlike
diskresie uitgeoefen het: Hy was bewus van die totale omvang van respondent se 'oortredings' soos uiteengesit in die opsomming van
die saak en hy het vir elkeen van die drie groepe oortredings 'n verskillende boete opgel
. Die Hof a quo meld geeneen van hierdie faktore nie, klaarblyklik omdat dit nie oorweeg is nie."
Die gevolgtrekking van Malherbe R was dus dat die spesiale hof 'n verkeerde beginsel toegepas het wat inmenging op app
l na die volle hof geregverdig het.
Met die nodige verlof van die Vrystaatse Provinsiale Afdeling
13
appelleer die appellant nou na hierdie hof teen die afwysing van sy app
l
deur die volle hof. Voor ons het die appellant se advokaat gesteun op die uitspraak van Malherbe R en in besonder aangevoer dat die
spesiale hof nie bevoeg was om oorweging te gee aan die diskresie waarmee die appellant ingevolge artikel 22(1) van die Wet beklee
is nie. Dit is voorts betoog dat die appellant m casu daardie diskresie behoorlik uitgeoefen het, soos afdoende blyk uit die feit
dat hy ten opsigte van al drie belastingjare 'n boete van slegs 50% van die bykomende belasting wat gehef is, opgel
het, en dat daar gevolglik geen gronde was waarop die spesiale hof met die uitoefening van daardie diskresie kon inmeng nie.
Na my mening verwar hierdie betoog twee aparte diskresies. Soos reeds aangedui, kan die appellant ingevolge artikel 22(l)(a) 'n vermindering
van die kosprys van voorraad goedkeur en is sy besluit in hierdie verband nie aan app
l onderhewig nie. Maar as hy nie
14 goedkeuring sou verleen nie en in 'n geval soos die onderhawige
bykomende belasting sou hef, kom die uitoefening van 'n verdere
diskresie ter sprake. Hy moet naamlik dan besluit of hy 'n boete gaan
hef en, indien wel, wat die omvang daarvan moet wees. 'n Positiewe
besluit is, soos reeds meermale geblyk het, aan app
l onderhewig en 'n
spesiale hof kan dan 'n onbevange eie oordeel in die plek van die besluit
van die appellant stel.
In casu blyk dit nie dat die appellant ooit spesifiek versoek is om ingevolge artikel 22(l)(a) die depresiasie van die voorraad goed
te keur nie. Wat wel vasstaan, is dat die beswaar teen die betrokke aanslae bloot gerig was teen die boetes en rente wat gehef is,
en nie ook teen die heffing van bykomende belasting meegebring deur die terugskrywing van die depresiasie nie.
Ind
en egter aanvaar word, soos waarskynlik is, dat die appellant
15
met inagneming van artikel 22(1) besluit het om nie die depresiasie goed
te keur nie, was die spesiale hof in die uitoefening van sy onbelemmerde diskresie geroepe om te beslis of boetes ook gehef moes gewees
het. Daardie hof kon natuurlik nie in effek die heff
ng van die bykomende belasting tersyde gestel het nie; eerstens omdat ni
geappelleer is teen sodanige heffing nie, en tweedens omdat die besluit van die appellant in elk geval nie aan app
l onderhewig was nie. Daardie besluit kon slegs op beperkte gronde op hersiening aangeveg gewees het. 'n Mens betree egter 'n heel
ander terrein wanneer dit kom by die vraag of boetes gehef behoort te gewees het. By beslegting van hierdie vraag was die spesiale
hof geensins gebonde aan voornoemde besluit nie. Trouens, die al of nie redelikheid van die depresiasie van die voorraad was vanselfsprekend
'n belangrike faktor, en derhalwe ook die al of nie redelikheid van die appellant se besluit om nie ingevolge artikel 22 die depresiasie
goed te
16 keur nie. Die spesiale hof het dus nie sy diskresie onbehoorlik
uitgeoefen deur die klem op die redelikheid van die depresiasie te laat
val nie.
Daar is in die passasie uit die uitspraak van die spesiale hof wat hierbo aangehaal is 'n stelling wat, indien buite verband gelees,
die indruk mag skep dat daardie hof onder die indruk was dat die besluit onder bespreking ook aan app
l onderhewig was. Ek meen egter dat al wat die hof te kenne wou gee was dat dit nie die besluit as redelik sou kon onderskryf nie.
Die analogie wat Malherbe R getrek het tussen 'n app
l bloot teen die oplegging van 'n boete kragtens artikel 76 en 'n app
l in 'n strafsaak wat slegs teen die vonnis gerig is gaan myns insiens nie op nie. In eerste instansie kan in laasgenoemde geval die
motivering vir 'n skuldigbevinding - in teenstelling tot die skuldigbevinding self - wel
17 deeglik aangeveg word selfs indien slegs teen die daaropvolgende vonnisgeappelleer word; so byvoorbeeld indien in geval van skuldigbevinding
aan moord direkte opset bevind is terwyl die beskuldigde hom slegs aan
dolus eventualis skuldig gemaak het. In tweede instansie, en soos reeds
telkens geblyk het, was die "skuldigbevinding" in casu nie aan app l
onderworpe nie, terwyl die spesiale hof 'n vrye diskresie gehad het om
oor die gepastheid van die oplegging van die boetes te besin.
Afgesien van die aanval op die spesiale hof se inagneming van die redelikheid van die depresiasie is tereg nie betoog dat daardie
hof nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie. Insoverre die onderhawige app
l gerig is teen wat in effek 'n tersydestelling van die boetes was, kan die app
l dus nie slaag nie.
Wat betref die rente wat gehef is ten opsigte van die 1987 belastingjaar kom dit voor asof die partye in beide howe, en die howe
18
self, onder die indruk was dat die heffing ook ingevolge artikel 76(1) vandie Wet geskied het, en dat die lotgevalle van die rente dus di van die
boetes moes volg. Die rente is egter kragtens artikel 89 quat (2) gehef.
Die effek van hierdie subartikel is kortliks dat rente ten opsige van 'n
belastingjaar betaalbaar is op die verskil tussen die belasting betaalbaar
deur 'n belastingpligtige en mindere voorlopige belasting deur hom be aal
mits, in die geva van 'n maatskappy, die belasbare inkomste R20 000 te
bowe gaan (wat wel die geval was betreffende die respondent se
belasbare inkomste vir die 1987 belastingjaar). Artikel 89 quat (3)
bepaal egter :
"Waar die Kommissaris met inagneming van die omstandighede van die geval oortuig is dat 'n bedrag in die belastingpligtige se
belasbare inkomste ingesluit is of dat 'n aftrekking of vermindering wat deur die belastingpligtige ge
is is, nie toegelaat is nie, en die belastingpligtige op redelike gronde aangevoer het dat bedoelde bedrag nie aldus ingesluit moes
gewees het nie of dat bedoelde aftrekking of vermindering toegelaat moes gewees het, kan die
19
Kommissaris gelas dat rente nie deur die belastingpligtige betaal word nie op soveel van genoemde normale belasting as wat toeskryfbaar
is aan die insluiting van bedoelde bedrag of die verwerping van bedoelde aftrekking of vermindering."
Tot 1993 was 'n beslissing ingevolge die aangehaalde subartikel nie aan app
l onderhewig nie. Artikel 42(l)(f) van Wet 113 van 1993 het egter 'n subartikel (5) tot artikel 89 quat toegevoeg waarvolgens sodanige
beslissing wel aan app
l onderhewig gestel is, maar artikel 42(2)(a) het bepaal dat subartikel l(f) slegs sou geld ten opsigte vanaf die begin van jare van
aanslag eindigende op of na 28 Februarie 1991.
Die respondent se advokaat het bogenoemde bepalings onder ons aandag gebring maar betoog (1) dat hoewel nie in soveel woorde nie die
respondent in sy beswaar 'n hersieningsgrond met betrekking tot die heffing van rente geopper het, en (2) dat die appellant se beslissing
om nie as't ware rente ingevolge artikel 89 quat (3) kwyt te skeld nie
20
inderdaad op hersiening tersyde gestel behoort te gewees het.
n Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Transvaalse Suikerkorporasie Bpk 1985 (2) SA 668 (T) is bevind dat 'n diskresion
re beslissing van die appellant, wat nie aan app
l onderhewig is nie, by wyse van hersiening in 'n spesiale hof aangeveg kan word. Ten gunste van die respondent veronderstel ek bloot
dat daardie bevinding juis is. Selfs dan stuit die respondent voor 'n aantal probleme. Ek noem slegs een. In die passasie in die
respondent se beswaar waarop gesteun is, word bloot ges
dat "die Direkteur van die maatskappy [die respondent] van mening is dat dit onredelik is om boetes en rentes te hef op die
addisionele belasting betaalbaar deur die maatskappy". Dit is egter nouliks nodig om te s
dat onredelikheid as sodanig nie 'n afdoende hersieningsgrond is nie. Anders as wat die respondent se advokaat betoog het, vind ek
ook nie in die passasie 'n verswe
aantyging dat die
21
appellant nie sy aandag toegespits het op die diskresie waarmee artikel89 quat (3) hom beklee nie.
Uit die betrokke aanslag kan nie vasgestel word of rente ook op die boetes gehef is nie. Indien dit gebeur het, moet die omvang van
die rente in die lig van die uitspraak van die spesiale hof vanselfsprekend verminder word.
Die app
l slaag dus gedeeltelik maar omdat dit die respondent was wat die bepalings van artikel 89 quat (3), soos dit in 1987 gelui het, onder
ons aandag gebring het, meen ek dat vanwe
billikheidsoorwegings die appellant nietemin die respondent se koste moet betaal. Aan die ander kant is hierdie nie 'n geval wat
die koste van twee advokate geregverdig het nie. Bostaande is dan ook geredelik deur die partye se advokate toegegee.
Die app
l slaag ten dele en paragraaf 2 van die bevel van die hof
22
a quo word deur die volgende vervang :
"(2) Die tersaaklike addisionele aanslae word tersyde gestel en die betaling van addisionele belasting deur respondent ingevolge
artikel 76(1) van die Wet ten aansien van die terugtelling van die 'voorsiening op voorraad en reparasies' vir die tersaaklike belastingjare
en die rente, indien enige, gehef op gemelde belasting word kwytgeskeld."
Voorts word die appellant gelas om die respondent se app
lkoste te betaal.
HJO VAN HEERDEN
STEM SAAM : NIENABER ARHOWIE AR OLIVIER AR SCOTT AR