South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1996 >>
[1996] ZASCA 95
| Noteup
| LawCite
S v Nanto en 'n Ander (100/96) [1996] ZASCA 95 (17 September 1996)
Download original files |
Saak No 100/96 IH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)In die saak tussen :
SIPHWE NANTO Eerste Appellant
SIBUSISO NDLOVU Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM : HEFER, EKSTEEN et HARMS ARR
VERHOORDATUM : 5 SEPTEMBER 1996 LEWERINGSDATUM : 17 SEPTEMBER 1996
HEFER AR:
2
Na 'n onsuksesvolle app
l in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling appelleer die appellante met verlof van die hof a quo teen hulle skuldigbevindings in
'n streekhof aan poging tot verkragting. Tweede appellant appelleer ook teen die opgelegde vonnis.
n bre
trekke is die getuienis soos volg. Die klaagster was kort na twaalfuur die nag van die beweerde oortreding op pad vanaf 'n vriend
se huis na di
van haar moeder toe sy die appellante in die straat te
gekom het. Sy beweer dat die appellante haar na 'n plek in die gras langs die straat gedwing het waar hulle haar laat val en haar
onderlyf ontklee het waarna eerste appellant gepoog het om haar te verkrag terwyl tweede appellant langs haar gesit het. Op daardie
stadium het Stanford Ngwenya op die toneel verskyn. Hy het op die appellante geskree; tweede appellant het teruggeskree en Ngwenya
het 'n skoot met 'n vuurwapen afgevuur. Eerste appellant het weggehardloop maar tweede appellant het bly sit en Ngwenya het hom "gevang".
Ngwenya het haar verbied
3
om haar klere wat nog op die grond gel
het, aan te trek en dit self opgetel. Daarna het hy haar en tweede appellant na haar moeder se huis geneem. Die polisie is ontbied
en tweede appellant is in hegtenis geneem. Hy het die polisie na 'n ander huis geneem waar eerste appellant ook gearresteer is.
Die appellante se weergawe is tot die effek dat die klaagster onder die invloed van drank was. Tweede appellant het haar geken en
aangebied om saam met haar huis toe te loop. Terwyl hulle nog gepraat het, het Ngwenya opgedaag en gevra wat hulle doen. Tweede appellant
het probeer verduidelik dat hulle bloot van voomeme was om die klaagster huis toe te neem omdat dit gevaarlik was om daardie tyd
van die nag alleen in die straat te wees. Ngwenya het egter 'n vuurwapen onder sy hemp uitgepluk en 'n skoot afgevuur. Albei appellante
het gevlug en eerste appellant het weggekom maar tweede appellant het net 'n ent gehardloop en toe platgeval. Ngwenya het na hom
gegaan en hom gelas om saam te gaan na die klaagster se huis omdat hy en eerste appellant haar wou
4verkrag. Daarna he die gebeure verloop soos deur die klaagster verhaal.
In die lig van Ngwenya se tussentrede en die gebeure daarna sou mens verwag dat die aanklaer, indien die klaagster se weergawe korrek
is, 'n oorvloed stawende getuienis tot sy beskikking sou gehad het en dit goed sou gebruik. Ten spyte daarvan dat dit op daardie
stadium reeds volkome duidelik was dat die appellante haar weergawe betwis het en dat ten minste Ngwenya 'n sleutelgetuie sou wees,
is die Staat se saak egter sonder enige verdere getuienis gesluit nadat die klaagster getuig het. Waarom Ngwenya nie geroep is nie,
sal later aangedui word maar waarom die ander getuies waarna ook verwys sal word, nie geroep is nie, bly 'n raaisel.
Dit is nouliks nodig om uit te wei oor die versigtige benadering wat geverg word in gevalle waarin die saak teen 'n beskuldigde op
'n aanklag van 'n geslagsoortreding slegs op die getuienis van die klaagster berus. Die streeklanddros het homself dan ook uitdruklik
gemaan om die klaagster se
5
getuienis versigtig te beoordeel. Sy uitspraak bevat egter geen aanduiding dat hy dit inderdaad gedoen het nie. Inteendeel, wat voorrang
daarin geniet, is weersprekings en ander gebreke in die appellante se getuienis en die onwaarskynlikheid daarvan in die lig van Ngwenya
se optrede. Die hof a quo het reeds aangedui dat die weersprekings nie wesenlik was nie en dat die streeklanddros in hierdie opsig
gefouteer het. Waarop die hof a quo nie gewys het nie, is dat die streeklanddros, sonder opgaaf van redes of verduideliking van presies
wat hy daarmee bedoel het, volstaan het met die opmerking dat die klaagster 'n "baie goeie" getuie was. N
rens in die uitspraak is enige poging aangewend om haar getuienis te ontleed ten einde die inherente waarde daarvan te bepaal nie.
In die lig hiervan, en waar die streeklanddros boonop grotendeels oorreed is deur wat hy as die waarskynlikhede voortspruitende uit
Ngwenya se optrede beskou het (waaroor ons ewe goed kan oordeel), is dit 'n geval waarin dit hierdie Hof vrystaan om die aanvaarbaarheid
van die klaagster se getuienis
6opnuut self te betrag.
Hoewel sy haarself nie in wesenlike opsigte weerspreek het nie, bestaan daar gronde vir ernstige kritiek teen haar getuienis. Omdat
'n volledige opgaaf en bespreking van al die punte geen doel sal dien nie, noem ek slegs dat sy oor verskeie relevante aspekte -
byvoorbeeld die plek waar die insident plaasgevind het (in verhouding tot 'n nabygele
ouetehuis en woonhuise waarna sy in haar getuienis verwys het), oor hoe die appellante dit reggekry het om haar te ontklee en die
rede waarom sy nie geskree het nie - onsamehangend en vaag was; en dat die indruk nie vermy kan word nie dat sy soms haar getuienis
aangepas het by verskillende nuanses van die kruisondervraging. Boonop is haar ontkenning dat sy onder die invloed van drank was,
en veral die rede wat sy aangevoer het waarom sy nie saam gedrink het met haar vriende by wie sy vroe
r die aand gekuier het nie, nie juis oortuigend nie. In die lig van inherente swakhede soos di
vind ek dit moeilik om te begryp hoe die streeklanddros haar as 'n goeie
7getuie kon beskryf. Ek is bereid om te aanvaar dat haar gedrag in die
getuiebank onberispelik was en dat sy die indruk van geloofwaardigheid geskep
het. Swakhede soos die waama ek verwys het, kan egter nie ligtelik en sonder
opgaaf van redes oor die hoof gesien word nie.
Wat die waarskynlikhede betref, het die streeklanddros myns insiens ook
fouteer in sy opmerking dat
"[a]s die twee weergawes oorweeg word dan na my mening is die weergawe van die klaagster baie meer aanvaarbaar dat daar iets
meer gebeur het as net 'n gesprek tussen beskuldigdes en die klaagster. Dit is in die eerste plek baie onwaarskynlik dat die persoon,
as hulle maar net daar gepraat het en klaagster gewillig was om saam met hulle te loop, dat hy nou 'n vuurwapen sal uithaal en sonder
meer 'n skoot sal afvuur."
Op die oog af mag dit voorkom asof die feit dat Ngwenya geskiet het eerdervereenselwigbaar is met die klaagster se weergawe as met die appellante s'n.
Maar niks is bekend van Ngwenya se persoonlikheid en omstandighede nie; of
hy 'n besadigde, vredeliewende en wetsgehoorsame persoon dan wel 'n
8
onverantwoordelike heethoof of grootdoenerige paaiboelie was wat graag met
sy vuurwapen en sy vermo
om dit te hanteer wou spog, weet ons eenvoudig nie. In die afwesigheid van kennis van hierdie aard, kom enige redenasie oor waarskynlikhede
op blote bespiegeling neer.
Dit bring my by 'n laaste aspek van die saak wat nie in die streeklanddros se uitspraak geopper is nie, naamlik die feit dat Ngwenya
en ander potensi
le getuies nie geroep is nie. Nadat die klaagster getuig het, is die verhoor uitgestel. Soos reeds opgemerk, was dit op daardie stadium
duidelik dat Ngwenya 'n sleutelgetuie sou wees. By die hervatting het die aanklaer aangedui dat die getuiedagvaarding wat vir Ngwenya
uitgereik is, gebrekkig was en dat laasgenoemde nie opgedaag het nie ten spyte daarvan dat hy mondeling gewaarsku is om teenwoordig
te wees. Omdat, soos die aanklaer dit gestel het, Ngwenya "vir die staat 'n baie belangrike getuie is," het hy verdere
uitstel versoek. Uitstel is verleen maar by die hervatting was Ngwenya weer nie
9
teenwoordig nie; en 'n konstabel wat blykbaar oor die betekening van die getuiedagvaarding moes getuig, ook nie. Die gevolg was nog
'n uitstel wat ook futiel geblyk te gewees het omdat Ngwenya uiteindelik nie opgespoor kon word nie. Die aanklaer het die hof verwittig
dat "die staat... geen ander keuse [het] as om die staatsaak te sluit" nie.
Die aanklaer was klaarblyklik verkeerd; die Staat het inderdaad 'n ander keuse gehad. Indien die klaagster se weergawe korrek is,
kon Ngwenya se oogmerk met die neem van haar klere slegs gewees het om haar naaktheid en die klere as bewys van die misdaad voor
te hou. Daarom, indien hy met die halfnaakte vrou en haar klere in die hand by haar moeder opgedaag het (wat volgens die klaagster
se weergawe die geval moes gewees het), is dit ondenkbaar dat hy die klere nie aan haar moeder en later aan die polisie sou toon
of selfs oorhandig nie; en ewe ondenkbaar dat die klaagster se moeder nie onmiddellik haar dogter se naaktheid sou opmerk en later
daaroor en oor h
ar
10
algemene toestand kon getuig nie. Getuienis van daardie aard kon deurslaggewend gewees het maar n
g die moeder n
g die polisiebeampte of -beamptes wat tweede appellant gearresteer het, is as getuies geroep.
Hoewel die versuim om Ngwenya te roep nie 'n nadelige afleiding regverdig nie, is die versuim om die ander potensi
le getuies te roep onverstaanbaar en, in die afwesigheid van enige verklaring, wel vatbaar vir die afleiding dat hulle die Staat se
saak nie kon bevorder nie. Dit skep 'n probleem met die aanva
rding van die klaagster se getuienis wat, tesame met die ander tekortkominge waarna ek reeds verwys het, meebring dat die skuldigbevinding
nie in stand gehou kan word nie.
Voordat ek die bevel maak waartoe hierdie gevolgtrekking noodwendig lei, is daar enkele slotopmerkings wat gemaak moet word. Ek kan
nie anders nie as om my besorgdheid uit te spreek oor die manier waarop die vervolging in hierdie saak geskied het nie. Dat 'n belangrike
getuie soos Ngwenya nie
11 geroep is nie kan alleen daaraan toegeskryf word dat doeltreffende stappe omsy teenwoordigheid te verseker nie betyds geneem is nie. Ek het reeds daarop
gewys dat die getuiedagvaarding wat aanvanklik vir hom uitgereik is, nie
behoorlik voltooi was nie en dat 'n konstabel wat daaroor moes getuig, ook nie
opgedaag het nie. Dit lyk nie of enigiemand behalwe die aanklaer juis
belanggestel het om die getuie te vind en te sorg dat hy by die hof opdaag nie.
Ek is bewus van probleme met oorvol hofrolle in laerhowe en ek het begrip vir
die polisie se moeilike taak om getuies by die howe te kry. Maar daar verskyn
daagliks berigte oor dreigemente om die reg in eie hande te neem deur persone
wat vertroue verloor het in die howe. Dit is debakels soos die onderhawige wat
grootliks bydra tot die gees waarin sulke dreigemente geskied.
Die app l slaag en die appellante se skuldigbevindings en vonnisse word
J J F HEFER AR
STEM SAAM : EKSTEEN ARHARMS AR