South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1997 >>
[1997] ZASCA 103
| Noteup
| LawCite
S v Sinama (562/96) [1997] ZASCA 103 (21 November 1997)
Download original files |
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
VUSI GEORGE SINAMA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM : F H Grosskopf, Howie et Plewman
REDES INGEHANDIG : 21 November 1997
REDES VIR BEVEL GEMAAK OP 3 NOVEMBER 1997
2 F H GROSSKOPFAR:
Voordat die app
l teen vonnis in hierde saak aangehoor kon word moes daar eers kondonasie aan die appellant toegestaan word. Met die oog op die verlening
van kondonasie het die appellant se advokaat betoog dat daar 'n redelike vooruitsig op sukses op app
l is. Na aanhoor van argument op 3 November 1997 het hierdie hof egter kondonasie geweier op grond daarvan dat daar nie 'n redelike
vooruitsig op app
l is nie. Die hof het toe onderneem om skriftelike redes vir die bevel te liasseer. Hier volg daardie redes, asook sekere opmerkings
met betrekking tot die verlening van verlof om te appelleer in hierdie saak.
Die appellant was beskuldigde 2 in die verhoorhof. Hy en beskuldigde 1 is beide skuldig bevind aan moord en diefstal deur Spoelstra
R en twee assessore in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling. Beskuldigde 1 is ook skuldig bevind aan die onwettige
3
besit van twee vuurwapens en sekere ammunisie. Die appellant is tot 15 jaar gevangenisstraf vir die moord en tot 3 jaar gevangenisstraf
vir die diefstal gevonnis. Beskuldigde 1 is tot respektiewelik 25 jaar en 3 jaar gevangenisstraf vir die moord en die diefstal gevonnis.
Die hof a quo het nie gelas dat die vonnisse samelopend nitgedien word nie, met die gevolg dat die effektiewe gevangenisstraf in die appellant
se geval 18 jaar beloop.
Die appellant appelleer met verlof van die hof a quo, maar slegs teen die vonnis wat hom opgel
is.
Enkele opmerkings met betrekking tot die verlof om te appelleer is nodig. Die aansoek om verlof om te appelleer het nie aan die vereistes
van art 316(1) voldoen nie. Die aansoek was nie binne 14 dae vanaf die oplegging van vonnis op 31 Oktober 1994 by die hof a quo gedoen
nie en daar was ook geen aansoek om kondonasie ingevolge art 316(1) nie. Dit word egter aanvaar dat die hof a quo deur verlof tot
app
l te verleen, by implikasie ook die
4
gebrekkige en laat aansoek om verlof om te appelleer gekondoneerhet, en dat verlof om te appelleer behoorlik toegestaan is.
Die hof a quo het nie ingevolge art 315(2)(a) gelas dat die
app l deur die volle hof verhoor moes word nie. Dit is slegs as die
hof volgens art 315(2)(a) "oortuig is dat die regs- en feitevrae en
die ander oorwegings wat by die app l betrokke is van so 'n aard is
dat die app l nie die aandag van die App lafdeling verg nie" dat die
hof sal gelas dat die app l deur 'n volle hof verhoor moet word. Na
my oordeel was hierdie egter by uitstek 'n geval waar die hof a quo
wel so oortuig moes gewees het. Daar was geen regs-, feite- of
ander beginselvrae ter sprake wat die aandag van hierdie hof geverg
het nie. Hierdie hof het reeds voorheen in S v Myaka 1993(2)
SASV 660(A) op 662 b daarop gewys dat
"[i]n order to avoid unnecessary clogging of the roll of this Court with matters which do not require its attention, it is important
that trial Judges should not overlook the provisions of s 315(2)(a)."
5
Die gevolg van die verlof om te appelleer was dat 'n eenvoudige appl teen vonnis waar selfs die feite nie in geskil was nie, outomaties
deur hierdie hof aangehoor moes word aangesien dit nie spesifiek gelas is dat die app
l deur die volle hof verhoor moes word nie. Dit gebeur ongelukkig meermale dat dergelike app
lle op dieselfde wyse by hierdie hof beland. Om hierdie onbevredigende toedrag van sake te probeer vermy kan die wetgewer dit oorweeg
om die bewoording van art 315(2)(a) van die Strafproseswet te wysig om dit in ooreenstemming te bring met die bepalings wat geld
by siviele sake, soos uiteengesit in art 20(2)(a) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959.
Die advokaat wat tydens die verhoor pro Deo namens die appellant opgetree het, het intussen die balie verlaat en daar is toe op versoek
van die griffier van die hof a a quo 'n nuwe pro Deo advokaat aangestel wat op 15 April 1996 'n behoorlike kennisgewing van app
l geliasseer het waarvolgens hierdie hof vir die eerste maal
6
van die gronde van app
l in kennis gestel is. Tesame met daardie kennisgewing van app
l was daar 'n aansoek om kondonasie vir die "laat aantekening" van die app
l teen vonnis ingevolge art 316(1). Myns insiens was dit egter nie die laat aantekening van app
l nie, maar die appellant se versuim om die gronde van app
l betyds uiteen te sit en te laat liasseer waarvoor kondonasie gevra moes word.
Art 316(5)(a) het sekere verpligtinge op die griffier van die hof a quo geplaas, o a om sonder versuim kennis van die app
l te laat gee en om 'n opgaaf van die gronde van app
l aan die griffier van hierdie hof te laat deurstuur. Die uiteensetting van die gronde van app
l was egter die appelllant en nie die griffier se plig nie. Ingevolge art 316(2) moes die appellant die gronde van app
l trouens reeds in die oorspronklike aansoek om verlof om te appelleer duidelik
en uitdruklik uiteengesit het. Hy het egter versuim om dit te doen.Die liassering van die gronde van app l was laat en die appellant
7
moes myns insiens dus aansoek om kondonasie doen. Dit is in die appellant se guns aanvaar dat hy inderdaad vir hierdie versuim kondonasie
gevra het. Sy aansoek om kondonasie is egter deur ons geweier omdat daar na ons mening vir die volgende redes nie 'n redelike vooruitsig
op sukses op app
l is nie.
Die oorledene was 'n konstabel in die S A Polisiediens. Gedurende die namiddag van 22 Januarie 1993 was hy in Soweto aan diens waar
hy beskuldigde 1 vir die onwettige besit van 'n vuurwapen wou arresteer. Beskuldigde 1 het geweet dat die oorledene 'n polisiebeampte
was, maar hy het hom te
gesit toe die oorledene hom probeer boei het. Die oorledene het 'n handvuurwapen by beskuldigde 1 afgeneem en in sy motor gegooi.
Daama het die oorledene ook sy eie dienspistool in die motor geplaas.
Dit is gemene saak dat die appellant en beskuldigde 1 bevriend was en dat die appellant die betrokke namiddag op die moordtoneel teenwoordig
was. Die appellant het verskeie weergawes gehad van
8
die onskuldige rol wat hy na bewering sou gespeel het. Die hof a quo het egter bevind dat die appellant se "poging om hom in
sy getuienis te verontskuldig pateties, onoortuigend, inherent onwaarskynlik en klaarblyklik vals" was. Die appellant se advokaat
het nie hierdie bevinding bevraagteken nie.
Die twee ooggetuies wat namens die staat getuig het, het mekaar in alle wesentlike opsigte gestaaf en hulle getuienis is deur die
hof a quo as geloofwaardig en betroubaar aanvaar. Ook hierdie bevinding is nie deur die appellant betwis nie. Die getuienis van die
twee ooggetuies toon aan dat die appellant die oorledene van agter af met 'n le
bierbottel oor die kop geslaan het terwyl die oorledene gespook het om beskuldigde 1 te boei en in sy motor in te kry. Die oorledene
het op die grond geval. Die appellant het die vnurwapen wat beskuldigde 1 vroe
r in sy besit gehad het uit die motor gehaal en na beskuldigde 1 gegooi met die opmerkirig "skiet die hond". Die appellant
het die oorledene aan sy skouer vasgehou en hom teen
9
die grond vasgedruk terwyl beskuldigde 1 op die oorledene losgebrand het. Minstens tien skote het die oorledene op verskeie plekke
in sy liggaam getref. Volgens die getuienis van die patoloog wat die lykskouing uitgevoer het, is die oorledene dood as gevolg van
"multiple gunshot wounds". Een van die skote het die appellant in sy hand getref en hy moes later hospitaalbehandeling
vir die wond ondergaan.
Nadat die oorledene dodelik verwond is het die appellant die oorledene se dienspistool uit sy motor gesteel en toe saam met beskuldigde
1 van die toneel af weggestap.
Beskuldigde 1 het geweet dat die oorledene 'n polisiebeampte was en die waarskynlikhede is oorweldigend dat die appellant dit ook
geweet het. Die appellant se advokaat het dit trouens toegegee. Na my oordeel was dit 'n sinnelose moord van 'n polisieman wat besig
was om sy plig uit te voer. Die oorledene was aangeval om te verhoed dat hy die appellant se vriend, beskuldigde 1, arresteer.
10
Onder daardie omstandighede was daar geen rede om die oorledene te dood nadat hy eenmaal deur die hou oor die kop platgeslaan en buite
aksie gestel was nie. Die gemeenskapsbelang verg dat daar streng opgetree word teen diegene wat polisiebeamptes aanval en vermoor
terwyl hulle in die uitoefening van hulle plig optree.
Na my oordeel was dit ook 'n brutale en koelbloedige moord. Daar kan geen twyfel wees dat bekuldigde 1 die direkte opset gehad het
om die oorledene te dood nie, en die appellant het hom deur sy optrede en uitlating duidelik daarmee vereenselwig. Die omstandighede
waaronder en die wyse waarop die oorledene vermoor is, is myns insiens erg verswarend. Die enigste versagtende aspek is dat die moord
nie vooraf beplan was nie.
Die appellant was ongeveer 31 jaar oud en beslis geen jeugdige meer toe die moord gepleeg is nie. Hy het 'n lang lys vorige veroordelings
vir misdade wat meestal met geweld gepaard gegaan het. Die feit dat meeste van hierdie vorige misdade redelik lank
11
voor die moord gepleeg is, is wel deur die hof a quo in die appe
lant se guns in ag geneem. Aan die ander kant moet daar egter in gedagte gehou word dat die appellant verskeie jare voor die pleging
van die huidige misdade in die tronk deurgebring het en dat die ontbreking van vorige veroordelings gedurende hierdie tydperk nie
noodwendig op rehabilitasie dui nie.
Dit is waar dat bekuldigde 1 die leidende rol in die aanval op die oorledene gespeel het. Die hof a quo het trouens bevind dat die
appellant sterk onder sy invloed was. Maar daarom is beskuldigde 1 ook 'n veel swaarder straf as die appellant vir die moord opgel
. Dit is namens die appellant betoog dat die hof a quo nie voldoende ag geslaan het nie op die feit dat die appellant as gevolg van
'n vroe
re breinbesering na bewering aan epilepsie ly. Die hof a quo het wel "as versagting in sy geval bevind dat daardie breinbesering
op die betrokke dag tot 'n mate bygedra het tot sy optrede en gedrag". Na my mening moet die appellant se bewering
12
dat hy aan epilepsie ly in die lig van al die feite beoordeel word. Voor die aanvang van die verhoor, en gedurende omstreeks Maart
1994, is die appellant ingevolge die bepalings van die Strafproseswet vir ondersoek, observasie en verslag na die Sterkfontien Hospitaal
verwys. Die eenparige bevinding van die drie psigiaters wat hom ondersoek het, was dat hy nie ten tye van die pleging van die misdaad
of tydens die ondersoek aan enige geestessiekte of -ongesteldheid gely het nie, dat hy sy verdediging na behore kon voer, en dat
hy oor die vermo
beskik het om die ongeoorloofdheid van sy handelinge te besef en om ooreenkomstig daardie besef op te tree. Al word dit aanvaar dat
epilepsie nie 'n geestesongesteldheid is nie, is dit tog vreemd dat daar geen aanduiding in die psigiaters se verslag is dat die
appellant wel aan epilepsie ly nie. Dit moet aanvaar word dat hy dit nooit vir hulle ges
het nie. Verder was daar nie eens 'n suggestie dat die appellant kort voor, gedurende of kort na die pleging van die misdaad enige
soort aanval gehad het nie.
13
Dit is verder in hierdie verband namens die appellant betoog dat die hof a quo nie behoorlik aandag daaraan gegee het nie dat langtermyn
gevangenisstraf waarskynlik vir die appellant, wat aan epilepsie ly, ernstig sal affekteer. Daar is geen getuienis om hierdie argument
te onderskraag nie. Die waarskynlikhede is eerder dat 'n persoon wat aan epilepsie ly gereelde medikasie vir sy toestand in die gevangenis
sal ontvang. Korttermyn gevangenisstraf kan in ieder geval nie in hierdie geval oorweeg word nie.
Die appellant se advokaat het myns insiens tereg toegegee dat daar geen mistasting aan die kant van die hof a quo was nie. Die betoog was eintlik dat die vonnis in die lig van al die omstandighede skokkend onvanpas was. Myns insiens is die vonnis
egter geensins besonder swaar nie.
n die lig van die voorgaande het ons bevind dat daar geen
14
redelike vooruitsig op app
l teen die vonnis is nie, en is die aansoek om kondonasie gevolglik geweier.F H GROSSKOPF
App lregter
HOWIE AR)
PLEWMAN AR) stem saam