6
moes word (die woorde wat geskrap is word in hakies aangedui en
die woorde wat ingevoeg is is onderstreep):
"Die partye sal so spoedig moontlik gemelde kli
nte in kennis stel van Pretorius se uittrede uit die vennootskap en (terselfdertyd die kli
nte te) 'n ooreengekome groep kli
nte versoek om 'n keuse uit te oefen om te bepaal of Coopers of Pretorius voorts diens
e vir hulle moet lewer."
Die appellant voer aan dat die verhoorhof in hierdie
opsig fouteer het en beweer
Dat die partye verplig was om alle kli
nte van die eiser,
wat voorheen deur die verweerder bedien is, skriftelik in
kennis te stel van die uittrede van die appellant en om
terselfdertyd sodanige kli
nte te versoek om 'n keuse uit te
oefen om te bepaal of die respondent of die appellant voorts
dienste vir hulle moes lewer.
7
Dat die respondent versuim het om hierdie verpligting na te kom.
Dat, tot tyd en wyl die respondent sy vermelde verpligting nagekom het, die respondent nie geregtig is op enige vordering teen die appellant nie.
Ek sal vir doeleindes van die app
l ten gunste van die appellant aanvaar dat die verhoorhof fouteer het wat betref die rektif
kasie van klousule 7.
Na my mening het die verhoorhof tereg bevind dat die appellant afstand gedoen het van enige reg wat hy mag gehad het dat die respondent self, of tesame met die appellant, die betrokke kli
nte moes versoek om 'n keuse uit te oefen. Ingevolge die ooreenkoms sou die kennisgewing aan die kli
nte geskied in 'n vorm wat deur albei partye goedgekeur sou word. Twee verskillende kennisgewings
8
is uitgestuur. Aan sommige kli
nte is die een kennisgewing gestuur en aan ander kli
nte die ander kennisgewing. Die twee kennisgewings is uitgestuur in die naam van die vennote van Coopers d.w.s. ook in die naam van die appellant wat op daardie stadium
een van die vennote was. Die kennisgewings bevat nie 'n versoek dat 'n keuse tussen die respondent en die appellant uitgeoefen word nie.
Hulle is egter aan die appellant voorgel
en volgens Theron het appellant hulle goedgekeur. Volgens appellant het hy hulle nie goedgekeur nie maar het hy hulle ook nie afgekeur of enige beswaar geopper nie. Die kennisgewings is klaarblyklik aan die appellant voorgel
as synde die respondent se voorstel ten aansien van die kennisgewing wat deur die partye uitgestuur moes word. Deur nie enige beswaar teen die inhoud van die kennisgewings te opper nie het die appellant hulle na my mening stilswyend goedgekeur. Deur die
9
kennisgewings goed te keur het die appellant, tot die mate wat die
kennisgewings nie die kli
nte uitgenooi het om 'n keuse uit te oefen
nie, afstand gedoen van enige reg wat hy mag gehad het dat die
respondent die kli
nte uitdruklik moes versoek om 'n keuse uit te
oefen. Dat dit die geval is word gestaaf deur die feit dat appellant
nooit van die respondent verlang het om 'n ander kennisgewing uit
te stuur nie; nie in die be
digde verklaring ter opponering van die
summiere vonnis aansoek beweer het dat die respondent nie sy
verpligtinge ingevolge klousule 7 nagekom het nie; nie aanvanklik
hierdie verweer geopper het in sy verweerskrif nie; en dit eers gedoen
het toe die saak in April 1993 vir die eerste keer op die rol was vir
verhoor. Die appellant het op geen stadium die respondent versoek
om gevolg te gee aan die bepalings van klousule 7 en om
samewerking te verleen tot die uitstuur van 'n kennisgewing aan alle
10
kli
nte met 'n versoek om 'n keuse uit te oefen nie. Die appellant het dit inderdaad in sy eie belang beskou dat die respondent nie 'n uitnodiging aan kli
nte stuur om in die toekoms van hulle dienste gebruik te maak nie. Die appellant het selfs 'n teeneis ingestel op die basis dat die bedrag verskuldig deur hom ten opsigte van sy kli
nte se skulde en onvoltooide werk behoorlik bepaal is.
In ieder geval meen ek dat die verhoorhof tereg bevind het dat voldoening deur die respondent aan die bepalings van klousule 7 nie 'n voorvereiste was vir die afdwinging van 'n eis ingevolge klousule 8.4 soos aangevoer deur die appellant nie. Die appellant steun in hierdie verband op die beslissing in Ese Financial Services (Pty) Ltd v Cramer 1973 (2) SA 805 (K) te 808H-809G. Te 809D-E s
Corbett R:
"For reciprocity to exist there must be such a relationship
11
between the obligation to be performed by the one party and that due by the other party as to indicate that one was undertaken in exchange for the performance of the other ..."
Die appellant betoog dat sonder die bied van 'n keuse
aan kli
nte die bedrag verskuldig deur die een of ander party nie
bereken kon word nie. Ek stem nie saam met hierdie be
oog nie.
Kli
nte kon in ieder geval 'n keuse uitoefen. Die bepaling dat die
partye 'n kennisgewing sou uitstuur waarin aan kli
nte 'n keuse
gebied word ten aansien van wie hulle werk in die toekoms moes
verrig en dat die kennisgewing deur be
de partye goedgekeur moes
word, het na my mening 'n reg aan elke party verleen om saam te
werk tot die uitstuur van so 'n kennisgewing en het nie 'n verpligting
op enige een van die partye gel
om dit te doen nie. Dit is so omdat
enige een van die partye sonder die medewerking van die ander party gevolg kon gee aan die bepaling. Indien een party geen stappe sou
12
doen om so 'n kennisgewing uit te stuur nie en dit aan die ander
party sou oorlaat om dit te doen, indien hy dit wou doen, in sodanige
vorm as wat hy sou goeddink, kon hy hom nie daaroor bekla nie. In
hierdie geval voer die appellant ook nie aan dat hy enigsins benadeel
is deur die feit dat so 'n gesamentlike kenn
sgewing nie uitgestuur is
nie. Die appellant het trouens sy eie kennisgewing afsonderlik aan
die kli
nte gestuur.
Tydens die voorverhoorsamesprekings gehou deur die
partye het hulle onder andere soos volg ooreengekom:
"Indien die eiser gelyk gegee word in sy vertolking van die kontrak, bevestig die verweerder dat onderhewig aan paragraaf 3 hieronder die eiser geregtig is op vonnis in die bedrag van R438 240,13 tesame met rente daarop teen die voormelde koers, maar dat rente slegs betaalbaar is op die bedrag van R438 240,13 minus die bedrag van R180 000 synde die omvang van die verweerder se kapitaalrekening by eiser."
Die onderskeie vertolkings van die partye is nie in die
13
voorverhoornotule vermeld nie. Tydens die verhoor het dit geblyk dat die vertolking ter sprake, die vertolking van klousule 8.3 was. Die respondent het aangevoer dat slegs die kli
nte van appellant, wat voor 30 September 1992 uitdruklik 'n keuse uitgeoefen het om by die respondent te bly, nie deur die appellant oorgeneem sou word nie
en dat die bedrae deur hulle aan Coopers verskuldig en die waarde van hulle onvoltooide werk afgetrek moes word van die bedrag deur die appellant aan die respondent verskuldig ingevolge klousule 8.1. Die appellant, daarenteen, se vertolking van die ooreenkoms was, en is steeds, dat kli
nte, wat nie uitdruklik gekies het om by die appellant te bly nie, by implikasie gekies het om by die respondent te bly en
dat die bedrae deur hulle aan Coopers verskuldig en die waarde van
hulle onvoltooide werk afgetrek moes word van die bedrag deur die appellant aan die respondent verskuldig ingevolge klousule 8.1. Die
14
verhoorhof het die respondent gelyk gegee.
Namens die appellant word betoog dat kli
nte wat nie 'n
keuse aangedui het nie stilswyend gekies het dat respondent hulle
werk moes doen omrede hulle voor die uittrede van appellant uit die
vennootskap inderwaarheid kli
nte van die respondent en nie van
appellant was nie.
n hierdie verband verwys die appellant na die
kennisgewings, wat deur Coopers uitgestuur is, waarin kennis gegee
is dat die firma steeds van dieselfde adres sou praktiseer. Kli
nte
moes volgens appellant besef het dat hulle aanspreeklikheid vir gelde
verskuldig aan Coopers teenoor die respondent l
en dat die
respondent verantwoordelik was vir die behartiging van hulle
belange. By ontvangs van die onderskeie kennisgewings moes die
kli
nte volgens appellant aanvaar het dat, tensy hulle die appellant
sou nader met 'n uitdruklike versoek om voortaan hulle werk te doen,
15
die bestaande regsverhouding tussen hulle en die respondent sou voortduur. Indien 'n kli
nt nie d
e appellant uitdruklik versoek het om voortaan sy werk te doen nie volg dit, aldus die appellant, by noodwendige implikasie, dat sodanige kli
nt die keuse uitgeoefen het dat die respondent steeds sy werk moes behou.
Hierdi
betoog van die appellant misken die effek van die uittrede van die appellant uit die vennootskap. Deur die appellant se uittrede uit die vennootskap het die vennootskap tot 'n einde gekom. 'n Nuwe vennootskap is wel gevorm maar die kli
nte van die ou vennootskap het nie outomaties kli
nte van die nuwe vennootskap geword nie en hulle skuld teenoor die ou vennootskap het nie outomaties 'n skuld aan die nuwe vennootskap geword nie. Om kli
nte van die nuwe vennootskap
e word sou hulle die nuwe vennootskap moes kies en 'n kli
nte-verhouding met die nuwe
16
vennootskap moes aanknoop. 'n Aanvaarding deur 'n kli
nt dat, tensy hy die appellant sou nader met die uitdruklike versoek om voortaan sy werk te doen, sy bestaande regsverhouding met die ou vennootskap voortgesit word met die nuwe vennootskap sou 'n foutiewe aanvaarding wees en kan nie beskou word as die uitoefening van 'n keuse dat die nuwe vennootskap, en nie die appellant, voortaan sy werk moes doen nie.
Na die ontbinding van die vennootskap het die kli
nte van appellant nie 'n kli
nte-verhouding met hom of met die ander vennote gehad nie. Ten einde so 'n verhouding aan te knoop moes die kli
nte 'n keuse uitoefen. Alvorens 'n kli
nt sy keuse bekend gemaak het, het hy geen keuse uitgeoefen nie. Die nie-uitoefening van 'n keuse kan dus nie beskou word as by implikasie die uitoefening van 'n keuse dat die respondent die kli
nt se werk moes doen nie.
17
Die partye het ooreengekom dat, met sekere uitsonderings, die waarde van onvoltooide werk gedoen vir appellant se kli
nte en die bedrae verskuldig deur kli
nte van die appellant, deur appellant aan die respondent verskuldig sou wees. Deur so ooreen te kom het die partye klaarblyklik van die veronderstelling uitgegaan dat die appellant se Wi
nte hom, en nie die ander vennote nie, sou volg, d.w.s dat die nie-uitoefening van 'n keuse dat die respondent die kli
nt se werk moes doen daarop sou dui dat die appellant dit moes doen. Indien die partye bedoel het dat die nie-uitoefening van 'n keuse die uitoefening van 'n keuse ten gunste van die respondent sou wees, sou hulle immers ges
het dat slegs die bedrag van onvoltooide werk gedoen vir appellant se kli
nte en die bedrag verskuldig deur kli
nte van appellant, wat verkies het dat appellant hulle werk moes behou, deur appellant betaalbaar sou wees.
18
Dit volg dus dat die respondent ingevolge die
voorverhoornotule, onderhewig aan paragraaf 3 van die notule,
geregtig was op betaling van 'n bedrag van R438 240,13.
Paragraaf 3.2 van die voorverhoomotule het betrekking
op die appellant se aanspraak dat R61 831,66 van die debiete wat by
die bedrag van R438 240,13 ingesluit is, afgeskryf moes gewees het.
Die paragraaf lees soos volg:
"Eiser weet nie of die bedrag van R61 831,66 deur die eiser volgens normale Coopers Theron praktyk afgeskryf sou word nie. Eiser se interpretasie van die ooreenkoms is dat verweerder nie geregtig is op sodanige krediet nie. Indien verweerder die Hof oortuig dat hy geregtig is op 'afskrywings volgens normale Coopers Theron beleid', is eiser bereid om sonder bewys daarvan toe te gee ter vermindering van die geskilpunte dat dit 'n bedrag van R61 831,66 sou beloop."
Tydens die verhoor het die partye 'n verdere ooreenkoms
bereik wat soos volg bewoord is:
19
"Na aanleiding van die onsekerheid vervat in paragraaf 3.2 van die re
l 37 Notule, word dit as volg vervang.
1.
Die eiser erken dat die items vermeld onder die hoof 'Afskrywings Volgens Normale Coopers Beleide' op pagina 69 van die pleitstukke volgens normale Coopers beleid afskryfbaar is.
2.
Die eiser erken dat die voormelde bedrae onder die voormelde items deur eiser afgeskryf sou word.
3.
Die eiser ontken dat die bedrag van R61 831,66 daarin vermeld, uit hoofde van die ooreenkomste tussen die partye bereik, van die verskuldigde bedrag deur die verweerder aan die eiser verskuldig (indien enige) afgetrek kan word.
4.
Die verweerder beweer dat die gemelde bedrag wel in berekening gebring kan word."
Volgens Theron het die bedrae uitstaande ten opsigte van
appellan
se kli
nte swak vergelyk met die van die res van die
Kimberley kantoor. Die aangeleentheid is op 'n vergadering van die
Kimberley vennote bespreek. Die uiteinde daarvan was dat die
appellant besluit het om te bedank altematiewelik om 'n verplasing
na 'n ander kantoor te aanvaar. Die sentrumbestuur en die twee
20
besturende vennote van Coopers het die saak oonveeg en het opdrag gegee aan Visagie, Dreyer en Theron om die saak verder te ondersoek. Theron het 'n gedetailleerde ontleding van die debiteure-en onvoltooide werkle
rs van die Kimberley kantoor per vennoot laat doen met die oog op die appellant se posisie. Die rekords waarvolgens die opsomming gedoen is, is gedateer 19 Mei 1992. Op 3 Junie 1992 was die inligting gereed en het Visagie, Dreyer en Theron bymekaargekom. Volgens Theron het hy, Visagie en Theron op 'n strategie besluit en al wat toe nog moes plaasvind was om in terme van die strategie tot 'n ooreenkoms met die appellant te kom. Theron het egter nie geopenbaar wat die strategie was waarop besluit is nie.
Volgens Theron het die appellant toe by hulle aangesluit. Visagie het aan hom uit elke risikogroep-kli
nte steekproefvrae
21
gestel. Hierdie getuienis strook met die getuienis van die appellant. Volgens die appellant is baie oorsigtelik gehandel met sekere wesenlike syfers ten einde Visagie en Dreyer agtergrond te gee oor sekere kli
nte. Nieteenstaande sy getuienis dat Visagie steekproefvrae gestel het, het Theron getuig dat die spesif
eke vraag wat gevra is, was welke van hierdie risiko-kli
nte werklik 'n risiko was waarop die appellant se oorhoofse antwoord was dat daar geen risiko was nie. Hy het voortgegaan om te getuig dat Visagie die appellant herhaaldelik gevra het of daar nog risiko's was op die betrokke kli
nte-basis en dat appellant herhaaldelik bevestig het dat daar geen probleem was met die debiteure en debiete ten aansien van onvoltooide werk nie met die uitsondering van die skuld van NCK Hydraulics. Later het hy bygevoeg dat Dreyer toegestem het dat die skuld van NCK Hydraulics afgeskryf kon word. Hierdie gesprek het volgens Theron
22
plaasgevind voordat aan die appellant te kenne gegee is dat sy
bedanking aanvaar word en voordat die voorwaardes waarop die
appellant sou uittree, beding is. Theron se getuienis lees soos
volg:
"U Edele, nadat herhaalde bevestiging verkry is dat daar geen afskrywings op verweerder se verantwoordelikhede ter sprake is nie, behalwe vir NCK Hydraulics, het mnr. Visagie aan verweerder ges
ons gaan jou bedanking aanvaar onder die volgende voorwaardes:
1.
Jy vat hierdie hele lys kli
nte.
2.
Ons
HOF: O. Nou maar watter kli
nte moes meneer, is meneer
- Die waarvoor mnr. Pretorius verantwoordelik was en
verantwoordbaar was vir die Grma, teenoor die firma. Met ander woorde, alle kli
nte geklassifiseer onder sy naam. MNR. VAN ROOYEN: Maar mnr. Theron, dit is die gemeensaak, dit is waaroor in die Re
l 37 ooreengekom het, dit is die R700 000-'odd' en ek kan net vir u verwys dit is die ronde bedrag waarop ons op die ou end ooreengekom het, nie bewys moet word nie in die Re
l 37 en ek vat nou rowwe syfers net. Dit is die R700 000,00 en iets, is dit reg? - Korrek U Edele.
23
MNR. LA COCK:
(E)k het geen beswaar teen wat die
mondelingse onderhandelinge was rondom die gee van kennisgewing aan kli
nte nie. Maar hierdie getuienis van watter kli
nte jy vat, watter kli
nte ons hou, U Edele, ek maak beswaar daarteen en ek vra dat dit uit die rekord geskrap sal word.
HOF: Maar die getuienis, soos Advokaat La Cock nou betoog, die getuienis wat mnr. Theron nou gec, kan net in ag geneem word, die onderhandelings kan net in ag geneem word om te bepaal oor die rektiGkasiegedeelte.
MNR. VAN ROOYEN: Oor die rektifikasie, dit is so. U
Edele, ek gee dit toe
HOF:
Maar die getuienis, so verstaan ek mnr. La Cock se
argument, is, kan nie gebruik word om byvoorbeeld die res van die kontrak te interpreteer nie.
MNR. VAN ROOYEN: Hy kan nie, om dit te vertolk nie U
Edele, ek gee dit toe,
"
Die getuienis van Dreyer het soor
gelyk verloop. Volgens
hom is die appellant ingeroep nadat hy, Visagie en Theron die saak
bespreek het en op die vraag wat toe gevra en ges
is, het hy soos
24
volg geantwoord:
"Dit kom daarop neer in wese dat mnr. Visagie ons sienswyse van hoe ons graag die saak sou wou oplos, is aan die verweerder oorgedra. Met ander woorde, dat ons stel voor dat hy die hele pakket kli
nte met die risiko's daaraan verbonde en die bedrae wat verskuldig is, oorneem vir sy eie rekening."
Namens die appellant is weer eens beswaar gemaak teen die aanbied van getuienis oor die onderhandelinge andersins as in soverre dit betrekking gehad het op die rektifikasie en weer eens het die respondent se advokaat aangedui dat die getuienis aangebied word op die basis dat dit toelaatbaar is ten aansien van die rektifikasie
geskilpunt.
Betreffende die bespreking aangaande die lys van
debiteure het Dreyer soos volg getuig:
"Wat het julle met hom gemaak of wat het mnr. Visagie met hom gemaak? — Ons het die dokument gebruik om te probeer bepaal wat is die aard van verhaalbaarheid van die debiteure.
23
Goed. - Dit is 'n lys van debiteure.
Nou het julle dit toe via mnr. Pretorius, die verweerder,
bepaal? — Ek onthou dat mnr. Visagie het pertinent vrae gevra
rondom die verhaa
baarheid. Hy was duidelik daarop uit om
deur verdere inligting te kry, die verhaalbaarheid van die
rekenings te probeer bepaal.
Nou wat s
die verweerder van die verhaalbaarheid toe? — Die
verweerder se reaksie daarop was dat die stel debiteure
behalwe, met die uitsondering van een wat ek prominent
onthou, almal verhaalbaar is."
Volgens Dreyer het hy toe toegestem dat die skuld van NCK Hydraulics afgeskryf word.
Soos reeds gemeld, het appellant getuig dat Visagie 'n kort oorsig wou h
van sekere kli
nte wat by name genoem is. Alhoewel NCK Hydraulics se naam nog op die lys was, was die skuld van NCK Hydraulics, volgens appellant, Gsies reeds afgeskryf op 3 Junie 1992. Die appellant het getuig dat, toe hy by die vergadering ingestap het, hy nie kennis gedra het van die strategie
26
van die respondent nie en dat, toe die kli
nte bespreek is, nie aan
hom gemeld is wat die doel van die oorsig was nie. Hy het die
stelling deur respondent se advokaat dat maandeliks afskrywings
gedoen is, beaam en het bygevoeg:
"Die op- en afskrywings wat daar maandeliks gedoen is, het hoofsaaklik gegaan oor die kli
nte wat gedurende daardie betrokke maand gefaktureer is. Dit is moontlik dat daar tussentydse fakture ook uitgemaak is waar die werk oor 'n aantal maande gestrek het. Alle afskrywings is derhalwe nie elke maand gedoen nie."
Die appellant het verder getuig dat dit nie moontlik was
om in 'n vergadering, van die aard van die vergadering wat gehou is
op 3 Junie 1992, te bepaal wat die presiese afskrywings op elke
kli
nt se rekening was nie. Dit kon volgens hom slegs gedoen word
indien in detail op elke kli
nt se rekord ingegaan word. Hy het
ontken dat hy enige waarborg gegee het dat daar geen afskrywings
27
sou wees nie.
Die respondent voer aan dat ooreengekom is dat geen afskrywings anders as die van die skuld van NCK Hydraulics gedoen sou word nie. Die appellant ontken dat so 'n ooreenkoms aangegaan
is.
Die verhoorhof het bevind dat die partye voor ondertekening van die skriftelike ooreenkoms ooreengekom het dat daar nie verdere afskrywings sou wees nie en dat die bedrag van R61 831,66 nie afgeskryf kon word nie.
Daar is geen rede om nie appellant se getuienis te aanvaar dat hy, toe hy by die vergadering ingestap het, nie kennis gedra het van die strategie van die respondent nie en dat toe die kli
nte bespreek is nie aan hom gemeld is wat die doel van die oorsig was nie. Verder is die getuienis van appellant, dat dit nie moontlik
28
was, in 'n vergadering van die aard wat gehou is op 3 Junie 1992, om te bepaal wat die presiese afskrywings op elke kli
nt se rekening was nie en dat dit slegs gedoen kon word nadat in detail op eike kli
nt se rekord ingegaan is, waarskynlik waar. Appellant is waarskynlik bygestaan deur assistente en tensy hy versoek is om hom voor te berei in hierdie verband kon hy beswaarlik in 'n posisie gewees het om die verhaalbaarheid van alle debiete, insluitende debiete ten opsigte van onvoltooide werk, te waarborg.
Op die getuienis is daar in ieder geval geen sprake van 'n ooreenkoms soos beweer nie. Op sowel Theron en Dreyer se weergawe het die appellant te kenne gegee dat, met die uitsondering van die skuld van NCK Hydraulics, alle debiete verhaalbaar was. Volgens Theron het appellant dit herhaalde male gedoen. Theron het wel te kenne gegee dat ooreengekom is dat geen verdere afskrywings
29
gedoen sou word nie maar dit is duidelik dat hy nie wou te kenne
gee dat uitdruklik so ooreengekom is nie. Sy getuienis da
so
ooreengekom is, is gebaseer op die voormelde getuienis dat appellant
sou ges
het dat alle debiete verhaalbaar was. Stawing dat dit die
geval is blyk uit die briefwisseling van die partye ten aansien van die
afskrywings waarop die appellant aanspraak gemaak het. Op 18
Augustus 1992 het Theron naamlik soos volg aan die appellant
geskryf:
"Met verwysing na u skrywes van 16 Julie en 10 Augustus 1992 waarby u sekere aansuiwerings teen debiteure en onvoltooide werk soos op 30 Junie 1992 aan ons voorstel, wens ons u aandag daarop te vestig dat sodanige aansuiwerings nie sonder die Grma se goedkeuring sal kan plaasvind nie. Ook het u persoonlik, so onlangs as 3 Junie 1992 aan die firma bevestig dat, met die uitsondering van NCK Hydraulics, die Grma geen risikos op of debiteure of onvoltooide werk op kli
nte waarvoor u verantwoordelik was het nie."
In die brief word nie beweer dat 'n ooreenkoms
30
aangegaan is t.o.v. debiteure of onvoltooide werk nie.
Theron se getuienis onder kruisondervraging, dat op 3 Junie 1992 ooreengekom is met verweerder "by herhaalde bevestiging deur homself, dat hy geen verdere afskrywings op sy debiteure en onvoltooide werk versoek" kan, in die lig van sy vroe
re getuienis oor wat ges
is en ook in die lig van die inhoud van die voormelde brief, bloot 'n afleiding wees wat Theron gemaak het uit die feit dat die appellant sou ges
het dat alle debiete verhaalbaar was.
Ten einde 'n ooreenkoms, uitdruklik of stilswyend, daar te stel moes beide die appellant en die respondent die bedoeling gehad het om te kontrakteer. Uit die voorgaande getuienis blyk dit
dat op die stadium toe die appe
lant, hetsy in die algemeen, soos
getuig deur Theron, hetsy ten aansien van besondere kli
nte, soos getuig deur die appellant, inligting in verband met debiteure verskaf
31
het, n
g die appellant n
g die respondent die bedoeling gehad om te kontrakteer. Eers daarna het Visagie te kenne gegee dat die oorblywende vennote die appellant se bedanking sou aanvaar onder sekere voorwaardes en is die terme van die ontbindingsooreenkoms beding. Geen ooreenkoms, hetsy uitdruklik hetsy stilswyend, dat geen afskrywings gedoen sou word kon voordat oorgegaan is tot die bedinging van die terme van die ontbindingsooreenkoms tot stand gekom het nie.
Volgens Theron se getuienis was dit vir hom en sy mede vennote belangrik om te weet of daar nog afskrywings was wat gedoen moes word. Sou daar nog afskrywings wees sou hulle anders opgetree het en sou die ooreenkoms anders gelyk het aldus Theron. Die feit dat dit vir die ander vennote belangrik was om te weet of daar nog afskrywings was wat gedoen moes word, verander
32
nog geensins aan die feit dat, toe die afskrywings bespreek, is die partye geensins besig was met die onderhandeling van 'n ooreenkoms nie. Ten beste vir die respondent het die appellant 'n wanvoorstelling gemaak wat die respondent beweeg het om die ontbindings-ooreenkoms te sluit.
In ieder geval kon 'n stelling op 3 Junie 1992, verwysende na 'n staat gedateer 19 Mei 1992, dat alle debiete vereffen was, ten beste vir die respondent, tot gevolg h
'n stilswyende ooreenkoms dat geen afskrywings op daardie datum nodig was nie. So 'n stelling kon nie tot gevolg h
'n stilswyende ooreenkoms dat geen afskrywings in die toekoms nodig sou word nie. Op die stadium toe die stellings gemaak sou gewees het, was nog geen besluit geneem dat appellant uit die vennootskap sou tree nie. Appellant het voorheen te kenne gegee dat hy op 30 September 1992
33
uit die vennootskap sou tree of dat hy 'n verplasing na 'n ander
kantoor sou aanvaar. Eers op 'n latere stadium, nadat die voormelde
stelling na bewering gemaak is, is ooreengekom dat appellant op 30
Junie 1992 uit die vennootskap sou tree. Verdere debiete sou
gevoeg word by die debiete volgens die staat gedateer 19 Mei 1992.
Afskrywings het maandeliks geskied. Dit is onwaarskynlik dat
appellant op 3 Junie 1992 sou te kenne gee dat daar geen
afskrywings sou wees tot op die datum waarop hy sou uittree wat
daardie datum ookal mog wees. Hy sou ditveral nie doen op 'n
stadium toe sy uittrede nie eers die onderwerp van bespreking was
nie.
Dreyer het in antwoord op die vraag of hy s
dat uitdruklik ooreengekom is dat geen van die regstellings waarop die appellant aanspraak maak in berekening gebring sou word nie, soos
34
volg geantwoord:
"(O)ns het nie die negatiewe ooreengekom nie. Ons het oor die prys ooreengekom daardie dag en as jy oor die prys ooreengekom het, hom vasgemaak het, sluit dit sekere goed uit, onder andere hierdie regstellings. Ek s
dit was die ooreenkoms volgens my."
Die terme van die ontbindingsooreenkoms wat beding is
nadat inligting betreffende debiteure bekom is en nadat Visagie ges
het dat appellant se bedanking aanvaar sou word onderhewig aan
sekere voorwaardes, is op skrif gestel. Ingevolge die skriftelike
ontbindingsooreenkoms sou Gnansi
le state opgestel word ingevolge
die normale en gewone gebruik van Coopers met dien verstande dat
die bedrae wat appellant se kli
nte aan Coopers geskuld het en die
waarde van onvoltooide werk van appellant se kli
nte soos op 30
Junie 1992 afonderlik openbaar sou word en deel van die sta
e sou
uitmaak. Gemelde bedrae sou die bedrae wat appellant aan die
35
respondent verskuldig was verteenwoordig onderhewig aan die aftrekking van die bedrag wat ingevolge klousule 8.3 daarvan afgetrek moes word.
Die prys waarop ooreengekom is, was dus die bedrag wat appellant se kli
nte aan Coopers geskuld het en die waarde van onvoltooide werk van appellant se kli
nte soos op 30 Junie 1992 soos getoon sou word in die finansi
le state wat ingevolge die normale en gewone gebruik van Coopers opgestel sou word, onderhewig aan die vermindering daarvan teweeggebring deur die uitoefening van 'n keuse deur kli
nte ten gunste van die respondent. Die partye het uitdruklik ooreengekom dat die items waaruit die bedrag van R61 831,66 saamgestel is volgens normale Coopers beleid afskryfbaar was en dat die bedrae inderdaad deur die respondent afgeskryf sou word. Die prys waarop ooreengekom is, het gevolglik
36
nie afskrywings waarop appellant aanspraak maak uitgesluit nie.
Dit volg dat ook ingevolge Dreyer se getuienis geen ooreenkoms bereik is dat geen verdere afskrywings gedoen sou word nie.
Daar is dus nie getuienis dat ooreengekom is dat daar nie verdere afskrywings sou wees nie en dat die bedrae waaruit die bedrag van R61 831,66 saamgestel is nie afgeskryf sou word nie. In ieder geval sou enige getuienis van 'n voorafgaande mondelingse ooreenkoms dat bedrae, wat volgens Coopers beleid afskryfbaar was en normaalweg afgeskryf sou word, nie afgeskryf sou word nie, in stryd met die skriftelike ooreenkoms en gevolglik ontoelaatbaar wees. Dit sou die geval wees selfs indien aanvaar sou word dat die partye nie hulle gehele ontbindingsooreenkoms op skrif wou stel nie (Johnston v Leal 1980(3) SA 927(A) te 944C). Soos hierbo
37
aangetoon het die respondent se advokaat gedurende die verhoor toegegee dat getuienis ten aansien van die onderhandelinge oor die voorwaardes waaronder die appellant uit die vennootskap sou tree ontoelaatbaar was en is sodanige getuienis aangebied as synde relevant tot die rektifikasiegeskilpunt. 'n Bepaling wat in stryd is met 'n bepaling in die skriftelike ooreenkoms kan natuurlik ook nie 'n ge
mpliseerde term van die skriftelike ooreenkoms wees nie.
Die respondent het tydens die aanhoor van die app
l vir die eerste keer aangevoer dat die appellant in sy pleit erken het dat die partye mondelings ooreengekom het dat alle debiete van kli
nte wat deur appellant hanteer is verhaalbaar was. Ek stem nie saam met hierdie betoog nie. In paragraaf 3 van die deklarasie het die respondent beweer dat 'n deels mondelinge deels skriftelike ooreenkoms aangegaan is. In paragraaf 6.2 het die respondent
36
beweer dat by die sluit van die mondelinge gedeelte van die ooreenkoms ooreengekom is dat NCK Hydraulics die enigste debiteur was wat nie in die staat, wat voorberei moes word, getoon moes word nie en dat alle debiete van kli
nte wat deur appellant hanteer is, verhaalbaar was. In sy verweerskrif het die appellant in die paragraaf waarin hy gehandel het met die bewerings in paragraaf 6.2 van die deklarasie, erken dat die partye ooreengekom het om die debiet van NCK Hydraulics as slegte skuld af te skryf maar het hy beweer dat daardie ooreenkoms bereik is voor die sluiting van die
ontbindingsooreenkoms. In daardie paragraaf het die appellant nie gehandel met die bewering aangaande die ander debiete nie en op grond daarvan het die respondent betoog dat die bewering aangaande die ander debiete erken is. Die betoog het egter uit die oog verloor dat die appellant in paragraaf 2.1 van die verweerskrif d
e bewering
39
dat die ooreenkoms deels mondeling en deels skriftelik aangegaan is, ontken het en beweer het dat die skriftelike ooreenkoms die geheel van die ooreenkoms tussen die partye daargestel het. Tydens die ondervraging van Theron het die respondent se advokaat ook uitdruklik die hof meegedeel dat die mondelingse ooreenkoms in geskil was. Dit was deurgaans een van die groot geskilpunte in die saak soos ook blyk uit die gedeelte uit die voorverhoor notule en die ooreenkoms tussen die partye wat hierbo aangehaal is.
Die mondelingse ooreenkoms is nie bewys nie. Dit volg dus dat die ooreengekome bedrag van R438 240,13 verminder moes word met R61 831,66 (R4 985,76 hiervan is tydens die verhoor toegegee). Tydens die verhoor het die respondent ook toegegee dat die bedrag van R438 240,13 verminder moes word met 'n bedrag van R32 110,17 synde 'n bedrag deur debiteure aan die respondent betaal
40
maar wat die appellant toekom.
Die vonnisbedrag deur die verhoorhof toegestaan behoort gevolglik met R56 845,90 verminder te word. Indien dit gedoen word is die appellant wesenlik suksesvol in die app
l en is hy geregtig op sy koste.
Ek sou gevolglik die app
l handhaaf met koste en die bevel van die verhoorhof wysig deur die bedrag van R401 144,20 waar dit ookal in die bevel voorkom te vervang met die bedrag van R344 298,30.
Laastens moet dit vermeld word dat die onderhawige app
l verkeerdelik na hierdie Hof verwys is. Dit word duidelik deur art 20(2)(a) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959 neergel
dat waar verlof verleen word om teen die uitspraak van 'n enkele regter in 'n siviele geding te appelleer, daar gelas moet word dat die app
l
41
deur 'n volle hof verhoor word tensy die hof wat verlof verleen oortuig is dat die betrokke regsvrae, feitegeskille of ander oorwegings in die saak die aandag van hierdie Hof verg. Niks in die onderhawige app
l het die aandag van hierdie Hof benodig nie. Die advokate het nie net dit geredelik toegegee nie maar ook die feit dat die vereistes van gemelde subartikel deur almal betrokke by die aansoek om verlof in die Hof benede heeltemal oor die hoof gesien is.
P E STREICHER Wnd APP
LREGTER