South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1997 >>
[1997] ZASCA 70
| Noteup
| LawCite
Venter en 'n Ander v Nedperm Bank Beperk (344/95) [1997] ZASCA 70 (11 September 1997)
Download original files |
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer 344/95
In d e saak tussen:
CHARLES JOHANNES BEAURAIN
VENTER Eerste Appellant
WILLIE DU PLESSIS Tweede Appellant
en
NEDPERM BANK BEPERK Respondent
CORAM: Van Heerden AHR, Smalberger, Nienaber, Howie et Plewman ARR
VERHOOR: 18 AUGUSTUS 1997
GELEWER: 11 SEPTEMBER 1997
/NIENABER AR
2
NIENABER AR:
Die twee appellante en hul twee mede-verweerders het elk agt afsonderlike borgaktes ten gunste van die respondent onderteken, in omvang
onbeperk. Die verhoorhof (Daniels R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling) bevind dat dit die verstandhouding van al die betrokkenes
was dat elke borgstelling tot R15 000 beperk sou wees. Rektifikasie word aldus gelas. Die volle hof van die Transvaalse Provinsiale
Afdeling (McCreath R, met wie Eloff RP en Kirk-Cohen R saamstem) bevind op app
l die teendeel. En dit is ook die vraag, of daar vooraf mondelings op so 'n perk ooreengekom is, wat met spesiale verlof tans voor
hierdie hof dien.
Kleijnhans en Hattingh was in 1989 volgens alle aanduidings die grootste en welvarendste argiteksfirma in Nelspruit. Die een vennoot,
Kleijnhans, was die tweede en die ander vennoot, Hattingh, die derde verweerder, teen albei van wie vonnis by verstek geneem is sodat
hulle tans nie appellante is nie. Een van 'n aantal ondernemings waarmee hulle as argitekte gemoeid was, was die Sudwala-tyddeel-vakansieoord.
'n Ander was die Parklands-projek, 'n meenthuis-ontwikkeling op 'n eiendom in die West Acres-area van Nelspruit waar Kleijnhans en
Hattingh self as ontwikkelaars opgetree het. Vir di
doel het hulle in 1989 'n beslote korporasie gestig, Pet Ontwikkeling BK (die eerste verweerder, ook nie 'n appellant nie) na wie
ek
3
voortaan kortweg as "Pet" of "die BK" sal verwys, en waarvan hulle die enigste lede was. Pet het die betrokke
eiendom vir R200 000 aangekoop en in 15 woonerwe onderverdeel. Die gedagte was om 15 wooneenhede op te rig wat sommer uit die vuis,
selfs voordat hulle nog voltooi was, teen 'n wins van die hand gesit sou kon word. Die skema sou soos volg gefinansier word: die
koopprys van die grond, R200 000, kom van dr Smith, 'n mediese praktisyn, en van 'n plaaslike prokureur, Swanepoel, wat elk R100
000 betaal waarvoor hy te gelegener tyd 'n bepaalde eenheid sou bekom. Eenhede 1 en 2 is vir die doel bestem. Die boukoste vir die
oprigting van die wooneenhede wat op so ongeveer R90 000 elk beraam is, is bekom deur 'n boulening by die respondent, toe nog 'n
bougenootskap, nou 'n bank, te verkry vir R135 000 per erf. Ek verwys voortaan na die respondent as "die Perm". Die Perm
was die eiser in die verhoorhof. Die oorskot bo R90 000 per erf was bedoel vir bykomstige kostes soos die bou van paaie. Ter versekering
van die boulening is 'n eerste verband oor elke aparte eiendom geregistreer. Dit was 'n bepaling van elke lening: "Members to
sign as surety/ies and co-principal debtor/s for the full amount of the loan". Vyftien aparte borgstellings is gevolglik deur
Kleijnhans en Hattingh onderskeidelik onderteken, een ten opsigte van elke erf, elk onbeperk in omvang.
Teen 15 Junie 1990 was a
die meenthhuise, op vier na, voltooi. Die
4
eenhede is op 1 Oktober 1990 deur 'n waardeerder van die Perm beskryf as "a nice cluster house development in a good area".
Volgens die eerste appellant, Venter, was die eenhede "argitektonies pragtig ontwikkel" wat hulle ongelukkig in 'n moeilik
bemarkbare prysklas geplaas het. Omdat verkope nie na wense gevorder het nie, is besluit om die bou van meenthuise op vier van die
erwe (9, 10, 11 en 12) voorlopig agterwe
te hou. Van die R135 000 wat ten opsigte van elkeen van daardie vier erwe goedgekeur is, het Pet slegs R13 000 per erf opgeneem.
Die terugbetalings op die eerste verbande moes middel Oktober 1990 'n aanvang neem. Lank voor die tyd het dit reeds duide
ik geword dat ernstige probleme met die skema aan die ontwikkel was. Ten eerste kon Pet nie daarin slaag om 'n enkel beboude eenheid
verkoop te kry nie. As tydelike maatre
l is van die voltooide eenhede verhuur maar die huurinkomste sou onvoldoende wees om die maandelikse verbandrente te delg. 'n Tekort
van so ongeveer R20 000 per maand is voorsien. Die tweede groot probleem was dat die Sudwala-projek besig was om in duie te stort
sodat Kleijnhans en Hattingh nie meer kon reken op die nagenoeg R900 000 aan argiteksgelde wat hulle andersins toegekom het nie.
In die loop van die verhoor het dit trouens geblyk dat die R200 000 wat Smith en Swanepoel vir die aankoop van die eiendom voorgeskiet
het, deur die firma opgeslurp is en nooit by Pet uitgekom
5
het nie; die aankoop van die grond is uit boulenings geGnansier. Ten einde raad het Kleijnhans en Hattingh vir Venter, 'n bourekenaar,
Du Plessis, 'n siviele ingenieur, en Pieterse, 'n elektrotegniese ingenieur, om bystand genader. Dit was op 30 Augustus 1990. Venter,
die vierde verweerder, is tans die eerste appellant. Du Plessis was die vyfde verweerder en is tans die tweede appellant. Venter,
indertyd die burgemeester van Nelspruit, was 'n ervare besigheidsman en 'n waardeerder van eiendomme wie se firma ook as projekbeheerders
en stadsbeplanners opgetree het. Al drie van hulle, Venter, Du Plessis en Pieterse, het in die verlede op 'n professionele vlak met
die argiteksfirma saamgewerk en die verwagting was dat dit in die toekoms ook die geval sou wees, mits die firma natuurlik kop bo
water kon hou. Dit was op daardie grondslag, so het Hattingh, Venter en Du Plessis getuig, dat daar op hulle 'n beroep gedoen is
om bystand te verleen, nie net om deskundige advies nie, maar ook geldelik. Pieterse het sommer vanuit die staanspoor kop uitgetrek
maar Venter en Du Plessis was bereid om die saak verder te oorweeg. 'n Reeks samesprekings is gevoer. Na diepgaande bespreking tussen
die twee argitekte en Venter en Du Plessis is in beginsel besluit dat die skema lewensvatbaar sou wees indien daar op die vier onbeboude
erwe vier tweeslaapkamer-eenhede opgerig word en die terrein omhein, verfraai en opgeknap word om bemarking te vergemaklik. Du Plessis
het op sy rekenaar
6
onder meer 'n kontantvloei-staat voorberei met sekere projeksies ten opsigte van die ontwikkelingskoste vir die vier onbeboude erwe,
die huurinkomste wat intussen ge
n kon word en 'n tempo van verkoping van die beboude erwe wat, as alles volgens plan ver
oop, die verwagte kontant-tekorte na 'n jaar in 'n wins van ongeveer R53 000 sou omskep. Aanvanklik, so is deur die verweerders se
getuies getuig, was Venter en Du Plessis bereid om saam met Hattingh en Kleijnhans elk 'n bydrae te maak om die verwagte tekorte
te delg wat in totaal vir elk van hulle oor 'n tydperk van 'n jaar op R30 000 sou neergekom het. Uiteindelik is besluit om die Perm
te nader met 'n dubbele versoek: om die bedrag op te neem op elk van die vier onbeboude eenhede wat nog op eerste verband beskikbaar
was en om te vra vir verdere finansiering by wyse van tweede verbande oor sommige van die beboude erwe om die herberekende verwagte
tekort van R120 000 aan te vul. Met die oog daarop het Hattingh, so is getuig, 'n gesprek gehad met Van Biljon, die leningsbestuurder
van die Perm in Nelspruit, aan wie hy die beoogde skema verduidelik het. Daar is 'n dispuut oor presies wat tussen hulle voorgeval
het en veral of die kwessie van borgskappe toe reeds geopper is. Feit is dat Van Biljon nie oor die magtiging beskik het om enige
besluite in dier voege te neem nie. Daarvoor was die goedkeuring van die takbestuurder, Hough, nodig. 'n Samespreking met Hough is
gevolglik vir 2 Oktober 1990 gere
l.
7
Intussen het Van Biljon die eenhede laat herwaardeer (wat die vorige waardasie van R173 000 per beboude eenheid bevestig het), terwyl
Hattingh vasgestel het dat die beraamde boukoste van die oorblywende eenhede (paaie en ander bykomstighede uitgesluit) so ongeveer
R360 000 sou beloop. Gewapen met 'n kontantvloei-projeksie gebaseer op die nuwe syfer en verkope oor 'n jaar, wat 'n krediet van
R12 062 sou oplewer, het die vier van hulle, Hattingh, Kleijnhans, Venter en Du Plessis, vir Hough op 2 Oktober 1990 op kantoor gaan
spreek. Van Biljon het later bygekom. Dit
s oor d
e gebeure tydens daardie samespreking, en in besonder oor die aandeel en aard van Venter en Du Plessis se betrokkenheid, waaroor die
twis in hierdie saak hoofsaaklik gaan.
Wat vasstaan is dat goedkeuring by die vergadering verleen is vir 'n hervoorskot van R115 000 elk op die eerste verbande oor die vier
onbeboude erwe, wat vir die BK 'n bedrag van R460 000 sou oplewer; dat die Perm ingestem het tot die registrasie van 'n reeks tweede
verbande teen R15 000 elk oor agt bepaalde eenhede, wat vir die BK 'n verdere bedrag van R120 000 sou oplewer; en dat Hattingh, Kleijnhans,
Venter en Du Plessis bereid was om hulle as borge te verbind. Die vraag is of hulle mede-borge vir die geheel van die BK se skuld
sou wees dan wel slegs tot 'n maksimum van R120 000.
In opdrag van die Perm is agt aparte aansoeke om lenings voorberei, elk
8
vir R15 000. Soos met die aanvanklike aansoeke om die eerste verbande diegeval was, is vir elke eiendom 'n aparte aansoek voorberei, waarvan dit
telkens 'n voorwaarde was dat "All four members to sign as surety/ies and co-
principal debtor/s for the full amount of the loan".
Opdrag is aan prokureur Bennett, toevallig 'n vennoot van prokureur
Swanepoel, gegee om die nodige borgaktes voor te berei. Die tersaaklike
dokumentasie is aan hom gestuur. Bennett het die opdrag, "All four
members to sign as surety/ies and co-principal debtors for the full amount of
the loan", vertolk as sou hy agt aparte onbeperkte borgaktes moes opstel, een
ten opsigte van elk van die agt lenings. Dit het hy gedoen met verwysing na
die Perm se gebruiklike vooraf-gedrukte vorms. Die Perm het inderdaad oor
twee tipes vorm beskik: 'n beperkte en 'n onbeperkte vorm van borgakte. Hy
het laasgenoemde as grondslag gebruik. Dit is, blykens die getuienis van die
Perm se getuies, standaard praktyk om in die geval van verbandlen ngs van
onbeperkte borgaktes gebruik te maak. Die rede waarom hy op eie houtjie agt
borgaktes opgestel het, eerder as een wat eintlik voldoende sou wees, stel hy
soos volg:
"Waarom was daar agt afsonderlike borgaktes? — U sal gemerk het daar was agt afsonderlike adviesbriewe, elkeen het sy eie rekeningnommer, derhalwe moes daar agt sekuriteite geregistreer
word, synde die borgstellings. As addisionele sekuriteite op elkeen van hierdie
9
sekuriteite of opdragte om die sekuriteite te registreer, is die vereiste gestel dat daar borgaktes voltooi moet word en geteken moet
word en ten einde dan elke besondere aangeleentheid te voltooi, elke besondere opdrag te voltooi, het ek die agt verskillendes opgestel
en oorspronklik laat teken sodat daar op elke sekuriteitsl
er van die Perm of van Nedkor dan, die eiser in die geval, 'n oorspronklike borgakte geliasseer kan word."
Die aansoeke om die vier hervoorskotte is nie aan Bennett voorgel
nie. Elkeen daarvan het dit ook as vereiste gestel, soos met die eerste en tweede verbande die geval was, dat aparte borgaktes ten
opsigte daarvan onderteken moes word. Volgens Van Biljon was aparte borgstellings vir die hervoorskotte egter nie nodig nie: die
onbeperkte borgaktes vir die tweede verbande sou dit dek. Daarom het hy eers seker gemaak dat die agt onbeperkte borgaktes wel geteken
was voordat hy uitbetaling van die hervoorskotte gemagtig het.
Omdat die saak spoedeisend was, het Hattingh op 18 Oktober 1990 sy opwagting by Bennett gemaak. Aldaar het hy die "advies vir
die toestaan van 'n lening" namens Pet geteken en die agt borgaktes van 'n bladsy en 'n half elk geparafeer en onderteken, elk
prominent links-bo op die voorblad in vet letters gemerk "ONBEPERKTE BOROAKTE". Klousule 2 van elke borgakte bepaal:
10
"Ter wille daarvan dat die Bank 'n bedrag geld aan die skuldenaar geleen het of ingestem het om 'n bedrag geld aan die skuldenaar
te leen, verbind die Borge hulle hiermee as borge vir en as mede-prinsipale skuldenaars in solidum met die skuldenaar aan die Bank
vir die behoorlike en stiptelike betaling deur die Skuldenaar aan die Bank van alle bedrae wat weens enige skuldoorsaak hoegenaamd
nou verskuldig is of te enige tyd in die toekoms verskuldig mag word deur die skuldenaar aan die Bank. Die Borge erken verder dat
hulle aan die Bank gehou en wettiglik verbind is vir betaling van die bedrag wat van tyd tot tyd gesertifiseer word ingevolge paragraaf
7, sonder beperking."
Klousule 11.1 bepaal:
"Hierdie Borgakte word bykomend tot enige ander Waarborg of Borgakte gegee wat tans deur die Bank gehou word of wat hierna deur
die Borge of enige van hulle of enige ander party aan die Bank gegee word en hierdie Borgakte is nie ter vervanging daarvan nie."
Hattingh het die ander drie borge se borgaktes met hom saamgeneem en aan hulle oorhandig: elk van hulle het die agt identiese borgaktes
afsonderlik geparafeer en geteken. Die datum van die laaste ondertekening was 31 Oktober 1990.
Teen die tyd dat die eerste maandelikse terugbetaling op eerste verband op 15 Oktober 1990 deur die BK gemaak moes word, was daar
nog geen nuwe fondse deur die Perm aan die BK beskikbaar gestel nie. (Die
11
uitbetalings kragtens die hervoorskotte is eers middel November 1990 enkragtens die tweede verbande eers middel Desember 1990 gemaak.) Die
gevolg was dat daar vanaf 15 Oktober 1990 ondanks die huurgelde wat reeds
sedert Mei 1990 ingevorder is, 'n tekort op die maandelikse rekening was.
Om di tekorte aan te vul, het Hattingh op Venter en Du Plessis se nommers
gedruk. Die betalings wat Venter gemaak het, blyk uit 'n skrywe wat hy op
20 Junie 1991 aan Kleijnhans en Hattingh gerig het:
12 November 1990 R4 398-14
6 Desember 1990 R4-678-00
16
Januarie 1991
R4-090-00 14 Februarie 1991
R3 600-00
17
April 1991
R6-700-00 17 Mei 1991
R5 170-00 TOTAAL
R28 636-14.
Du Plessis het drie betalings gemaak van so om en by R4 000 elk, in November 1990, Desember 1990 en Maart 1991.
Intussen is die vier nuwe eenhede gedurende Januarie 1991 voltooi. Die jammerte was dat die verkope van die eenhede, oud en nuut,
ondanks die voltooiing van die bouwerk en die verfraaiing van die terrein, steeds nie gevorder het nie. Nie 'n enkele eenheid is
op daardie stadium verkoop nie.
Gedurende Maart 1991 teken Hattingh, Kleijnhans, Venter en Du Plessis 'n stel dokumente wat deur Swanepoel opgestel is. Die ondertekening
is gedateer 1 Augustus 1990 maar dit is gemene saak dat dit eers die volgende
12
jaar geskied het. Die transaksies behels in wese die volgende:
(a)
'n Vennootskapsooreenkoms. Dit gee voor 'n ooreenkoms tussen Kleijnhans, Hattingh, Venter en Du Plessis te wees, elk vir 'n 25%-aandeel
in 'n vennootskap genaamd Pet Ontwikkelingsvennootskap, die uitgesproke doel waarvan was om dertien van die wooneenhede van die BK
te koop. (Die twee eenhede wat uitgesluit is, was die twee wat vir Smith en Swanepoel bestem was.) Die ooreenkoms maak voorsiening
vir die oorname deur die vennootskap van die BK se verpligtinge teenoor sowel die Perm as Smith en Swanepoel. Die dokument is ook
deur Smith en Swanepoel onderteken as sou hulle 'n beding ten behoewe van derdes aanvaar.
(b)
'n Ooreenkoms waarvolgens Kleijnhans en Hattingh elk 'n kwart van hul lede-belange in die BK aan Venter en du Plessis verkoop.
(c)
'n Koopkontrak waarvolgens die BK die eiendomme aan die vennootskap verkoop vir Rl 835 000. (So 'n koopbrief maak nie deel van die
stukke uit nie.)
Oor die ontstaan, die doel en die belang van hierdie dokumente is daar 'n allamintige twis waarop ek later terugkom.
n Maart 1991 is dr Smith in 'n motorongeluk betrokke en versoek hy dat Pet sy eenheid teen R120 000 terugneem. Du Plessis getuig dat
hy geglo het dat die eenheid darem minstens R150 000 werd was. Almal stem saam
13
en R120 000 word aan Smith uitbctaal.
Gedurende April/Mei 1991 raak die BK al hoe verder agterstallig en begin die Perm druk op hom uitoefen om die verbandpaaiemente te
vereffen.
Hough is intussen as takbestuurder deur Labuschagne vervang. Venter voer met Labuschagne samesprekings in 'n poging om 'n oplossing
vir die groeiende probleem te vind. Verskeie opsies word oorweeg. Een daarvan was dat elk van die belanghebbendes drie eenhede aankoop.
Vir di
doel het Venter trouens by die Perm aansoek gedoen om 'n lening. Dit het egter op niks uitgeloop nie aangesien die Perm nie bereid
was om van 'n deel van sy eis teenoor
f die BK
f die borge af te sien nie. Tot op 'n betreklike laat stadium word nooit aan Labuschagne of sy hoof, Paton, genoem dat Venter en Du
Plessis hul borgstellings as begrens beskou nie. Volgens hulle was dit 'n doelbewuste taktiese besluit aan die hand van advies wat
hulle van hul prokureur, Du Toit, ontvang het. Di
getuienis word deur Du Toit gestaaf.
In November 1991 word aksie op een van die agt borgaktes vir betaling van R2 092 265,65 deur die Perm ingestel teen Pet as hoofskuldenaar
en eerste verweerder, en teen die vier borge, met Hattingh as tweede verweerder, Kleijnhans as derde verweerder, Venter as vierde
verweerder en Du Plessis as vyfde verweerder. Vonnis by verstek word teen die eerste drie verweerders verkry. Pet word gelikwideer
en die boedels van Hattingh en Kleijnhans
14
gesekwestreer. Alleen Venter en Du Plessis bestry die aksie. Die verweer isjustus error, alternatiewelik rektifikasie, om die borgstellings tot R120 000 te
beperk. Eintlik behoort rektifikasie die eerste linie van verdediging te gewees
het. En so is dit ook in albei die howe benede benader. By ooreenkoms
tussen die partye tot die aksie word die kwessie van die kwantum van die eis
voorlopig agterwe gehou. Soos reeds ges , bevind die verhoorhof ten gunste
van rektifikasie en die volle hof daarteen. Die volgende bevel is gemaak:
"1. Die app l slaag met koste, insluitende die koste van twee
advokate.
2. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en met die
volgende vervang:
(a)
Dit word verklaar dat die vierde en vyfde verweerders ingevolge die borgakte, aanhangsel G tot die eiser se besonderhede van vordering,
gesamentlik en afsonderlik as borge teenoor die eiser verbind is vir alle bedrae wat die eerste verweerder aan die eiser verskuldig
mag wees.
(b)
Die vierde en vyfde verweerders, gesamentlik en afsonderlik, betaal die eiser se gedingskoste, insluitende die koste van twee advokate."
In die loop van die pleitstukke en die getuienis, wat oor 'n aansienlike tydperk gestrek het (die oorkonde beslaan oor die 2400 bladsye),
het 'n magdom geskilpunte na vore gekom wat onder die volgende rubrieke gegroepeer kan word:
15
1. Die gebeure vooraf, v
r die byeenkoms met Hough op 2 Oktober 1990; of Venter en Du Plessis deel gehad het aan die besprekings oor 'n moontlike vennootskap
tussen Hattingh, Kleijnhans, Venter en Du Plessis; of Venter teenwoordig was tydens die opdragte aan Swanepoel om die konsep-vennootskaps-
en aanverwante ooreenkomste op te stel; en of Venter en Du Plessis enigsins van hierdie voorneme bewus was. Die Perm se standpunt,
gesteun deur Swanepoel, is dat Venter en Du Plessis bereid was om tot Pet se redding by te dra omdat hulle vir hulself daarin 'n
voordeel gesien het, hetsy by wyse van belastingvrye kapitale winsdeling, hetsy by wyse van belasting-aftrekkings. So gesien, sou
hulle dan ook inskiklik wees om vir die gehele skuld van die BK as borge in te staan, te meer daar groot verliese nooit voorsien
was nie. Hattingh, Venter en Du Plessis se standpunt, daarenteen, was dat daar op daardie stadium geen sprake van 'n onderlinge vennootskap
was nie; dat die gedagte van 'n moontlike vennootskap spontaan by Hattingh en Kleijnhans ontstaan het om Venter en Du Plessis as
'n blyk van waardering vir hul bystand 'n aandeel in die BK se onderneming te gee; dat Venter en Du Plessis daarvan totaal onbewus
was; dat alleen Hattingh en Kleijnhans vir Swanepoel daaroor gespreek het; en dat die voorstel, toe Hattingh en Kleijnhans dit kort
na die byeenkoms van 2 Oktober 1990 met hulle geopper het, summier deur Venter en Du Plessis verwerp is. Op al di
16
aspekte kom ek later terug.
2.
Die gebeure tydens die samespreking met Hough, in die besonder of borgstellings ter sprake was en, indien wel, of daar spesiGek ooreengekom
is op 'n perk van R15 000 per borgakte, oftewel, R120 000 in totaal.
3.
Venter en Du Plessis se optrede n
die vergadering en die vertolking wat daaraan geheg moet word.
Oor hierdie drie omstrede aspekte bestaan daar onoorbrugbare verskilletussen Hough, Van Biljon en Swanepoel, aan die een kant, en Hattingh,
Venter en Du Plessis, aan die ander kant. Tog maak die verhoorhof geen
pertinente geloofwaardigheidsbevindings nie. Die uitspraak lui:
"Ek moet onmiddellik s
dat ek nie bereid is om 'n geloofwaardigheidsbevinding teen enige van die getuies te maak nie. Ek glo dat die getuies probeer het
om so eerlik as wat hulle kon die gebeure in herinnering te roep. Ek het egter die probleem dat daar op daardie stadium geen rede
vir enige van hulle was om die bespreking in elke detail te onthou nie. Daardie bespreking het eers etlike maande later belangrik
geword en toe eers moes die getuies na die beste van hulle herinnering die gebeure probeer onthou."
Ek is nie so seker dat die getuies almal werklik so opreg was as wat die verhoorhof meen nie. Of die een kant
f die ander kant was besig om hul saak doelbewus te oordryf. My indruk, by die deurlees van die getuienis, was dat min van die sleutelgetuies
so onbesproke was dat hul getuienis sonder
17
meer aanvaar kan word. Alles hang dus van 'n ex post facto beoordeling van die waarskynlikhede af.
Wat vir die verhoorhof deurslaggewend was, was die bewoording van die Perm se opdrag aan prokureur Bennett. Dit het hoofsaaklik bestaan
uit afskrifte van die goedkeuring van d
e agt aansoeke om lenings van R15 000 elk wat by wyse van tweede verbande en borgstellings verseker moes word. Soos reeds ges
, was dit 'n vereiste dat "All four members to sign as surety/ies and co-principal debtor/s for the full amount of the loan".
Omdat die "amount of the loan" in par. 1.3 van die "Advice of Grant of Loan" as R15 000 gedefinieer is, volg
dit, so is bevind, dat elkeen van die agt borgaktes ook tot R15 000 elk beperk moes word. Daaruit volg dit dan voorts dat Bennett
sy mandaat oorskry het deur die Perm se konsep-vorm vir onbeperkte borgaktes eerder as vir beperkte borgaktes te gebruik. Weliswaar
het die betrokke verweerders die borgaktes in onbeperkte vorm onderteken maar dit het hulle gedoen in die waan dat die dokumente
opgestel is in ooreenstemming met wat daar tydens die voorafgaande samespreking met Hough afgespreek was. Aldus die uitspraak.
Die volle hof bevind daarenteen dat die verhoorhof nie voldoende op die waarskynlikhede ag geslaan het wat voortgespruit het uit gebeure
wat die samesprekinge met Hough voorafgegaan en gevolg het nie.
18
Die twee standpunte kan ten beste teen mekaar opgeweeg word aan die hand van die verdeling hierbo vermeld, te wete, die gebeure voor,
tydens en na die samesprekings met Hough.
DIE GEBEURE VOOR DIE SAMESPREKINGMET HOUGH
Die verweerders se saak is dat die twee argitekte vir Venter en Du Plessis genader het om hulle te help om die verwagte maandelikse tekorte aan te vul wat op daardie tydstip op R120 000 oor 'n periode
van 12 maande geskat is, 'n aanspreeklikheid van hoogstens R30 000 per persoon. Dit was sover as wat Venter en Du Plessis bereid
was om betrokke te raak en hulself bloot te stel. Hulle is gevra om die Hough-vergadering by te woon om Du Plessis se kontantvloei-staat
aan die bankamptenare te verduidelik en die aansoek te "help motiveer".
Die groot twispunt is of Venter en Du Plessis in werklikheid reeds voor die Hough-samespreking beoog het om 'n direkte belang in die
projek te bekom. Indien wel, sou dit verduidelik waarom hulle bereid sou wees om hulle tot onbeperkte borgskappe ten gunste van die
BK te verbind.
Dat Swanepoel deur Hattingh en besmoontlik Kleijnhans genader is om die konsepooreenkomste wat vir 'n vennootskap tussen die vier
van hulle voorsiening sou maak, op te stel, is onteenseglik so. Hattingh en Swanepoel getuig daaroor en die dokumentasie bevestig
dit. Die vraag is of Venter ook
19
daaraan aandadig was. Swanepoel s
ja; Hattingh en Venter ontken dit. Volgens Hattingh was dit 'n gedagte wat spontaan by hom en Kleijnhans ontstaan het om Venter en
Du Plessis te "beloon" vir hul bereidwilligheid om Pet finansieel by the staan. Ondanks die vele samesprekinge wat tussen
die vier van hulle gevoer is oor hoe om Pet se situasie te red, is hul voorneme, so is getuig, nooit teenoor Venter en Du Plessis
geopper en onderling met hulle bespreek nie. Hattingh het telefonies aan Swanepoel opdrag gegee om die kontrakte op te stel en dit
is eers na die Hough-vergadering, so getuig ook Venter en Du Plessis, dat die dokumente aan Venter en Du Plessis voorgel
is wat dit voor die voet en sonder om dit eens te lees, verwerp het. Dit het Hattingh en Kleijnhans vertolk nie as 'n verwerping in
beginsel van die hele idee nie, maar bloot as ontevredenheid met die onderlinge verdeling van 33% elk aan Venter en Du Plessis en
17% elk vir die twee van hulle. Vandaar -om die kronologie vir 'n oomblik vooruit te loop - dat opnuut, maar steeds sonder Venter
en Du Plessis se voorafgaande goedkeuring, aan Swanepoel opdrag gegee is om die onderlinge aandeelhouding aan te pas tot 25% elk.
En so is dit dan ook gedoen. Weereens was dit nie vir Venter en Du Plessis aanvaarbaar toe die dokumente aan hulle gegee is nie.
Eers in Maart 1991 het hulle konsepdokumente onderteken omdat Dahlman, Pet se ouditeur, hulle daarop gewys het dat die vier van hulle
belastingvoordele kon verkry en hul
20
bydraes ter afbetaling van Pet se skulde teen hul inkomste kon afskryf, indien hulle vennote sou wees. Om net as lede van die BK toe
te tree, sou nie deug nie. Hulle moes daarvoor vennote wees. Dus was dit nodig om 'n vennootskapsooreenkoms op te stel, asook 'n
aparte ooreenkoms waarkragtens Pet die eenhede aan die vennootskap sou oordra wat die vennootskap op sy beurt weer kon verkoop. Toevallig,
so verduidehk hulle, was daar die konsep-ooreenkomste wat Swanepoel vroe
r opgestel het wat presies aan hul doel beantwoord het. Die konsepte wat vroe
r verwerp is, is dus bloot vir belastingdoeleindes laat herleef. Ten einde die maksimum voordeel te behaal, het Hattingh al die ooreenkomste
na 1 Augustus 1990 terugdateer. 'n Werklike vennootskap was dit, so verduidelik hulle, egter nooit nie - en toe dit op advies van
'n deskundige, Dreyer, blyk dat hulle nie op di
manier by die Ontvanger van Inkomste sou kon verbykom nie, is die hele gedagte laat vaar en die koopkontrak met die BK nooit aangegaan
nie.
Swanepoel vertel 'n totaal ander storie. Volgens hom was daar geen toeval aan die verloop van die gebeure nie. Die belasting-aspek
was vanuit die staanspoor 'n belangrike faktor. Dit het in die sogenaamde "Stellenbosch-dokument" sy ontstaan gehad. Dit
is 'n dokument wat, blykens 'n aantekening daarop, deur ene Kobus aan Hattingh gestuur is en waarin oor die algemeen verduidelik
word dat daar vir die vennote in 'n vennootskap belastingvoordele
21
skuil, by wyse van belastingvrye kapitaalwinste en aftrekkings van inkomste, indien, in 'n situasie soos die huidige, 'n vennootskap
eenhede koop en self bemark. Hierdie dokument is vanuit die staanspoor deur Hattingh aan Swanepoel oorhandig, so getuig laasgenoemde.
Die opdrag om die konsep-stel dokumente op te stel was nie sommer so terloops telefonies deur Hattingh of Kleijnhans aan hom oorgedra,
soos Hattingh op 'n stadium getuig het nie. Daarvoor was die inhoud van die opdrag veels te gekomp
iseerd. Dit het langdurige bespreking geverg waarby Venter, volgens Swanepoel, teenwoordig was. Swanepoel se blote woord hieroor kan
nie sonder meer aanvaar word nie. Hy het aanvanklik ook ges
dat Du Plessis teenwoordig was maar het later toegegee dat hy daaroor fouteer het. Wat in di
verband wel van belang is, is dat Swanepoel die konsepte, wat hy in die periode voor 17 September 1990 opgestel het, tesame met 'n
memorandum oor hoe die dokumente inmekaar steek, op 24 September 1990, kort voor die Hough-vergadering, aan 'n rekenmeester, Van
Doorn, voorgel
het. Van Doorn was Venter se ouditeur. Van Doorn het die konsepte op 2 Oktober 1990, die dag van die vergadering met Hough, aan Swanepoel
terugbesorg. Myns insiens is dit 'n betekenisvolle aanduiding dat Venter by die samesprekings vooraf betrokke was en dus goed op
hoogte was met die idee dat hy en Du Plessis as vennote sou toetree ten einde 'n belasting-voordeel daaruit te haal.
22
Venter self was maar bra onseker of hy nie dalk voor die Hough-vergadering met Swanepoel oor die voorgenome vennootskap gekonfereer het
nie. Aldus antwoord hy in antwoord op 'n vraag van die hof:
"HOF: Die vraag was eenvoudig gewees hierdie gesprek, wie ook al die gesprek sou gevoer het met Swanepoel, sou plaasgevind het
voordat julle na Hough se kantoor toe is? -- Dit moet wees.
En daar was dan klaarblyklik 'n gesprek gewees rondom hierdie vennootskapsvorming ensovoorts, ensovoorts? — Dit is korrek. Daarmee stem u saam? -- Ek stem daarmee saam, ek het dit voorheen ook gesien, ek kon daaromtrent 'n storie opgemaak het, maar dit is nie so nie.
Hoe bedoel u nou u kon 'n storie ... (tussenbei) — Ek kon ges
het dit was voorheen gewees en ek heet 'n datum, maar dit is nie so nie, ek kan niks onthou nie, dit was nie dat ek, maar ek kan
vir u verseker s
ek het nie met mnr. Swanepoel 33% aandele bespreek nie."
Oor een ding het hy egter voet by stuk gehou: volgens hom het dieStellenbosch-dokument vroegstens in Maart 1991 ter sprake gekom.
Swanepoel het daaroor geen bedenkings gekoester nie. Hy getuig:
"Mnr. Venter het verder aan my genoem dat as hy nou hier moet geld insteek sal hy dit kan afsit teen sy privaat praktyk-verliese
en ek is seker hy het ook ges
so sal mnr. Du Plessis dit ook kan doen en dan het hy gekom - aan die end van die dag het hy ges
sodra hierdie eenhede dan nou verkoop sal dit 'n kapitale wins wees en hy sal nie
23
belasting daarop betaal nie. Dit was kortliks sy verduideliking aan my en ek herinner my hy het nog die woorde gebruik 'Fanie [lees
Swannie] ek het hierdie ding opgeswot hy - dit moet loop, dit kort 'n bietjie aktiewe bemarking en dan sal hierdie saak loop', dit
was kortliks wat mnr. Venter my meegedeel het."
Teen di
getuienis van Swanepoel is die beswaar geopper dat dit nooit vooraf aan Venter gestel was nie. Dit is so. Swanepoel, wat nie 'n party
tot die geding was nie, het verduidelik hoe dit gekom het dat hy nooit vooraf volledig met die eiser se advokate kon konsulteer alvorens
hy moes getuig nie. Di
feit, dat Swanepoel se weergawe nie vooraf aan Venter gestel is nie, beteken egter nie dat Swanepoel se getuienis in dier voege nou
sonder meer ge
gnoreer moet word nie. Die getuienis is daar. Die onus het op die verweerders gerus. Hulle moes besluit of die nuwe getuienis hul
saak dermate benadeel dat hulle dit moes heropen om Venter te roep om Swanepoel se getuienis te weerl
. Mens kan jou kwalik indink dat so 'n aansoek geweier sou word. Sekerlik sou die eiser dit nie teengestaan het nie: die Perm se advokaat
het trouens self aansoek gedoen dat Venter herroep moet word sodat Swanepoel se weergawe aan hom gestel kon word. Die aansoek is
deur die verweerders se advokaat te
gestaan en is toe deur die Perm se advokaat laat vaar, soos dit in die oorkonde gestel word, "vanwe
die standpunt wat u edele daaroor ingeneem het".
24
Myns insiens begunstig die waarskynlikhede die Perm se hipotese oor Venter en Du Plessis se aandeel in die BK se bedrywighede.
In die eerste plaas is daar die betrokkenheid van Venter via sy ouditeur, Van Doorn, waarna hierbo reeds verwys is.
In die tweede plaas is daar die inherente onwaarskynlikheid dat Venter en Du Plessis hulle uit blote barmhartigheid oor die BK se
lotgevalle sou ontferm, sonder dat enige tasbare voordeel vir hulle beding word.
In die derde plaas vind ek dit moeilik om te aanvaar dat Venter en Du Plessis in langdurige gesprekke met Hattingh en Kleijnhans betrokke
was juis gedurende die tydperk wat die kwessie van die vennootskap pertinent onder bespreking was, sonder dat hulle dit ooit teenoor
Venter of Du Plessis sou geopper het. Daar was immers geen besondere rede tot geheimhouding nie. Du Plessis se getuienis dat hy die
dokument sommer met die eerste oogopslag en sonder om dit te lees, verwerp het, dui insgelyks daarop dat hy goed geweet het wat origens
daarin steek. Ek vind dit ook vreemd dat Hattingh en Kleijnhans na di
afjak van hul eerlike poging tot erkentlikheid, nie tou opgooi nie, maar opnuut vir Swanepoel nader, sonder enige bespreking vooraf
met die ander twee en sonder enige aanmoediging van hulle - met slegs die voorstel van 'n enkele redaksionele aanpassing ten opsigte
van die aandeelhouding.
25
Ten slotte is daar die inhoud van die konsep kontrakte. Hattingh getuig:
"What gave rise to that, initially the first set of contracts or the first contracts? - Our two colleagues had agreed that they
were now going to help us with the shortfall and Phillip [Kleijnhans] and I had a discussion after that and we were still quite optimistic,
Phillip and I, that we must sell this thing and get it going. You know, maybe at the end of the day we can make some profit and we
can save something out of this scheme and we felt
hat as a gesture of our intention and honesty with them, let us formulate an agreement to show them that we are not just a bunch of
'schlenters' taking their money and at the end of the day we say thanks for the ride, we made a bit of profit, they have got no claim
on it.
Phillip and I decided what we must maybe do is formulate an agreement whereby we could then bind them so that they could then legally
have any call should we make any profit at the end of the day.
Was the idea to ... (intervenes) COURT: You wanted to bind them so that they could have a call at the end of the day? — I wanted to give them something on paper to show them of our genuineness and earnestness that we are not going to run away from you.
If this thing does show profit one day, we have made an agreement now you are entitled to your share of the profit. MR MARITZ: So your intention was to have some document drawn, some contract so that if profit was made in future, they could then get the benefit?
- Totally. Look we said that to Mr Venter and Mr Du Plessis, boys, if we get out at the end of the day, we are going to see
26
this right altogether and we share the profits together and every
hing. We just wanted to follow up on what we said to show that we were earnest and that we meant what we said, and, as such, the contract
binding us for that was then formulated."
Die inhoud van die kontrakte strook egter nie met di
vrome voorneme nie. Vir daardie doel was dit immers nie nodig om 'n vennootskap te stig wat die eenhede van die BK sou koop nie.
Te oordeel aan die struktuur van die kontrakte kan daar na my mening geen twyfel bestaan dat die kontrakte vanuit die staanspoor
opgestel is om vir die vier voorgenome vennote belastingvoordele te bekom nie. Anders is die toeval darem te opvallend dat die Swanepoel-kontrakte
tot op die laaste aks gepas het toe die vier vennote, volgens hul eie erkennings, 'n half jaar later kontrakte juis vir daardie beweerde
nuwe doel geteken het. Die verklaring wat in getuienis aangebied is, dat dit gesimuleerde transaksies was, gaan myns insiens ook
nie op nie. Ek vind dit onwaarskynlik dat vier vooraanstaande professionele mense in samewerking met 'n prokureur sou saamsweer om
die Ontvanger van Inkomste te probeer inloop, sonder om te besef dat die getekende ooreenkomste ook ander regsimplikasies kon inhou.
Bowendien strook di
verklaring glad nie met die briewe wat Venter namens homself en wat Du Toit namens Du Plessis in Junie 1991 aan die argitekte gerig
het en waarin kennis gegee word dat hu
le uit die vennootskapsooreenkoms terugtree nie.
27
Op die waarskynlikhede geoordeel meen ek dus dat Venter wel betrokke was by die bespreking oor 'n moontlike vennootskap en dat die
hele kwessie steeds onder bespreking was toe die Hough-vergadering op 2 Oktober 1990 plaasgevind het. En as Venter betrokke was,
is dit waarskynlik dat Du Plessis ook betrokke was en dus nie so onkundig was as wat hy tydens sy getuienis probeer voorgee het nie.
Die effek van die beoogde skema was dat Venter en Du Plessis saam met die ander twee vennote sou word en as sodanig n
die verkope van die eenhede deur die BK aan die vennootskap, mede-eienaars van d
e eenhede sou word. Daarvoor moes hulle nie 'n sent betaal nie. Al wat hulle moes doen, was om saam met die ander twee in te staan
vir die BK se skulde teenoor die Perm en Swanepoel en Smith. Juis om daardie rede sou dit vir my glad nie vreemd wees indien Venter
en Du Plessis tydens die onderhandelinge sou aangedring het dat hul aandeel van 33% na 25% verminder word nie.
Die advokaat vir die verweerders het daarop gehamer dat Venter en Du Plessis van hul sinne beroof sou moes wees om by so 'n skema
betrokke te raak. Die skema, so is betoog, was doodgebore; geen enkele eenheid is verkoop nie; die koste is onderskat; geen voorsiening
is byvoorbeeld vir die betaling van kommissie gemaak nie; op sy beste sou die vennote, gesien die risiko's daaraan verbonde, net
'n minimale wins kon maak. Maar die
28
antwoord l
voor die hand: op daardie stadium was hul siening klaarblykliknie so pessimisties soos later nie. Die hele idee was om die skema te laat
slaag. Die kontrakte wat opgestel is voorsien 'n wins. Daar word spesifiek
na die jongste kontantvloei-staat verwys wat op 'n tempo van verkope oor 'n
jaar gebaseer is, en 'n wins in vooruitsig stel. Enige vroe re verkope sou die
wins aansienlik vergroot. Die laaste ding wat die vennote op daardie stadium
voorsien het, so glo ek, was 'n verlies van om en by die R2 miljoen. Was dit
die geval, is dit ondenkbaar dat hulle soveel tyd en energie aan die skema sou
bestee het, dat hulle aansoek sou doen om 'n verdere halfmiljoen rand van die
Perm te leen, en dat hulle hulself hoegenaamd as borge sou verbind, selfs tot
'n maksimum van R120 000.
Dit is teen daardie agtergrond, naamlik, dat Venter en Du Plessis vir eie
voordeel deel sou word van die skema, dat die gebeure op 2 Oktober 1990 in
o nskou geneem moet word.
DIE GEBEURE TYDENS DIE SAMESPREKINGS MET HOUGH OP 2 OKTOBER 1990
Daar is 'n dispuut daaroor of die moontlikheid van addisionele borge
reeds voor die vergadering teenoor Hough geopper is (soos hy beweer), dan
wel of dit spontaan tydens die vergadering te berde gebring is toe daar
terloops aan Hough ges is dat Venter en Du Plessis hul bereid verklaar het
om vir die tekorte in te staan (soos die verweerders beweer). In die
29
afwesigheid van enige geloofwaardigheidsbevindings deur die verhoorhof is dit nie moontlik om di
dispuut aan die hand van die direkte getuienis op te los nie. Die waarskynlikhede hel ook nie sterk na die een of die ander kant
nie. Ten gunste van die verweerders is daar die oorweging dat Swanepoel se notas geen melding van enige borgstellings maak nie, wat
daarop dui dat die kwessie van borgstellings, wat die verweerders betref, nie van kardinale belang was nie. Ten gunste van die Perm
is weer die oorweging dat daar voor die vergadering 'n bespreking van die een of ander aard moes plaasgevind het en dat die Perm
alleen belang sou gestel het om verdere Gnansies voor te skiet indien Hattingh en Kleijnhans met verdere sekuriteit vorendag sou
kom. Die enigste sodanige sekuriteit kon net deur Venter en Du Plessis verskaf word. Uiteindelik maak dit myns insiens nie veel saak
of die kwessie van die borgstelling voor dan wel eers tydens die vergadering vir die eerste keer geopper is nie. Feit is dat dit
wel die deurslaggewende faktor was wat die Perm oorreed het om aan Pet verdere finansi
le hulp te verleen. Die belangrike dispuut is of dit 'n beperkte dan wel 'n onbeperkte borgstelling was waarop daar besluit is.
Wat die direkte getuienis aan betref, is Van Biljon nie ter aanvang oor die gebeure tydens die vergadering gelei nie, net oor die
dokumentasie. Sy herinnering oor die vergadering self, soos dit met rukke en stote onder
30
kruisverhoor en herverhoor en her-kruisverhoor en her-herverhoor na vore gekom het, was maar taamlik vaag. Sy indruk was dat Venter
en Du Plessis saamgebring is as "addisionele mense wat die sekuriteit sal versterk" en as "nuwe lede van die BK"
en dat daar tydens die vergadering genoem is dat "die verantwoordelikheid van die Pet Ontwikkeling BK se lening is nie net op
menere Kleijnhans en Hattingh nie, maar op al vier". Of die woord "borge" spesifiek genoem is, kon hy nie meer onthou
nie. Die implikasie van sy getuienis is desondanks duidelik: dat Venter en Du Plessis wel borge sou wees en dat die beginsel tydens
die vergadering uitgeklaar is want daar was geen manier waarop hulle hul andersins vir Pet se skulde kon verbind nie. Waaroor Van
Biljon groter vastigheid gehad het, was dat die bedrag van enige borgstelling nooit genoem of afgespreek is nie. In hierdie opsig
word hy direk gesteun deur die kontempor
re dokumentasie: sowe
die dokumentasie ter voorbereiding van die hervoorskotte as die tweede verbande stel dit as vereiste dat al vier lede hul as borge
en mede-hoof-skuldenaars verbind, sonder enige vermelding van 'n spesifieke bedrag.
Volgens Hough in sy hoofgetuienis sou die Perm nooit ingestem het om verdere fondse voor te skiet as die borgstellings tot R120 000
beperk sou gewees het nie. Na die voorafgaande telefoniese gesprek wat hy met Hattingh gehad het, is Venter en Du Plessis volgens
hom voorgestel as "die mense wat
31
nou die situasie sou red". Of die presiese woorde "borge" of "nuwe lede" tydens die vergadering gebruik is,
kon ook hy nie meer onthou nie. Maar dit was sy begrip van die strekking van die gesprek dat Venter en Du Plessis addisionele borge
sou wees.
Die advokaat vir die verweerders het betoog dat Hough die verweerders se weergawe onder kruisverhoor wesenlik toegegee het. Die argument,
as ek dit reg het, lui soos volg: Hough gee toe dat daar by die vergadering gemeld is dat Venter en Du Plessis die verwagte tekorte
(R120 000 oor 'n jaar) sou aanvul en dat dit al addisionele sekuriteit was wat die Perm, benewens die eiendomme self, werklik nodig
gehad het; dat dit een van Hough se bekommernisse was hoe Hattingh en Kleijnhans die tekorte op die verbande (die verskil tussen
die verskuldigde paaiemente en die huurinkomste) sou kon "diens"; dat die tweede verbande juis bedoel was om daardie probleem
te oorbrug; dat daar nooit uitdruklik ges
is dat die borgskappe die BK se totale skuld sou dek nie; en dat hy dalk kon ges
het dat as Venter en Du Plessis bereid was om die
ekort van R120 000 te betaal, hulle netsowel daarvoor borg kon teken. Voorts het hy toegegee dat die borgaktes wel die R120 000 skuld
sou dek. Dit kom alles daarop neer, so is betoog, dat hy in effek toegegee het dat die borgskappe nie vir die totale skuldlas was
nie en dus tot R15 000 per eenheid beperk was.
32
Met die betoog kan ek nie saamstem nie.
Dit is waar dat Hough onder kruisverhoor uiters wankelrig was oor presies wat daar afgespreek is, juis omdat hy herhaaldelik ges
het dat hy nie meer 'n helder herinnering het van wat presies gebeur het nie. Hy is gekruisvra op die grondslag van sekere hipoteses.
Die toegewings wat hy gemaak het, was op daardie hipoteses geskoei. Myns insiens het Hough in wese niks meer toegegee as dat die
opdrag aan prokureur Bennett ten opsigte van die opstel van die borgaktes die "loan" as R15 000 per borgakte omskryf het
nie. N
rens het hy in sy getuienis toegegee dat daar by die vergadering ooreengekom is dat Venter en Du Plessis hulle nie vir die totale
skuld onder die projek sou verbind nie. Sy toegewings het slegs betrekking gehad op die wyse waarop die aansoek om 'n lening vir
die tweede verbande geformuleer was. Deurgaans was sy siening dat Venter en Du Plessis self "as lede" by die projek betrokke
was en dus vir die geheel van die skuld ingestaan het. Die feit dat daar nooit uitdruklik ges
is dat die borgskap vir die totale skuld sou wees nie, beteken nie dat daar ooreengekom is dat dit slegs vir R120 000 sou wees nie.
Dit beteken net dat geen bedrag volgens hom gespesifiseer is nie. Myns insiens was die volle hof reg in sy siening dat Hough "voet
by stuk" gehou het dat die borgstellings nie tot R120 000 beperk was nie en dat Bennett gevolglik nie fouteer het deur, ooreenkomstig
die Perm se normale
33
gebruik by borgaktes vir verbandskulde, van 'n onbeperkte borgakte-vorm gebruik te maak nie.
'n Tweede argument wat in di
verband namens die verweerders geopper is, was die volgende: Volgens Venter het Hough agterna, gedurende 1991, nadat hy reeds as
bankbestuurder afgetree het, op navraag telefonies teenoor hom erken dat die borgstellings slegs vir R120 000 was. Venter rapporteer
dit aan prokureur Du Toit. Du Toit getuig dat Hough die erkenning daarop ook teenoor hom telefonies bevestig het. Hy het ook ingestem
om dit by wyse van 'n be
digde verklaring te bevestig maar toe dit op die man afkom, weier Hough om die eerste of selfs 'n gewysigde konsep-verklaring wat
Du Toit opgestel het, te onderteken. Daar eindig dit nie. Venter en Du Toit getuig in volgorde voor Hough. Aan albei word gestel
dat Hough hul weergawe sal ontken. Maar toe Hough getuig, is hy n
g in hoofgetuienis n
g onder kruisverhoor oor die episode ondervra. Die resultaat, so is betoog, is dat Venter en Du Toit se getuienis onbetwis is en dus
die omstrede feit bewys.
Ek verskil. In die eerste plaas is Hough se erkenning teenoor Venter en Du Toit, op hul eie weergawe daarvan, bra dubbelsinnig. Mens
kan nie seker wees dat dit veel verder gestrek het as sy erkennings onder kruisverhoor, waarna vroe
r reeds verwys is nie. In die tweede plaas sou 'n
34
getuie se versuim om in hoofgetuienis met 'n omstrede aspek te handel algemeen gesproke die afleiding regverdig dat hy dit nie kan
weerspreek nie en dat hy dit dus erken. Die omstrede aspek hier is die vraag of daar op 'n beperking van R15 000 per eenheid vir
die agt eenhede ooreengekom is. Die hele strekking van Hough se getuienis in hoof kom juis op 'n ontkenning daarvan neer. Sy versuim
om met die Venter en Du Toit-gesprekke te handel, kan in die omstandighede van hierdie geval dus nie as 'n erkenning, by wyse van
afleiding, van daardie omstrede feit beskou word nie. In die derde plaas sou so 'n erkenning teenoor Venter en Du Toit in elk geval
nie sonder meer bewys dat daar inderdaad so ooreengekom is nie. Hoogstens skep dit 'n waarskynlikheid - waarom die "erkenning"
as dit nooit gebeur het nie? - en bied dit as sodanig materiaal vir kruisverhoor. Maar nes die advokaat vir die Perm Hough nooit
daarna gevra het nie, net so het die advokaat vir die verweerders hom ook nie daaroor getakel nie. Die hele ding hang in die lug.
Dit bewys eintlik niks nie.
Teenoor die weergawes van Van Biljon en Hough staan di
van Venter, Hattingh en Du Plessis. Daar is onderlinge verskille in hul getuienis maar in bre
trekke kom dit daarop neer dat Hough uitdruklik ooreengekom het dat die borgskap net ten opsigte van die tweede verbande sou geld
en dus beperk sou wees tot altesaam R120 000. So is dit ook gepleit en die advokaat v
r die
35
verweerder het dit tydens betoog onomwonde gestel dat sy saak op 'n uitdruklike ooreenkoms berus dat die bedrag tot R120 000 beperk
was. In reaksie op suggesties van die regbank het hy vir 'n wysiging van sy pleit gevra om in die alternatief voorsiening te maak
vir 'n beperking van R580 000 (d.w.s. die somtotaal van die hervoorskot van R460 000 en die R120 000 van die tweede verbande) wat
die "nuwe skuld" sou wees wat by die vergadering goedgekeur is. Maar omdat geen enkel getuie aan enige kant ooit so getuig
het nie, en omdat sy saak op 'n uitdruklike en nie op 'n stilswyende ooreenkoms berus nie, het die advokaat vir die verweerders dit
nooit deel van sy betoog gemaak nie.
By 'n opweging van die verskillende weergawes oor wat by die vergadering gebeur het, word dit weereens nodig om na die waarskynlikhede
te kyk.
Oorweginge wat met die eerste oogopslag die verweerders se saak begunstig, is die volgende:
1. Waarom op agt borgstellings aandring, elk met sy eie stel se
ls, as een voldoende sou wees en trouens ook vir doeleindes van die hervoorskotte as voldoende geag is? Die teenargument is dat hierdie
verwikkeling die gevolg was van 'n vroe
re besluit, naamlik, om aparte lenings en aparte verbandaktes ten opsigte van elkeen van die betrokke agt
36
eenhede te verleen en te registreer. En di
besluit het weer voortgespruit uitdie nog vroe re besluit om ten opsigte van elke eenheid 'n aparte eerste
verband vir R135 000 te registreer. Labuschagne in sy latere verslag aan sy
hoof, Paton, verstrek die vermoedelike motivering vir hierdie besluit soos
volg:
"The application for the bond was made on 1 July 1989 and was granted on 12 July 1989 as 15 individual loans, not as a developer
loan. This was done on the authority of the then manager of the Perm, Nelspruit, Mr Hough .... By granting individual bonds, the
affordability check was 'bypassed' and no specialist advice was obtained on the development. Should the loan have been looked at
as one total bond rather than a number of individual bonds, the applicants would never have qualified".
Vir elke sodanige lening is 'n aparte verband geregistreer en 'n aparte borgakte opgestel. Hattingh en PUeijnhans het 15 borgaktes
geteken, nie vir R135 000 nie, maar onbeperk in omvang. Presies dieselfde patroon het hom in die geval van die tweede verbande herhaal.
Agt aparte lenings, agt aparte verbandaktes, elk vir R15 000 en agt aparte borgaktes. Een onbeperkte borgakte sou voldoende gewees
het om die lot te dek, net soos een onbeperkte borgakte in plaas van vyftien voldoende sou gewees het om die hele eerste verbandskuld
te dek. Om die redes wat deur Bennett verstrek is en wat vroe
r vermeld is, is die hele saak egter hanteer as agt aparte transaksies elk
37
met sy eie borgakte. So gesien verloor die argument, wat eintlik die hoeksteen van die verhoorhof se bevinding was, veel van sy trefkrag.
2. Al addisionele sekuriteit wat die Perm werklik benodig het, was vir die R120 000 om die tweede verband "te diens". Origens
het die eiendomme self voldoende sekuriteit gebied, soos beide Van Biljon en Hough toegegee het. Maar as dit die gedagtegang was,
was selfs 'n beperkte borgstelling nie nodig nie want die waardasies van die eiendomme sou ook die tweede verbande kon dek. Feit
is dat Hough en Van Biljon geweet het dat die eenhede nie verkoop nie en dat Hattingh en Kleijnhans probleme sou ervaar om die gelde
wat uit hoofde van die Sudwala-projek aan hulle verskuldig was, te verhaal. Die Perm het sy blootstelling met meer as 'n half-miljoen
rand verhoog. Vanuit sy oogpunt beskou is dit begryplik dat die Perm op 'n addisionele bron van sekuriteit sou aandring. Bowendien
sou 'n R120 000-borgstelling in elk geval onvoldoende langtermyn-sekuriteit bied: dit is gebaseer op 'n periode van tekorte van een
jaar; indien die periode langer sou wees, sou die sekuriteit dus nie meer voldoende wees nie.
Daar is ook ander oorwegings ten gunste van die Perm se standpunt dat daar nooit op 'n beperkte bedrag ooreengekom is nie. Die Perm
se eie kontempor
re dokumentasie maak geen melding van enige perk nie, hetsy R120 000, hetsy R580 000. Die redes wat die verweerders verstrek om
38
Venter en Du Plessis se teenwoordigheid by die vergadering te verduidelik, gaan ook nie op nie. Volgens Hattingh was dit bloot "out
of courtesy". 'n Ander rede wat telkens geopper is, is dat hulle saamgeneem is om die kontantvloei te verduidelik. Die probleem
met di
oorweging is dat Venter onomwonde ges
het dat hy die kontantvloei-staat nie verstaan nie en dat dit uiteindelik geblyk het dat Du Plessis dit onder kruisverhoor ook nie
behoorlik kon verduidelik nie. Daar is ges
dat Hattingh en Kleijnhans die ander twee saamgeneem het om die projek te help "motiveer" maar die enigste manier waarop
dit sou kon geskied het, is indien Venter en Du Plessis mede-aanspreeklikheid vir die skuld
as sou aanvaar.
Om die redes onder die vorige rubriek ("Die gebeure voor die samespreking met Hough") vermeld, is dit waarskynlik dat Hattingh,
Kleijnhans, Venter en Du Plessis op daardie stadium steeds met 'n deurlopende proses van onderhandelinge besig was oor hoe om die
BK se sake in die toekoms te struktureer. As dit reg is, is dit duidelik dat Venter en Du Plessis op die stadium toe die vergadering
plaasgevind het, beoog het om 'n belang in die hele skema te bekom. Weliswaar was hulle nog nie lede nie maar die vooruitsig was
dat hulle te gelegener tyd lede sou word. In daardie sin sou Hough en Van Biljon se indruk dat Venter en Du Plessis nie blote buitestanders
en onafhanklike hulpverleners was nie, maar inderdaad aktiewe
39
deelnemers, verstaanbaar wees. Wat beoog is, was dat Venter en Du Plessis vennote sou word en aldus 'n proporsionele aandeel in die
reeds beboude en nog op te rigte eenhede sou bekom. Al verpligting wat hulle in di
verband moes opneem, was om vir 'n proporsionele deel van die BK se skuld in te staan. En as dit so is, is daar niks vreemds daarin
dat hulle bereid sou wees om onbeperkte borgaktes te teken nie. Trouens, as hulle die vergadering bloot as buitestanders bygewoon
het, is dit moeilik in te sien waarom Hough sou aangedring het dat hulle hul as borge moet verbind, en waarom hulle daartoe inskiklik
sou wees, selfs vir 'n beperkte bedrag.
Die waarskynlikhede begunstig dus weereens die Perm se standpunt. 'n Uitdruklike ooreenkoms dat die borgskappe tot R15 000 per eenheid
beperk sou wees, is op die waarskynlikhede nie bewys nie. Aan die ander kant het Hough toegegee dat dit ook nie uitgespel is dat
die borgskappe vir die totale skuld sou wees nie. Die waarskynlikheid is dus dat Venter en Du Plessis wel tydens die vergadering
ingestem het om as borge toe te tree maar dat geen spesifieke bedrag in di
verband afgespreek is nie.
DIE GEBEURE NA DIE SAMESPREKING MET HOUGH Op 3 Oktober 1990, die dag na die vergadering, word die nodige dokumentasie aan prokureur
Bennett gegee om die vier "lede" as borge te verbind en 'n reeks tweede verbande te registreer. Op 4 Oktober 1990 word
40
die konsep vennootskapsooreenkoms en die meegaande kontrakte "reggestel"deur onder meer klousule 6 aan te pas om te lui:
"'n Verdere doel van hierdie Vennootskap sal wees om die voormelde elf (11) eiendomme te ontwikkel en deur middel van aanvanklike
verhuring en daarna deur verkoping wins uit die transaksie as geheel te maak. Die winsmotief van die Vennootskap is gebaseer op die
aangehegte Kontantvloei- en Betalendheid Studies, welke dokumente as deel van hierdie Vennootskapsooreenkoms beskou word en hierby
ingelyf word."
Die kontantvloei-studie waarna verwys word, is die een wat op 'n boukoste van R360 000 vir die vier onbeboude persele gebaseer is
en wat uiteindelik uitloop op 'n krediet by die Perm van R12 062. Op 11 Oktober 1990 onderteken Smith en Swanepoel die konsep ooreenkoms
waarin Swanepoel 'n beding ten behoewe van 'n derde in hul guns ingeskryf het en waarkragtens die beoogde vennootskap onderneem om
allereers Pet se verpligtinge ten opsigte van die afbetaling op die verbande op gedeeltes 1 en 2 (Smith en Swanepoel se gedeeltes)
af te los en om al Pet se verpligtinge teenoor Smith en Swanepoel na te kom. Dit is te betwyfel of di
punte tydens die samesprekinge met Swanepoel vooraf pertinent bespreek was en die verhoorhof was waarskynlik reg om dit as "'n
stukkie opportunisme" van Swanepoel te beskou. Nietemin maak niemand daarteen beswaar nie.
41
Volgens Hattingh en Kleijnhans is die dokumente, n
die Hough-samespreking, aan Venter en Du Plessis voorgel
wat dit, volgens hul getuienis, voor die voe
verwerp het. Ek he
reeds vroe
r hierna venvys. Volgens Hattingh is daar toe deur hom en Kleijnhans besluit om die persentasies van die onderlinge aandeelhouding
in die voorgenome vennootskap te verminder na 25% vir elke "vennoot". Die bepalings ten opsigte van die beoogde vennootskap
se verpligtinge teenoor Smith en Swanepoel het behoue gebly. Steeds in Oktober word hierdie nuwe stel dokumente aan Venter en Du
Plessis voorgel