South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1998 >>
[1998] ZASCA 111
| Noteup
| LawCite
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en 'n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in SuiderAfrika (536/96) [1998] ZASCA 111; 1999 (2) SA 156 (SCA); [1999] 1 All SA 480 (A) (27 November 1998)
Download original files |
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
DIE HOOGSTE HOF VAN APP L
VAN SUID-AFRIKA
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (OVS) Eerste Appellant
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (PHORORO) Tweede Appellant
- en-
VEREN GENDE GEREFORMEERDE KERK
IN SUIDERAFRIKA Respondent
Coram: Hefer, Vivier, Harms, Zulman et Streicher ARR.
Verhoor: 6 November 1998 Gelewer: 27 November 1998
UITSPRAAK
Die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in
Afrika ("die NGKA") het by sy gewone vergadering van Julie 1991 besluit
om "struktureel" met die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-
Afhka ("die NGSK") te verenig("die kerkvereniging"). By dieselfde
vergadering is vooraf ingrypende wysigings van sy grondwet ("die
kerkorde") aangebring wat verband gehou het met die besluit tot
kerkvereniging. Daarna, op 14 April 1994, is 'n stigtingsinode met
verteenwoordigers van die NGSK gehou waar 'n nuwe kerk, die
Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika ("die VGK") gestig en
sy grondwet goedgekeur is. Verskeie gemeentes van die NGKA in die
Vrystaat ("die NGKA-OVS") en Noordkaap hoofsaaklik ("die NGKA-
Phororo") was van meet af nie gediend met die kerkvereniging en die
wysigings van die kerkorde wat dit voorafgegaan het nie. Hulle het die
3 houding ingeneem dat die wysiging van die kerkorde sowel as die
kerkvereniging ongeldig was en nie hulle bestaan as gemeentes van die
NGKA geraak het nie. Uiteindelik was ongeveer 100 NGKA gemeentes
(76 gemeentes in die Vrystaat en 26 gemeentes in die gebied van Phororo)
nie bereid om die kerkvereniging te aanvaar nie. Verskeie pogings om die
geskille op te los, het nie geslaag nie en die streeksinode van die NGKA-
OVS het inderdaad voortgegaan om 'n vergadering op 27 September 1995
te hou.
Daama het die VGK op 26 Februarie 1996 'n aansoek gebring in die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling vir 'n verklarende bevel dat die
NGKA en die NGSK op 14 April 1994 regsgeldig verenig het om die VGK
te vorm; dat die NGKA gevolglik nie meer bestaan nie; dat "alle regte,
voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone van die NGKA
oorgedra is na die ooreenstemmende regspersone van die VGK" en dat die
was aanvanklik gerig teen 161 respondente synde die individue en
enigste wat die aansoek teengestaan het. Die Hof a quo (Van Coller R)
Oranje-Vrystaat, Transvaal en Natal. Soos blyk u
t die stukke voor ons,
het die vier kerke se gemeentes, ringe en sinodes (laasgenoemde as
streeksinodes) bly voortbestaan sonder enige oordrag van bates. Hierdie
kerkvereniging was dus, soos later sal blyk, wesenlik verskillend van die
kerkvereniging wat in die huidige saak ter sprake is. In 1975 het die
algemene sinode van die NGKA besluit om hom te beywer vir eenwording
met die ander drie lede van NG Kerkfamilie naamlik die NG Kerk, die
Refbrmed Church in Africa en die NGSK. Hierdie besluit is daama telkens
herbevestig. Gedurende 1987 het die sinodes van die NGKA en NGSK 'n
gesamentlike gesprekskornmissie ("die GSK"), waarop albei verteenwoordig
was, gestig met die oog op die veren
ging van slegs hierdie twee kerke. In
sy verslag wys die GSK daarop dat die vereniging van di
twee kerke as
'n begin beskou moet word en dat die uiteindelike doelwit van beide kerke
Soos gewysig, het art 36.1 en 36.2 as volg bepaal:
genommer art 61, in die kerkorde in te voeg wat, volgens die notule, as volg
lees :
het die wysiging beteken dat 'n twee-derde meerderheidsbesluit van die
algemene sinode alleen voldoende was vir kerkverenig
ng en die stigting van
'n nuwe kerk.
Voorts het die algemene sinode art 1.1 van die kerkorde gewysig
deur die Belhar Belydenis by die belydenisskrifte te voeg en daama die
volgende besluit geneem:
die betrokke kerkordes. Sien De Vos v Die Ringskommissie van die Ring
van die NG Kerk, Bloemfontein, and Another 1952 (2) SA 83 (0) op 93
F-H en die sake daar aangehaal; Theron en Andere v Ring van Wellington
van die NG Sertdingkerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) en
Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur
1994 (2) SA 191 (WPA) op 194. (In 'n ongepubliseerde proefskrif van
Pienaar, Die Gemeenregtelike Regspersoon in die Suid-Afrikaanse
Privaatreg, op 299 word die standpunt ingeneem dat lede nie kontraktueel
nie maar ingevolge wat genoem word interne verbandsreg gebonde is. Dit
kom vir huidige doeleindes op dieselfde neer.) Dit is ook nie nodig om
te beslis of die NGKA 'n regspersoon is of nie aangesien dit nie die
vertolking van die kerkorde raak nie (cf die De Vos-saak, supra, op 93 H,
en Wilken v Brebner and Others 1935 AD 176 op 180 en 188). Soos
14 ek later sal aantoon, is die plaaslike gemeentes van die NGKA wel
regspersone.
239 j):
geplaas op die bewysmateriaal wat gebruik kan word (op 241 f-g):
Delmas Milling Co Ltd v Du Plessis 1955 (3) SA 447 (A) op 454 G het
16 Schreiner AR toelaatbare omstandigheidsgetuienis beskryfas
and Others 1980 (1) SA 796 (A) op 803 G - 805 H.
Wat betref die bre kontekstuele agtergrond waarteen die kerkorde
vertolk moet word, is die belangrikste feit sekerlik, soos blyk uit die
be digde verklaring van Prof Strauss, dat dit voorsiening maak vir 'n
gereformeerde of presbiteriale stelsel van kerkregering. Dit is in
teenstelling met ander stelsels van kerkregering soos die Roomse, die
episkopaalse of die kollegialistiese stelsels van kerkregering. (Geldenhuys,
Die regsposisie van die Kerkraad,Ring en Sinode soos toegepas in die
Gefedereerde Ned Ger Kerke in Suid-Afrika 25-34; Kleynhans,
Gereformeerde Kerkreg, Vol 1 64-90 en Pienaar, op cit 255-267). Al
17 drie hierdie skrywers noem as een van die hoofkenmerke van die
gereformeerde stelsel dat elke plaaslike gemeente die sigbare openbarring en
organisasie van die kerk en dus op sigself volledig kerk is. Die plaaslike
gelowiges self vorm die kerk en daarom is die gereformeerde kerk uit sy
aard 'n belydenis-kerk (Geldenhuys op cit 33). Kerkverband tussen
kerke wat nie dieselfde belydenis het nie of wat dieselfde belydenisskrifte
verskillend vertolk en kerkregtelik verskillend georganiseer is, is nie
moontlik nie, aangesien eenheid in belydenis die samebindende faktor by
kerkverband is (Pienaar op cit 268-269). Alhoewel kerkverband met
ander gemeentes noodsaaklik is, kan 'n losstaande gemeente nie verhinder
word om hom 'n gereformeerde gemeente te noem nie. (Pienaar op cit
269, Geldenhuys op cit 142-146, Kleynhans, op cit vol 3 op 8).
Meerdere vergaderings nl die ringe, streeksinodes en algemene sinodes is,
soos ek later sal aantoon, tydelik van aard en raak nie die selfstandigheid
18 van die plaaslike gemeente ofkerk nie.
Dat die NGKA die verband of verbintenis tussen afsonderlike
plaaslike gemeentes is, blyk duidelik uit art 3.1 van die kerkorde wat soos
volg lui:
die sitting van die algemene sinode in Julie 1991 soos volg gelees het:
"Artikel 1
konsekwent as regspersone beskou. Uit die kerkorde is dit duidelik dat
dit ook die geval is met elke plaaslike gemeente van die NGKA. As
regspersoon is die gemeente die wettige eienaar van sy goedere,
eiendomme en fondse. (Venter en Andere v Den Kerkeraad der
Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6; Prinsloo and Others
v Ned. Herv. of Geref Church 1889 SAR 220; Peach and Co v The
Jewish Congregation of Johannesburg 1894 SAR 345; Dutch Reformed
Church, Van Wijk's Vlei v Registrar of Deeds 1918 CPD 375 op 377-8 en
Ex parte Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA
377 (W).)
Art 17 van die kerkorde maak voorsiening vir vier organe of
vergaderings van die NGKA naamlik die kerkraad, ring, streeksinode en
algemene sinode. Aan hierdie vergaderings word, vo gens art 18, maar
21 onderhewig aan bepaling 78, die opsig oor, die regering van en die tug in
die kerk toevertrou. Volgens art 20 word die opsig en tug oor die
gemeente en die regering daarvan aan die kerkraad soos saamgestel uit
leraars of evangeliste, ouderlinge en diakens toevertrou. Die kerkraad is die
bestuursorgaan van die plaaslike gemeente, dit verteenwoordig die plaaslike
gemeente en neem besluite namens die gemeente. Dit dien reeds as die
eerste vorm van kerkverband (Kleynhans op cit vol 3 op 42). Bepaling
78 van die kerkorde lees as volg :
"Bepaling 78
van 1618-1619 van die Gerefbrmeerde Kerke in Nederland na die
22 hervorming, wat as volg gelees het:
ander kerkvergaderings 'n beperking op te l ten einde te verhinder dat hulle
hul met sake wat van plaaslike aard is, en aan die kerkraad toevertrou is,
bemoei. Die kerkraad het dus eksklusiewe seggenskap oor die vele sake
wat die kerkorde aan hom opdra. Een daarvan is om namens die gemeente
met laasgenoemde se eiendomme te handel.
Die regering oor die geheel van saamverbonde kerke of gemeentes
word aan die meerdere vergaderings toevertrou. Gemeentes word deur
die streeksinodes in ringe gegroepeer. Die ring word saamgestel uit alle
leraars van gemeentes binne die ring se gebied en een ouderling of evangelis
23 of diaken uit elke gemeente. In die gemeentes waar meer as een leraar is,
dien een ouderling of evangelis of diaken per leraar op die ring. Tot die
werksaamhede van die ring behoort o a die stigting en ontbinding van
gemeentes (art 25.4). Die streeksinode word saamgestel uit alle leraars
binne sy gebied, saam met een ouderling ens soos die geval is met die ring.
Voorsiening word ook gemaak vir ander persone om in adviserende
hoedanigheid sitting te h
op die streeksinode. Art 30 bepaal dat die
streeksinode volle seggenskap oor sy eiendomme, finansies en
werksaamhede behou wat hy "voor vereniging gehad het ofdaarna verwerf
behalwe die wat volgens hierdie kerkorde aan die Algemene Sinode
oorgedra is of sal word ..." Die "vereniging" waarna verwys word, is die
vereniging op 7 Mei 1963 soos hierbo gemeld. Art 29 omskryf die taak en
bevoegdhede van die streeksinode en hiertoe behoort, volgens art 29.2 "die
behartiging van alles wat die plaaslike kerke in die gebied in gemeen het,
24 met uitsondering van die sake wat by die Algemene Sinode tuishoort".
'n besluit te neem in stryd met die kerkorde nie. (Geldenhuys op cit 251-
252, Pienaar op cit 295.) Tussen sinodesitting handel kommissies met
omskrewe funksies. Die motief agter die besluit, hoe lofwaardig ook al,
is irrelevant. Die volgende dictum van hierdie Hof in die saak van
Minister of the Interior and Another v Harris and Others 1952 (4) SA 769
(A) op 793 A-B geld ook vir die algemene sinode :
te wysig ten einde 'n doel te bereik wat buite sy magte is nie. In Collins
v Minister of the Interior and Another 1957 (1) SA 552 (A) het Schreiner
AR op 574 die volgende in hierdie verband ges (op 574 E-F):
"In general the parts of a scheme take their character
28 ingebou. Na my mening was die belydenis verskans in art 36 en die 29 Mutual Aid Fund 1949 (1)SA 925 (C), was Ogilvie Thompson Wnd R 35 gemeente van Standerton aan die NH of G gemeente aldaar oorhandig en 38 moet in die huidige omstandighede, in die lig van die bepalings van die 39 Alfred Lodge 1917 CPD 177 op l80 en 184 en Cape United Sick Fund 41 vol 76 para 35 op 788-789 en para 70 op 847-848; American 42 kerke op gereformeerde grondslag in Suid-Afrika, di
met kerke van 43 kerkorde na willekeur met 'n gewone meerderheid kan wysig nie, en die 44 Dit volg dat die Hof a quo verkeerdelik verklaar het dat die NGKA 45 die VGK regsgeldig gestig is, gevolglik nie geregverdig nie.
van die algemene sinode. Daaronder val onder andere die behartiging van
die ekumeniese belange van die kerk (art 34.1); die administrasie van en
beskikking oor eie fondse en eiendomme (art 34.2); die bepaling van die
beleid wat gevolg moet word in verband met die werksaamhede wat deur die
streeksinodes behartig word (art 34.3); die behandeling van alle sake wat
deur die streeksinodes na hom verwys is en die beslissing oor tugsake wat
die leer van die kerk raak (art 34.4). Art 34(5) sluit die volgende in onder
die algemene sinode se werksaamhede :
Teen hierdie agtergrond kan die wysigings van die kerkorde deur, en
die besluite van die 1991 algemene sinode nou oorweeg word. Eerstens is
daar art 36. Voor die wysiging het art 36 van die kerkorde bepaal dat die
algemene sinode, met die uitsondering van die belydenis, die kerkorde kon
wysig of aanvul met 'n twee-derde meerderheidstem. Vir die wysiging
van die belydenis moes, soos ek reeds ges
het, elke streeksinode ook
afsonderlik met 'n twee-derde meerderheid ten gunste daarvan besluit.
Die beginsel wat hier gestel was, was dat elke gemeente van die kerk, deur
sy verteenwoordigers in die streeksinode, inspraak in 'n moontlike
wysiging van die belydenis moes h
. Ten opsigte van die belydenis, wat
deur Kleynhans, op cit vol 3 op 154 as die grondslag en beleid van die
kerk by uitnemendheid, beskryf word, was daar dus 'n beperking met
betrekking tot die bevoegdheid van die algemene sinode in die kerkorde
algemene sinode was nie by magte om die verskansing te omseil deur 'n
eensydige wysiging van art 36 nie.
Wat betref die reg van die algemene sinode om ingevolge art 36.2
wysigings in die kerkorde aan te bring, moet verder gelet word op die
algemene beginsel wat Lord Tomlin in Hole v Garnsey 1930 AC 472
(HL) op 500 gestel het dat die bevoegdheid van 'n vrywilhge vereniging
om sy grondwet te wysig, beperk moet word tot wysigings wat
redelikerwys geag kan word binne die beskouing en bedoeling van die
partye was tydens die sluiting van die kontrak, inagnemend die aard en al die
omstandighede van die kontrak. In Swanepoel v OVS Nederduitse
Gereformeerde Kerk 1949 (4) SA 919 (O) het De Beer RP met
goedkenring na hierdie beginsel verwys maar in 'n vroe
re beslissing,
waarna nie in die Swanepoel-saak verwys is nie, Fairham v Cape Town
nie bereid om die beginsel deur Lord Tomlin gestel, sonder kwalifikasie
te aanvaar nie. Op 928 het die geleerde regter ges
dat die beginsel
oorweeg moet word saam met 'n ander beginsel naamlik dat die hof
normaalweg me sal inmeng met dit wat te goeie trou gedoen word tot
voordeel van die betrokke vrywillige vereniging nie. Dit is nie nodig vir
huidige doeleindes om te oorweeg of hierdie kwalifikasie geregverdig is nie.
"In the case of a universitas or collegium, a church or hospital, or what the German jurists call a 'stifftung', the intention is that the association shall continue for ever and that it shall carry out the purposes of its founder or founders."
Ek kan my kwalik voorstel dat toe die NGKA in 1963 gestig is, die
opstellers van die kerkorde iets anders in gedagte gehad het as dat die
NGKA vir altyd sou bestaan. Die getuienis was dat die gedagte van
kerkvereniging eers in 1975 ontstaan het. Dit is vir hierdie rede, meen ek,
dat geen uitdruklike voorsiening in die kerkorde gemaak is vir die ontbinding
van die NGKA of vir kerkvereniging nie. Die basis van die
wysigingsbevoegdheid in art 36.2 was dus die veronderstelling dat die
NGKA bly voortbestaan. Dit was gemik op die voortsetting, verbetering
en aanpassing van die kerkorde soos omstandighede van tyd tot tyd dit sou
vereis. Die invoeging van art 61, daarenteen, was daarop gemik om die
verenig. Wanneer so 'n besluit geneem word, hou die NGKA, volgens art
61, op om as sulks te bestaan, gaan dit op in die nuwe kerk en word alle
regte, voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone daarin
oorgedra aan die ooreenstemmende regspersone in die nuwe kerk.
Wesenlik kom dit daarop neer dat elke gemeente met al sy regte, voorregte,
bates ens eenvoudig opgeneem, en sonder enige deelname aan die besluit,
in 'n nuwe verband gedwing word.
Ek behandel vervolgens die betoog namens die VGK dat op 'n
behoorlike uitleg van die kerkorde die algemene sinode selfs sonder die
invoeging van art 61 die inherente of stilswygende mag gehad het om sy
besluit tot kerkvereniging te neem. Ek het reeds hierbo verwys na die
werksaamhede wat die kerkorde aan die algemene sinode opdra sowel as na
di
liggaam se verhouding teenoor die ander mindere kerkvergaderings.
besluit (1.1.34), is duidelik.
Dit is al meermale deur ons howe beslis dat die algemene sinode se
inherente bevoegdheid nie die reg insluit om sonder die goedkeuring van al
sy lede, dit wil s
al die gemeentes, die kerkverband te verander en 'n ander
kerk te stig nie. In die saak van The Nederduitsch Hervormde
Congregation of Standerton v The Nederduitsch Hervormde or
Gereformeerde Congregation of Standerton 1893 SAR 69 was die feite
kortliks as volg. In Februarie 1885 het die onderskeie algemene sinodes
van die Nederduitsche Hervormde ("NH") en die Nederduitsche
Gereformeerde (NG") Kerke, feitlik eenparig besluit om te verenig en
'n nuwe kerk te stig wat, tot daar op 'n naam ooreengekom sou word,
voorlopig bekend sou staan as die Nederduitsche Hervormde of
Gerefbrmeerde Kerk ("NH of G"). Kort daarna is die boeke van die NH
die sleutel van die kerk met die koster gelaat wat dit namens die NH of G
gemeente ontvang het. Sekere lidmate van die NH gemeente was nie
tevrede met die kerkvereniging nie en in 1892 het 'n leraar en 'n aantal
persone in die omgewing van Trichardtsfontein as kerkraad aanspraak
gemaak op die kerkgronde en kerkgebou op Trichardtsfbntein welke
eiendom voor die kerkvereniging aan die NH gemeente van Standerton
geskenk is. Hulle het hulself steeds as die NH gemeente van Standerton
beskou en het 'n hofaksie ingestel teen die nmve NH of G gemeente waarin
hulle die kerkeiendom terugge
is het. Die aksie is gehandhaaf in die
volgende woorde van Hoofregter Kotze op 81-82.
from the doctrine applicable thereto. Thus Ulpian says
corporations. The majority, that is the General
corporation into being, then the majority exceeds the
aangehaalde passasie niks meer ges
het nie as dat die Hervormde gemeente
van Standerton bly voortbestaan het. Ek stem nie saam nie. Hoofregter
Kotze behandel in die eerste gedeelte van die aangehaalde passasie, wat
eindig met die aanhaling van Ulpianus se Digesta-teks, wel die posisie van
die gemeente, maar gaan daama veel verder. Die Digesta-teks, volgens
die Watson-vertaling, lees as volg : "But if a corporate body is reduced
to one member, it is usually conceded that he can sue and be sued, since the
rights of all have fallen to one and the corporate body continues to exist in
name only". Dat een oorblywende gemeentelid die gemeente kan vorm,
kerkorde waarvolgens die kerkraad die gesagsorgaan is wat namens die
gemeente optree, moontlik gekwalifiseer word. Dit is egter nie vir huidige
doeleindes nodig om hierdie aspek te beslis nie. Dit raak nie die res van
die aangehaalde dictum van Hoofregter Kotze nie, waar hy met die
bevoegdheid van die algemene sinode handel. Daarin verklaar hy
onomwonde dat die algemene sinode nie gemagtig is om sonder die
toestemming van alle lede (of dit nou gemeentes of gemeentelede is) tot
kerkvereniging en die stigting van 'n nuwe kerk te besluit nie. Sien verder
The Nederduitsche Hervormde Congregation of Rustenberg v The
Nederduitsche Hervormde or Gereformeerde Congregation of Rustenberg
12 CLJ 140 op 141 waar die feite soortgelyk was aan di
van die
Standerton-saak; Dwane v Coza and Others 17 EDC 8 op 18; Coates
(and Cottrell v St John's Benefit Society 23 SC 38 op 40; Solomon v The
Society and Others v Forrest and Others 1956 (4) SA 519 (A)op 528 A
waar met goedkeuring na die Standerton-saak verwys is.
n die ongepubliseerde proefskrif van Fourie, Die Nederduitse
Die agterliggende beskouing was dus dat die gemeentes se goedkeuring vir
kerkeenheid noodsaaklik was. Die vereiste meerderheid kon nie verkry
word nie en eers vyftigaar later, op 12 Oktober 1962, is kerkeenheid bereik
en die NG Kerk gestig. (Vir 'n bespreking van die wet en wat daarvan
geword het, sien die artikel van Dannenbring in 1966 (vol 83) SALJ op
520.)
In Amerika het die howe dieselfde houding ingeneem oor
kerkvereniging in die presbiteriale stelsel van kerkregering. Daar word
ook meerdere kerkvergaderings aangetrefwat ooreenkom met di
by ons
en die vraag wat telkens beantwoord moes word was of die betrokke
General Assembly (wat ooreenstem met ons algemene sinode) die
bevoegdheid uit sy grondwet verkry het om tot kerkvereniging en die
stigting van 'n nuwe kerk oor te gaan. Sien die Corpus Juris Seundum
Jurisprudence, 2de uitgawe, vol 66, op 763 en Ramsey v Hicks 91 NE
344 waar die hof op die feite van daardie saak bevind het dat die
bevoegdheid tot kerkvereniging wel bestaan het.
Vir die betoog namens die VGK dat die bevoegdheid tot
kerkvereniging en die stigting van 'n nuwe kerk stilswygend inbegrepe is in
die kerkorde, is op arts 34.1 en 34.5 gesteun. Soos reeds ges
, dra art
34.1 aan die algemene sinode die behartiging van die ekumeniese belange
van die kerk op. Die naam is reeds aanduidend van wat hier bedoel word.
Ekumenies (van die Griekse oikoumene) is volgens die Woordeboek van
die Afrikaanse Taal, 2de deel op 509, die hele bewoonde aarde of
verteenwoordigende die hele Christelike kerk, veral di
op gereformeerde
grondslag. Sien ook HAT op 198. Ekumeniese belange sou dus di
wees
wat die NGKA deel met alle Christene oor die hele w
reld soos di
met
gereformeerde belydenis en kerkregering in die buiteland en di
met ander
kerke van algemene Protestants-Christelike belydenis (sien art 59). Sien
Kleynhans op cit vol 3 op 106 en Heyns, Die Kerk, op 175-176.
Volgens laasgenoemde is dit gewoonlik die bande met kerke van ander
konfessionele oortuigings, kerkregtelike beginsels en liturgie wat in 'n
ekumeniese verhouding gestalte vind. Hierdie sub-artikel s
gevolglik
niks meer nie as dat die NGKA nie in afsondering moet leef en werk nie
maar eerder in samewerking met ander kerke. Die sub-artikel bevat, na
my mening, geensins 'n stilswygende bevoegdheid tot eensydige
kerkvereniging en kerkstigting nie.
Laastens is daar gesteun op die bevoegdheid van die algemene sinode
in art 34.5 om die "belydenisskrifte", die kerkorde ens vas te stel. Hierdie
sub-artikel beteken sekerlik nie dat die algemene sinode die belydenis en
sub-artikel moet klaarblyklik onderhewig gelees word aan art 36 wat bepaal
hoe die wysiging van die kerkorde en die belydenis moet geskied. Soos ek
reeds bevind het, het die wysigingsbevoegdheid ingevolge art 36 nie die
bevoegdheid ingesluit om art 61 in te voeg nie. Dit volg dat as art 36 nie
die invoeging van art 61 gemagtig het nie, art 34 (5) dit ook nie kon doen
nie.
Vir die redes wat ek genoem het, is ek van mening dat die algemene
sinode buite sy magte gehandel het. Die gehe
e besluit van die algemene
sinode van die NGKA op sy vergadering van Julie 1991 om met die NGSK
te verenig (besluit 1.1.33) sowel as die besluite wat daarmee in verband
staan (besluite 1.1.34 tot 1.1.38) was gevolglik ultra vires en ongeldig.
Daarbenewens was die wysiging van art 36, soos ek reeds bevind het, ook
ongeldig.
nie meer bestaan nie, dat alle regte ens van die regspersone van die NGKA
oorgedra is aan die ooreenstemmende regspersone van die VGK en dat die
streeksinode NGKAOVS geen regsbevoegdheid meer besit nie. Wat
betref die Hof a quo se verklarende bevel dat die VGK regsgeldig gestig
is op 14 April 1994, is die geldigheid van die gebeure van daardie dag en
hoe dit geraak word deur die ongeldige besluite van die NGKA se algemene
sinode van Julie 1991, nooit in die stukke voor die Hof behoorlik
aangespreek en ondersoek nie. Daar was slegs terloopse verwysings na die
gebeure van daardie dag. Die notule van die stigtingsvergadering was nie
voor die Verhoorhof geplaas nie. Die NGSK was nie 'n party tot die
huidige saak nie. Alhoewel dit nie voor ons betoog is dat die VGK nie
regsgeldig tot stand gekom het nie en die NGKA-OVS en NGKA-Phororo
beide erken dat die VGK regsgeldig bestaan, was 'n verklarende bevel dat
Die volgende bevel word gemaak -
1.
2.
1996 word ter syde gestel;
die koste van twee advokate insluit.
DIE HOOGSTE HOF VAN APP L
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 536/96 In die saak tussen :
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (OVS) Eerste Appelant
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (PHORORO) Tweede Appellant
- en -
VERENIGENDE GEREFORMEERDE KERK
IN SUIDER-AFRIKA Respondent
Coram: Hefer, Vivier, Harms, Zulman et Streicher ARR. Verboor: 6 November 1998 Gelewer: 27 November 1998
1952 (2) SA 83 (O) 94. Tradisioneel word beginsels wat by ander vrywillige
verenigings geld, aangewend. Kontrakbeginsels geld, ook die re ls van uitleg wat
van meer algemene aard is. Van besondere belang is die ultra vires-leerstuk want
as 'n kerkorgaan buite sy bevoegdheid handel, is 'n burgerlike hof verplig om die
handeling tersyde te stel, en is teologiese, kerklike (of ekklesiastiese), politieke (in
wyere sin) en praktiese oorwegings onsaaklik.
beheers en is die VGK se advokate se verset teen 'n venvysing daama of die
historiese konteks onverstaanbaar en nit die aard van hierdie saak te betrenr. Dat
die NGKA 'n gerefbrmeerde kerk is, s sy naam en sy kerkorde. 'n Gereformeerde
kerk is een volgens - ten minste naastenby - die Calvinistiese tradisie (HAT sv
"gereformeer(d)"). Dit behels, o a, 'n regering deur presbiters, oftewel ouderlinge.
Vgl Ramsey v Hicks 91 NE 344, 'n uitspraak van die Supreme Court of ndiana.
Die leraar is ook maar 'n ouderling, hoewel lerend, terwyl die ander as regerend
omskryf word (art 4.1 van die kerkorde). Daarom oefen die leraar en die
ouderlinge die regering oor die gemeente uit (art 7.6 en 14.2). Demokraties is die
stelsel nie omdat in veral die bre re NG kerkverband lidmate nie stemreg het nie,
selfs nie by die verkiesing van ouderlinge nie. Tog word die gemeente deur die
kerkraad regeer. Die bevoegdheid tot ontbinding van 'n gemeente of ter
verandering van die kerkverband berus egter nie by die kerkraad nie (vgl Du Preez
7 en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191
(W). Dit beteken egter nie dat gereformeerde kerke kollegialisties is nie - elke
gemeente is nie 'n onafhanklike organisasie nie, "governed solely within itself,
either by a majority of its members or by such other local organism as it may have
instituted for the purpose of ecclesiastical govemment" (66 American
Jurisprudence, 2e uitgawe p 758).
betref, kan dit ooreenkomstig art 36.1 in sy oorspronklike vorm alleen gewysig
word mits aan drie formele vereistes voldoen is, nl (i) raadpleging van alle kerke
van die NG Kerkverband, (ii) 'n twee-derde meerderheidstem ten gunste van die
verandering deur elke streeksinode afsonderlik en eers daama (iii) 'n twee-derde
meerderheidstem van die Algemene Sinode. Grondwette en kerkordes verskans
regte van minderhede deur middel van selfopgelegde formaliteite. Andersins is
10 byderhand gehou het toe hy aan die grondwet gewerk het.
36.1
36.2
36.1
9 nie.
voorwoord van die kerkorde die NGKA met die goedkeuring van die NG Kerke
gestig is en dat ooreenkomstig art 2 die NGKA homself as "een" ag met daardie
kerke. Die inspraak wat die streeksinodes in die aangeleentheid het, beteken in
effek dat twee-derdes van alle gemeentes vooraf moet toestem tot die voorgestelde
wysiging. Vgl bv Stellenbosch Municipality v Director of Valuations and Others
1993 (1) SA 1 (C) en Mulaudzi and Others v Chairman, Implementation
Committee, and Others 1995 (1) SA 513 (V). In hierdie opsig toon die
Amerikaanse grondwet 'n mcrkwaardige ooreenkoms met die kerkorde, iets wat
volgens Ramsey v Hicks histories verklaarbaar is. Die Amerikaanse grondwet is
opgestel tydens die eerste Algemene Sinode van die Presbiteriaanse Kerk, beide
in Philadelphia; ook word beweer dat Alexander Hamilton die kerkorde
Sinode die bevoegdheid verkry het om te beskik oor die voortgesette
regspersoonlikheid en bates van gemeentes. Vgl Cassim v Molife 1908 TS 748
op veral 755. As 'n vereniging van regspersone die bevoegdheid het om sy
konstitusie te wysig, sluit dit by noodwendige implikasie in dat die vereniging die
pas gemelde beskikkingsbevoegdlieid het? As die vraag in die konteks van, s
, 'n
professionele of sportvereniging gevra word, is die antwoord 'n klaarblyklike nee.
Byvoorbeeld, as 'n provinsiale tennisvereniging 'n blote wysigingsbevoegheid van
sy grondwet het, kan hy hom tog nie die reg toe
ien om oor die bates van elke
klub wat by hom geaffilieer is, te beskik nie. By 'n kerk met 'n samestelling soos
die NGKA kan dit nie anders wees. Die Algemene Sinode kon dus nie by wyse
van 'n wysiging aan die kerkorde beskik oor die regspersoonlikheid, voortbestaan,
HEFER AR ) ZULMAN AR ) Stem saam STREICHER AR )