South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1998 >>
[1998] ZASCA 19
| Noteup
| LawCite
Lavers v Hein & Far BK (240/96) [1998] ZASCA 19; 1998 (3) SA 195 (SCA); (25 March 1998)
Download original files |
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
N H LAVERS Appellant
en
HEIN & FAR BK Respondent
CORAM: HEFER, EKSTEEN, HOWIE, SCHUTZ ARR et FARLAM Wnr AR
VERHOOR: 20 Maart 1998
GELEWER: 25 Maart 1998
Provinsiale Afdeling in Lavers v Hein & Far BK 1997(2)SA 396 (T)).
Die feite blyk uit die uitspraak en vir huidige doeleindes is dit voldoende
om te meld dat 'n polisiebeampte beslag gel het op 'n vermoedelik
gesteelde motorvoertuig wat die respondent kort vantevore van die
appellant gekoop het. Verdere ondersoek het die vermoede bevestig en
die voertuig is aan die eienaar oorhandig. Daarna het die respondent
aksie ingestel om sy skade van die appellant te verhaal op grond van
die waarborg teen uitwinning wat van regswe aan 'n koper verleen
word. By die verhoor was die enigste geskilpunt uiteindelik of die skuld
verjaar het. Die landdros het ten gunste van die respondent bevind en
op app l het die Hof a quo die bevinding gehandhaaf.
Die geskil gaan uitsluitlik oor die aanvangsdatum van die
verjaringstermyn. Ooreenkomstig art 12(1) van die Verjaringswet 68
van 1969 begin bevrydende verjaring loop sodra die skuld opeisbaar is
en kragtens art 12(3) word dit geag die geval te wees wanneer die
skuldeiser kennis dra van die identiteit van die skuldenaar en die feite
5
Vrystaat Motors v Henry Blignaut (Edms) Bpk 1996(2) SA 448 (A). Soos
uit hierdie uitsprake blyk, is die strekking van die betrokke bepalings dat
so 'n voorwerp terugbesorg moet word aan die persoon van wie dit in
beslag geneem is slegs "indien so 'n persoon daardie voorwerp wettiglik
mag besit gevolglik, omdat niemand wetend gesteelde goedere
wettig mag besit nie, word 'n gesteelde voorwerp nie terugbesorg aan
die persoon van wie dit in beslag geneem is nadat hy bewus geword
het van die diefstal nie (Datnis Motors 933J-934D; Vrystaat Motors
458F-I). In Vrystaat Motors (op 458I-459B) is verder aangedui dat die
koper in 'n situasie soos die onderhawige nie deur die beslaglegging as
sodanig uitgewin word nie maar wel wanneer dit blyk dat die gesteelde
voorwerp nie aan hom terugbesorg sal word nie.
Dit volg dus dat die betoog namens die appellant dat verjaring In
die onderhawige geval reeds by die beslaglegging begin loop het,
verwerp moet word. Op daardie stadium was daar inderdaad geen
skuld waarop art 12 van die Verjaringswet van toepassing kon wees
nie. Wat oorbly is die vraag wanneer dit vir die eerste maal tot die
respondent se kennis gekom het dat die voertuig nie aan hom
terugbesorg sou word nie.
In hierdie verband kom 'n brief wat die polisie op 30 November
1988 aan die respondent se prokureurs gerig het, ter sprake. Voordat
na die inhoud verwys word, is dit nodig om te meld dat die appellant in
sy verweerskrif slegs gepleit het dat verjaring gedurende Mei 1988 by
die beslaglegging begin loop het. In sy skriftelike betoogpunte in hierdie
Hof het respondent se advokaat daarop gewys dat die verweerskrif
nooit gewysig is nie en aangevoer dat 'n uitbreiding daarvan nie
toegelaat behoort te word nie. Tydens sy mondelinge betoog het hy
egtertoegegee dat die betmkke aspek volledig ondersoek is. Gevolglik
kan die brief oorweeg word ten spyte daarvan dat die verweerskrif nie
gewysig is nie. Die relevante gedeelte daarvan lui soos volg:
"Hierdie kantoor wil dit graag duidelik stel dat die betrokke voertuig reeds as gesteel ge
dentifiseer is en ook deur die regmatige eienaar positief uitgeken is as die voertuig wat vanaf hom gesteel is.... Die voertuig sal dus nie aan u kli
nt terugbesorg word nie en sal
regmatige eienaar terug oorhandig word alternatiewelik aan die betrokke versekerings maatskappy."
aanspreeklikheid ontken word. Daar is geen sprake van hetsy 'n
uitdruklike of 'n stilswyende erkenning van aanspreeklikheid nie.
Dit volg dus dat die verweer van verjaring gehandhaaf moes gewees het.
Ek maak die volgende bevel:
Die app
l word gehandhaaf met koste. 2. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en vervang met
die volgende:
(a)
Die app
l word gehandhaaf met koste.
(b)
Die landdros se bevel word tersyde gestel en vervang met