South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1998 >> [1998] ZASCA 22

| Noteup | LawCite

S v Retief (203/97) [1998] ZASCA 22 (26 March 1998)

Download original files

PDF format

RTF format


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APP L
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 203/97
In die saak tussen:
JOHANNES PETRUS RETIEF   Appellant
en
DIE STAAT        Respondent
CORAM :  Van Heerden AHR, Nienaber, Plewman ARR
VERHOOR : 20 Maart 1998 GELEWER : 26 Maart 1998
UITSPRAAK
/NIENABER AR

2 NIENABER AR :
Die appellant is in die streekhof tot gevangenisstraf gevonnis. Op app l na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is die termyn daarvan verkort. Met verlof van hierdie hof dring hy nou op nog 'n verdere verkorting aan.
Die appellant, 'n middeljarige blanke man, wat op 10 aanklagte van diefstal in die streekhof tereg gestaan het, het op elke klag skuldig gepleit aan 'n oortreding van artikel 37 van Wet 62 van 1955. Di oortreding word gepleeg wanneer iemand gesteelde goed ontvang sonder redelike gronde om te glo dat die verskaffer daarvan geregtig was om daaroor te beskik. Dit is uiteraard 'n minder ernstige oortreding, ofskoon ewe strafbaar, as die ontvangs van gesteelde goed wetende dat dit gesteel is. Die appellant se pleit is deur die staat aanvaar. Na skuldigbevinding is hy op elke aanklag tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan 18 maande vir vyfjaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan diefstal of poging daartoe ofaan 'n oortreding van f artikel 36

3 f artikel 37 van Wet 62 van 1955 nie. In die geheel is die appellant dus 'n
gevangenisstraf van 40 jaar opgel met 'n effektiewe komponent van 25 jaar.
Die appellant het oor 'n tydperk van 9 maande 'n verskeidenheid
motorvoertuie, meestal bakkies, van sekere verskaffers aangekoop teen
o nskynlik uiters lae pryse. In 'n bekentenis wat hy aan die polisie gemaak het
en wat na sy skuldigbevinding per ooreenkoms tussen die staat en die appellant se
regsverteenwoordiger ingelewer is, s hy onder meer:
"Ek was betrokke by die aankoop en verandering van gesteelde voertuie, wetende dat dit gesteelde voertuie is. Ek verander dit sodat dit blyk wettig te wees."
Die voertuie wat in die 10 klagtes genoem is, is almal teruggevind. Die
appellant het 'n aantal vorige veroordelings waarvan net een (twee klagtes van
bedrog waarvoor hy blykens die SAP 69-vorm in 1983 'n opgeskorte vonnis van
gevangenisstraf opgel is) werklik ter sake was. Tereg wys die verhoorhof
daarop dat die erns van die misdaad gele is in die mark wat so iemand vir rowers

4 en diewe skep, waardeur roof en die diefstal van voertuie bevorder word, in die
loop waarvan onskuldige mense deesdae al te dikwels gedood of beseer word.
In die appellant se guns het die verhoorhof daarenteen in ag geneem dat hy berou
getoon en sy volle samewerking na sy arrestasie aan die polisie verleen het. Dan
word ges :

"Die hof is van oordeel dat in die omstandighede die enigste gepaste vonnis gevangenisstraf is. Wanneer die hof dit s neem die hof in aanmerking die kumulatiewe effek van die vonnis wat die hof gaan opl . Dan het die hof ook verwys na die genade aspek. In die belang van genade is die hof bereid om 'n gedeelte van die vonnisse wat opgel gaan word op te skort."
Teen di vonnis appelleer die appellant na die Transvaalse Prov nsiale
Afdeling. Daardie hof bevind:
"Die effektiewe vonnis wat die appellant opgel is, is een van 25 jaar gevangenisstraf. Ek is tevrede dat gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis is in hierdie saak maar ek is ook tevrede dat, alhoewel die landdros s dat hy die kumulatiewe effek van d e vonnis inagneem, dat hy dit nie sodanig inaggeneem het dat hy 'n

5
behoorlike en gepaste vonnis opgel het nie. 'n Vonnis van 25 jaar effektief, alhoewel dit tien klagte is, is 'n geweldige swaar vonnis en ek sal meen dat, inaggenome die kumulatiewe effek van die vonnis op die tien klagte, 'n periode van 15 jaar eerder 'n gepaste vonnis sou wees.
Die verskil tussen die vonnis wat ek sou opl en die vonnis wat die streeklanddros opgel het is van so 'n aard dat die vonnis inmenging regverdig."
Die vonnis word gevolglik gewysig tot driejaar gevangenisstraf op elk van die 10 klagtes waarvan l jaar vir vyf jaar opgeskort word, 'n effektiewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf.
Ek stem saam dat inmenging met die verhoorhof se vonnis, om die redes deur die hof a quo genoem, volkome geregverdig was. Maar met alle eerbied geld presies dieselfde oorweginge ook ten opsigte van die nuwe vonnis wat die hof a quo self opgel het. Met inagneming van die al die versagtende en verswarende omstandighede wathier ter sprake was, sou 'n vonnis van l0 jaar gevangenisstraf myns insiens meer gepas gewees het. Die verskil tussen 10 jaar gevangenisstraf

6 en 'n effektiewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf is so aansienlik dat dit
opsigself inmenging op app l sou regverdig. Destemeer is dit die geval waar 'n
vergelyking getref word met die volledige vonnis wat deur die hof a quo opgel
is, te wete 30 jaar gevangenisstraf. Meermale is al deur die howe geleer dat die
opgeskorte gedeelte van 'n vonnis 'n integrale deel daarvan uitmaak (vgl S v Allart
1984(2)SA731 (T)733H-734A;S v Labuschagne and 19 Other Cases 1990(1)
SASV 313 (E) 315-g; S v Ndaba 1993 (2) SASV 633 (A) 638b-c). Dit beteken
nie dat die opgeskorte gedeelte van die vonnis buite rekening gelaat moet word
wanneer die kumulatiewe effek van so 'n vonnis oorweeg word nie; wat dit wel
beteken is dat die hof van app l wat die kwessie oorweeg iets moet toelaat vir die
moontlikheid dat die opgeskorte gedeelte van die vonnis dalk in werking gestel
word. Wat daardie toelating in die huidige geval ook al mag wees, 'n vonnis van
15 jaar plus is net te kwaai.
Waar inmeging op hierdie grondslag geregverdig is, kom dit nie daarop aan

7 of daar, soos voor hierdie hof betoog is, mistastings deur sowel die verhoorhofas
die hof a quo begaan is nie.

In beide howe benede is 'n gedeelte van die vonnis vir 'n termyn opgeskort. Die verhoorhof het dit as 'n kwessie van genade gedoen. 'n Ander oorweging mag juis gewees het om die kumulatiewe ef ek van die vonnisse wat opgel is in 'n mate te versag. Na my oordeel is daar in die omstandighede van hierdie geval geen dwingende rede om enige gedeelte van die vonnis op te skort nie en kan die kumulatiewe effek van die vonnis eerder geakkommodeer word in 'n korter termyn van direkte gevangenisstraf Hierdie hof is by magte om al die klagtes vir doeleindes van vonnis saam te oorweeg en 'n globale vonnis op te l . Die besware wat daar teen so 'n prosedure bestaan waar 'n laer hof 'n gekonsolideerde vonnis opl , geld nie waar hierdie hof dit op app l doen nie (vgl S v M1994 (2) SASV 24 (A) 30j-31e).
Die volgende bevel word gemaak:

8
1.     
Die app l teen vonnis slaag.
2.      Die vonnis wat deur die hof a quo opgel is, word tersyde gestel en met die volgende vonnis vervang:
"Die beskuldigde word ten opsigte van al 10 aanklagte tot 'n periode van l0 jaar gevangenisstraf gevonnis."
P M NIENABERAR
Stem saam :
Van Heerden AHR Plewman AR