REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
DIE HOOGSTE HOF VAN APP
L
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 195/96
In die saak tussen:
AVZAL SARFARAAZ SIMONS
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram: Smalberger, Harms en Schutz ARR Verhoor: 23 Maart 1998
Gelewer: 27 Maart 1998
UITSPRAAK
2 HARMS AR:
Die appellant het in die Kaapse Provinsiale Afdeling tereggestaan op aanklagte van menseroof, sodomie en moord. Na afloop van 'n uitgerekte verhoor is die appellant onskuldig bevind aan sodomie maar skuldig aan menseroof en moord. Die vonnis opgel
, was 10 jaar gevangenisstraf vir die menseroof en 25 jaar vir die moord. Die vonnisse loop saam.
Die verhoorregter (Van Deventer R) het verlof aan die appellant toegestaan om na hierdie hof te appelleer teen sowel die skuldigbevindings as die vonnisse. Ongelukkig het die geagte verhoorregter nie aangedui waarom hy van oordeel is dat daar 'n redelike kans op sukses op app
l is nie en dit het dit moontlik gemaak vir die appellant se advokate om die app
l te benader asof hierdie hof die saak moet herverhoor. Geen ag is op die geykte maatstawwe wat op app
l aangewend moet word, geslaan nie.
Voor aanhoor van die app
l is kennis aan die appellant en die respondent gegee dat die hof van voorneme is om te oorweeg of die vonnis
3 verhoog moet word al dan nie.
Oor 'n tydperk van enkele jare het 22 jong seuntjies hulle lewe op
naastenby dieselfde wyse op die Kaapse vlakte verloor. Die kinders is meesal
laas
rens in die omgewing van 'n spoorwegstasie ges
en en daama dood (en
dikwels gesodomiseer) op 'n verlate plek gevind. Omdat die modus operandi
skynbaar ooreengestem het, het 'n vermoede ontstaan dat dieselfde persoon of
persone betrokke was by hierdie reeks moorde. Die onbekende moordenaar het
mettertyd in die volksmond of pers bekend geword as die sogenaamde stasie-
moordenaar. Op 19 Maart 1994 is die lyk van Elroy van Rooyen, 'n tienjarige
seuntjie, in die bosse in die omgewing van Eersterivier gevind. Hy is laas in die
loop van die middag van Vrydag 11 Maart 1994 lewend gesien in die volgende
omstandighede. Hy en sy nefie, Ryno van Rooyen, het by 'n supermark naby
Strandstasie hulleself besig gehou toe 'n persoon hulle genader het met die
versoek om 'n aantal kartondose teen vergoeding te help dra en om hom per trein
iewers heen te vergesel. Ryno het geweier om saam te gaan maar die oorledene
4 en die vreemdeling is stasie toe. Daama is die oorledene op 'n trein waarop hy
nie moes gewees het nie opgemerk. Hy was o
nskynlik alleen. Hy is nie weer
lewend gesien nie.
Die gebeure by die supermark is waargeneem deur ene mev Hercules en nadat sy van die oorledene se dood vemeem het, het sy afgelei dat die persoon wat met die twee kinders gepraat het, moontlik die ontvoerder of moordenaar van Elroy kon wees. Sy het met die polisie in verbinding getree en 'n sogenaamde "identikit" is opgestel. Na
aanleiding hiervan is die appellant aangekeer en op 'n uitkenningsparade deur mev Hercules uitgewys.
Tydens die appellant se aanhouding het hy meerdere verklarings -sommige wat hom ge
mpliseer het - aan sowel die polisie as aan landdroste gemaak. Ten slotte het hy ook 'n uitwysing - en in die loop daarvan 'n bekentenis - gemaak.
Mev Hercules het getuig en die hof het haar uitkenning van die appellant aanvaar. Ook is bevind dat die "identikit" wat saamgeste
is, 'n
5 treffende ooreenkoms met die gesig van die appellant toon. Die enigste
wesenlike opsig waarin dit verskil het, is die wyse waarop die appellant se hare
gekam is maar dat hy sy hare wel per geleentheid op daardie wyse gekam het, het
uit ander getuienis geblyk. Die hof het Ryno as getuie geroep en Ryno het ook
sy aandeel in die opstel van die "identikit" bevestig en ook sy geruienis is as
geloofwaardig bevind.
Afgesien van hierdie verbintenis wat volgens getuienis tussen die appehant en die oorledene gel
is, was die Staat se saak verder afhanklik van die toelating van een of meer van die verklarings waama verwys is. Die Staat het 22 getuies in hierdie verband geroep terwyl die verdediging geen getuienis tydens die binneverhoor aangebied het nie. Die appellant het hoegenaamd nie getuig nie, hetsy tydens die binneverhoor of ten aansien van die meriete. Teen hierdie agtergrond gaan ek dan voort om die verskillende punte wat tydens betoog of in die betoogshoofde geopper is, kortliks in o
nskou te neem.
1. Deel van die appellant se saak was dat hy nie binne 48 uur na
6 sy arres op 13 April om 12:00 voor 'n hof gebring is nie. Dit was 'n Woensdag
en appellant is eers die daaropvolgende Maandag voorgebring toe hy vir
waameming verwys is. Die polisie se verduideliking was dat die appellant
aanvanklik ingevolge 'n oorhoofse dossier aangehou is. Daardie dossier het die
reeks of 'n deel van die reeks moorde omvat. Hy is op daardie stadium verdink
van al die stasiemoorde. Op 14 April 1994 het mev Hercules die appellant
aangewys as die persoon wat sy by die stasie met die oorledene gesien het. Die
polisie het toe (op 15 April) besluit om die appellant vry te laat op die
oorkoepelende dossier en te arresteer en aan te hou ten aansien van die dood van
Elroy. Hulle het dit toe nie as hul plig geag om die appellant voor 12:00 op 15
April voor 'n hof te bring nie - hulle sou volgens hulle insig tot Maandag tyd h
.
Aanvanklik het mnr Brocksma betoog dat op die appellant se
fundamentele regte inbreuk gemaak is maar toe sy aandag daarop gevestig is dat
hierdie gebeure voor die inwerkingtreding van die tussentydse Grondwet
afgespeel het, het hy 'n beroep gedoen op art 50 van die Strafproseswet wat 'n
7 soortgelyke, maar nie-fundementele, reg skep.
Vir doeleindes van my uitspraak sal ek van die veronderstelling
uitgaan dat die appellant teen die Vrydagmiddag voor 'n hof moes verskyn het.
Wat is dan die gevolg van die feit dat die polisie op hierdie reg van die appellant
inbreuk gemaak het? Die toepaslike toets skyn te wees of die inbreukmaking so
wesenlik was dat dit die skuldigbevinding affekteer of be
nvloed (vgl S v
Shikunga and Another 1997 (2) SACR 470 (Nm SC) 484 b-f per Mahomed HR).
Mnr Broeksma het wel betoog dat die appellant as gevolg van sy onregmatige
aanhouding sy inkriminerende verklarings en uitwysing gemaak het, maar 'n
feitegrondslag vir di
betoog ontbreek. Inderdaad blyk dit dat die appellant
verkies het om in aanhouding te bly omdat hy vir sy eie veiligheid gevrees het.
Regshulp het hy afgewys. Hy het twee landdroste gedurende hierdie periode
gesien en 'n sogenaamde lekebesoeker wat hom die Sondagmiddag besoek het en
hy het hom geensins oor sy lot teenoor hulle bekla nie. Daar steek dus niks in die
argument nie.
8
2.
'n Volgende betoog kan as 'n alibi-betoog bestempel word. Na
die uitkenningsparade het speurdersersant Oliver 'n waarskuwingsverklaring van die appellant geneem waarin die appellant in detail sy bewegings op die betrokke Vrydag uiteengesit het. Die betoog kom daarop neer dat die Staat nie bewys het dat daardie verklaring se inhoud onwaar is nie. Natuurlik het die verklaring weinig, indien enige, getuieniswaarde gehad omdat die appellant dit hoegenaamd nie tydens getuienisaflegging bevestig het nie. Daarbenewens
het die appellant se vriende wat namens die Staat getuig het, bo redelike twyfel bewys dat groot dele van die verklaring vals is. Ook het die appellant 'n inskrywing in sy dagboek gemaak wat sy alibi weerspreek. In die geheel gesien, kan daar nie fout gevind word met die verhoorhof se evaluasie van die getuienis en die implisiete bevinding dat die alibi - wat, terloops, nooit gestel is nie - vals was.
3.
Hoewel mnr Broeksma nie die geloofwaardigheid van
f mev
Hercules
f Ryno aangeva
het nie, het hy betoog dat haar uitkenning van die
9 appellant weifelagtig en nie, soos die verhoorhof bevind het, aanduidend van 'n
versigtige getuie was nie.
In geheel gesien, was mev Hercules besonder versigtig met haar iden
fikasie. Eers die derde "identikit" het haar bevredig. Tydens die parade het sy na die appellant gewys met die woorde "ek gaan vir u s
[dis hy]". Nadat appellant na regs gedraai het, het sy ges
sy "dink" dat dit hy is. Van besondere belang is dat sy versoek het dat die appellant die w
orde "loop vinnig" moes besig, woorde wat volgens Ryno deur die vreemde man gebruik is. Sy veranderde haarstyl het haar opgeval. Toe het sy gevra dat die appellant met sy rug na haar gekeer, moes wegstap - iets wat sy ook op die toneel waargeneem het. Daama het sy 'n ander persoon op die parade betrag en by haar uitwysing gebly. Sy het dus nie soos betoog aan die hand van 'n litteken aan die gesig van die appellant haar uitkenning gemaak nie.
Saamgevat, die verhoorhof se evaluasie van haar identif
kasie was juis - sy was versigtig. En wat die betroubaarheid van haar identif
kasie betref,
10 word dit gestaaf deur die "identikit" en die bekentenis waama ek aanstons sal
verwys. Terloops, sonder die bekentenis bewys mev Hercules se getuienis nie dat
die appellant die moord gepleeg het nie.
4.
Dit is betoog dat daar red
like twyfel bestaan waaraan die
oorledene beswyk het. Die oorsaak van dood sou spekulatief wees. Die
oorledene se lyk was, toe dit gevind is, erg ontbind. Die hande was agter sy rug
vasgemaak en van sy klere was styf rondom sy nek gebind. Hy het op sy maag
gel
met sy gesig in die grond of sand. Die moontlike oorsake van dood was
verwurging of versmoring. Geen ander oorsake is denkbaar nie. As hy nie
verwurg of versmoor is nie, is dit onwaarskynlik dat hy in daardie posisie sou bly
l
het en nie ten minste sou omgedraai of sy gesig gedraai het nie. Hiermee moet
saamgelees word die appeUant se bekentenis (waarmee ek later handel) dat hy die
oorledene "vermoor" het. Gevolglik is die dood van die oorledene na my oordeel
bo redelike twyfel bewys as sou dit deur verwurging of versmoring geskied het.
5.
'n Groot deel van die verhoor is gewy aan die wyse waarop die
11
appellant na sy inhegtenisname ondervra is. Die hof benede het in hierdie
verband die volgende ges
:
"'n Buitengewone kenmerk van hierdie saak is die manier waarop die polisie-ondersoekspan saamgestel en beheer is en die gemoedelike wyse waarop di
beskuldigde deur middel van gesprek ondervra is en deur die polisie behandel is terwyl hy in aanhouding was. Die hof was besonder gunstig be
ndruk met die getuienis en die professionele benadering en houding van die sleutelf
gure in die polisie-ondersoek ...."
Dit is klaarblyklik dat die polisie die identif
kasie van die appellant as 'n
belangrike deurbraak in 'n lang reeks moorde beskou het. Van wesenlike belang
was dat die gearresteerde sagkens hanteer moes word. Majoor Steyn, die
bevelvoerder van die SAPD se Instituut vir Gedragswetenskappe in Port Elizabeth
en 'n kliniese sielkundige, het hom by die ondersoekspan aangesluit om die span
van advies te bedien by die ondervraging en hantering van die verdagte. Kolonel
Knipe was in beheer van die ondersoek. Die appellant is vooraf behoorlik deur
'n geneesheer ondersoek. Alvorens hy na 'n landdros vir a
legging van 'n
verklaring is, is hy na professor Zabow, 'n psigiater, verwys. Maar eintlik is die
12 volle antwoord op hierdie aspek van die saak te vind in 'n verklaring van 17 April
1994 wat namens die appellant aan die hof voorgel
is. Die appellant het uit sy
eie 'n verslag opgestel waarin hy in besonderhede met sy gevoelens en
gewaarwordinge handel. Daarin verwys hy na 'n lys positiewe dinge wat insluit
"die SAP (moord afdeling) se lankmoedigheid, sagmoedigheid en spanwerk."
Die toelaatbaarheid van die verskeie verklarings is aangeval op die grondslag dat daardie verklarings nie vrywil
ig afgel
is nie. Die betoog was da
die appellant se konaktiewe bewussynsfunksie aangetas was en dat hy as gevolg daarvan nie 'n wilsbeheer gehad het om homself te weerhou van verklarings tot sy nadeel nie. Hierdie argument is vervleg met 'n argument wat geslaan het op die appellant se geestestoestand.
Soos gemeld, is die appellant voortydig na professor Zabow geneem. Hy het bevind dat die appellant kahn hoewel, in 'n sin, angsbevange was. Sy gevolgtrekking was soos volg:
"My approach was a clinical rather than a forensic diagnosis
13
approach. I was satisified that he was not certifiable in terms of the Mental Health Act, and that he did not need compulsory admission to hospital. I was also satisfied that he was not suffering from a psychiatric disorder of psychotic proportions. I was in fact concemed that he fell into the categories of cluster B, personality disorder, which is really just a group of the personality disorders
which have similar characteristics and I made it clear that this was In fact a definitive, not a non-definitive diagnosis."
Om te onderbreek, dit blyk dat die appellant 'n geskiedenis van geestelike of
emosionele onstabiliteit getoon het wat hoofsaaklik by wyse van depressie
gemaniflsteer het. Hy het periodiek behandeling hiervoor ontvang. Die appellant
het ook tydens sy aanhouding van tyd tot tyd bewys van sy labiele emosionele
toestand getoon. Professor Zabow het dit soos volg opgesom in sy verslag:
"He has had previous short-term psychiatric management ... . These admissions were related to situational factors and mood disorder. He has recently been managed for depressive symptoms. He comes from a disruptive background with frequent changes in residence and schools during childhood."
Om terug te keer na die kronologie, die appellant is kragtens Art 77
van die Strafproseswet 51 van 1977 verwys en die eenparige gevolgtrekking van
14
die paneel was dat hy op geen stadium aan 'n geestesiekte of -gebrek gely het
nie.
Kort na April is die appellant onder die sorg van dr Teggin ('n psigiater) geplaas. Aanvanklik het hy die app
llant vir depressie behandel. Pas voor die verhoor het dr Teggin egter tot die gevolgtrekking geraak dat die appellant tydens sy aanhouding en ondervraging aan hipomanie kon gely het en dat hy
f nie in staat was om vrywillig verklarings te maak nie
f dat hy sodanig geestelik siek was dat hy nie beregbaar was nie.
Hoe dit ookal sy, hipomanie is 'n "mild fonn of the affective
disorder, mania, in which there is an abnormal elation of mood and great energy."
'n Persoon wat daaraan ly, weet wat hy s
en verstaan wat hy s
. In die loop van
sy getuienis het dr Teggin die volgende vraag van die verhoorregter beantwoord:
"Could we perhaps confine it then to this question. Are there in your view indications or are there no indications from the evidence we've got, the evidence I've referred to, that the accused wou
d not be able to understand and appreciate what he was saying to the magistrate? - M'Lord, I believe he would be able to appreciate and
15 understand what he was saying."
Die probleem met dr Teggin is dat hy persoonlikheidsafwykings gelykstel aan geestesiektes. Maar, in ieder geval, het hy by herhaling aangetoon dat sy getuienis spekulatief is. Die appellant het ook nie simptome van hipomanie getoon nie.
Teen daardie agtergrond moet beoordeel word of regtens, die
appellant se verklarings vrywillig was. In R v Barlin 1926 AD 459 op 462 het
Innes HR soos volg die posisie gestel:
"The common law allows no statement made by an accused person to be given in evidence against himself unless it is shown by the prosecution to have been freely and voluntarily made - in the sense that it has not been induced by any promise or threat proceeding from a person in authority."
Dit is steeds die toets en die appellant faal daardie toets. Die volgende vraag is
of die appellant se geestestoestand veroorsaak het dat sy diverse verklarings
gemaak is terwyl hy nie by sy "volle positiewe" was nie. Hoffmann & Zeffertt
The South African Law of Evidence 4de uitgawe bl 216 som die regsposisie juis
16 op:
"This requirement means only that the accused must have known what he was saying. It does not matter that he spoke under the influence of drink or nervous excitement as long as his mind was not so disturbed as to deprive him of reason."
Ten slotte ten aansien van hierdie aspek van die saak, ek het reeds verwys na die rol van majoor Steyn. Sy getuienis wat aanvaar is, was duidelik tot die effek dat die appellant wel in staat was om 'n wilsbesluit te neem tydens sy ondervragings. Die slotsom van die hof benede dat die verklarings en aanwysings vrywilhg en ongedwonge en sonder behoorlike be
nvloeding gemaak is terwyl die appellant o
nskynlik by sy volle positiewe was, is gevolglik onaanvegbaar.
6. Ek ag dit nie nodig om vir doeleindes van hierdie uitspraak na al die appellant se verklarings te verwys nie. Dit is voldoende om na die uitwysing wat hy aan luitenant Barkhuizen gemaak het met die verbygaande verklaring te verwys. Hierdie uitwysing het geskied kort nadat die appellant uit
17 eie keuse 'n opsomming van sy lewe en gevoelens op skrif gestel het. Nadat hy
vir luitenant Barkhuizen geneem het na die naaste stasie aan die plek waar die
oorledene gevind is, het hy die volgende mededeling gedoen:
"Ek het 'n seun hierheen gebring. Ek het hom ontmoet by 'n 'Games winkel' in die Strand. Ons het vanaf die Strand tot hier gery met die trein. Dit was die 11de Maart 1994. Dit was net na 5 in die middag, toe ons hier by die stasie aankom. Ek is nie seker nie, maar ek dink die kind se van was Van Rooyen. Ek het hom gemolesteer op die stasie. Ek het hom ook vermoor."
Daama het die appellant aangetoon dat hy nie seker is of dit die regte stasie is nie
en versoek dat hulle eers na Eersterivier stasie ry. Dit het gebeur en hy het tot die
gevolgtrekking gekom dat dit nie daar was nie en dat dit by die stasie wat hy
eerste uitgewys het, Melton Rose, was. Hy het a
gesluit deur te s
dat hy nie kon
onthou of die liggaam op die stasie of naby die stasie gelaat is nie.
Ten aansien van hierdie uitwysing en bekentenis is niks aan
Barkhuizen gestel wat die toelaatbaarheid van die verklaring en uitwysing kon
affekteer nie. Die appellant het die tyd, die voertuig en die roete gekies, alles met
18
die oog daarop dat hy nie deur 'n vyandige publiek gesien moes word nie.
Daarbenewens pas die feitebewerings in met die objektiewe getuienis van die Staat. Die getuienis was nl dat die volwassene wat die twee kinders naby die supermark in die Strand gevind het, met hulle na 'n speletjieswinkel toe was. Dit is so dat die kind op die trein was wat in daardie rigting gery het op 11 Maart net na 5. Die kind se van was Van Rooyen. Die kind is naby Melton Rose se stasie vermoor.
Geen sinvolle aanval is op hierdie uitwysing en verklaring geloods nie en hulle bied konklusiewe getuienis teen die appellant.
Ek ag dit onnodig om die orige beto
te oorweeg omdat ek oortuig is dat hulle niks tot die appellant se saligheid bydra nie. Die app
l teen die skuldigbevinding moet dus afgewys word.
Dit laat die kwessie van vonnis.
Geen getuienis ter strafversagting is aangebied nie. Dis bloot te boek gestel dat die appellant 'n 28-jange ongetroude onderwyser sonder enige
19
vorige veroordelings was. Van Deventer R het lewenslange gevangenisstraf
oorweeg maar daarteen besluit vanwe
gemelde persoonlike faktore en die feit dat die appellant uit vrye wil 'n bekentenis gemaak het. Wat lg bevinding betref,, is daar 'n teenstrydigheid in die uitspraak omd
t pas vantevore bevind is dat die appellant geen berou getoon het nie en dat dit onmoontlik was om sy rehabilitasie-potensiaal te beraam. Tereg is namens die Staat betoog dat die vlammerjie van 'n gewete spoedig geblus is soos die sielsmergelende rekord van die saak oorvloedig bewys.
Van belang is die verhoorregter se benadering dat hy die appellant net gestraf het vir die misdrywe waaraan hy skuldig bevind is. In di
mate was sy benadering korrek. Wat uit die oog verloor is, is die vraag of die appellant in die lig van die misdrywe waaraan hy skuldig bevind is, nie so 'n gevaar vir die samelewing is dat die openbare belang verg dat lewenslange gevangenisstraf opgel
moes word nie.
Ek het in 'n ander verband reeds verwys na die ontboeseming wat
20
die appellant die Sondagaand, enkele ure voor die uitwysing, op skrif gestel het.
Hierdie dokument is na afloop van die binneverhoor en nadat die staatsaak gesluit is, deur die verdediging voor die hof geplaas met
die oog daarop om verdere steun vir dr Teggin se siening te bied. Die oogmerk het gefaal, maar ten spyte daarvan vorm die verklaring toelaatbare getuienis teen die appellant (art 217(3)(a) van die Strafproseswet; vgl S v Mokoena 1978 (1) SA 229 (O) 235 A-G).
Volgens die verklaring het hy in Queenstown grootgeword. 'n Buurvrou het 'n besondere invloed oor hom uitgeoefen, "she actually portrayed my future to me" en sy het vuilheid in hom geplant. Vanwe
'n ongesteldheid waaraan hy gely het, is volgens gebruik 'n bok geslag, en sy pinkie en sy suster se ringvinger geamputeer. In 1983 in Kaapstad het sy broer hom gesodomiseer en daarom "in 1986 the brutal killings started, with the innocent boys. Now I must admit that two forces are in operation. That of the sodomizing and of the old lady. These were enormous spirits within me. They changed my whole emotional state. After the death of my brother in 1991, many killings occurred."
21 Met heelwat emosie het hy vertel van sy onblusbaredrang om onskuldige kinders
te vermoor en hoe vuil hy na elke moord gevoel het. Sy arres het 'n einde aan die
moorde gemaak maar hy wis nie of die magte hom nou sou los nie.
Vervolgens moet beoordeel word of the inhoud van die verklaring nie dalk 'n verbeeldingsvlug daargestel het nie. Die uitwysing net daarna weerspreek so 'n moontlikheid. Die detail van die verklaring - soos bv sy broer se optrede en dood - is klaarblyklik waar omdat dit reeds voor sy arres tydens sielkundige onderhoude herhaaldelik geopper is. Inderdaad kon mnr Broeksma na geen enkele feit in die verklaring verwys wat objektief onwaar was nie. Die appellant het nie sy verklaring toegelig of afgewater nie.
Al wat betoog kon word, is dat anekdotiese inligting tydens die verhoor ontlok is waarvolgens die appellant nie met DNA-toetse aan twee van die moorde verbind kon word nie en dat 'n blokkiesraaisel wat nie deur hom ingevul is nie in die omgewing van 'n derde lyk gevind is. Wat nie weerl
kan word nie, is dat die appellant na eie erkenning 'n onblusbare drang, seksueel gedrewe, het
22
om jong seuns te ontvoer en te vermoor.
Waar hy skuldig bevind is aan 'n deeglik beplande moord met 'n seksuele motief en gedagtig aan die wyse waarop Elroy aan sy dood gekom
het, is ek van oordeel dat die appellant sodanig 'n gevaar vir die samelewing daarstel dat lewenslange gevangenisstraf die enigste gepaste straf is. Omdat die verhoorregter homself wanvoorgelig het deur nie ag op die
inhoud van die verklaring te slaan nie, is ons bevoeg om met die vonnis in te meng en, in hierdie geval, te verhoog. Die skuldigbevindings word vir hierdie doeleinde saamgeneem.
Die app
l teen die skuldigbevindings word dus afgewys. Die vonnisse opgel
, word vervang met lewenslange gevangenisstraf. Die Griffier word versoek om hierdie uitspraak onder die aandag van die Departement van
23 Korrektiewe Dienste te bring.
L T C HARMS
APP
LREGTER
SMALBERGER AR)
) Stem saam SCHUTZ AR )