South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1998 >> [1998] ZASCA 34

| Noteup | LawCite

S v Grundling (99/97) [1998] ZASCA 34 (19 May 1998)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAK NR: 99/97
In die saak tussen:
LOUIS GRUNDLING  APPELLANT
en
DIE STAAT        RESPONDENT
CORAM: SMALBERGER, EKSTEEN ARR et MELUNSKY
Wnd AR
VERHOORDATUM: 5 MEI 1998
LEWERINGSDATUM: 19 MEI 1998
UITSPRAAK
SMALBERGER AR:...

2 SMALBERGER AR:
Die appellant is in die Streekhof te Goodwood in die
Wes-Kaap skuldig bevind aan 'n aanklag van menseroof (aanklag 1) en
twee aanklagte van verkragting (aanklagte 2 en 3). Op aanklag 1 is hy een
jaar gevangenisstraf opgel . Op elk van aanklagte 2 en 3 is hy gevonnis
tot agt jaar gevangenisstraf waarvan drie jaar voorwaardelik opgeskort is.
Dit is gelas dat die vonnis op aanklag 1 gesamentlik uitgedien moet word
met die vonnisse op die ander twee aanklagte. Die effektiewe vonnis
opgel het dus tien jaar gevangenisstraf beloop. Daarbenewens was daar
'n opgeskorte vonnis van ses jaar. Die appellant se app l teen sy
skuldigbevindings en vonnisse is deur die Kaap die Goeie Hoop
Provinsiale Afdeling van die destydse Hooggeregshof van die hand gewys,
maar hy is verlof verleen om na hierdie Hof in ho r beroep te kom teen die
opgelegde vonnisse.

3 Die gebeure wat tot die skuldigbevindings aanleiding gegee het, kan
kortliks saamgevat word. Om ongeveer 21:00 op 11 Oktober 1993 was die
klaagster, 'n 14-jarige meisie, destyds nog 'n maagd, op pad hu stoe vanaf
'n nabygele kafee waarheen sy deur haar oom gestuur is om sigarette te
gaan koop. Die appellant het haar in sy motor voorgel . Hy het reeds
vroe r die aand sonder welslae toenadering tot haar gesoek. Toe die
klaagster by sy motor verbystap, het hy uitgeklim en haar voorgekeer. Sy
het vir hom ges dat sy huistoe moes gaan. Hy gryp haar toe en dwing haar
in die motor aan die passasierskant in. Hy het bo-op haar geklim, en
ondanks haar smekinge en sparteling het hy daarin geslaag om haar
onderklere te verwyder en teen haar wil geslagsomgang met haar te h .
Blykbaar omdat daar mense in die omgewing opgemerk is, het die
appellant met die klaagster gery na n afgesonderde sportveld in die
nabyheid waar hy haar vir die tweede keer verkrag het, in weerwil van haar

4 voortgesette pleidooie en teenstand. Hy het haar toe gaan aflaai ongeveer
'n blok vanafhaar woonplek. Hy het haar met geweld gedreig indien sy
haar moeder sou vertel wat hy gedoen het.
Die klaagster het verskeie beserings opgedoen as gevolg van die
appellant se hardnekkige optrede ten einde sy doel met haar te bereik. Di
aan haar geslagsdele was emstig van aard en aanduidend van die geweld
waarmee geslagsgemeenskap plaasgevind het. Die voorval het wel 'n
nadelige sielkundige uitwerking op die klaagster gehad, alhoewel daar nie
getuienis is dat sy enige permanente psigiese skade sal ly nie. Soos deur
die verhoorlanddros bevind, "[d]ie voorval het ook klaagster se lewe in di
sin verander dat sy nie meer met seuns kan kommunikeer nie. Sy het
teruggetrokke geraak, vertroue in haar medemens verloor, haar skoolwerk
het agteruitgegaan, sy is senuweeagtig en sy sukkel tans om te
konsentreer."

5 Die appellant was 27 jaar oud en 'n eerste oortreder ten tye van die
voorval. Hy was destyds verloof en het saam met sy verloofde gewoon.
Hy het sy eie sekuriteitsbesigheid gehad. In die loop van sy uitspraak op
die meriete het die verhoorlanddros die volgende van die appellant ges :

"Beskuldigde is arrogant, in sommige opsigte selfs verwaand. Hy het skynbaar geen probleem om meisies te kry of seks met hulle te h nie. Hy is nie gewoond daaraan dat hulle vir hom 'n koue skouer gee nie. Hy kry gewoonlik wat hy wil h . Hy is ook blykbaar trots daarop dat hy reeds in standerd 6 met matriekmeisies kon uitgegaan het, ook dat hy al met 'n maagd gemeenskap gehad het."
Daar is toegegee dat die appellant nooit enige berou vir sy optrede getoon
het nie. Volgens die verhoorlanddros is die voorkomssyfer van
verkragting in sy streekafdeling besonder hoog.
Dit is geykte reg dat vonnisoplegging by die diskresie van 'n
voorsittende regsamptenaar berus. 'n Hof van app l sal alleenlik ingryp en
'n vonnis verander waar sodanige diskresie nie op 'n behoorlike of redelike

6 wyse uitgeoefen is nie. In wese kom dit daarop neer dat inmenging net kan

geskied waar getoon kan word dat daar 'n wesenlike mistasting was met
betrekking tot vonnis, of waar daar 'n onre lmatigheid was, of waar die
vonnis onredelik of skreiend onvanpas is.
Na skuldigbevinding het die appellant se regsverteenwoordiger aansoek gedoen om 'n uitstel vir die verkryging van 'n korrektiewe beampteverslag met die oog op die toepaslikheid van korrektiewe toesig as n vonnisopsie. Die aansoek is van die hand gewys. Daama is egter ruim geleentheid aan die verdediging gebied om getuienis ter versagting van vonnis aan die hof voor te l , en het die appellant en sy moeder wel getu enis in die verband afgel . Op app l is betoog dat die verhoorlanddros "misgetas" het deur te weier om 'n verslag van 'n korrektiewe beampte aan te vra.
Na my mening steek daar niks in die betoog nie. Luidens artikel

7 274(1) van die Strafproseswet 5l van 1977("die Wet") het die verhoorhof
'n diskresie aangaande die aanhoor van getuienis "wat hy goedvind ten
einde homself in te lig oor die gepaste straf om op te l ." Die aanvra van
'n korrektiewe beampte se verslag sou geen doel gedien het as korrektiewe
toesig kragtens artikel 276(1 )(h) van die Wet nie redelikerwys as 'n
aanvaarbare vonnisopsie beskou kon word nie. Artikel 276A(l)(b) van die
Wet bepaal dat straf kragtens artikel 276(1 )(h) slegs opgel word vir 'n
bepaalde tydperk wat nie drie jaar te bowe gaan nie. In die onderhawige
geval was die aard en omstandighede van die misdade sodanig dat die
appellant klaarblyklik 'n vonnis van meer as drie jaar opgel moes gewees
het. Korrektiewe toesig was dus geensins 'n vonnisopsie nie en die aanvra
van 'n verslag sou net 'n verkwisting van tyd, mannekrag en geld gewees
het. Deur nie 'n verslag aan te vra nie het die verhoorlanddros myns
insiens nie "misgetas" of in enige opsig onre lmatig opgetree nie.

8
Daar is verder betoog dat die verhoorlanddros by vonnisbepaling misgetas het deur nie 'n behoorlike verskil te tref tussen die twee verkragtingaanklagte nie, en die feite en omstandighede wat net op die een betrekking gehad het ook op die ander van toepassing gemaak. Sodoende, is beweer, het hy dubbele gewig aan sekere verswarende faktore geheg. Weliswaar het die verhoorlanddros nie in sy uitspraak op vonnis uitdruklik tussen die twee aanklagte onderskei nie. Hy het die oorkoepelende verswarende faktore uiteengesit en aan die hand daarvan die vonnis op elk van die verkragtingaanklagte bepaal. Dit beteken egter nie dat hy nie bewus was van welke verswarende faktore van toepassing was op die een, die ander of albei aanklagte nie. Sy uitspraak spreek deurgaans van 'n weldeurdagte, ewewigtige benadering ten opsigte van vonnis en ek is nie oorreed dat hy enigsins misgetas het soos beweer nie. Na my mening was

9
hy geregtig om albei gevalle as ewe ernstig te beskou vir vonnisdoeleindes. Laastens is betoog dat die opgelegde vonnisse, minstens kumulatief gesien, onredelik swaar is. In die onlangse saak van S v Chapman 1997(2) SASV 3 het die Hoofregter en twee ander lede van hierdie Hof hulle soos volg uitgelaat (op 5 a - e):
"Rape is a very serious offence, constituting as it does a humiliating, degrading and brutal invasion of the privacy, the dignity and the person of the victim.
The rights to dignity, to privacy and the integrity of every person are basic to the ethos of the Constitution and to any defensible civilisation.
Women in this country are entitled to the protection of these rights. They have a legitimate claim to walk peacefully on the streets, to enjoy their shopping and their entertainment, to go and come from work, and to enjoy the peace and tranquillity of their homes without the fear, the apprehension and the insecurity which contstantly diminishes the qualitnd a clear message to the accused, to other potential rapisy and enjoyment of their lives....
The Courts are under a duty to sets and to the community: We are determined to protect the equality, dignity and freedom of all

10
women, and we shall show no mercy to those who seek to invade those rights."
In die lig hiervan, en die besondere omstandighede van die
onderhawige geval, veral die feit dat die appellant berekend te werk gegaan
het en dat sy slagoffer 'n onskuldige, ongekunstelde 14-jarige maagdelike
meisie was teenoor wie hy op 'n gevoellose en brutale wyse opgetree het,
kan die opgelegde vonnisse, ofskoon swaar, nie as onredelik hoog beskou
word nie - n g wat betref die effektiewe vonnis van tien jaar
gevangenisstraf n g wat betref die bykomende opgeskorte ses jaar
gevangenisstraf. Sover dit laasgenoemde aangaan, gesien die
verhoorlanddros se opmerkings ten opsigte van die appellant, sal die
opgeskorte vonnis as 'n gepaste afskrikmiddel dien na die appellant se
vrylating. Indien hy hom egter voortaan gedra soos dit 'n regsgehoorsame

11
burger betaam, het hy geen rede om te vrees dat dit ooit in werking gestel sal word nie.
Die app l word gevolglik van die hand gewys.
J W SMALBERGER APP LREGTER
EKSTEEN AR )Stem Saam MELUNSKY Wnd AR )