South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1998 >>
[1998] ZASCA 4
| Noteup
| LawCite
S v Mphatle en 'n Ander (40/93) [1998] ZASCA 4 (6 March 1998)
Download original files |
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
SaakNr 40/93
In die saak tussen:ELLIOT MORENA MPHATLE Eerste appellant
DAVID KUNA Tweede appellant
-en-
DIE STAAT Respondent
Voor: Van Heerden AHR, Olivier AR en Streicher AR.
Verhoor: 24 Februarie 1998 Gelewer: 6 Maart 1998
UITSPRAAK
STREICHER AR
2 Die appellante is in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling vandie Hooggeregshof aangekla daarvan dat hulle op 9 Julie 1991 by die Mafuta
Eating House te Welkom vir ene Panayis Panayis ("die oorledene") vermoor
het en hom en sy eggenote van R6 000 kontant en 5 jagmesse beroof het.
Beide is skuldig bevind aan moord en aan roof met verswarende
omstandighede. Beide is ook ter dood veroordeel ten opsigte van die moord
en tot 15 jaar gevangenisstraf ten opsigte van die roof. Die appellante het
geen stappe gedoen om teen die skuldigbevindings en vonnisse te appelleer
nie. Ingevolge art 316A(4)(a) is advokate namens hulle aangestel om die
skuldigbevindings aan moord en die doodstraf ten opsigte daarvan voor
hierdie hofte beredeneer.
Volgens mev Panayis het 'n man op 9 Julie 1991 die Mafuta Eating
House, by die nommer twee skag van die Westem Areas myn, binnegekom
3 en haar man, die oorledene, geskiet. Onmiddellik daama het 'n tweede man
'n vuurwapen teen haar kop gedruk en geld ge is. Sy het geld wat in 'n
kasregister was, uitgehaal en 'n derde, 'n lang man wat by die deur gestaan
het, het dit geneem. Die persoon wat die oorledene geskiet het, het drie
jagmesse geneem en die tweede persoon het die telefbondrade met een van
die messe afgesny. Daarna het die drie rowers weggehardloop. Mev
Panayis het na haar man gegaan en gevind dat hy reeds dood was.
Die tweede appellant is op 16 Julie 1991 by Zastron in verband met
'n ander saak gearresteer. Adjudant-offisier Pietersen van die Bloemfontein
moord- en roofeenheid het die ondersoek van daardie saak oorgeneem en het
die tweede appellant na Bloemfontein geneem. Op 22 Julie 1991 is
Pietersen tesame met ander lede van die Bloemfontein moord- en
roofeenheid na Welkom en het hulle die tweede appellant en ander verdagtes
4 in daardie saak met hulle saamgeneem. Tesame met lede van die Welkom
moord- en roofeenheid het hulle die eerste appellant om ongeveer 05h00 op
22 April 1998 gearresteer, ook in verband met die ander saak. Adjudant
Meiring, die ondersoekbeampte in die onderhawige saak, se onbetwiste
getuienis was dat 'n splinternuwe jagmes in die kamer waar die eerste
appellant tesame met 'n vrou geslaap het, gevind is. Die jagmes is later
deur mev Panyanis uitgeken as synde soortgelyk aan d e messe wat van haar
geroofis. Verderis'n depositostrokie ingevolge waarvan die eerste
appellant die dag na die roof R500 in sy bankrekening bel het en R17 se
50c stukke in sy besit gevind.
Na sy arrestasie s eerste appellant geneem na d e moord- en
roofeenheid se kantore te Welkom waar Pietersen 'n gesprek met hom
gevoer het. Om ongeveer 14h00 het Pietersen terug na Bloemfontein
5
vertrek. Hy het egter vir eerste en tweede appellante agtergelaat omrede tweede appellant heel toevallig deur mev Panayis in die werf
van die polisiekantore opgemerk is en deur haar uitgewys is as synde die persoon wat die vuurwapen teen haar kop gehou het. Nadat
tweede appellant so uitgewys is, het speurder-sersant Mokoena hom ondervra. Na aanleiding van die ondervraging het Mokoena ook vir
eerste appellant vir 'n periode van ongeveer 50 minute ondervra. Nadat eerste appellant sekere mededelings aan Mokoena gemaak het,
het hy hom na Meiring geneem. Meiring het vir ongeveer 20 minute met eerste appellant gepraat waartydens hy aan Meiring herhaal het
wat hy aan Mokoena ges
het. Na die gesprek het Meiring aan Mokoena opdrag gegee om tesame met die eerste appellant na ene Walk Tall, 'n persoon wat deur
die eerste appellant genoem is, te gaan soek. Hulle was nie suksesvol nie. Terug by die kantore het Mokoena die eerste
6
appellant weer aan Meuing oorhandig. Hy is daama by Virginia aangehou.Op dieselfde dag het die hveede appellant 'n verklaring afgel voor ene Oberholzer, 'n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisie. In die verklaring het hy erken dat hy tesame met twee ander persone deelgeneem het aan 'n roof by die Mafuta Eating House waartydens 'n skoot afgevuur is en hy 'n speelgoedrewolwer op 'n vrou gerig het.
Die volgende dag, Dinsdag 23 Julie, is die eerste appellant weer na Meiring se kantoor gebring en het Meiring weer met hom gepraat. Mokoena het ook vir ongeveer 15 minute met hom gepraat en het daama weer gaan navraag doen oor Walk Tall. Om ongeveer l6h00 het Meiring adjudant De Jongh versoek om met eerste appellant na Qwa Qwa te gaan om te gaan soek na die lang man wat na bewering betrokke was in die saak. Om ongeveer 23h00 het De Jongh die eerste appellant oorgeneem van ander
7 speurders by 'n myn in Welkom, waar ook na 'n verdagte gesoek is, en
vertrek na Qwa Qwa. Wat die eerste appellant by die myn saam met die
speurders gedoen het, blyk nie uit die getuienis nie. De Jongh was tot in die
vroe oggendure saam met die eerste appellant in Qwa Qwa en is toe Petrus
Steyn toe in verband met 'n ander saak. Terwyl De Jongh besig was met die
ander saak is die eerste appellant te Petrus Steyn aangehou. Later is hy
weer teruggeneem na Welkom. Gedurende die oggend van 25 Julie het
Meiring by sy kantore vir 'n periode van ongeveer drie ure met eerste
appellant gepraat. Hy het probeer om 'n landdros te kry wat 'n verklaring
kon ameem. Hy is egter meegedeel dat daar nie 'n landdros oftolke
beskikbaar was nie en het gevolglik gere l met luitenant Marais van die
Suid-Afrikaanse Narkotiese Buro om die verklaring te neem.
In die verklaring wat die eerste appellant voor Marais afgel het, het
8 hy ges dat hy nie deur enige persoon aangerand ofgedreig is ofop enige
wyse be nvloed of aangemoedig is om 'n verklaring te maak nie. Hy het
verder erken dat hy vroe r die maand, tesame met twee ander persone, die
winkel genaamd Mafota, by die nommer twee skag van die Westem Areas
myn, beroofhet, en dat hy die man wat in die winkel gewerk het, geskiet het.
Tydens kruisondervraging het die appellante betwis dat die
bekentenisse vrywilliglik gemaak is. Hulle het aan polisiegetuies gestel dat
hulle deur die polisie aangerand is. Nie een van hulle het egter tydens die
binneverhoor getuig nie. Die eerste appellant het wel 'n getuie, mnr Lithoko,
geroep wat getuig het dat hy die appellante op 22 Julie 1998 gesien het en
weer vier dae later. Op laasgenoemde stadium het hy beserings aan hulle
opgemerk, o.a. het daar wind by die eerste appellant se ore uitgekom
wanneer hy gepraat het. Die tweede appellant het twee getuies tydens die
9
binneverhoor geroep. Nie een van hierdie getuies het stawing verleen aan die appellante se stellings dat hulle deur die polisie aangerand
is nie. Tydens die hoofverhoor het die appellante ook nie geruig nie. Hulle het slegs die getuienis van een persoon, mnr Maboesa,
aangebied. Maboesa se getuienis was dat hy tesame met die tweede appellant na Welkom geneem is. Volgens hom het hy na eerste appellant
se arrestasie gehoor hoe hy huil en het hy geweet dat dit was omrede hy geskok word. Hy het die tweede appellant in 'n ander kantoor
hoor skree soos 'n persoon wie se neusgate toe was. Later het hy gesien dat tweede appellant se o
rooi was asofhy geskok was. Hy het ook gesien dat die eerste appellant se o
rooi was.Die hof a quo het bevind dat Mev Panayis 'n betroubare getuie was wat voldoende geleentheid gehad het om die tweede appellant waar te neem sodat sy hom later kon identifiseer.
10 Lithoko was na die mening van die hof a quo 'n leuenaar en sy
getuienis van die beserings wat hy aan die eerste appellant sou gesien het, is
verwerp. Ook die getuienis van Maboesa is ongeloorwaardig bevind.
Daarteenoor het die hof a quo die getuienis van staatsgetuies dat die
appellante geen beserings gehad het op die tydstip toe hulle die bekentenisse
afgel het nie en dat hulle nie aangerand is nie, aanvaar.
Die hof a quo het gevolglik bevind dat die staat bo redelike twy el bewys het dat die bekentenisse wat deur die appellante gemaak is vrywilliglik en sonder onbehoorlike be nvloeding gemaak is en verder dat die skuld van die appellante bo redelike twyfel bewys is.
Wat die tweede appellant betref bestaan daar na my mening geen basis om met hierdie bevindings van die hof a quo in te meng nie. Dat dit die geval is, is dan ook tereg namens die tweede appellant toegegee en geen
11 betoog tot die teendeel is gelewer nie.
Afgesien van die bekentenis deur die eerste appellant het die hof a quo bevind dat die inbetaling van 'n bedrag van R500 in eerste appellant se bankrekening 'n inkriminerende aspek was, omrede dit 'n dag na die roof geskied het op 'n stadium wat die eerste appellant volgens sy bekentenis werkloos was. Die hof a quo het ook bevind dat die jagmes en R17 se 50c stukke wat by die eerste appellant se arrestasie gevind is, 'n mate van stawing bied dat die eerste appellant aan die roof deelgeneem het.
Namens die eerste appellant is nie betoog dat die hof a quo fouteer het om die getuienis van Lithoko en Maboesa te verwerp nie. Dit is wel betoog dat die Staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die eerste appellant nie onbehoorlik be nvloed is om 'n verklaring te maak nie. Volgens die betoog wek die feit dat die eerste appellant eers op 25 Julie, drie dae na sy
12 arrestasie, 'n bekentenis afgel het, twyfel of die bekentenis sonder
onbehoorlike be nvloeding afgel is.
Soos reeds aangedui, het die eerste appellant nie enige getuienis van onbehoorlike be nvloeding gelewer nie. In hierdie verband is ons verwys na S v Mpetha 1983 (1) SA 576 (C) op 586A-G en S v Dhlamini and Another 1971 (1) SA 807 (A) op 814B ter ondersteuning van 'n betoog dat die feit dat 'n beskuldigde nie beweer dat hy op een of ander wyse onbehoorlik be nvloed is nie, nie in die weg staan van 'n bevinding dat hy wel moontlik op daardie wyse onbehoorlik be nvloed is nie.
Williamson R s tereg in Mpetha op 586 A-G:
"One must not lose sight of the fact that a layman, particularly an ignorant or uneducated one, might not complain of something for a variety of reasons. I think that Qu net JP expresses this caveat with great insight when in Hackwell's case supra at 390 D-E he observes:
13
'The appellant's failure to raise the fact of confrontation as a ground of objection should not be minimised; on the other hand, it
should not be overstressed. I think that, when it is sought to exclude a confession, accused persons often regard an allegation of
assault as possessing a magical quality. And for that reason, other matters no less signif
cant may not be mentioned either because they are not considered to be of much weight or because it is felt that to mention them would
weaken the effect of the objection as formulated.' "Die voormelde beslissings gaan egter nie verder as om te s dat,
indien daar getuienis is van gebeure wat 'n beskuldigde moontlik kon
be nvloed het om 'n bekentenis af te l , dit nie deur 'n hof ge gnoreer kan
word bloot omdat die beskuldigde nie beweer dat hy daardeur be nvloed is
nie. In Dhlamini s Jansen AR op 814B:
"But, even in a case where an accused has failed to disclose under oath what actuated him in making, ostensibly freely and
14
voluntarily and without having been unduly influenced thereto, a confession before a magistrate or a justice of the peace, it is conceivable
that other evidence of what had gone before could point so strongly to, e.g., the operation of undue influence, that such would no
longer be merely a hypothetical possibility but a reasonable possibility."'n Blote hipotetiese moontlikheid dat 'n beskuldigde onbehoorlik be nvloed is, werp geen twyfel op getuienis dat hy nie so be nvloed is nie.
In die onderhawige geval het die eerste appellant nie alleen geen getuienis gelewer ten aansien van wat hom sou beweeg het om die bekentenis af te l nie, maar is daar ook geen getuienis ter weerspreking van sy eie verklaring aan Marais dat hy nie be nvloed is om die verklaring te maak nie.
Volgens Meiring het die eerste appellant reeds op 22 Julie te kenne gegee dat hy bereid was om 'n verklaring afte l . Hierdie getuienis van
15 Meiring word in 'n mate gestaaf deur die onbetwiste getuienis van Meiring
en Mokoena dat die eerste appellant reeds op 22 Julie saam met Mokoena
gegaan het om Walk Tall te gaan soek. Meiring het getuig dat hy nie op
daardie stadium 'n verklaring van die eerste appellant laat neem het nie
omrede die eerste appellant hom behulpsaam was met die opspoor van die
lang man wat na bewering ook betrokke was. Volgens Meiring was dit
belangrik om die derde persoon op te spoor voordat hy snuf in die neus kry
en verdwyn. Dit blyk duidelik uit die getuienis dat vanaf 22 Julie tot 24
Julie inderdaad gepoog is om die derde verdagte met die hulp van die eerste
appellant op te spoor. Dit blyk verder dat dit geen maklike taak was om 'n
landdros te verkry om 'n verklaring afte neem nie en dat Meiring
terselfdertyd ook besig was met die ondersoek van ander sake. Meiring het
byvoorbeeld om 23h00 op 23 Julie na Petrus Steyn vertrek in verband met 'n
16 ander saak en het eers om 02h00 op 25 Julie teruggekeer na Welkom. In
die lig van die voorgaande bied die versuim om dadelik die eerste appellant
te neem vir 'n verklaring voor 'n landdros of 'n vrederegter geen basis vir 'n
afleiding dat die eerste appellant moontlik onbehoorlik be nvloed is om 'n
bekentenis afte l nie.
In die eerste appellant se betoogshoofde is aangevoer dat dit uit die getuienis van De Jongh blyk dat eerste appellant vir lang periodes onderwerp is aan ondervraging. Dit blyk egter geensins uit die getuienis van De Jongh nie. De Jongh het vanaf 23h30 op 23 Julie tot l0h00 op 24 Julie die eerste appellant onder sy beheer gehad. Gedurende daardie tyd het hy van Welkom na Qwa Qwa gegaan, gesoek na Walk Tall en daama na Petrus Steyn gegaan.
Na my mening het die hof a quo tereg bevind dat die eerste appellant
17 se bekentenis toelaatbaar was. In die lig van die bekentenis asook die
stawing wat verleen word deur die feit dat 'n jagmes, soortgelyk aan die
jagmesse wat geroof is, by die eerste appellant gevind is en die geringe
stawing wat verleen word deur die depositostrokie wat in die eerste
appellant se besit gevind is, het die hof a quo die eerste appellant ook tereg
skuldig bevind aan moord.
Wat die doodvonnisse betref, is die doodvonnis sedertdien onkonstitusioneel verklaar. Die partye is dit eens dat ooreenkomstig bestaande gebruik die saak wat betref die doodvonnisse na die verhoorhof terugverwys behoort te word om opnuut oor die kwessie van vonnis te besin.
Ten aansien van die skuldigbevindings aan moord en die doodvonnisse word die volgende bevel gevolglik gemaak:
1 Die app l teen die skuldigbevindings van die eerste en tweede
18 appellante word van die hand gewys.
2 Die app l teen die doodvonnisse ten opsigte van die eerste en tweede appellante se skuldigbevindings aan moord slaag en sodanige vonnisse word tersyde gestel.
3 Die saak word na die verhoorhof terugverwys vir die oplegging van gepaste vonnisse ten opsigte van die skuldigbevindings aan moord.
P E STREICHER
APP
LREGTER
VAN HEERDEN AHR)OLIVIER AR) Stem saam.