South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1998 >> [1998] ZASCA 58

| Noteup | LawCite

Smit v Carniasaad en Andere (145/96) [1998] ZASCA 58; 1998 (4) SA 877 (SCA); (1 September 1998)

Download original files

PDF format

RTF format


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
SAAKNOMMER: 145/96 In die saak tussen:
PETRUS JOHANNES JOACHIM SMIT     Appellant
en
CARNIASAAD                                  1ste Respondent
DIE MAGALIESBERGSE GRAAN
KO PERASIE BEPERK                  2de Respondent
TWEE RIVIER BOERDERY BK           3de Respondent
BOLAND BANK BEPERK                                           4de Respondent
Coram: SMALBERGER, F H GROSSKOPF, NIENABER, SCHUTZ en
STREICHER ARR Vehoor:             20 AUGUSTUS 1998         Gelewer:         1 SEPTEMBER 1998
UITSPRAAK
STREICHER AR/

2 STREICHER AR:
Die appellant ("Smit") het bastermieliesaad wat op die grond van die derde respondent, Twee Rivier Boerdery BK ("die Bk"), geproduseer en geoes is aan die eerste respondent ("Carniasaad") gelewer. Die tweede respondent, Die Magaliesbergse Graanko perasie Beperk ("die Koop") maak egter aanspraak op betaling van die opbrengs van die oes op grond van 'n sessie deur die Bk aan die Ko p van "sy oeste en/of produkte en/of die opbrengs daarvan". Die hof a quo het die Bk gelyk gegee en het 'n aansoek deur Smit vir 'n verklarende bevel dat hy geregtig is op die opbrengs van die oes van die hand gewys. Met verlof van die hof a quo appelleer Smit teen hierdie bevinding. Die app l word slegs deur die Ko p teengestaan.
Die Bk was die eienaar van 'n aantal onroerende eiendomme ("die grond"). Op 6 September 1993 het Carniasaad 'n

3 skriftelike ooreenkoms genaamd 'n bastermielesaad produksie-
ooreenkoms met die Bk aangegaan. Ingevolge die ooreenkoms het
Carniasaad bas ssaad aan die Bk verkoop vir d e produsering van
bastermieliesaad van 'n kultivar genaamd CRN 4502. Die Bk het
onderneem om 25 hektaar van die grond met die basissaad te beplant.
Die ooreenkoms het voorskrifte bevat oor die verbouing, oes en dors
van die bastermieliesaad. Die verwagte oes is ingevolge die
ooreenkoms deur die Bk aan Carniasaad verkoop teen 'n bepaalde
koopprys en moes deur die Bk aan Carniasaad gelewer word. Op 27
September 1993 het Carniasaad en die Bk 'n soortgelyke ooreenkoms
aangegaan vir die produsering van bastermieliesaad van 'n kultivar
genaamd CRN 4526. Die Bk het die basissaad op die grond aangeplant
vanaf ongeveer middel Oktober 1993 tot middel Desember 1993.
Op 17 September 1993, d.w.s. na die aangaan van die

4 eerste ooreenkoms maar voor die aangaan van die tweede ooreenkoms,
het die Bk 'n sessie ten gunste van die Koop onderteken. Die sessie
bepaal soos volg:
"Die Sedent sedeer en dra hiermee onherroeplik in volle en vrye eiendomsreg oor aan die Sessionaris, al sy oeste en/of produkte en/of die opbrengs daarvan en wel tot 'n bedrag gelykstaande aan die bedrag deur hom verskuldig aan die Sessionaris."
Gedurende ongeveer Desember 1993 het Smit vemeem
dat die ledebelang in die Bk te koop is. Hy het belanggestel in die
verkryging van die grond deur die verkryging van die ledebelang in die
Bk of deur die aankoop van die grond self. Vir hierdie doel het hy
onderhandelinge gevoer met ene Schoeman wat die enigste lid van die
Bk was. Nog voordat enige ooreenkomste met die oog op sodanige
verkryging gesluit is, en wel gedurende Januarie 1994, het Smit besit
geneem van die grond en daarop begin boer. Op die stadium wat die

5 aansoek in die hof a quo geloods is, het hy nog steeds op die grond
geboer. Kragtens 'n ooreenkoms met Schoeman, wat waarskynlik
namens die Bk opgetree het, het Smit okkupasiehuur ten opsigte van
d e grond aan die vierde respondent, Boland Bank betaal. Die
okkupasiehuur was volgens Smit besonder hoog ten einde "Schoeman"
te vergoed vir sy insetkoste met betrekking tot die basissaad wat verkry
is van Camiasaad.

Op 18 Maart 1994 het Smit en Camiasaad skriftelike
bastermieliesaad produksie-ooreenkomste aangegaan ten opsigte van
die basissaad wat reeds deur die Bk op die grond aangeplant is
ingevolge die soortgelyke ooreenkomste wat deur die Bk met
Camiasaad aangegaan is op 6 en 27 September 1993. Ingevolge hierdie
ooreenkomste het Camiasaad met Smit ooreengekom dat hy die
verbouing van die bastermieliesaad sou behartig en dat hy verplig sou

6 wees om die bastermieliesaad te oes en aan Camiasaad te lewer teen
'n ooreengekome koopprys.

Die bastermieliesaad is later deur Smit geoes en deur hom
aan Camiasaad gelewer ingevolge die produksie-ooreenkomste wat hy
met Camiasaad ges uit het. Alhoewel daar onduidelikheid is of Smit
wel die grond geldiglik van die Bk gekoop het, is daar geen geskil
tussen Smit en die Bk dat Smit geregtig was om vir sy eie voordeel die
bastermieliesaad te oes en aan Camiasaad te lewer nie. Daar is ook
geen geskil tussen Smit en die Bk dat Smit geregtig was om in
okkupasie van die eiendom te bly totdat hy die mielies klaar geoes en
gelewer het nie. Die Koop ontken nie dat Smit, wat betref die Bk,
geregtig was om die grond te okkupeer totdat hy die bastermieliesaad
vir sy eie voordeel klaar geoes en gelewer het nie maar ontken wel dat
die bastermiehesaad deur Smit geoes is. Geen basis vir die ontkenning

7 word egter deur die Ko p verskaf nie. Die Ko p het dus geen werklike
of bona fide feite-dispuut ten opsigte van Smit se bewering dat hy
bastermieliesaad geoes het, opgewerp nie. Onder die omstandighede
moet die saak beslis word op die basis dat Smit wel die
bastermieliesaad wat hy aan Carniasaad gelewer het, vir sy eie
voordeel geoes het en dat hy teenoor die eienaar van die grond geregtig
was om dit te doen. Smit het dus eienaar geword van die geoeste
bastermieliesaad wat deur hom aan Carniasaad gelewer is.

Camiasaad het sekere betalings aan die Ko p gedoen ten
opsigte van die bastermieliesaad wat deur Smit gelewer is maar het
verdere betaling teruggehou omrede teenstrydige aansprake op betaling
deur Smit en die Ko p gemaak word. Carniasaad se houding is dat die
opbrengs van die gelewerde bastermieliesaad uitbetaal sal word aan
wie ookal daarop geregtig is.

8 Die hof a quo het bevind dat die produksie-ooreenkomste
wat die Bk met Carniasaad aangegaan het aan Carniasaad die reg
verleen het om lewering van die bastermieliesaad van die Bk te eis; dat
die Bk slegs 'n persoonlike reg verkry het om betaling vir die
bastermieliesaad wat hy aan Carniasaad lewer te vorder; dat die Bk sy
vorderingsreg op die opbrengs van die oes van die bastermieliesaad aan
die Ko p gesedeer het; dat 'n sessie van toekomstige regte toelaatbaar
is; dat die Bk nie daarna die vorderingsreg aan Smit kon oordra nie en
dit ook nie gedoen het nie, en dat die reg so gesedeer steeds in die
Ko p setel. Op grond van hierdie bevindings het die hof a quo bevind
dat die Ko p geregtig is op die opbrengs van die oes wat aan
Carniasaad gelewer is.
Volgens die sessie het die Bk al sy oeste en produkte en
die opbrengs daarvan "in volle en vrye eiendomsreg" aan die Ko p

9 oorgedra. Voordat die bastermieliesaad geoes sou word, sou dit deel
vorm van die grond en sou die eienaar van die grond ook die eienaar
van die bastermieliesaad wees. Die Bk kon nie by wyse van sessie die
eiendomsreg in die ongeoeste bastermieliesaad van die eiendomsreg in
die grond skei nie. Na afskeiding van die bastermieliesaad van die
grond sou dit 'n roerende saak wees waarvan die eiendomsreg ook nie
by wyse van sessie oorgedra kon word nie. Vir sover die Bk met die
sessie gepoog het om sy eiendomsreg in sy verwagte oeste aan die
Ko p oor te dra, was die poging gevolglik oneffektief. Dieselfde geld
wat betref die eiendomsreg in die opbrengs van die verwagte oeste. Die
Bk kon wel enige bestaande of toekomstige vorderingsreg ten opsigte
van die opbrengs van sy oeste of verwagte oeste aan die Ko p sedeer.
Namens die Ko p is dan ook betoog dat sodanige vorderingsreg deur
die Bk aan die Ko p gesedeer is.

10 Indien aangeneem word dat die Bk inderdaad sy
vorderingsreg op die opbrengs van al sy oeste, insluitende toekomstige
oeste, aan die Ko p gesedeer het, is die posisie soos volg. Op die
datum van die sessie was die eerste produksie-ooreenkoms tussen die
Bk en Carniasaad reeds gesluit gewees. Ingevolge daardie ooreenkoms
het die Bk teenoor Carniasaad die reg op betaling van 'n ooreengekome
koopprys teen lewering deur die Bk aan Carniasaad van
bastermieliesaad wat ingevolge daardie ooreenkoms geproduseer is,
verkry. Dit is 'n voorwaardelike vorderingsreg ten opsigte van 'n
verwagte toekomstige oes. Daardie voorwaardelike reg is deur die
sessie oorgedra aan die Ko p. Die tweede produksie-ooreenkoms
tussen die Bk en Carniasaad was egter nog nie gesluit gewees op die
datum van die sessie nie. Geen vorderingsreg, voorwaardelik of
andersins, het dus bestaan ten opsigte van die oes wat na verwagting

11 ingevolge daardie ooreenkoms ingesamel son word nie. Wat betref die
tweede produksie-ooreenkoms was die sessie dus 'n sessie van 'n nie-
bestaande reg wat moontlik in die toekoms kon ontstaan d.w.s. van 'n
spes. Die hof a quo het tereg bevind dat so 'n sessie geldiglik
aangegaan kon word (sien Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The
Master 1987 (1) SA 276 (A) op 294C). Daar is 'n verskil van mening
oor die presiese werking van so'n sessie (sien Waikiwi Shipping Co Ltd
v Thomas Barlow and Sons (Natal) Ltd 1978 (1) SA 671 (A) op
677H). Aan die een kant is daar diegene wat aanvoer dat 'n blote
verwagting nie oorgedra kan word nie met die gevolg dat die sessie van
'n toekomstige reg tot gevolg het dat wanneer die reg ontstaan dit eers
in die boedel van die sedent vestig en dan, sonder enige verdere
oordragshandeling, oorgaan op die sessionaris (sien Muller NO v Trust
Bank of Africa Ltd 1981 (2) SA 117 (N) op 126D-G en 128H; Joubert,

12 The Law of South Africa (First Re-issue) vol 2 para 242). Aan die
ander kant is daar diegene wat meen dat die toekomstige reg reeds by
aangaan van die sessie aan die sessionaris oorgedra word sodat dit
wanneer dit ontstaan direk in die boedel van die sessionaris val (sien
die uitspraak van Olivier AR in First National Bank of SA Ltd v Lynn
No [1995] ZASCA 158; 1996 (2) SA 339 (A) op 3601). Dit is nie vir doeleindes van hierdie
saak nodig om te beslis of die toekomstige vorderingsreg, wanneer dit
materialiseer, eers vestig in die sedent en dan oorgaan op die
sessionaris en of dit direk vestig in die sessionaris nie. Toe die tweede
produksie-ooreenkoms aangegaan is, het die Bk, soos in die geval van
die eerste produksie-ooreenkoms, teenoor Carniasaad die reg op
betaling van 'n ooreengekome koopprys, teen lewering deur die Bk aan
Carniasaad van bastermiehesaad wat hy ingevolge daardie ooreenkoms
geproduseer en geoes het, verkry. Soos in die geval van die eerste

13 produksie-ooreenkoms was dit 'n voorwaardelike vorderingsreg ten
opsigte van die Bk se verwagte toekomstige oeste. Die voorwaarde
waaraan beide vorderingsregte onderhewig was, was dat die Bk
bastermieliesaad wat hy ingevolge sy produksie-ooreenkomste met
Camiasaad geproduseer en geoes het aan Carniasaad lewer. Ingevolge
die sessie het die twee voorwaarde ike vorderingsregte op die laatste
by sluiting van die tweede produksie-ooreenkoms in die Ko p gevestig.
Teen vervulling van die voorwaarde sou die Ko p en nie die Bk
teenoor Carniasaad geregtig wees op betaling.

Die Bk het nie bastermiehesaad geoes en aan Carniasaad
gelewer nie. Die voorwaarde waaraan die vorderingsregte wat deur die
Bk aan die Ko p oorgedra is, onderhewig was, is dus nooit vervul nie.
Smit het as huurder van die grond die bastermieliesaad-oes ingesamel
soos wat hy geregtig was om te doen. Daarna het hy die oes aan

14 Carniasaad gelewer soos wat hy ingevolge sy ooreenkomste met
Carniasaad verplig was om te doen. Ingevolge sy ooreenkomste met
Carniasaad het hy teen lewering van die oes geregtig geword op die
voorafboreengekome koopprys. Sodanige koopprys is die opbrengs van
sy oes en nie die opbrengs van die Bk se oes nie. Die Ko p het nie uit
hoofde van die sessie enige aanspraak op die obrengs van die
bastermieliesaad wat deur Smit geoes is en aan Carniasaad gelewer is
nie.

Namens die Ko p is betoog dat Smit kennis gedra het van
die sessie deur die Bk aan die Ko p. In hierdie verband word gesteun
op 'n hoors stelling dat Schoeman so sou ges het. Geen basis op
grond waarvan hierdie hoors getuienis toegelaat kan word, is voor die
hof geplaas nie. Smit ontken dat dit die geval was. Dit is dus nie nodig
om te beslis wat die posisie sou gewees het indien Smit wel sodanige

15 kennis gehad het nie.

Die app l moet gevolglik slaag. Die appellant het gevra dat die koste van twee advokate toegelaat word ook wat betref 'n uitstel van die aansoek in die hof a quo waar koste aan die appellant toegestaan is maar die vraag of dit die koste van twee advokate moes insluit voorbehou is. Die versoek word teengestaan deur die tweede respondent. Die tweede respondent het egter geen beswaar geopper teen die versoek dat hierdie hof beslis of die voorbehoue koste die koste van twee advokate insluit al dan nie. Na my mening was die saak nie so ingewikkeld en van sodanige omvang dat dit die dienste van twee advokate geverg het nie.
Die volgende bevel word gemaak:
1        Die app l slaag.
2        Die tweede respondent word beveel om die koste van die
1       

16 app l te betaal.
3 Die bevel gemaak deur die hof a quo word tersyde gestel
en vervang met die volgende bevel:
3.1     

Die applikant is geregtig op die opbrengs van die bastermieliesaad gelewer aan eerste respondent en geproduseer ingevolge die bepalings van aanhangsels "E" en "F" tot applikant se funderende be digde verklaring.
3.2     
Die tweede respondent word beveel om die koste van die aansoek te betaal.
3.3     
Die koste wat voorbehou is by die uitstel van die aansoek sluit slegs die koste van een advokaat in.
P E STREICHER APP LREGTER
SMALBERGER AR                                        )
F H GROSSKOPF AR                  ) Stem saam
NIENABER AR                        )
SCHUTZ AR                          )