South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 25

| Noteup | LawCite

Trans-Natal Steenkoolkorporasie Bpk. v Merwe (1) (245/83) [1985] ZASCA 25 (21 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak Nr 245/83
M C

TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK

- en -

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE

VIVIER Wnd AR.

Saak nr 245/83
M C

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen
TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK

Appellant

(Verweerder in die
Hof a quo)

- en -
CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE

Respondent

(Eiser in die Hof
a quo)

CORAM:
KOTZé , TRENGOVE, CILLIé, BOTHA ARR et
VIVIER WND AR.


Verhoor: 13 MAART 1985.

Gelewer: 21 MEI 1985.

UITSPRAAK

VIVIER / ........................

2.

VIVIER WND AR :-

Die respondent is die eienaar van twee plase

naby die dorpie Settlers in die distrik Warmbad. Gedurende

1976 was die appellant besig met 'n soektog na onedele

minerale op die sogenaamde Springbokvlakte, waarvan die

gebied waar eiser se plase geleë is, deel vorm. Op 2 Junie

1976 het die respondent, en die appellant, na wiê ek as die eiser en

verweerder onderskeidelik sal verwys, twee skriftelike benoemings=

kontrakte gesluit ingevolge waarvan eiser aan verweerder,

as sy benoemde, die reg verleen het om op sy onderskeie

plase na edelmetale en onedele minerale te prospekteer en

'n mynhuur oor die grond te verkry. Ingevolge die bepalings

van art 19 van die Wet op Mynregte, No 20 van 1967, is die

twee / ............................

3.

twee kontrakte op 28 Junie 1977 notarieël verly en daarna

behoorlik in die Mynbriewekantoor geregistreer. Die

kontrakte sou duur tot 7 Mei 1981

Op 23 Julie 1979 het die partye twee verdere skrif=

telike kontrakte gesluit ingevolge waarvan die oorspronklike-

kontrakte verleng is tot 6 Mei 1983. Die wysigende oor=

eenkomste is op 5 Junie 1980 notarieël verly en op 14

Augustus 1980 geregistreer.

In 'n geding wat hy teen verweerder in die

Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel het, het die

eiser beweer dat hy tot die sluiting van die wysigende

ooreenkomste beweeg is deur sekere wanvoorstellings wat

verweerder se amptenare gemaak het by 'n vergadering van

3 Julie 1979. Eiser het gevolglik 'n bevel aangevra wat

verklaar / .............

4.
verklaar dat hy geregtig was om die wysigende ooreenkomste
te kanselleer (soos hy gedoen het in 'n brief van sy
prokureurs gedateer 17 Maart 1981) en dat gelas word dat
die registrasie van die wysigende ooreenkomste rojeer word.
Die aksie is deur die verweerder teengestaan, en na 'n lang
verhoor het MYBURG HR die eiser se eis gehandhaaf met koste,
insluitende die koste van twee advokate. Met verlof van
die verhoorregter appelleer die verweerder nou na hierdie
Hof teen die hele uitspraak en bevel van MYBURG HR.
Die wanvoorstellings waarop eiser steun is as
volg in die pleitstukke geformuleer :-

"5.1 Dat die gangbare vergoeding en/of markprys
vir die betrokke gebied in die omgewing
van SETTLERS ten opsigte waarvan verweerder
mynbou-aktiwiteite beoog het en ten opsigte
waarvan verweerder as deel van verweerder

se / ..............

5.

se projek besig was om minerale regte
van die boere te bekom, R360,00 per
hektaar beloop en sal beloop;

5.2Dat die beoogde vergoeding van R360,00
per hektaar die hoogste prys was wat
verweerder aan boere in die betrokke
gebied met betrekking tot die betrokke
projek aanbied / of sal aanbied;
5.3Dat alle boere in die betrokke gebied met
betrekking tot die betrokke projek gelyke
behandeling van verweerder ontvang en sal
ontvang;
maar dat die voorgaande onderhewig sou wees aan
enkele uitsonderings van boere met wie reeds
kontrakte teen 'n vergoeding van R400,00 per
hektaar gesluit was."

Die vergadering van 3 Julie 1979, waar die wan=
voorstellings volgens eiser gemaak is, het teen die volgende
agtergrond plaasgevind. Ingevolge die oorspronklike

benoemingskontrakte /............

6.

benoemingskontrakte, het verweerder onderneem om aan

eiser vergoeding van Rl50,00 per ha te betaal sodra

verweerder 'n mynhuur oor die grond verkry het of sy reg

uitgeoefen het om die ooreenkoms tot 'n ewigdurende tydperk

te verleng. Daarbenewens was prospekteergelde betaal=

baar wat vanaf Rl,00 per ha in die eerste jaar tot R2,00

per ha in die vyfde en laaste jaar gestyg het. Voordat

die oorspronklike benoemingskontrakte notarieël verly

kon word, is verweerder deur die prokureur van een van die

ander boere oorreed om die vergoeding te koppel aan die

verbruikersprys-indeks, en verweerder het toe besluit om

in alle ander gevalle dieselfde te doen. Gevolglik is

met die notariële verlyding van die oorspronklike benoemings=

kontrakte / .......................

7.

kontrakte 'n wysiging aangebring om voorsiening te maak

vir 'n aanpassing in die vergoeding van R150,00 gebaseer

op die verbruikersprys-indeks. Behalwe die eiser, het

ongeveer 7 4 ander grondeienaars op soortgelyke terme met

verweerder gedurende die tydperk 1975T1976 in die

Settlers-gebied ooreengekom. In geen geval het

verweerder in daardie tydperk onderneem om 'n hoër ver=

goeding as R150,00 per ha, gekoppel aan. die verbruikersprys-

indeks, te betaal nie

Eiser se getuienis was dat tydens die onder=

handelings wat die sluiting van die oorspronklike

benoemingskontrakte voorafgegaan het, mnr Nimrod Lategan,

namens verweerder, aan hom gesê het "die minerale regte

behoort aan die staat en niemand sal meer as R150 per ha

in / ..................

8.

in die gebied ontvang nie". In Januarie 1978 het mnr

Willie Lategan, namens verweerder, hom gevra om sy invloed

te gebruik om die eienaars wat nog nie met verweerder

ooreengekom het nie, te oorreed om te teken, en Willie

Lategan het ook gesê dat niemand in die omgewing meer

as R150,00 per ha sou kry nie. Gedurende Mei of Junie

1978 het hy egter gehoor dat verweerder op vergoeding

van R400,00 per ha met sekere ander eienaars ooreengekom

het. Hy het gevolglik sy prokureur opdrag gegee om 'n

brief, gedateer 22 Maart 1979, aan verweerder se besturende

direkteur te skryf waarin beweer word dat eiser die

oorspronklike benoemingsooreenkomste geteken het op sterkte

van 'n voorstel ling dat dieselfde vergoeding vir alle

eienaars betaal word. In die brief word 'n persoonlike

onderhoud /............

9.

onderhoud aangevra, waarby verweerder se twee amptenare,

mnre Lategan en Vogelsang, teenwoordig moes wees.

Verweerder se antwoord is gedateer 18 April 1979. Omdat

die verhoorregter steun in hierdie brief vind vir sy

bevinding dat daar 'n wanvoorstelling gemaak is op die

vergadering van 3 Julie 1979, is dit nodig om die ter=

saaklike gedeelte van die brief volledig aan te haal:-

"Wat betref die agtergrond van die omstandighede

met betrekking tot die hoër terme en voorwaardes

van prospekteerkontrakte in die gebied, vermeld

ons graag die volgende aan u:

(i) Opposisie mynmaatskappye het teen die

laaste helfte van 1977 die gebied waarin
hierdie maatskappy belangstel om eksplora=
siewerk te doen, betree en met sekere
eienaars onderhandel en hoër terme aan=
gebied.

(ii) /

10.

(ii) Noodgedwonge was daar deur ons besluit
om teen hoër terme met eienaars, pros=
pekteerkontrakte te sluit om sodoende
sover moontlik die gebied te konsolideer.

In sekere geïsoleerde gevalle het ons dan ook
met eienaars so ooreengekom. Indien ons nie
hierdie optrede gevolg het nie, het ons die
gevaar geloop om beheer te verloor oor sekere
moontlike potensiële, belangrike mineralegebiede.

Dit is onverstaanbaar waarom u kliënte verontreg
voel . Immers het hulle 'n gewone besigheids=
transaksie gesluit, waarin hulle hul eie oordeel
aan die dag kon lê. Die amptenaar van hierdie
maatskappy wat betrokke was by die onderhandelinge
het sekerlik slegs bedoel dat alle eienaars wat
tot op daardie stadium geteken het, teen dieselfde
terme ooreengekom het as dié wat met u kliënte
ooreengekom is. Ons glo egter nie dat daar
aan u kliënte voorgehou kon word dat daar met
alle eienaars in die verre toekoms eners
ooreengekom sou word nie. Dit is tog begryplik
dat dit onmoontlik is om te verwag dat soveel
verskillende persone dieselfde sal dink en
besluit oor 'n transaksie van hierdie aard,
veral na yerloop van 'n redelike tyd."

Eisér /

11

Eiser was nie met hierdie antwoord tevrede

nie en op 12 Junie 1979 het hy deur sy prokureur 'n brief

aan verweerder se besturende direkteur geskryf, waarby

aangeheg was 'n verklaring onderteken deur eiser en twaalf

ander eienaars, waarin die bewering herhaal word dat die

benoemingskontrakte aangegaan is op sterkte van 'n voor=

stelling dat "die mineraalregte aan die Staat behoort en

om dié rede word alle eienaars R150,00 per ha betaal"

Daarin word ook gesê dat, vertrouende op dié voorstel1ing,

die eienaars aanvaar het dat die vergoeding van Rl50,00

"vasstaan en nie oorskry sal word nie". Daar word daarop

gewys dat sekere kontrakte sedertdien teen R400,00 per ha

gesluit is. 'n Onderhoud word gevolglik aangevra "ten

einde regstelling te verkry".

Op /.......

12

Op 3 Julie 1979 is die vergadering gehou by

verweerder se kantore in Johannesburg. Dit is bygewoon

deur 8 boere, insluitende die eiser, en drie van verweerder

se amptenare, naamlik mnre Willie Lategan, Becker en

Linning. Die 8 boere het almal soortgelyke kontrakte

met verweerder gedurende 1976 aangegaan en eiser het

getuig dat hulle die eienaars aan wie vergoeding van

R150,00 per ha betaalbaar was, verteenwoordig het.

Eiser het by die vergadering as die eienaars se segsman

opgetree. Willie Lategan is verweerder se mynregte=

bestuurder, Linning sy raadgewende senior geoloog en

Becker is 'n senior mynregbeampte. By die vergadering

het Lategan as verweerder se woordvoerder opgetree.

Voordat / .............

13.

Voordat ek handel met die getuienis oor wat

op die vergadering gebeur het, is dit gepas om te

verwys na die vergoeding waarop verweerder intussen

met ander grondeienaars in die Settlers-gebied ooreen=

gekom het, na die aanbiedinge wat aan ander eienaars

gemaak is en na sekere interne memoranda wat vooraf

deur verweerder se gemelde drie amptenare opgestel is

met betrekking tot die verkryging van regte in die gebied,

Vier kontrakte is gedurende 1977 gesluit, almal teen

hoër vergoeding as Rl50,00 per ha, naamlik een teen

R175,OO per ha en drie teen R250,00 per ha. In elke

geval is voorsiening gemaak vir die nodige aanpassing.

gegrond op die verbruikersprys-indeks. Gedurende 1978

het / ........

14

het die vergoeding wat verweerder onderneem het om te

betaal, verder gestyg tot R300,00 per ha (twee gevalle),

en R400,00 per ha (ses gevalle). Daarbenewens het

verweerder gedurende 1978 onderneem om vergoeding van

R480,00 per ha te betaal in die geval van vyf mede-

eienaars van 'n stuk grond. Hieruit is dit duidelik dat

die vergoeding wat verweerder onderneem het om te betaal,

sedert die begin van 1977 deurgaans gestyg het. Aan

ander eienaars wat geweier het om met verweerder ooreen=

komste te sluit, is onsuksesvolle aanbiedinge gemaak wat

in sommige gevalle gedurende 1978 van R400,00 per ha tot

R500,00 per ha gestyg het. Die redes vir die styging

in pryse was nie in geskil nie, naamlik dat resultate van

toetsboorgate / ...........

15.

toetsboorgate in die jare tot 1981 'n al hoe gunstiger

aanduiding van steenkoolneerslae in die omgewing getoon

het, met die gevolg dat mense se verwagtinge en daarmee

die pryse gestyg het. Die gunstige resultate het ook

opposisie-maatskappye gelok wat aanbiedinge gemaak het

wat die pryse verder laat styg het. In die brief van

18 April 1979, waarna ek hierbo verwys het, maak ver=

weerder juis melding van die verskyning van sy konkurrente

In 'n memorandum gedateer 13 Junie 1979 wys

Linning daarop dat 'n aantal kontrakte, ingevolge waarvan

'n vergoeding van R400,00 betaalbaar was, voor einde

Junie 1980 verval en dat gepoog moet word om van die

eienaars 'n verlenging daarvan te verkry. Hy stel voor

dat die vergoeding met vyf persent, d w s tot R420 per

ha / .............

16.

ha, verhoog en aan die verbruikersprys-indeks gekoppel
word. Nege eienaars, wat 'n totale area van 3187 ha besit,
was by die voorstel betrokke. Becker wys egter in 'n
memorandum gedateer 19 Junie 1979 daarop dat, indien eers
met laasgemelde eienaars onderhandel word voordat onderhan=
delings met die ongeveer 75 eienaars aan wie vergoeding van
R150,00 per ha betaalbaar is, aangeknoop word vir die verlenging
van hul kontrakte, dit sou beteken dat vergoeding van
minstens R420,00 per ha ook aan die 75 eienaars aangebied
sou moet word. Hierdie eienaars besit saam 21800 ha.
Becker stel dus voor dat daar eers met die 75 eienaars
om 'n verlenging van hul kontrakte onderhandel word.
Hy bereken dat sy voorstel die verweerder R4,6 m sal
bespaar. Becker se voorstel is deur Linning aanvaar,
wat daarna, in 'n memorandum gedateer 27 Junie 1979,

voorstel /

17

voorstel dat eers met die eienaars aan wie vergoeding

van R150,00 per ha betaalbaar is, onderhandel word, en

wel om hul kontrakte met twee jaar te verleng teen

betaling van vergoeding van R360,00 per ha. Linning

meld in sy memorandum dat die Rl50,00 per ha eienaars

"bewus is van die R400,00 kontrakte en al petisies.

opgetrek het in 'n poging om ook hulle kontrakte na

R400,00 verhoog te kry".

Dit bring my by die vergadering van 3 Julie

1979. Namens eiser het hyself en twee van sy mede-

boere, mnre Wierenga en Pretorius, getuig oor wat daar

plaasgevind het. Namens verweerder het die gemelde

drie amptenare wat teenwoordig was, getuig

Volgens / ..........

18.

Volgens eiser het hy ter aanvang by die

vergadering gesê dat sy groep ontevrede is omdat hulle

nie gelyke behandeling kry nie, want sommige boere het

reeds vergoeding van R400,00 per ha beding. Hierop het

Lategan aangekondig dat verweerder begerig was om die

kontrakte van eiser en sy groep met twee jaar te verleng

met 'n verhoging van die vergoeding tot R360,00 per ha,

sonder aanpassings gekoppel aan die verbruikersprys-

indeks. Lategan het bygevoeg dat hierdie aanbod finaal

was. Die boere is 'n maand tot ses weke geleentheid

gegee om te besluit. Eiser en een van die ander boere

is hierop met 'n rekenaar na 'n ander vertrek om berekenings

te doen. Hulle het teruggekom en eiser het aan die boere

gesê dat hulle ongeveer R40,00 per ha beter daaraan toe

is /.........

19

is ingevolge die nuwe aanbod. Hierna het eiser aan

Lategan gevra wat met die eienaars sou gebeur aan wie

vergoeding van R400,00 per ha betaalbaar was, waarop

Lategan geantwoord het dat hy "nie hare moet kloof nie,
hulle is maar net 'n paar, maar die ander mense sal op
die R360-kontrak vasstaan". Eiser het ook aan Lategan
gevra wat van die eienaars wat nog nie geteken het nie.
Lategan het geantwoord: "Hierdie manne gaan nog huil
en ons gaan hulle forseer om te teken".
Eiser het getuig dat, as gevolg van wat Lategan
aan hom gesê het, hy vas geglo het dat niemand in hul
gebied meer as R360,00 per ha sou kry nie. Dit blyk
nie uit eiser se getuienis-in-hoof dat enige van ver=
weerder se amptenare uitdruklik só aan hom gesê het nie.

Aanvanklik / ........

20.
Aanvanklik het hy in kruisverhoor wel gesê dat die boere
uitdruklik verseker is dat niemand in die Settlers-gebied
meer as R360,00 per ha sou kry nie. Toe hy deur mnr
Cohen, namens verweerder, gevra is om te sê waaruit die
wanvoorstelling bestaan het, het eiser as vólg geantwoord:-

"Daar is aan ons gesê dat niemand meer as
R360,00 op die Springbokvlakte of die
Settlersgebied, wat ons dit ookal noem,
sal aangebied word nie en daardie aanbod
is nou finaal."

Met hierdie getuienis moet sy verdere getuienis
onder kruisverhoor vergelyk word. Nadat hy met mnr
Cohen saamgestem het dat die samesprekings eintlik gegaan
het oor die eienaars wat op Rl50,00 per ha met verweerder
ooreengekom het, is hy gevra om te sê hoe dit gekom het
dat gesê is dat die prys van R360,00 ook sou geld vir

almal /

21.

almal in die gebied. Eiser het geantwoord dat dit ter
sprake gekom het toe hy gevra het wat van die mense wat
nog nie geteken het nie. Hy het toe uit die antwoord
"hulle sal nog huil" afgelei dat niemand in die gebied
meer as R360,00 per ha sou kry nie. Eiser het op
daardie stadium van sy getuienis uitdruklik en by herhaling
gesê dat Lategan nie so gesê het nie, maar dat dit slegs
sy eie afleiding was, dat niemand in die gebied meer as
R360,00 per ha sou kry nie. Die verhoorregter het
tussenbei gekom en die eiser se getuienis het as volg
verloop:-

"HOF: Maar dan sê u nou vir die advokaat
hy het nie grammatikaal die woorde gebruik

'niemand sal meer as R360 kry nie'?

Hy het dit nie, toe ek hom daardie vraag
gevra het, wat nou van die Hollanders wat
nou nog nie geteken het nie of wat nog

weier /

22.

weier om te teken, wat ek nou bedoel,
toe het hy gesê hulle sal nou huil of hulle
gaan nou huil en hulle gaan geforseer word
om te teken.

Wag nou daar. En u sê daarvan het u
toe afgelei dat di.t beteken dat niemand
sal meer as R360 kry nie? - Dit is korrek.

Dit was nou u afleiding? - U afleiding

en die mense ook van die vergadering want toe
ons nou klaar weg is toe het ons nog die ding
bespreek, ek meen .... (Hof tussenbeide)

Nee maar ons praat nou nie as julle weg

is nie. - Ja goed. Dit is reg, dit was

my afleiding."

Eiser se getuienis verskil van dié van Wierenga

Laasgenoemde se weergawe van wat op die vergadering

gebeur het, was dat nadat Lategan op die eiser se vraag

oor die persone wat nog nie geteken het nie, gesê het:

"Dit is hulle wat gaan huil", daar deur die boere gevra

is "maar sal u meer gee vir enigeen op die vlakte"

Hierop /............

23.

Hierop het Lategan geantwoord: "Niemand gaan meer as

R360 kry nie". In kruisverhoor het Wierenga sy

getuienis verander toe hy gesê het dat dit eintlik sy

eie woorde was. Sy weergawe onder kruisverhoor was

dat, nadat Lategan te kenne gegee het dat diegene wat

nog nie geteken het nie, sou huil, hyself gevra het;

"Dus niemand gaan meer kry as R360 nie, dit is nou julle

prys". Hierop het Lategan bevestigend geantwoord.

Die weergawe van Pretorius verskil van dié van

beide eiser en Wierenga. Volgens Pretorius het eiser

op die vergadering gevra, net nadat die persone aan wie

vergoeding van R400,00 per ha ter sprake was, "gaan

niemand in die toekoms meer as R360 per ha kry nie".

waarop /........

24.

waarop die antwoord was: "Nee, dit is finaal, niemand

sal meer as R360 kry nie"

Mnr Willie Lategan het getuig dat dit nie

verweerder se beleid is om gehoor te gee aan klagtes

van eienaars met wie reeds ooreengekom is nie, en dat

indien verweerder nie begerig was om 'n verlenging van

hul kontrakte te verkry nie, die vergadering met die

boere nie belê sou gewees het nie. Hy het dit op die

vergadering uitdruklik gesê, asook dat, indien die

eienaars vergoeding van R360,00 per ha wou hê, hulle

die kontrakte met twee jaar moes verleng. Linning het

daarna verduidelik waarom verweerder meer tyd nodig het,

Op eiser se navraag omtrent die boere wat geteken het

vir R400,00 per ha, het Lategan geantwoord: "Hulle is

nie / ....

25.

nie baie nie, moenie hare kloof nie, ons aanbod is
finaal , R360 'n hektaar". Lategan het getuig dat hy
slegs bedoel het om te verwys na die boere aan wie
vergoeding van Rl50,00 per ha betaalbaar was. Hy het
verder bevestig dat hy, verwysende na diegene wat nog
nie geteken het nie, gesê het dat van hulle nog kan huil
Met die beweerde wanvoorstelling het Lategan as volg
gehandel:

"Mnr Lategan daar is 'n voorstel gemaak deur
mnr Wierenga dat jy was gevra of meer as
R360 sou betaal gewees het in die toekoms
aan enige van dié wat nog nie geteken het
nie en dat jy 'n versekering gegee het dat
General Mining of Trans-Natal nooit meer as

R360 aan enige van hulle sou betaal nie? -

Dit is absoluut onwaar.

Jy het wel gesê dat die prys van R360
finaal was? - Dit is korrek.

En in /

26.

En in die konteks waarna het jy dan

verwys? - Ek het verwys na waarom dit

gegaan het, waarom die vergadering beroep was,
was met die boere wat geteken het vir R150,'n
hektaar plus V P I, dit was net op hulle van
toepassing.

En het julle ooit meer as R360 betaal aan
enige van die boere wat vir R150 geteken het?
- Nooit nie.,

Was jy gemagtig gewees om 'n voorstel te
maak dat meer as R360 sou in die toekoms aan

niemand anders betaal gewees het nie? - Nie

alleenlik was ek nie gemagtig nie, maar ek kon
so 'n voorspelling nie maak nie."

Lategan het voorts getuig dat dit op daardie

stadium nie moontlik was om te sê watter vergoeding aange=

bied sou word aan diegene wat nog nie geteken het nie,

aangesien die vergoeding deur die geoloog en nie deur

hom nie, bepaal word. Hy het getuig dat ondervinding

(hy is reeds 16 jaar in diens van verweerder) hom geleer

het / ......

27.

het dat met 'n projek soos die waarmee verweerder besig

was in die Settlers-omgewing, pryse begin styg soos

die prospekteerwerk vorder en goeie resultate opgelewer

word. In die huidige geval is aanduidings van steen=

koolneerslae gevind en eienaars het daarna hul pryse

verhoog. Kompeterende mynmaatskappye het op die toneel

verskyn wat pryse verder laat styg het. Vanaf ongeveer

Augustus 1977 was vergoeding van R150,00 per ha nie

meer vir die eienaars aanvaarbaar nie. Op die vergadering

het hy nie geweet hoe die projek in die toekoms sou

vorder nie, en kon homself dus nie bind tot 'n voorstelling

dat niemand in die Settlers-omgewing 'n hoër vergoeding

as R360,00 per ha sou kry nie,

Linning / .............

28.

Linning het getuig dat die verweerder se

raadgewende geoloog, in konsultasie met die projek-

geoloë, die pryse wat ingevolge prospekteerkontrakte

betaalbaar is, vasstel. Destyds was wyle mnr van

den Berg verweerder se raadgewende geoloog en Linning

sy assistent. Volgens Linning het hulle siening

verskil oor die vergoeding wat vir hierdie projek betaal

moes word. Van den Berg se siening was dat hulle moes

konsolideer en dat aansienlik hoër pryse aangebied moes

word aan die eienaars met wie verweerder nog nie gekon=

trakteer het nie, terwyl Linning se benadering meer

konserwatief was. Linning het getuig dat die vergadering

van 3 Julie 1979 oor die R150-mense se verhoging gegaan

het en dat daar nie sprake was van pryse in die algemeen

nie / ..........

29.

nie. Daar is op geen stadium 'n spesifieke maksimum

prys genoem wat in die toekoms betaal sou word nie,

want daar bestaan nie so-iets nie. Verweerder kan ook

nie, wanneer almal weet dat steenkool gevind is, hom

verbind om aan almal die hoogste vergoeding te betaal nie,

aangesien die pryse van diegene wat dan nog nie geteken

het nie, geweldig styg. Linning het getuig dat daar in

die Settlers-omgewing 'n toenemende positiewe aanduiding

van steenkoolneerslae was tot 1981. Hy het uitdruklik

getuig dat geeneen van verweerder se amptenare kon gesê

het dat niemand, afgesien van die R150-eienaars, meer as

R360,00 per ha sou kry nie. Sy rede vir hierdie

stelling het hy in die volgende woorde gestel :-

"Omdat /.......

30

"Omdat daar sekere beginsels is wat ons
toepas in die opneem van opsies en die
sluit van prospekteerkontrakte en dit
was een van die redes hoekom ek by die
vergadering was om te kyk of daar iets
gebeur wat ons basies bind tot iets
waartoe ons nie gebind wil wees nie."

Die beginsels waarna Linning hierbo verwys, het
hy elders in sy getuienis baie duidelik gemaak in die
volgende woorde :-

"Dit sou ons besigheidsvoordele benadeel om

so 'n belofte te maak ons kan nie

wanneer ons 'n klomp geld spandeer het en
almal weet dat ons wel 'n fonds gemaak het,
op daardie stadium ons verbind dat almal
nou die hoogste prys kan kry nie want op
daardie stadium skiet die pryse natuurlik
geweldig op vir die mense wat nog 'n

belowende stuk grond het maar dit nog nie
verbind het nie."
Ek

keer later terug na Linning se getuienis,

wanneer /...........

31.

wanneer ek met sekere antwoorde wat hy onder kruisverhoor
gegee het, handel.
Becker het getuig dat hy vanaf 1977 gemoeid was
met die verkryging van prospekteerkontrakte in die
Settlers-gebied en dat hy persoonlik onderhandelings met
verskeie eienaars gevoer het. Hyself het hoegenaamd
nie geglo dát die vergoeding van R150,00 wat aanvanklik
beding is, in die toekoms dieselfde sou bly nie.
Mettertyd het boere begin weerstand bied en die toetrede
van mededingendé maatskappye vanaf so vroeg as 1977 het
pryse verder verhoog. Becker het getuig dat hyself
of die veldbeamptes onder hom, beslis nie aan die boere
'n onderneming gegee het dat pryse nie sou styg nie.

Die boere was bewus daarvan dat die pryse waarteen hul'lë

geteken /

32.

geteken het, nie vir altyd dieselfde sou bly nie.

Daarom is in verweerder se brief van 18 April 1979,

wat deur homself opgestel is, gesê dat dit onverstaan=

baar is dat die eiser veronreg kon voel. Becker het

sy kollegas se getuienis bevestig dat geen voorstelling

op die vergadering gemaak is dat niemand in die omgewing

meer as R360,00 per ha sou kry nie.

Voordat ek met die Hof a quo se bevindings ten

opsigte van die vergadering van 3 Julie 1979 handel, is

dit wenslik om kortliks na die verdere verloop van die

gebeure te verwys. Ek het reeds genoem dat kort na die

vergadering, en wel op 23 Julie 1979, die partye die

wysigende ooreenkomste aangegaan het ingevolge waarvan

die vergoeding tot R360,00 per ha verhoog is, die pros=

pekteergelde/......

33.

pekteergelde ook verhoog is en die oorspronklike

kontrakte verleng is tot 6 Mei 1983.

Eiser het getuig dat hy gedurende Januarie

of Februarie 1980 gehoor het dat verweerder met eienaars

op vergoeding van so hoog as R750,00 per ha ooreengekom

het. Hy was ontevrede en het een van verweerder se

hoofbestuurders, mnr De Beer, daaroor gespreek, wat hom

versoek het om sy weergawe van die vergadering van

3 Julie 1979 op skrif te stel en dit aan hom te stuur.

Eiser het getuig dat die 8 boere wat by die vergadering

was, weer bymekaar gekom het en dat 'n brief aan verweerder

toe opgestel is wat hulle weergawe van wat daar gebeur

het, bevat. In die brief, gedateer 12 Maart 1980, word

verwys na die aanbod van R360,00 per ha en gesê:

34.

"Daar is aan ons die versekering gegee dat
die aanbod finaal is en dat niemand meer
as R360 per hektaar op die vlakte aangebied
sal word nie."

Die brief verwys voorts na die navraag by
die vergadering na die boere aan wie R400,00 per ha
aangebied is, en gaan as volg aan oor die eienaars wat
nog nie geteken het nie:

"Daar is ook gesê dat die boere wat nie nou
wil teken nie, dat hulle nog gaan huil en dat
hulle by implikasie geforseer sal word om teen
General Mining se pryse te teken, wat ons
aanvaar R360 per ha sal wees in die lig van
die versekering wat gegee is." (General
Mining is die mynmaatskappy wat die beherende
aandele in verweerder hou).


Die brief verwys voorts na die vergoeding van
R750,00 per ha wat verweerder intussen onderneem het om
te betaal en vervolg dan:

"Ons /

35.

"Ons die ondergetekendes wil nou graag weet
of General Mining ook die nodige aanpassings
van die bestaande kontrakte sal maak -
hiermee wil ons verwys na die versekering van
die dag se samesprekings en dat daar geen
diskriminasie sal wees wat betref die prys
per hektaar nie."

Die brief eindig met 'n versoek om 'n persoonlike onderhoud
met verweerder se besturende direkteur, dr Wim de Villiers,
wat hulle oortuig is "sal toesien dat gelyke beregtiging
geskied".
Verweerder se houding, soos uiteengesit in
briewe gedateer 6 Junie 1980. en 21 Augustus 1980, was
dat die saak as afgehandel beskou moet word.

Dit was gemene saak dat verweerder op 16

November 1979 nege kontrakte met eienaars in die betrokke
gebied aangegaan het ingevolge waarvan vergoeding van

R750,00 /

36.

R750,00 per ha (of R600,00 per ha plus 'n aanpassing

volgens die verbruikersprys-indeks) beding is, onder

andere met ene Groothof, wat die vorige jaar 'n aanbod

van R500,00 per ha van die hand gewys het. Daarna,

op 5 Desember 1979, het verweerder vier kontrakte gesluit,

drie ingevolge waarvan die vergoeding R800,00 per ha

of R650,00 per ha plus verbruikersprys-indeks was en

een ingevolge waarvan die vergoeding R750,00 per ha was

Minder as twee maande vantevore het Linning nog in 'n

memorandum gedateer 9 Oktober 1979 geskryf dat dit

dringend noodsaaklik geword het om dieselfde eienaars

weer te nader en aan hulle vergoeding van R500,00

per ha aan te bied. Hieruit is dit duidelik hoe skerp

die pryse teen die einde van 1979 gestyg het.

Ek /.......

37.

Ek handel vervolgens met die Hof a quo se

bevindings oor die beweerde wanvoorstellings wat op

die vergadering van 3 Julie 1979 gemaak is.

In sy oorweging van die eiser se getuienis

sê die verhoorregter ter aanvang dat die eiser getuig

het dat hy uitdruklik en spesifiek die versekering van

Lategan gekry het dat nie meer as R360 per ha betaal

sou word nie. Dit is duidelik dat die verhoorregter

hier verwys na 'n prys wat vir almal sou geld, dit wil

sê nie net vir die sogenaamde Rl50-mense nie. Soos

blyk uit my opsomming van die eiser se getuienis hierbo,

het hy dit nie in sy getuienis-in-hoof gesê nie. Hoewel

hy dit aanvanklik onder kruisverhoor gesê het, het hy

uiteindelik gesê dat Lategan nie uitdruklik so 'n ver=

sekering/......

38.

sekering gegee het nie. Toe het die eiser vir sy

afleiding gesteun op die woorde van Lategan: "hulle

sal nog huil". Hierdie woorde regverdig, na my

mening, nie die afleiding dat niemand meer as R360,00

per ha aangebied sou word nie.

Die verhoorregter wys wel in sy uitspraak

daarop dat eiser uiteindelik gesê het dat hy die wan=

voorstelling afgelei het uit die woorde "hulle gaan nog

huil". Die verhoorregter bevind dat "die eiser uit

bloot 'n toestand van desperaatheid die verandering gedoen

het in die getuienis wat hy afgelê het", omdat hy gevoel

het dat die kruisverhoorder nie sy antwoorde dat daar 'n

uitdruklike wanvoorstelling was, wou aanvaar nie, en

verder /........

39.
verder omdat die eiser "nie verstandelik vinnig genoeg
kon bybly by die vrae nie". Ek kan geen aanduiding in
die oorkonde vind om hierdie gevolgtrekking van die
verhoorregter te staaf nie. Die verhoorregter aanvaar
die eiser se getuienis omdat dit "nie te betwyfel is dat
hy eerlik en opreg is nie". Die vraag wat die verhoor=
regter eintlik moes oorweeg het was of eiser nie 'n wanindruk
gekry het van wat gesê is nie, veral omdat daar verskillende
groepe boere by die vergadering ter sprake was en eiser
op 'n afleiding van wat Lategan gesê het, steun.
Die verhoorregter bevind dat Wierenga sy
getuienis in alle opsigte bevredigend afgelê het, maar
handel gladnie met die verskil tussen die getuienis van
Wierenga en die eiser nie. Dieselfde geld vir die

wanvoorstelling /

40.

wanvoorstelling waaroor Pretorius getuig het. Laas=

genoemde beweer dat die wanvoorstelling die vodgende was:

"dit is finaal, niemand sal meer as R360 kry nie".

Die woord "finaal" dui, na my mening, eerder daarop dat

die verwysing was na die aanbod aan die boere by die

vergadering en die Rl50-groep, want dit was hulle wat,

nadat die bedrag van R360,00 genoem is, nog meer wou hê

Die verhoorregter sê dat Wierenga "heeltemal as

'n aparte en onafhanklike persoon" getuig het. Dit is nie

juis nie. Wierenga het in sy getuienis erken dat hy,

soos eiser, 'n benoemingskontrak soortgelyk aan die huidige ,

met 'n derde gesluit het, ingevolge waarvan vergoeding van

R800,00 per ha beding is; dat hy ook 'n dagvaarding vir

soortgelyke regshulp teen verweerder uitgereik het en dat

hy /

41.

hy aanspreeklikheid vir eiser se regskoste in die
huidige saak met laasgenoemde deel. Wierenga het dus
'n wesenlike belang by die uitslag van die huidige saak,
en deur hom as 'n onafhanklike buitestaander te beskou
het die verhoorregter homself, na my mening, wanvoorgelig.
Ten opsigte van Pretorius, wat 'n identiese belang
by die huidige saak het as dié van Wierenga, volstaan die
verhoorregter in sy uitspraak met die volgende:-

"Pretorius se getuienis kan moeilik gekritiseer
word. Hy het end uit voet by stuk gehou dat
daar 'n mondelingse en werklike versekering
gegee is dat R360,00 die hoogste prys sal
wees."

Die feit dat Pretorius voet by stuk gehou het met sy
weergawe, dra nog nie veel by tot die beantwoording van
die vraag of die voorstelling waaroor hy getuig het, na

almal /

42.

almal in die gebied of slegs na die R150-groep verwys nie.

Soos ek reeds hierbo gesê het, dui die gebruik van die

woord "finaal" eerder op laasgenoemde konstruksie

Ook wat Pretorius se getuienis betref, het die verhoor=

regter gevolglik nie oorweging geskenk aan die moontlikheid

dat hy onder 'n wanindruk verkeer het oor waarna "verwys is

deur die amptenare nie.

Wat die verweerder se getuies betref, sê die

verhoorregter dat Lategan nie 'n gunstige indruk op hom

gemaak het nie en dat hy "vaag en glibberig" was. Linning

was 'n "baie versigtige getuie en duidelik 'n hoogs intel=

ligente persoon" wie se getuienis egter nie die verweerder

se saak verder neem nie. Oor Becker se getuienis hang 'n

donker wolk, omdat bevind word dat sy getuienis oor 'n

sekere /......

43.

sekere gesprek met eiser en sy vader op 'n ander geleentheid,
'n blote versinsel is.
Wat Lategan betref, verwys die verhoorregter na
twee gedeeltes uit sy getuienis om aan te toon dat hy
"vaag en glibberig" is: een gedeelte waar Lategan sou
gesê het dat hy onbewus is van die "R450-kontrak" en 'n
tweede gedeelte waar hy volgens die verhoorregter 'n
onrealistiese verduideliking gee van die memorandum van
Becker gedateer 19 Junie 1979. Wat die eerste gedeelte
betref, was daar nooit enige sprake van 'n kontrak vir
die betaling van R450,00 per ha nie, en ek neem aan die
verhoorregter verwys na die kontrakte waarin die vyf
mede-eienaars R480,00 per ha sou kry. Die verhoorregter
sê dat Lategan se getuienis, dat hy onbewus was van

hierdie /

44

hierdie kontrakte, klaarblyklik onwaar is. Op die

stadium toe Lategan getuig het, was hierdie transaksie

gemene saak tussen die partye en besonderhede daarvan

verskyn op een van die lyste van transaksies wat voor die

verhoorhof geplaas is. Lategan het in sy getuienis gesê

dat hy ten tyde van die vergadering van 3 Julie 1979 bewus

was van die transaksies waarvolgens vergoeding van

R400,00 per ha betaalbaar was. Hy hët ook geweet dat

die groep boere daarvan bewus was. Hy het egter nie van

die kontrak van R480,00 per ha geweet nie. Later in sy

getuienis onder kruisverhoor het hy gesê dat laasgemelde

kontrak destyds onder sy aandag gebring is, maar dat hy

daarvan vergeet het. Dit was gemene saak by die verga=

dering dat, sedert verweerder met die boere daar teenwoordig

op /

45

op R150,00 per ha ooreengekom het, vergoeding daarna tot

soveel as R400,00 per ha gestyg het. Eiser se saak was

dat die klagte gegaan het oor die ongelyke behandeling,

en die feit dat pryse intussen tot R480,00 i p v

R400,00 per ha gestyg het, het hieraan niks verander nie,

Dit is dus nie duidelik waarom Lategan doelbewus sy kennis

van die R480-transaksies sou verswyg toe hy getuig het nie

Geeneen van eiser of sy getuies het getuig dat navrae oor

moontlike ander transaksies op die vergadering gedoen is

nie. Hulle sou ook nie, want kennis van die transaksies

teen R400,00 per ha was vir hulle genoeg. Daar moet

verder in gedagte gehou word dat baie transaksies deur

Lategan hanteer word, en hy kon baie maklik van een

vergeet het. Dat hy doelbewus gelieg het, soos die

verhoorregter/...........

46

verhoorregter bevind het, is, na my mening, nie

geregverdig nie.

Wat Lategan se verduideliking van Becker se

memorandum betref, neem ek aan dat die verhoorregter in

gedagte het Lategan se getuienis oor verweerder se

voornemens aangaande die kontrakte waarvolgens vergoeding

van R400,00 per ha betaalbaar was. Die verhoorregter

sê in sy uitspraak dat Lategan getuig het dat daar voor

die vergadering besluit is om nie met daardie kontrakte

voort te gaan nie, welke getuienis in stryd was met die

memorandum van 19 Junie 1979. Indien Lategan se

getuienis oor hierdie aspek in sy geheel gelees word, is

dit heeltemal duidelik, meen ek, dat al wat hy gesê het is

dat /.......

47.
dat die amptenare besluit het om hul strategie te verander
deur vir die huidige die kontrakte ingevolge waarvan
R400,00 per ha betaalbaar was, links te laat lê. Daar
is besluit om eers met die Rl50- eienaars te onderhandel,
waarna die posisie t o v die R400-kontrakte heroorweeg
sou word. In hierdie verband was die hernuwing van
laasgemelde kontrakte ten tyde van die vergadering "van
die baan af" soos Lategan getuig het. En dit is presies
wat Becker in die memorandum van 19 Junie 1979 sê:
onderhandel met die Rl50-eienaars en laat vireers die
R400-eienaars daar. Die verhoorregter se bevinding
dat Lategan se getuienis was dat finaal besluit is om nie
met die R400-kontrakte voort te gaan nie, is dus nie
geregverdig nie. Dit was gemene saak dat, voor die

verstryking/.........

48.
verstryking van die aanvanklike tydperk, die verweerder
sy regte ingevolge hierdie kontrakte uitgeoefen het
teen die aanvanklik ooreengekome vergoeding van R400,00
per ha. Dit is in ooreenstemming met Lategan se
getuienis. Ook wat hierdie aspek betref, is ek dus
van mening dat die verhoorregter se kritiek nie kan
standhou nie.
Wat Linning betref, stem ek nie met die verhoor=
regter saam dat sy getuienis die saak ten opsigte van die
beweerde wanvoorstellings nie verder neem nie. Linning
se getuienis dat die vergoeding wat deur verweerder
ingevolge kontrakte soos die onderhawige betaal word,
deur die raadgewende geoloog vasgestel word, is nie
betwis nie. As laasgenoemde se assistent was Linning

direk /

49.
direk gemoeid met, en verantwoordelik vir wat op die
vergadering oor vergoeding aan die boere gesê word.
Sy uitdruklike getuienis dat geeneen van verweerder se
amptenare die beweerde wanvoorstelling gemaak het nie,
kan gevolglik nie eenvoudig opsygeskuif word, soos die
verhoorregter blykbaar gedoen het nie.
Daar is namens die eiser betoog dat Linning onder
kruisverhoor sou toegegee het dat die beweerde wanvoorstelling
wel gemaak is. Nie alleen sou so 'n toegewing heeltemal
in stryd wees met Linning se voorafgaande ondubbelsinnige
en duidelike getuienis dat die wanvoorstelling nie

*
gemaak is nie, maar 'n ontleding van die passasie waarop

in hierdie verband gesteun is, toon duidelik, na my mening,
dat geen toegewing van die aard inderdaad gemaak is nie.

Die "/

50.

Die volledige gedeelte van die kruisverhoor lees as
volg:-

"Nou as daar nou 'n boer kom en hy sê hy
is nou maar 'n boer en hy het afgelei dat
niemand meer gaan kry nie, sê u hy praat
die onwaarheid? Ek praat nou nie van

redelikerwys nie. - Ek kan dit nie

bevraagteken nie, as iemand dit so sê dan
aanvaar ek dat hy so gevoel het.

Nou die eiser sê dat hy het in die lig
van die antwoorde weer op daardie vergadering
afgelei dat dit duidelik is dat niemand meer
as R360 sou kry nie. Nou u sê u kan nie dit

bevraagteken nie? - Ek kan dit nie bevraag=

teken nie maar daar kon natuurlik baie ander
redes gewees het hoekom hierdie motief nou
opgewerp word.

Nou nadat die antwoord gegee is hulle gaan
huil, u het reeds aan Sy Edele gemeld dat
daar kon 'n toeligting van gewees het wat u nou

nie kan onthou nie, is dit korrek? - Dit

is korrek.

U sien mnr Wierenga getuig dat hy net een
vraag op daardie vergadering gevra het en die
vraag wat hy gevra het was na aanleiding van

die /

51.

die antwoord hulle gaan nog huil en die
vraag wat hy gevra het was 'Dus niemand sal
meer as R360 kry nie?' waarop dit bevestigend

beantwoord is deur mnr Lategan. - As daar

gepraat is van niemand dan was dit beperk tot
daardie spesifieke groep waarmee ons onder=
handel het. Dit het nie betrekking gehad op
enige wyer groep of wyer gebied nie.

Kon daar gepraat gewees het van 'niemand'?
'Niemand sou meer kry nie', in enige konteks? --
Nie in enige konteks nie.

Maar gee . u nou aan Sy Edele te kenne dat
elke woord op daardie vergadering gehoor het

en elke woord kan onthou wat daar gesê is? -

Ek het reeds erken dat ek nie elke woord in
volgorde daarvan kan onthou nie.

Nou wil ek weer vir u vra: was die woorde

gebruik, niemand kry meer nie? - Dit was nie

in enige konteks gebruik nie."

Na my mening is dit duidelik dat al wat Linning
in die boaangehaalde passasie sê is dat as iemand sou sê
hy het afgelei dat niemand meer as R360,00 sou kry nie,
kan hy dit nie betwis nie. Dit beteken hy kan nie die

feit / ...

52

feit van die afleiding betwis nie. Dit beteken

natuurlik gladnie dat hy toegee dat die afleiding

gegrond of geregverdig is nie. Inderdaad gaan Linning

voort pm in die res van die aangehaalde gedeelte dit

duidelik te stel dat die wanvoorstelling nie gemaak is

nie.

Uit die eerste sin van die vraesteller in die

boaangehaalde passasie, blyk dit dat die vraag aan Linning

gestel is op die veronderstelling dat die afleiding nie

noodwendig 'n redelike afleiding is nie. Linning se

antwoord moet vergelyk word met sy antwoord toe hy gevra

is of Lategan se woorde "hulle gaan nog huil" nie die

boere kon laat dink het dat niemand meer as R360,00 sou

kry nie. Hy het toe as volg geantwoord :-

"Ek /........

53.

"Ek sal nie sê dit is 'n redelike afleiding
nie want die boere het presies geweet van
die mense wat alreeds R400 gekry het en ek
dink hulle moes redelikerwyse aanvaar het
dat die prys is darem nou nie 'n konstante
prys nie want dit het al van R150 gekom na
R400 deur die jaar, hulle het geweet daarvan."

Dit is baie duidelik uit Linning se getuienis

(soos inderdaad ook uit sy twee kollegas se getuienis) dat

ondervinding hom geleer het dat pryse noodwendig styg

wanneer 'n projek gunstig verloop. Ek vind dit dus haas

ondenkbaar dat Linning sonder protes sou terugsit terwyl

Lategan ondernemings ten opsigte van toekomstige pryse

maak. Linning se getuienis dat die beweerde wanvoorstelling

nie gemaak is, en nie gemaak kon gewees het nie, moet baie

gewig dra, veral omdat die verhoorregter geen kritiek

teen /......

54.

teen sy getuienis uitgespreek het nie.

Becker se getuienis oor die gesprek wat hy

met eiser en sy vader gehad het, wat deur die verhoor=

regter as 'n versinsel verwerp is, is die volgende:

Becker het getuig dat hy op 17 Julie 1979 die dokumentasie

in verband met die wysigingsooreenkomste na die eiser en

sy vader op laasgenoemde se plaas geneem het. Laasge=

noemde het 2 plase besit ten opsigte waarvan benoemings=

kontrakte aangegaan is. Omdat een van die plase buite die

sogenaamde kerngebied geleë was, wou verweerder nie die

kontrak ten opsigte van hierdie plaas verleng nie. Eiser

se vader was teleurgesteld, en volgens Becker het eiser

toe aan sy pa gesê dat as die plaas dan nie nou vir

verweerder van belang is nie, sy pa dit later teen 'n hoër

prys / . . .

55.

prys kan beding. Becker het gesê dat hy nie die insident
van genoeg belang geag het om verweerder se regsverteen=
woordigers voorheen daarvan te" sê nie. Dit is aan hom deur
eiser se advokaat gestel dat die eiser die gesprek ontken.
Dit blyk nie uit die uitspraak waarom Becker se getuienis
oor die gesprek as 'n versinsel afgemaak word nie.

Eiser se aanmerking, soos deur Becker getuig, klink vir my 'n
heel natuurlike aanmerking en een wat mens sou verwag
het om op daardie tydstip in die omgewing te hoor.

Vir die redes hierbo uiteengesit, is ek van

mening dat die verhoorregter se kritiek teen die getuienis
van Lategan en Becker nie geregverdig is nie, en dat hy
gevolglik onvoldoende gewig aan hulle getuienis geheg

het. Heelwat ander punte van kritiek teen hierdie getuies,
sowel as teen Linning, is deur die advokaat namens die eiser

geopper. Ek vind dit onnodig om in besonderhede daarmee
te handel omdat dit in sekere gevalle nie geregverdig
is nie en in die ander gevalle nie wesenlik is nie.

Die /......

56.

Die verhoorregter bevind dat een van die redes
waarom die boere die vergadering van 3 Julie 1979 bygewoon
het, was om te verseker dat hulle vergoeding nie minder sou
wees as wat in die toekoms aan ander betaal sou word nie.
Daarom vind die verhoorregter dit waarskynlik dat die wan=
voorstelling gemaak is. Ek vind dit moeilik om te aanvaar
dat redelike mense met gesonde verstand, wat ek aanvaar eiser
en sy groepie is, kon gedink het dat pryse altyd dieselfde
spu bly, of dat dit binne verweerder se vermoë was om te
onderneem om sy pryse altyd dieselfde te hou. Al kon hul
nog miskien so gedink het toe hulle aanvanklik gedurende 1976
met verweerder op vergoeding van R150,00 per ha ooreengekom
het, het hulle drie jaar later geweet dat die pryse deurgaans
skerp gestyg het. Hulle moes besef het dat die styging
nie te wyte is aan die altruïsme of vrygewigheid van die
verweerder nie, maar aan die feit dat eienaars op hoër
pryse aandring, en dat kompetisie die verweerder verplig
om sy pryse te verhoog. Dit was gemene saak dat prysstygings
na die vergadering voortgeduur het totdat teen die einde van 1979 tot

soveel /

57.

soveel as R800,00 per ha deur verweerder betaal moes

word. Dat verweerder geen versekering kon gee dat die

vergoeding konstant sou bly nie, moes ook vir die eiser

duidelik gewees het uit die verweerder se brief van

18 April 1979 wat geskryf is in antwoord op 'n vorige

klagte van eiser in sy brief van 22 Maart 1979, dat daar

aan hom voorgehou is dat pryse konstant sal bly. In die

brief van 18 April 1979 word uitdruklik verwys na opposisie-

maatskappye wat verweerder verplig om sy pryse te verhoog

en word verweerder se standpunt oor die saak baie duidelik

gestel: pryse bly uit die aard van die saak nie konstant

nie en dit is nie moontlik om enige onderneming t o v

toekomstige pryse te gee nie. In die lig van wat in

verweerder se brief van 18 April 1979 gesê is, is dit

baie /.......

58.

baie onwaarskynlik dat dieselfde amptenare wat verantwoordelik was
vir die inhoud van die brief, kort daarna 'n direk teenoorgestelde
standpunt sou inneem op die vergadering van 3 Julie 1979. Eiser
moes dus besef het dat die stygende neiging sou voortduur in die
toekoms, en dat dit nie moontlik was vir verweerder am pryse in die
toekoms tot R360,00 per ha te beperk nie.
Die verhoorregter sê ten aanvang van sy bevindings ten
opsigte van verweerder se getuies die volgende :-

"Lategan, Becker en Linning ontken in hul getuienis
dat hulle 'n versekering gegee het dat niemand
meer as R360 betaal sou word nie. Dit sluit
natuurlik nie die groepie R400-eienaars in nie.
Dit is egter heeltemal strydig met die hele doel
van die vergadering wat die eienaars betref."

Die verhoorregter het vroeër in sy uitspraak
bevind dat die doel van die vergadering was om eerstens
'n verhoging te kry en tweedens om te verseker dat hulle
nie minder sou kry as wat aan ander eienaars in die
toekoms aangebied word nie. Om die redes wat ek reeds

genoem /

59.

genoem het, kan ek nie saamstem dat die boere ooit kon

gedink het dat hulle so 'n onderneming van verweerder

kon kry nie,

Die verhoorregter bevind dat eiser en sy

groepie onbewus was van die verwagte prysstyging in die

toekoms, en dat dit die verweerder se hele strategie was

om met die boere "te onderhandel op die basis van beplande

geheimhouding". Daarom moes met die boere onderhandel

word solank hulle bewus was van die pryse van R400,00

per ha, maar onbewus van verdere stygings, en daarom, as

ek die uitspraak reg verstaan, is dit waarskynlik dat die

beweerde wanvoorstellings gemaak is - dit sou dan inpas

by verweerder se hele strategie. Die verhoorregter vind

steun / ........

60.

steun vir hierdie gevolgtrekking in Becker se memorandum
van 19 Junie 1979. Soos ek reeds gesê het, kan ek nie
aanvaar dat eiser en sy mede-boere onbewus was van die
verwagte verdere styging in pryse nie. Hulle moes dit
self geweet het, en hulle is in elk geval uitdruklik
daarop attent gemaak deur verweerder in die brief van
18 April 1979. Van geheimhouding was daar gevolglik
geen sprake nie. Wat die memorandum betref, kan ek
daarin niks sinistêr of onbehoorlik sien nie. Al wat
Becker daarin voorstel, is dat die kontrakte ingevolge
waarvan laer vergoeding betaalbaar is, eers heronderhandel
word. Daarmee is niks verkeerd nie. Verder moet in
gedagte gehou word dat eiser en sy groep meer as 'n maand
tyd gegee is om die aanbod van R360,00 per ha te oorweeg.

Hulle /

61.

Hulle het dus volop tyd gehad om uit te vind van die

aanbiedinge van hoër as R360,00 per ha. Dit dui

glad nie op 'n strategie van geheimhouding nie.

Ek vind dit baie onwaarskynlik dat ervare

sakemanne en onderhandelaars soos Lategan en Becker,

wel wetende dat pryse van vergoeding in die Settlers-

omgewing besig was om skerp te styg en dat aanbiedinge

van so hoog as R500,00 per ha reeds geweier is, en dat

hulle in die toekoms nog meer sou moes betaal , aan 'n

groepie boere 'n versekering sou gee dat nie meer dan

R360,00 per ha betaal sal word nie, en dan boonop aan

hulle meer as 'n maand tyd gee om te besluit. Wat

Lategan en Becker betref, moes hulle geweet het dat die

onwaarheid / ........

62.

onwaarheid van so 'n voorstellihg baie maklik vasgestel kon wbrd.

Die verhoorregter vind steun vir sy bevinding
dat die wanvoorstelling gemaak is, in verweerder se brief
van 18 April 1979, wat hierbo aangehaal is, 'n verdere brief
van verweerder gedateer 6 Junie 1980, sowel as in verskeie
ander briewe wat deur die partye se onderskeie prokureurs
geskryf is. Wat eersgenoemde brief betref, sê die verhoor=
regter dat daar geen uitdruklike ontkenning van die wan=
voorstelling is nie, maar slegs 'n argument. Die stelling
in die brief is egter duidelik: geen voorstel dat niemand
in die toekoms 'n hoër vergoeding sou kry, kon gemaak
gewees het nie. Klaarblyklik is inbegrepe 'n
ontkenning dat so 'n voorstel inderdaad gemaak is. Wat
die verweerder se brief van 6 Junie 1980 betref, wat

geskryf /

63.
geskryf is in antwoord op eiser en sy mede-boere se
brief van 12 Maart 1980, waarna ek reeds hierbo verwys
het, is dit so dat die brief glad nie met die bewerings
in die laasgemelde brief handel nie. Daar word slegs
gesê dat nie aan die boere se versoek om 'n samespreking
met dr de Villiers te hou, voldoen kan word nie, dat dit
geen doel sal dien om verder op die saak in te gaan nie en
dat dit as afgehandel beskou moet word. Nog in hierdie
brief, nóg in die ander briewe van verweerder se prokureur
waarna die verhoorregter verwys, kan ek enige steun vind
vir die beweerde wanvoorstelling.
Vir die redes wat ek hierbo uiteengesit het, het
ek tot die gevolgtrekking gekom dat die eiser nie bewys het
dat die beweerde voorstelling gemaak is nie, en dat die

bevinding / ..

64.

evinding van die Hof a quo gevolgiik nie kan staan nie.

Dit is gevolglik nie nodig om te handel met die

spesiale vêrwere wat narnens verweerder: geopper is nie

Na my mening behoort die appèl met koste te

slaag.

W. VIVIER Wnd AR.

TRENGOVE, AR ) stem saam